markus 16:9-20(b) - gk daspoort 16,9-20(b).pdfnee jesus se bevel is: “gaan die hele wêreld in en...

18
Markus 16:9-20(b) Jesus se werk in die wêreld om mese te laat deel in sy Koninkryk van vrede en ewige lewe. Maart 2017 Ps 148: 1, 5 – vooraf Ps 67: 1, 2, 3 – lofpsalm Ps 5: 4, 5, 6 – na wet Ps 87: 1, 3, 4, 5 – as antwoord op die Woord Ps 96: 1, 2, 8 – tydens Barmhartigheidsdiens Ps 47: 1, 3, 4 – slotpsalm Lees: Mark 16:9-20; Fokus op vers 15-20 Skrifverklaring Inleiding Geliefdes wat gee ons regtige hoop in hierdie stukkende wêreld vol onreg hartseer dood sonde? Wat gee regtig hoop as-ie HERE jou met sy Woord plat slaan en jou wys: Jy’s deel van hierdie sonde en onreg. Jy met jou dink praat en doen maak almal om jou net nog stukkender? Ja wat is dan jou regtige hoop? Wel Jesus. Verduidelik 1 Jesus wat soos Rom 4:25 sê “oorgelewer is ter wille van ons misdade en opgewek is ter wille van ons regverdigmaking.” sodat ons sonde vergewe kan word en ons vrede met God kan hê. Ja dis by Jesus dat ons enigste hoop en troos is. By Jesus wat soos 1Kor 15:20 sê “opgewek is uit die dode; Hy het die eersteling geword van die wat (op staan en nie meer dood gaan nie).” En dan sê vers 22-23: “so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word; maar elkeen in sy eie orde: as eersteling Christus, daarna die wat aan Christus behoort by sy koms.” Dis wat waarlik hoop gee. Jesus wat sondevergifnies bewerk. Jesus wat opstanding in die Koninkryk van vrede en ewige lewe werklikheid maak met sy kruisdood-en-opstanding. * * * * * En dis waaroor-it gaan in Mark 16. Ook hier in Mark 16:15-20 waarop ons vanggend fokus. 1 Vgl Mark 16,1-8.pdf by http://www.gkdaspoort.co.za/sermons_docs.php

Upload: others

Post on 08-Jan-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Markus 16:9-20(b) - GK Daspoort 16,9-20(b).pdfNee Jesus se bevel is: “Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom.” So geen land geen volk geen klas

Markus 16:9-20(b) Jesus se werk in die wêreld

om mese te laat deel in sy Koninkryk van vrede en ewige lewe. Maart 2017

Ps 148: 1, 5 – vooraf Ps 67: 1, 2, 3 – lofpsalm Ps 5: 4, 5, 6 – na wet Ps 87: 1, 3, 4, 5 – as antwoord op die Woord Ps 96: 1, 2, 8 – tydens Barmhartigheidsdiens Ps 47: 1, 3, 4 – slotpsalm

Lees: Mark 16:9-20; Fokus op vers 15-20 Skrifverklaring Inleiding Geliefdes wat gee ons regtige hoop in hierdie stukkende wêreld vol onreg hartseer dood sonde? Wat gee regtig hoop as-ie HERE jou met sy Woord plat slaan en jou wys: Jy’s deel van hierdie sonde en onreg. Jy met jou dink praat en doen maak almal om jou net nog stukkender? Ja wat is dan jou regtige hoop? Wel Jesus.

Verduidelik1 Jesus wat soos Rom 4:25 sê “oorgelewer is ter wille van ons misdade en opgewek is ter wille van ons regverdigmaking.” sodat ons sonde vergewe kan word en ons vrede met God kan hê. Ja dis by Jesus dat ons enigste hoop en troos is. By Jesus wat soos 1Kor 15:20 sê “opgewek is uit die dode; Hy het die eersteling geword van die wat (op staan en nie meer dood gaan nie).” En dan sê vers 22-23: “so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word; maar elkeen in sy eie orde: as eersteling Christus, daarna die wat aan Christus behoort by sy koms.”

Dis wat waarlik hoop gee. Jesus wat sondevergifnies bewerk. Jesus wat opstanding in die Koninkryk van vrede en ewige lewe werklikheid maak met sy kruisdood-en-opstanding.

* * * * * En dis waaroor-it gaan in Mark 16. Ook hier in Mark 16:15-20 waarop ons vanggend fokus.

1 Vgl Mark 16,1-8.pdf by http://www.gkdaspoort.co.za/sermons_docs.php

Page 2: Markus 16:9-20(b) - GK Daspoort 16,9-20(b).pdfNee Jesus se bevel is: “Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom.” So geen land geen volk geen klas

1

Bewys Die engel in Jesus se leë graf-kamer het dit aan “Maria Magdaléna en Maria, die moeder van Jakobus, en Salóme”

drie van Jesus se vroue-dissipels verkondig. In vers 6: “Julle soek Jesus die Nasaréner wat gekruisig is. Hy het opgestaan ...”

Maar dan’s hier by hierdie wonderlike nuus ook iets van ‘n krisis in Mark 16.

Verduidelik2 Want “Maria-hulle” wat getuies moes wees van Jesus se opstanding wil nie die werklikheid daarvan glo nie. Vers 8 sê: “hulle het vir niemand iets gesê nie, want hulle het gevrees.” En vers 11 en vers 13 vertel dat Jesus se 11-dissipels ook-ie hierdie Evangelie wou glo nie. Jesus leer ons in vers 14 dat dit hulle harde harte is wat maak dat hulle nie in Jesus se opstanding wou glo nie.

En dis ‘n krisis.

Verduidelik3 Want as jy nie glo in-ie Evangelie van Jesus se opgestanding nie dan sê jy ook: ‘Ek los hierdie Jesus.’ En los van Jesus is Jesus se opstanding nie daar vir jou verlossing nie. Dan gaan jy nie deel in die Koninkryk van vrede en ewige lewe nie. Dan staan jy nog onder die oordeel van God.

