miernes des 2012 - schooniehs.co.za · inter, die classic clash en die ligawedstryde se bywoning....

6
Hoërskool Schoonspruit Miernes Liewe Schoonies CARPE DIEM! (GRYP DIE DAG!). Dit beteken dat jy vandag moet doen wat jou hand vind om te doen. Dit beteken dat jy nie moet uitstel nieen dat jy jou tyd na die beste van jou vermoë moet bestee. Die Spreukedigter praat ook hieroor wanneer hy sê: “Gaan na die mier, luiaard, kyk hoe hy werk en leer by hom. Hierdie publikasie is sprekend van hoe die Schoonies hierdie jaar gewerk het. Julle het op elke moontlike terrein gewerk en regtig goed presteer. Ek is trots! Hoe meet ons egter ons sukses in 2012? Moes jy of jou span eerste gekom het om te kan sê dat ons suksesvol was? Moet daar noodwendig ‘n beker in die kas staan om suksesvol te wees? Ek sê ons was uiters suksesvol as gevolg van die volgende bel- angrike feite: Ons kan terugkyk in ‘n jaar waarin ons 512 wedstryde gespeel het. Ons het altyd netjies gelyk en ons goeie gedrag op die sportvelde is deur toeskouers opgemerk. Elke leerder het die geleentheid gehad om hom/ haarself ten volle uit te leef in die sport-/ kultuursoort van hul keuse. Spanne wat deurgedring het na uitspeelrondtes het ons naam regoor die Noordvaal streek uitgedra. Sportmangees het te alle tye geseëvier—respek verdien respek. Ondersteuners was puik! Dink maar aan die Inter, die Classic Clash en die ligawedstryde se bywoning. Talle leerders het hulle maats ondersteun deur in tegniese hoedanigheid te dien langs die velde. Ouers en borge het ‘n reuse rol gespeel in ons sukses. Dankie daarvoor. Die ouers en maats by die verversingshuis het ons ondersteun in die lekker kos wat ons aan die gang gehou het. Onderwysers het baie hard gewerk om dit vir ons lekker te maak by al die aktiwiteite. Ons het gegroei - fisies maar ook geesteli- kons was suksesvol. Baie dankie vir al die harde werk oor die hele jaar heen. Julle was puik! Geniet die vakansie en kom terug vir 2013 - ons het alreeds baie vir julle beplan. Geseënde Christusfees Dries de Beer Aan die einde van die jaar kan ons met trots terugkyk na al die aktiwiteite wat plaasgevind het en ook die groot suksesse wat behaal is. Ons het die jaar afgeskop met die Kuiken- kamp, kuikenkonsert, kuikensokkie en op dié wyse al die verwarde en onseker Gr8’s in geburger as volwaardige Schoonies! Dan was daar ook die Inter waar ons atlete puik presteer het! Op die pawiljoen het ons ook “mooi gemaak” en weereens vir almal gewys dat Schoonies die BESTE is! Tussendeur die atletiek het ons ook al begin met wintersport en het al verskeie wedstryde agter die rug. Al ons spanne het puik gevaar, veral die 0/15 A- rugbyspan. Wat deurgedring het na die Beeld-finale in Piet Retief. Die 0/14 A netbalspan het ook die Schoonies se naam hoog gehou toe hul as ligawenners die seisoen afgesluit het ook deurgedirng na die Ons het ook ons heel eerste Classic Clash teen Wollies aangebied wat ’n reuse sukses was en! Dan was daar nog die Volkswagen Sport- dag, die netbal en hokkieaandreeks asook ons kriektet wat soos gewoonlik gekook het. Die meisieskrieketspan is NW- wenners en lewer twee NW-speelsters op! Ons is ook beloon vir ons harde met ‘n hip- pie-pretdag waar almal kon aantrek soos hippies en net die dag geniet. Ons Schoonies het ons ook trots gemaak by verskillende kultuuraktiwiteite soos die Re- denaars, Public Speaking, Koor, en nog vele meer! Die nuwe mnr en mej. Schoonie is ook hier- die jaar aangewys tydens ‘n prag- geleentheid. Boonop het ons nog tussen al die sport en pret tyd gemaak vir akademie. Tydens die Gr12 akademiese prysuitdeling is Francois Pretorius aangewys as die Dux leerder vir 2012 en ons sien uit na die Gr12’s se uitslae aan die einde van die jaar... Schoonies het die jaar net weer bewys dat ons op alle gebiede kan presteer en ons sien uit na 2013!!!!!

