mosies ekstraklas rooster - hts john vorster · toegangskaartjies vooraf te koop by me. pieterse in...

10
1 MOSIES Me. Dalena Breitenbach verjaar Woensdag, 22 Januarie. Baie geluk! EKSTRAKLAS ROOSTER Begin op Woensdag, 12 Februarie 2020 ****LW: Gr. 10’s wat IT neem op Woensdae tref individuele reëlings met vakonderwyser**** Leerarea Tyd Maandag Dinsdag Woensdag Donderdag Wiskunde Gr 11 Gr 8, 10 & 12 14:00 15:00 Personeelontwikkeling Personeel vergadering Sportoefeninge Gr 11 J. Swart Sport kry voorkeur 15:00 16:00 Gr 8 N Noeth Gr 10 R. Pieterse Gr 12 R. v. d. Merwe Wiskunde Gr.9 14:00- 15:30 Gr 9-L Bez, S. Ack, H. du Plessis,Tutors Tegniese Wiskunde Gr 11 & 12 Gr 10 14:00 15:00 Gr 11 J. Swart Gr 12 E. Olwage 15:00 16:00 Gr 10 R. Pieterse Alpha Wiskunde 14:00 17:00 Gr 10 12 R vd Merwe Fisiese Wetenskappe Gr 10 & 12 Gr 11 14:00 15:00 Sportoefeninge Gr 12 P. v. Rooyen Gr 10 D. Breitenbach 15:00 16:00 Gr 11 P. v Rooyen Tegniese Wetenskappe Gr 10 Gr 11 - 12 14:00 15:00 Gr 10 L. Schwartz 15:00 16:00 Gr 12 C. Botes Gr 11 J. v.d. Merwe Natuur Wetenskappe Gr 8 Gr 9 14:00 15:00 Gr 8 J. v.d. Merwe 15:00 16:00 Gr 9 A.v.d. Hout IT Gr 10 - 12 14:00 17:00 Gr 11 - Basson Gr 10 - Wheeler Gr 12 - Wheeler Leerders kry op die Maandag en Dinsdag, voor die Woensdagklasse geleentheid om aan te dui, in ‘n afspraakboek, of hulle daardie week die klasse gaan bywoon. ‘n Register sal bygehou word as bewys van klasbywoning. JV-NUUS Meyerstraat 1072 Tel : 012 332 1760/1/2 Rietfontein Webblad: www.htsjv.co.za No 2/2020

Upload: others

Post on 06-Jul-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: MOSIES EKSTRAKLAS ROOSTER - HTS John Vorster · Toegangskaartjies vooraf te koop by me. Pieterse in kamer 305, verkoop Groentjiekonsert op Woensdag 29 Januarie om 18:00 is vir ouers

1

MOSIES

Me. Dalena Breitenbach verjaar Woensdag, 22 Januarie. Baie geluk!

EKSTRAKLAS ROOSTER

Begin op Woensdag, 12 Februarie 2020 ****LW: Gr. 10’s wat IT neem op Woensdae tref individuele reëlings met vakonderwyser****