* * * * * Maar nou sien ons hierdie wonderlike patroon. Ons het dit laas keer toe ons by vers 9-14 was gesien.

Verduidelik4 Jesus ontmoet eers vir Maria – vers 9-11. En dan? Wel Jesus oorwin haar ongeloof. Jesus wek by haar ware geloof. Hy verander haar lewe radikaal. Jesus laat haar deel in sy opstanding en die nuwe tyd van die Koninkryk van vrede en ewige lewe. Die selfde doen Jesus ook met sy 11-dissipels. Jesus breek hulle harde harte oop. Jesus oorwin hulle ongeloof. Jesus wek by hulle ware geloof. Hy verander haar lewe radikaal. Ons sien dit hier van vers 12 af. Vers 20 vertel ook daarvan.

2 Vgl Mark 16,1-8.pdf; Mark 16,9-20(a).pdf by http://www.gkdaspoort.co.za/sermons_docs.php 3 Vgl Mark 16,9-20(a).pdf by http://www.gkdaspoort.co.za/sermons_docs.php 4 Vgl Mark 16,9-20(a).pdf by http://www.gkdaspoort.co.za/sermons_docs.php

Page 3: Markus 16:9-20(b) - GK Daspoort 16,9-20(b).pdfNee Jesus se bevel is: “Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom.” So geen land geen volk geen klas

2

En nou-sit as ons by vers 15-20 kom dat ons sien dat Jesus hierdie selfde ding doen

nie net met Maria-hulle nie nie net met die 11-dissipels nie

maar ook in die res van die wêreld. En dis waarby ons vandag gaan stilstaan.

Jesus se werk in die wêreld om mense te laat deel in die Koninkryk van vrede en ewige lewe.

Toepassing Ons gaan sien hoe Jesus dit doen. Ons gaan ook sien hoe sy werk my en jou raak en konfronteer. Ons gaan sien hoe dit vir ons hoop en troos gee.

1. Nou Jesus se werk in-ie wêreld

om mense te laat deel in-ie Koninkryk begin Jesus met sy bevel aan sy 11-dissipels.5

A. Ons kry-it in vers 15: “En (Jesus) het vir hulle gesê: Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom.”

So dis-ie bevel.

Verduidelik6 Die 11-dissipels moet gaan leer hulle moet gaan preek hulle moet die Evangelie gaan verkondig. Jesus het daarmee begin.

Bewys Mark 1:14 sê dat “Jesus in Galiléa gekom het en die evangelie van die koninkryk van God verkondig het.”

En nou moet die 11-dissipels aangaan en verder gaan. Hulle moet-ie net in Galilea verkondig nie. Nee Jesus se bevel is: “Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom.”

So geen land geen volk geen klas ryk middelklas arm mag oorgeslaan word nie. Almal moet die Evangele van-ie Koninkryk hoor.

Verduidelik7 En dan’sie Evangelie van-ie Koninkryk mos-ie goeie nuus dat Jesus die Messias is wat die nuwe tyd bring

van vrede sonder sonde sonder dood.

5 15a – αυτοις = pers vnw. dat 3de ml mv. van αυτος en wys terug na ο ενδεκα van vers 14 waarmee dit ooreenstem in getal en

geslag (vgl. Greek Grammar beyond basics bl. 324). Die datief αυτοις wys ons dat Jesus nou met sy 11-dissipels praat (Baljon bl. 558).

6 Vgl NIDNTT vol 1 bl. 95, 384 ; Baljon bl. 520; Evans se Mark komm. bl. 549; Van Bruggen se Mark komm. bl. 400; Ridderbos, De Komst van het Koninkrijk, bl. 325-326

7 Vgl NIDNTT vol 2 bl. 110; Van Bruggen se Mark komm. bl. 400

Page 4: Markus 16:9-20(b) - GK Daspoort 16,9-20(b).pdfNee Jesus se bevel is: “Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom.” So geen land geen volk geen klas

3

Ja dis-ie goeie nuus dat Jesus-ie Messias is wat Satan oorwin en elkeen wat in Hom glo verlos uit die slawerny van ons totale verdorwenheid en ons bevry uit die regverdige oordeel van God en ons laat deel in-ie Koninkryk van vrede en ewige lewe. En Jesus doen-it met sy kruisdood-en-opstanding wat vir elke gelowige waarborg dat ons ook sal opstaan in-ie volheid van-ie Koninkryk.

So ja dis kort saam gevat wat Jesus sy 11-dissipels in vers 15 beveel om te verkondig in-ie hele wêreld aan alle mense sonder onderskeid.

* * * * * B. Sien julle hoe Jesus werk in-ie wêreld om mense te laat deel in-ie Koninkryk? Jesus doen-it met vers 15 se bevel aan sy 11-dissipels.

Openbaringshistories8 En so sien ons weereens vir Jesus as-ie ware Messias. Ons sien Hom soos-ie OT oor Hom profeteer. Ons sien Jesus as-ie ware lyende Kneg-Messias maar nou ook die Oorwinnende Messias. Want dis hoe die OT oor Jesus profeteer.

Bewys I Jesus is die lyende Kneg-Messias wat aan-ie kruis Ps 22 in volheid in vervulling laat gaan toe Jesus in Mark 15:34 met Ps 22:2 uitgeroep het: “My God, my God, waarom het U my verlaat ...” Maar nou met Jesus se bevel in Mark 16:15 van: “Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie ...” is Jeus ook besig om Ps 22:28-29 te vervul. Daar gaan-it oor-ie lyende Messias se oorwnning en dan staan daar: “Al die eindes van die aarde sal daaraan dink

aan Jesus se kruisdood maar ook sy opstanding sy oorwinning9

en hulle tot die HERE bekeer ... Want die koninkryk behoort aan die HERE, en Hy heers oor die nasies.”

