module 2: alle risiko - santam · bestudeer die volgende foto’s van mnr. x se sporttoerusting en...

9
MODULE 2: ALLE RISIKO Ja. Dit ís ’n kamera. En hierdie is versekering. Eenvoudige, verstaanbare, duidelike versekering.

Upload: others

Post on 02-Nov-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: MODULE 2: ALLE RISIKO - Santam · Bestudeer die volgende foto’s van mnr. X se sporttoerusting en beantwoord die vrae waar van toepassing dienooreenkomstig. Die foto’s is ook op

MODULE 2: ALLE RISIKO

Ja. Dit ís ’n kamera.En hierdie is versekering.Eenvoudige, verstaanbare, duidelike versekering.

Page 2: MODULE 2: ALLE RISIKO - Santam · Bestudeer die volgende foto’s van mnr. X se sporttoerusting en beantwoord die vrae waar van toepassing dienooreenkomstig. Die foto’s is ook op

36

Kopiereg ©Santam Bpk. 2011 Kursuskode: ASSESS – SPP2

GEVALLESTUDIEAFDELING ALLE RISIKO’S

MODULE INLEIDINGMnr. X is hoogs tevrede met die onderskrywing ten opsigte van die versekering van sy huisinhoud. Hy is ook daarvan bewus dat hy nie in alle omstandighede dekking ingevolge Afdeling Huisinhoud geniet nie. Aangesien hy ’n kranige sportman is verneem hy graag hoe hy sy sporttoerusting en ander besittings moet verseker.

Daar gaan dus van jou verwag word om eerstens al die vrae wat hy gaan vra oor dekking van toerusting, ensovoorts te beantwoord en dan die aansoekvorm dienooreenkomstig in te vul.

MODULE DOELWITDie doel van hierdie module is om jou kennis oor die volgende aspekte ten opsigte van allerisiko’s versekering te evalueer:

• Die beantwoording van algemene vrae oor polisdekking en onderskrywing van Afdeling Alle Risiko’s; en

• Die voltooiing van die aansoekvorm ingevolge Afdeling Alle Risiko’s.

OPDRAG 1Bestudeer die volgende foto’s van mnr. X se sporttoerusting en beantwoord die vrae waar van toepassing dienooreenkomstig. Die foto’s is ook op die kompakskyf (foto’s 73, 74, 76, 77 en 78).

Motiveer jou antwoorde deurgaans met tersaaklike feite om ten einde te kan kwalifiseer vir maksimum toekenning van punte soos aangetoon per vraag.

Page 3: MODULE 2: ALLE RISIKO - Santam · Bestudeer die volgende foto’s van mnr. X se sporttoerusting en beantwoord die vrae waar van toepassing dienooreenkomstig. Die foto’s is ook op

37

Kopiereg ©Santam Bpk. 2011 Kursuskode: ASSESS – SPP2

VRAAG 1Mnr. X sê die waarde van sy resiesfiets is sowat R30 000. Hy wil graag weet of hy hierdie fiets ingevolge die Santam se persoonlike polis kan verseker.

1

VRAAG 2Verwys na Vraag 1. Indien die fiets wel ingevolge die Santam se persoonlike polis verseker kan word, hoe moet hy te werk gaan om dit dan te verseker? (Watter voorstelle sal jy maak om te verseker dat hierdie fiets behoorlik onderskryf word?)

3

VRAAG 3Mnr. X het finansiering vir die aankoop van die fiets gereël en wil weet of ons die finansieringsinstansie se belange op die polis sal aanteken.

2

Page 4: MODULE 2: ALLE RISIKO - Santam · Bestudeer die volgende foto’s van mnr. X se sporttoerusting en beantwoord die vrae waar van toepassing dienooreenkomstig. Die foto’s is ook op

38

Kopiereg ©Santam Bpk. 2011 Kursuskode: ASSESS – SPP2

VRAAG 4Mnr. X sê hy neem deur die loop van die jaar aan verskeie wedrenne deel, waarvan sommige selfs buite die grense van Suid-Afrika is, byvoorbeeld in die buurlande. Sal hy ook in daardie lande dekking ingevolge sy allerisiko-polis geniet?

2

VRAAG 5Indien mnr. X se fiets op die polis gespesifiseer is, sal daar ook dekking wees vir die toebehore soos die pomp, waterbottel en fietsrekenaar, of is die dekking slegs op die fiets van toepassing? Met ander woorde, moet die bogenoemde toerusting afsonderlik gespesifiseer word?

2

VRAAG 6Beskryf hoe jy te werk sal gaan om vas te stel of Mnr. X al voorheen enige eise ingedien het vir hierdie fiets wat so ’n hoë waarde het.

1

VRAAG 7Veronderstel hy het gedurende ’n periode van twee jaar verskeie eise ingedien vir ongelukke met sy vorige fiets (die fiets se waarde was R40 000), watter onderskrywingsmaatreëls sal jy van toepassing maak op hierdie fiets?

2

Page 5: MODULE 2: ALLE RISIKO - Santam · Bestudeer die volgende foto’s van mnr. X se sporttoerusting en beantwoord die vrae waar van toepassing dienooreenkomstig. Die foto’s is ook op

39

Kopiereg ©Santam Bpk. 2011 Kursuskode: ASSESS – SPP2

VRAAG 8Mnr. X het ook ’n Raleigh-bergfiets waarmee hy soms by sy vakansiehuis in die veld vir ontspanning rondry. Die waarde van hierdie fiets is R875. Is dit nodig dat mnr. X hierdie fiets op die polis spesifiseer?

