mediese handleiding

59
MEDIESE HANDLEIDING deur Francois C. Terblanché

Upload: scarlettnyx

Post on 20-Dec-2015

317 views

Category:

Documents


5 download

DESCRIPTION

Mediese Handleiding

TRANSCRIPT

Page 1: Mediese Handleiding

MEDIESE HANDLEIDING

deur

Francois C. Terblanché

Page 2: Mediese Handleiding

i

INHOUDSOPGAWEBladsy

Voorwoord 1

1.INLEIDING 2

2.OORLEEFHANDLEIDING 3

3.MEDISYNE 3

3.1.Apparatuur (vir herhaalde gebruik) 3

3.2.Materiale (vir eenmalige gebruik) 8

3.3.Geneesmiddels 8

4.WONDSORG 12

4.1.Algemene wenke 13

4.1.1.Abses 13

4.1.2.Brandwonde 14

Afkoel met koue lopende water 14

Blase 14

Heuning en aloe vera 14

Komplikasies 14

Paraffien gaas 14

PVC velle 14

Silwer sulfadiasien room 15

Toeplak met pleister 15

Vermy irritasie 15

4.1.3.Diere- en mensbyte 15

4.1.4.Haemostase 15

4.1.5.Wondbedekkings 16

Afskeiding 16

Beukesbossie 16

Heuning 16

Reiniging 16

Skoon en droog 16

Verdere skade 16

4.2.Wondreiniging 17

Sout 17

4.3.Wondvoorbereiding 17

4.3.1.Beligting 17

4.3.2.Debridement 18

4.3.3.Lokaalverdower 18

Adrenalien 18

Maksimum dosisse 18

Newe effekte 19

Pynverdowing 19

Toedieningswyse 19

4.3.4.Vel voorbereiding 19

Hare 19

Reiniging 19

Skryfmerke 20

4.4.Wondhegting 20

Aseptiese tegniek 20

Enkele snit 20

Improviseer 20

Profilaktiese antibiotika 20

Spoed 21

Weefselhantering 21

4.5.Chirurgiese knooptegnieke 21

4.5.1.Algemene beginsels aangaande die plaas van steke 21

Page 3: Mediese Handleiding

ii

Approksimasie 21

Dooie ruimte 21

Materiaalkeuse 22

Materiaalkeuse- dikte of kaliber 22

Naald wat breek of wegraak 23

Netheid 23

Plasingstegniek vir gebroke steke 23

Versorging van steke 23

Verwydering van steke 24

Wondspanning 24

4.5.2.Chirurgiese knoop met naaldhouer 24

4.5.3.Chirurgiese knooptegniek met die hande 26

4.5.4.Die afeindig van ‘n kontinue (ononderbroke) steek 27

5.KLEINER CHIRURGIESE PROSEDURES 29

Beplanning 29

Ervaring 29

Insnydings 29

Masker 29

6.DIE MEDIESE TAS 29

Ondervindingsvlak 30

Persoonlike voorkeure 30

Apparatuur 30

Materiale 32

Geneesmiddels 32

7.GEESTELIKE W EERBAARHEID 33

7.1.Liggaam en siel 33

7.2.Belangrikste aspekte 34

7.2.1.Vertroue op Jesus Christus 34

7.2.2.Bybelteksverse en gedeeltes 34

7.2.3.Wapenrusting van God 35

7.2.4.Gebed 35

7.2.5.Toepaslike literatuur wettiglik gratis beskikbaar 35

8.GESKENKE AAN JOUSELF 36

8.1.Vermy rook 36

8.2.Goeie dieet 36

Alkohol (etanol) 36

Botter of margarien (cholesterol) 37

Groente en vrugte 39

Neute 39

Ru vesel 39

Vitamiene en minerale 39

8.3.Oefening 40

8.4.Lewensbeskouiing 40

9.NATUURLIKE GENEESMIDDELS 40

9.1.Wat beteken “natuurlik” 40

9.2.Effek (uitwerking) en newe-effekte 41

9.3.Ekwivalente vergelyking 41

9.4.Toepassing op oorleeftoestande 42

10.BEENBREUKE (FRAKTURE) 42

10.1.Resussitasie 43

10.2.Bepaling van die omvang van die skade 43

10.3.Fraktuurstabilisering 43

10.4.Herstel van nabygeleë strukture 44

10.5.Komplikasies 44

10.6.Pynverligting 44

Page 4: Mediese Handleiding

iii

10.7.Rehabilitasie 45

11.KINDERSIEKTES 45

Aktiwiteit, eet- en slaapgewoontes 45

Die kind se ma 45

Genesingspoed 45

Hidrasie (hydration) 46

Kommunikasievermoë 46

Neonatale tydperk 46

Ongelukke 46

12.ALGEMENE WENKE EN GOEIE RAAD 47

Allergiese reaksies 47

Asemhaling 48

Beskerming teen biologiese en chemiese oorlogvoering 48

Eetgerei 48

Genetika 49

Higiëne 50

Katoenonderklere 51

Ore 51

Siektevoorkoming 51

Tandepasta 51

Urienweginfeksies 52

Vel 52

Vitale tekens 52

Voetsorg 53

Voorbehoeding 53

13.BYKOMENDE INLIGTING 53

14.TEN SLOTTE 54

Page 5: Mediese Handleiding

1

MEDIESE HANDLEIDING

Voorwoord

Vir al my Broers en Susters in Onse Here Jesus Christus as hulp vir voorbereiding vir hindernisse wyl ons nog

op aarde is. U is welkom om hierdie handleiding te kopieër en te versprei in totaliteit sonder enige

veranderings solank dit tot eer van my persoonlike Verlosser en Saligmaker die Here Jesus Christus strek. U is

verder welkom om dit vir persoonlike behoeftes te verander en/of te wysig, indien dit nie in sodanige

veranderde vorm versprei word nie.

Al die inligting in hierdie MEDIESE HANDLEIDING sowel as in die OORLEEFHANDLEIDING word ter

goeder trou verskaf, en daarom vanselfsprekend op u eie risiko gebruik . Die raad in hierdie handleiding word

verskaf as laaste uitweg as hulp onder oorlewingstoestande en behoort nie gevolg te word indien mediese

dienste, dokters, moderne geriewe, ens. beskikbaar is nie. Deur hierdie handleiding te lees en/of te gebruik

onthef u die outeur en uitgewer van enige en alle blaam, skuld, vervolging en verwyte.

Indien u nie saamstem om hierdie twee handleidings in alle opsigte op u EIE RISIKO te gebruik nie, hou

asb. onmiddellik op lees en vernietig hierdie kopie of gee dit weg aan iem and anders.

Hierdie handleiding is die tweede deel van ‘n tweeledige oorlewingsdokument. Die eerste deel handel oor

oorlewing en is geskryf en gepubliseer gedurende 2007.

Wat hierdie twee handleidings uniek maak is die feit dat dit geskryf is vanuit ‘n Gereformeerde Christelike

oogpunt.

Hierdie handleiding is geskryf te Nieu Zeeland, waar die outeur hom tans bevind.

Boeregroete aan my volksgenote; sowel as aan my Broers en Susters in Onse Here Jesus Christus.

Francois C. Terblanché

Kopiereg voorbehou, Augustus 2009

Oor die outeur: Die outeur is ‘n mediese dokter en chemiese ingenieur en werk tans in Nieu

Zeeland. Die outeur het alvorens sy mediese studies (aan die Universiteit van Pretoria) by

dieselfde Universiteit Chemiese Ingenieurswese bestudeer, en beskik ook oor ‘n

Baccalaureus, Meesters sowel as Doktorsgraad in die Chemiese Ingenieurswese. Die

nagraadse studie in die Chemiese Ingenieurswese is gepleeg op die inheemse (eerder

endemiese) Suid Afrikaanse medisinale plant Lippia scaberrima se essensiële olie. Die

outeur kan gekontak word by

Page 6: Mediese Handleiding

1 As voorbeeld van sulke literatuur: Die Hesperian Stigting van die V.S.A. publiseer alreeds dekades lank

uitstekende boeke met o.a. die volgende titels: Where There is No Dentist, Where There is No Doctor, Where

There is No Animal Doctor, ens. Hierdie boeke kan wettiglik gratis vanaf hulle webblad afgelaai word (‘n

internetsoektog sal maklik na die webblad lei) óf kan vanaf hulle bestel word indien ‘n gebinde boek verlang word.

Die boeke is beskikbaar in etlike tale en die inligting is uitstekend uiteengesit en aangebied. Die outeur beveel

hierdie boeke ten sterkste aan. ‘n Verdere voorbeeld van ‘n uitmuntende samevattende handleiding (wat vanaf ‘n

uitgewer soos Paladin Press in die V.S.A. aangekoop kan word) is die US Army Special Forces Medical

Handbook (ST31-91B) gepubliseer deur die United States Army Institute for Military Assistance.

2

Figuur 1.1. : Voorbeelde van uitstekende literatuur wat gratis beskikbaar is.

1.INLEIDING

Die doel van hierdie mediese handleiding is geensins om bestaande literatuur in die Geneeskunde vakgebied

by wyse van herhaling weer te gee nie. Die veld van die Geneeskunde is so groot dat ses jaar voltydse

naskoolse studie nodig is om as mediese dokter te kwalifiseer. Indien meer omvattende sorg gebied wil word

op 'n spesifieke mediese subvakgebied soos velsorg of obstetrie word verdere voltydse studie van nog vyf jaar

vereis om as mediese spesialis opgelei te word. Mediese dokters spandeer verder ‘n afsienbare deel van hulle

werkslewe aan volgehoue lewenslange studie. Dit volg hieruit dat Medisyne as vakgebied so groot is dat

weinig meer as uiters noodsaaklike kennis in 'n kompakte handleiding soos hierdie aangebied kan word.

Hierdie handleiding het daarom ten doel noodsaaklike inligtingsverskaffing wat nuttig mog wees onder

oorlewingstoestande waar die samelewing soos ons dit vandag ken nie meer na behore funksioneer nie en/of

mediese sorg beslis nie beskikbaar is nie en lewe(ns) of ledemat(e) op die spel is. Dit bevat nie net mediese

versorging onder oorlewingstoestande nie (daar bestaan talle goeie boeke hieroor) maar het ook ten doel raad

betreffende mediese versorging onder beplande en/of gedwonge onttrekking vanuit die samelewing.

Hierbinne is vervat 'n samesnoering van broodnodige mediese kennis wat oorlewingstoestande sal

vergemaklik, sowel as bespreking van nuttige mediese inligting in die algemeen, bykomend tot die literatuur

genoem in hierdie handleiding. Daar bestaan alreeds baie goeie literatuurbronne1 (sien Figuur 1.1.) waarin

mediese kennis en behandeling onder karige of oorlewingstoestande breedvoerig aangespreek word. Sodanige

inligting is as toeganklike en alreeds beskikbare bronne van inligting vir die leser beskou tydens die skryf

van hierdie handleiding.

Nuttige literatuur/naslaanbronne behoort as deel van die daaglikse handel en wandel versamel en deurgelees te

word sodat die inligting beskikbaar is as óf wanneer dit benodig word. Soveel of so min as wat persoonlike

voorkeur, beplanning en motivering vereis kan bestudeer word.

Page 7: Mediese Handleiding

2 Die woord MEDISYNE verwys in die algemene spreektaal na Geneesmiddels maar word ook as sinoniem

gebruik om te verwys na die vakgebied wat as die Geneeskunde bekend staan.3 Klassieke mediese aantekeninge (notas) bestaan uit die volgende chronologiese onderafdelings:

-Geskiedenis (waar die pasiënt se subjektiewe verhaal en simptome aangeteken word). Simptome is dit wat die

pasiënt self ervaar soos pyn, verwarrende gedagtes, ens. terwyl kliniese tekens objektief aangetoon kan word soos

temperatuur (koors), vinnige polsslag, ens. (sien kliniese ondersoek hieronder vir objektiewe deel van notas).

-Kliniese ondersoek (waar die objektiewe kliniese tekens en bevindings weergegee en uitgebrei word).

-Differensiële diagnose (al die moontlike toestande in volgorde van mees tot mins waarskynlike gerangskik om

die gedagtepatroon te orden).

-Plan (wat fokus op die behandeling en al die aksies wat gevolg gaan word duidelik aantoon).

-‘n Veiligheidsnet (waar belangrike punte kortliks weergegee word wat ‘n drastiese verandering in die kliniese

verloop kan teweegbring en daarom snelle reaksie en verandering in behandeling sal verg.)

3

Waar ‘n feit genoem word wat voor die hand liggend is, word dit gedoen om óf die feit te beklemtoon óf die

leser se geheue te tintel.

2.OORLEEFHANDLEIDING

Verwys asb. na die outeur se OORLEEFHANDLEIDING (die eerste deel van hierdie tweeledige dokument)

wat in 2007 gepubliseer is vir bespreking van o.a. die volgende: In paragraaf 2.3 .Medisyne is allergiese

reaksies, vroegtydige behandeling, dehidrasie, handelsname, geskikte hoeveelhede, inentings, isolasie,

elektiewe chirurgie, mediese opleiding, persoonlike medikasie, sonreiniging en vervaldatums aangespreek. In

paragraaf 3.3.2.Noodhulpkissie vir dagsakkie is ‘n voorbeeld van ‘n noodhulpkissie vir ‘n dagsakkie bespreek.

Vervolgens sal die MEDIESE HANDLEIDING die onderafdelings van paragraaf 2.3.Medisyne van die

OORLEEFHANDLEIDING met bykomende inligting bywerk en op breedvoeriger wyse aanspreek. Herhaling

van enige inligting is ten alle koste vermy.

3.MEDISYNE2

Indien dit enigsins moontlik is moet so deeglik as moontlik voorberei word vir enige ramp. Een van die eerste

aspekte wat tydens sodanige voorbereiding volgens eie behoeftes aangespreek sal wil word is die apparaat

benodig.

3.1.Apparatuur (vir herhaalde gebruik)

Indien apparatuur van metaal soos vlekvrye staal gemaak is kan dit herhaaldelik gebruik word deur dit tussen

bv. chirurgiese aanwendings te steriliseer. Enige instrument wat die vel selfs net deurdring móét steriel wees.

Infeksie kan maklik intree nadat die veloppervlak met enige instrument gebreek is, en soveel te meer as die

algemene gesondheidstoestand (en daarom die immuunstelsel) verswak is onder oorlewingstoestande. Infeksie

onder oorlewingstoestande kan snel tot die dood of permanente besering/ledemaatverlies lei en moet ten alle

koste vermy en vroegtydig aangespreek word.

Pen en papier moet deurentyd beskikbaar wees vir die maak van toepaslike aantekeninge3 soos vitale tekens,

siekteverloop, simptome, behandeling gegee sowel as kliniese en ander uitkomste, ens. Daar kan beslis nie op

die geheue alleen staat gemaak word nie. Onder oorlewingstoestande is ‘n verdere nut die oordraging van

kennis, deurdat een persoon se aantekeninge besonder nuttig kan wees vir ander person(e) en selfs later as

(instruksie)handleiding kan dien.

Figuur 3.1.1. toon skalpel handvatsels (nr. 3 heel bo en nr. 4 direk daaronder) sowel as voorbeelde van steriele

weggooibare (eenmalige gebruik) lemmetjies. Lemtipe nr. 12 is o.a. nuttig om fyn stekies uit te haal en nr. 15

weer vir algemene kleiner chirurgiese prosedures. Met ‘n tipe soos nr. 21 sal growwer werk gedoen word en

dit is duidelik dat nr. 21 heelwat meer weefselskade sal veroorsaak en moeiliker hanteerbaar/beheerbaar is as

Page 8: Mediese Handleiding

4

Figuur 3.1.1. : Skalpel handvatsels en lemmetjies.

nr. 15. Indien weefsel toevallig of ongelukkig raakgesny word, kan die gevolge lewensbedreigend (bv.

bloedvate) en/of permanent (bv. senuweeskade) wees. Lemmetjie nr. 21 sal daarom nie roetinegewys gebruik

word binne-in die liggaamsholtes (buik, borskas, ens.) nie. Die keuse van ‘n lemmetjie is o.a. afhanklik van die

operateur se ondervinding, vaardigheid en doel met die prosedure.

In Figuur 3.1.2. word van onder na bo getoon hoe ‘n lemmetjie aan die handvatsel geplaas asook verwyder

word. Dit is noodsaaklik om sulke bewegings glad te kan uitvoer sonder om die vingers te gebruik en eerder

van klemme gebruik te maak. Die rede waarom klemme eerder as die vingers gebruik word is o.a. operateur

beskerming teen infeksie asook ten einde ‘n steriele veld te handhaaf. Dit verg ‘n sekere mate van oefening om

te keer dat bv. die lem beskadig of gebreek word tydens die aansit/afhaalproses.

Alle sny instrumente wat vir chirurgiese prosedures gebruik word móét vlymskerp wees. Indien enige

lemmetjie net effens stomp begin raak, kan die operateur se hand makliker gly omdat onnodig baie druk

geplaas moet word om die gewenste snydingseffek te verkry. Sodanige gly van die operateur se hand kan

katastrofiese gevolge hê.

Daar moet, voordat die prosedure aangepak word, (of voordat die apparaat aangeskaf word) seker gemaak

word dat die beskikbare lemmetjies op die beskikbare skalpel handvatsel (nr. 3, 4, ens.) pas.

Page 9: Mediese Handleiding

4 ‘n Houer vir skerp voorwerpe wat vernietig gaan word (bv. begrawe of verbrand onder oorlewingstoestande)

moet fisies sterk en skokbestand wees; nie maklik vloeistowwe kan uitlek nie, nie maklik oopgemaak kan word

nie en duidelik gemerk wees as sodanige houer (bv. helderkleurig wees).

5

Figuur 3.1.2. : Aansit en afhaal van lemmetjies

Figuur 3.1.3 : Jobson H orne, voorbeeld van gebruik

Alle skerp voorwerpe wat beserings aan die operateur kan veroorsaak (naalde, lemmetjies, ens.) en wat

besmet is met die pasiënt se liggaamsvloeistowwe moet onmiddellik na gebruik in ‘n houer geplaas word wat

spesifiek vir daardie toegewyde doel aangehou word (sharps container)4.

Page 10: Mediese Handleiding

6

Figuur 3.1.4. : Verskeidenheid instrumente 1

Figuur 3.1.3. toon van bo na onder hoe ‘n wattepluisie met ‘n Jobson Horne instrument gemaak kan word. Die

watte word eers in ‘n punt gerol en dan styf deur die Jobson Horne se gaatjie getrek. Hierna word die watte

styf al om die as vasgedraai. Die geriffelde punt word weer gebruik deurdat dit agter ‘n vreemde voorwerp in

bv. die neus geplaas word en die voorwerp dan na die operateur uitbeweeg/uitgerol en sodoende verwyder

word.

Figure 3.1.4. en 3.1.5. toon voorbeelde van ‘n tiental instrumente. Die haak kan bv. gebruik word om vreemde

voorwerpe/ongewenste items vanuit wonde te verwyder of om weefsels/items versigtig weg te trek vanaf die

veld waar gewerk word om sodoende sodanige weefsels/items te beskerm of te verwyder. Die sterk skêr het

geriffelde (gekartelde) tande op die snyvlak sodat bv. stewels en ander klere maklik losgeknip kan word vanaf

beseerdes indien nodig.

Page 11: Mediese Handleiding

5 Die rat tipe sluitmeganisme word in detail in Figuur 3.1.6. aangetoon. Die vingers word na mekaar toe beweeg

nadat die instrument in die gekose posisie is (terwyl die hand so stil as moontlik gehou word) in die rigting van

die pers pyl. Hierdeur word die ratte gesluit en die verlangde effek verkry. Indien die ratmeganisme ontsluit wil

word, word die vingers met ‘n pil rol beweging in die rigting van die swart pyle beweeg (hierdie rigting sal volgens

die skets loodreg op die papier wees). Weereens word die hand so stil as moontlik gehou. Indien die hand nie uiters

stil gehou word nie word aan die weefsels getrek en kan die weefsel traumaties geskeur word.

7

Figuur 3.1.5. : Verskeidenheid instrumente 2

Die muskiet klem is die chirurgiese werkesel en word vir vele chirurgiese doeleindes gebruik waar enigiets

ferm vasgehou moet word. Die rat tipe sluitmeganisme5 waaroor vele instrumente beskik kan ook duidelik aan

die hewwe van die muskiet klem en naaldhouer gesien word, net voor die vingerholtes. Hierdie rat

Page 12: Mediese Handleiding

8

Figuur 3.1.6. : Rat tipe sluitmeganisme werking

sluitmeganisme is nodig veral vanweë die glibberige aard van interne liggaamsholtes. Let ook op na die

chirurgiese skêr se geboë lem in Figuur 3.1.5.

‘n Nierbakkie (nie aangetoon nie) word gebruik om items te orden en te skei (bv. steriel vs. nonsteriel), om

vloeistof vir oppervlakreiniging in te hou, ens. en is besonder nuttig tydens die voorbereidingsfase vir ‘n

prosedure.

Behalwe vir die neem van mates is ‘n maatband besonder nuttig om objektiewe data (soos groottes en

deursneë) van letsels of beserings te dokumenteer asook die vel se betrokkenheid tydens infeksies soos

sellulitis. Sodoende kan na verloop van ‘n gekose tydsduur objektief bepaal word of ‘n siektetoestand verbeter,

versleg of dieselfde gebly het. Digitale fotografie (bv. deur gebruikmaking van sonpanele onder beplande

oorlewingstoestande) kan soortgelyk aangewend word.

Dit moet altyd onthou word dat items onder noodtoestande geïmproviseer kan word, bv. ‘n gewone flits kan

diens doen i.p.v. ‘n mediese penligflits. Aangepaste apparaat kan net so effektief wees as die ware jakob as die

nood druk.

3.2.Materiale (vir eenmalige gebruik)

Geen spesifieke inligting bykomend tot dié alreeds genoem in die OORLEEFHANDLEIDING word hier

verskaf nie. Verwys egter na verdere paragrawe soos 4.WONDSORG en 5.KLEINER CHIRURGIESE

PROSEDURES waar sodanige materiale benut sal word en daarom oorvleuel met hierdie paragraaf.

3.3.Geneesmiddels

Bittermin inligting word in hierdie handleiding verskaf aangaande spesifieke geneesmiddels omdat die

farmakologie ‘n geweldige ingewikkelde en gespesialiseerde vakgebied is. Baie ure se verkryging van kennis

sowel as ervaring moet ingewin word alvorens hierdie onderwerp met enige mate van verantwoordelikheid en

gemak hanteer sal kan word. Dit is glad nie moontlik om sodanige kennis d.m.v. ‘n handleiding soos hierdie te

bemeester nie en ‘n baie deegliker studie sal uitgevoer moet word indien geneesmiddels doeltreffend toegedien

wil word. Die onderstaande feite word weergegee sodat die leser na die bestudering daarvan meer ingelig sal

wees t.o.v. algemene geneesmiddelwerking en meer ingeligte besluite sal kan neem.

Voordat enige geneesmiddel toegedien wil word is dit vanselfsprekend dat die operateur oor genoegsame

mediese kennis sal beskik om die toestand wat behandel wil word korrek te kan diagnoseer.

Page 13: Mediese Handleiding

6 ‘n Toestand mag wel skaars wees, wat beteken dat die waarskynlikheid om dit te ontwikkel uiters gering is.

Indien sodanige toestand egter in die “eie ek” persoonlik ontwikkel, verander die sienswyse drasties omdat die

spesifieke individu nou skielik 100% aangetas is. Hierdie verskynsel kan verder geïllustreer word deur bv. na die

voorkoms van geweldsmisdaad op te let en die optrede van diegene wat daardeur geraak word. Vele individue

hersien hulle vooropgestelde idees drasties nadat hulleself of hulle geliefdes onverwags deur geweldsmisdaad

getref is.7 Onder sekere omstandighede word mediese dokters toegelaat om medikasie toe te dien sonder dat enige iemand

anders dit nagegaan het. Indien só ‘n situasie onder oorlewingstoestande afspeel en die leser gedwing word om

dieselfde te doen (waarskynlik onder hoë druk of spanningsvolle toestande wat maklike take heelwat moeiliker

maak), kan die volgende raad onthou word: Probeer die medikasie op soveel as moontlik verskillende maniere

nagaan (bv. lees en dink, hardop praat, berekeninge weer uitwerk, ens.)8 Foute sluip veral maklik in onder spanningsvolle- of noodtoestande waar geneesmiddels wat bv. dieselfde klink

soos aspirien, aminofillien en adrenalien maklik met mekaar verwar kan word as iets van iemand aangevra word

of as die operateur nie besonder vertroud daarmee is nie.9 Dit is uiters noodsaaklik dat 'n effektiewe sisteem in plek is om vervaldatums tydig te kan identifiseer sodat

geneesmiddels, materiale en apparatuur wat verval het, vervang kan word as dit moontlik is (of vroegtydig

geïmproviseer kan word onder oorleeftoestande.) Die manier hoe items gestoor word is kritiek bv. hitte

blootstelling versnel vervaldatums opmerklik.10 Die V.S.A. se F.D.A. het namens die V.S.A. weermag groot store vervalde ongebruikte medikasie ontleed. Hulle

het bevind dat die meerderheid veilig was om te gebruik sowel as effektief was, selfs 15 jaar ná die vervaldatum.

Belangrike uitsonderings was antibiotika en vloeistofpreparate. Sien Dunea, G., Unauthorised Practices, British

Medical Journal, 17 Junie 2006, Volume 332: 145911 Korrekte medisyne dosisse word normaalweg bereken deur die liggaamsmassa van die pasiënt in berekening

te bring. (Soms moet ander eienskappe egter gebruik word soos liggaamsoppervlakte.) Bv., die korrekte dosis vir

parasetamol per mond is 15 mg/kg met ‘n maksimum van 1000 mg per dosis. Iemand wat 34 kg weeg se dosis is

daarom 34 kg x 15 mg/kg = 510 mg. Die maksimum geneesmiddel dosis stem gewoonlik naastenby ooreen m et

‘n pasiënt met ‘n massa van 70 kg. Vir die parasetamol voorbeeld is 15 mg/kg x 70 kg = 1050 mg. D.w.s. dat

pasiënte wat méér as 70 kg weeg (onder normale omstandighede- daar is enkele uitsonderings) die dosis kry wat

ooreenstem met ‘n pasiënt van 70 kg). Die W.G.O. beveel aan dat parasetamol in maksimum dosis en gereeld

gebruik moet word as eerste linie pynmedikasie vir eenvoudige pyn alvorens ander pynmedikasie bygevoeg word.12 Dit is nie altyd so maklik soos die parasetamol voorbeeld hierbo nie omdat verskillende toedieningsroetes vir

een en dieselfde geneesmiddel nl. intraveneus (binneaars of IV) vs. intramuskulêr (binnespiers of IM) vs. per os

of oraal (PO oftewel per os beteken letterlik per opening maar bedoel normaalweg per mond) vs. sublinguaal

(onder die tong of SL) vs. nasaal (per neus) vs. per anus/rectum (rektaal of PR) vs. per vagina (vaginaal of PV)

vs. topikaal (bo-op die vel) vs. subkutaan (net-net onder die vel of SC) kan lei tot verskillende doseringsformules.

Dit is o.a. so omdat die absorberingspotensiaal van verskillende liggaamsoppervlakke verskil. Hierdie verskaf ‘n

rede waarom medisyne nooit anders as die vervaardiger se spesifieke instruksies gebruik moet word nie. (Bv. moet

dit nooit vanuit ‘n kapsule neem en in water gooi en dan drink nie.)13 As verdere voorbeeld, beskou die volgende ekwivalente enkeldosisse vir die opiate in gesonde (m.a.w. nie

chronies siek nie) individue:

60 mg kodeïen oraal = 6 mg morfien oraal en

100 mg tramadol oraal = 10 mg morfien oraal = 5 mg oksikodoon oraal.