Upload: others

Post on 18-Jan-2020

4 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Miernes Des 2012 - schooniehs.co.za · Inter, die Classic Clash en die ligawedstryde se bywoning. Talle leerders het hulle maats ondersteun deur in tegniese hoedanigheid te dien langs

Hoërskool Schoonspruit Miernes

Liewe Schoonies CARPE DIEM! (GRYP DIE DAG!). Dit beteken dat jy vandag moet doen wat jou hand vind om te doen. Dit beteken dat jy nie moet uitstel nieen dat jy jou tyd na die beste van jou vermoë moet bestee. Die Spreukedigter praat ook hieroor wanneer hy sê: “Gaan na die mier, luiaard, kyk hoe hy werk en leer by hom. Hierdie publikasie is sprekend van hoe die Schoonies hierdie jaar gewerk het. Julle het op elke moontlike terrein gewerk en regtig goed presteer. Ek is trots! Hoe meet ons egter ons sukses in 2012? Moes jy of jou span eerste gekom het om te kan sê dat ons suksesvol was? Moet daar noodwendig ‘n beker in die kas staan om suksesvol te wees? Ek sê ons was uiters suksesvol as gevolg van die volgende bel-angrike feite: Ons kan terugkyk in ‘n jaar waarin ons 512

wedstryde gespeel het. Ons het altyd netjies gelyk en ons goeie gedrag

op die sportvelde is deur toeskouers opgemerk. Elke leerder het die geleentheid gehad om hom/

haarself ten volle uit te leef in die sport-/kultuursoort van hul keuse.

Spanne wat deurgedring het na uitspeelrondtes het ons naam regoor die Noordvaal streek uitgedra.

Sportmangees het te alle tye geseëvier—respek verdien respek.

Ondersteuners was puik! Dink maar aan die Inter, die Classic Clash en die ligawedstryde se bywoning.

Talle leerders het hulle maats ondersteun deur in tegniese hoedanigheid te dien langs die velde.

Ouers en borge het ‘n reuse rol gespeel in ons sukses. Dankie daarvoor.

Die ouers en maats by die verversingshuis het ons ondersteun in die lekker kos wat ons aan die gang gehou het.

Onderwysers het baie hard gewerk om dit vir ons lekker te maak by al die aktiwiteite.

Ons het gegroei - fisies maar ook geesteli-kons was suksesvol.

Baie dankie vir al die harde werk oor die hele jaar heen. Julle was puik! Geniet die vakansie en kom terug vir 2013 - ons het alreeds baie vir julle beplan. G e s e ë n d e Christusfees Dries de Beer

Aan die einde van die jaar kan ons met trots terugkyk na al die aktiwiteite wat plaasgevind het en ook die groot suksesse wat behaal is. Ons het die jaar afgeskop met die Kuiken-kamp, kuikenkonsert, kuikensokkie en op dié wyse al die verwarde en onseker Gr8’s in geburger as volwaardige Schoonies! Dan was daar ook die Inter waar ons atlete puik presteer het! Op die pawiljoen het ons ook “mooi gemaak” en weereens vir almal gewys dat Schoonies die BESTE is! Tussendeur die atletiek het ons ook al begin met wintersport en het al verskeie wedstryde agter die rug. Al ons spanne het puik gevaar, veral die 0/15 A-rugbyspan. Wat deurgedring het na die Beeld-finale in Piet Retief. Die 0/14 A netbalspan het ook die Schoonies se naam hoog gehou toe hul as ligawenners die seisoen afgesluit het ook deurgedirng na die Ons het ook ons heel eerste Classic Clash teen Wollies aangebied wat ’n reuse sukses was en! Dan was daar nog die Volkswagen Sport-dag, die netbal en hokkieaandreeks asook ons kriektet wat soos gewoonlik gekook het. Die meisieskrieketspan is NW-