En die nasies sal bekeer want Jesus het sy bevel in vers 15 gegee: “Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom.” II En so gaan ook Jes 42:6 in vervulling. Daar praat die HERE oor sy Kneg-Messias en dan sê Hy: “Daar is my Kneg wat Ek ondersteun, my Uitverkorene in wie my siel ‘n welbehae het. Ek het my Gees op Hom gelê;

8 Vgl Ridderbos, De Komst van het Koninkrijk, bl. 323 9 Vgl. J. Ridderbos se Ps. komm. vol 1 bl. 197

Page 5: Markus 16:9-20(b) - GK Daspoort 16,9-20(b).pdfNee Jesus se bevel is: “Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom.” So geen land geen volk geen klas

4

Hy sal die reg na die nasies uitbring ... Ek, die HERE ... gee U as ‘n verbond van die volk, as ‘n lig van die nasies.” III En in Jes 49:6 praat die HERE weer oor Jesus as sy Kneg-Messias en dan sê Hy: “Dit is te gering dat U my Kneg sou wees om op te rig die stamme van Jakob en terug te bring die gespaardes in Israel: Ek het U gemaak tot ‘n lig van die nasies, om my (verlossing) te wees tot aan die einde van die aarde.” En nou gebeur-it met Jesus se bevel aan-ie 11-dissipels in Mark 16:15. Die bevel van “Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom.”

Oorgang Sien julle hoe Jesus in-ie wêreld werk om mense te laat deel in sy Koninkryk van vrede en ewige lewe. Jesus doen-it met sy bevel van vers 15 sodat almal kan hoor:

Jesus is-ie Messias. Jesus met sy kruis-dood-en-opstanding laat jou deel in-ie Koninkryk van vrede en ewige lewe!

2. Maar nou’saar nog iets saam met Jesus se bevel.

En dis Jesus se belofte. Ons kry-it in vers 16. Jesus sê daar: “Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word ...”

Verduidelik10 Dis-ie belofte. Redding in-ie toekoms.

So elkeen wat glo sal in-ie toekoms gered word. Dis-ie belofte wat saam gaan met Jesus se bevel aan sy 11-dissipels om-ie Evangelie wêreld-wyd te verkondig.

Verduidelik11 En elkeen wat glo is elkee wat Jesus aanvaar as-ie Messias. Elkeen wat Jesus

wat ly kruis toe gaan doodgaan begrawe word opstaan aanvaar Hom begin volg sy dissipels word in Hom glo as-ie een wat die Koninkryk van vrede en ewige lewe bring. Ja vir jou is die belofte: Jy sal verseker gered word in die toekoms.

En dis so wonderlik.

10 16a – σωθησεται = Fut ind pas 3de ev van σωζω, met die betekenis van ‘hy sal gered word’. Ek meen dat Jesus hier ‘n belofte gee

vir elkeen wat glo en hom/haar laat doop. Die belofte is redding/ verlossing in die toekoms (vgl. Greek grammar beyond basics bl. 568; Calvyn se komm. op die sinop Evang vol 3 bl. 387).

11 Vgl Pop, Bijbelse woorden en Hun geheim, bl. 196, 198, 199; Bayer, A Theology of Mark bl. 106,107.

Page 6: Markus 16:9-20(b) - GK Daspoort 16,9-20(b).pdfNee Jesus se bevel is: “Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom.” So geen land geen volk geen klas

5

Verduidelik12 Want om gered te word in-ie toekoms is om nie meer veroordeel te word nie. Dis om nie meer onder die regverdige straf van-ie HERE te wees nie. En dis ons elkeen se krisis! Van nature is ons sondaars in opstand teeen-ie HERE oortreders van sy wet van liefde. Ja van nature is ons verlore in ons sonde en onder-ie oordeel van-ie HERE.

Bewys Paulus sê-it in Efes 2:3. Hy sê dat “ons van nature kinders van die toorn (is) ...” In Rom 3:19 sê hy dat “die hele wêreld voor God doemwaardig (strafwaardig) ...” is. En hoekom? Wel “want almal het gesondig en dit ontbreek (ons) aan die heerlikheid van God ....” sê Paulus in Rom 3:23.

Maar nou kom gee Jesus hierdie wonderlike belofte in Mark 16:16: “Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word ...”

Verduidelik13 En nie meer veroordeel word nie. Positief beteken-it om uiteindelik te deel in-ie opstanding wat Jesus gee in die Koninkryk van vrede en ewige lewe.

En dis Jesus se belofte in Mark 16:16 vir elkeen wat in Hom glo: “Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word.”

Verduidelik14 En dan’s jou doop vir jy wat waarlik glo die teken en waarborg dat jy gered sal word.

En dis so wonderlik!

Verduidelik15 Dit moet ons nou-en-hier in hierdie stukkende wêreld vol sonde hartseer dood hoop en vreugde gee.

Bewys Jes 52:9 sê dit:

12 Vgl Pop, Bijbelse woorden en Hun geheim, bl. 54. 13 Vgl Mark 10,17-22.pdf; Mark 10,23-27.pdf by http://www.gkdaspoort.co.za/sermons_docs.php. Ons sien-it nogal mooi in Mark

10 daar van vers 17 af. Daar lees ons van ‘n ryk jong man wat vir Jesus gevra het: “wat moet ek doen om die ewige lewe te beërwe?” Jesus het toe vir hom gesê En ons gaannie nou in daai detail ingaan nie. Maar die ryk jong man het toe nie belang gestel in wat Jesus vir hom gesê het nie en hy is toe daar weg. Dis toe dat Jesus in Mark 10:24 gesê het: “hoe swaar is dit vir die wat op hulle goed vertrou, om in die koninkryk van God in te gaan!” So sien julle? Ewige lewe en ingaan in die koninkryk van God is goed wat bymekaar pas. Vir Jesus is dit die selfde. In Mark 10:26 was die dissipels toe diep getref deur wat Jesus gesê het. Hulle het toe vir Jsus gesê: “Wie kan dan gered word?” En net hier sien ons hoe die goed bymekaar kom hê? Om gered te word en ingaan in die koninkryk van God en ewige lewe is die selfde goed. Dit as bymekaar.

