mens is nooit te oud om te leer nie…calitzdorp-everything.co.za/wp/.../2015/12/...2016.pdf ·...

4
1 Newsletter 11 August 2016 Tel: (044) 213-3775 E-mail: [email protected] Website: www.calitzdorp.org.za Facebook: https://www.facebook.com/CalitzdorpTourism/ Gebeurtenisse in en om Calitzdorp: Ons wil graag ‘n beroep doen op alle Calitzdorpers om ons asb op hoogte te hou van gebeurtenisse in en om die dorp, sodat ons dit met almal kan deel. Onthou asb dat alle nuus en advertensies ons moet bereik voor Woensdae 12:00. Byvoorbaat dankie Arendchia. Mens is nooit te oud om te leer nie… Museums Lewe Ek was 14 toe my ma my ‘n T-hemp gegee het met die logo “Museums Lewe” daarop. Soos enige tiener het ek van T-hemde gehou en dit trots gedra, want geen ander tiener wat ek geken het, het ook so ‘n hemp gehad nie. Daar was prentjies van al d ie Museums in Suid-Afrika se kosbaarste besittings daarop en dit was lekker om te raai waar elkeen hoort. Vandag, as grootmens met ‘n ma wat haar lewe opgedra het aan Museums, beteken daardie T-hemp vir my iets heel anders, want sekere Museums lewe….en ander is dood…..selfs grafstil….Nie oor die versameling van gewyde artikels of die paar rustelose sie le wat daar rondhang nie, maar die feit dat daar geen liefde van die lewende siele wat daar werk aan die versameling of besoekers geskenk word nie. As Museumbaba wat grootgemaak is deur ‘n Museum ma en pa….ken ek die meeste Museums in Suid-Afrika. Was selfs vir ‘n kort periode die hoof van ‘n kunsmuseum in die Oos-Kaap waar ek eenmaal na ‘n groot koloniale gebou genooi is om saam met ander geskokte kurators te gaan soek na die museum se koloniale skatte wat oornag verdwyn het. Die renosterhorings van Sir Cecil John Rhodes het glo eerste by die voordeur uitgestap…Al wat oor was van die versameling was die nuwe wit winkelpoppe in die foyer in tradisionele Afrika rokke met die radio in die een hoek wat harde Xhosa musiek speel se antenna wat sommer ook gedien het as draadjie voor die versameling sodat jy jou plek ken en aan niks mag raak nie.… Almal wou huil….maar ek het gelag, want dit het my laat dink aan my ma se Museum. In my ma se Museum het dit nog altyd gelewe…..Daar was nog altyd tannies wat ure sit en tee drink….baba’s wat rondkruip en aan Do Not Touch papiertjies kou…iemand wat skelm in die toilet rook…..eensame siele wat wil kom drink van my ma se fontein van ewige kennis van kruie….iemand met ‘n stoffer in die hand wat ook sommer dien as tea lady…..’n blinde hondjie wat onder ‘n riempies bank begin kou aan ‘n seuntjie se kakebeenwa (ek het dit regtig gesien in die Cradock Museum…belowe) en natuurlik ‘n hoenderveer of twee…..want dis waar my ma se geliefde hoenderhaan slaap snags….in die groot ou kluis van die ou Standerd Bank gebou…Gedink dis net die Calitzdorpse kerkklok wat mense snags die hoenders in maak? So moenie verbaas wees as jy dalk op ‘n hoendereier afkom in die Calitzdorpse Museum nie…..en moet ook nie kla nie…..want hierdie Museum Lewe…..bedags en snags….. Maraja Badenhorst-Burger Oop vergadering van die Leeskring (almal welkom) 17 Augustus 2016 17h30 vir 18h00 Bydrae R30 pp Kom ontmoet die skrywer van die debuutroman “Struisvoël” Skakel asb Briëtte Barry (0845833642) om te sê jy kom. H/v Koninginstr en Van Riebeeckstr (Gebou van Jako Voges) ART ON TRACK PROGRAM www.calitzdorp.net/index.php/art- track-2016/ BOUPROJEK Op 31 Desember 2014 het Anna van Wynegaard se huis, waar sy en haar seun Thys woon, afgebrand. Gevolglik is daar besluit om ‘n gemeenskapswye bouprojek te loods waar ons as gemeenskap hande vat om Anna se huis te herbou. Ons vra gevolglik vir bydraes uit die gemeenskap om die bouprojek te help finansier. Daar is reeds sedert vanoggend donasies ontvang, maar ons beoog om sowat R100 000.00 te in vir die herbou van haar huis en het u ondersteuning nodig. Donasies kan betaal word aan: NG Kerk Calitzdorp, ABSA, Reknr. 405 643 2968, Verw: Jou Naam & Bouprojek. NG Kerk Calitzdorp Ons staan nou op R22 500!