2

VRAAG 9Benodig ons steeds ’n volledige beskrywing van die fiets al as dit slegs R875 werd?

1

Page 6: MODULE 2: ALLE RISIKO - Santam · Bestudeer die volgende foto’s van mnr. X se sporttoerusting en beantwoord die vrae waar van toepassing dienooreenkomstig. Die foto’s is ook op

40

Kopiereg ©Santam Bpk. 2011 Kursuskode: ASSESS – SPP2

VRAAG 10Indien mnr. X sy gholfstel verseker, word slegs die sak en stokke gedek, of sal die ander toebehore soos die sandsak, balle, merkers, pennetjies en handskoen wat hy gebruik ook gedek wees? Met ander woorde, moet laasgenoemde items afsonderlik gespesifiseer word?

2

VRAAG 11Mnr. X wil graag weet of hy die polis moet uitbrei om voorsiening te maak vir die vervangingswaarde?

1

TOTAAL 19

Page 7: MODULE 2: ALLE RISIKO - Santam · Bestudeer die volgende foto’s van mnr. X se sporttoerusting en beantwoord die vrae waar van toepassing dienooreenkomstig. Die foto’s is ook op

41

Kopiereg ©Santam Bpk. 2011 Kursuskode: ASSESS – SPP2

OPDRAG 2Mnr. X wil nou na aanleiding van die bogenoemde vrae die volgende items ingevolge Afdeling Alle Risiko’s verseker. Onderskrywing moet deurgaans toegepas word.

Onthou ook om enige vereistes wat jy mag versoek na aanleiding van die inspeksie wat jy gedoen het, duidelik op die aansoekvorm aan te dui.

Klerasie en persoonlike besittingsOngespesifiseerde items: R 5 000

JuwelierswareMichel Herbalin-dameshorlosie R 8 000 (vervangingswaarde)

- Model CSX 33 (reeksnommer: 112233)

Rolex-manshorlosie R25 000 (vervangingswaarde)

- Model “Yachtmaster 100” (reeksnommer: 1Y100R)

5 Goue armbande (R5 000 stuk) R25 000 (vervangingswaarde)

ResiesfietsMaak en model: Merida 909

Oorspronklike aankoopprys: R25 000

Vervangingswaarde: R28 779

Huidige waarde: R15 000

Gebruik: Privaat en wedrenne

BergfietsMaak en model: Raleigh Shutano 18

Oorspronklike aankoopprys: R600

Vervangingswaarde: R875

Huidige waarde: R400

Gebruik: Privaat (ontspanningsdoeleindes)

Gholfstel Volledige stel Wilson’s “Pro”-gholfstokke insluitende die gholfsak en bybehore.

Oorspronklike aankoopprys: R18 000

Vervangingswaarde: R20 000

Huidige waarde: R15 000

Page 8: MODULE 2: ALLE RISIKO - Santam · Bestudeer die volgende foto’s van mnr. X se sporttoerusting en beantwoord die vrae waar van toepassing dienooreenkomstig. Die foto’s is ook op

42

Kopiereg ©Santam Bpk. 2011 Kursuskode: ASSESS – SPP2

ALLE RISIKO’S

EIENDOM VERSEKERDE BEDRAG PREMIE

Klerasie en persoonlike besittings (maksimum R1 000 of 20% van die versekerde bedrag per item

R R

Persoonlike dokumente, munt-en/seëlversamelings R R

Vervoer van kruideniersware en huishoudelike goedere R R

Sleutels, slotte en afstandbeheerkontroles R R

Rolstoele

1. Fabrikaat R R

2. Fabrikaat R R

Fietse

1. Fabrikaat Reeksnommer R R

2. Fabrikaat Reeksnommer R R

Sellulêre telefone

1. Fabrikaat Reeksnommer R R

2. Fabrikaat Reeksnommer R R

Televisiestelle, videomasjien, dekodeerders en videokameras

1. Fabrikaat Soort (b.v. TV) Reeksnommer R R

2. Fabrikaat Soort (b.v. TV) Reeksnommer R R

3. Fabrikaat Soort (b.v. TV) Reeksnommer R R

Rekenaartoerusting

1. Fabrikaat Tipe Reeksnommer R R

2. Fabrikaat Tipe Reeksnommer R R

3. Fabrikaat Tipe Reeksnommer R R

Items in bankkluis

1. Beskrywing Reeksnommer R R

2. Beskrywing Reeksnommer R R

3. Beskrywing Reeksnommer R R

Gespesifiseerde artikels (b.v. kameras en juweliersware waarvan die waarde R1 000 oor

1. Beskrywing Reeksnommer R R

2. Beskrywing Reeksnommer R R 3. Beskrywing Reeksnommer R R 4. Beskrywing Reeksnommer R R

Endossemente

Page 9: MODULE 2: ALLE RISIKO - Santam · Bestudeer die volgende foto’s van mnr. X se sporttoerusting en beantwoord die vrae waar van toepassing dienooreenkomstig. Die foto’s is ook op

43

Kopiereg ©Santam Bpk. 2011 Kursuskode: ASSESS – SPP2

OPSOMMING

Na aanleiding van die gegewens tot jou beskikking ten opsigte van hierdie afdeling:

• Beskryf in jou eie woorde hoe jy die versekerde en risiko sal klassifiseer.

• Kategoriseer die versekerde en risiko deur ’n kruisie in een van die volgende blokkies te trek:

Lae frekwensie/hoë risiko Lae risiko/hoë frekwensie Geen moontlike risiko