@martdutoit gin vir die koue! · en leer hoe die proses werk. andrew rall, die ... sny die spek in...

3
MY KOS www.bellamagsa.com|JULIE 2017|73 Geskryf deur Mart-Marié du Toit [email protected] Dis ’n ervaring om so neffens ’n werkende distillery te sit en smul – so amper asof jy ook kan help met die gin-makery. Distillery031 is die eerste craft distillery in Kwazulu Natal, en daarom het hul besluit om ’n “still-pub” te maak – waar jy nie net hul gin kan geniet nie, maar ook kan sien en leer hoe die proses werk. Andrew Rall, die meesterbrein agter Distillery031, sê dis belangrik om die publiek op te lei in die distilleringsproses. Mens wil mos weet waar jou drankies vandaan kom! Dit maak die ervaring ryker. Aan die stuur van die kombuis is sjef Jordan Semple – hy glo aan pretensielose kos met hope geur. Die spyskaart getuig van klassieke disse, wat Jordan met sy fine dining kennis benader – en dis waar die geheim lê. “Ons oxtail en beef burger met pynappel- bacon jam is ons signature – dit verteenwoordig ons filosofie van hoe ’n burger aanmekaargesit kan word. Ons 24-uur confit lamsrib burger is ook baie gewild en ons sukkel soms om by te bly! Ons glaseer hierdie ongelooflike, ontbeende lamsrib met tamarind, en bedien dit op pynappel en masala-slaai met piekel-wortels en koljander,” sê hy entoesiasties en jy besef hy kén van geur! Hul gaste is nie noodwendig nét hipsters nie (soos die geval by meeste ander gin-bars), maar ’n diverse crowd met persoonlikheid. Toeriste wat Durban besoek is ook gaande oor Distillery031 se aanslag en woon graag hul toere en tastings by voordat hulle by die restaurant gaan aansit. Toere word op Saterdae en Sondae aangebied en gaste leer daar die kuns van distilleer. Die geskiedenis van die verskeie spiritualieë word bespreek, asook hoe dit gemaak word. Daarna kom die pret: die proe! “Ons neem ons gaste op ’n journey of discovery,” sê Andrew. Na die proe-sessie kan gaste ’n heerlike maaltyd in die restaurant geniet, waar hul ook die kans gegun word om een van die verskeie cocktails te bestel. Met so baie gin en cocktails is daar seker snaakse goed wat van tyd tot tyd gebeur? “Ons het ’n band gehad wat as deel van die Durban International Blues Festival, opgetree het. Die hoofsanger was gek oor een van ons kelnerinne en, na ’n paar cocktails, roep hy haar na die mikrofoon. Ons weet nie wat hy verwag het nie, maar sy was immers ’n Idols-finalis, en sy het haar goed van haar taak gekwyt deur die hele restaurant met een van haar liedjies te vermaak,” vertel hulle. Dis beslis ’n plek vir goeie geselskap, heerlike kos en gin waarvoor jy sal terugkeer, want by Distillery031 maak hulle seker dat jy met ’n glimlag daar uitstap! Hierdie maand deel ek drie resepte wat geïnspireer is deur Distillery031, en gin! Ek hoop dit bring vreugde rondom jou tafel hierdie winter. www.distillery031.com Gin vir DIE KOUE! @MARTDUTOIT GESKRYF DEUR | Mart-Marié du Toit. RESEPTE | Mart-Marié du Toit. FOTO’S | PURE STUDIOS. FOTO’S IS GENEEM BY | Distillery031 Daar is tog niks beter as ’n glasie G&T en ’n lekker hamburger terwyl die koue aan die deur klop nie. BELLA het by Distillery031 in Durban gaan inloer en ontdek dat daar soveel meer is aan ’n lekker ete as nét die bestanddele.

Upload: hoangdung

Post on 05-May-2018

216 views

Category:

Documents


2 download

TRANSCRIPT

Page 1: @MARTDUTOIT Gin vir DIE KOUE! · en leer hoe die proses werk. Andrew Rall, die ... Sny die spek in repe van 1.5 cm dik en braai oor medium hitte vir omtrent 10 minute, terwyl jy deurgaans

MY KOS

www.bellamagsa.com|JULIE 2017|73

G e s k r y f d e u r M a r t - M a r i é d u To i tf o o d @ b e l l a m a g s a . c o m

Dis ’n ervaring om so neffens ’n werkende distillery te sit en smul – so amper asof jy ook kan help met die gin-makery. Distillery031 is die eerste craft distillery in Kwazulu Natal, en daarom het hul besluit om ’n “still-pub” te maak – waar jy nie net hul gin kan geniet nie, maar ook kan sien en leer hoe die proses werk. Andrew Rall, die meesterbrein agter Distillery031, sê dis belangrik om die publiek op te lei in die distilleringsproses. Mens wil mos weet waar jou drankies vandaan kom! Dit maak die ervaring ryker.