Ook is 75 mg pethidien IM of SC = 10 mg morfien IM/SC en

300 mg pethidien oraal = 35 mg morfien oraal.

Morfien se omskakelingsfaktore is oraal (PO) : subkutaan (SC) = 2 : 1 en oraal (PO) : rektaal (PR) = 1 : 1. Bg.

inligting is vanuit Genesis Oncology Trust, The Palliative Care Handbook, Caxton Press, 2006, pp. 10 en 98

9

Dit is besonder maklik om iemand skade te berokken deur die toedien van geneesmiddels; indien aspirien bv.

aan kinders onder 16 jarige ouderdom gegee word bestaan die moontlikheid dat die baie skaars toestand Reye

se sindroom kan ontwikkel6. Geneesmiddels in hospitale en klinieke word daarom voor toediening deur twee

verpleegsters7 (of ‘n verpleegster en ‘n dokter) noukeurig nagegaan. Dit word nagegaan t.o.v. onder andere

korrekte geneesmiddel8, vervaldatum9,10, korrekte dosis11, korrekte toedieningswyse12,13 sowel as ander

Page 14: Mediese Handleiding

14 Dieselfde geneesmiddel se vrystellingsformulering speel verder ‘n belangrike rol. Bv., metoprolol, ‘n beta

blokker, kan as 5 mg binneaars toegedien word vir ‘n korter werkingsduur van ‘n paar uur. Dieselfde medikasie

kan egter toegedien word in dosisse van 23.75 mg tot 190 mg in ‘n gekontroleerde tabletvorm waar die tablet só

vervaardig is dat eweredige vrystelling oor ‘n tydperk van nagenoeg 24 uur sal geskied. Verskeie geneesmiddels

word ook in vrystellingsformulerings geplaas wat die geneesmiddel in die maag sal beskerm teen vernietiging deur

die maagsuur sodat die geneesmiddel eers vrygestel sal word wanneer die formulering in die dermkanaal is.15 Die toedieningsroete kan lewensbelangrik wees. Sekere medikasie formulerings van bv. Vitamien K word

normaalweg binneaars toegedien terwyl die binnespierse toediening daarvan tot anafilakse kan lei.( Hierdie

eienskap word deur die formulering van die geneesmiddel beïnvloed- daar bestaan Vitamien K formulerings

spesifiek vir binnespierse toediening.)16 Indien bv. alfa- en betablokker medikasie saam toegedien word kan die bloeddruk drasties val.17 Indien bv. knoffel (Allium sativum) ingeneem is (wat bloed makliker laat vloei en dus bloeding aanhelp) en

hierna ‘n medikasie soos aspirien (wat bloedplaatjiewerking verminder) gedrink word, verhoog die

bloedingspotensiaal van die pasiënt sinergisties. Knoffel se invloed om bloedplaatjies se sameklomping te

verminder sowel as fibrinolitiese werking (oplos van bloedklonte) om sodoende bloeding aan te help is só

uitgesproke dat heelparty elektiewe chirurgiese eenhede verkies dat pasiënte geen knoffel eet in die week

voorafgaande chirurgie nie.18 Neem as voorbeeld die eet van licorice (Glycyrrhiza glabra): Die inneem daarvan kan hoë bloeddruk, natrium

terughouding, hipokalemie asook edeem (swelling) veroorsaak en sodoende inmeng met vele medikasies se

werkings. Hierdie effekte is waarskynlik te wyte aan versteuring van die kortikosteroïed metabolisme met

verlengde kortisol halfleeftyd en aldosteroonagtige effekte. Licorice verhoog die endogene (m.a.w. eie aan die

liggaam) kortikosteroïed vlakke. Sien Leak, J. A., Perioperative Considerations in the Management of the

Patient taking Herbal Medicines, Current Opinion in Anaesthesiology, 2000, Volume 13 (3): 321-32519 Indien ‘n pasiënt allergies is vir ‘n geneesmiddel móét ‘n plaasvervanger verkry word bv. vir penisillien allergie

is eritromisien normaalweg die eerste linie alternatief. Allergiese reaksies moet des te meer vermy word onder

oorlewingstoestande.20 Anafilakse is ‘n lewensgevaarlike allergiese mediese noodtoestand. Die behandeling daarvan m.b.v. adrenalien

toediening 1:1000 sowat 0.5 mL IM (volwassene se dosis) (sowel as ander anafilakse maatreëls) maak deel uit van

alle goeie noodhulpkursusse.21 Die meeste geneesmiddels se absorpsie vind in die maagdermkanaal plaas. Hierdie absorberingsproses kan

nadelig beïnvloed word onder vele omstandighede waarvan twee algemene voorbeelde hier genoem word:

(1) Indien vetterige kos geëet word belemmer dit die absorpsie van sekere geneesmiddels.

(2) Tydens akute (kongestiewe) hartversaking is die maagdermkanaal geswolle (met edeem) en verswak die

absorpsiepotensiaal daarvan.22 Geneesmiddel verspreiding (en daarom beskikbaarheid en dus effektiwiteit) kan wesenlik beïnvloed word deur

die feit of dit plasmaproteïen (aan albumien) gebonde is al dan nie, soos warfarin.23 Bv., vetoplosbare (lipiedoplosbare) geneesmiddels soos diasepam akkumuleer in adipose (vet) weefsel.

10

faktore14 omdat enige fout hiermee skadelik of selfs lewensbedreigend kan wees15. Bg. dubbele kontrolering

van geneesmiddels is ongelukkig steeds nie 100% doeltreffend nie en a.g.v. menslike foute vind etlike sterftes

regdeur die wêreld jaarliks plaas.

Indien alle moontlike voorsorgmaatreëls korrek nagevolg is, is dit steeds moontlik dat ‘n geneesmiddel ‘n

nadelige of selfs ‘n dodelike uitwerking kan hê. Redes hiervoor sluit in:

(1) Wisselwerkings tussen medisyne onderling16 óf met kruie(medisyne)17 óf met voedsel18 wat mekaar

se uitwerkings kan teenstaan (selfs neutraliseer) of aanhelp (sinergisme).

(2) Uitgesproke allergiese19 reaksies soos anafilakse20.

(3) Skadelike newe-effekte wat meer is as wat vooraf verwag is en in die unieke pasiënt na vore getree

het.

Behalwe die geneesmiddel se toedieningsroete; is farmakodinamiese eienskappe soos die absorpsie21,

verspreiding22 (d.m.v. o.a. die bloed), akkumulasie23 (in ’n spesifieke liggaamskompartement of weefseltipe)

Page 15: Mediese Handleiding

24 Geneesmiddels kan uitgeskei word deur die niere, die maagdermkanaal, vel, ens. Dikwels moet geneesmiddels

eers deur die lewer wateroplosbaar gemaak (gekonjugeer) word sodat die niere dit tydens urienvorming kan

elimineer (uitskei).25 Kodeïen word bv. in die lewer omgeskakel (gedemetileer) na morfien, wat die aktiewe metaboliet is. ‘n Sekere

persentasie van die bevolking beskik nie oor sodanige lewerensieme (die unieke sitochroom P450 ensieme) om

hierdie omskakeling uit te voer nie en vir hulle sal kodeïen ‘n nuttelose en sinnelose pynverdower wees.26 Bloedplasma is dié (vloeibare) deel van bloed sonder die sellulêre (bloedplaatjies, witbloedselle, rooibloedselle,

ens.) komponente. Serum is weer dié (vloeibare en gewoonlik liggeel kleur) deel sonder die sellulêre komponente

en stollingsproteïene. “Bloed” verwys na die totale sisteem bestaande uit al die selle, proteïene, vloeistof, ens.27 Die halfleeftyd is dié tyd wat dit vir die liggaam neem om die helfte van die aktiewe medikasie/metaboliet vanuit

die liggaam te verwyder. Wanneer medisyne gereeld ingeneem word, word dit deurgaans geabsorbeer, deur die

liggaam versprei maar ook deurgaans verwyder. Daar bestaan ‘n tyd wanneer die gereelde (korrekte) inname

gebalanseer word deur die gereelde uitskeiding en ‘n bepaalde konsentrasie reikwydte kom dan tot stand. Hierdie

toestand staan bekend as gestadigde staat (steady state) en word na nagenoeg 5½ halfleeftye bereik. Halfleeftyd

is ‘n unieke eienskap, uniek aan elke geneesmiddel.28 Uitsonderings is bv. SSRIs (selektiewe serotonien heropname inhibeerders) soos fluoksetien waar die gewenste

uitwerking eers soms na 6 tot 8 weke verkry word.29 Hierdie publikasies bevat alle geneesmiddels wat in ‘n land beskikbaar is (met of sonder voorskrif), gesorteer

volgens indikasie (m.a.w. rede vir toediening) maar ook met alfabetiese sleutel volgens handelsnaam (bv. Disprin)

én generiese naam (bv. aspirien.) Dit bevat die handelsname, generiese name, kontra-indikasies vir toediening,

indikasies, newe-effekte, toepaslike dosisse, ens. en is ‘n briljante verwysingshulpmiddel tydens die voorskryf

van medikasie. Die inligting daarin is egter nie foutloos nie en ook beknop en bondig aangebied, maar dit kan een

van die nuttigste bronne van inligting onder oorlewingstoestande wees.

11

sowel as eliminasie (uitskeiding)24 daarvan van besondere belang. Die genetiese samestelling25 van d ie pasiënt

speel ‘n verdere belangrike rol.

Die meerderheid geneesmiddels benodig ‘n spesifieke konsentrasie of konsentrasie reikwydte (range) in die

bloedplasma26 ten einde effektief te wees. Om meer as die voorgeskrewe hoeveelheid in te neem is dikwels

gevaarlik. Om minder in te neem kan oneffektief wees. Normaalweg neem dit 5½ halfleeftye27 voordat

gestadigde staat (steady state) in die bloedplasma bereik word. Die volle en gewenste uitwerking (en newe

effekte) van die medikasie (bv. pynverligting vir pynmedikasie) sal daarom eers na 5½ halfleeftye tydens

gestadigde staat waargeneem kan word28. Doseringsintervalle (bv. die neem van amoksisillien elke agt uur)

word farmakokineties bepaal deur o.a. na die halfleeftyd van die spesifieke geneesmiddel op te let.

Individue wat beslis spesiale voorsorgmaatreëls regverdig m.b.t. geneesmiddels is swanger vrouens,

borsvoedende moeders, baie jong kinders asook pasiënte met spesifieke mediese toestande of diegene wat op

chroniese medikasie is. Ouer mense benodig ook dikwels laer dosisse a.g.v. o.a. verminderde nierfunksie met

toenemende ouderdom.

Onder oorlewingstoestande moet veral gelet word op die omgewingstoestande waaronder geneesmiddels

gestoor word. 'n Uitermate koue of warm omgewing sal die rakleeftyd van die meeste geneesmiddels en

toerusting versnel (warmte is hier baie erger as koue), en moet vermy word. Hieronder val ook die vermyding

van vog (klamheid), direkte sonlig, ens. Temperatuurwisselings/skommelings is veral sleg by die stoor van

geneesmiddels.

Een van die belangrikste aspekte tydens oorlewing is sekerlik die mate waarmee die operateur alreeds vertroud

is met ‘n bepaalde geneesmiddel. Indien dit enigsins moontlik is moet soveel as moontlik (beplande) ervaring

met die gebruik van geneesmiddels opgedoen word vóór enige oorlewingsituasie.

Onder oorlewingstoestande kan ‘n farmakologiese publikasie soos BNF (British National Formulary) of

MIMS29 (Monthly Index of Medical Specialties) van onskatbare waarde wees. Die leser se apteker of

huisdokter kan moontlik ‘n ouer kopie gratis verskaf omdat bg. inligting bykans maandeliks hersien en oor

gepubliseer word.

Page 16: Mediese Handleiding

30 Wond infeksie word dikwels gekenmerk deur ‘n kombinasie van die volgende:

(1) Pyn (gewoonlik ‘n kloppende of dowwe pyn),

(2) Inflammasie,

(3) Sellulitis,

(4) Rooi strepe vanaf die wond (veral langs die bloed- of limfvate),

(5) Slegte reuk,

(6) Gekleurde afskeiding (gewoonlik geel, grys, bruin of groen of enige kombinasie daarvan),

(7) Debris vanuit die wond,

(8) Vreemde voorwerp in die wond,

(9) Sistemiese aantasting, ens.

Wat veral hier van belang is is die kliniese verloop van die teken of simptoom met verloop van tyd. Bv., ‘n mate

van rooiheid is normaal rondom wondrande tydens die herstel (genesings)proses. Sodanige rooiheid sal minder

en minder word met verloop van tyd onder normale genesingsomstandighede. Indien d ie roo iheid toeneem met

verloop van tyd, is dit rede tot kommer betreffende ‘n waarskynlike wond infeksie. Sien ook 4.1.1.Abses waar van

die terme hierbo genoem deeglik omskryf word.31 Funksionaliteit behels die terugkeer na ‘n normale (ideaal gesproke pre oftewel voor besering) vlak van

funksionering van die aangetaste weefsel.32 Hiermee word bedoel dat die aangetaste weefsel nie net bloot sal funksioneer nie, maar doeltreffend sal

funksioneer.33 Langtermyn komplikasies van wonde sluit in infeksie, letsels, litteken vorming, kontrakture, keloïed vorming,

weefselvernietiging, wanhegting, ens.34 Tetanus inenting vind normaalweg gedurende die kinderjare plaas. Indien die vel gepenetreer word deur ‘n

vreemde voorwerp en ‘n wond tot stand kom, is dit huidige westerse mediese praktyk om ‘n tetanus versterker

(booster) dosis inenting sterk aan te beveel. Sodanige versterker dosis is normaalweg goed vir ‘n verdere 5 tot 10

jaar. Dit maak sin om te verseker dat tetanus profilakse (sien profilaktiese antibiotika in paragraaf

4.4.Wondhegting vir verduideliking van die term profilakse) te alle tye op datum is.

12

Plaaslike omstandighede kan ook medikasie keuses beïnvloed. Bv., in die omgewing waar die outeur hom tans

bevind word algemene vel- en sagteweefselinfeksies met flukloksasillien (‘n spesifieke penisillien) behandel,

urienweginfeksies met trimethoprim en die eerste linie middel vir algemene lugweg- en otitis media

(middeloor) infeksies is amoksisillien. Hierdie keuses kan verskil afhangende van o.a. die plaaslike antibiotika

weerstandigheidsprofiel.

Vanuit bg. is dit duidelik dat die toepaslikheid van ‘n geneesmiddel vir ‘n spesifieke individu onder

bepaalde omstandighede die sintese en toepassing van inligting vanuit vele bronne behels. Voorafbepaalde

resepte is meesal nie moontlik nie. (Sien die literatuur deurgaans genoem in hierdie handleiding waar

toestande waar medikasie wel toegedien kan word per algoritme alreeds geboekstaaf is- sodanige inligting

word nie hier gedupliseer nie.)

4.WONDSORG

Daar bestaan noue oorvleueling tussen paragrawe 4.WONDSORG en 5.KLEINER CHIRURGIESE

PROSEDURES en hierdie paragrawe en hulle onderafdelings behoort ideaal gesproke saam bestudeer te word.

Wonde kan op verskillende maniere geklassifiseer word: Skoon teenoor geïnfekteerd, nat of droog,

atraumaties (mensgemaak onder elektiewe omstandighede soos ‘n netjiese chirurgiese insnyding) of traumaties

(geskeurde weefsel soos laserasies), ens. Onder oorlewingstoestande is die belang grootliks betreffende:

(1) Infeksie30 en die beperking en/of die uitwissing daarvan,

(2) voorkoming van verdere besering(s) aan nabygeleë en/of dieperliggende strukture,

(3) funksionele maksimering van die aangetaste liggaamsdeel om dit so gou moontlik weer

funksioneel31 en operasioneel32 te kry, en die

(4) voorkoming of andersins beperking van langtermyn komplikasies33 soos tetanus (klem in die

kaak)34.

Page 17: Mediese Handleiding

35 Fluktuasie word gevind waar vloeistof of vloeibare materiaal onderkant ‘n struktuur soos die vel vasgevang is

(soos met ‘n waterblaas.) Indien aan een kant van die letsel (bv. abses) gedruk word, word ‘n drukgolf gevoel aan

die teenoorgestelde kant van waar gedruk word. Die drukgolf het deur die vloeistof beweeg.36 Sellulitis is ‘n snel verspreidende sagteweefsel infeksie wat gekenmerk word deur die klassieke tekens van

inflammasie. Dit word klassiek veroorsaak deur penisillien sensitiewe Streptococcus spesies maar selfs

Staphylococcus (aureus) bakterieë kan aanwesig wees. Gewoonlik is daar ook koors en ander sistemiese tekens

van siekte aanwesig soos naarheid en braking. Sistemiese simptom e en tekens behels die aantasting van die hele

liggaam en behels m.a.w. verspreiding van die mikroörganismes in die bloedstroom deur die liggaam . Dit

word onderskei van lokale oftewel plaaslike aantasting waar slegs ‘n deel van die liggaam aangetas is en die

infeksie nog plaaslik onder beheer van die immuunsisteem is. Sodra sistemiese tekens (veral hoofpyn, naarheid,

braking, koors, malaise en moegheid) m.a.w. aanwesig is, is die toestand veel erger. Antibiotika moet onmiddellik

toegedien word tydens sellulitis. Die sigbare aangetaste vel area word normaalweg gemerk met ‘n pen om te bepaal

of die infeksie versprei en of dit onder beheer gebring word met verloop van tyd. Algemene oorsake van sellulitis

is snye, insekbyte, skrape, bytwonde, ens. (enige breuk van die intakte vel onder vuil toestande.)37 Die vyf klassieke tekens van inflammasie wat dikwels op die vel (of enige ander weefsel) aangetref word is

calor (warm te), dolor (pyn), rubor (rooi kleur), tum or (swelling) en functio laesa (verlies van normale funksie).38 Inflammasie moet onderskei word van infeksie. Infeksie impliseer altyd die aanwesigheid van ‘n

mikroörganisme. Inflammasie behels bg. vyf weefseleienskappe (klassieke tekens) en ‘n mikroörganisme hoef

nie teenwoordig te wees nie, bv. tydens ‘n akute jig aanval is daar weefsel inflammasie met bg. vyf kenmerke

a.g.v. die voorkoms van uriensuurkristalle wat die weefsel beseer maar daar is geen mikroörganisme aanwesig nie.

13

4.1.Algemene wenke

4.1.1.Abses

Alle absesse moet chirurgies gedreineer word onder oorlewingstoestande. ‘n Abses gaan gepaard met

plaaslike weefsel vernietiging. ‘n Abses kan normaalweg herken word aan die puisie-agtige voorkoms daarvan

waar dit saamgetrek is om ‘n sg. punt te vorm. Lokale verdowing is normaalweg oneffektief t.o.v. pynverligting

in die omgewing van ‘n abses. ‘n Abses beskik gewoonlik oor ‘n eienskap wat fluktuasie35 genoem word en dit

is belangrik dat hiervoor ondersoek word. Indien fluktuasie afwesig is kan dit beteken dat daar nie vloeistof of

vloeibare materiaal aanwesig is nie (en m.a.w. dan sal daar niks dreineer as die abses oopgesny word nie.)

Onder oorlewingstoestande moet die afwesigheid van moontlike fluktuasie (as die operateur doodseker is dat

hy hierdie eienskap wel betroubaar kan bepaal) opgeweeg word teenoor die skade wat berokken sal word as

vloeibare toksiese materiale nie toegelaat word om te dreineer nie. Fluktuasie kan moeilik (selfs onmoontlik)

wees om klinies te bepaal vir dieperliggende absesse waar pyn gewoonlik die hoof simptoom is. Fluktuasie

kan verder moeilik wees om te bepaal indien die weefsel onder spanning (druk) verkeer en is daarom nie altyd

‘n baie betroubare kliniese teken nie. Behandeling moet nie uitgestel word as fluktuasie afwesig is nie.

Die omringende weefsel rondom ‘n abses is dikwels aangetas deur sellulitis36 wat die vyf klassieke tekens37

van inflammasie38 kan weerspieël. ‘n Abses kan daarom beskou word as ‘n groepering mikroörganismes wat

hulleself afgeskerm het deur wande te vorm, en die immuunsisteem kan daarom nie by die patogene

(siekteveroorsakende) organismes uitkom om hulle doeltreffend te beveg nie. Die wande (lokulasies)

veroorsaak ‘n heuningkoekagtige fisieke voorkoms, en elke een van hierdie lokulasies moet oopgesny word

sodat dit deeglik uitgespoel en van mikroörganismes gereinig kan word. In plaas van ‘n enkele (reguit) snit

word daarom soms eerder ‘n kruis tipe snit gemaak wat dreinering sodoende bespoedig.

Hierna word die abses toegelaat om vryelik te dreineer na buite om deurgaans van die besmette materiaal

ontslae te raak. Dit word daarom nie bedek met ‘n verband of iets dergeliks wat dreinering sal bemoeilik nie.

Onder oorlewingstoestande moet gepoog word om die abses van die onderkant (binnekant) van die wond af na

buite (bokant oftewel vel se kant) te laat genees. Sodanige genesingsproses kan etlike weke of selfs maande

neem.

Page 18: Mediese Handleiding

39 Brandwonde verteenwoordig een groep wonde wat hoogs waarskynlik onder oorlewingstoestande sal plaasvind

a.g.v. die voorkoms van vuur (met o.a. warm rook wat inaseming (inhalasie) brandwonde van die lugweë kan

veroorsaak), kook van water, suboptimale lewensomstandighede, ens. Die menslike vel ervaar die sensasie van

brand by ongeveer 55 tot 60 grade Celcius.40 Beter as die reël van neges vir brandwond oppervlak bepaling is Lund & Browder kaarte (wat in die mediese

tas geplaas kan word as voorberei word vir oorlewingstoestande). As noodmaatreël, om die oppervlak van ‘n

brandwond of brandwonde as persentasie van liggaamsoppervlak te bereken, kan handpalm grootte ook gebruik

word. ‘n Individu se handpalm (sonder die vingers en duim) is nagenoeg 1% van sy totale liggaamsoppervlak.

Sodoende kan geskat word watter persentasie van die liggaam deur brandwonde beskadig is.41 Die gebruik van ys om brandwonde te behandel kan brandwond geassosieerde weefselskade onder sekere

omstandighede vererger.

14

4.1.2.Brandwonde39

Spesifieke inligting (aanvullend tot ‘n goeie noodhulpkursus se inligting waar die reël van neges van

brandwonde40 en ander noodsaaklike inligting geleer sal wil word), is die onderstaande:

Afkoel met koue lopende water:

Brandwonde moet onmiddellik onder verkieslik koue lopende water geplaas word (moenie ys gebruik nie41),

vir nagenoeg 20 minute lank. Chemiese brandwonde moet vir ten minste een uur lank só gespoel word. Die

afkoeling kan nuttig wees selfs ure nadat ‘n brandwond plaasgevind het. Hierdie weefsel afkoelingseffek is

bewys om weefselskade te verminder en die waarde daarvan m oet nie onderskat word nie.

Blase:

Voggevulde blase by brandwonde moet verkieslik net so heel (intakt) gelaat word, behalwe as verwag word

dat die blase a.g.v. bv. beweging van die pasiënt in elk geval gaan stukkend skeur. Indien besluit word om’n

blaas te dreineer kan die volgende gedoen word: ‘n Steriele naald en gare word deur die blaas gesteek, een

kant in en die ander kant uit, naby aan die vel. Hierna word die gare met ‘n kort lengte aan weerskante van die

blaas afgeknip en met bv. pleister vasgeplak sodat die gare nie kan wegskuif nie. Al wat nou agter gelaat word

is m.a.w. ‘n kort stukkie steriele gare wat deur die blaas steek aan twee kante daarvan. Die vloeistof in die

blaas dreineer hierna langsamerhand al langs die gare uit. Indien die dreinering stop kan die gare effens

gewikkel word om dit aan te help indien verkies.

Heuning en aloe vera:

Onder oorlewingstoestande kan heuning en aloe vera (verkry vanaf die aalwyn aloe vera se sap) ‘n moontlike

behandeling wees as niks anders beskikbaar is nie.

Kom plikasies:

Pyn en vogverlies is belangrike komplikasies van brandwonde. Dieperliggende brandwonde sal ook

onderliggende weefsels soos spiere vernietig, waarvan die afbraakprodukte dan deur die niere uitgeskei moet

word. In baie ernstige (voldikte) brandwonde sterf brandwondpasiënte dikwels aan akute nierversaking. Die

inname van genoegsame vloeistof is daarom belangrik onder oorlewingstoestande.

Paraffien gaas:

Paraffien gaas is moontlik nie so effektief soos die moderne vloeistofgebaseerde wonddekkings nie, maar

onder oorlewingstoestande sa l d i t d ie gekose behandel ingsmodal i te it wees (s ien ook

OORLEEFHANDLEIDING voetnota 113.)

PVC velle:

Polivinielchloried (PVC) velle (Glad wrap) kan as tydelike wondbedekking oor brandwonde aangewend word

en sommige westerse ambulansdienste hou dit byderhand vir hierdie rede. Dit voorkom vogverlies (wat ‘n

probleem by brandwonde is a.g.v. normale vel se werking se beskadiging), beskerm teen infeksies en maak

ook ondersoek van die aangetaste liggaamsdele moontlik. Dit word normaalweg na 24 uur tot 72 uur verwyder

Page 19: Mediese Handleiding

42 Hondsdol diere vertoon die volgende duimreël: Mak diere word wild en wilde diere word mak. M.a.w. ‘n

wildsbokkie kan gevaarlik wees as dit te vriendelik voorkom. Soortgelyk kan ‘n mak hond skielik onverklaarbaar

aggressief word.

15

of sodra die pasiënt in ‘n hospitaal meer definitiewe behandeling kan ontvang. Sorg m oet gedra word dat die

PVC vel nie só styf aangewend word dat dit as ‘n toerniket funksioneer nie. Bv., dit moet nie reg rondom ‘n

ledemaat soos ‘n arm (vas)gedraai word nie.

Silwer sulfadiasien room:

Silwer sulfadiasien room word algemeen gebruik by minder ernstige brandwonde a.g.v. veral die nut daarvan

in die bekamping van infeksie. Dit hoef nie toegedien te word totdat die wond totaal en al genees het nie- die

rol daarvan is meer belangrik tydens die aanvanklike behandeling gedurende veral die eerste 72 uur na

besering. Indien dit te lank aangewend word (naderend tot wondgenesing) kan dit selfs wondgenesing effens

vertraag. Dit word gewoonlik nie langer as 7 dae aaneen gebruik nie.

Toeplak met pleister:

Minder ernstige brandwonde kan behandel word deur dit bloot totaal en al te bedek met ‘n sterk pleister soos

Mefix en hierdie pleister dan daarop te laat totdat dit afval dae of selfs ‘n week of wat later. Die wond word

nie weer oopgemaak nie, behalwe as dit smetterig en geïnfekteerd raak (wat hoogs onwaarskynlik is as die

brandwond vinnig en doeltreffend met Mefix toegeplak word.) Die pleister voorkom verdere skade, vogverlies

(wat ‘n groot probleem met brandwonde is) en die brandwond genees meesal sonder enige verdere probleme.

Vermy irritasie:

Moenie brandwonde aan enige verdere irritasie soos sonlig of chemikalieë soos seep blootstel nie.