Upload: lamtuong

Post on 22-Feb-2018

313 views

Category:

Documents


69 download

TRANSCRIPT

Page 1: Mens is nooit te oud om te leer nie…calitzdorp-everything.co.za/wp/.../2015/12/...2016.pdf · track-2016/ BOUPROJEK huis, ... plek wenners onthaal word om die ontwikkelaars te ontmoet

1

Newsletter – 11 August 2016 Tel: (044) 213-3775 E-mail: [email protected] Website: www.calitzdorp.org.za

Facebook: https://www.facebook.com/CalitzdorpTourism/

Gebeurtenisse in en om Calitzdorp: Ons wil graag ‘n beroep doen op alle Calitzdorpers om ons asb op hoogte te hou van gebeurtenisse in en om die dorp, sodat ons dit met almal kan deel. Onthou asb dat alle nuus en advertensies ons moet bereik voor Woensdae 12:00. Byvoorbaat dankie Arendchia.

Mens is nooit te oud om te leer nie… Museums Lewe

Ek was 14 toe my ma my ‘n T-hemp gegee het met die logo “Museums Lewe” daarop. Soos enige tiener het ek van T-hemde gehou en dit trots gedra, want geen ander tiener wat ek geken het, het ook so ‘n hemp gehad nie. Daar was prentjies van al d ie Museums in Suid-Afrika se kosbaarste besittings daarop en dit was lekker om te raai waar elkeen hoort.

Vandag, as grootmens met ‘n ma wat haar lewe opgedra het aan Museums, beteken daardie T-hemp vir my iets heel anders, want sekere Museums lewe….en ander is dood…..selfs grafstil….Nie oor die versameling van gewyde artikels of die paar rustelose sie le wat daar rondhang nie, maar die feit dat daar geen liefde van die lewende siele wat daar werk aan die versameling of besoekers geskenk word nie.

As Museumbaba wat grootgemaak is deur ‘n Museum ma en pa….ken ek die meeste Museums in Suid-Afrika. Was selfs vir ‘n kort periode die hoof van ‘n kunsmuseum in die Oos-Kaap waar ek eenmaal na ‘n groot koloniale gebou genooi is om saam met ander geskokte kurators te gaan soek na die museum se koloniale skatte wat oornag verdwyn het. Die renosterhorings van Sir Cecil John Rhodes het glo eerste by die voordeur uitgestap…Al wat oor was van die versameling was die nuwe wit winkelpoppe in die foyer in tradisionele Afrika rokke met die radio in die een hoek wat harde Xhosa musiek speel se antenna wat sommer ook gedien het as draadjie voor die versameling sodat jy jou plek ken en aan niks mag raak nie.…

Almal wou huil….maar ek het gelag, want dit het my laat dink aan my ma se Museum. In my ma se Museum het dit nog altyd gelewe…..Daar was nog altyd tannies wat ure sit en tee drink….baba’s wat rondkruip en aan Do Not Touch papiertjies kou…iemand wat skelm in die toilet rook…..eensame siele wat wil kom drink van my ma se fontein van ewige kennis van kruie….iemand met ‘n stoffer in die hand wat ook sommer dien as tea lady…..’n blinde hondjie wat onder ‘n riempies bank begin kou aan ‘n seuntjie se kakebeenwa (ek het dit regtig gesien in die Cradock Museum…belowe) en natuurlik ‘n hoenderveer of twee…..want dis waar my ma se geliefde hoenderhaan slaap snags….in die groot ou kluis van die ou Standerd Bank gebou…Gedink dis net die Calitzdorpse kerkklok wat mense snags die hoenders in maak?

So moenie verbaas wees as jy dalk op ‘n hoendereier afkom in die Calitzdorpse Museum nie…..en moet ook nie kla nie…..want hierdie Museum Lewe…..bedags en snags…..