14 Vgl Ridderbos, De Komst van het Koninkrijk, bl 336; Van Bruggen se Mat komm bl 477 15 Vgl Pop, Bijbelse woorden en Hun geheim, bl. 55.

Page 7: Markus 16:9-20(b) - GK Daspoort 16,9-20(b).pdfNee Jesus se bevel is: “Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom.” So geen land geen volk geen klas

6

“Breek uit, jubel almal saam ... Want die HERE het sy volk getroos, Jerusalem verlos.”

* * * * * Oorgang Maar maar nou’saar nog iets. Jesus werk in hierdie wêreld om mense te laat deel in sy Koninkryk. En hierdie werk van Jesus bestaan uit sy bevel van vers 15. Dit bestaan ook uit sy belofte van vers 16. 3. Maar nou’saar ook Jesus se bedreiging in vers 16:

“Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word” Jesus se belofte. Maar dan kom Jesus se bedreiging: “maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word.”

Verduidelik16 En hierdie veroordeling is uiteinelik God se ewige straf oor jou wat aanhou om nie die Evanglie wat Jesus se 11-dissipels verkondig te gloe nie Dis God se ewige straf oor jou wat aanhou om nie in Jesus te glo nie. En hierdie veroordeling van God is verskriklik.

Bewys In Mark 9:43-44 sê Jesus dat God se straf-plek “die hel (is) ... die onuitbluslike vuur (is), waar hulle wurm nie sterf en die vuur nie uitgeblus word nie.” In Mat 25:30 sê Jesus dis “die buitenste duisternis; daar sal geween wees en gekners van die tande.” En in Mat 25:41 sê Hy dis “die ewige vuur wat berei is vir die duiwel en sy engele.”

* * * * * 4. Nou ek dink op hierdie punt moet ons eers selfondersoek doen

en toepassings maak. En dan moet ons onsself afvra: Wat maak ons met die Evangelie van-ie Koninkryk? Wat maak ons met Jesus wat opgestaan het Jesus wat aan ons verkondig word deur-ie 11-dissipels? – vers 15 Wat maak ons met Jesus se belofte en bedreiging van vers 16. Dis ‘n belangrike vraag.

Verduidelik17 Want toe Maria-hulle in Jesus se leë graf-kamer hierdie Evangelie by die engel gehoor het het hulle dit eers nie geglo nie. Toe ons by vers 8 was het ons-it gesien. En die 11-dissipels?

16 Vgl NIDNTT vol 2 bl 365, 366; Grudem, Sytematic theology – An Introduction to Biblical Doctrine, bl 1149. 17 Vgl Mark 16,1-8.pdf; Mark 16,9-20(a).pdf by http://www.gkdaspoort.co.za/sermons_docs.php

Page 8: Markus 16:9-20(b) - GK Daspoort 16,9-20(b).pdfNee Jesus se bevel is: “Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom.” So geen land geen volk geen klas

7

Wel hulle het dit eers ook-ie geglo nie. Bewys Vers 11 sê: “En toe hulle hoor dat Hy lewe ... het hulle dit nie geglo nie.” In vers 13 word hierdie Evangelie weer aan hulle verkondig. En dan? Wel daar staan dat “hulle ... nie geglo het nie.”

En gaan lees maar deur-ie boek Handelinge. Keer op keer kry ons-it. Mense glo nie die Evangelie van-ie Koninkryk van God nie.

En ek en jy? Ons lê so maklik belydenis van geloof af. Maar glo ons werklik? Of dink ons maar net so terwyl ons eintlik nie regtig glo nie en eendag gaan moet agter kom dat ons veroordeel gaan word.

* * * * * Voor verlede week het ons in vers 14 by Jesus geleer dat die dissipels nie geglo het nie oor hulle harde harte.18

Verduidelik19 En hulle harde harte het hulle ongevoelig gemaak vir hulle sonde-krisis. Hulle het nie geleef met ‘n regtige diep sonde besef nie. Daarom het die dissipels dit net glad nie verstaan nie dat Jeuss as Messias moet ly moet sterf en moet opstaan. Dit het nie vir hulle sin gemaak nie. Want hulle het nie verstaan dat hylle ‘n Messias nodig het wat hulle uit hulle sonde moet verlos om hulle te laat deel in die Koninkryk nie. Want hulle is dan eintlik oraait. Wat hulle eintlik nodig gehad het was ‘n Messias wat hulle van die Romeine kon verlos.

Toepassing20 So ek en jy hier in-ie kerk hoe lyk ons harte? Hoe lyk harte wat ons vandag in ons tyd mislei om te dink ons is oraait terwyl ons einlik nog verlore is op pad na die veroordeling waaroor Jesus in vers 16 praat.

Voorbeelde Kom ons kyk na ‘n paar voorbeelde. En dan moet hierdie voorbeelde elkeen van ons help om in ons eie harte in te kyk en ons eie krisise raak te sien. I Byvoorbeeld: Ek noem myself ‘n alkholis in plaas van ‘n dronkaard. Ek is ‘n alkholis met ‘n alkhol probleem

18 Vgl Mark 16,9-20(a).pdf by http://www.gkdaspoort.co.za/sermons_docs.php 19 Vgl Mark 16,9-20(a).pdf by http://www.gkdaspoort.co.za/sermons_docs.php 20 Vgl W Mack & J Mack, God’s solutions to lif’s problems, bl 115; Macarthur, Counseling, bl 64-66.

Page 9: Markus 16:9-20(b) - GK Daspoort 16,9-20(b).pdfNee Jesus se bevel is: “Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom.” So geen land geen volk geen klas

8

wat so elke nou en dan ‘castle carie’ toe moet gaan vir rehabilitasie. En dan’s ek weer oukei. Die krisis is: ek is-ie oukei nie. Met my harde hart is ek besig om my self te bedrieg. En toe verander ek ‘n sonde in ‘n siekte waarvoor ek behandel moet word. En natuurlik moet mens behandel word. Dis nodig. Maar dit vat nie weg nie dat jy moet besef dat jy verlore is in jou sonde nie en dat jy ‘n dronkaard is oor wie Paulus in 1Kor 6:10 sê: “Moenie dwaal nie! Geen hoereerders of afgodedienaars of egbrekers of wellustelinge of sodomiete of diewe of gierigaards of dronkaards of kwaadsprekers of rowers sal die koninkryk van God beërwe nie.”