4.1.3.Diere- en mensbyte

Die belangrike gevaar is hondsdolheid42. Onder oorlewingstoestande word aanbeveel dat die dier van kant

gemaak word en dat alle kontak met die dier se liggaamsvloeistowwe ten alle koste vermy word. Brand die

karkas daar waar dit lê maar moet onder géén omstandighede enige iemand se lewe in gevaar stel deur dit te

probeer skuif nie. Blote kontak met die liggaam svloeistowwe (insluitend die speeksel) van die dier kan dodelik

wees. Die wond(e) moet besonder goed en so deeglik as moontlik gereinig word met toepaslike

ontsmettingsmiddels; en kontak met die wond(e) moet vermy word deur die res van die oorlewingsgeselskap.

Die pasiënt moet dopgehou word deur die res van die geselskap vir tekens van hondsdolheid, wat heelwat later

(selfs maande later) eers na vore kan tree.

Kat-, mens- en hondebyte moet nie primêr geheg word nie (m.a.w. geen steke of velsluiting moet uitgevoer

word nie a.g.v. die infeksiegevaar). Haemostase moet bereik word en die wond oop gelaat word om te genees

soortgelyk aan die proses genoem in paragraaf 4.1.1.Abses hierbo. Katbyte het ‘n groter infeksiegevaar as

hondebyte.

4.1.4.Haemostase

Haemostase oftewel die stop van enige bloeding vanuit wonde is ‘n baie belangrike aspek maar word

breedvoerig in alle goeie noodhulpkursusse aangespreek sowel as in die bronne gelys in hierdie handleiding.

Een uiters belangrike punt wat nie altyd duidelik na vore sal tree in literatuurbronne nie is die volgende:

Haemostase moet bereik word (m.a.w. erge bloeding moet gestop word) vóórdat gepoog word om enige

wond te heg onder oorlewingstoestande.

Hiermee word nie bedoel dat elke kleine brokkie minimale bloeding gestop moet word nie want die weefsel

sal ‘n tamponnade (drukkingseffek) uitoefen nadat dit geheg is wat minimale bloeding kan stop (soortgelyk

aan die drukking wat met ‘n depper op ‘n wond uitgeoefen kan word en bloeding so kan stelp). Wat egter

Page 20: Mediese Handleiding

43 Sien ook OORLEEFHANDLEIDING voetnota 102.44 Sien Terblanché, F. C., Die Karakterisering, Benutting en Vervaardiging van Produkte Herwin Vanuit Lippia

Scaberrima Sond., Ph.D Chemiese Ingenieurswese, Universiteit van Pretoria, Pretoria, 200045 Die maermerrie (voorkant van die onderbeen) is een van die plekke op die menslike liggaam met die swakste

bloedvloei en wonde daar kan maande neem om te genees.

16

verseker bedoel word is dat bloeiers soos bloedvate en enige groter mate van bloeding sal vererger indien ‘n

wond voortydig (prematuur) geheg word alvorens bloeding onder beheer gebring is. Daar moet nie gedink

word dat sodanige bloeding bloot sal verdwyn indien dit nie meer sigbaar is nie! Al wat in effek onder sulke

omstandighede gedoen word is om die bloeding van uitwendig na inwendig te verander, wat lewensgevaarlik

kan wees.

4.1.5.Wondbedekkings43

Afskeiding:

Indien die wond voortdurend etter afskei (geïnfekteerd is) moet ‘n absorberende bedekking gebruik word wat

die etter sal absorbeer en wegneem vanaf die wondoppervlak. Sodanige absorberende dekking moet gereeld

geruil word voordat die versadigingspunt daarvan (en uitlek van etter in die wond) bereik word.

Beukesbossie:

Die Boere in die Anglo-Boereoorlog het wonddekkings van die beukesbossie (Lippia scaberrima) gemaak en

hierd ie plant se essensiële olie beskik oor bewese antimikrobiese eienskappe44. Onder oorlewingstoestande kan

ander Suid-Afrikaanse Lippia spesies soos Lippia javanica ook aangewend word. Die bossie se blare word vir

etlike sekondes geweek in warm water totdat dit sag is en hierdie blaarmengsel word dan op die wond gepak.

Volgens oorlewering was hierdie mengsel ook uiters effektief om bloeding vanuit die wond te bekamp. Die

outeur het bloeding vanaf sy hand eenmaal met die droë blare van L. scaberrima binne enkele sekondes

gestop!

Heuning:

Die aanwending van heuning as wondbedekking om genesing aan te help is al deur ‘n aantal mediese studies

aangespreek. Heuning blyk besonder effektief te wees indien ‘n dun lagie aangewend word aan ‘n droë

dekking soos ‘n steriele depper, wat dan met die heuningkant na onder (sodat d ie heuning in kontak is met die

weefsel) in die wond geplaas word waarna die wond bedek word. Hierdie tipe dekking blyk effektief te wees

indien dit ongeveer twee keer per week geruil word (afhangende van die wondtoestand.) Indien die wond erg

geïnfekteerd is sal die heuning behandelde depper meer gereeld geruil moet word.

Reiniging:

‘n Vuil (geïnfekteerde) wond moet so gereeld as wat nodig is skoongemaak word; selfs net met gekookte

verkoelde gesuiwerde water as niks anders beskikbaar is nie.

Een van die belangrikste beginsels onder oorlewingstoestande is daarom die gereelde (selfs daaglikse)

inspeksie en reiniging van ‘n wond met die skoonste vloeistof beskikbaar.

Skoon en droog:

Tydens oorlewing moet gepoog word om alle wonde skoon en droog te hou as gepaste wonddekkings nie

beskikbaar is nie.

Verdere skade:

Dit is belangrik dat die gekose wonddekking die weefsel teen verdere trauma sal beskerm bv. as die wond op

‘n plek soos die maermerrie45 is, moet genoegsame sagte kussingmateriaal daaroor geplaas word. Plaas ‘n nie-

kleefbare wonddekking op wonde waar daar nie intakte vel is nie en wat nog besig is om van die onderkant

(binnekant van die liggaam) af na buite te genees. Dit is sodat die delikate weefsel wat vorm op die

wondoppervlak só beskerm word en nie afgeruk word tydens die ruil van die wonddekking en/of inspeksie van

die wond nie.

Page 21: Mediese Handleiding

46 Die leser sal opmerk dat hierdie stelling een van die enkeles is wat oor en oor herhaal word. Dit is nie om dowe

neute nie.47 Met fisiologies word bedoel ooreenstemmend met die menslike liggaam. D.w.s. sodanige fisiologiese oplossing

se samestelling stem ooreen met die sout samestelling van bloed en dit sal daarom nie die liggaam osmoties

beïnvloed en/of liggaamsweefsels irriteer of uitdroog nie.48 Onder oorlewingstoestande kan ‘n battery aangedrewe koplamp die hande vry laat om goeie werk te doen terwyl

effektiewe beligting dan ook beskikbaar is in elke rigting waarin die kop gedraai word.

17

4.2.Wondreiniging

Verwys na die OORLEEFHANDLEIDING paragaaf 2.3.Medisyne sowel as die onderafdelings daarvan (bv.

voetnota 91 aangaande ontsmettingsmiddels) vir noodsaaklike voorkennis.

Sekerlik die belangrikste feit onder noodtoestande is om (nadat haemostase verkry is en erge bloeding onder

beheer is) die wond so lank en so deeglik as moontlik skoon te maak. Daar moet gepoog word om hierdie te

vermag met so min as moontlik weefselskade m.a.w. werk so sagkens dog effektief as moontlik. Alhoewel die

mikpunt minimering van weefselskade is, móét die wond(e) egter soveel as moontlik bevry word van vreemde

materiale soos grond en vuiligheid, dooie weefsel en enige ander besmettings. Tyd moet geneem word tydens

skoonmaak van wonde en geen kortpaaie moet gekies word nie. Die aanvanklike reiniging kan letterlik die

verskil tussen lewe en dood beteken.

Indien vreemde of toksiese stowwe bv. binne-in die oog ingespat het moet die oog vir ten minste 15 minute

lank onder lopende water uitgespoel word. Hierdie tydsduur word genoem ter illustrasie om aan te toon dat

wonde dikwels langer uitgespoel moet word as wat algemeen aanvaar of besef word.

Gebruik die skoonste beskikbare water (of ander beskikbare vloeistof) onder oorlewingstoestande, verkieslik

gesuiwerde gekookte en daarna afgekoelde water46.

Sout:

Sout moet nooit onverdun in wonde geplaas word nie want dit sal die liggaamsweefsels irriteer, uitdroog en

beskadig. Indien sout beskikbaar is kan daar egter ‘n hoogs effektiewe fisiologiese oplossing van soutwater

gemaak word om die wond(e) mee uit te was en wat die liggaamsweefsels nie sal irriteer nie. Sodanige

fisiologiese soutoplossing47 is uiters effektief en behels ‘n 0.9 % soutoplossing. Dit beteken 0.9 gram sout per

100 mL water oftewel 9 gram sout per liter (een liter is 1000 mL) water. Dit kan onder oorlewingstoestande

aanvaar word dat 1 gram sout ongeveer gelyk is aan 1 mL sout m.a.w. 9 gram sout sal ongeveer 9 mL sout

wees. (‘n Teelepel is 5 mL so dit beteken net minder as twee afgeskraapte normale grootte teelepels per liter

water vir ‘n uiters geskikte oplossing om wonde mee te was en uit te spoel.)

4.3.Wondvoorbereiding

Met wondvoorbereiding word bedoel die voorbereiding van ‘n pas skoongemaakte wond om dit gereed te kry

vir wondhegting.

4.3.1.Beligting

Dit is van die uiterste belang dat die beste moontlike beligtingsbron48 beskikbaar is wanneer ‘n wond geheg

word. Hierdie is noodsaaklik a.g.v. die volgende:

(1) Om in staat te wees om onmiddellik en doeltreffend te kan reageer op komplikasies wat (skielik)

kan intree soos bloeding.

(2) Om belangrike strukture soos senuwees, bloedvate, tendons, ens. effektief te kan identifiseer.

(3) Om duidelik te kan sien wat gedoen (moet) word.

(4) Ten einde te verseker dat die bes moontlike kwaliteit werk gelewer word.

Page 22: Mediese Handleiding

49 Adrenalien bevattende lokaalverdower word daarom nooit gebruik vir die ringblok van bv. ‘n vinger nie.50 Om die maksimum dosis van ‘n lokaalverdower (of enige ander medikasie) te oorskrei kan lewensgevaarlik

wees. Soos alreeds genoem in paragraaf 3.3.Geneesmiddels is geneesmiddels se maksimum dosisse normaalweg

bereken vir ‘n man van 70 kg. Hierdie maksimum dosisse moet egter onder geen omstandighede oorskrei word

nie, selfs al weeg ‘n pasiënt meer as 70 kg.

18

4.3.2.Debridement

Hiermee word bedoel die verwydering van dooie oftewel nie lewensvatbare weefsel vanuit ‘n wond. Dooie

weefsel binne-in ‘n wond is ‘n lewensgevaarlike bron van infeksie, dien geen nuttige doel nie en móét

verwyder word om wondgenesing te bevorder. Die verwydering van sellulêre afvalstowwe en besmettings

(debris) kan ook hieronder ingedeel word. Die goue maatstaf vir debridement is chirurgiese debridement,

m.a.w. die wegsny van die dooie weefsel m.b.v. bv. ‘n skalpellem. Daar word aanvaar dat die mees senior

chirurgies gekwalifiseerde individu in die oorlewingsgeselskap hierdie taak sal uitvoer.

4.3.3.Lokaalverdowing

Alvorens enige geneesmiddel soos lokaalverdower onder oorlewingstoestande toegedien gaan word, moet

deeglik oorweeg word wat die uitkoms sal wees as ‘n lewensgevaarlike allergiese reaksie gaan plaasvind.

Hierdie vraag is uiters belangrik omdat normale westerse resussitasie middele hoogs waarskynlik nie

beskikbaar sal wees nie, en sodanige toedien van geneesmiddel daarom snel tot permanente skade en selfs die

dood kan lei. Verdere oorweging m oet ook deeglik geskenk word aan aspekte soos binneaarse (IV) toegang,

die gebeurlikheidsplanne vir lewensgevaarlike uitkom ste, ens. alvorens enige prosedure aangepak gaan

word- des te meer onder oorlewingstoestande.

Daar bestaan verskeie lokaalverdower geneesmiddels (ametokaïen, lignokaïen, kokaïen, ens.), met

verskillende werkingsdure (gewoonlik tussen 30 en 60 minute en bupivakeïen het een van die langste

werkingsdure naamlik net langer as drie ure) en ‘n magdom verskillende eienskappe. Kortliks die volgende:

Adrenalien:

Indien die lokaalverdower ampule adrenalien bevat, moet sodanige am pule nóóit gebruik word op ‘n

terminale ledemaat nie. Terminale ledemate sluit in die neus, ore, penis, vingers, tone, ens. Die rede waarom

dit nooit op sodanige terminale ledemate gebruik word nie49 is omdat adrenalien ‘n vasokonstriksie werking

het (bloedvatvernouiing). Hierdie bloedvatvernouiingsuitwerking van adrenalien is juis die rede waarom die

adrenalien in die eerste plek saam met die lokaalverdower in die ampule geplaas word- dit vernou die

bloedvate waar aan die wond gewerk word en verbeter sodoende haemostase (en visie van die wond) tydens

die wondhegting. Die byvoeging van adrenalien verleng ook die lokaalverdower se werkingsduur. Indien die

bloedvloei egter na ‘n terminale ledemaat soos ‘n vinger of die neus afgesny word deur vasokonstriksie, kan

sodanige ledemaat afsterf a.g.v. onomkeerbare weefselskade.

Maksimum dosisse:

Lignokaïen is bv. beskikbaar as 0.5 %, 1 % en 2 % oplossings. Hier beteken 0.5 % dan dat daar 0.5 g

lignokaïen per 100 mL vloeistof is. Anders gestel bevat ‘n 1 % lignokaïen oplossing 1 g lignokaïen/100 mL

oplossing oftewel 1000 mg lignokaïen/100 mL oplossing. Hieruit volg dat daar 10 mg lignokaïen/1 mL

oplossing is. Dit beteken dat elke mL van die 1 % lignokaïen oplossing oor 10 mg lignokaïen beskik.

Die maksimum dosisse50 vir volwassenes vir lokaalverdowers is:

Lignokaïen (sonder adrenalien) 3 mg/kg (met adrenalien) 7 mg/kg

Bupivakeïen (met of sonder adrenalien) 2 mg/kg

D.w.s., indien ‘n 2 % lignokaïen oplossing sonder adrenalien beskikbaar is vir ‘n pasiënt wat 53 kg weeg:

Die maksimum dosis is 3 mg/kg oftewel 3mg/kg x 53 kg = 159 mg.

Die 2 % oplossing beteken daar is 2 g/100mL oftewel 2000 mg/100mL beskikbaar.

Die maksimum volume wat hiervan toegedien kan word is daarom 159 mg/2000 mg x 100 mL = 7.95 mL

Page 23: Mediese Handleiding

19

Newe-effekte:

Indien die pasiënt tydens toediening van lokaalverdower (of enige ander medikasie) simptome soos

lighoofdigheid, oog- of oor steurnisse, naarheid of braking, tinteling rondom die mond (periorale

paraesthesiae) of enige ander ongewenste uitwerking ervaar; moet onmiddellik aanvaar word dat dit dui op ‘n

allergiese reaksie. Die verdere toediening van lokaalverdower moet onmiddellik gestop word en die pasiënt

volgens behoefte geresussiteer word.

Pynverdowing:

Indien lokaalverdower nie beskikbaar is nie, kan pynverdowingsmedikasie (analgetika) aan die pasiënt

toegedien word alvorens wonde geheg word. Selfs al word lokaalverdowing toegedien, moet voorsiening

gemaak word vir behoorlike pynverligting voor, tydens en na die wondhegting. Veral na afloop van

wondhegting is belangrik as die effek van die lokaalverdowingsmiddel afneem.

Toedieningswyse:

Die toedien van lokaalverdower alvorens wondhegting plaasvind kan meer pynlik as die wondhegting self

wees. Daar moet gepoog word om die wondrande so deeglik as moontlik met lokaalverdower te infiltreer

waarna enkele minute gewag moet word alvorens met wondhegting begin word. Die inspuit van die

lokaalverdower moet verder stadig geskied, om verskeie redes soos die vermindering van toksiese newe-

effekte en om die gepaardgaande weefselswelling (en pyn) te probeer beperk. Hierdie wagtydperk van

ongeveer 3 tot 5 minute is nodig om die lokaalverdowende werking effektief te maak. (Die lokaalverdower

moet chemies aan die weefsel heg.) Enkele druppels lokaalverdower kan ook versigtig en stadig binne-in die

wond gedrup word wat die wond sal verdoof- maar nie as die wond bloei nie want dan kan die lokaalverdower

in die bloedstroom beland. Sien ook die inligting aangaande lokaalverdowing in paragraaf 4.1.1.Abses.

Lokaalverdower moet nooit binneaars toegedien word nie, aangesien dit dodelike hartritme versteurings

(arritmieë) tot gevolg kan hê. Aspireer die lokaalverdower naald liggies voordat dit toegedien word indien

moontlik (m.a.w. trek die plonser van bv. die inspuiting effens terug) om te sien of bloed in die

toedieningsapparaat versamel. Indien bloed in die toedieningsapparaat (bv. spuit) versamel tydens sodanige

terugtrek van die plonser, dui dit daarop dat die naald binneaars is. Die naald moet verskuif word tot buite die

bloedvat alvorens die lokaalverdower dan toegedien kan word.

Die totale volume lokaalverdower toegedien is soms meer klinies belangrik (en doeltreffend) as die totale

dosis lokaalverdower. Daarom kan, indien groot hoeveelhede lokaalverdower vir verskeie wonde benodig

word, die volgende gedoen word indien verkies: Die totale volume lokaalverdower kan vergroot word (sonder

om die dosis te vermeerder) deur vermindering van die lokaalverdower konsentrasie d.m.v. toevoeging van ‘n

toepaslike oplosmiddel. Sorg moet vanselfsprekend altyd gedra word dat geen kristalle ooit uitkristalliseer

(presipiteer) of enige oplossing troebel of melkerig raak alvorens enige toediening nie.

4.3.4.Vel voorbereiding

Hare:

Die verwydering van hare alvorens ‘n wond geheg word, word nie aanbeveel nie. Dit is omrede sodanige

haarverwydering (afskeer of afknip van hare) gepaard gaan met haarfollikel beskadiging. Vele organismes

word gevind in die haarfollikels en hierdie organismes word sodoende losgelaat om die wond te infekteer.

Verder kan hare self in die wond beland na bv. die knip van hare wat die infeksie risiko verhoog. Indien daar

egter alreeds afgeskeurde hare in die wond aanwesig is, moet dit verwyder word alvorens die wond geheg

word.

Reiniging:

Die reiniging van die vel is elders bespreek (sien bv. OORLEEFHANDLEIDING voetnotas 91 en 92 sowel as

paragraaf 4.2.W ondreiniging hierbo.) Die belangrikste is om die wond so deeglik as moontlik te reinig onder

oorlewingstoestande alvorens enige wondhegting uitgevoer gaan word. Sodoende word alle droë bloed,

vuilgoed, ens. effektief weggeneem om ‘n skoon en netjiese operasie area te lewer. Indien die wond nie

Page 24: Mediese Handleiding

51 Sien OORLEEFHANDLEING voetnotas 103 tot 105 waar wondhegting ook aangespreek word.52 Voorkoming is immers beter as genesing.53 Langer was die persoon se naam wat hierdie lyne (velvoue) beskryf het.54 Langer se lyne is dié lyne wat ooreenstem met die natuurlike velvoue in die liggaam wat met normale

veroudering na vore tree. Deur sulke lyne vir insnyding te gebruik word die gepaardgaande litteken effek

verminder.55 Dink bv. aan die spreekwoord ‘n Boer maak ‘n plan.

20

behoorlik gereinig kan word nie moet oorweging geskenk word aan die moontlikheid om die wond te laat

genees van die wondbasis na bo/buite sonder (primêre) hegting (sien paragraaf 4.1.3.Diere- en mensbyte.)

Skryfmerke:

Soms kan dit nuttig wees om skryfmerke of bakens aan die vel aan te bring tydens hierdie fase. Sodoende kan

approksimasie (sien paragraaf 4.5.1.Algemene beginsels vir die plaas van steke) aangehelp word. Die aanbring

van sulke fisieke bakens voor wondhegting is veral van nut as in gedagte gehou word dat liggaamsweefsels

gewoonlik geswel is waar wonde aanwesig is. Hierdie swelling veroorsaak distorsie van die normale anatomie

(fisieke uitleg van die liggaam). Indien wonde geheg word sonder om oorleg aan hierdie distorsie te skenk kan

dit gebeur dat, nadat die wond genees het, onooglike of eienaardige fisieke verskynsels na vore tree bv. dat die

weefsel onder spanning verkeer en rekmerke dan na vore laat tree. Hierdie distorsie effek word vererger deur

die toediening van lokaalverdower wat die weefsels nog verder laat swel.

4.4.Wondhegting51

Onthou om altyd te bid vir alle leiding alvorens enige taak aangepak word.

Aseptiese tegniek:

Tydens die hegting van enige wond móét aseptiese tegniek gehandhaaf word. Onder oorlewingstoestande word

daarom bedoel: Werk so skoon as moontlik. Dink52 voortdurend aan wat gedoen (gaan) word en of daar nie

moontlik op ‘n manier geïmproviseer kan word om die taak nog meer doeltreffend te maak nie.

Enkele snit:

Indien ‘n snit (met ‘n skalpel) by ‘n wond uitgevoer moet word vir welke rede ookal, moet gepoog word om

net één of andersins so min as wat prakties moontlik is snitte uit te voer. Dit word gedoen om weefseltrauma te

beperk. Insnyding en/of weefsel skeure (laserasies) vertraag wondgenesing omdat dit weefeltrauma d.m.v.

weefsel fragmentering veroorsaak. Indien ‘n snit gemaak word moet altyd gepoog word om dit saam met

Langer53 se lyne54 te maak.

Improviseer:

Die talent van improvisering is eie aan die Boer en ingebed in ons kultuur55. Onder oorlewingstoestande sal

alle vernuf en talente deeglik en oordeelkundig ingespan moet word om die gesondheid op ‘n hoë peil te bly

handhaaf, en des te meer tydens wondversorging waar lewens letterlik op die spel is. Deurgaans behoort tyd

afgestaan te word om improvisering (d.m.v. aktiwiteite of werklike scenario’s) aan te spreek, te ondersoek, te

oefen en uit te bou ten einde hierdie talent maksimaal te ontwikkel. In menige oorlog, besigheids- of

oorlewingsituasie het voortdurende improvisasie ‘n uiteindelike deurslag gegee.

Intra operatiewe of prosedure komplikasies soos bloeding kan die improviseringsvernuf deeglik toets.

Profilaktiese antibiotika:

Profilakse behels die implementering van maatreëls om ‘n siekte of toestand in die toekoms te bekamp of te

voorkom. Bv., die drink van malaria tablette alvorens ‘n malaria besmette gebied binnegegaan word is malaria

profilakse. Indien voldoende antibiotika voorrade beskikbaar is moet deeglik besin word oor die moontlikheid

en toepaslikheid van antibiotika profilakse tydens wondhantering en wondhegting. Sodoende word die pasiënt

‘n gepaste dosis antibiotika toegedien alvorens die wonde hanteer word. Deur antibiotiese profilakse te

Page 25: Mediese Handleiding

56 Bakteremie is die voorkoms van bakterieë in die bloedstroom. Bakteremieë sal plaasvind indien ‘n geïnfekteerde

wond hanteer word en die organismes sodoende vanaf die wond vrygestel word en die bloedstroom kan betree.57 Die funksionele werking van steke is veral van belang onder oorlewingstoestande. Dit is in teenstelling met

kosmetiese en ander behoeftes wat na vore kan tree ten tyde van die plaas van steke.

21

gebruik word die bakteremie56 lading verminder en word die pasiënt se kanse om ‘n infeksie te ontwikkel

verminder.

Spoed:

Sonder om kwaliteit in te boet, moet so vinnig, sinvol en doeltreffend as moontlik gewerk word. Hoe langer

geneem word hoe groter is die risiko vir infeksie, bloedingsverlies, wonduitdroging, weefseltrauma, ens. wat

alles wondgenesing nadelig sal beïnvloed.

Weefselhantering:

Die liggaam se weefsels moet so sagkens as moontlik hanteer word tydens wondhegting. Hoe meer

weefseltrauma daar op mikroskopiese (sellulêre) skaal is hoe swakker en stadiger sal die wondgenesing

plaasvind (o.a. a.g.v. verswakte bloedvloei a.g.v. beskadigde kapillêre bloedvate, plaaslike swelling, ens.)

Weefselhantering verbeter met oefening en toewyding- wondhegting tegnieke kan daarom selfs op diere

karkasse geoefen word sodat dit, wanneer dit benodig word, suksesvol en snel uitgevoer kan word.

4.5.Chirurgiese knooptegnieke

Sommige aspekte is alreeds bespreek. Sien bv. die OORLEEFHANDLEIDING voetnotas 77, 103, 104 en 105.

Hieronder sal hoofsaaklik gekonsentreer word op wondhegting d.m.v. die plaas van steke.

4.5.1.Algemene beginsels aangaande die plaas van steke

Die meerderheid falings tydens wondhegting m.b.v. steke vind plaas by die knoop.

Indien ‘n steek geplaas word wat werklik foutief blyk te wees vir watter rede ookal moet sodanige steek

onmiddellik verwyder word en ‘n korrekte steek daarna geplaas word.

Sien Figuur 4.5.1.1. vir algemene toeligting aangaande die bespreking hieronder. Daar bestaan ‘n magdom

verskeie maniere om steke te plaas, afhangende van die uiteindelike resultaat en uitwerking57 wat verlang

word. Steke kan gebroke of ononderbroke geplaas word. Verder kan steke ook subkutaan (onder die vel) of

bo-oor die vel geplaas word. Verskillende tipes steke soos matrassteke, subkutane steke, ens. sal nie hier

bespreek word nie.

Approksimasie:

Met approksimasie word bedoel dat soort by soort ooreenstemmend, netjies en sekuur geheg moet word. Die

gekleurde (vermillion) deel van die lip moet bv. baie noukeurig geapproksimeer word sodat geen trap t.o.v. lip

kleur sal plaasvind na hegting nie. ‘n Trap kan ook plaasvind waar bv. weefsel wat op verskillende dieptes

(vlakke) te vinde is nie op ooreenstemmende dieptes aan mekaar vasgeheg word nie. Opvallende

weefseltrappe kom voor as die vel se rande nie netjies en sekuur geheg word nie. Trappe kan lei tot wond

wanhegting, onooglike letsels, swak funksionele resultaat, ens. Sien die bespreking by skryfmerke in paragraaf

4.3.4.Vel voorbereiding.

Dooie ruimte:

Sorg moet gedra word dat wonde nie geheg word deur dooie ruimte(s) in die weefsels te laat agterbly nie.