wenners en lewer twee NW-speelsters op! Ons is ook beloon vir ons harde met ‘n hip-pie-pretdag waar almal kon aantrek soos hippies en net die dag geniet. Ons Schoonies het ons ook trots gemaak by verskillende kultuuraktiwiteite soos die Re-denaars, Public Speaking, Koor, en nog vele meer! Die nuwe mnr en mej. Schoonie is ook hier-die jaar aangewys tydens ‘n prag-geleentheid. Boonop het ons nog tussen al die sport en pret tyd gemaak vir akademie. Tydens die Gr12 akademiese prysuitdeling is Francois Pretorius aangewys as die Dux leerder vir 2012 en ons sien uit na die Gr12’s se uitslae aan die einde van die jaar... Schoonies het die jaar net weer bewys dat ons op alle gebiede kan presteer en ons sien uit na 2013!!!!!

Page 2: Miernes Des 2012 - schooniehs.co.za · Inter, die Classic Clash en die ligawedstryde se bywoning. Talle leerders het hulle maats ondersteun deur in tegniese hoedanigheid te dien langs

1. Wat is jou doelwitte in die lewe? Om ‘n sukses te maak van als wat ek aanpak.

2. Wat maak SHS die heel beste skool? Dit is die tipe skool waar mens dadelik tuis voel. 3. Wat gaan jy as hoofleieier bydra tot die skool in 2013? Watter verskil gaan jy maak? Maak nie saak, leier of nie, ek sal altyd nederig en plat op die aarde bly en ‘n voorbeeld vir almal wees. 4. As jy enige iemand anders kon wees vir ‘n dag, wie sou dit wees en hoekom? Bill Gates, ek wil so baie geld hê en met elkeen van sy karre ry. 5. Wat doen die Schoonies anders as al die ander skole wat ons laat uitstaan? Ons gees en ons kinders hier is net anders.

1. As jy enige iemand anders kon wees vir ‘n dag, wie sou dit wees en hoekom? Gino Ginelli se roomys-toets proeer, sodat ek seker kan maak dat elke bak roomys 100% is. 2. Wie is jou gunsteling onderwyser/es en hoekom? Juf Anca, sy is altyd so positief en entoesiasties en kikker enige iemand se dag op. 3. Wat gaan jy as hooflleier bydra tot die skool in 2013? Watter verskil gaan jy maak? Deur die tipe skoolloopbaan wat ek sal lei in 2013, my mede skoliere te inspirer en motiveer om hoer mikpunte vir hulself nie net in 2013 nie, maar ook in die toekoms vir hulself te stel. 4. Het jy enige raad vir toekomstige Schoonies? Moenie skaam wees om jouself te wees nie, want hier in Schoonspruit pas ALMAL in!

Ons almal weet al dat Schoonies nie net presteer op die sportveld, en lekker saam kan sosialiseer en kuier nie, maar ook puik akademiese prestasies kan behaal. Daar is in elke graad ‘n top tien aangewys en soos gewoonlik het hulle almal verstom met hulle uitstekende punte. Die nommer 1 presteerders in elke graad is:

Gr 8: Inge Venter en Duan van Heerden 93,4% Gr9: Chanté Jacobs 95,2% Gr 10: Liezaan v.d Merwe 93,6% Gr 11: Nelda Liebenberg 83,66% Gr 12: Francois Pretorius 89,3% Hou aan met julle harde werk! Ons is baie trots op almal van julle!

Die nuwe SLR is onlangs aangewys by Schoonspruit, maar hierdie jaar was nie soos al die ander nie.. Die splinternuwe SLR bestaan uit 5 verskillende rade wat elkeen verantwoordelik is vir hul eie spe-sifieke take. Onder andere is daar die Akademiese raad, Ek-sterne uitreik, Interne Skakeling en Inskakeling, Kultuur en Sport. Daar is ook leerders uit alle grade wat deel is van die rade. Dan is daar ook die hoofseun en hoofdogter, sektretaris en die tesourier wat hierdie SLR ge-durende die termyn sal lei. Die voorsitters van die SLR se rade bestaan uit:

Rikus Dietrechsen (hoofseun) Nelda Liebenberg (hoofdogter) Kimboney v.d Westhuizen (sekretaris) Sané Potgieter (tesourier) Ricky Fitzgerald (Akademie) Casandra Labuschagne (Eksterne Uitreik) Danielle Coetzee (Interne Skakel-ing en Inskakeling) Niël de Beer (Kultuur) Elné Pitzer (Sport) Die ander lede van die SLR is: Mariska Fourie, André Jacobs, Elisna Swart, Esmirie Greyven-stein, Chrizelda Louw, Anette Sethunya, Raymond Zeelie, Mar-te-Mari Bezuidenhout, Emile Ma-rais, Comfort Tlhako, Da-laria Wessels, Zaskia Mans, Ruan van Wyk en Wesley Weeks.