Maraja Badenhorst-Burger

Oop vergadering van die

Leeskring (almal welkom)

17 Augustus 2016

17h30 vir 18h00

Bydrae R30 pp

Kom ontmoet die skrywer van

die debuutroman “Struisvoël”

Skakel asb Briëtte Barry

(0845833642) om te sê jy kom.

H/v Koninginstr en Van

Riebeeckstr

(Gebou van Jako Voges)

ART ON TRACK

PROGRAM

www.calitzdorp.net/index.php/art-track-2016/

BOUPROJEK

Op 31 Desember 2014 het Anna van Wynegaard se

huis, waar sy en haar seun Thys woon, afgebrand.

Gevolglik is daar besluit om ‘n gemeenskapswye

bouprojek te loods waar ons as gemeenskap hande vat

om Anna se huis te herbou.

Ons vra gevolglik vir bydraes uit die gemeenskap om

die bouprojek te help finansier. Daar is reeds sedert

vanoggend donasies ontvang, maar ons beoog om

sowat R100 000.00 te in vir die herbou van haar huis

en het u ondersteuning nodig. Donasies kan betaal

word aan: NG Kerk Calitzdorp, ABSA, Reknr. 405 643

2968, Verw: Jou Naam & Bouprojek.

NG Kerk Calitzdorp

Ons staan nou op R22 500!

Page 2: Mens is nooit te oud om te leer nie…calitzdorp-everything.co.za/wp/.../2015/12/...2016.pdf · track-2016/ BOUPROJEK huis, ... plek wenners onthaal word om die ontwikkelaars te ontmoet

2

KAANA

BOORDE VOL BLOEISELS

Foto kompetisie

Die ontwikkelaars van KAANA in Calitzdorp in samewerking met De Krans Wyne is opgewonde om alle professionele en amateur fotograwe te betrek om in te skryf vir hul fotografie kompetisie wat geloods sal word by die jaarlikse “Boorde vol Bloeisels” op 27 Augustus 2016 by die De Krans in Calitzdorp.

Die oogmerk van die kompetisie is om fotograwe die geleentheid te gee om die leefstyl en karakter van Calitzdorp soos uitgebeeld in die wingerde, boorde, berge en natuurskoon vas te vang. Fotograwe word uitgenooi om die pragtige Klein Karoo dorpie te besoek gedurende die fees terwyl bloeisels ontvou in die vrugteboorde van De Krans en hul kameras te laat gons om daardie perfekte moment of beeld vas te vang.

Die wenner sal ʼn verdere kommissie opdrag ontvang om 14 fotos aan die ontwikkelaars te lewer wat Calitzdorp en sy Klein Karoo omgewing en atmosfeer uitbeeld. Elkeen van die fotos sal geblokmonteer word en in elkeen van die nuut geboude wonings in KAANA geplaas word as geskenk aan die nuwe eienaar. Die wen fotograaf sal R500 per foto betaal word wat deur die ontwikkelaars gekies word vir die doel, ‘n totale prys van R7000! Tweede prys R2000, en die derde prys R1000.

Die inskrywingsvorms is slegs beskikbaar by De Krans Wyne se proelokaal op die 27ste Augustus 2016. Alle deelnemers word dan 14 dae vanaf datum gegun om hul fotos aan te beid vir beoordeling deur professionele beoordeelaars. Die wenners sal op 24 September 2016 bekend gemaak word en tesame met die 2de en 3de plek wenners onthaal word om die ontwikkelaars te ontmoet en hul pryse te ontvang.

Vir enige navrae kontak ons gerus by 044-2133314, e-pos by [email protected] of vir Ferdi by 082 465 5119.