Verduidelik So sien julle hoe werk ons harde harte vandag. Ons verander sonde in siekte. En vir siektes het ek dan nie meer Jesus nodig nie.

II Nog ‘n voorbeeld: Ek het ‘n stres probleem. Ek raak depresief. Dit maak my humeurig. Ek is heeldag dik-mond. Ek haal-it op my vrou en kinders uit. En dan? Wel ek gaan op anti-depresante. En dan’s ek weer oukei tot ek gewoond raak en dan stereker anti-depresante moet gaan kry. Die krisis is ek is nie oukei nie. Want met my harde hart het ek die belofte van Fil 4:13 van: “Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee” geignoreer en toe my eie plan los van Jesus gemaak om my stres en depressie krisis te hanteer en my sondige optrede daar binne in te hanteer. III Nog ‘n voorbeeld: As ek bid dan gaan-it oor my en my geluk my voorspoed my gesondheid. Dis dit. So Jesus is my persoonlike Seëner in plaas daarvan dat Hy my Verlosser-en-Koning is voor wie ek in gebed is

in trane oor my sonde in blydskap vir Jesus se bloed aan-ie kruis en sy opstanding sodat ek vrede by God kan hê en ‘n nuwe lewe kan begin leef tot eer van Hom al gaan dit met my finansieel beroerd.

IV Kom ons kyk na ‘n laaste voorbeeld: Ek leef met die dwaalleer

Page 10: Markus 16:9-20(b) - GK Daspoort 16,9-20(b).pdfNee Jesus se bevel is: “Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom.” So geen land geen volk geen klas

9

dat ek ‘n goeie selfbeeld en self-vertroue moet hê. Dis die dwaalleer wat sê: Glo in jou self. Wees besig met positiewe denke. Weet julle die krisis hiermee is-at dit maak dat jy die Evangelie verkondiging van die 11-dissipels begin haat. Want met jou hade hart vol goeie self-beeld kan jy dit nie vat nie as-ie Evangelie vir jou sê dat jou self-beeld totaal verdorwe geword het en dat jou dink doen en praat van jou jeug af net boos is21 en dat jy haatlik is en ander haat22 en dat al verlossing wat daar vir jou is dit is dat jy radikaal moet breek met goeie selfbeeld en elke stukkie self-vertroue en moet besef dat jy deur en deur boos is en dan alleen op Jeus moet vertrou vir verlossing en ‘n nuwe lewe.

* * * * * Nou hierdie is ‘n paar voorbeelde wat ons moet help in ons selfondersoek. Want geliefdes ons het almal die dissipels-krisis van vers 14. Ons het almal harde harte.

Bewys Jer 17:9 sê: “Bedrieglik is die hart bo alle dinge, ja, verdorwe is dit ...”

En dan sit ons hier in-ie kerk en ons dink ons is oraait. Ons lê belydenis van geloof af maar nog nooit is ons regtig aangegryp deur-ie Evangelie van vers 15 nie. En sonder dat ons dit openlik sal sê maak ons ook-ie regtig erns met die belofte en bedreiging van vers 16 nie veral nie met die bedreiging nie. Ja eintlik is-it vir ons die mees natuurlike ding om vers 15 se Evangelie verkondiging en vers 16 se belofte e bedreiging te verwerp.

Bewys Paulus sê in 1Kor 2:14 “die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God nie aan nie; want dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie ...”

Oorgang Maar nou moet ons nie hier stop nie. Nee ons moet aangaan. Ons moet weer fokus op Jesus.

21 Gen. 6:5 22 Tit. 3:3

Page 11: Markus 16:9-20(b) - GK Daspoort 16,9-20(b).pdfNee Jesus se bevel is: “Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom.” So geen land geen volk geen klas

10

Jesus wat in-ie wêreld werk om mense te laat deel in sy Koninkryk van vrede en ewige lewe. En dan? Wel dan doen Jesus dit nie net met sy bevel van vers 15 nie

dat die Evangelie wêreld-wyd verkondig moet word. Ook nie net met sy belofte en bedreiging in vers 16 nie. 5. Nee Jesus doen-it ook deur harde harte oop te breek

ongeloof te oorwin en ware geloof op te wek. Opmerking Nou dit sien ons in vers 17-18 en ook in vers 20. Maar kom ons fokus eers op vers 20 want daar sien ons-it die duidelikste. En vers 20 gaan ons ook help om vers 17-18 beter te verstaan.

So kyk na vers 20. Daar staan: “Maar hulle (die 11-dissipels) het uitgegaan en oral gepreek ...”

Opmerking Voor verlede week het ons gesien dat hierdie ons wys dat Jesus sy 11-disipels se harde harte oopgebreek het hulle ongeloof oorwin het en ware geloof en geloofsgehoorsaamheid in hulle opgewek het.

* * * * * Maar kyk nou wat staan verder aan in vers 20: “Maar hulle het uitgegaan en oral gepreek, en die Here het saamgewerk ...” Sien julle dit. Die Here Jesus het saam gewerk.

Verduidelik23 So as Jesus sy bevel van vers 15 gee dat sy 11-dissipels die Evangelie wêreld-wyd moet verkondig dan verdwyn Jesus nie daarna van die toneel nie. Nee. Vers 19 sê dat Jesus nou aan die regterhand van sy Vader sit. Van daar regeer Hy. Maar vandaar af is Jesus ook hier. Hy is hier in en deur sy Gees.

Bewys Jesus het dt beloof in Mat 28:20 “En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld.”

