menslike reaksies tot die omgewing

33
MENSLIKE REAKSIES TOT DIE OMGEWING Bestaan uit TWEE stelsels wat bestudeer moet word: 1.Senuweestelsel 2.Endokriene stelsel

Upload: biana

Post on 11-Jan-2016

170 views

Category:

Documents


6 download

DESCRIPTION

MENSLIKE REAKSIES TOT DIE OMGEWING. Bestaan uit TWEE stelsels wat bestudeer moet word: Senuweestelsel Endokriene stelsel. Inleiding. Om te oorleef moet alle organismes reageer op veranderinge in hul eksterne en interne omgewings - PowerPoint PPT Presentation

TRANSCRIPT

Page 1: MENSLIKE REAKSIES TOT DIE OMGEWING

MENSLIKE REAKSIES TOT DIE OMGEWINGBestaan uit TWEE stelsels wat bestudeer moet word:

1.Senuweestelsel2.Endokriene stelsel

Page 2: MENSLIKE REAKSIES TOT DIE OMGEWING

Inleiding• Om te oorleef moet alle organismes reageer op

veranderinge in hul eksterne en interne omgewings

• Ekstrene omgewing: Omgewing buite die liggaam bv. van die faktore wat mag verander soos temperatuur, lig, beskikbaarheid van water ens. in hulle natuurlike omgewing of habitat.

• Interne omgewing: Omgewing binne-in die ligaam bv. konsentrasie van CO2, O2, H2O rondom selle/weefsels/organe binne-in die liggaam.

Page 3: MENSLIKE REAKSIES TOT DIE OMGEWING

Inleiding (vervolg.)• Menslike reaksies tot hierdie veranderinge in die

omgewing vind plaas om stabiliteit/balans binne-in die organisme instand te hou

• Organismes neem veranderinge in die omgewing waar as ‘n stimulus.

• Hierdie impulse word na die brein gestuur wat die inligting interpreteer en stuur ‘n ander boodskap terug na die deel van die liggaam wat die deel inlig/vertel hoe om te reageer.

Page 4: MENSLIKE REAKSIES TOT DIE OMGEWING

Homeostase • Die liggam werk hard om sy interne omgewing

so konstant as moontlik te hou. • Al die organe en stelsels van die liggaam werk

saam om hierdie stabiele interne toestand te skep.

• Die proses van handhawing van ‘n konstante selomgewing in die liggaam, word homeostase genoem.

• Die endokriene en senuweestelsel, ons ko-ordinasiestelsels, speel ‘n baie belangrike rol in regulering van homeostase. Bv. Bloeddruk, glukose vlakke in die bloed, menstruasie, ens.

Page 5: MENSLIKE REAKSIES TOT DIE OMGEWING

Menslike Senuweestelsel - Wat om te leer

• Strukture van 3 tipes neurone, senubundels, oordra van ‘n impuls (Maak van diagramme)

• SSS, Perifere, Outonome (simpatiese & parasimpatiese), versteurings/afwykings

• Verskille tussen ‘n refleksboog en ‘n refleksaksie• Bou (diagramme maak) en funksie van ‘n

eenvoudige refleksboog, Belangrikheid van ‘n refleksboog

• Sintuigorgane (Oog en Oor) - tekeninge

Page 6: MENSLIKE REAKSIES TOT DIE OMGEWING

Koördinasie in mense

Senuwee koördinasie Chemiese koördinasie

Sentrale senuwee-

stelsel

Perifere en outonome

senuweestelsel

Singuig- reseptore & sintuig-

organe

Endokriene stelsel

Terugvoer- meganismes

Oor- & onder-

sekresie

Page 7: MENSLIKE REAKSIES TOT DIE OMGEWING

Mensike senuweestelsel is ‘n kompleks stelsel

Page 8: MENSLIKE REAKSIES TOT DIE OMGEWING

Inwendige bou van die menslike brein illustreer die verskillende dele

Hipotalamus

Serebrum

Serebellum

RugmurgBenige werwel van die werwelkolom

Page 9: MENSLIKE REAKSIES TOT DIE OMGEWING

Funksies van sekere dele van die brein

Serebellum• Koördineer bewegings van willekeurige spiere• Hou jou balans en ewewig instand deur die spiertonus te beheer

Page 10: MENSLIKE REAKSIES TOT DIE OMGEWING

Funksies van sekere dele van die brein

Hipotalamus• Beheer jou bloeddruk• Beheer jou liggaamstemperatuur• Reguleer jou vlakke van dors en honger• Reguleer emosies soos woede en plesier• Reguleer jou slaappatrone(Beheersentrum vir homeostase)

Page 11: MENSLIKE REAKSIES TOT DIE OMGEWING

Funksies van sekere dele van die brein

Serebrum • Beheer alle willekeurige spieraksies • Ontvan en interpreteer sensasies van sig, tas, gehoor, smaak, reuk en spraak• Verantwoordelik vir hoër denkprosesse soos geheue, rede, oordeel en intelligensie• Verantwoordelik vir gedrag en emosies