Aan die stuur van die kombuis is sjef Jordan Semple – hy glo aan pretensielose kos met hope geur. Die spyskaart getuig van klassieke disse, wat Jordan met sy fine dining kennis benader – en dis waar die geheim lê.

“Ons oxtail en beef burger met pynappel-bacon jam is ons signature – dit verteenwoordig ons filosofie van hoe ’n burger aanmekaargesit kan word. Ons 24-uur confit lamsrib burger is ook baie gewild en ons sukkel soms om by te bly! Ons glaseer hierdie ongelooflike, ontbeende lamsrib met tamarind, en bedien dit op pynappel en masala-slaai met piekel-wortels en koljander,” sê hy entoesiasties en jy besef hy kén van geur!

Hul gaste is nie noodwendig nét hipsters nie (soos die geval by meeste ander gin-bars), maar ’n diverse crowd met persoonlikheid. Toeriste wat Durban besoek is ook gaande oor Distillery031 se aanslag en woon graag hul toere en tastings by

voordat hulle by die restaurant gaan aansit.Toere word op Saterdae en Sondae

aangebied en gaste leer daar die kuns van distilleer. Die geskiedenis van die verskeie spiritualieë word bespreek, asook hoe dit gemaak word. Daarna kom die pret: die proe!

“Ons neem ons gaste op ’n journey of discovery,” sê Andrew. Na die proe-sessie kan gaste ’n heerlike maaltyd in die restaurant geniet, waar hul ook die kans gegun word om een van die verskeie cocktails te bestel.

Met so baie gin en cocktails is daar seker snaakse goed wat van tyd tot tyd gebeur?

“Ons het ’n band gehad wat as deel van die Durban International Blues Festival, opgetree het. Die hoofsanger was gek oor een van ons kelnerinne en, na ’n paar cocktails, roep hy haar na die mikrofoon. Ons weet nie wat hy verwag het nie, maar sy was immers ’n Idols-finalis, en sy het haar goed van haar taak gekwyt deur die hele restaurant met een van haar liedjies te vermaak,” vertel hulle.

Dis beslis ’n plek vir goeie geselskap, heerlike kos en gin waarvoor jy sal terugkeer, want by Distillery031 maak hulle seker dat jy met ’n glimlag daar uitstap!

Hierdie maand deel ek drie resepte wat geïnspireer is deur Distillery031, en gin! Ek hoop dit bring vreugde rondom jou tafel hierdie winter.

www.distillery031.com

Gin virDIE KOUE!

@MARTDUTOIT

GESKRYF DEUR | Mart-Marié du Toit. RESEPTE | Mart-Marié du Toit. FOTO’S | PURE STUDIOS. FOTO’S IS GENEEM BY | Disti l lery031

Daar is tog niks beter as ’n glasie G&T en ’n lekker hamburger terwyl die koue aan die deur klop nie. BELLA het by Distillery031 in Durban gaan inloer en ontdek dat daar

soveel meer is aan ’n lekker ete as nét die bestanddele.

Page 2: @MARTDUTOIT Gin vir DIE KOUE! · en leer hoe die proses werk. Andrew Rall, die ... Sny die spek in repe van 1.5 cm dik en braai oor medium hitte vir omtrent 10 minute, terwyl jy deurgaans

MY KOS

Bella

Bella

74|JULIE 2017|www.bellamagsa.com

Oxtail en beef burger met pynappel-bacon jam

Asiese Worsrol

Page 3: @MARTDUTOIT Gin vir DIE KOUE! · en leer hoe die proses werk. Andrew Rall, die ... Sny die spek in repe van 1.5 cm dik en braai oor medium hitte vir omtrent 10 minute, terwyl jy deurgaans

www.bellamagsa.com|JULIE 2017|75

BACON JAM

Jy kan hierdie soet-sout kombinasie op enigiets van hamburgers tot plaatkoekies en skons gebruik. Maak sommer ’n groot hoeveelheid en bottel dit – jy sal verbaas wees hoe vinnig dit verdwyn!

BESTANDDELE • 500 g spek• 2 groot uie, in blokkies gesny• 125 ml bruinsuiker• 80 ml sterk koffie• 15 ml balsamiese asyn

MAAK DIT SO 1. Sny die spek in repe van 1.5 cm dik en

braai oor medium hitte vir omtrent 10 minute, terwyl jy deurgaans roer. Die spek moet gaar wees, maar nie te bros nie.

2. Gebruik ’n gaatjieslepel om die spek uit te skep. Gooi alle vog uit die pan uit, maar behou so 15 ml.

3. Braai nou die uie in die spek se vet en kook vir ongeveer 10 minute oor medium hitte. Draai die hitte nou laer en braai tot die uie gekarameliseer het – omtrent20 minute.

4. Voeg die koffie, 125 ml water en spek by en verhoog weer die hitte na medium. Hou aan met kook en roer so elke vyf minute, tot die uie dik en konfytagtig is. Dit behoort so 30 minute te neem.