En dan? Wel Mark 16:20 sê dat daar waar die Evangelie verkondig word ook vandag hier daar is Jesus persoonlik in en deur sy Gees aan die werk.24

23 Vgl Heidelbergese Kategismus Sondag 18 v/a 47 24 Vgl Berkhof, Systematic theology bl 611; Bacinck, Gereformeerde Dogmatiek, vol 4 bl 437-440.

Page 12: Markus 16:9-20(b) - GK Daspoort 16,9-20(b).pdfNee Jesus se bevel is: “Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom.” So geen land geen volk geen klas

11

Verduidelik Ja daar waar sy Evangelie verkondig word daar is Jesus aan die werk om mense deel te maak van sy Koninkryk. Ja Jesus laat nie net sy Evangelie preek nie. Jesus gee ook nie net ‘n belofte en ‘n bedreiging wat daarmee saamgaan nie. Nee vers 20 sê: die dissiels “het uitgegaan en oral gepreek, en die Here het saamgewerk ...” En daar waar Jesus werk breek Hy in almag harde harte oop en werk Hy ware geloof en geloofsgehoorsaamheid.

Bewys Ons sien dit skitterend in die boek Handelinge. I In Hand 11:2 lees ons van “sommige(s) ... wat in Antiochíë gekom het en met die Griekssprekendes gepraat (het) en die evangelie van die Here Jesus verkondig het.” En dan staan daar in vers 21: “En die hand van die Here was met hulle, en ‘n groot getal het gelowig geword en hulle tot die Here bekeer.” II In Hand 16:13 vertel Lukas dat hulle saam met Paulus “op die sabbatdag ... uitgegaan het ... langs ‘n rivier waar die gebruiklike bidplek was, en (hulle) het gaan sit en met die vroue gespreek wat daar bymekaargekom het.” En dan staan daar in vers 14: “En ‘n vrou met die naam van Lídia, ‘n purperverkoopster van die stad Thiatíre ... het geluister; die Here het haar hart geopen om ag te gee op wat deur Paulus gesê is.” En dan word sy gelowig. Vers 17 vertel hoe sy en haar gesin gedoop is.

Toepssing Sien julle wat doen ons Here? Is Hy nie wonderlik nie! Is Hy nie groot nie! Hy is. Hy is baie lofwaardig.

* * * * * So het Jesus al so in ons gewerk? Het Hy al my en jou harde hart oop gebreek. Het Jesus al in my en jou daai ware geloof en geloofsgehoorsaamheid gewerk. Weet julle mens kan weet. Jesus verander jou lewe radikaal as Hy in jou kom werk.

Page 13: Markus 16:9-20(b) - GK Daspoort 16,9-20(b).pdfNee Jesus se bevel is: “Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom.” So geen land geen volk geen klas

12

Een van die dinge wat Hy doen is om van jou ‘n dissipel te maak wat ook begin verkondig soos sy 11-dissipels.

Bewys Perus sê-it in 1Pet 2:9. Hy sê daar dat Jesus van ons “‘n koninklike priesterdom (gemaak het), ‘n heilige volk, ‘n volk as eiendom verkry, om te verkondig die deugde van Hom wat julle uit die duisternis geroep het tot sy wonderbare lig.”

So kom ons bid ons Here Jesus dat Hy kragtig ook hier by ons sal kom werk. Ons harde sal harte kom oopbreek en ware geloof in ons sal kom werk en ons lewens radikaal sal verander. Van ons verkondigers sal kom maak. En kom ons doen-it dan. Kom ons begin vandag daar in ons gesinne. Kom ons praat met ons knders daaroor. Kom ons begin vriende maak met ons bure en kom ons verkondig aan hulle die Evangelie van-ie Koninkryk van God met die belofte en die bedreiging. Kom ons begin dit doen in ons werkplekke. Kom ons doen dit saam as Gemeente.

Oorgang En weet julle dan is Jesus wat in die wêreld werk om mense te laat deel in sy Koninkryk van vrede en ewige lewe in bevel in belofte in bedreiging in geloof-opwekking 6. ook aan die werk

om ons geloof in die waarheid van die Evangelie te versterk. A. Kyk weer na vers 20: “Maar (die 11-dissipels) het uitgegaan en oral gepreek, en die Here het saamgewerk en die woord bevestig

die waarheide en beroubaarheid daarvan25 deur die tekens (of wonderwerke26) wat daarop gevolg het.”

Verduidelik27 So ... sien julle wat gebeur? Daar waar die 11-dissipels die Evangelie van die Koninkryk verkondig is Jesus aan die werk.

25 20a – βεβαιουντος = preas part Gen. ml ev van βεβαιοω, met die basiese betekenis van ‘bevestig’/ ‘verseker’/ ‘waarborg’. Dit

gaan hier oor bewyse lewer vir die waarheid of betroubaarheid van iets (Baljon bl. 158; NIDNTT vol 1 bl. 658). In hierdie geval gaan dit dan daaroor dat Jesus bewyse gee vir die waarheid en betroubaarheid van die Evangelie wat die 11-dissipels oral verkondig (vgl. NIDNTT vol 1 bl. 659).

26 17a – σημεια = nw nom/akk ons mv. van σημειον, met die betekenis van ‘tekens’ (Baljon bl. 879). σημεια ... ταυτα gaan dan oor die σημεια wat genoem word in 17b en verder ... wat dan veral gaan oor ‘wonder-tekens’ (Greek Grammar beyond basics bl. 333 vgl. ook voetnoot 45; Baljon bl. 880; Ladd, A Theology of the NT bl. 272-273).

27 Vgl TDNT vol 4 bl. 118, vol 7 bl. 876; Edwards se Mark komm. bl. 507; Evans se Mark komm. bl. 550

Page 14: Markus 16:9-20(b) - GK Daspoort 16,9-20(b).pdfNee Jesus se bevel is: “Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom.” So geen land geen volk geen klas

13

Hy breek harde verdorwe harte oop. Hy werk ware geloof. En dan bevestig Hy of bewys Hy die waarheid en die betroubaarheid van sy 11-dissipels se verkondiging. En Jesus doen dit deur wonderwerke te doen. Hy doen dit deur sy dissipels.