Page 12: MENSLIKE REAKSIES TOT DIE OMGEWING

Funksies van sekere dele van die brein

Medulla oblongata (dieselfde struktuur as die rugmurg)

• Beheer belangrike onwillekeurige aksies soos hartklop en asemhaling• Stel elke helfte van jou brein instaat om die opponerende deel van jou liggaam te beheer• Gelei senu-impulse tussen die rugmurg en die brein

Page 13: MENSLIKE REAKSIES TOT DIE OMGEWING

RUGMURG

Brein

Rugmurg

Hoof senuwees

Rugmurg

Page 14: MENSLIKE REAKSIES TOT DIE OMGEWING

DWARSSNEë van RUGMURG

Witstof Grysstof

Ganglion

Page 15: MENSLIKE REAKSIES TOT DIE OMGEWING

Funksies van sekere dele van die breinRugmurg• Verbind die brein met al die organe van die liggaam (behalwe die in die kop en nek)• Vervoer sensoriese inligting na die brein vir interpretasie• Vervoer dan motoriese inligting van die brein na die effektore (spiere en kliere)• Dit is die sentrum vir die refleksaksies, wat die liggaam instaat stel om baie vinnig te reageer op skadelike stimuli deur die gebruik van die refleksboog.

Page 16: MENSLIKE REAKSIES TOT DIE OMGEWING

‘n Tipiese senuwee-sel – ‘n NeuronDendriete

Selmembraan

Selliggaam

Nissl-liggaam

Akson

Knoop van Ranviermiëlienskede

Neurilemma

Gedeelte van akson uitgesny om groot lengte te vertoon

Motoriese eind-plaat in effektorspier

Bou van ‘n multipolêre neuron (motories neuron)

Kern van Schwannsel

Schwannsel

rigting van impuls

Page 17: MENSLIKE REAKSIES TOT DIE OMGEWING

Bou en funksie van drie tipes neurone

Tipe neuron Funksie Bou 

Sensoriese (afferente) neuron

Erken die stimulus

 

Vervoer impulse van die sintuie of reseptore na die rugmurg

Sensoriese neuron (Selliggaam is buite die SSS geleë)

Page 18: MENSLIKE REAKSIES TOT DIE OMGEWING

Bou en funksie van drie tipes neurone

Tipe neuron Funksie BouInterneuron (verbindingsneuron)  Word in die brein en rugmurg gevind

Verbind die sensoriese neuron met die motoriese neuron

Interneuron

Page 19: MENSLIKE REAKSIES TOT DIE OMGEWING

Bou en funksie van drie tipes neurone

Tipe neuron Funksie BouMotoriese (efferente) neuron Reageer op ‘n stimulus

Vervoer impulse van die brein en rugmurg na die effektore (spiere en kliere). Die effektore voer die reaksie uit.

Motoriese neuron(Selliggaam is binne die SSS geleë)

Page 20: MENSLIKE REAKSIES TOT DIE OMGEWING

Die oordra van ‘n senu-impuls van een neuron na die volgende

Akson

Gestoorde neuro-oordraer molekulesSinaptiese

vesikelNeuro-oordraers word vrygestelReseptore

Sinaps-gaping

Dendriet

Tekening illustreer hoe ‘n senu-impuls oorgedra word via die sinaps-gaping

Page 21: MENSLIKE REAKSIES TOT DIE OMGEWING

Belangrikheid van sinapse

• Maak seker dat impulse in een rigting beweeg

• By die sinapse, kan die senu-impulse versnel, vertraag of geblokkeer word deur die vrystelling van hormone of die gebruik van dwelmmiddels

Page 22: MENSLIKE REAKSIES TOT DIE OMGEWING

Uitwerking van sekere dwelm-middels op die SSS: EcstacyIs ‘n stimulant wat die produksie van neuro-oordraer serotonien, in die brein verhoog. Dit verhoog die aktiwiteit van die neurone wat bui/gemoedstoestand, slaap, pyn, emosie en eetlus reguleer. Uitwerking..• voel baie goed aanvanklik,• later raak die persoon depressief en slaperig• uiteindelik langdurige depressie, veranderde buie en swak slaappatrone

Page 23: MENSLIKE REAKSIES TOT DIE OMGEWING

Uitwerking van sekere dwelm-middels op die SSS: Heroïen

Is ‘n narkotiese middel. Verslaafdes spuit heroïen in hulle are in. Wanner dit die brein bereik verbind dit met spesiale reseptore op sekere neurone wat betrokke is in pynpersepsie en in die medulla oblongata. Die uitwerking is om …•Pyn te verdoof, veroorsaak dat die persoon voel gelukkig, vry van angstigheid en tevrede; •Dit verander vinnig tot ‘n slaperige toestand,

Page 24: MENSLIKE REAKSIES TOT DIE OMGEWING

Uitwerking van sekere dwelm-middels op die SSS: Heroïen(vervolg)

Oordosis van heroïen onderdruk die

neurone van die medulla oblongata, wat

die asemhalingstempo en harttempo

onderdruk en uiteindelik dood veroorsaak.