5. Verwyder die pan van die hitte en roer die balsamiese asyn deur. Proe en geur met sout en peper indien nodig.

6. Gebruik onmiddelik, of stoor in gesteriliseerde bottels in die yskas. Bedien dan teen kamertemperatuur.

Onthou: Daar sal dalk wit kolletjies vet verskyn wanneer die konfyt in die yskas geplaas word, maar dit sal verdwyn sodra die konfyt weer kamertemperatuur bereik.

MY KOS

STADIG-GEROOSTERDE LAMSRIBBETJIE

Jy kan hierdie lamsribbetjie ook na die tyd vlok en in pita’s gebruik – dis ’n heerlike alternatief vir skooltoebroodjies. Hierdie resep is genoeg vir vier mense en dit werk goed as jy hom een dag voor die geleentheid begin maak.

BESTANDDELE • 1.5 kg lamsrib• 1 handvol roosmaryn, blare afgehaal• 80 ml olyfolie• 15 ml rissievlokkies• 1 heel knoffelbol• 2 uie, geskil• 150 ml witwyn• 1 suurlemoen, gerasperde skil en sap

MAAK DIT SO 1. Kap helfte van die roosmaryn en maak ’n

smeer saam met die olyfolie, rissievlokkies sout en peper. Smeer dit oor die hele rib. Laat oornag in die yskas marineer (of vier ure as jy gedruk is vir tyd).

2. Voorverhit die oond tot 150°C. Plaas die rib in ’n oondskottel en sit die knoffel, uie en wyn daarby. Bedek moet foelie en rooster vir drie ure of tot sag – die vleis sal van die been begin afval.

3. Haal die foelie af en sit die oond se roosterfunksie aan. Rooster vir 10 minute (hou dit heeltyd dop!) totdat daar ’n krakerige kors gevorm het.

4. Jy sal agterkom dat daar baie vet in die oondskottel lê, gooi dit uit en bedien die vleis op ’n houtbord. Sprinkel die suurlemoenskil en sap en die res van die roosmaryn bo-oor.

Idee! Bedien saam met ’n kraakvars groenslaai of bros pampoenkoekies.

GIN & TONIC MARSHMALLOWS

Gin is deesdae so trendy dat dit nie net meer vir G&T’s gebruik word nie. Hierdie marshmallows is perfek vir wanneer jy ’n uithanggeleentheid saam met jou vriendinne beplan. Jy gaan ’n suikertermometer benodig vir hierdie resep.

BESTANDDELE • Olyfolie• 6 velle gelatien• 1 eierwit• 150 ml tonic water• 250 g suiker• 60 ml gin• 1 lemmetjie, gerasperde skil• 30 ml versiersuiker• 30 ml mielieblom

MAAK DIT SO 1. Voer ’n vlak bak van 20 cm uit met

bakpapier en verf liggies met olie.2. Plaas die gelatienvelle in ’n bak met koue

water en week vir vyf minute.3. Plaas die eierwit in ’n groot mengbak

met ’n klitser.4. Plaas die tonic-water in ’n potjie en voeg

die suiker by. Maak stadig warm terwyl jy roer totdat al die suiker opgelos is. Verhoog die hitte en laat die stroop kook – sonder om te roer – tot die termometer 115°C wys.

5. Verwyder van die hitte. Haal die gelatien-velle uit die water, druk die oortolloge water uit en voeg dit by die suikerstroop – roer totdat die blare geabsorbeer is in die stroop. Roer nou die gin by.

6. Klits die eierwit tot stywe punte vorm, klitsnou teen ’n lae spoed terwyl jy die warm stroop in ’n dun straal by die eierwit gooi.

7. Voeg die lemmetjieskil by en klits vir 8-10minute tot dik en glansend.

8. Gooi die mengsel in die bak en laat staan in ’n koel plek vir 4-6 ure of tot geset.

9. Meng die versiersuiker en mielieblom en sprinkel oor die bokant van die marshmallow. Draai die bak stadig om en trek die bakpapier af. Sprinkel die versiersuikermengsel oor die onderkant.

10. Sny in blokkies en rol elke blokkie in die versiersuikermengsel voor jy dit opdien.Die marshmallows kan vir drie dae in ’n lugdigte houer gestoor word.

EKSPERIMENTEER MET GIN EN JELLIES!Ek eksperimenteer graag met verskillende resepte en oulike items wat besliste conversation starters by ’n partytjie is. Rummy Bears, Vodka Bears en Beery Bears is al lankal ’n Pinterest gunsteling, maar daar is vir my net een manier om hierdie Boozy Beertjies te maak, en dis met gin! Dis baie maklik: koop vir jou ’n pakkie Gummi Bears of Jelly Babies, gooi hulle in ’n bakkie uit en bedek hulle met die alkohol van jou keuse. Na so 5 ure behoort jy te sien hulle sit mooi uit en na 8 ure is hulle heerlik boozy. Geniet dit!