Bewys Hoor bietjie hoe sê Hand 14:3 dit. Ons lees daar van Paulus-hulle wat “vrymoediglik gespreek in die Here, wat aan die woord ... getuienis gegee het deur te beskik dat tekens en wonders deur hulle hande plaasvind.”

* * * * * Sien julle hoe is Jesus aan die werk waar Hy mense laat deel kry in die Koninkryk van vrede en ewige lewe wat Hy bring. Hy bevestig en verseker vir ons die waarheid van die Evangelie dat die Koninkryk in en deur Hom kom met wonderwerke wat Hy doen deur sy dissipels.

Verduidelik28 En dan wys hierdie wonderwerke altyd wat in die Evangelie verkondig word. Die wonerwerke wys dat in en deur die opstanding van Jesus die nuwe tyd van die Koninkryk in hierdie ou wêreld in gebreek het en nou op pad is om in volheid te kom.

Bewys Ons sien dit mooi in vers 17-18 wat vir ons vertel van die wonderwerke

wat Jesus deur die 11-dissipels gedoen het. Jesus praat daar en dan sê Hy: “En vir die (of tot voordeel van die29) wat geglo het

in die verkondiging van die dissipels30 sal hierdie tekens volg: I31 “in my Naam sal hulle duiwels uitdryf” Want in Jesus se kruisdood-en-opstanding het die Oorwinnende Koniningsheerskappy van God hier-en-nou ‘n werklikheid geword en is Satan oorwin.

28 Vgl Ridderbos, De Komst van het Koninkreijk, bl. 72, 112, 116; Carson, A Purose of sighns and wonders in the New Testament, bl.

93, 99 29 17a – τοις πιστευσασιν = aor part dat ml mv. van πιστευω. Die or part is hier substantief en het die betekenis van ‘vir die wat

geglo het’ (Greek Grammar beyond basics bl. 619). Ek verstaan τοις πιστευσασιν as ’n datief van vevoordeelde party (Greek Grammar beyond basics bl. 142)

30 17a – Ek meen dat die Lw ons terugwys na ο πιστευσας van 16a – Dus: na die wat deur die verkondiging van die 11-dissipels tot geloof gekom het (Greek Grammar beyond basics bl. 217; MacArthur, Charasmatic Chaos, bl. 123).

31 Wanneer demone uitgedryf word in die Naam van Jesus – op sy gesag, volgens sy wil, deur die mag wat Hy verleen – dan wys dit dat die Koninkryk van God hier en nou in Jesus deurgebreek het – vgl. Mat 12:22-28 (NIDNTT vol 1 bl. 454).

Page 15: Markus 16:9-20(b) - GK Daspoort 16,9-20(b).pdfNee Jesus se bevel is: “Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom.” So geen land geen volk geen klas

14

II32 “met nuwe tale sal hulle spreek” Want Petrus wys ons in Hand 2:14-36 dat toe die dissipels op Pinksterdag toe die Heilige Gees uitgestort is in nuwe tale gepraat het

dit ‘n teken was dat die nuwe tyd van die Koninkryk nou ‘n werklikheid geword het. III33 “slange sal hulle opneem” Want Jes 11 profeteer dat wanneer die Koninkryk kom dit ook ‘n tyd sal wees dat daar geen meer vyandigheid tussen mense en diere sal wees nie. IV34 “en as hulle iets dodeliks drink, sal dit hulle geen kwaad doen nie” Want Jesus het met sy opstanding die dood oorwin. V35 “op siekes sal hulle die hande lê, en hulle sal gesond word.” Wat ook volgens Jes 33 en 35 ‘n teken is dat die Koninkryk ‘n werklikheid geword het.

Toepassing Is dit nie wonderlik nie! Jesus se werk om mense te laat deel in sy Koninkryk van vrede en ewige lewe is net wonderlik. Jesus doen-it met sy bevel van vers 15. Jesus doen-it met sy belofte en bedreiging van vers 16. Jesus breek harde harte oop en werk ware geloof. Want Hy is teenwoordig waar sy Evagelie verkondig word – vers 20. En dan bevestig Jesus die waarheid en betroubaarheid van sy Evangelie met wonderwerke wat Hy deur sy 11-dissipels doen. En so versterk Hy geloof – vers 20 en ook vers 17-18.

* * * * * B. Nou moet ons net hier weer bietjie stilstaan en vra: Hoe werk hierdie wonderwerk-ding spesifiek nou vir ons vandag? Doen Jesus dit nog steeds? Miskien moet ons eers sê wat in vandag se tyd glad niks te doen het nie met vers 17-18 en vers 20 se wonder-tekens van Jesus deur sy 11-dissiples.

32 Vgl NIDNTT vol 3 bl. 1079; Van Bruggen se Mark omm bl. 401; TDNT vol 5 bl. 579 33 Vgl TDNT vol 5 bl. 579; NIDNTT vol 1 bl. 510; Van Bruggen se Mark komm. bl. 401 34 Vgl Van Bruggen se Mark komm. bl. 401 35 Vgl Jes. 33:21-24; 35:1-6 (Van Bruggen se Mark komm. bl. 401; Van der Walt, Die Messias het gekom, 197).

Page 16: Markus 16:9-20(b) - GK Daspoort 16,9-20(b).pdfNee Jesus se bevel is: “Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom.” So geen land geen volk geen klas

15

Verduidelik I36 Wat niks te doen het met Jesus se wondertekens deur sy dissipels is hierdie ouens wat besig is met goed soos genesingswonder-dienste. Hulle adverteer dit wyd. En dan kan jy soosntoe gaan en kyk hoe hulle mense in die Nam van Jesus gesond maak. Nou dit het nik te doen met die wonder-tekens wat Jesus deur sy dissipels doen nie. Hoekom nie? Wel omdat die wonder-tekens wat Jesus en sy dissipels doen altyd die Evangelie-Woord bevestig. Dis nie wonders wat maar net gedoen word net omdat daar wonders gedoen kan word nie. Nee dit gaan altyd saam met die Woord-verkondiging en wys die waarheid en die betroubaarheid van die Woord-verkondiging uit.