Leerarea Tyd Maandag Dinsdag Woensdag Donderdag

Wiskunde

Gr 11

Gr 8, 10 & 12

14:00 –

15:00

Pe

rso

ne

elo

ntw

ikkelin

g

Pe

rso

ne

el ve

rga

de

rin

g

Sp

ort

oe

fen

ing

e

Gr 11 – J. Swart

Sp

ort

kry

vo

ork

eu

r

15:00 –

16:00

Gr 8 – N Noeth

Gr 10 – R. Pieterse

Gr 12 – R. v. d. Merwe

Wiskunde

Gr.9

14:00-

15:30

Gr 9-L Bez, S. Ack,

H. du Plessis,Tutors

Tegniese Wiskunde

Gr 11 & 12

Gr 10

14:00 –

15:00

Gr 11 – J. Swart

Gr 12 – E. Olwage

15:00 –

16:00 Gr 10 – R. Pieterse

Alpha Wiskunde 14:00 –

17:00

Gr 10 – 12

R vd Merwe

Fisiese Wetenskappe

Gr 10 & 12

Gr 11

14:00 –

15:00

Sp

ort

oe

fen

ing

e

Gr 12 – P. v. Rooyen

Gr 10 – D. Breitenbach

15:00 –

16:00 Gr 11 – P. v Rooyen

Tegniese

Wetenskappe Gr 10

Gr 11 - 12

14:00 –

15:00 Gr 10 – L. Schwartz

15:00 –

16:00

Gr 12 – C. Botes

Gr 11 – J. v.d. Merwe

Natuur Wetenskappe

Gr 8

Gr 9

14:00 –

15:00 Gr 8 – J. v.d. Merwe

15:00 –

16:00 Gr 9 – A.v.d. Hout

IT Gr 10 - 12 14:00 –

17:00 Gr 11 - Basson Gr 10 - Wheeler Gr 12 - Wheeler

Leerders kry op die Maandag en Dinsdag, voor die Woensdagklasse geleentheid om aan te dui, in ‘n

afspraakboek, of hulle daardie week die klasse gaan bywoon. ‘n Register sal bygehou word as bewys

van klasbywoning.

JV-NUUS

Meyerstraat 1072 Tel : 012 332 1760/1/2

Rietfontein

Webblad: www.htsjv.co.za

No 2/2020

/2017

Page 2: MOSIES EKSTRAKLAS ROOSTER - HTS John Vorster · Toegangskaartjies vooraf te koop by me. Pieterse in kamer 305, verkoop Groentjiekonsert op Woensdag 29 Januarie om 18:00 is vir ouers

2

SIKLUSROOSTER

Let asseblief daarop dat die drukkersduiwel los was en dat die siklusrooster wat

versprei is, dus foutief is. Hier is die korrekte rooster.

INTERHUIS

My hart loop oor…

Ek wil dankie sê aan ELKE JV-leerder en ELKE JV-onnie wat bygedra het om van die

INTERHUIS ATLETIEK ‘n reusesukses te maak. Ek het lanklaas soveel bedrywige

GENUINE JV’s op die pawiljoen en by die verskeie items gesien. Julle kook!

Dankie aan elke JV wat ingekoop het in die gedagte van:

PREPARE YOURSELF… FOR SOMEDAY YOUR CHANCE WILL COME. En ons

weet nooit wanneer daardie dag kom nie; ons moet elke dag daaraan werk.

Dankie JV-personeel wat entoesiasties leerders aangemoedig het om deel te neem.

Julle inkoop daarin om elke JV-kind voor jou hierdie jaar aan te moedig en te

ondersteun, gaan vir seker vrugte afwerp.

Dankie aan JV-ouers wat ons ondersteun het deur nie julle kinders vroeg te kom

uitteken nie. Hierdie is die herinneringe waarna u kinders eendag gaan terugkyk.

Dankie dat ons vanaf ons eerste aktiwiteit waarby alle leerders van die skool betrokke

is, kan hande vat en voortbou op ‘n trotse JV-SPAN!!

- ANTOINETTE DOWD

Page 3: MOSIES EKSTRAKLAS ROOSTER - HTS John Vorster · Toegangskaartjies vooraf te koop by me. Pieterse in kamer 305, verkoop Groentjiekonsert op Woensdag 29 Januarie om 18:00 is vir ouers

3

ATLETIEKOEFENING

Die middel- en langafstandatlete oefen soos volg:

Maandae en Dinsdae, Juniors: 14:15-15:15 Seniors: 15:00-16:00

Donderdae: almal 14:30-15:30

Die verspring oefen soos volg:

Maandae: Fiksheid: 15:00 – 16:30

Dinsdae: Tegniek: 15:00 – 16:30

Donderdae: Oefen spronge: 14:00 – 15:00

BLOEDSKENK

Ons teiken om 50 eenhede bloed te kry, is ongelukkig nie bereik nie, alhoewel

ons baie naby daaraan gekom het. Ons moedig alle JV’s en hul ouers en

vriende aan om in die toekoms ons bloedskenkdae te ondersteun. Dit gaan vir

‘n goeie doel, kos jou niks behalwe jou tyd en jou bloed kan in drie mense se

lewens ‘n verskil maak!

