matriekafskeid 2018 die stellenbosch-stadsaal · 2018-04-12 · 28 maart 2018 geagte graad 11-ouers...

3
28 Maart 2018 Geagte Graad 11-ouers MATRIEKAFSKEID 2018 Die Hoër Meisieskool Bloemhof se matriekafskeid vind vanjaar op 26 September in die Stellenbosch-stadsaal plaas en dit is tradisie dat hierdie funksie deur die graad 11-ouers gereël word. ’n Algemene vergadering vir alle belangstellende graad 11-ouers is reeds op Dinsdag, 20 Februarie gehou waar die omvang van die onderskeie portefeuljes deur mev. Elana Kruger (née Wethmar) verduidelik is. Ouers kon by hul portefeulje van keuse inskakel en elke groep het ’n hoofverteenwoordiger gekies om die portefeulje te bestuur: Naam (Dogter) Portefeulje Melina Greyling Talyah Hoof-koördineerder Tharine Theron Pippa Dekor Louise Dudley Clara Spyseniering Sania van Niekerk Danine Finansies Linda van Zyl Marné Logistiek, vervoer & sekuriteit Lizel Bekker Emma VIP Marie Viljoen Hanrie Klank & beligting Carla van Rensburg Mia Personeel Christel Liebenberg Jana Fondsinsameling Elanza Theron Carla Opruiming (Dinsdag) Karlien Scholtz Janka Opruiming (Woensdag) Daar is egter nog baie behoefte vir hulp en daarom bring ons die volgende onder u aandag: OUERHULP Pa’s Ons is vanjaar in die gelukkige posisie dat die stadsaal die dag voor die dans (Dinsdag, 25 September 2018) tot ons beskikking is. Ons wil in hierdie vroeë stadium die hulp van ons graad 11-pa’s vra om die Dinsdag te help met die skuif, hang ens. van dekorstukke en meubels. Die hulp van tien pa’s sal baie waardeer word.

Upload: lydung

Post on 24-Jul-2018

221 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

28 Maart 2018 Geagte Graad 11-ouers MATRIEKAFSKEID 2018 Die Hoër Meisieskool Bloemhof se matriekafskeid vind vanjaar op 26 September in die Stellenbosch-stadsaal plaas en dit is tradisie dat hierdie funksie deur die graad 11-ouers gereël word. ’n Algemene vergadering vir alle belangstellende graad 11-ouers is reeds op Dinsdag, 20 Februarie gehou waar die omvang van die onderskeie portefeuljes deur mev. Elana Kruger (née Wethmar) verduidelik is. Ouers kon by hul portefeulje van keuse inskakel en elke groep het ’n hoofverteenwoordiger gekies om die portefeulje te bestuur:

Naam (Dogter) Portefeulje Melina Greyling Talyah Hoof-koördineerder Tharine Theron Pippa Dekor Louise Dudley Clara Spyseniering Sania van Niekerk Danine Finansies Linda van Zyl Marné Logistiek, vervoer & sekuriteit Lizel Bekker Emma VIP Marie Viljoen Hanrie Klank & beligting Carla van Rensburg Mia Personeel Christel Liebenberg Jana Fondsinsameling Elanza Theron Carla Opruiming (Dinsdag) Karlien Scholtz Janka Opruiming (Woensdag)

Daar is egter nog baie behoefte vir hulp en daarom bring ons die volgende onder u aandag: OUERHULP • Pa’s

Ons is vanjaar in die gelukkige posisie dat die stadsaal die dag voor die dans (Dinsdag, 25 September 2018) tot ons beskikking is. Ons wil in hierdie vroeë stadium die hulp van ons graad 11-pa’s vra om die Dinsdag te help met die skuif, hang ens. van dekorstukke en meubels. Die hulp van tien pa’s sal baie waardeer word.

2

• Ma’s

Heelwat ma’s het reeds sedert die eerste vergadering via e-pos vir mev. Elana Kruger gevra waar hulle kan inskakel en elkeen is met ope arms by ’n spesifieke portefeulje verwelkom. Dit is egter ons droom dat die meeste van ons gr.11-ma’s iewers ’n bydrae sal kan maak om ons taak ligter en ons aand ’n sukses te maak. BYDRAES EN SKENKINGS Indien u ’n bydrae in die vorm van ’n skenking/borgskap instede van fisiese hulp/u tyd verkies, verwelkom ons u hulp met gróót waardering. Ons vra dat u na die laaste tabel op die volgende bladsy sal kyk en aandui waar u behulpsaam kan wees. Dankie vir u handevat-gesindheid – ons weet ons kan op u reken. Stuur asb. die voltooide vorm op die volgende bladsy saam met u dogter op Dinsdag, 10 April 2018 terug skool toe – dit kan direk na mev. Kruger in kamer 22 geneem word. U is egter ook welkom om die vorm via e-pos aan te stuur: [email protected] of [email protected] Vriendelike groete. _______________ Melina Greyling Koördineerder: Bloemhof Matriekafskeid 2018 [email protected]

3

Matriekafskeid 2018 Ouer-betrokkenheid: Graad 11-ouers

Voltooi asseblief hierdie vorm en stuur teen 13 April 2018 terug. Naam en van Selfoonnommer E-posadres Gr. 11-dogter se naam Ek wil graag deelwees van die volgende span/funksie: (Dui u keuses in volgorde met 1, 2, en 3 aan)

Dekor Spyseniering Vervoer van leerders/meubels Logistiek & Sekuriteit Personeel-onthaal voor die Matriekafskeid Grimering van gr.11’s Eenmalige fondsinsamelingsfunksie in kwartaal 2 Maak van kostuums Akkommodeer gr.11’s by my huis (kom knip/plak) Opruiming van saal / skuif, hang ens. van dekor Dinsdag Opmaak van die saal op die dag van die matriekafskeid (Woensdag) Opruiming van saal vanaf 23:00 op die aand van matriekafskeid

Ek verlig graag julle finansiële druk met my skenking van:

Druk van uitnodigings, spykaarte ens. Skenk van wyn/nie-alkoholiese vonkelwyn Skenk van vrugtesap/druiwesap Skenk van gebottelde water Skenk van groen loof (ivy, roosmaryn, mos, druiwelote) Borgskap van gr.12’s se aandenking-geskenkies Borgskap van verversings vir VIP-gaste Kontantbydrae – sien EFT-besonderhede hier onder ANDER (spesifiseer hier onder)

Indien u bereid is om ’n kontantbydrae te maak, kan u dit direk in die skool se skoolfondsrekening inbetaaal met die volgende verwysing: “gr. 11-dogter se skoolrekeningnommer + MA2018” bv. MEY002 MA2018