Hoërskool Schoonspruit se Bekroningsfunksie het op Don-derdag, 11 Oktober plaasgevind. Dié spoggeleentheid word jaarliks gehou om die Gr 8-11 leerders te beloon vir hul deelname en pres-tasies vir buitemuurse aktiwiteite en die Gr 12 leerders vir beide hul buitemuurse– en akademiese prestasies. Van die top-prestasies van die aand sluit in: Ambassadeurstrofee Nicola v.d Walt

Sportman van die jaar Redwane Didloff Sportmeisie van die jaar Yoné Flynn Kultuurtrofee Andree van Zyl en Ugo Louw Beste Sportprestasie Hanno Coetzer Oom Rossie Troffe Michelle j.v Rensburg Dux Leerder Francois Pretorius

Page 3: Miernes Des 2012 - schooniehs.co.za · Inter, die Classic Clash en die ligawedstryde se bywoning. Talle leerders het hulle maats ondersteun deur in tegniese hoedanigheid te dien langs

By Schoonspruit word rugby nie net as nog ‘n sport be-oefen nie. Seuns word in oefenses-sies en ook op die speelveld die selfdissipline van die sport, maar ook van die lewe geleer. Hier is ‘n paar van ons toppresteerders vir rug-by vir 2012: Die 0/14B en 0/15B spanne is NW wenners Die 0/14A is PUK 16 Plaat naaswenners Die 0/15 A rugbyspan dring deur na die Beeld finale in Piet Retief Die 1ste span is ligawenners, NW naaswenners en dring deur na die Beeld trofee uitspele. 8 van ons seuns word ook in onderskeie Lui-perds-spanne opgeneem: Dawmar Davids, Gerhard Strydom en Redwane Didloff (0/18) Lood Breytenbach en Stian van Blerk (0/19) Paul Maluleke (0/16) Gerhard Strydom is ook aangewys as die speler van die jaar en hy teken die meeste punte aan deur die seisoen. Word deel van die Schoonie – Rugby – erva-ring!!

Schoonies eet,slaap,dink NETBAL!

Wat ‘n wonderlike geleentheid was dit nie om die seisoen te begin met die Volkswagen sportdag nie! Ons terrein was hierdie jaar in rep-en-roer met fluitjies wat blaas, en op besige bane, het krag teen krag te staan gekom! Elke netbal afrigter was hierdie jaar iewers in die stilte besig om al die netbal meisies weereens die geleentheid te bied om fisies en sosiaal te ontwik-kel. In die Super 16 en liga het dit net so goed gegaan met ons. Puik prestasies. Van ons junior spanne wys dat die toekoms rooskleurig is. Ons 0/14 A span wen die liga en Sharozay Willemse is weereens opgeneem in die 0/15A NW-span. ‘n Hoogtepunt op elke jaar se netbalkalender is die Netbalaandreeks en hierdie jaar was geen uitsondering nie. Alle A- en B spanne is die geleentheid gebied om vir oulaas te speel. 13 skole neem deel en Schoonies se juniors tree weer uit as wenners uit die stryd. Die Netbaltoer te Margate het definitief vrugte afgewerp en daarom woon ons volgende jaar ‘n Netbalkursus te NWU PUK by om vaardighede, tegniek en strategie weer op te skerp. Word’n Schoonie netbalpoppie, dis nooit te laat nie!

SCHOONIE NETBAL

Na ‘n baie suksesvolle Interhoër-byeenkoms vanjaar, met ‘n goeie medalje-oes, kan ons nie wag vir volgende jaar se atletiekseisoen nie.

Die Schoonie-atlete is weer hard aan die oefen vir 2013 en het ook al klaar aan 3 voor-seisoen byeenkomste deelgeneem.