GROENTJIEKONSERT

Oefening is vanaf Maandag, 20 Januarie – Vrydag, 24 Januarie vanaf 14:00 – 16:00.

Kleedrepetisie is op 28 Januarie vanaf 14:00 – 16:00.

Toegangskaartjies vooraf te koop by me. Pieterse in kamer 305, verkoop

Groentjiekonsert op Woensdag 29 Januarie om 18:00 is vir ouers en familie van

leerders in klasse 8H, 8S, 8J.

Donderdag, 30 Januarie vanaf 18:00 is vir ouers en familie van leerders in klasse

8T, 8O, 8R en 8V.

Toegansfooi: Blikkieskos per persoon of R10 per persoon.

Page 4: MOSIES EKSTRAKLAS ROOSTER - HTS John Vorster · Toegangskaartjies vooraf te koop by me. Pieterse in kamer 305, verkoop Groentjiekonsert op Woensdag 29 Januarie om 18:00 is vir ouers

4

GRAAD 8-KAMP

Ons wil graag ons graad 8-ouers bedank vir u begrip rakende die kamp wat afgestel is

weens veiligheidsredes. Die balans van die geld sal vir die oorblywende

opleidingsessies gedurende die jaar aangewend word.

TOP TIEN

Die prysuitdelingsfunksies vir 2019 se presteerders is afgehandel en ons Top

Tien Akademie-leerders vir Kwartaal 4 van 2019 is aangekondig. Hulle is:

Graad 8:

1. Joubert, Ajanke 93.78

2. Van der Merwe, Pierre 92.89

3. Buys, Jomi 91.22

4. De Vos, Katelynne 90.22

5. Vorster, Corine 88.33

6. Slankamenac, Aleksandar 88.00

7. Van Wijk, Mariana 87.67

8. De Bastos, Tameryn 87.00

9. Smalberger, Arno 86.89

10. De Swardt, Marko 85.00 Graad 9:

1. Vieira, Alyssa 91.78

2. Soer, Jayden 88.67

3. Wolmarans, Martinus 88.33

4. Steyn, Johan 87.67

5. Venter, Lucia 87.56

6. Steenkamp, Vian 87.22

7. Nagel, Naletta 86.56

8. Marais, Hendré 86.11

9. Chamberlain, John-Ernest 85.56

10. Meyer, Anri 85.22

VRYSTELLINGSPROSEDURE

Neem asseblief kennis dat daat ‘n fout was met die vorige skakel vir die

vrystellingsaansoeke.

Gebruik asseblief die skakel hieronder gegee om te registreer.

Alle aansoeke gaan aanlyn gedoen moet word. Geen vorms word uitgedeel nie.

Gebruik die skakel en registreer om aansoek te kan doen

https://jf-application-service.firebaseapp.com/login/4EnKuPRWMFI9Y9pzECLb

Graad 10:

1. Bezuidenhout, Zander 91.71

2. Rörich, Rikus 87.43

3. Slabber, Coenraad 83.43

4. Wolmarans, Marietha 81.14

5. De Jong, Erik 79.71

6. Johnson, Angelique 79.29

7. Theron, Adriaan 77.57 8. Conradie, Joshua 77.00

9. Meissenheimer, Phillipus 75.86

10. Van Niekerk, Darius 75.00

Graad 11:

1.Groenewald, Hendrik 88.86

2. Venter, Elizabeth 86.57

3. Vorster, Jean-Enrique 84.86

4. Van der Merwe,Zandré 78.71 5. Van Wyk, Jacobus 78.00

6. Steytler, Marco 77.71

7. De Wet, Nathen 77.57

8. Botha, Garret 77.29

9. Swartz, Anro 76.71

10. Wiese, Etienne 76.00

M

e

g

i

t

,

D

e

w

a

l

d

1

.