Dooie ruimtes kom tot stand waar die wondrande (of verskillende weefselvlakke) nie styf genoeg teen mekaar

vasgetrek is met steke nie. In sulke areas kan (na hegting) bv. hematome (bloedklonte) maklik vorm wat dan

tot wondinfeksie kan lei. Verder verswak dooie ruimtes die fisiese sterkte van die wond en kan dit makliker

skeur en of uitrek, ens. Indien ‘n wond te diep is om in een enkele laag geheg te word moet dit in meer as een

Page 26: Mediese Handleiding

58 Indien slegs onoplosbare hegtingsmateriaal beskikbaar is, kan die weefsels onderkant die vel daarmee geheg

word onder noodtoestande. Die moontlikheid van chroniese (volgehoue) weefselirritasie bestaan egter as

onoplosbare hegtingsmateriaal onderkant die vel agter gelaat word (soortgelyk aan die voorkoms van enige

liggaamsvreemde voorwerp in liggaamsweefsels). Sulke irritasie kan tot bv. infeksie lei maar die moontlikhede

moet alles teenoor mekaar opgeweeg word onder noodtoestande en ‘n besluit geneem word. Dit is ook moontlik

dat fibrotiese (litteken) weefsel die liggaamsvreemde hegtingsmateriaal kan afskerm van die res van die liggaam

met verloop van tyd. Lg. verskynsel word dikwels waargeneem waar bv. skrapnel in subkutane liggaamsweefsels

met verloop van tyd met harde littekenweefsel omring en afgeskerm word.

22

Figuur 4.5.1.1. : Enkele aspekte van belang tydens die plaas van steke

laag geheg word. Ooreenstemmende lae word van diep na vlak geheg. Oplosbare hegtingsmateriaal kan

gebruik word vir weefsels onderkant die vel58 en onoplosbare hegtingsmateriaal bo-op die vel.

Materiaalkeuse:

Histories is kollageen hegtingsmateriaal vanaf die submukosa (area net onderkant die slymvlies) van

skaapderms verkry. Sintetiese materiale soos nylon, poliëster en polipropileen word algemeen gebruik vir vel

en sagteweefselhegting. Selfs katoen en sy is histories vir wondhegting gebruik en kan ‘n moontlikheid wees

as niks anders beskikbaar is nie. Hierdie feite word genoem ten einde improvisering onder

oorlewingstoestande van nut te wees. Daar kan verder onthou word van die uitweg van krammetjies of selfs

bloot net band (tape) as ander opsies faal of onbeskikbaar is.

Materiaalkeuse- dikte of kaliber:

Kies die kleinste dikte wondhegtingsmateriaal wat geskik sal wees. Wondhegtingsmateriaal word normaalweg

deur ‘n nommer geklassifiseer bv. 4/0 of 6/0. Hoe groter die eerste getal is hoe kleiner is die

wondhegtingsmateriaal m.a.w. hoe dunner. Groottes 3/0 en 4/0 word algemeen gebruik vir vel en sagteweefsel

wondhegting terwyl bv. 6/0 vir fyn werk aan bv. die ooglid gebruik kan word.

Page 27: Mediese Handleiding

59 Verbande wat vaskleef aan liggaamsweefsel en wat verwyder moet word om bv. steke te kan verwyder, kan met

louwarm water geweek word om sag te word en kan so makliker atraumaties verwyder word. Indien dit steeds

vaskleef nadat water probeer is kan bietjie (skoon!) olie ook probeer word in die plek van die water alvorens die

verband/wonddekking verwyder word.

23

Naald wat breek of wegraak:

Dit kan gebeur dat die naald breek of wegraak in die wond. Daar moet dan kalm na die brokstukke of die naald

gesoek word (dit kan uiters moeilik wees) en sodanige vreemde materiale moet uit die wond verwyder word

voor die finale wondhegting indien dit enigsins moontlik is. In die eerste plek behoort sodanige gebeurtenis

verhoed te probeer word deur delikate handwerk. Onnodige krag moet nie gebruik word tydens wondhegting

nie.

Netheid:

Daar moet deurgaans so netjies as moontlik gewerk word, bv. knope moet geplaas word aan dieselfde kant van

die wond, die afstand tussen opeenvolgende steke moet dieselfde wees, ens. Sodanige maatreëls vergemaklik

die plaas van die steke sowel as die verwydering daarvan. Wondinspeksie word ook makliker uitgevoer.

Hierdie feit mag op die oog af onnodig klink- totdat steke ‘n aantal kere geplaas en verwyder moet word

waarna die nut hiervan baie duidelik sal blyk.

Plasingstegniek vir gebroke steke:

Normaalweg word ‘n wond geheg deur die eerste gebroke steek te plaas in die middel van die wond. Hierna

word na weerskante toe gewerk terwyl opeenvolgende steke geplaas word om voortdurend die oorblywende

afstande (aan weerskante van die steke alreeds geplaas) te halveer totdat genoegsame steke ingeplaas is.

Plaas die naald teen ‘n regte hoek (90 grade) in die weefsel en beweeg dit deur die weefsel (een van die kante

van die wond) sonder ruk- of trekbewegings om weefseltrauma te beperk. Steke word reghoekig tot die wond

geplaas (m.a.w. nie teen ‘n hoek nie) om weefselspanning te verminder.

Normaalweg word die naald deur een wondrand beweeg en die naaldhouer se klem op die naald dan laat skiet.

Nou word die naald weer met die naaldhouer vasgevat binne-in die wond waarna die naald dan deur die ander

wondrand beweeg word op soortgelyke wyse. Sodoende word sinvolle approksimasie bewerkstellig.

Die lengte waarvolgens die hegtingsmateriaal afgeknip word na plasing van steke se belang is hoofsaaklik om

te keer dat oortollige lengtes in die wond self val asook om maklike verwydering van die steke te

bewerkstellig.

Versorging van steke:

Nadat steke ingeplaas is, moet die area verkieslik skoon en droog gehou word vir ten minste 24 uur maar

verkieslik vir 48 uur sodat ‘n velskans teen verdere skade en indringing kan vorm. Aktiwiteite wat

wondspanning veroorsaak moet vanselfsprekend vermy word want dit kan lei tot wanhegting, bloeding,

losskeur van die wond en groot littekens. Deur die area waar die wond geheg is op te lig tot bokant die vlak

van die hart vir 24 uur maar selfs vir 48 uur na wondhegting, word die kans vir swelling, bloeding, ens.

wesenlik verminder.

‘n Geringe liggeel afskeiding vanuit die wond kan normaal wees en dui gewoonlik slegs op die serum

komponent van bloed wat uitlek (sien die voetnota aangaande bloedplasma in paragraaf 3.3.Geneesmiddels).

Vir steke in die mond kan die mond met ‘n soutwater oplossing uitgespoel word (sien fisiologiese

soutoplossing genoem by sout in paragraaf 4.2.W ondreiniging.)

Indien bloeding vanaf ‘n wond plaasvind binne enkele ure nadat dit geheg is: Plaas direkte drukking daarop

sowel as ‘n steriele absorberende verband. Indien die bloeding stop laat die verband in plek totdat die steke

verwyder word 59 of die wond inspekteer gaan word. Indien die bloeding egter aanhou en deur hierdie verband

sypel en nie só gestop is nie, verwyder die verband en ondersoek die wond om die oorsaak van die bloeding te

bepaal.Dit mag nodig wees om steke te verwyder ten einde die wond behoorlik te kan inspekteer.

Page 28: Mediese Handleiding

60Indien dit lyk asof daar spanning in die wond aanwesig gaan wees tydens wondhegting, is dit soms makliker om

in die hoeke van die wond te begin om steke te plaas terwyl dan nader na die middel toe gewerk word. Soos wat

na die middel toe gewerk word kan die vel ondermyn word.61 Ondermyning behels die losmaak (lossny) van die vel van die onderliggende subkutane weefsel af sodat die vel

bo-oor die subkutane weefsel kan gly. Ondermyning is geensins ‘n gekose tegniek nie maar daar word aanvaar

dat dit onder sekere omstandighede nodig sal wees.62 Die kort kant van die hegtingsmateriaal kan so kort as wat dit moet wees gemaak word vóórdat met die knoop

begin word deur die lang kant van die hegtingsmateriaal deur die wond te trek. Sodoende word hegtingsmateriaal

nie gemors nie want die kort kant se lengte word só gekies dat dit die gepaste lengte sal wees nadat die knoop

geplaas is. Daarom word die kort kant gewoonlik nie geknip nadat die steek voltooi is nie- dit is alreeds vooraf

gekies om die regte lengte te wees en net die lang kant word geknip nadat die steek geknoop is. Die lang kant het

normaalweg steeds die naald aan.

24

Verwydering van steke:

Indien steke verwyder word, trek liggies aan die draadjie wat die knoop weg van die vel af na bo kan oplig.

Knip nou die hegtingsmateriaal net onderkant die knoop af, teenaan die vel. Dit word teenaan die vel geknip

om te verhoed dat hegtingsmateriaal onder in die weefsels ingetrek word van bokant die vel af. Moet ook nie

regdeur die knoop knip of die knoop stukkend knip nie. Knip net die een kant van die hegtingsmateriaal af, nie

weerskante (beide kante) daarvan nie! As dit aan weerskante afgeknip word sal daar ‘n deel van die

hegtingsmateriaal in die wond agter bly wat infeksie, weefsel irritasie, ens. kan veroorsaak. Indien nou harder

getrek word aan die draadjie wat die knoop opgelig het, gly die hele steek in sy totaliteit uit en kan dit

verwyder word.

Indien steke te lank ingelaat word voordat dit verwyder word (sien OORLEEFHANDLEIDING voetnota 103),

word die treinspoor voorkoms verkry. Onder oorleeftoestande kan dit egter gewens wees om die steke langer

as normaalweg in te laat, veral as hegtingsmateriaal skaars is en wond dehisensie (oopgaan van wond a.g.v.

weefsel wanhegting) ‘n moontlikheid is.

Wondspanning60:

Tydens die hegting van ‘n wond (anastomose) moet oormatige spanning aan die wondrande vermy word. Daar

sal gesukkel word om wondrande behoorlik te approksimeer indien te veel wondspanning aanwesig is. Een

moontlike oplossing is om die wondrande te ondermyn61. Daar moet gepoog word om nooit normale weefsel te

verwyder nie. Deur op die korrekte wondspanning te let word verdere weefsel skeure, vertraagde wondhegting,

ens. verminder. Nadat steke geplaas is sal oormatige wondspanning gesien kan word as areas van verminderde

(belemmerde) bloedvloei waar die vel bleek of wit is. Dit kan ook gesien word aan die vorming van oormatige

plooie in die vel in die algemene omgewing waar die wond geheg is. Die wondspanning by sulke steke is te

hoog en dit kan lei tot weefsel isgemie (tekort aan weefsel bloedvloei) en onder uiterste omstandighede tot

weefselnekrose (afsterwe van weefsel).

4.5.2.Chirurgiese knoop met naaldhouer

Figuur 4.5.2.1. toon die chirurgiese knoop van onderbroke (afsonderlike) steke m.b.v. ‘n naaldhouer, klem

(forcep) of ander soortgelyke instrument aan. Die stappe is as volg:

1. Plaas die naaldhouer aan die kort kant62 van die hegtingsmateriaal. D ie kort kant is aan die

teenoorgestelde kant van die wond as die operateur.

2. Maak ‘n lus rondom die naaldhouer met die lang kant van die hegtingsmateriaal. Die naaldhouer word

bokant die lang kant van die hegtingsmateriaal gehou as met die lus begin word. Bestudeer die

figuur om seker te maak wat bedoel word.

3. Gryp nou die kort kant van die hegtingsmateriaal styf vas in die naaldhouer se kake. Gryp die kort

kant so naby as moontik aan die punt daarvan dan trek dit makliker deur die lus.

4. Trek die kort kant deur die lus. Die kort kant word na die operateur toe getrek. Trek styf en die eerste

helfte van die knoop is voltooi.

Page 29: Mediese Handleiding

63 Die belangrike beginsels om te verstaan is dat (1) die instrument soos die naaldhouer om die beurt bokant dan

onderkant die hegtingsmateriaal geplaas word as met die lus begin word; asook (2) dat die hegtingsmateriaal om

die beurt na en dan weg van die operateur vasgetrek word.

25

Figuur 4.5.2.1. : Chirurgiese knoop m.b.v. naaldhouer, klem of ander instrument

5. Maak weer ‘n lus rondom die naaldhouer met die lang kant van die hegtingsmateriaal. Hierdie keer

word die naaldhouer onderkant die lang kant van die hegtingsmateriaal gehou as m et die lus begin

word.

6. Gryp die kort kant van die hegtingsmateriaal styf vas in die kake van die naaldhouer.

7. Trek die kort kant deur die lus. Hierdie keer word die kort kant weg van die operateur af getrek.

8. Die eerste knoop is voltooi. Die hele proses (stappe 1 tot 7 hierbo) word nou weer herhaal.

9. Die tweede knoop is nou voltooi en die finale voorkoms word aangetoon63. Die lang kant van die

hegtingsmateriaal kan nou teen ‘n gepaste lengte afgeknip word.

Page 30: Mediese Handleiding

26

Figuur 4.5.3.1. : Chirurgiese knooptegniek met die hande

Hierna kan met die plasing van die volgende onderbroke steek begin word en opeenvolgende steke word

geplaas soos bespreek in paragraaf 4.5.1.Algemene beginsels aangaande die plaas van steke.

4.5.3.Chirurgiese knooptegniek met die hande

Die hande kan ook gebruik word om hegtingsmateriaal te knoop nadat ‘n steek geplaas is, soos getoon in

Figuur 4.5.3.1. Dit kan vinniger wees as om ‘n knoop te maak met ‘n naaldhouer. Soms, bv. in ‘n

liggaamsholte soos die buik, is dit veiliger om minder instrumente te gebruik en net die hande te hê daar waar

intens gewerk word.

Die chirurgiese knoop met die hande is ‘n stewige knoop wat nie losgaan nie, en as die kuns eers bemeester is

om dit gladweg uit te voer, het dit vele toepassings buite die Chirurgie. Bv., die knoopmetode kan in

stikdonker nagte gebruik word om sekuur knope te maak met ‘n tou indien dit benodig sou word.

Kortliks is die stappe vir die chirurgiese knoop uitgevoer met die hande as volg:

Page 31: Mediese Handleiding

64 Die assosiasie met die drink van ‘n koppie tee word hier genoem sodat die leser die beginpunt (eerste stap) van

die chirurgiese knoopmetode met die hande hopelik makliker sal herroep en onthou wanneer dit benodig word.65 Soortgelyk aan bv. fietsry word die suksesvolle afhandeling van die motoriese progressie van hierdie bewegings

gestoor in die serebellum en word dit later ‘n vaardigheid wat bykans nooit verlore gaan nie.

27

1. Die kort kant van die hegtingsmateriaal is naaste aan die operateur en word tussen die duim en

wysvinger vasgevat en dan rondom die laaste drie vingers van die linkerhand gekrul (amper

soortgelyk aan die manier waarop mens ‘n koppie tee sal optel om dit te drink64.)

2. Met die regterhand word die lang kant van die hegtingsmateriaal soortgelyk geplaas langs die kort

kant van die hegtingsmateriaal oor die laaste drie vingers van die linkerhand.

3. Die middelvinger van die linkerhand hak die kort kant van die hegtingsmateriaal bo-oor die lang kant

van die hegtingsmateriaal.

4. Die punt van die kort kant van die hegtingsmateriaal word m.b.v. die middelvinger van die linkerhand

deur die lus getrek wat gevorm is met die lang kant van die hegtingsmateriaal. Hierna word beide ente

styf getrek om die produk in stap 4 te verkry. Die eerste helfte van die knoop is voltooi en die kort

kant van die hegtingsmateriaal wys nou weg van die operateur af.

5. Die kort kant van die hegtingsmateriaal word in die linkerhand tussen die wysvinger en duim geneem

in die rigting van die operateur. Die lang kant van die hegtingsmateriaal word op soortgelyke wyse

met die regterhand se duim en wysvinger vasgehou.

6. Nou word die kort kant van die hegtingsmateriaal weer bo-oor die lang kant daarvan gehaak, hierdie

keer deur gebruik te maak van die wysvinger van die linkerhand.

7. Die punt van die kort kant van hegtingsmateriaal word nou onderom die lang kant gevou waarna dit

deur die gevormde lus getrek word soos aangetoon (deur veral gebruik te maak van die wysvinger van

die linkerhand.)

8. Hierdie stap toon die posisie van die hegtingsmateriaal net voordat die kort en lang kante daarvan

stewig vasgetrek word. (Die lang kant word na die operateur toe getrek en die kort kant weg van die

operateur af.)

9. Hier is die voltooide eerste knoop sigbaar, met die kort kant van die hegtingsmateriaal wat weg van

die operateur af wys.

10. Stappe 1 tot 9 hierbo word nou almal weer herhaal om ‘n tweede knoop daar te stel. Indien verkies,

kan hierdie proses (stappe 1 tot 9) weer en weer herhaal word om drie of selfs vier knope daar te stel

alvorens die hegtingsmateriaal (beide ente) op ‘n gekose lengte afgeknip word.

Nadat bg. knoopmetode met die hande deeglik ingeoefen is, is die serebellêre programmering65 sodanig dat die

knoopmetode baie maklik herroep kan word indien benodig.

4.5.4.Die afeindig van ‘n kontinue (ononderbroke) steek

Soms is dit nodig dat ‘n kontinue steek geplaas moet word (bv. as daar vinniger gewerk moet word of as

hegtingsmateriaal uiters skaars is). Die tegniek om hierdie steek af te knoop word in Figuur 4.5.4.1. aangetoon

en die stappe om te volg word hieronder beskryf:

1. Die kontinue steek is besig om geplaas te word. Daar kan gesien word dat, binne-in die wond, die

hegtingsmateriaal reghoekig tot die wond geplaas word.

2. ‘n Lus word gevorm met die linkerhand se duim en wysvinger, aan die teenoorgestelde kant van die

wond as die operateur. Hierdie lus moet verkieslik so klein as wat prakties moontlik is wees en kan

verklein word deur te trek met die regterhand aan die vry ent van die hegtingsmateriaal.

3. Met die regterhand word die vry ent van die hegtingsmateriaal aan die kant van die operateur teenaan

die gevormde lus geplaas. Nou word hierdie vry ent van die hegtingsmateriaal regdeur die lus

styfgetrek (in die rigting weg van die operateur af); terwyl verseker word ‘n nuwe lus gevorm word

deurdat die oorspronklike vry ent van die hegtingsmateriaal (wat deur die lus getrek word), die nuwe

lus vorm. Sodoende word die figuur van stap 4 verkry.

4. Die duim en wysvinger van die linkerhand word weereens binne die lus geplaas terwyl die vry ent van

die hegtingsmateriaal hierna weer met die regterhand nader gebring word (soos getoon in stap 3).

Page 32: Mediese Handleiding

28

Figuur 4.5.4.1. : Afeindig van ‘n kontinue (ononderbroke) steek

5. Weereens word die vry ent van die hegtingsmateriaal deur die lus getrek (met die linkerhand in die

rigting weg van die operateur af) om ‘n nuwe lus te vorm soos beskryf in stap 3 hierbo. Tydens die

deurtrek van die vry ent van die hegtingsmateriaal deur die lus mag dit nodig wees om effens heen

en weer te trek aan die lus en die vry ent van die hegtingsmateriaal ten einde die knoop styf te kan

kry.

6. Hierdie proses van vorming van ‘n lus met die daaropvolgende deurtrek van die vry ent (soos beskryf

in stappe 3 tot 5 hierbo) word nou sewe keer herhaal. (Dit is omdat die hegtingsmateriaal basies op dit

self vasgeknoop word en daarom betreklik maklik losgemaak kan word- iets wat duidelik waargeneem

kan word as geoefen word om die knoop te maak en aan die einde van die sewende knoop aan die vry

ent getrek word.) Die finale en krities belangrike stap word in figuur ses aangetoon. Die vry ent van

die hegtingsmateriaal word van agter af deur die laaste lus gesteek in die rigting van die operateur.

Hierna word die vry ent van die hegtingsmateriaal styf getrek.

7. Die finale voorkoms van die knoop kan hier gesien word. Die vry ent van die hegtingsmateriaal word

afgeknip op ‘n gekose lengte.

Die kontinue steek hierbo beskryf is bo-oor die vel en onderdeur die wond aangetoon (sien bv. die figuur ter

illustrasie van stap een). Indien ‘n meer gevorderde kontinue steek geplaas wil word, kan die steek geplaas

word onderdeur die wond maar die oppervlakkige dele kan subkutaan geplaas word in plaas van bo-oor die

vel. Sodoende is die enigste letsel(s) wat sal oorbly die wondrande self en twee draadjies hegtingsmateriaal

aan die ente van die wond wat daar na buite sal wys. Indien goeie wondrand approksimasie en subkutane steek

plasing uitgevoer is, is die letsel dikwels skaars waarneembaar nadat die wond genees het. Hierdie metode

verteenwoordig een tegniek om steke te verbloem en letsels te verminder (vir bv. kosmetiese doeleindes).

Indien die plasing en knoop van steke effektief geoefen wil word kan diere karkas reste vanaf bv. ‘n slagter

verkry word (vir meer lewensgetroue oefening vir die plasing van steke). Die leser se plaaslike huisdokter of

veearts kan moontlik gratis vervalde hegtingsmateriaal verskaf. Dit is goed om, vóórdat die nood druk,

vertroud te wees met hegtingsmateriaal, die werking en gebruik daarvan, ens.

Nadat bg. eenvoudige knooptegnieke en die plasing van steke bemeester is, kan die chirurgiese

armamentarium uitgebrei word met meer gevorderde tegnieke soos matrassteke, die knoop van

Page 33: Mediese Handleiding

66 Dit is nuttig om tydens hierdie beplanningsfase voor ‘n prosedure te dink aan die slegste moontlike uitkomste

(worst case scenario’s) en dan daarvoor voorsiening te maak.67 Een van die beste boeke bekend oor hierdie onderwerp is Murtagh, John, Practice Tips, McGraw Hill, 2007.

Die teikenmark van hierdie boek is mediese dokters (Algemene Praktisyns oftwel GP’s), maar die inligting daarin

is besonder prakties aangebied en kan meer werd wees as goud onder oorlewingstoestande. Die outeur beveel

hierdie boek ten sterkste aan.

29

hegtingsmateriaal in dieperliggende posisies (m.a.w. diep in bv. die buikholte of in kleiner beperkte areas soos

die mond of vagina, ens.)

5.KLEINER CHIRURGIESE PROSEDURES

Afhangend van die mate van voorsorg wat getref is, kan kleiner chirurgiese prosedures (selfs elektief)

uitgevoer word onder oorlewingstoestande. Sodanige prosedures kan egter ook noodgedwonge en noodsaaklik

wees a.g.v. lewensreddende vereistes soos dreinering van absesse, verligting van spanningspneumotorakse

tydens bv. ribfrakture, debridement, ens.

Beplanning:

Dit is belangrik om, vóórdat met enige prosedure begin word, die prosedure stap vir stap in die gedagtes deur

te gaan- selfs herhaaldelik indien nodig. Dit word gedoen sodat doodseker gemaak kan word dat alles wat

nodig gaan wees beskikbaar is en alreeds gereed regstaan. ‘n Valse gevoel van sekuriteit moet nooit

toegelaat word om te ontwikkel nie. Dink net bv. aan die persoonlike verwyt waaraan iemand blootgestel sal

wees as ‘n prosedure aangepak is waarvan die uitkoms ‘n sterfte was a.g.v. foutiewe beplanning en dat ‘n

eenvoudige artikel soos ‘n inspuiting (waaraan nie vooraf gedink is nie) onbeskikbaar was op die oomblik wat

dit krities lewensnoodsaaklik was. Tydens hierdie beplanningsfase moet ook aan algemene moontlike

komplikasies aandag geskenk word sodat toerusting en/of individue aanwesig is wat sulke komplikasies

effektief kan hanteer66. A.g.v. onvoorsiene omstandighede word mediese dokters normaalweg bygestaan deur

‘n assistent (of assistente) soos ‘n verpleegster (vir alle prosedures behalwe die mees eenvoudige van

prosedures); wat gereed staan om hulp te verleen soos wat die ontvouende omstandighede bepaal. Hierdie

aspek kan krities wees onder oorlewingstoestande waar hulp nog moeiliker verkrygbaar kan wees. As ‘n

absolute minimum vereiste moet géén prosedure aangepak word as daar nie ten minste een persoon binne

hoorafstand is wat hulp sal kan verleen indien om hulp geroep word nie.

Ervaring:

Daar is bykans geen plaasvervanger vir praktiese ervaring en ondervinding t.o.v. die uitvoer van chirurgiese

prosedures nie. Indien hierdie onderwerp met erns bejeën word deur die leser móét gepoog word om die

kennis te maksimeer67 en daarna praktiese ondervinding opgedoen word.

Insnydings:

Normaalweg is die lengte van mensgemaakte elektiewe chirurgiese insnydings (snitte) om bv. ongewenste

moesies uit te sny ten minste drie keer (en soms vier keer) die breedte van die wond. Hierdie duimreël is nodig

ten einde wondspanning uit te skakel.

Masker:

Gesigs (teater) maskers is nuttig vir operasies en chirurgiese prosedures wat asepties uitgevoer wil word.

Sodanige maskers beskerm teen druppelbesmetting (bv. hoes) asook mikroörganisme verspreiding d.m.v.

asemhaling. Sg. beskerm die operateur se haarkappie die pasiënt teen items soos hare, stof en ander vuilighede

wat andersins in die wonde kan val.

6.DIE MEDIESE TAS

In paragraaf 3.3.2.Noodhulpkissie vir dagsakkie van die OORLEEFHANDLEIDING word ‘n voorbeeld van

‘n noodhulpkissie vir ‘n dagsakkie genoem. Sodanige noodhulpkissie bevat noodsaaklike items wat nuttig sal

wees onder oorlewingstoestande en kan as aanvanklike vertrekpunt dien vanwaar ‘n persoonlike mediese tas

Page 34: Mediese Handleiding

68 Vergroot die mediese tas deur groter hoeveelhede aan te hou van dié items wat alreeds daarin aangetref word.69 Brei die mediese tas uit deur die verskeidenheid en keuses te vermeerder van die beskikbare geneesmiddels,

materiale en apparatuur. Sodoende sal bv. geskikte alternatiewe beskikbaar wees indien ‘n pasiënt vir een tipe

antibiotika allergies is. Hieronder sorteer ook die beskikbaarheid van geneesmiddels vir kinders (en babas), wat

dikwels as ‘n stroop formulering verkry en gestoor moet word.70 Al is ‘n dermatoskoop se hooffunksie hulp met bv. diagnose van gepigmenteerde velletsels soos melanoom, kan

dit onder oorlewingstoestande geweldig nuttig wees om bv. dorings uit te haal of besondere fyn (chirurgiese) werk

te doen bo-op die vel.71 Daarmee kan hipoglukemie (lae bloedglukose wat een van die algemeenste oorsake van ‘n koma is) sowel as

hiperglukemie (hoë bloedglukose tydens bv. diabetes mellitus oftewel suikersiekte) maklik gediagnoseer word.

Indien diabetes mellitus onder oorlewingstoestande gediagnoseer of selfs net bloot vermoed word kan toepaslike

dieet maatreëls (o.a. beheer van kossoorte wat die bloedglukose sal verhoog, strewe na die ideale BMI

(liggaamsmassa indeks) en toepaslike fisieke oefening) onmiddellik vir sodanige pasiënt ingestel word.72 Hoogs nuttig waar enige werk gedoen moet word waar goeie beligting noodsaaklik is (en wat daarom bykans

alle mediese werk insluit).

30

Figuur 6.1. : Battery aangedrewe oftalmoskoop en otoskoop

uitgebou kan word. Die geneesmiddels, materiale en apparatuur deurgaans genoem in die OORLEEF- en

MEDIESE HANDLEIDINGS kan as idees diens doen om die oorlewings mediese tas uit te brei. Die kernlys

van paragraaf 3.3.2. hierbo genoem kan stelselmatig vergroot68 en uitgebrei69 word deur veral op die volgende

te let:

Ondervindingsvlak:

Die vaardigheidsvlak (vir praktiese prosedures soos die plaas van IV lyne, gee van inspuitings, chirurgiese

prosedures, ens.) en ondervinding van die operateur sal bepaal watter items beskikbaar sal wil wees. Dit moet

in gedagte gehou word dat die persoonlike pad mag kruis met bv. ‘n mediese dokter en dan mag items wat

voorheen nie nuttig geag was nie skielik nuttig en toepaslik raak. Derhalwe moet, soos in alles, die beste

moontlike voorbereiding getref word.