Dean Spencer (gewigstoot) en Carmen Hetzel (100 en 200m) kwalifiseer om ons skool en die NW-provinsie op die SA-jeugspele in November te verteenwoordig.

‘n Vol gepakte atletiekseisoen lê vir ons atlete voor. ‘n Eerste vir ons atletiekspan is dat ons volgende jaar aan die Super Inter in Pietersburg gaan deelneem.

Dit is ook weer die Schoonies se beurt om die Inter aan te bied. Die beplanning vorder reeds fluks en elke Schoonie, Schoonie-atleet, ouer, onderwyser en ondersteuner gaan saamwerk om dit die grootste, beste en mooiste Inter ooit te maak.

Atlete: Jul kan nie verder, vinniger of hoer, as jul nie bereid is om baie hard te werk nie!

Ons dogterskrieketspan tree hierdie jaar as NW-wenners uit die stryd! Ons verloor nie een wed-stryd nie! Ons speel in die finaal teen Koster en wen met 41 lopies. Leoné Pitzer en Kimboney v.d West-huizen is opgeneem in die NW 0/19-span en die beste bouler en kolwer van 2012 is Kimboney v.d Westhui-zen. Die eerste seunsrieketspan dring ook deur na die NW semi-finaal en die beste speler van die jaar is Er-wee van Zyl. Baie geluk!

Wat ‘n ongelooflike hokkie-seisoen was dit nie! Die 2de meisiehokkiespan het stof in die oë van die ander spanne geskop en tree as liga wenners uit die stryd.Om nou nie eers te praat van ons junior en senior seunsspanne nie, hulle is kookwater! Ons 0/15 en 0/16 spanne was liga naaswenners. Ons kan nie wag om te sien wat ons gaan vermag in 2013 met al ons uitmuntende afrigters nie. By ons sluit Robin Truter by die meisies en Johan Moller by die seuns aan. Hou hierdie spasie dop!

Page 4: Miernes Des 2012 - schooniehs.co.za · Inter, die Classic Clash en die ligawedstryde se bywoning. Talle leerders het hulle maats ondersteun deur in tegniese hoedanigheid te dien langs

Die Schoonies het vanjaar deelgeneem aan: 94 Rugby-wedstryde

176 Netbal-wedstryde 165 Hokkie-wedstryde 12 Tennis-wedstryde 20 Krieket-wedstryde (seuns en meisies) 13 Atletiekbyeenkomste 8 Landloopbyeenkomste 6 Redenaars en Public Speaking kompetisies 20 Skaak-wedsryde 1 Koor optrede

Altesaam het die Schoonies aan 512 wedstryde,

kompetisies en wedstryde deelgeneem! WOW!!!

Page 5: Miernes Des 2012 - schooniehs.co.za · Inter, die Classic Clash en die ligawedstryde se bywoning. Talle leerders het hulle maats ondersteun deur in tegniese hoedanigheid te dien langs
Page 6: Miernes Des 2012 - schooniehs.co.za · Inter, die Classic Clash en die ligawedstryde se bywoning. Talle leerders het hulle maats ondersteun deur in tegniese hoedanigheid te dien langs

Schoonie-skaak het soos gewoonlik weer hierdie jaar uitstekend gevaar! Die 0/15 span is Noordwes Wenners, die 0/17 span eindig 3de in die liga en die 0/19 span is liga naaswenners. Cobus Niemandt en Kayla Erasmus is gekies vir Noordwes wat in Desember aan die SA-Kampioenskappe in Kaapstad vanaf 15-21 Desember gaan deelneem! Baie sterkte julle twee!

What an event! At Schoonspruit we are fascinat-ed, astonished and stunned every year by the amount of contestants that take part in public speaking and the awe-some standard of all the speeches! Guys and girls – you are abso-lutely great! In each category more than twenty learners take part and come to show off their speeches and outwit the next opponent with their witty and humorous debates!