V

Page 5: MOSIES EKSTRAKLAS ROOSTER - HTS John Vorster · Toegangskaartjies vooraf te koop by me. Pieterse in kamer 305, verkoop Groentjiekonsert op Woensdag 29 Januarie om 18:00 is vir ouers

5

EKSAMENHULPBOEKE

WISKUNDE: AANKOPE VAN EKSAMENHULPBOEKE

Daar sal weer, soos in die verlede, eksamenhulpboeke vir die wiskundeleerders bestel

word. Die leerders kan dit in die finansiële kantoor betaal. Die laaste dag vir betalings is

7 Februarie 2020.

Hierdie boeke bevat vraestelle met volledig uitgewerkte antwoorde. Ons raai u dus ten

sterkste aan om die boeke aan te koop. Wanneer dit eksamentyd is, wil die leerders

altyd ou vraestelle hê om uit te werk. Hierdie boeke voorsien in daardie behoefte van

die leerders. Dit kan ook vir hersiening vir toetse en opdragte gebruik word.

Die boeke is slegs vir wiskunde gr. 8 – 12 en tegniese wiskunde gr. 12 beskikbaar. Daar

is ongelukkig nie boeke beskikbaar vir tegniese wiskunde gr. 10 en 11 nie.

Die prys per boek beloop R65. Wanneer die leerders die boeke kom bestel, moet hulle

asseblief die regte bedrag geld gereed hê.

HEK IN 30STE LAAN

Let asseblief daarop dat geen voertuie volgende week die hek in 30ste laan sal kan

gebruik nie, daar gaan bome gesny word.

WERKSGELEENTHEID

Daar is ‘n werksgeleentheid vir ‘n matriekleerder met ‘n meganiese agtergrond by

Breytech Aviation te Wonderboom Lughawe. Stuur CV na [email protected] of

skakel Claudette by 012 567 3139.

TUINRUBRIEK

Die Spekboom- Uitdaging.

“Maroela Media het in Januarie 2020 berig:”

Page 6: MOSIES EKSTRAKLAS ROOSTER - HTS John Vorster · Toegangskaartjies vooraf te koop by me. Pieterse in kamer 305, verkoop Groentjiekonsert op Woensdag 29 Januarie om 18:00 is vir ouers

6

Mense regoor S.A. is besig om spekbome te plant om klimaatsverandering te bekamp.

Dit vorm deel van die #spekboomchallenge en jy kan ook begin.

Die #spekboomchallenge, het begin toe die Boplaas-wynlandgoed in Carlitzdorp aan

die einde van verlede jaar onderneem het om teen 2025 ‘n miljoen spekbome te plant

om klimaatsverandering teen te werk.

Vandaar het die hele Suid Afrika ingespring om te help. Die #spekboomchallenge

behels dat elke burger probeer om in 2020 tien (10) spekbome te plant.

Spekbome is een van die plante in die wêreld wat die maklikste koolstofdioksied kan

absorbeer.

Een hektaar spekbome kan ontslae raak van sowat 4 tot 10 ton koolstofdioksied per

jaar, wat beteken dat die lug beduidend skoner sal wees.

Spekbome kan ook sowat 200 jaar lank leef en kan maklik by sy omgewing aanpas, wat

dit ‘n magtige hulpmiddel maak om klimaatsverandering teen te veg.

As dit nie genoeg is om jou te oortuig om aan die #spekboomchallenge deel te neem

nie, is dit ook ‘n feit dat spekbome baie min water en sorg nodig het. Hulle gebruik

sowat die helfte van die water wat die meeste ander plante gebruik en die blaartjies bly

mooi groen.