Persoonlike voorkeure:

Bykomende items kan bygevoeg word afhangende van persoonlike mediese behoeftes soos chroniese

medikasie benodig, die tipe oorlewingstoestande (en derhalwe die tipe beserings verwag, ens.) wat beleef gaan

word (vir beplande oorlewing), ens.

Apparatuur (Sien Figure 6.1. en 6.2.):

Enkele eerste linie idees vir die uitbreiding van die apparatuur sluit in:

-Dermatoskoop70

-Glukometer (vir bepaling van bloedglukose71) met toetsstrokies.

-Koplamp72 (die gewone kampeertipe wat met herlaaibare batterye werk).

Page 35: Mediese Handleiding

73 ‘n Mikroskoop (ligmikroskoop m.a.w. geen batterye is nodig nie) met enkele basiese beskikbare materiale kan

heelwat toestande soos vaginale infeksies soos trichomonas, fungus infeksies, ens. op die plek diagnoseer. Onder

oorlewingstoestande kan sodanige diagnoses maklik en betroubaar uitgevoer word.74 Die ruimtekamer is ‘n baie eenvoudige plastiek item (selfs ‘n weggooibare plastiek koeldrankbottel kan maklik

aangepas word vir hierd ie doel en planne daarvoor kan bv. voor die tyd op die internet gevind word) wat die

beskikbaarheid van die inhalant in die longe en daarom die effektiwiteit daarvan aansienlik verhoog. Dit kan

lewensbelangrik onder oorlewingstoestande wees om méér van die geneesmiddel in die longe te kry tydens bv.

‘n akute asm a aanval.

31

Figuur 6.2. : Wyehoek otoskoop, dermatoskoop en pan optiese oftalmoskoop

-Mikroskoop73 met al die nodige toebehore.

-Oftalmoskoop (vir oog ondersoek) en otoskoop (vir oor ondersoek) kombinasie.

-Piekvloeimeter (vir bepaling en monitor van longfunksie met siektetoestande soos emfiseem en asma).

-Ruimtekamer74 (space chamber/spacer) vir inhalasie toediening bv. salbutamol asmapompie.

Page 36: Mediese Handleiding

75 So ‘n sleutelgat apparaat kan uiters maklik geprakseer word deur bloot ‘n baie klein (so klein as moontlik maar

beslis so netjies as moontlik) gaatjie van minder as 1 mm deursnit deur bv. ‘n stukkie karton te druk. Sodanige

sleutelgat funksioneer dan as ‘n universele lens vir die oog. Indien oog refraksie (ligbreking) probleme nie

besonders erg is nie en deur die klein gaatjie gekyk word sal hierdie sogenaamde universele lens die oogrefraksie

probleem korrigeer. Hiermee word bedoel dat, indien die sig (visie) verbeter word deur die loer deur sodanige

gaatjie, ‘n bril of stel lense hoogs waarskynlik die visie sal kan verbeter. Indien deur die klein gaatjie geloer word

en die visie nie verbeter word nie, beteken dit dat ‘n bril of stel lense waarskynlik nie die visie sal kan verbeter

nie. Laasgenoemde geval dui daarom gewoonlik op ernstiger oogprobleme (as die verlies aan sig akuut is) wat

gewoonlik na ‘n Oftalmoloog (Oogspesialis) verwys word indien dit voorkom.76 Chirurgiese antimikrobiese handewasseep (Hibiscrub) word weer genoem omdat dit besonder nuttig kan wees

om infeksie te beperk veral onder beplande oorlewing bv. vir handewas nadat ‘n siek pasiënt ondersoek is of vir

opskrop voor enige wondversorging aangepak word. ‘n Alternatief vir toepassings waar die infeksie gevaar minder

ernstig is kan alkohol gebaseerde antimikrobiese handreinigers wees (wat terselfdertyd ook ‘n vel

bevogtigingsroom bevat soos M icroshield).77 Gewoonlik is die nitraat toets positief en bevestigend tydens urienweginfeksies (dit kan egter negatief wees

onder spesifieke toestande). Selfs net die aanwesigheid van witbloedselle (wat infeksie beveg en daarom aanwesig

is) en/of rooibloedselle (indien die mukosa (slymvlies) van die urienwegstelsel beskadig is) kan dui op ‘n

urienweginfeksie. Al bg. kan egter ook negatief wees en die pasiënt kan steeds ‘n urienweginfeksie hê (omdat bv.

die uriene doopstokkie nie 100% sensitief is nie.) Al bg. faktore is afhanklik van die spesifieke organisme

betrokke, uriene monsternemingsproses, ens. Die leser word aangeraai om ‘n studie van urienweginfeksies te maak

indien uriene doopstokkies aangehou gaan word omdat daar vele slaggate is (bv. rooibloedselle kan positief wees

indien daar nierstene aanwesig is en die uroteel beskadig is.) Dit is van kardinale belang om die simptome en

tekens van die pasiënt altyd in berekening te bring tydens die interpretasie van enige laboratorium of spesiale

toets. Per slot van sake word die laboratorium en/of spesiale toets gedoen a.g.v. die pasiënt se simptome en/of

kliniese tekens. Hierdie feit kan nie genoeg beklem toon word nie. Daarom word pasiënte soms klinies wel

behandel in die afwesigheid van ondersteunende positiewe laboratoriumtoets uitslae.78 Sodanige watergebaseerde room kan bv. gebruik word tydens dermatitis (ekseem is ‘n tipe dermatitis) as seep

plaasvervanger en bevogtiger en kan die dermatitis só verbeter.79 Bv. ‘n soortgelyke middel vir prednisoon in volwassenes is prednisoloon stroop (Redi Pred) in kinders.

Vanselfsprekend verskil die dosisse. Daar moet onthou word dat stroop gebaseerde geneesmiddels gouer verval.

Sien voetnota 10 in hierdie handleiding.80 Indien morfien deel van die mediese tas uitmaak moet naloksoon vanselfsprekend beskikbaar wees om

oordossering met morfien te behandel.

32

-Sleutelgat75 (pinhole) vir oogtoetsing.

Materiale:

Brei die beskikbare materiale aanvanklik uit met:

-Handewasseep76

-Jellie (KY Jelly) as algemene smeermiddel het verskeie nuttige gebruike.

-Spekulums (weggooibaar met draagbare battery aangedrewe lig) vir vaginale ondersoeke.

-Swangerskapstoetse (urien gebaseerd).

-Uriene doopstokkies vir bv. urienweg infeksie bepaling77.

-Urienweg kateterisasie toerusting.

-Watergebaseerde room (Aqueous cream)78

Geneesmiddels:

Die lys van geneesmiddels kan uitgebrei word bo en behalwe dié alreeds genoem. Verdere idees is:

-Die reeds beskikbare geneesmiddels kan vir gebruik op kinders aangepas word (dikwels deur die stroop

ekwivalente middel aan te skaf)79.

-Enemas of rektale gliserien kapsules kan nuttig wees in die behandeling van hardlywigheid.

-Hiossien of ‘n ander gladdespierverslapper.

-Morfien80 of orale alternatiewe soos tramadol of oksikodoon vir pynverligting. Sien die voetnota by korrekte

toedieningswyse in paragraaf 3.3.Geneesmiddels hierbo vir vergelykbare opiaat dosisse.

Page 37: Mediese Handleiding

81 Hierdie oranje oogdruppels of reagens stokkies (die stokkies het waarskynlik ‘n langer raklewe en word liggies

gedruk in die onderste ooglid nadat die ooglid effens na onder weggetrek is) word in die oog geplaas o.a. om

kornea defekte (bv. stukkend skraap van die oppervlak oogepiteel deur ‘n vreemde voorwerp) te bepaal. Een

druppel word in die oog geplaas en die oog ‘n paar keer geknip. Die oog oppervlak vertoon flouresserend groen

onder kobalt blou lig (van die oftalmoskoop) waar die oogepiteel beskadig is en die oranje fluorosceïen opneem.)

Onder oorleeftoestande kan gepaste antibiotika soos chlooramfenikol druppels of -oogsalf dan sonder verwyl

gebruik word.82 Chlooramfenikol vorm (behalwe as daar kontra indikasies is soos in baie jong babas) normaalweg die eerste linie

topikale oogdruppel antibiotika vir die meeste bakteriële oogtoestande soos konjunktivitis en die antibiotika kursus

van 1 tot 2 druppels elke ses uur duur gewoonlik sowat vyf dae. Oogdruppels word geïnstalleer deur die onderste

ooglid effens weg te trek en die druppel(s) dan liggies op die ooglid te drup, aan die laterale (buite) kant van die

ooglid. Sorg word gedra dat die drupper nie aan die ooglid raak nie om besmetting te voorkom. Die rede waarom

die druppels aan die laterale (buite) kant toegedien word is omdat die oog se trane dreineer aan die nasale (neus

oftewel binne oftewel mediale) kant van die onderste ooglid. (Die oog se trane word afgeskei by die boonste ooglid

aan die laterale (buite) kant. Daarom word die oog onder normale toestande só goed klam gehou deur trane omdat

die trane aan die teenoorgestelde kant by die onderste ooglid dreineer.)83 Voorbeelde waar die liggaam die siel kan beïnvloed sluit in:

(1) Endorfiene wat vrygestel word tydens fisieke oefening of die eet van sjokolade en die gemoedstoestand só

verbeter.

(2) Dwelm- of geneesmiddels wat hallusinasies en ander psigiese verskynsels ontlok.

(3) Verlaging in gemoedstoestand nadat verkeerde fisieke dade (sonde) met die liggaam begaan is.84 Enkele voorbeelde waar die siel die liggaamswerking kan beïnvloed sluit in:

(1) Indien familie/vriende na ‘n afwesigheid weer besoek word en die polsslag versnel en bloeddruk verhoog van

blydskap (met of sonder trane).

(2) Wanneer die sondige natuur dit toegelaat word en sondige gedagtes tot fisieke dade oorgaan.

33

-Oogdruppel (bv. ametokaïen vir tydelike oog pynverdowing, fluorosceïen81 en chlooramfenikol82) keuses kan

uitgebrei word.

-Zopikloon of soortgelyke middel as tydelike hulp in die behandeling van slaapstoornisse.

-Narkosemiddels indien ‘n teater bedryf gaan word onder die oorlewingstoestande.

Dit is natuurlik moontlik om die mediese tas al groter en al wyer uit te brei totdat dit later ‘n kliniek is...

7.GEESTELIKE WEERBAARHEID

7.1.Liggaam en siel

Die liggaam en siel is onlosmaaklik verbind aan mekaar in hierdie lewe en hierdie verbintenis kom eers tot ‘n

einde wanneer die mens sterf. Hierdie noue wisselwerking tussen liggaam en siel word o.a. goed geïllustreer in

die depressie wat sommige kankerlyers ervaar; waar die een (liggaam) die ander (siel) drasties kan beïnvloed.

Die fisieke liggaam kan daarom sielsgeluk beïnvloed83 en die belewenisse/ervarings van die siel kan ook die

fisieke liggaam beïnvloed84. Die belangrikste verskil is natuurlik dat die liggaam verganklik is terwyl die siel

vir ewig sal bestaan.

Hieruit is dit duidelik dat sielsgeluk nadelig beïnvloed kan word deur oorlewingstoestande, honger, dors,

uitputting, ens. en vervolgens sal voortdurend gewaak móét word teen hierdie verskynsel. Hierdie

voortdurende waaksaamheid is analoog aan die Christen se voortdurende waaksaamheid en stryd teen alles wat

sleg is. Alvorens ‘n verlaging in gemoedstoestand aangespreek kan word, móét dit egter eerstens herken en

tweedens erken word. Met herken word bedoel die spesifieke bewustheid dat die gemoedstoestand besig is om

te verlaag- dit mag aan die individu self duidelik wees of moontlik net aan troue en noue vriende/familie wat

daagliks met die individu omgaan. Met erken word bedoel dat hierdie verandering in gemoedstoestand

duidelik en beslis aangespreek gaan word. Hierna bestaan daar dus ‘n doelgerigte (verbetering van gemoed) en

doelbewuste aanspreek van negatiewe invloede waaraan die individu onderwerp word.

Page 38: Mediese Handleiding

85 As voorbeeld kan die humanistiese konsep van selfbeeld beskou word; waar die individu “trots” is op homself

en homself uitbou en verbeter om algaande al beter oor homself te voel om sodoende te poog om nog meer te

bereik. Die meer korrekte Bybelse beskouiing sal voortvloei vanuit voortdurende dankbaarheid teenoor sy

Verlosser Jesus Christus, wat die mens wat die hel verdien, uit louter genade en sonder dat die mens dit verdien

het, gered het. Algaande sal die geredde mens sy afhanklikheid van Jesus Christus daagliks meer en meer besef,

homself al minder ag en meer en meer vanuit die krag van God Drie-enig leef. Hiermee word geensins bedoel dat

die gelowige ‘n swakkeling is of behoort te wees nie; inteendeel, die heilige kragdadigheid (holy boldness)

waardeur bv. Petrus en Paulus in hulle latere lewe gespreek het, is duidelik opgeteken in die W oord van God (sien

as voorbeeld Handelinge 3:6 tot 13.) Die eer kom egter nie die mens toe nie maar alle eer gaan aan sy Verlosser

Jesus Christus. Alles wat goed is is vanuit genade, onverdiend.86 Ondersteuningstelsels kan spiritueel, finansieel, kultureel (as lid van ‘n volk soos die Boerevolk), sosiaal,

staatkundig, fisies, ens. wees. Dit omvat al die sfere waarin die mens beweeg en waaruit die mens ondersteuning

kan put ten tyde van ‘n krisis.87 Josef het wel die droom van die knielende koringare (van sy broers) en van die son, maan en elf sterre wat voor

hom kom kniel het gehad voordat hy verkoop is. Sien Génesis 37:5 tot 11.88 ‘n Kollega van die outeur het eenmaal opgemerk dat alle mense, a.g.v. ons (erf)sonde, alle siektes en alle kwale

verdien. Dit is slegs deur God Drie-Enig se ryke Genade dat al hierdie elllende ons nie (gelyktydig) tref nie en dat

ons verreweg die meerderheid daarvan gespaar bly deur die loop van ons lewens.

34

7.2.Belangrikste aspekte

7.2.1.Vertroue op Jesus Christus

Die belangrikste aspek van geestelike weerbaarheid is om die self (die “eie ek”) so min as moontlik te maak

en om die algehele vertroue en hoop op Jesus Christus as Persoonlike Saligmaker en Verlosser te plaas. Dit

is alleenlik en uitsluitlik deur God Drie-enig se krag; die God van die Bybel en van Abraham, Isak en Jakob,

dat enige moeilikheid en/of probleem oorwin sal kan word. Die mens op sy eie is geensins hiertoe in staat nie.

Hierdie vaste hoop en absolute vertroue moet as nimmereindigende geloofsversterking in ‘n voortdurende

verbeterende daaglikse persoonlike verhouding m et Jesus Christus uitgebou en versterk word85.

7.2.2.Bybelteksverse en gedeeltes

Bybelteksverse en gedeeltes moet voortdurend gememoriseer en die geheue uitgebou word deur toepaslike

Bybelstudie, vir die goeie maar ook vir die moeilike tye. Dink bv. aan die huis wat op die rots gebou is, Jesus

self se lyding, Josef se verhaal, Romeine 8 se oorwinningslied (vers 31 en verder), ens. Hierdie gedeeltes moet

dan prakties van toepassing gemaak word op die individu.

As voorbeeld, dink oor Josef. Hou sal u voel as u verkoop word (as jongeling) deur u eie bloedfamilie, as ‘n

slaaf, aan ‘n totale vreemdeling. Met geen sosiale ondersteuningsnetwerk nie word u geplaas in ‘n vreemde

land, vreemde taal en vreemde kultuur. Heel moontlik as die enigste gelowige. Met geen Bybel of enige

ondersteunende struktuur86 nie (d.w.s. o.a. geen kontak met enige vriende of familie nie), volhard u dan in die

geloof met die geestelike kennis wat u nog kan onthou vanaf u jong dae. M et verloop van tyd word u valslik

beskuldig en gaan tronk toe, vir jare- sonder hoop om ooit weer uit te kan kom. Nogtans word geen verwyt of

verdriet of ongeluk by u gevind nie en u volhard in die tronk om die goeie na te streef en te doen, nou selfs

nog meer geïsoleerd as voorheen. Selfs nadat Josef die skinker se droom uitgelê het, het twee volle jare

verloop voordat die Farao hom uit die gevangenes laat roep het. Verder moet onthou word dat Josef

(waarskynlik87) nie die uiteinde van die verhaal vooraf geken het nie.

Deur verhale soos hierdie op ons eie lewens van toepassing te maak sal God se ryke genade en seën in ons eie

lewens duideliker gesien en ervaar kan word88 en sal persoonlike geloof versterk word.

Page 39: Mediese Handleiding

89 Sien bv. Efésiërs 6:18, Kolossense 4:2, ens. Let op dat die waaksaamheid onder gebedsvolharding nie ‘n voorstel

of bloot ‘n goeie idee is nie; dit is ‘n opdrag.90 Die engelse King James Bybelvertaling van die 16de eeu is sover die outeur se kennis strek die enigste

Bybelvertaling waarop daar geen kopiereg is nie...91 Hierdie boek bevat hartverskeurende verhale oor die Anglo-Boereoorlog se konsentrasiekamplewe. Deur verhale

soos hierdie te bestudeer word geestelike lesse geleer wat van onskatbare waarde is vir die alledaagse lewe sowel

as die moeilike tye gedurende ‘n individu se leeftyd. Dit versterk ook die identiteit van die individu wat aan die

Boere as volk behoort deurdat dit sy kultuurhistoriese erfenis aantoon en uitbou. Die formaat van die boek is soms

effens moeilik om gladweg te lees omdat dit basies die gepubliseerde dagboek gehou deur Ds. Becker is.92 Boeiende leesstof oor die lewens van dapper Boerevrouens in oorlogstyd.93 Genl. C. R. de Wet se ervarings en boekstawing van die Anglo-Boereoorlog word o.a. as militêre handleiding

in Guerilla Oorlogvoering voorgeskryf in sommige lande se weermagte. Hierdie is die Engelse weergawe, wat

Genl. De Wet vertaal het vanuit die Afrikaanse weergawe wat hy oorspronklik geskryf het.94 e-Sword is ‘n elektroniese (rekenaar) sagtewareprogram wat gratis deur Rick Meyers beskikbaar gestel word

op die internet. Dit funksioneer as ‘n uiters gebruikersvriendelike dop waarin enige aantal gekose Bybelvertalings

(bv. King James, Afrikaanse 1933 vertaling, Nederlandse StateBybel van 16de eeu, Latynse Vulgaat, ens.) vanaf

die e-Sword webblad afgelaai en daarna geïnstalleer kan word. Bybelteks soektogte, vergelykende studies tussen

vertalings, ens. word met die druk van ‘n sleutel seepglad uitgevoer. Bybelkommentare (Keil & Delitzsch, Wesley,

John Gill, ens.) sowel as konkordansies (Strong se Hebreeus en Grieks, King James, ens.) en

studienotas/onderwerpe (verskeie van Andrew Murray, Richard Wurmbrand se Tortured for Christ, Martin Luther

en Johannes Calvyn se geskrifte, ens.) asook heelwat ander inligting is gratis aflaaibaar en bruikbaar. Die gebruiker

kies self watter item(s) en Bybelvertaling(s) afgelaai en geïnstalleer gaan word.

35

7.2.3.Wapenrusting van God

Mem oriseer die volle wapenrusting van God, soos dit opgeteken staan in Efésiërs hoofstuk 6. Indien u onder

geestelike aanval verkeer, kan puntsgewys hierdeur gewerk word om die aanval die hoof te bied deur die krag

van God Drie-enig.

7.2.4.Gebed

Wees waaksaam en volhard voortdurend in die gebed89. Onthou ons God is Alomteenwoordig, Almagtig en

Alwetend. Niks of niemand kan ons hierdie kommunikasiekanaal ontneem nie.

7.2.5.Toepaslike literatuur wettiglik gratis beskikbaar

Die belangrikste literatuurbron is vanselfsprekend DIE BYBEL90.

Hierby kan gekose geestelike geskrifte gevoeg word, en die historiese items hieronder genoem is besonder

nuttig. Daar is met onderstaande gepoog om veral voorbeelde vanuit die Boere se geskiedenis wat besonder

nuttig is uit te lig. Al onderstaande is voorbeelde van literatuur wat wettiglik en gratis op bv. die internet

beskikbaar is; ‘n internet soektog behoort maklik daarheen te lei. Die meerderheid onderstaande boeke

(volledig met sketse, ens.) was gratis by Project Gutenberg op die internet beskikbaar tydens die skryf van

hierdie handleiding:

Becker, H.C.J., Chaplain in the Concentration Camp Bethulie, Woman’s endurance91, S.A. News Company,

Cape Town, 1901

Brandt, Johanna, The Petticoat Commando92 ook bekend as Boer Women in Secret Service, Mills & Boon,

London, 1913

De Wet, Christiaan Rudolph, Three Years’ War93, Charles Scribner’s sons, New York, 1902

e-Sword94

Page 40: Mediese Handleiding

95 Hierin word Christen martelare se wêreldwye strewe, lyding en stryd asook sterwensbesonderhede breedvoerig

en noukeurig gedokumenteer. Dit dek die tydperk vanaf die apostels regdeur tot circa 1830. Belangrik as bv. oor

die Franse Hugenote se geskiedenis nagelees wil word.96 Waardevolle lewenslesse kan deur die lees van hierdie en soortgelyke boeke geleer word indien die boek

intelligent en aandagtig deurgelees word. 97 Commando is die memoirs van Kol. Deneys Reitz aangaande die Tweede Vryheidsoorlog soos hy dit aangeteken

het op Madagaskar kort na afloop van die oorlog. Die Engelse woord Commando is afkomstig vanaf die

Afrikaanse woord Kommando, en het oor die wêreld deur in gebruik geraak na die Tweede Vryheidsoorlog. In

1940 is spesialis Britse eenhede op die been gebring vir onkonvensionele oorlogvoering teen Duitsland en is hulle

British Army Commandos genoem. Dit was a.g.v. die feit dat die Britte veral beïndruk was deur die Boere se styl

van oorlogvoering tydens die Anglo-Boereoorlog. Woorde soos aardvark, meerkat, boomslang, trek, spoor en

veld is algemene Engelse spreektaal woorde wat Engels oorgeneem het vanuit die oorspronklike Afrikaans veral

na die Anglo Boereoorlog.98 Hierdie boek stel die amptelike saak van die Boer teen die Brit soos opgeteken deur die Z.A.R. Staatsekretaris

ten tyde van die Tweede Vryheidsoorlog. F. W. Reitz was die pa van Deneys Reitz asook ‘n vorige Oranje

Vrijstaat Republiek President.99 Bittermin mense sal bv. kies om ‘n wortel te eet as versnapering eerder as ‘n roomys.

36

Fox(e), John, Fox’s Book of Martyrs95 ook gepubliseer as A History of the Lives, Sufferings and Triumphant

Deaths of the Prim itive Protestant Martyrs, John C. Winston Co., geen publikasiedatum

Hillegas, Howard C., With the Boer forces96, Methuen & Co., London, 1900

Reitz, Deneys, Commando97, Faber & Faber, 1968

Reitz, F.W., A Century of Wrong98, State Secretary of the South African Republic, London, 1900

8.GESKENKE AAN JOUSELF

Sedert die sondeval in die Paradys is die mens geneig tot alle kwaad, en dit is slegs deur die krag van God

Drie-enig dat die mens hierdie geneigdheid kan oorkom. Hierdie beginsel geld ook t.o.v. die mens se

handhawing van sy persoonlike gesondheid99. Mediese besoeke aan die huisdokter kan aansienlik verminder

(en die oorhoofse fisieke gesondheid tydens oorlewing merkbaar verbeter) word as die onderstaande geskenke

deur elke individu aan homself geskenk word.

Van die beste geskenke wat jy ooit jou eie kan maak (uitgesonderd die grootste geskenk wat daar is: Om die

Here Jesus Christus as jou persoonlike Saligmaker en Verlosser aan te neem- onverdiend en suiwer uit Genade

en waar die mens bloot die hande uitsteek om die geskenk aan te neem vanuit God se hand) is:

8.1.Vermy rook

Rook is sekerlik een van die mees vernietigende, selfsugtige en slegte gewoontes wat enige mens ooit kan

aanleer. Dit m oet ten alle koste vermy word. Beskou bv. selfs net passiewe rook:

Passiewe rook behels die (gedwonge) inaseming van rook deur kinders en onskuldige omstanders naby aan 'n

aktiewe roker. Passiewe rook blootstelling verhoog die risiko’s vir longkanker en ander siektes soos asma en

tandbederf in die latere lewe van die omstanders (soos kinders). Veral kinders is hoogs vatbaar vir die

uitwerkings van passiewe rook. Indien ‘n ouer rook en die kind só blootstel aan passiewe rook is dit een van

die risikofaktore vir die kind om later self eendag emfiseem te ontwikkel (asof die kind self gerook het).

8.2.Goeie dieet

Alkohol (etanol):

Dit wat in die algemene spreektaal en omgang as alkohol bekend staan (vanuit alkoholiese dranke), se korrekte

benaming is eintlik etanol (wat maar net een van die magdom chemiese tipes alkohole is.) H eelwat beroering

is in onlangse jare veroorsaak deur die media oor die sg. goeie uitwerkings wat etanol op die menslike liggaam

het. 'n Meta analise het egter bepaal dat matige etanol inname géén voordeel inhou bo geheelonthouding

Page 41: Mediese Handleiding

100 ‘n Meta analise is die statistiese samevoeging van verskeie studies sodat toepaslike inligting saam geëvalueer

kan word. Sodoende word die somtotaal van al die studies se inligting verkry, wat groter statistiese betekenis

inhou.101 Sien Hopkins, J., Meta Analysis Challenges Benefits of Moderate Drinking, British Medical Journal, 8 April

2006, Volume 332: 811.102 Sien 1 Timótheüs 5:23103 Cholesterol maak ‘n noodsaaklike en integrale deel uit van selmembrane in die menslike liggaam, waar dit

verskeie belangrike funksies vervul. Sonder cholesterol kan die mens nie leef nie. Selfs moedersmelk bevat

cholesterol. Die lewer sintetiseer (vervaardig) daagliks cholesterol om aan die liggaam se eie cholesterol behoeftes

te voldoen en baie mense se lewers sintetiseer meer cholesterol as wat hulle in hulle dieet inneem. Die totale

cholesterol bestaan o.a. uit HDL (die sogenaamde goeie tipe); LDL, VLDL en trigliseriede (die sogenaamde slegte

tipes). Oefening bv. verhoog die HDL vlak (wat goed is). Hoë vlakke van die slegter tipes cholesterol (veral LDL

en trigliseriede) word geassosieer met isgemiese bloedvatsiektes soos beroertes en hartaanvalle. Indien hierdie

slegter tipes cholesterol in hoë vlakke aanwesig is in die bloed kan dit lei tot neerlegging van cholesterol in die

bloedvate en indien die bloedvate genoegsaam vernou word deur sodanige aanpaksels (plake) word die bloedvloei

verder stroom-af belemmer. Sodanige belemmerde bloedvloei kan lei tot hartkrampe (angina) indien die hart self

suurstoftekorte ontwikkel. Dit verklaar ook waarom angina normaalweg onder oefeningstoestande (of koue lug

blootstelling wat bloedvate vernou en die effek só meer uitgesproke na vore laat tree) ervaar word- die hart ervaar

fisiologiese stres en suurstofgebrek. Angina (die stabiele tipe) tree gewoonlik na vore as die koronêre

(kroonslagare m.a.w. dié slagare wat die hart self voorsien en soos ‘n kroon om die hart gerangskik is) bloedvate

70 % of meer geblokkeer is met hierdie plaakagtige aanpaksels.