Page 25: MENSLIKE REAKSIES TOT DIE OMGEWING

Uitwerking van sekere dwelm-middels op die SSS: Dagga

Dagga is ‘n hallusinasiemiddel. Dele van ‘n dagga- plant word gerook. Dit bevat ± 60 verskillende chemikalieë wat ‘n uitwerking op die brein het.THC heg aan die reseptore van neurone wat gebruik word vir korttermyngeheue, denke, konsentrasie, en tyd- en afstand- persepsie. Die uitwerking is ‘n gevoel van plesier gevolg deur geheueverlies, persoonlikheidsversteuring, depressie en angstigheid.

Page 26: MENSLIKE REAKSIES TOT DIE OMGEWING

Uitwerking van sekere dwelm-middels op die SSS: Tik

• Is ‘n stimulant. Wanneer dit die brein bereik, veroorsaak dit ‘n skielike toename in neuro-oordraer, genoem dopamien, wat ervaring van genot en gedragsbeheer reguleer. Uitwerkings …

• Vernietig die dopamienreseptore – onmoont-lik om genot of gedragsbeheer te ervaar

• ly aan angstigheid, uiterste aggresie en grootheidswaansin (vals idees)

Page 27: MENSLIKE REAKSIES TOT DIE OMGEWING

Refleksaksie en refleksboog• ‘n Rekleksboog is ‘n spesifieke senu-baan wat ‘n

refleksaksie uitvoer sonder om na die brein te gaan vir interpretering.

Bestudeer die tekening van die refleksboog opdie volgende skuifie:

‘n Senu-baan (refleksboog) bestaan uit die volgende:

reseptor, sensoriese neuron, dorsale wortel, rugmurg metdie interneuron, motoriese neuron, ventrale wortel, eneindig in ‘n effektor.

Page 28: MENSLIKE REAKSIES TOT DIE OMGEWING

Diagram van ‘n refleksboog Reseptore

Sensoriese neuron

Effektor(spier)

Motoriese neuron

Ventrale wortel

Interneuron

Rugmurg

Dorsale wortel

Grys-stof

Witstof

Page 29: MENSLIKE REAKSIES TOT DIE OMGEWING

Beskryf die meganisme van ‘n refleksaksie‘n Voorbeeld:1.‘n Persoon prik (stimulus) ‘n vinger2. Pynreseptore in die vinger gewaar die stimulus3.Reseptore skakel die stimulus om in ‘n senu- impuls4. ‘n Sensoriese neuron gelei die senu-impuls. Die sensoriese neuron gaan die rugmurg binne via die dorsale wortel tot in die rugmurg. 5.Binne die rugmurg word die impuls gelei vanaf die sensoriese neuron tot in die interneuron, die interneuron gelei die impuls tot in die motoriese neuron.

Page 30: MENSLIKE REAKSIES TOT DIE OMGEWING

Beskryf die meganisme van ‘n refleksaksie

6. Die motoriese neuron verlaat die rugmurg via die ventrale wortel.

7. Die motoriese neuron gelei die senu-impuls na die effektor (spier). Die spier treksaam en

die vinger word weggetrek van die stimulus.

Memoriseer die beskrywing van ‘n refleksaksiesaam met die tekening van ‘n refleksboog.

Page 31: MENSLIKE REAKSIES TOT DIE OMGEWING

Belangrikheid van ‘n refleksboog Refleksboog …• is ‘n vinnige, outonome reaksie op ‘n stimulus; hoef nie na die brein te gelei te word vir inter- pretering en dan weer terug gelei word na die rugmurg nie.• is nie ‘n aangeleerde aksie nie / onwillekeurig• is ingebou in die anatomie van die liggaam• beskerm die liggaam teen skadelike stimuliDie interneuron maak ‘n kortpad in die rugmurg moontlik.

Page 32: MENSLIKE REAKSIES TOT DIE OMGEWING

STEURINGS VAN DIE SENUSTELSELAlzheimer se siekte

Is ‘n progressiewe, degeneratiewe siekte van die brein, wat geheue en denkvermoë laat afneem. Algemeen in ouer persone en affekteer beide mans en vroue. Die oorsake van Alzheimer word nog nie tenvolle verstaan nie, wetenskaplikes meen dat die siekte ontwikkel wanneer •sinapse in die brein verstop met chemiese verbindings raak wat normaal verwyder word,•breinselle gaan dood en die wat oorbly het minder konneksies as normaal,

Page 33: MENSLIKE REAKSIES TOT DIE OMGEWING

Alzheimer se siekte

Persone met ernstige Alzheimer siekte kan nie behoorlik kommunikeer nie en is afhanklik van ander mense vir hulle sorg.

Huidiglik is daar geen behandeling wat die voortgang van die siekte kan vertraag of stop nie.