TripAdvisor The 3 Best Calitzdorp Restaurants https://www.tripadvisor.co.za/Restaurants-g472519-Calitzdorp_Western_Cape.html

\

#1 - Porto Deli

111 reviews

“Good Portuguese food” 21/07/2016 “Tasty and cosy” 20/07/2016

Price: R83 - R330

Cuisines: Seafood, Mediterranean, European, Portuguese

#2 - Die Handelshuis

Restaurant

73 reviews

“Perfect evening!” 29/06/2016 “LOVED IT!” 25/05/2016

Price: R28 - R303 Cuisines: Healthy, European

#3 - Giovanni's Italian

Country Kitchen

10 reviews

“Authentic Italian cooking” 20/06/2016 “Saturday afternoon” 15/06/2016

Cuisines: Italian, Pizza

Anacho

Properties

Page 3: Mens is nooit te oud om te leer nie…calitzdorp-everything.co.za/wp/.../2015/12/...2016.pdf · track-2016/ BOUPROJEK huis, ... plek wenners onthaal word om die ontwikkelaars te ontmoet

3

Posbus 116

Tel: 044 21 33 405 Faks: 044 21 33 804

E-pos: [email protected] CALITZDORP

6660

VROUE DAG:

Ons opregte dank aan die volgende persone vir hul ondersteuning aan die afgelope vrouedag program.

1. Giovanni’s 2. De Krans 3. Boplaas 4. Calitzdorp Wynkelder 5. Fanie Geyser 6. Deon Kriek 7. Hoërskool Calitzdorp 8. Edmundo Jansen 9. Kenneth Rhode 10. Waseem van der Westhuizen 11. Lucian Scheepers 12. Toerisme 13. Juanita en Marthinus Pretorius 14. Route 62

ACVV lewer maatskaplike dienste aan kwesbare kinders, gesinne, vroue en ouer persone/ ACVV renders social services to vulnerable children, families, women and older persons

SAAM IN DIENS VAN DIE GEMEENSKAP TOGETHER IN SERVICE OF THE COMMUNITY

SIKUNYE KWIINKONZO ZOLUNTU RE MMOGO MO DITIRELONG TSA LOAGO

Events Calendar 2016 Calitzdorp and surroundings

ITEM

DATE

CONTACT

Arts on Track

Calitzdorp

6 - 14 Aug 2016 Mike Muuren 083 285 4751 [email protected] www.calitzdorp.net

Bloeiselfees

Calitzdorp

27 – 28 Augustus 2016 De Krans, 044 213 3314 [email protected]

Rooiberg Rendezvous

Calitzdorp - Vanwyksdorp

To be notified Zelma Kriek - 082 576 5855 [email protected]

Apricot Harvest Festival

Calitzdorp

Late November - early December 2016 Zelma Kriek – 082 576 5855 [email protected]

Advertisements

HOUSE & PET SITTING Very reliable / Flexible fees

I am Hanlie Steyn who had been taking care of people’s property and animals since 1987 at the age of 16yrs. I am very content with my own company and asure you to have no social gathering at your home. I am a person of very sober habbits and find grate pride and joy in what I do.

Reference: Please feel free to contact Karin & Phillip Honiball at 072 271 7830 / 071 361 9713. Contact me @060 337 0963

Page 4: Mens is nooit te oud om te leer nie…calitzdorp-everything.co.za/wp/.../2015/12/...2016.pdf · track-2016/ BOUPROJEK huis, ... plek wenners onthaal word om die ontwikkelaars te ontmoet

4

BOPLAAS, BLOEISELS &

LAM SKENKEL PORT POTJIE Saterdag, 27 Augustus

Die Nel-familie van Boplaas nooi jou uit om die dag van

geselligheid saam met hul te kom geniet op Calitzdorp.

LAM SKENKEL PORT POTJIE

Tyd: vanaf 11:30

Prys: R280 per paar

(sluit ‘n bottel wyn in van u keuse uit ‘n seleksie van

Boplaas wyne tussen ‘n paar)

Beperkte aantal kaartjies beskikbaar.

Bespreking noodsaaklik teen

Donderdag oggend, 25 Augustus.

Ander aktiwiteite:

Brandewyn & Whiskey sitkamer in die distilleerdery.

Speel park & springkasteel

Roosterkoek boerewors rolletjies vir kinders.

Craft brandewyn mengel-drankies

Proe van kampioen wyne

Wyne op promosie

Kontak Jeanette vir besprekings:

Tel: 044 213 3326

E-pos: [email protected]

www.boplaas.co.za

Our move has been very successful - we want to thank our locals and visitors as well. August will be an event-full SPECIAL month

for all. 1. Our opening days stretch from Wednesday

to Sunday now. 2. We have an evening now - Fridays up to

8pm. 3. And Sundays - eat as much as you like -

strictly by reservation from 11am - 2pm. Bookings: Giovanni 072 037 6057 or Wendy

083 428 1108