Spekbome kan maklik van ‘n steggie groei, so as jy een gekoop het, is dit maklik om

nege ander van die oorsproklike boom te kweek.

Page 7: MOSIES EKSTRAKLAS ROOSTER - HTS John Vorster · Toegangskaartjies vooraf te koop by me. Pieterse in kamer 305, verkoop Groentjiekonsert op Woensdag 29 Januarie om 18:00 is vir ouers

7

Hoe om ‘n spekboom te kweek.

1. Breek of sny ‘n takkie van jou oorsproklike spekboom af.

2. Laat dit vir sowat twee dae effens uitdroog.

3. Plant die uitgedroogde takkie en gee dit bietjie water. Gee die spekboom sowat een

maal elke twee weke ‘n bietjie water.

HTS JV’S het alreeds 100 boompies in 2019 geplant en beplan om nog in die

toekoms te plant.

GRAPJAS

Gert: “Koos, jou hond het nou net iemand op ‘n fiets gejaag.”

Koos: “Dis nie my hond nie, my hond kan nie fiets ry nie.”

VERVOER

• Enige iemand wat kan help met ‘n saamrygeleentheid na Steadlaan (BP

Garage), kontak Pauline Coetzee 074 186 3863.

• Enige iemand wat kan help met ‘n saamrygeleentheid vanaf

Mayville/Eloffsdal-omgewing, kontak asseblief vir Reon van Sittert by 081

401 7715.

• Enige iemand wat kan help met ‘n saamrygeleentheid vanaf Braam

Pretorius-straat, kontak Elmarie Ludik by [email protected].

Page 8: MOSIES EKSTRAKLAS ROOSTER - HTS John Vorster · Toegangskaartjies vooraf te koop by me. Pieterse in kamer 305, verkoop Groentjiekonsert op Woensdag 29 Januarie om 18:00 is vir ouers

8

FONDSINSAMELINGS

Total

Ondersteun asseblief vir Total wanneer u brandstof ingooi. By Total Hertzog-

straat gooi u die strokie in die houer gemerk HTS John Vorster. Die skool kry ‘n

gedeelte terug.

My School

Gebruik u MySchool-kaart wanneer u aankope doen, die skool kry ‘n

persentasie en u kry ook afslag op u aankope. Vir meer inligting gaan na

www.myschool.co.za of skakel hulle op 0860 100 445. U kan ook ‘n

aansoekvorm by die algemene kantoor kom afhaal.

Page 9: MOSIES EKSTRAKLAS ROOSTER - HTS John Vorster · Toegangskaartjies vooraf te koop by me. Pieterse in kamer 305, verkoop Groentjiekonsert op Woensdag 29 Januarie om 18:00 is vir ouers

9

Makro

Daar is twee opsies:

• Indien u nie ‘n Makrokaart het nie, kan u aansoek doen om ‘n kaart te bekom.

U kaart word dan aan HTS John Vorster se rekening gekoppel en die skool

ontvang ‘n persentasie van die wins van die aankope in die vorm van ‘n rabat.

• Indien u wel ‘n Makrokaart besit, kan u ook die vorm voltooi en versoek dat die

kaart aan HTS John Vorster gekoppel word sodat die skool vir alle aankope wat

u by Makro maak, die rabat ontvang.

Blits Elektries

Wanneer u enige aankope by Blits doen, noem die skool se naam sodat hulle

dit kan aanteken, die skool ontvang krediet.

STRESONTLAAIER

Page 10: MOSIES EKSTRAKLAS ROOSTER - HTS John Vorster · Toegangskaartjies vooraf te koop by me. Pieterse in kamer 305, verkoop Groentjiekonsert op Woensdag 29 Januarie om 18:00 is vir ouers

10

ADVERTENSIES

Tuinwoonstel (gemeubileer) te huur naby die skool, kontak Johan by 012 332 1200.

OM HIER TE ADVERTEER, KONTAK DIE SKOOL