The winners in the junior cate-gory are: 1. Elsje J. v. Vuuren Kotie Laas In the senior category: 1. Ugo Louw Mart-Meri Bezuidenhout All four went on to take part in the Inter High Schools Contest , where they really strutted their stuff! Thank you to the English Staff who manages to pull off these evenings every year. We go from strength to strength. We as Schoonspruiters not only take part, but learn yet again a skill

In 2013 kan die Schoonies ook uitsien na TWEE splinternuwe aktiwiteite waar-an hulle kan deelneem. KRIEKET AKADEMIE - Sal Woensdae plaasvind in die binneshuis krieketsaal en word aangebied deur mnr. Hollomby. TROMPOPPIES—Die Schoonie-meisies sal binnekort deel kan word van hierdie aktiwiteit. Ons spog ook met twee af-rigters, Charmy Pereira en Liezl Kruger.

Op Vrydag 31 Oktober het die Schoonies hul jaarlikse pretdag gehad. Al die klasse van Gr 8-11 het hul eie stalletjie gehad en hul het van kos, koeldrank, lekkers en roomys tot speletjies en ‘n waterwurm gehad.

Die tema was “hippies” en die leerders het fan-tasties gelyk! Daar was selfs ‘n mnr. En mej. Hippie kompetiesie gehou. Mnr. Hippie is Wimpie Burton (Gr 10) en Mej. Hippie is Nelda Liebenberg. Wat ‘n lekker dag!

“Beauty is in the eye of the beholder”. Met hierdie frase het hoopvolle Schoonspruit seuns en dogters opgedaag vir uitmergelende onderhoude en uitdunne, waarna 12 seuns en 12 meisies gekies om onder mekaar mee te ding vir die gesogde kroon en titel. Die tema vir vanjaar se Mnr.en Mej. Schoonspruit was: “Schoonspruit gaan Internasionaal”, en het die deelnemers op ‘n reis deur verskillende lande se tradisies, kleredrag, gebruike en interessante feite geneem. Aan elke deelnemer is ‘n land toegeken, en hierdie land moes in al sy glorie uitgebeeld word. Deelnem-ers het hulself goed van hul taak gekwyt en Enge-land, Brazilië, Kenya, Japan, Korea, Amerika en natuurlik Suid-Afrika en vele ander lande is op ‘n kreatiewe wyse aan die beoordelaars en gehoor bekend gestel.

Vooraf fotosessies, rokke pas, die regte klere kies, beplanning, verf sessies en kleedrepitisies het die deelnemers besig gehou tot en met die groot gala geleentheid. Na ‘n asemrowende vertoning deur die deeelnemers het die bekroning plaasgevind. Verskeie pryse en titels is uitgedeel. Mnr. en Mej. Persoonlikheid is toegeken aan Vaughn Cadle en Monique Jacobs, Mnr.en Mej. Fotogenies is opgeraap deur J.P. Jansen van Vuuren en Annette Setunya, Mnr. en Mej. Kreati-witeit is toegeken aan Thinus Jacobs en Elne Pitzer. Ons wenners van die krone en titels is: Tweede prins: Rikus Dietrechsen, Eerste prins: J.P. Jansen Van Vuuren. Tweede prinses: Danielle Coetzee en Eerste prinses: Juanita Jansen Van Vuuren. Ons wenners van Mnr. en Mej. Schoonspruit is Ugo Louw en Dalaria Wessels. Baie dankie vir al die deelnemers en baie geluk aan ons wenners.

Die jaar se landloop is met groot opgewondenheid begroet. Onder leiding van Mev. Meintjies (afrigter) het ons atlete na die SA-Kampioenskappe in Amanzimtoti ge-gaan. Ten spyte van ‘n baie nat, modderige kleibaan het ons altete hul goed van hul taak gekwyt! Die atlete wat in die Noorwes-span op-geneem is: Linette Hough, Raynell Venter, Marion Meintjies, Karl-Heinz Meintjies, Orditcha Swanepoel en Vincent Rossouw

Jaarliks gaan ons Gr 10-leerders op ‘n veld-skool om aan spanbouaktiwiteite deel te neem, hul leierskap te ontwikkel en net sosiaal te verkeer saam met hul maats. Hierdie jaar was ons by die asemrowende Sedibu Kwele naby Rustenburg, en wat ‘n ervaring was dit nie! Ons het aan ‘n klomp aktiwiteite deelgen-eem onder andere pyl-en-boog skiet, laternbekruip, “foefie-slide”, in die veld geslaap en was tot op ‘n wildsrit. Dit was vet pret! Geen Gr10 leerder moet dit in 2013 misloop nie!