II37 Nog iets wat glad niks te doen het met Jesus se wondertekens deur sy dissipels in vers 17-18 en in vers 20 is mense wat sê dat alle gelowges hierdie tekens moet kan doen as ‘n bewys dat jy werklik gelowig is. Wel nee. Dis nie wat hier staan nie. Jesus sê in vers 17 dat hierdie wondertekens “vir die wat geglo het, sal ... volg” of tot voordeel van hulle is of tot geloofsversterking vir hulle sal gebeur. So Jesus deur sy dissipels sal hierdie wonder-tekens vir gelowiges doen. Hier staan nie dat elke gelowige kop vir kop hierdie wonder-tekens sal doen nie.

* * * * * Nou-sie vraag: Doen Jesus vandag nog hierdie wondertekens?

Verduidelik38 Wel geliefdes hier moet ek sê ek is bang om sommer net vinnig ‘n antwoord te gee. Ek het redelik baie hieroor op gelees. En dan kom ek agter dat daar verskil hieroor is by behoudende Bybel-gelowige verklaarders van die Skrif. Party sê nee. En hulle het goeie argumente vanuit die Skrif. Ander weer sê: Ja dit kan nog.

36 Vgl Carson, The purpose of sighns and Wonders in the New Testamnt, bl 101-103 37 Vgl Grudem, Systematic Theology – an introduction to Biblical Doctrine, bl 365, 368 38 Vgl Grudem, Systematic Theology – an introduction to Biblical Doctrine, bl 365, 368; Carson, The purpose of sighns and Wonders

in the New Testamnt, bl 101-103; Reymond, A New systematic theology of the Christian faith, bl 410, 411-413; Robertson, The Final Word, bl 57-58, 82; Van Bruggen se Mark komm bl 401-402

Page 17: Markus 16:9-20(b) - GK Daspoort 16,9-20(b).pdfNee Jesus se bevel is: “Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom.” So geen land geen volk geen klas

16

Ook hulle het goeie argumente vanuit die Skrif.

Opmerking Ek gaan nie nou op hierdie arguente in gaan nie. Ons het nie nou tyd daarvoor nie. En ek self weet op hierdie stadium nie genoeg om sommer kant te kies nie.

Al wat ek sê is: Wees versigtig! Want toe ons deur Mark 13 gegaan het kon ons leer dat daar “valse christusse en valse profete sal opstaan, en hulle sal tekens en wonders doen om, as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei.” Dit sê Jesus in Mark 13:22.

* * * * * Waarvan ek wel baie seker is en wat ek met groot sekerheid vanuit die Woord kan sê is dat die wonder-tekens wat Jesus deur sy 11-dissipels gedoen het 2000 jaar terug

en vir ons in bv Handelinge opgeskryf is steeds vir ons vandag hier-en-nou die waarheid en betroubaarheid van die Evangelie uit-wys en bevestig. Steeds is dit vir ons vandag hier-en-nou geloofsversterkend.

Bewys39 Want hoor wat staan in Joh 20:30-31. Johannes skryf daar: “Nog baie ander tekens het Jesus voor sy dissipels gedoen wat in hierdie boek nie beskrywe is nie; maar hierdie is beskrywe, dat julle kan glo (en bly glo) dat Jesus die Christus is, die Seun van God ...” So sien julle! ‘n Wonderwerk deur Jesus wat opgeskryf is onder inspirasie van die Heilige Gees het net soveel krag en effek soos een wat hier voor ons oë gebeur.

Toepassing En daarom geliefdes is Jesus steeds vandag besig om met sy wonder-tekens wat Hy 2000 jaar terug deur sy 11-dissipels gedoen het die waarheid en die betroubaarheid van die Evangelie van die Koninkryk van vrede en ewige lewe uit te wys en te bevestig. Ja Jesus is steeds daarmee besig om ons geloof te versterk.

* * * * * Slot Kom ons sluit af. Die Markus-Evangelie verkondig die wonder van Jesus wat sy Koninkryk van vrede en ewige lewe bring. Dis waaroor Markus gaan.

39 Carson, The purpose of sighns and Wonders in the New Testamnt, bl 93; Van Bruggen se Mark komm bl 401-402.

Page 18: Markus 16:9-20(b) - GK Daspoort 16,9-20(b).pdfNee Jesus se bevel is: “Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom.” So geen land geen volk geen klas

17

Toe Jesus op aarde was het Hy dit gedoen. Die hoogtepunt is Jesus se kruisdood-en-opstanding. Daarin laat Jesus die die nuwe tyd van sy Koninkryk van vrede en ewige lewe nou reeds in hierdie ou-wêreld vol sonde en dood en hatseer kragtig deur-breek met die volheid daarvan wat op pad is. En dan-sie wonder: Jesus laat mense hierin deel vandag nog ook vanoggend deur sy bevel om die Evangelie te verkondig deur sy belofte vir elkeen wat glo deur sy bedreiging vir die wat ongelowig bly. En dan werk Jesus hierin saam. In die verkondiging is Jesus hier by ons besig om ons harde harte oop te breek en geloof te bewerk en dit te versterk. So maak Jesus dissipels. So versamel Hy God se volk wat God voor die grondlegging van die wêreld uitverkies het.

Bewys Jesus praat daaroor in Joh 6:37 “Al wat die Vader My gee, sal na My toe kom ...” omdat Jesus ons na Hom toe bring in sy koninkryk van vrede en ewige lewe.

* * * * * So kom ons bid daarvoor dat Jesus ons harde harte oopbreek dat Jesus van ons sy gelowige dissipels maak

wat nie meer anders kan nie as om die blye-boodskap te vertel

van Jesus en die Koninkryk van vrede en ewige lewe terwyl ons met blydskap en dankbaarheid uitsien na die koms van die volheid daarvan.

Amen.