Dit is veral gevaarlik indien só ‘n plaak breek en ‘n brokstuk die totale bloed stroomvloei verder stroom-af

blokkeer. Dit kan gepaardgaan met afsterwe van die weefsel wat nie meer bloed kry nie (infarksie) en is een

meganisme waarvolgens hartaanvalle (miokardiale infarksie) en beroertes kan plaasvind. Die doelwit is daarom

om die hoeveelhede van hierdie slegter tipes cholesterol in die bloed (en daarom dieet) so min as moontlik te maak

en só die vorming van bg. plake te belemmer. Dit beteken so min as moontlik versadigde (dierlike oorsprong) vette

en produkte.104 Soos die spreekwoord sê: Die enigste “te” wat goed is, is tevrede en te perd.105 Brood kan bv. aan tafel in olyfolie gedoop word.106 Vette behoort ongeveer 25 tot 30 % van die kalorie (energie) inname, proteïene 15 tot 20 % en koolhidrate die

res (ongeveer 50 tot 60 %) uit te maak; staan in menige Mediese Fisiologie handboek.

37

nie. Studies wat 'n sogenaamde voordeel aangetoon het vir die gebruik van etanol se onduidelikheid en foute

gepaardgaande met die definisie van presies wat 'n "geheelonthouer" is verklaar sodanige studies se resultate

nietig. Hierdie meta analise100 van 54 gepubliseerde studies wat strek oor 38 jaar101 het aangetoon dat

"geheelonthouers" in sulke studies dikwels mense ingesluit het wat opgehou het om etanol te drink (dikwels

a.g.v. swak gesondheid en ouderdom)! Derhalwe het dit gelyk asof geheelonthouers minder gesond is as

diegene wat matige hoeveelhede etanol gebruik. Hierdie foute het aanleiding gegee tot die mite dat matige

etanol gebruik 'n beskermende invloed op die gebruiker het. Die effek van 57 veranderlikes tydens die

studies is geanaliseer, en slegs 7 studies is gevind om vry van bg. foute te wees, het navorsers aan die

Universiteit van Kalifornië (San Francisco) en die Universiteit van Brits Colombië bevind. Analise van

hierdie 7 studies het aangetoon dat daar geen voordeel is deur matige hoeveelhede etanol te gebruik nie.

Die rooi kleur van rooiwyn besit antioksidatiewe en ander eienskappe, wat moontlik ‘n verklaring bied vir die

aanbeveling van Paulus om wyn vir sekere kwale te gebruik102.

Botter of margarien (cholesterol103):

Die vrae is eerder: Hoe dik word dit op die brood gesmeer ? Is dit beter om dit lekker dik op te smeer, of is ‘n

dun lagie beter ? Soos met die meerderheid dinge in die lewe is die goue reël hou matigheid voor oë104. Die

beste raad is om beide botter en margarien te vermy en veel eerder ‘n olie soos olyfolie te gebruik 105.

Die historiese raad is dat die hoeveelheid vette in die dieet nie meer as ongeveer 30% van die daaglikse

energiebehoeftes behoort uit te maak nie106. Meer belangrik as die totale hoeveelheid vette ingeneem egter is

Page 42: Mediese Handleiding

107 Vette in die dieet bestaan (vir die doel van hierdie bespreking) uit trans vette, versadigde vette en onversadigde

vette en trigliseriede. Onversadigde vette kan mono- (wat beteken een of enkel) of poli- (wat beteken meer as een

oftewel baie) onversadig wees.108 Versadigde vette kom voor in rooivleis, botter, kaas, kokosneut (klapper), ens.109 Mono onversadigde vette word gevind in neute (grondboontjies, amandels, pekan, hasel), olywe, avokadopeer

en in kanola-olie.110 Bronne van poli-onversadigde vette sluit in sonneblom, soja, vis soos salm, flas, okkerneut, ens.111 Vir meer inligting kan die mediese literatuur geraadpleeg word bv. Jackson, R., The Science Behind Lifestyle

Risk Factors for Cardiovascular Disease, Best Practice, December 2008, 18: 30-36112 Hierdie is nie ‘n absolute feit nie. Bv., daar is pediaters (kinderartse) wat dit onomwonde stel dat kinders tussen

die ouderdomme van 1 en 5 jaar volroom melk moet inneem. Dit is a.g.v. die fisieke ontwikkeling en snelle

vergroting van die sentrale senuweestelsel in hierdie ouderdomsgroep en wat daarom heelwat groter lipied (vet)

behoeftes in die dieet daar stel. Indien opgelet word na die tekstuur van murg (vanuit ‘n been) sal die fisiese

vetterige aard van die sentrale senuweestelsel waardeer word.113 Bronne van trans vette in die dieet sluit in wegneemetes, vleispasteie, muffins, diepgebraaide voedsel soos

aartappelskyfies en geprosesseerde (vervaardigde) voedselsoorte soos koekies en beskuitjies.

38

waarskynlik die tipe oftewel soort vet107 wat ingeneem word. Versadigde vette kom hoofsaaklik vanaf dierlike

oorsprong108 en verhoog die totale cholesterol nadelig (deurdat dit die slegte tipes cholesterol verhoog). Mono-

onversadigde109 en poli-onversadigde vette110 is meer gesond. D.w.s. as ‘n algemene reël is dit beter om

plantaardige eerder as dierlike produkte in te neem. Aanvaarde hedendaagse mediese raad111 is daarom om bv.

afgeroomde melk te gebruik eerder as volroom melk112.

Die interpretasie van bg. word bemoeilik deur die volgende: Vloeibare onversadigde plantaardige vetsure soos

sonneblom- of soja olie (wat op hulle eie goed is) kan in trans vette omgeskakel word deur ‘n proses bekend as

hidrogenering waar die plantaardige vetsure verhit en onder druk geplaas word in die teenwoordigheid van

waterstofgas. Sodoende word gedeeltelik gehidrogeneerde plantaardige vetsure (trans vette) verkry. Trans

vette is chemies baie stabiel, kan herhaalde verhitting weerstaan en beskik oor ‘n lang raklewe. Dit maak

sodanige trans vette ideaal vir diepbraai en die kommersiële vervaardiging van voedsel in fabrieke. Trans vette

vorm derhalwe die basis van die wegneemete, voedselprosesserings en restaurant bedrywe. Trans vette in die

dieet113 is besonder nadelig en bes moontlik die slegste tipe vet van alm al.

Trans vette verlaag nie net HDL nie, maar verhoog ook LDL en boonop is dit ‘n snellermeganisme vir

inflammasie in die liggaam! Selfs minimale inname van trans vette kan die liggaam waarneembaar nadelig

beïnvloed. Daar bestaan organisasies in westerse lande wat die vervaardiging van trans vette verbode wil laat

verklaar. Sommige margarien bevat trans vette en is daarom selfs veel slegter as botter (wat grootliks

versadigde vette bevat) om in te neem. Daar bestaan egter margarien sonder trans vette (wat die geskikte keuse

sal wees as margarien gebruik wil word). Die etiket op kosprodukte moet verkieslik bestudeer word en trans

vette ten alle koste vermy word.

Trigliseriede is vette wat veral vervaardig word vanaf oormaat koolhidrate in die dieet (m.a.w. indien meer

geëet word as wat volgens die daaglikse energiebehoeftes benodig word.) Klein hoeveelhede etanol kan die

nadelige effekte van trigliseriede drasties verhoog. Hierdie is een van die belangrikste redes waarom die totale

hoeveelheid suikers (koolhidrate) in die dieet bekamp moet word.

In bg. paragrawe is gekonsentreer op bloedvatsiektes en vette in die dieet. Vette in die dieet vorm egter alreeds

geruime tyd die onderwerp van vele navorsingstudies waar vet inname in verband gebring word met siektes

soos kanker, alzheimer se siekte, ens.

Ter opsomm ing:

(1) Vermy trans vette ten alle koste.

(2) Verminder versadigde vette in die dieet.

(3) Kies onversadigde vette in die dieet.

(4) Hou die kalorie inname so laag as wat toepaslik is volgens eie energiebehoeftes.

Page 43: Mediese Handleiding

114 Verskeie kossoorte het bewese aktiwiteit wat die immuunstelsel stimuleer of aktief is teen kankerselle bv.

wortels, soja, sekere bone soorte, knoffel, lensies, uie, olywe, sesamsaad, pietersielie, ens.115 Sien die voetnota betreffende Lippia scaberrima in paragraaf 4.1.5.Wondbedekkings hierbo vir ‘n verwysing

na die outeur se doktorsgraad in die Chemiese Ingenieurswese waarin ‘n maklik leesbare bespreking van

antioksidante gevind kan word. Hierdie dokument kon ten tyde van die skryf van hierdie handleiding gratis van

die Universiteit van Pretoria se webtuiste afgelaai word en kan m.b.v. ‘n internetsoektog gevind word. Hier sal

volstaan word met die feit dat antioksidante die onderwerp van menige studie is, waar antioksidante oksidatiewe

skade in die liggaam voorkom deur giftige vry radikale se uitwerkings te vernietig. Sodoende help antioksidante

in die dieet om degeneratiewe siektes soos kanker se voorkoms te verminder.116 Sien as voorbeeld die Nurses’ Health Studie in die V.S.A. wat dieet folaat inname se beskermende effek op

borskanker en kolorektale adenoom illustreer. Folaat tekort kan lei tot foute in DNA sintese a.g.v. folaat se

betrokkenheid by metionien beskikbaarheid.117 Die rol van foliensuur in die beperking van neuraalbuisdefekte is welbekend. Dit is een van die hoofredes

waarom Skandinawiese en ander westerse lande volgens wet brood en ander gebak versterk (fortify) met

foliensuur. Sodoende word verseker dat swanger vroue genoegsame hoeveelhede foliensuur inneem in hulle dieet

om neuraalbuis geboortedefekte se voorkoms te verminder.118 Verskeie navorsingstudies suggereer dat genoegsame inname van vitamiene E (vitamiene C word ook

geïmpliseer om vaskulêre dementia te help voorkom) Alzheimer se siekte se voorkoms verminder. Selfs subtiele

(sub kliniese) vitamien B12 gebreke (sonder ‘n meegaande anemie oftewel bloedarmoede) kan die geheue en

dementia beïnvloed.

39

(5) Vermy geprosesseerde produkte, restaurant en wegneemetes.

Omdat dit moeilik kan wees om te bepaal presies hoeveel vet of watter soort vet daar in kos aanwesig is, is

die algem ene raad om gesonder in die algem een te eet.

Groente en vrugte:

Hoe meer groente en vrugte geëet word hoe kleiner is die risiko vir bloedvatsiektes (hartaanval, beroerte, ens.),

kanker114 en diabetes mellitus, om maar net enkele siektes te noem. Vrugte en groente is veral ryk aan

vitamiene soos foliensuur, antioksidante soos karotenoïede (beta karoteen in bv. wortels), minerale soos

kalium en ruvesel. Dit is belangrik om die gewoonte om vrugte en groente te eet alreeds in die kinderdae te

vestig.

Idees om die dieet ten goede met verloop van tyd te verander sluit in om soveel as moontlik verskeie vrugte en

groente beskikbaar te hê (en ongewenste kosse nie aan te skaf nie); asook om te begin om daagliks net één

meer vrug of groentesoort te eet (met verloop van tyd word daarom al meer en meer vrugte en groente geëet).

Neute:

Neute verdien besondere melding as bron van voedsel. Dit is ‘n geweldige goeie bron van vitamiene, minerale,

antioksidante, goeie tipes vette, ens. wat maklik onder beplande oorlewingstoestande beskikbaar kan wees

indien bome (iewers) vooraf aangeplant is. Die belang van neute word veral besef as verstaan word dat neute

die voortplanting van die neuteplant direk beïnvloed. Al die nodige voedingstowwe, genetiese materiaal,

beskermingsmeganismes, ens. van die opvolgende neuteplant generasie word in elke afsonderlike neut vervat.

Ru vesel:

Deur voldoende groente en vrugte in te neem sal verseker word dat daar genoeg ru vesel in die dieet aanwesig

is. Genoegsame ru vesel inname beskerm teen maagdermkanaal kanker, hardlywigheid, aambeie, divertikulêre

siekte, spysverteringskanaalstoornisse, ens.

Vitamiene en m inerale: (sien ook o.a. OORLEEFHANDLEIDING voetnota 118)

Viamiene A, C en E is belangrike antioksidante115. Genoegsame vitamien inname verbeter die immuunstelsel,

voorkom kanker116, voorkom geboortedefekte117, verminder die voorkoms van degeneratiewe siektes soos

Alzheimer se siekte118, ens. Die hoeveelhede vitamiene en minerale in die liggaam word vermeerder deur die

hoeveelheid vars vrugte en vars groente wat ingeneem word te verhoog.

Page 44: Mediese Handleiding

119 Meer inligting oor fiksheid is te vinde in die OORLEEFHANDLEIDING nota fiksheid in paragraaf

1.3.Algemene wenke.120 Deur oormassa te wees (sowel as min oefening te kry) verhoog 'n individu die risiko om diabetes mellitus,

kardiovaskulêre sowel as ander siektes te ontwikkel. Dit word deesdae algemeen aanvaar dat 'n liggaamsmassa

indeks (BMI oftewel body mass index) van 23 tot 25 (massa in kg gedeel deur {lengte in meter} kwadraat)

nagestreef behoort te word vir optimale gesondheid. As voorbeeld, indien die individu 1.77 m lank is en 75 kg

weeg, is die BMI = 75 / (1.77)2 = 23.9.121 In die laaste twee jaar is Christene wat bekeringstraktate op straat uitgedeel het, gearresteer en voor die hof

gesleep in plekke soos Brittanje en Noorweë. Die klagstate is gewoonlik gebaseer op die feit dat gesê word dat

Jesus Christus die enigste ware Verlosser is.122 Een van Sokrates se spreuke is: Nie hy wat min het nie, maar hy wat baie begeer is arm.

40

8.3.Oefening

Die hoofdoelwitte van fisieke oefening sluit in om:

(1) fiksheid te verhoog119,

(2) die liggaamsmassa binne perke te hou120,

(3) siektes te voorkom en

(4) te ontspan.

Veral punte (1) tot (3) is van belang onder oorlewingstoestande.

Indien aan oorlewing gedink word, kom wildernis oorlewing normaalweg in die gedagtes op. Daar bestaan

egter heelwat ander oorlewingsomstandighede. Indien bv. ‘n Christen onregmatig in ‘n tronk opgesluit word

deur ‘n vyandige en goddelose regering (wat al meer van ‘n daaglikse werklikheid word vir vele Christene

regdeur die wêreld121), moet die individu oorleef onder sodanige toestande. Daar moet onthou word om ook

dán te oefen (deur bv. die liggaam self in te span met opstote (push ups), ken optrekke, strekoefeninge, ens.)

sodat fiksheid en ‘n goeie gemoedstoestand gehandhaaf word. Sien ook paragraaf 7.Geestelike weerbaarheid.

8.4.Lewensbeskouiing

‘n Puik onderwerp vir persoonlike Bybelstudie is: Wat behoort die wedergebore Christen se

lewensbeskouiing te wees ?

As vertrekpunt kan die voortdurende blydskap (onder alle omstandighede) van Fillipense 4:4 gebruik word.

Hierdie vergenoegdheid (contentment) van die Christen, onder alle omstandighede, behoort duidelik vir die

ongelowiges van die wêreld sigbaar te wees. Selfs wêreldse filosowe soos Sokrates het die belangrikheid van

vergenoegdheid besef122.

Hierdie vergenoegdheidsbesef sal waarskynlik net onder marteling meer getoets kan word as onder

oorlewingsom standighede.

9.NATUURLIKE GENEESMIDDELS

Die onderstaande inligting word verskaf sodat die leser ‘n meer gebalanseerde uitkyk op natuurlike en

westerse geneesmiddels kan hê, omdat beide tipes oor slegte sowel as goeie eienskappe beskik.

9.1.Wat beteken “natuurlik”

Siektes en die dood kom natuurlik voor (ná die sondeval). Indien werklikwaar so natuurlik as m oontlik

geleef wil word moet sodanige probleme geensins beveg word nie. Enige poging om siekte te beveg of die

Page 45: Mediese Handleiding

123 Die kind van God is geïnteresseerd in God Drie-enig se bepaalde verloop van die lewe en nie in die onsinnige

natuurlike verloop van die lewe nie. Die natuurlike verloop is onsinnig omdat dit onbetrokkenheid impliseer, en

die kind van God Drie-enig is voortdurend bewus van die liefdevolle insette wat sy hemelse Vader in sy lewe het.

Dit verklaar waarom ‘n kind van God sg. “onnatuurlike” of chemies vervaardigde medisyne kan gebruik om ‘n

“natuurlike” siekte te beveg.124 Die “natuurlike” geneesmiddel beweging se wortels word deels gevind in die pagan konsep dat die aarde die

“moeder” is van alles wat lewe (dink bv. aan die pagan konsep van moeder aarde). Paganisme is ‘n afgodsgeloof.

Derhalwe word alles wat “natuurlik” is sonder versuim goed gepraat deur pagans. Hierdie stelling staan direk

teenoor die Lewende God van die Bybel wat ons as gelowiges se Vader is. Hierdie bied nog ‘n voorbeeld waar

die waarheid (dat God Drie-enig die natuur geskape het sodat die mens dit met sy onderskeidingsvermoë tot God

Drie-enig se eer kan benut) verdraai en verwring word tot ‘n halwe waarheid (‘n halwe waarheid is ‘n leuen) om

die Gelowige te probeer verwar. M.a.w., nie alles wat natuurlik is, is goed vir die mens nie (sedert die sondeval).

God Drie-enig het aan ons die vermoë geskenk om te ondersoek (ook die natuurlike) en dit wat goed vir ons is

binne Sy Wil, te behou en toe te pas.125 Die wêreld is deurspek met halwe waarhede, sedert die versoeking van Eva in die Paradys waar die verdraaiing

van die waarheid (dus ‘n leuen) aangaande sterfte gebruik is tydens haar versoeking. Die Gelowige moet veral

waaksaam wees om nie verwar te word met hierdie halwe waarhede nie.126 Vergelyk appels met appels en pere met pere.

41

dood te probeer vertraag is teen die natuurlike verloop van die lewe123. Slanggif is so natuurlik as moontlik, en

so ook die voorkoms van bakterieë, virusse en ander patogene (siekteveroorsakende) organismes. Dit is

opm erklik dat alles wat natuurlik voorkom sedert die sondeval in die Paradys nie noodwendig goed is vir die

mens nie124. God Drie-enig het onderskeidingsvermoë125 aan sy skepsel die mens gegee sowel as die vermoë

om te dink en die bevel om oor die Skepping te heers (oftewel voog te wees daaroor). Daarom moet die mens

sy liggaamlike tempel met respek en eerbied behandel en die beste moontlike keuses (ook t.o.v. beskikbare

geneesmiddels) daarvoor maak.

Die oorsprong van die sg. westerse medisyne (geneesmiddels) word grootliks gevind in die Plantkunde.

Morfien en verwante opiate word verkry vanaf die papawer. Romeinse soldate het wilgertakkies (Salix

babylonica) gedra vir pynverdowing. Dit is vanuit enkele wilgertakkies dat die Fransman Henri le Roux in

1829 sowat 30 gram salisien geïsoleer het wat die basis gevorm het vir die latere vervaardiging van

asetielsalisielsuur (aspirien). Selfs in die vervaardiging van die moderne geneesmiddel Tamiflu (oseltamivir)

word van die ster anyssaad plan t (Illicium verum) gebruik gemaak. Die lys van voorbeelde van sg. westerse

geneesmiddels wat oorspronklik (en enkeles nog steeds) vanaf plante verkry word, is baie lank.

9.2.Effek (uitwerking) en newe-effekte

Indien ‘n geneesmiddel (enige middel van welke oorsprong ookal, hetsy natuurlik of vervaardig) oor enige

mate van fisiologiese uitwerking beskik, volg dit direk dat daardie middel ook newe-effekte móét hê. Hierdie

newe-effekte van (alle) geneesmiddels (selfs in die plantaardige oftewel rou vorm), word nie altyd goed

bekend gemaak nie. As voorbeeld, komfrei (Symphytum officinale) word algemeen gebruik vir probleme soos

wondgenesing en lugwegsiektes. Komfrei as geneesmiddel is egter van die mark verwyder in Frankryk a.g.v.

die wyd gedokumenteerde lewerskade met fulminante lewerversaking wat kan voorkom tydens behandeling

daarmee. Fulminante lewerversaking lei tot die dood. ‘n Verdere belangrike voorbeeld is bv. die essensiële olie

van laventel (laventelolie). Hierdie olie se gebruik in babaseuntjies kan hulle vervroulik a.g.v. hormonale

versteuring met gepaardgaande bors ontwikkeling, ens.

9.3.Ekwivalente vergelyking126

Sorg moet gedra word as die inligting in enige literatuurbron geïnterpreteer word. Daar was bv. al kritiek

vanuit die geledere van natuurlike medisyne voorstanders aangaande kliniese proewe wat met St. Johns wort

(Hypericum perforatum) wat vir matige depressie gebruik word, uitgevoer is deur farmaseutiese firmas. Die

kliniese studies het pasiënte gekies (wat toe daarna met St. Johns wort behandel is) wat aan sulke erge grade

Page 46: Mediese Handleiding

127 Daar is onlangs in die nuus media gerapporteer dat ‘n farmaseutiese firma na bewering ‘n lys (hitlist) van

mediese dokters saamgestel het om hulle te “neutraliseer” en te “diskrediteer” omdat die dokters krities was

teenoor geneesmiddels wat deur die farmaseutiese firma vervaardig is. Sien Rout, Milanda, The Australian, April

2009 vir beriggewing oor die hofsaak voor Regter Chris Jessop in die Federale Hof van Melbourne.

42

van depressiewe versteurings gely het dat hulle simptome nie eers met verskeie chemies vervaardigde

geneesmiddels beheer kon word alvorens die studies in aanvang geneem het nie. Soos wat verwag kan word

was die St. Johns wort toe nie effektief in die behandeling van die depressiewe simptome tydens daardie

studies nie. Hierdie verteenwoordig ‘n ernstige fout aan die kant van die farmaseutiese firmas tydens die studie

ontwerp. Indien hierdie pasiënt keuse tydens die studie ontwerp doelbewus so gekies was deur die

farmaseutiese firmas reflekteer dit baie duistere motiewe van sodanige farmaseutiese firmas127.

Aan die ander kant maak natuurlike medisyne voorstanders gereeld aansprake dat ‘n sekere produk oor bv.

“anti-inflammatoriese werking” beskik. Sodanige “anti-inflammatoriese werking” is dan nie gekwantifiseer

nie. Hierdeur word die indruk gewek dat die produk oor wesenlike anti-inflammatoriese uitwerking beskik,

terwyl die praktiese realiteit kan wees dat die hoeveelhede plantmateriaal benodig ‘n kruiwavrag sal wees wat

vergelykbaar sal wees met een klein tablet se werking.

As daar ‘n keuse is tussen die natuurlike en die sintetiese van ‘n vergelykbare geneesmiddel (bv. natuurlike of

sintetiese pepermentolie, natuurlike of sintetiese kodeïen, ens.) spreek dit vanself dat die natuurlike produk

verreweg voorkeur behoort te geniet, indien die kwaliteit daarvan verseker kan word. Dit is só omdat ensieme

in plante wat geneesmiddels vervaardig, beperk is om spesifieke stereomere te vervaardig. Daarteenoor, tydens

chemiese sintese reaksies kan daar newe-reaksies plaasvind wat lei tot gepaardgaande onsuiwerhede in die

finale chemiese produk.

9.4.Toepassing op oorleeftoestande

Onder oorlewingstoestande kan die beskikbaarheid van natuurlike geneesmiddels soos veral kruie belangrik

wees as vooraf vervaardigde medikasie nie beskikbaar is nie. Daar moet egter veral gelet word op die

hoeveelhede (dosisse) van geneesmiddels verkry direk vanuit plantmateriale omdat daar wye variasie is t.o.v.

die voorkoms van spesifieke chemikalieë in dieselfde plantspesie onder wisselende groeitoestande. Bv., die

hoeveelheid geneesmiddel sal drasties wissel tussen die vars en droë toestand van die plantmateriaal,

verskillende plantdele, ens. In die outeur se Ph.D (sien voetnota by Beukesbossie in paragraaf

4.1.5 .Wondbedekkings) kan ‘n deeglike bespreking aangaande die veranderlikes wat die voorkoms van

essensiële olies in plante kan beïnvloed gevind word.

Die beste raad wat aangebied kan word is om ‘n aantal goeie literatuurbronne oor hierdie onderwerp aan te

skaf en te bestudeer (sien bv. OORLEEFHANDLEIDING paragraaf 2.8.2.5.Plantkunde vir die boek deur

Braun, M. et al). Indien botaniese middels gebruik gaan word moet die voor en nadele behoorlik opgeweeg

word. Newe effekte soos fototoksisiteit (veluitslag met blootstelling aan sonlig) wat met St. Johns wort kan

voorkom moet oorweeg word sodat ‘n ingeligte besluit geneem kan word. Verskeie alledaagse middels kan

egter toepassing vind soos bv.

(1) knoffel (Allium sativum) as antikoagulant, teen hoë bloeddruk en vir hipercholesterolemie,

(2) gemmer (Zingiber officinale) teen naarheid en

(3) pepperment (Mentha piperita) vir spysverteringsprobleme en as antispasmodikum.

Soos met so baie van die fasette van die lewe is die uiteindelike sleutel behoorlike kennis, toegepas met

redelikheid en die handhawing van balans.

10.BEENBREUKE (FRAKTURE)

Die meerderheid noodhulp- en dergelike kursusse sal frakture in detail behandel, maar sal fokus op die

stabilisering van die fraktuur en die pasiënt; ten einde die pasiënt veilig by die hospitaal te kry.

Page 47: Mediese Handleiding

128 In die meerderheid gevalle word tans eerste generasie kefalosporien antibiotika gebruik by oop frakture as

profilakse. Indien die wond egter vuil is, word gentamisien (vir gram negatiewe organismes) en metronidasool (vir

anaërobe organismes) ook bygevoeg. Voordat enige geneesmiddel toegedien word moet natuurlik gekontroleer

word vir allergiese reaksies en ander moontlike kontra-indikasies.

43

Vir die doel van hierdie handleiding bestaan daar ten minste die volgende vrae:

Wat gebeur by die hospitaal met die fraktuur ?

Wat is die hospitaal se behandeling van die fraktuur en die pasiënt ?

Hoe kan effektiewe behandeling van frakture onder oorlewingstoestande aangebied word, as daar geen

hospitaal behandeling beskikbaar is of sal wees nie ?

Bg. vrae sal in hierdie afdeling aangespreek word. Dit moet egter besef word dat die veld van Ortopedie wat

beenbreuke en soortgelyke toestande se behandeling vervat, ‘n verdere vyf jaar voltydse opleiding van ‘n

mediese dokter vereis, so die onderstaande word bloot aangebied ter inligting ten einde die leser meer

vertroud te maak met die algemene behandelingsbeginsels. Onder oorlewingstoestande kan deur die leser

geïmproviseer word soos verkies volgens eie oordeel. Vanselfsprekend neem die leser alle

verantwoordelikheid op homself vir sodanige besluite.

10.1.Resussitasie

Die eerste prioriteit is vanselfsprekend resussitasie en stabilisering van die pasiënt met intraveneuse

vloeistof, ens. en daar word aanvaar dat die leser hierdie inligting vanuit vele ander bronne kan verkry. Dit

word verder aanvaar dat kennis soos fraktuurklassifiserings (oop vs. toe, transvers, spiraal, ens.) en

fraktuurbeskrywing met terme soos angulasie, ens. voorkennis is vanuit ander bronne.

Nadat bloeding onder oorlewingstoestande onder beheer gebring is, moet onthou word om alle ringe,

juweliersware, ens. onmiddellik te verwyder. Weefselswelling wat kan plaasvind kan katastrofies wees indien

sodanige items aan die liggaam gelaat word en bloedvloei later afgesny word a.g.v. die aanwesigheid van

juweliersware. Antibiotika word normaalweg profilakties toegedien indien daar oop frakture aanwesig is128. ‘n

Verdere slaggat tydens evaluering van die pasiënt op hierdie stadium is verwysde pyn. Dit moet in gedagte

gehou word dat elmboog pyn (elmboog besering) kan verwys na die voorarm en dat heupbesering na die

bobeen en/of knie kan verwys.

Frakture se hospitaalbehandeling in wese behels in breë trekke die volgende:

10.2.Bepaling van die omvang van die skade

Spesiale ondersoeke soos laboratoriumtoetse (vir bloeding, infeksie, ens.), x-strale, skanderings, ens. word

uitgevoer met aankoms in die hospitaal ten einde die omvang van die liggaamlike skade te bepaal. Die omvang

van die skade aan die liggaam moet bepaal word alvorens enige definitiewe genesende behandeling beplan en

uitgevoer kan word.

10.3.Fraktuurstabilisering

‘n Fraktuur kan op verskeie maniere gestabiliseer word. Indien dit ‘n groenhout fraktuur of onverplaasde

fraktuur is, kan dit bloot gespalk word met bv. gips of soortgelyke spalkmetode. Sommige frakture kan met

traksie behandel word om stabilisering te verkry. Traksie kan ook spierspasmas wat beenfragmente

destabiliseer teenwerk. Indien daar ‘n oop fraktuur is vind chirurgiese ondersoek gewoonlik plaas in ‘n teater

om die wond skoon te maak en uit te spoel. Vir geslote frakture met minimale tot matige angulasie kan ‘n

manipulasie van die beenfragmente onder narkose (of ander gepaste pynverdowing) uitgevoer word ten einde

Page 48: Mediese Handleiding

129 ORIF staan vir Open Reduction Internal Fixation wat beteken die pasiënt se wond word onder narkose

ondersoek en die been belyning en ander noodsaaklikhede uitgevoer ten einde dit so anatomies as moontlik te

verkry (open reduction). Hierna word die beenfragmente aanmekaar geheg met staalplate, staaldrade en/of

skroewe (internal fixation).130 Die immobilisering van frakture is ‘n komplekse onderwerp. As ‘n algemene riglyn, sodat die leser ten minste

‘n idee kan vorm van die tydsdure betrokke, die volgende: In kinders word voorarm en gewrigsfakture normaalweg

vir ongeveer drie weke lank gespalk, terwyl gips vir onderbeen frakture in kinders sowat vier tot ses weke lank

aan gelaat word. Vir volwassenes is die immobiliseringstyd vier tot ses weke vir voorarm frakture, tien tot sestien

weke vir onderbeen frakture en vier tot ses weke vir enkelfrakture. In moderne hospitale vind gips evaluering op

dag een na die besering en dan weekliks of twee weekliks daarna plaas en gipsomruiling word op enige stadium

uitgevoer indien benodig. Nadat die gips afgehaal is word natuurlik met stadige mobilisering van die geaffekteerde

ledemaat onder fisioterapeut toesig begin.

44

die belyning reg te stel. Indien daar bv. ‘n verbrokkelde fraktuur of fraktuur fragmente by ‘n gewrig artikulasie

oppervlak is word normaalweg ‘n ORIF 129 uitgevoer.

Die manier hoe frakture gestabiliseer word is uiters belangrik. Die gekose metodes wissel geweldig a.g.v. die

enorme verskeidenheid tipes beenbreuke en liggings van die beenbreuke wat kan voorkom. Een algemene

duimreël/beginsel is egter dat die gewrigte aan weerskante van die fraktuur normaalweg beide gestabiliseer

moet word in bv. gips. (Bv. indien ‘n voorarm been soos die radius of ulna gebreek is word die polsgewrig en

elmboog gewrigte aan weerskante van die fraktuur gestabiliseer.) Die tydsduur van immobilisering wissel

geweldig en is van verskeie faktore afhanklik130. Hierdie stabilisering van beenbreuke is krities belangrik sodat

die fraktuur nie beweeg en/of verskuif word nie sodat ‘n hematoom (bloedklont) en later kallus (beenweefsel

voorganger) kan vorm om die beenbreuk met verloop van tyd te kan herstel.

Die posisie van ander strukture tydens immobilisering kan kritiek wees. Bv., indien die hand en polsgewrig

gestabiliseer moet word, word dit normaalweg in die neutrale posisie uitgevoer.

10.4.Herstel van nabygeleë strukture

Strukture van nabygeleë weefsel wat geskeur of beskadig is moet herstel word gedurende wondhegting.

Nabygeleë strukture aan bene soos bloedvate, senuweebondels, tendons, ens. kan beseer wees en moet herstel

word. Sodanige chirurgiese herstel vereis kennis en toerusting wat normaalweg slegs in ‘n hospitaal beskikaar

is. Dit is dikwels nodig om pasiënte na groter en beter toegeruste hospitale (t.o.v. toerusting sowel as mediese

spesialis kennis) oor te plaas vanaf die ontvangshospitaal vir gepaste behandeling.

10.5.Komplikasies

Die voorkoming van komplikasies soos kompartementsindroom, infeksie, bedsere, ens. geniet besondere

aandag in die hospitaal omgewing. Bv. weefselswelling (wat katastrofies kan wees a.g.v. verskeie redes) word

beperk deur die ledemaat/fraktuur op te lig tot bokant die vlak van die hart (sonder om die bloedvoorsiening

af te sny) d.m.v. ‘n kussing, slinger (sling), ens., dikwels vir etlike dae. Deur swelling te beperk word pyn en

weefseldistorsie ook bekamp. Infeksies soos tetanus word ook verminder deur vroegtydige toediening van

tetanus toxoïede inenting (indien benodig).

10.6.Pynverligting

Een van die belangrikste oogmerke tydens hospitalisering vir beenbreuke is voldoende en effektiewe

pynverligting. Belangrik tydens pynverligting is die aanvanklike gereelde toediening van pynmedikasie m.a.w.

volgens ‘n horlosie op ‘n bepaalde tydstip en nie volgens die pasiënt se behoeftes nie. Indien gewag word

totdat die pasiënt pyn ervaar is die hoeveelheid pynmedikasie benodig veel hoër as wat andersins benodig sou

word. Die senuweeimpulse wat pyn gelei is dan ook alreeds meer gevestig. ‘n Verdere belangrike aspek is die

sinergistiese werking van medikasie. Bv., indien parasetamol in maksimum dosis aangewend word gedurende

Page 49: Mediese Handleiding

131 ‘n Algemene duimreël is: Oor ‘n tydperk van 24 tot 48 uur dui ‘n vermindering van kosinname tot 70 % van

die normale hoeveelheid gewoonlik op siekte en vermindering tot minder as 50 % van die normale hoeveelheid

dui gereeld op ernstige aantasting met siekte. Hoe jonger die kind hoe meer ernstig is ‘n vermindering in

voedselinname.132 Een voorbeeld waar hierdie feite nuttig is, is om bv. aan kleiner kinders wat vir siektetoestande ondersoek word

terloops ten tyde van die ondersoek (so tussen die ander vrae deur) te vra of hulle roomys wil hê. Indien die kind

antwoord dat hy nie lus is daarvoor nie kan dit dui op ‘n meer ernstige siekte aantasting.

45

gestadigde staat, en diklofenak (Voltaren) in maksimum dosis daarmee saam toegedien word, is die uitwerking

van hierdie pynverligtingskombinasie (soos weergegee deur pasiënt gesentreerde pynskaal verligting) tot 4.9

keer hoër as wanneer die diklofenak alleen gebruik word. Derhalwe potensieer parasetamol bv. die NSAIDs

(nie-steroïede anti-inflammatoriese middels), wat een van die hoofredes is waarom parasetamol as eerste linie

pynmedikasie aanbeveel word vir eenoudiger tipes pyn.

10.7.Rehabilitasie

Sodra daar ‘n beenbreuk is verander die pasiënt se lewe ingrypend en skielik. Hierdie drastiese veranderings

noodsaak rehabilitasie, wat in aanvang neem sodra die pasiënt die hospitaal betree. Rehabilitasie d.m.v. o.a.

gepaste oefeninge (voorgeskryf deur ‘n fisioterapeut) en gekose tegnieke van verbetering in lewensversorging

(soos bepaal deur ‘n arbeidsterapeut) moet onmiddellik begin ten einde die pasiënt se lewe so gou as wat

prakties moontlik is te normaliseer. Eenvoudige maatreëls onder oorlewingstoestande wat baie effektief kan

wees sluit in hulp met daaglikse fisieke versorging en higiëne, verveeldheid en depressie vermyding, ens. Daar

moet gepoog word om die pasiënt so gou as wat toepaslik is weer die normale lewensgang te laat meemaak.

11.KINDERSIEKTES

Kinders is nie klein volwassenes nie. Daar is uiters belangrike verskille tussen kinders en volwassenes,

waarvan die volgende baie belangrik is:

Aktiwiteit, eet- en slaapgewoontes:

Van die eerste tekens wat na vore kan tree as kinders siek word is

(1) vermindering in spel aktiwiteit (algemene onbelangstellendheid),

(2) vermindering in kos inname131 (verlies van aptyt) en

(3) slaapstoornisse bv. slaap sleg deur die nag en word blykbaar wakker vir geen spesifieke rede nie.

Bg. waarnemings is non-spesifiek (en dui nie enige spesifieke siekte aan nie) maar kan besonder behulpsaam

wees om kinders se genesing te monitor132. Vanselfsprekend kan bg. ook in gesonde kinders voorkom en daar

moet altyd na die geheelbeeld opgelet word.

Die kind se ma:

‘n Kind se ma is ontsaglik belangrik. Daar is ‘n rede waarom baie volwassenes wat ylend, sterwend of in pyn

is, “mamma, mamma” prewel. Daar behoort na die kind se ma geluister te word, omdat sy meesal eerste bewus

is van subtiele tekens dat die kind ongesteld is (al kan die ma nie presies sê hoekom sy dit voel nie).

Genesingspoed:

Kinders kan vinniger siek word en vinniger herstel as volwassenes. In volwassenes kan dit soms etlike dae

neem vir siektes om sekere uitwerkings te openbaar terwyl soortgelyke ontwikkeling in kinders snel binne

enkele ure kan plaasvind. Hoe jonger die kind hoe vinniger kan sulke veranderings plaasvind. Hierdie feit is

veral van belang omdat voortdurend aandag bestee moet word om seker te maak dat 'n siek kind nie nog

sieker word nie. Dit verklaar ook waarom kinders soms klaarblyklik vinnig kan herstel van siekte aantasting.

Page 50: Mediese Handleiding

133 Hiermee word bedoel dat die kind net genoeg water aan boord het, nie te veel nie maar ook nie gedehidreerd

(ontwater) is nie.134 Die vingerpunt van die kind word liggies gedruk en sal van die normale rooierige kleur tot bleek verander soos

wat die kapillêre bloedvate fisies leeg gedruk word en daarna hervul. Hoe langer die kapillêre hervulling neem (om

die rooierige kleur terug te plaas in die vingerpunt) hoe meer ontwater is die kind. Die normale kapillêre hervultyd

is amper oombliklik. Langer as een sekonde dui alreeds op ernstige ontwatering en meer as drie sekondes dui op

baie ernstige ontwatering.135 Die kind se magie word liggies vasgevat tussen die punte van die duim en wysvinger van die ondersoeker.

Hierna word die maagvel effens weggetrek en dan skielik laat los. Daar behoort geen velvoue gesien te kan word

nie. Hoe meer velvoue opsigtelik sigbaar is en hoe langer die velvoue neem om te verdwyn, hoe meer ontwater

is die kind. Langer as ongeveer drie sekondes kan dui op baie ernstige ontwatering. Hierdie is nie ‘n baie

betroubare kliniese teken nie maar word genoem omdat dit onder oorlewingstoestande nuttig kan wees.136 Die fontanelle (die sagte plekkies bo-aan in die middel van die kop van kleiner kinders jonger as ongeveer 18

maande) kan visueel geïnspekteer word. Indien sodanige fontanelle gepalpeer (ondersoek met betasting) word

moet dit uiters versigtig en sagkens gedoen word.137 Selfs in die Voortrekkers se tyd is kinders tragies dood nadat hulle giftige plante geëet het- hoeveel te meer nie

die hedendaagse kind (veral onder oorleeftoestande) nie.

46

Hidrasie133 (hydration):

Die hidrasie toestand van 'n kind is besonder belangrik. Indien 'n kind siek is, is een van die belangrikste

mikpunte om sorg te dra dat die kind nie sal ontwater nie en indien die kind reeds ontwater het moet stappe

onmiddellik in plek gestel word om die ontwatering om te keer. Dehidrasie (ontwatering) in kinders kan

snel dodelik wees. Belangrike tekens en simptome van ontwatering in kinders sluit in lusteloosheid,

belangeloosheid, geïrriteerdheid, vertraagde kapillêre hervultyd 134, verminderde velturgor135, ingesonke oë,

ingesonke fontanelle136, ens. Sop en jellie bied twee goeie metodes om kinders vog te laat inneem. Indien

ontwatering vermoed word moet hidrasiemiddel pligsgetrou elke paar minute aangebied word. Sien dehidrasie

in paragraaf 2.3.Medisyne en voetnota 114 in die OORLEEFHANDLEIDING.

Kom munikasievermoë:

Kinders se vermoë om veral verbaal te kommunikeer is uiters beperk. Daarom veral in kleiner kinders is die

tekens van akute siekte afhanklik van noukeurige waarneming van die kind; dikwels nonspesifiek en beperk

deur hulle kommunikasievermoë. Tekens en simptome (sommige reeds hierbo genoem) soos geïrriteerdheid,

verminderde slaap of verstoorde nagrus, verminderde eet veral 25% minder as normaalweg, verminderde spel,

oormatige of skielike vaakheid, lam- en tamheid, huil sonder ooglopende rede, voortdurende klaerigheid, ens.

is redes tot kommer wat deeglike kliniese ondersoek vereis.

Neonatale tydperk:

Die eerste 28 dae na geboorte word die neonatale tydperk genoem. Hierdie is ‘n baie unieke

aanpassingstydperk in elke mens se lewe. Spesiale sorg word uitgeoefen t.o.v. die neonaat se versorging en

beskerming (ook teen siektes), soveel te meer as oorleef word. Vele aspekte van die normale lewe wat as

alledaags aanvaar word, bestaan nie vir die neonaat nie, bv.

(1) Neonate is gedwonge neus asemhalers en haal nie deur hulle monde asem nie. Neusies moet daarom oop

gehou word in hierdie ouderdomsgroep deur bv. die stadige toediening (indrup) van enkele druppels

fisiologiese soutoplossing as die neusie verstop raak met mukus.

(2) Neonate genereer nie voldoende eie liggaamshitte nie en word daarom toegewikkel in kombersies om hulle

warm te hou. Soortgelyk sal neonate nie altyd as hulle siek is ‘n koors ontwikkel nie (soos bejaardes).

(3) Borsmelk is verreweg die beste kos vir neonate.

Ongelukke:

Voorkom ongelukke in kinders veral in die ouderdomsgroep rondom twee jaar. Tref veral voorsorg teen val

(en seerkry), brandwonde (warm vloeistowwe wat op hulleself afgetrek word of waarin hulle beland soos

badwater) en inname van gif en plante137. Kinders onder die ouderdom van vyf jaar het die hoogste voorkoms

van brandwonde indien brandwonde volgens ouderdom geklassifiseer word. In hierdie ouderdomsgroep is

warm vloeistowwe die hoofoorsaak van brandwonde.

Page 51: Mediese Handleiding

138 Kennis is mag.139 Sien Steele, R., The Management of Anaphylaxis in Primary Care, Best Practice, Desember 2008, pp. 10-17140 Simptome en tekens van anafilakse is alreeds genoem maar sluit in: Akute aanvang en progressie

(ontwikkeling oftewel verslegting) van lugweg bedreiging (swelling van die lugweg, stridor en moeite om te sluk),

asemhalingsversteurings, sirkulatoriese ineenstorting sowel as velveranderings (urtikaria, ens.) Anafilakse kan

verwar word met ‘n paniekaanval, skok, vasovagale aanval (floutes), vreemde voorwerp in die lugweg, ens. Indien

die moontlikheid van anafilakse bestaan maar daar nie lewensbedreigende simptome en tekens van respiratoriese

nood en kardiovaskulêre ineenstorting aanwesig is nie, kan die volgende oorweeg word: Die pasiënt word

voortdurend dopgehou vir enige verslegting in kliniese toestand en orale antihistamiene en kortikosteroïede word

toegedien ten tyde van sodanige monitering van die vitale tekens en kliniese toestand.141 Alhoewel adrenalien ook subkutaan (onbetroubare absorpsie), intraveneus en as inhalant toegedien kan word,

sal die gekose keuse intramuskulêr (IM) wees tensy gespesialiseerde mediese leiding beskikbaar is.142 Adrenalien dosisse vir IM toediening tydens anafilakse is: 0.5 mg vir ‘n volwassene, 0.3 mg vir kinders 6 tot

12 jaar ouderdom, 0.15 mg vir kinders onder ses jaar en 0.01 mg/kg vir babas onder 6 maande ouderdom.143 Die laterale kant is bv. die buitekant van die bo-arm, buitekant van die bobeen, ens. Hierteenoor is die mediale

aspek nader aan die middellyn van die liggaam geleë soos die binnekant van die bobeen en binnekant van die bo-

arm. Die twee terme word altyd relatief tot mekaar gebruik, sodat, as na enige punt op die liggaam verwys word,

mediaal daarvan nader aan die middellyn van die liggaam sal wees en lateraal die teenoorgestelde rigting.

47

Vanaf die baba dae, in alle ouderdomsgroepe , tot en met die ouderdom van 35 jaar, trek die manlike geslag

verreweg aan die kortste ent in die voorkoms van ongelukke, beserings en sterftes. In die slegste van hierdie

ouderdomsgroep verdelings sterf seuntjies vier keer meer as dogtertjies a.g.v. ongelukke.

Daar moet veral gelet word daarop om nie rowwe spel sonder meer aan te moedig nie. Seuntjies sal in elk

geval rof speel.

12.ALGEMENE WENKE EN GOEIE RAAD138

Hieronder volg ‘n aantal (losstaande) medies belangrike gedagtes wat toegepas kan word om die algehele

gesondheidstoestand van die liggaam (‘n Tempel vir God Drie-enig) en derhalwe die siel te verbeter. Sommige

van ondergenoemde mag nie in die besonder van toepassing wees op oorlewingstoestande per se nie, maar kan

wel baie nuttig wees tydens ‘n voorbereidings- of beplanningsfase.

Allergiese reaksies139:

Daar is deurgaans inligting genoem in hierdie handleiding soos voetnotas 19 en 20 asook allergiese reaksies in

paragraaf 2.3.Medisyne in die OORLEEFHANDLEIDING wat as voorkennis beskou word. Die belang van

allergiese reaksies onder oorlewingstoestande is veral gemik op die allergiese reaksie noodgeval anafilakse.

Anafilakse is ‘n akute hipersensitiwiteitsreaksie wat lewensbedreigend kan wees. Dit kan volg na blootstelling

aan ‘n allergeen of antigeen soos gevind in geneesmiddels, kos, insekbyte, bysteke, ens. Hoe vinniger die

aanvang van die sim ptome en tekens is (bv. onmiddellik, binne sekondes, na etlike minute of ontwikkeling

binne ure, ens.) hoe ernstiger en meer dodelik is die toestand gewoonlik. Resussitasie vorm die basis van die

behandeling en ‘n goeie noodhulpkursus sal al die betrokke aspekte in detail aanspreek.

Die bespreking hieronder word slegs ter inligting aangebied sodat die leser ‘n idee kan vorm van die

behandeling van anafilakse.

Onder oorlewingstoestande moet doodseker gemaak word dat die toestand wat ontwikkel wel anafilakse is140.

Die pasiënt kan op sy rug laat lê word en die bene opgelig word om bloedvloei terug na die hart te verbeter.

Indien die mate van lughonger te groot is kan ‘n sittende posisie egter meer gepas wees. Die allergeen of

antigeen (bv. angel van die by na ‘n bysteek) moet indien moontlik onmiddellik verwyder word.

Die hoeksteen van die behandeling bestaan uit die intramuskulêre (IM) toediening141 van 0.5 mL 1:1000

adrenalien soos genoem in voetnota 20 hierbo142, in die anterolaterale (anterior beteken voor en lateraal

beteken aan die buitekant oftewel weg vanaf die middellyn143) aspek van die m iddelste derde van die

Page 52: Mediese Handleiding

144 Die bobeen word virtueel (denkbeeldig) in drie gelyke lengtes verdeel. Nou bestaan daar ‘n boonste derde,

middelste derde en ‘n onderste derde. Die belang vir die IM inspuiting is die middelste derde van die bobeen.145 Hipovolemie (verminderde bloedvolume binne-in die bloedvate) kan skok veroorsaak omdat reuse uitvloei van

die intravaskulêre vog vanuit die binnekant van die bloedvate tot binne-in die omliggende weefsels kan plaasvind.146 Maak die mond toe nadat gedeeltelik ingeasem is. Druk nou die neusvleuels toe met die vingerpunte. Beweeg

die kop etlike kere stadig op en af terwyl die asem opgehou word. Die neus behoort meer oop te wees nadat hierdie

bewegings gestaak word. Indien die neus erg toe is sal bg. etlike kere herhaal moet word. Die voorafgaande se

werkingswyse berus o.a. op die verandering van die konsentrasie koolstofdioksied (CO2) in die neus en die invloed

wat dit op bloedvatgrootte (kaliber) uitoefen.147 Indien ‘n materiaal chemies met die kos daarin of daarop reageer word dit deel van die voedsel en sodoende

ingeneem in die liggaam.148 Dit sou uiters naïef wees om sonder meer te aanvaar dat daar regulasies en kwaliteitsversekeringspraktyke in

plek is wat universeel toegepas word om die gebruiker te beskerm. Veral in die huidige kommersiële klimaat waar

voortdurend gestreef word daarna om produkte goedkoper en vinniger te vervaardig, word kwaliteit dikwels

ingeboet en produksie kortpaaie gekies. Die magdom produkte van lae kwaliteit, vervaardig in Oosterse lande en

oraloor verkrygbaar, is die openlike getuies van sulke vervaardigingspraktyke.

48

bobeen144. Hierdie toediening van adrenalien word na elke ongeveer 5 minute intervalle herhaal indien daar

geen of slegs minim ale verbetering in die pasiënt se toestand is nie. Let wel dat 1:1000 adrenalien oplossing

gelykstaande is aan 1 g per 1000 mL oftewel 1000 mg per 1000 mL oftewel 1 mg per mL. Hierna kan ‘n

antihistamien toegedien word. Onder oorlewingstoestande sal IV vog145 sowel as suurstof toediening

waarskynlik nie beskikbaar wees nie. Indien asemnood ontwikkel ten spyte van die adrenalien toediening

onder oorlewingstoestande kan asmapompies (wat o.a. bv. salbutamol bevat) nuttig wees om asemhalingsnood

te help behandel. ‘n Verdere geneesmiddel wat van hulp kan wees is kortikosteroïede soos IV hidrokortisoon

200 mg elke ses uur (volwasse dosis) vir ‘n paar dae of die orale prednisoon ekwivalent (ongeveer 60 mg

daagliks vir enkele dae) as niks anders beskikbaar is nie. Die kortikosteroïede word laaste genoem en

toegedien omdat die aanvang van werking daarvan die stadigste is.

Vir nie-lewensbedreigende allergiese reaksies soos jeuk, hooikoors, veluitslae soos urtikaria, ens. kan ‘n

antihistamien (loratadien, cetirisien, prometasien, ens.) en/of kortikosteroïed gepas wees.

Asemhaling:

Haal altyd deur die neus asem en vermy mondasemhaling ten alle koste. Die neus verwarm (tot ongeveer

30oC), suiwer, bevogtig (tot ongeveer 80 % relatiewe humiditeit), ens. normaalweg die inkomende lug en dit

kan krities wees in heelwat siektetoestande soos allergieë en asma. Indien die neus toe is, kan gepoog word om

dit fisiologies oop te maak146. ‘n Chroniese toe neus kan lei tot allerlei gesondheidsprobleme.

Beskerming teen biologiese en chemiese oorlogvoering:

Dit is ‘n ongelukkige realiteit dat daar onwelkome blootstelling aan ongewenste chemikalieë en/of

mikroörganismes kan wees tydens biologiese en/of chemiese oorlogvoering. Dit kan bv. geskied indien die

heersende winde sodanige produkte in die rigting waar oorleef word versprei. Daar bestaan vele handleidings

(bv. van die V.S.A. weermag) en ander inligting wat gratis m.b.v. ‘n internetsoektog gevind kan word, wat kan

help met voorbereiding teen sodanige tipes oorlogvoering. Indien beplande oorlewing plaasvind kan

gasmaskers, ens. aangeskaf word. Alle elektroniese toerusting (insluitende mediese toerusting) behoort

verkieslik in Faraday hokke gestoor en beskerm te word teen elektromagnetiese pulse (sien

OORLEEFHANDLEIDING paragraaf 2.5.Oorlewingsbehoeftes nota oor aluminiumfoelie .

Eetgerei:

Onder ideale omstandighede sal eetgerei van inerte materiale vervaardig wees, m.a.w. nie chemies met kos

reageer nie147. Veral die suurinhoud van menige kossoort (bv. tamaties) reageer chemies met allerlei materiale

(metale, plastiek, ens.) wat algemeen vir kos voorbereiding gebruik word. Die glasuursel wat vir erde- en

keramiekware soos borde en bekers gebruik word, kan (steeds vandag nog) lood bevat148.

Page 53: Mediese Handleiding

149 Plastiseermiddels hou die plastiek “sag” so as ‘n duimreël is sagter plastieke ‘n groter gevaar as termoharde

plastieke.150 Die eerste vroeëre Peugeot meulens se maal meganismes was vanselfsprekend nie van vlekvrye staal nie.151 Indien borde geen dekoratiewe insetsels of patrone op het nie, word die kontak met nog meer chemikalieë

uitgeskakel, indien dit so verkies sou word.152 Enamel kan nie diepbraai oftewel langdurige kook in diep olie (vir bv. vetkoek) weerstaan nie. Hierdie tipe

gaarmaakmetode van kos is uiters ongesond en behoort so ver moontlik vermy te word. Dit is egter geen probleem

om kos gaar te maak in vlakker hoeveelhede olie in enamel kookware nie.

49

Indien dit enigsins m oontlik is, probeer plastiek(e) vermy as kosmaakgereedskap. Giftige

plastiseermiddels149 kan voortdurend uitlek tydens die kook- of voorbereidings- of opdienproses en

langsamerhand kan die liggaam vergiftig word. Hoe hoër die temperatuur is waaraan die plastiek blootgestel

word hoe meer plastiseermiddel sal uitlek. Bv., bisphenol A lek uit vanaf polikarbonaat.

Soortgelyk is alle vlekvrye stale beslis nie gelyk nie. (Sien bv. die voetnota oor nikkel in die bespreking van

katoenonderklere hieronder.) Veral indien metaal implemente gebruik word in vlekvrye staal kookgerei kan

die metaaloppervlak beskadig (erodeer) word deur die implemente. Die molekules wat sodoende losgeskeur

word vanaf die vlekvrye staal metaaloppervlak tydens die kosmaakproses beland in die kos en word ingeneem.

Gepaardgaande hiermee kan ander korrosiewe of erosiewe prosesse (bv. was in ‘n skottelgoedwasser met

chemikalieë en ander reinigers) allerlei materiale soos chroom, nikkel, ens. wat in vlekvrye staal voorkom in

die kos laat beland. Die leser kan gerus ouer (swakker tipes) vlekvrye staal kookgereedskap neem en dit onder

‘n ligmikroskoop bestudeer. Dikwels kan vele klein putte en gate aan die oppervlak van sulke swakker tipes

vlekvrye stale, gevorm deur korrosie en/of erosie, waargeneem word. Soms kan hierdie letsels aan die

vlekvrye staal selfs met die blote oog waargeneem word ! Dit móét egter ook hier vermeld word dat alle

vlekvrye stale nie oor dieselfde kam geskeer kan word nie. Bv., die vlekvrye staal maal meganisme van die

soutmeulens wat Peugeot in Frankryk vervaardig sedert 1842150 en oor die dekades heen algaande verbeter het,

is superieure vlekvrye staal (vir die doel waarvoor dit aangewend word). Indien vlekvrye staal gebruik word

moet die beste moontlike kwaliteit, bv. vervaardig in Europa, aangeskaf word. Vlekvrye stale mag op die oog

af dieselfde lyk maar ook hier is die spreekwoord waar: Goedkoop koop, is duurkoop.

Aluminium kookware behoort vermy te word a.g.v. die assosiasie daarvan met degeneratiewe siektes soos

Alzheimer se siekte.

Koper kookgerei se kos kontakvlak word normaalweg deur ‘n ander materiaal (‘n metaal soos tin of nikkel)

bedek omdat koper kookware by hoë temperature koper in die kos uitlek. Koper reageer ook meer geredelik

chemies met kos tydens die voorbereidingsfase en beland só in die kos. Indien die koper kookware met bv. tin

uitgevoer is, is dit chemies meer inert as die koper self en is die chemiese karakteristieke daarvan t.o.v. kos

vervaardiging dié van die belyningsmateriaal (in die geval tin). Daar bestaan baie goeie koper kookgerei wat

tin belyn is (Mauviel). Sorg moet vanselfsprekend gedra word dat die tin bedekkingsoppervlak nie weggewerk

word tydens die kosmaakproses nie. Dikwels moet tinbelynde koper kosmaakgereedskap na ‘n aantal jare weer

vertin word.

Verreweg die beste materiale vir eetgerei en kookgereedskap is INERT soos glas (borde van glas van bv.

Luminarc151) of ander inerte materiale soos enamel152 beslaande gietyster (Le creuset potte, panne en

kastrolle). Houtprodukte van nie-giftige houtsoorte soos olyfhout is in die handel beskikbaar (Berard

olyfhout produkte) en m aak verreweg die beste tipe implem ente vir die kosmaakproses uit.

Genetika:

Maak jou vriendelikheid goedkoop maar jou vriendskap duur, lui die spreekwoord. Dieselfde is waar

betreffende iemand se genetiese samestelling. Ontsag moet gehandhaaf word waar gene gedeel word want

nadat gene saamgevoeg is kan dit nie weer in die toekoms geskei word nie en maak die genetiese produk ‘n

deel uit van ál die verdere nasate. Dit is wel so dat ‘n individu se genetiese samestelling (met o.a. genetiese

vatbaarheid en weerstand teen siektetoestande) sowel as die omgewing waarin hy verkeer, ‘n invloed op hom

Page 54: Mediese Handleiding

153 Dawid het sonde gepleeg deur sy hunkering na ‘n vrou (sien 2 Samuel 11 verse 2 tot 15). So ook sy seun

Salomo (sien 1 Konings 11 verse 1 en 2). Abram het ontken dat Sarai sy vrou is in Egipte (sien Génesis 12 verse

11 tot 20) en sy seun Isak het soortgelyk ontken dat Rebekka sy vrou is (sien Génesis 26 verse 7 tot 11).154 Gewoontes verander met verloop van tyd in karakter.155 Dit is belangrik om te onthou dat verreweg die meerderheid seep oor géén of weglaatbare an timikrobiese

aktiwiteit beskik nie. Seep se doel is die wegneem van vette en ander ongewenste vuiligheid en nié sterilisering of

mikroörganisme vermindering nié. ‘n Spesiale antimikrobiese seep moet gebruik word as lg. die doelwit is.156 Die meerderheid maatreëls betreffende higiëne se grondslag word gelê in die kinderjare waar dit die ouerlike

plig is om kinders goeie gewoontes aan te leer soos hand voor die mond indien gehoes word, ens.157 Enkele idees is: Verbrand of begrawe ongewenste vasteafval. Skuif die vasteafval ligging gereeld soos benodig.

Moet nooit stroom-op vanaf ‘n kampeerplek urineer nie. Reinig die hande deeglik na urinering en ontlasting. Gooi

kalk op enige karkasse wat begrawe word.158 Soms word daar in die media berig van siekte uitbrake soos hepatitis in geïsoleerde gemeenskappe waar

menslike ontlasting as bemestingstof in die landbou gebruik is. Sodanige praktyke moet uitgeroei word.159 Direkte kontak verspreiding van patogene (siekteveroorsakende) mikroörganismes geskied o.a. d.m.v. persoon

tot persoon kontak asook deur persoon tot voorwerp (fomiet) en dan voorwerp tot persoon kontak. M.a.w. die

pasiënt kan óf aan iemand anders raak en hom sodoende die organisme gee óf die pasiënt kan aan ‘n voorwerp raak

waaraan ‘n niksvermoedende persoon later kom raak en sodoende blootgestel word aan die patogene organisme.

Die waarde van gereelde handewas is veral duidelik vanuit bogenoemde.160 Baie algemene maniere waarop kos besmet word is die volgende:

(1) Kosmaakgereedskap word gebruik vir die hantering van rou én gaar vleis. Kosmaakgereedskap wat met rou

vleis in aanraking was moet nooit weer later tydens die kosmaakproses gebruik word nie.

(2) Rou vleis se sous/aftreksel kom in kontak met ander kossoorte (hierdie mag bloot mikroskopiese klein

hoeveelhede wees en die individu wat die kos voorberei merk dit normaalweg nie eens op nie). D it kan selfs in

bv. ‘n yskas geskied sonder dat die individu daarvan bewus was as bv. rou vleis in ‘n rakkie bokant ander kosse

gestoor was.

(3) Vleis soos hoender is nie behoorlik gaar gemaak voordat dit opgedien is nie.

(4) Hande word nie gewas as kos geoes, hanteer, voorberei of geëet word nie.

(5) Daar word gehoes of genies bo-oor kos wat voorberei word.

50

uitoefen. Die bydrae van die genetiese komponent word dikwels totaal en al onderskat153. Iemand se gene

beweeg al duisende jare lank deur ‘n menigte voorsate voordat dit vandag in die individu te vinde is. Die gene

behoort daarom verantwoordelik bewaar en met respek en waardering gekoester te word; soortgelyk aan die

wyse waarop die kind van God Drie-enig met die aarde omgaan om dit te bewerk en te bewaar. Versigtigheid

behoort verder aan die dag gelê te word met (weldeurdagte) daaglikse optrede154, watter persoonlikheidstrekke

in die eie ek aanmoedig word, ens.

Higiëne:

Die staat van persoonlike higiëne is altyd belangrik maar soveel te meer onder oorlewingstoestande. Handhaaf

die hoogste moontlike mate van persoonlike higiëne. Dit sluit in kort en netjiese skoon naels, gereelde

selfreiniging en handewas155, netj iese skoon hare, die vermyding van gedurige aanraak van die neus of oë,

ens156. Dink voortdurend aan praktiese maatreëls hoe higiëne verbeter kan word soos

(1) verbetering van vasteafval wegdoenmetodes157 en toiletreëls158,

(2) bekamping van druppelverspreiding (hoes, nies, ens.),

(3) direkte kontak verspreiding beperking159,

(4) besmette kos/water/grond voorkoming160 en

(5) peste (vlieë, brommers, ens.) se vernietiging.

Hou eenvoudige maatreëls alreeds elders genoem deurentyd in gedagte soos isolasie (plaas van die pasiënt

onder kwarantyn om die pasiënt se bewegings en kontak met ander persone en fomiete te beperk). Higiëne is

veral belangrik onder oorlewingstoestande omdat bv. honger iemand kan noop om omgewenste kortpaaie te

Page 55: Mediese Handleiding

161 Indien werklikwaar geen water beskikbaar is nie kan die hande skoongevryf word met bv. die koue as van ‘n

uitgebrande vuur as plaasvervanger.162 Sien Levítikus 19:19163 Sekere individue is allergies vir bv. nikkel indien dit met die vel in aanraking kom (selfs net as oorbelle) en ‘n

allergiese kontakdermatitis ontwikkel dan in sodanige vatbare persone. Gevalle is ook al aangeteken waar vlekvrye

staal (wat gewoonlik nikkel bevat) tot kontakdermatitis aanleiding gegee het. Kontakdermatitis kan ook bv.

ontwikkel as chemiese oplosmiddels wat tydens die vervaardigingsproses nie volledig uitgewas is nie, in items

soos kledingstukke of sandale agterbly en dan met die gebruiker se vel in aanraking kom. Dit is duidelik dat dié

items wat met die grootste sorg en hoogste mate van kwaliteitsversekering gemaak is die gekose artikels sal wees.164 Hierdie beweging is nie fisies moontlik nie.

51

neem tydens kos voorbereiding óf omdat toepaslike gedrag nie uitgevoer kan word nie (bv. geen water is

beskikbaar om die hande mee te was161 nie.) Sien ook siektevoorkoming hieronder.

Katoenonderklere:

Probeer om nie materiale waarvan kledingstukke gemaak is te meng nie (hierdie was as wet vir die Israeliete in

die Ou Testament neergelê162.) Kies ten alle koste natuurlike materiale soos wol en katoen om te dra as dit

binne die begroting enigsins moontlik is. Indien dit nie moontlik is nie, probeer dink aan maniere hoe dit binne

die begroting kan inpas (offer ander begrotingsitems op indien nodig)- die stof teenaan die vel (‘n

liggaamsorgaan) het ‘n wesenlike invloed op die werking en gesondheid daarvan163 sowel as op die res van die

liggaam. Onderklere wat van sintetiese materiale vervaardig is verhoog die risiko vir bv. blaasinfeksies, veral

in vroue omdat hulle uretra korter is as mans s’n. Kies onderklere wat uitsluitlik van katoen vervaardig is.

Ore:

Moet nooit enigiets in jou oor sit nie, uitgesonderd jou elmboog aan dieselfde kant as die spesifieke oor164.

Deur enige vreemde voorwerp in die oor te plaas word die natuurlike proses van sellulêre beweging (migrasie)

vanaf die oordrom (timpanum) in die rigting van die oorskulp (pinna) versteur en sodanige versteuring kan lei

tot infeksie en vele ander kwale. Moet m.a.w. nie jou ore met wattepluisies skoonmaak nie ! Hou die

binnekante van jou ore so droog as moontlik om probleme soos otitis externa (gehoorkanaal infeksie) te

probeer vermy. Indien ‘n oor geblokkeer is deur oorwas, kan onder oorlewingstoestande probeer word om die

blokkasie op te hef, as volg: ‘n Paar druppels van ‘n eetbare olie soos olyfolie word in die oor geplaas- laat die

olie indrup deurdat die vinger in die olie gedruk word waarna die vinger bokant die gehoorkanaal gehou word

en die kop kant toe gedraai word sodat die geblokkeerde oor na bo wys. Nadat die olie ingedrup het, kan die

tragus (die kraakbeen punt van die oorskulp wat anterior (aan die voorkant) van die gehoorkanaal geleë is,

liggies vir 30 sekondes gemasseer word om die olie in die gehoorkanaal te laat inbeweeg. Indien die ore onder

oorlewingstoestande uitgespuit moet word a.g.v. meganiese oorwas blokkering, behoort die oorwas eers

versag te word m.b.v. bg. metode vir ‘n dag of wat. Daarna kan ‘n inspuiting en IV kannule (wat deeglik vas is

aan die inspuiting) baie versigtig gebruik word terwyl met louwarm water gemik word na die dak (bokant) van

die gehoorkanaal en die oor effens afwaarts gekantel word om dreinering aan te help. Bg. kan net uitgevoer

word as daar geen kontra-indikasie is nie en die oordrom geslote is (m.a.w. geen tipe perforasie van die

timpanum nie.)

Siektevoorkoming:

Voorkoming is beter as genesing. Behandel enige siektetoestand of wond vroegtydig en so effektief as wat

moontlik is. Voorkoming kan die lewe red onder oorlewingstoestande waar die gepaste behandeling

waarskynlik nie beskikbaar sal wees nie. Daar moet gepoog word om so goed as wat moontlik is te eet en die

geestesgesondheid moet so goed as moontlik wees. Sien ook higiëne hierbo.

Tandepasta:

Meng 45 mL koeksoda, 15 mL fyn sout, 20 mL gliserien, 1 tot 2 druppels water en 10 druppels geurmiddel bv.

pepperment, naeltjie of kaneel essensiële olie vir ‘n tuisgemaakte tandepasta onder beplande

oorlewingstoestande. Veral naeltjie essensiële olie maak al honderde jare lank deel uit van tandheelkundige

preparate en dit behoort beslis deel van die beplande oorlewingsmiddele te vorm.

Page 56: Mediese Handleiding

165 Een van die eerste tekens dat iemand in skok (hipovolemies, anafilakse, kardiogeen, ens.) begin verkeer is

gewoonlik ‘n versnelling in polsslag, waargeneem met verloop van tyd (bv. oor enkele minute of selfs ure). Hierna

word ‘n val in bloeddruk gewoonlik waargeneem as die polsslag sodanig vermeerder het dat dit nie regtig meer

veel vinniger kan geskied nie. Die liggaam begin dekompenseer en die bloeddruk val. Hierdie verandering in vitale

tekens met tydsverloop is een van die belangrike redes waarom vitale tekens vier keer per dag (of meer of minder

gereeld afhangend van die kliniese scenario) onder hospitaaltoestande deur verpleegpersoneel genoteer word. Die

tendense van die vitale tekens oor tyd verskaf belangrike inligitng aangaande die liggaam se homeostase. Dit is

betreklik maklik om vitale tekens onder oorlewingstoestande te monitor en vroegtydig op te tree alvorens probleme

na vore kom.166 Beskou bv. die polsslag. Die polsslag bestaan uit ‘n tempo (rate) bv. 75 slae per minuut, ritme (rhythm) bv.

sinus (reëlmatig) of arritmie (onreëlmatig) sowel as ‘n kontraksie sterkte (force) m.a.w. flou polsslag of sterk

polsslag. Elkeen van hierdie karakteristieke is belangrik en kan deur vele veranderlikes beïnvloed word.

52

Urienweginfeksies:

Veral vroue, a.g.v. o.a. ‘n korter uretra (urienwegkanaal) is vatbaar vir urienweginfeksies. So ook (sekere)

dogtertjies van kleuterouderdom wat geneig is om met vuil hande aan hulle geslagsdele te vat. Deur goeie

higiëne en ouerlike betrokkenheid by opvoeding behoort hierdie bekamp te kan word. Algemene maatreëls om

urienweginfeksies te beperk sluit in:

(1) Die passering van uriene direk na seksuele omgang,

(2) die dra van katoenonderklere,

(3) die vermyding van veral sintetiese en styfpassende onderklere,

(4) die vermyding van parfuum en (seep)poeiers na-aan die geslagsdele, en

(5) die afvee na toiletbesoek vir stoelgangpassering van vóór na agter met die toiletpapier.

Cranbessie (Vaccinium macrocarpon) is bewys om van hulp te wees tydens die voorkoming van

urienweginfeksies. Onder oorlewingstoestande kan probeer word om 1000 mg vitamiene C elke 6 uur in te

neem vir enkele dae. Sodanige vitamiene C sal hoofsaaklik deur die uriene uitgeskei word, die uriene aansuur

(pH verlaag) en derhalwe kan verskeie mikroörganismes wat urienwegsiekte veroorsaak doodgaan omdat die

optimale groeitoestande vir hulle vernietig word. Verder moet genoegsame hoeveelhede water (8 tot 10 glase

per dag) gedrink word. Sien die voetnota by materiale in paragraaf 6.DIE MEDIESE TAS vir inligting

aangaande uriene doopstokkie toetsing.

Vel:

Voorkom baie velsiektes deur die vel skoon en droog te hou. Hou alle vingernaels kort en skoon en netjies.

Moenie aan velletsels krap nie (om verdere infeksie, mikroörganisme verspreiding en weefselskade te

bekamp.) Indien die vel blootgestel is aan 'n giftige stof, was die vel lank (10 minute of meer) en deeglik met

vry lopende skoon water.

Vitale tekens:

Die vitale (lewensbelangrike) tekens sluit in die polsslag, temperatuur en bloeddruk. Soms word die

asemhalingstempo ook hierby gevoeg. Dit is nie om dowe neute dat hierdie tekens so genoem word nie en ‘n

magdom hoeveelheid inligting kan vanuit die monitering daarvan afgelei word165. Die behoorlike

interpretasie van vitale tekens behels die assimilasie van soveel inligting166 dat hier volstaan sal word met die

noem van die normale reikwydtes. Indien hierd ie onderwerp deeglik bestudeer wil word kan ‘n bron soos dié

aangedui onder Kliniese ondersoek in paragraaf 13.Bykomende inligting hieronder geraadpleeg word.

Polsslag: Die polsslag kort na geboorte is ongeveer 120 tot 140 slae per minuut. Hierdie tempo neem vinnig af

en teen ongeveer 6 maande ouderdom is die reikwydte 90 tot 130 per minuut. Hierna verstadig dit algaande

verder totdat dit ongeveer 80 tot 110 slae per minuut is teen die ouderdom van 5 jaar. In volwassenes word die

normale reikwydte van polsslag as 60 tot 100 slae per minuut beskou.

Liggaamstemperatuur: Dit is normaalweg ongeveer 36.5 tot 37.0 grade Celcius. Die gebied tussen 37.5 en

38.0 grade Celcius staan bekend as laegraadse koors en bokant 38.0 grade Celcius kan algemeen van koors

Page 57: Mediese Handleiding

167 ‘n Spieël is besonder nuttig indien die voete behoorlik inspekteer wil word.168 Voorbeelde van boeke word hieronder genoem. Die outeur het die werklik besondere boeke probeer uitwys as

sulks terwyl die res genoem word om aan die leser ‘n vertrekpunt te verskaf.169 ‘n Goeie bron is Browse, N. L., An Introduction to the Sym ptoms and Signs of Surgical Disease, Arnold.170 ‘n Puik verwysingsbron is Edwards, C. R. W. et al, Davidson’s Principles and Practice of Medicine, Churchill

Livingstone.171 ‘n Uitstekende boek wat die outeur beslis ten sterkste aanbeveel is Murtagh, John, John Murtagh’s General

Practice, McGraw-Hill, 2007.172 Netter, Frank, Atlas of Human Anatomy, Ciba-Geigy is waarskynlik die beste bron bekend.

53

gepraat word. Een belangrike aspek om van kennis te neem is dat die metaboliese tempo drasties versnel as

die liggaam stemperatuur verhoog. Derhalwe verhoog die liggaamlike vloeistofbehoeftes sowel as die

energiebehoeftes sodanig dat veral meer vloeistof ingeneem behoort te word onder koorstoestande.

Bloeddruk: Vir volwassenes is die aanvaarde normale bloeddruk ongeveer 120 oor 80 mm kwik. Spesiale

tabelle bestaan vir die bloeddrukke van kinders en dit word nie roetineweg bepaal n ie. Die bloeddruk apparaat

se bandgrootte is krities tydens bloeddrukbepaling.

Asemhalingstempo: Die normale reikwydte is ongeveer 40 tot 50 keer per minuut in die pasgeborene, 20 tot 30

keer per minuut teen die ouderdom van 2 jaar waarna dit verder geleidelik afneem om die volwasse reikwydte

van 12 tot 20 keer per minuut te bereik teen ongeveer 12 jarige ouderdom.

Voetsorg:

Veral diegene met verswakte gesondheid (bejaardes, diabete, ens.) behoort hulle voete besonder goed te

versorg. Die toestand van die voete is dikwels ‘n sprekende voorbeeld van die algemene gesondheidstoestand

van die individu, want dit is een van die eerste dele van die liggaam wat swakker versorg en verwaarloos word

as die algemene gesondheid begin afneem. Let veral op na enige nuwe kneusplekke, vergroeiings (eelte, ens.),

swelling, snye, skrape, kleurverandering, haarverlies, toestand van die naels bv. naelinfeksie, ens167. Indien die

voete afgedroog word moet dit liggies droog gedruk word en nie gevryf word nie. Pas die voete op onder

oorlewingstoestande en vermy alle voet trauma.

Voetskimmel (fungusinfeksie) kan verhoed word deur nie items soos handdoeke te deel nie en die voete

genoegsaam te belug deur kaalvoet te loop sowel as die voete voldoende sonligblootstelling te verleen. Vermy

die blootstel van die voete aan klam en donker omgewings.

Voorbehoeding:

Voorbehoeding kan problematies raak onder oorlewingstoestande, veral as vooraf beplanning nie uitgevoer is

nie. Dit word aanbeveel dat bv. ‘n studie gemaak word van al die beskikbare natuurlike metodes van

swangerskapsbeperking alvorens dit noodsaaklik word, tensy voldoende voorsiening gemaak is vir óf

geneesmiddel voorbehoeding óf swangerskap en bevalling onder beplande oorlewingstoestande. Daar moet

ook in gedagte gehou word dat toestande soos diaree en antibiotika kursusse die voorbehoedende uitwerking

van geneesmiddel voorbehoeding vir ‘n tyd lank kanselleer.

13.BYKOMENDE INLIGTING

Die OORLEEF- en MEDIESE HANDLEIDING(S) bevat heelwat inligting op beknopte wyse aangebied maar

die hoop word gekoester dat die leser se kennis uitgebrei sal wil word na die lees hiervan. Bykomende

inligting kan volgens eie behoeftes uitgebrei word, en enkele idees168 vir onderwerpe spesifiek betreffende die

MEDIESE handleiding wat stuksgewys aangespreek kan word (in alfabetiese volgorde gelys) is die volgende:

! Algemene chirurgiese toestande insluitende bv. urienwegtoestande169.

! Algemene mediese toestande170 van die hart, longe, senuweestelsel, ens.

! Algemene Praktisyn (GP) handboek171 as algemene verwysingsbron.

! Anatomie172 om meer te wete te kom oor die strukture/fisiese uitleg van die liggaam.

Page 58: Mediese Handleiding

173 Tydens die skryf van die Torah oftewel Pentateug (eerste vyf boeke van die Ou Testament) was Moses wel

deeglik geskool in die Egiptiese mediese gebruike van die dag omdat hy opgegroei het in die Farao se huis. Daar

is egter géén verwysing na sodanige aardse mediese praktyke en gebruike in die Torah/Pentateug nie. Al wat wel

genoem word is die Goddelik geïnspireerde mediese reëls (sien bv. Levítikus hoofstuk 13.)174 Daar bestaan verskeie puik boeke betreffende Dermatologie. Kies ‘n boek wat ‘n atlas is (m.a.w. baie foto’s

wat georden aangebied word), sowel as ‘n atlas wat oor ‘n diagnostiese sleutel of -indeks beskik. Hiermee word

bedoel dat die boek ingedeel is in dele op só ‘n manier dat diagnose onder oorlewingstoestande aangehelp sal word

bv. hoofstukke sal uit items bestaan soos gepigmenteerde letsels, swellings, rooi uitslae, ens.175 Benut ‘n boek soos Kaplan, H . I. et al, Synopsis of Psychiatry, Lippincott.176 Een van bes bekende boeke wat ooit oor hierdie onderwerp gepubliseer is en gereeld hersien en weer

gepubliseer word is Munro, J. et al, Macleod’s Clinical Examination, Churchill Livingstone.177 Indien hierdie onderwerp bestudeer wil word moet verseker word dat wetenskaplik verantwoordelike en

verantwoordbare inligting verkry word. Sien as voorbeeld van literatuur wat hieraan voldoen

OORLEEFHANDLEIDING paragraaf 2.8.2.5.Plantkunde die eerste inksrywing (Braun et al.).178 Sien die voetnota rakende Medisinale plante hierbo.179 ‘n Bron wat maklik leesbaar en goed uiteengesit is, is Dhillon, R. S. et al, Ear, Nose and Throat and Head and

Neck Surgery- An Illustrated Colour Text, Churchill Livingstone.180 ‘n Pediatrie boek spesifiek geskryf vir Suider-Afrika se omstandighede is Coovadia, H. M. et al, Paediatrics

& Child Health- A M anual for Health Professionals in the Third World , Oxford University Press.181 Sien die voetnota in paragraaf 5.KLEINER CHIRURGIESE PROSEDURES vir ‘n voorbeeld van‘n puik boek.182 ‘n Maklik leesbare boek vol inligting is Passmore, R. et al, Davidson and Passmore's Human Nutrition and

Dietetics, Churchill Livingstone.

54

! Bybeltudies bv. oor mediese aspekte wat in die Bybel genoem word 173.

! Dermatologie174, wat veltoestande aanspreek.

! Dieregesondheid indien diere aangehou wil word.

! Eerstehulp (noodhulp) kursus.

! Farmakologie, betreffende geneesmiddelwerking.

! Fisiologie, die normale werking van die liggaam.

! Geestesgesondheid175.

! Gesondheid onder ramptoestande.

! Ginekologie, die gesondheid van dit eie aan die vrou.

! Infeksiesiektes.

! Kliniese ondersoek176, hoe om ‘n pasiënt te ondersoek en die tekens wat gevind kan word se interpretasie.

! Literatuur deurgaans genoem in die OORLEEF- en MEDIESE HANDLEIDINGS.

! Mediese woordeboek (om ander bronne te help verstaan).

! Medisinale plante177.

! Menslike gedragswetenskap.

! Natuurlike medisyne178.

! Obstetrie, die studie van swangerskap, kraam en postnatale sorg.

! Oftalmologie, die gesondheid van die oog.

! Oor-, neus- en keelheelkunde179.

! Pediatrie180, die kindergeneeskunde.

! Siektevoorkoming.

! Tandheelkunde.

! Vaardighede181 soos die plaas van intraveneuse infusies, gee van inspuitings, ringblok van vingers, ens.

! Vergiftiging.

! Voeding (dieet) in gesondheid182.

14.TEN SLOTTE

Mag God Drie-Enig skenk dat hierdie twee handleidings nuttig in Sy kinders se lewens mag wees.

Page 59: Mediese Handleiding

55

Mag dit vir die Christen en Christin leser geloofsversterking en verbeterde daaglikse wandeling met ons

Persoonlike Saligmaker en Verlosser Jesus Christus beteken en mag dit hulp bied in enige (ook moeilike) dae

wat vir ons voorlê.

Boeregroete aan my volksgenote in Suid-Afrika óf waar hulle hulle ook al tans mag bevind.

Geloofsgroete aan al my Broers en Susters in onse Here Jesus Christus.