mosies leerders se eiendomhtsjv.co.za/wp-content/uploads/2019/05/jv-nuus17.pdf · ‘n man in ‘n...

11
1 MOSIES Mnr. Pieter Erasmus se swaer is oorlede. Baie sterkte. LEERDERS SE EIENDOM Ons wil dit graag onder u aandag bring dat u kind se eiendom sy eie verantwoordelik- heid is en bly. Indien leerders hulle eiendom soos selfone of tekenborde in ‘n klas bêre,doen hul dit op eie risiko, daar kan nie van die onderwyser verwag word om dit op te pas nie. VERLORE SELFONE Die selfoon wat agtergebly het in die bus na Pretoria-Noord is steeds onopgeëis in die algemene kantoor. Daar is ook nog drie ander verlore selfone in die kantoor. KULTUUR Cobus van Wyk behaal ‘n A + -sertifikaat en ‘n A ++ -sertifikaat vir Populêre musiek Instrumentaal Saxofoon by die Pretoria Eisteddfod. Baie geluk! GRAAD 8 - 2020 Aanlynregistrasie vir graad 8 2020 het op 20 Mei 2019 om 8:00 ge-open. Ouers het 7 dae vanaf registrasie om die dokumente by die skool in te handig. Aansoeke waarvan dokumente nie ontvang is nie, sal van die Departement se aanlynregistrasielys verwyder word. SCHOOLRIDE Ons bring graag weer die volgende onder u aandag. Daar is ‘n firma wat leerders ván en ná aktiwiteite vervoer, met baie meer veiligheidsaspekte as ander instansies wat tans beskikbaar is. Hulle is spesifiek daarop ingestel dat u kind se veiligheid eerste kom en dat u ten alle tye die beheer het oor die oplaai en aflaai van u kind. Hulle is ook op soek na ouers wat bereid is om as bestuurders op te tree. U kan sodoende ‘n ekstra inkomste genereer. Lees gerus die inligtingstuk op bl.10 JV-NUUS Meyerstraat 1072 Tel : 012 332 1760/1/2 Rietfontein Webblad: www.htsjv.co.za No 17/2019

Upload: others

Post on 29-Jan-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: MOSIES LEERDERS SE EIENDOMhtsjv.co.za/wp-content/uploads/2019/05/JV-Nuus17.pdf · ‘n Man in ‘n porche kry haar jammer en stop om haar te help. Man: “Ek sal nou maar vir Tannie

1

MOSIES

Mnr. Pieter Erasmus se swaer is oorlede. Baie sterkte.

LEERDERS SE EIENDOM

Ons wil dit graag onder u aandag bring dat u kind se eiendom sy eie verantwoordelik-

heid is en bly. Indien leerders hulle eiendom soos selfone of tekenborde in ‘n klas

bêre,doen hul dit op eie risiko, daar kan nie van die onderwyser verwag word om dit

op te pas nie.

VERLORE SELFONE

Die selfoon wat agtergebly het in die bus na Pretoria-Noord is steeds onopgeëis in die

algemene kantoor. Daar is ook nog drie ander verlore selfone in die kantoor.

KULTUUR

Cobus van Wyk behaal ‘n A+-sertifikaat en ‘n A++-sertifikaat vir Populêre musiek

Instrumentaal Saxofoon by die Pretoria Eisteddfod.

Baie geluk!

GRAAD 8 - 2020

Aanlynregistrasie vir graad 8 – 2020 het op 20 Mei 2019 om 8:00 ge-open. Ouers het 7

dae vanaf registrasie om die dokumente by die skool in te handig.

Aansoeke waarvan dokumente nie ontvang is nie, sal van die Departement se

aanlynregistrasielys verwyder word.

SCHOOLRIDE

Ons bring graag weer die volgende onder u aandag. Daar is ‘n firma wat leerders

ván en ná aktiwiteite vervoer, met baie meer veiligheidsaspekte as ander

instansies wat tans beskikbaar is. Hulle is spesifiek daarop ingestel dat u kind se

veiligheid eerste kom en dat u ten alle tye die beheer het oor die oplaai en aflaai

van u kind. Hulle is ook op soek na ouers wat bereid is om as bestuurders op te

tree. U kan sodoende ‘n ekstra inkomste genereer. Lees gerus die inligtingstuk op

bl.10

JV-NUUS

Meyerstraat 1072 Tel : 012 332 1760/1/2

Rietfontein

Webblad: www.htsjv.co.za

No 17/2019

/2017

Page 2: MOSIES LEERDERS SE EIENDOMhtsjv.co.za/wp-content/uploads/2019/05/JV-Nuus17.pdf · ‘n Man in ‘n porche kry haar jammer en stop om haar te help. Man: “Ek sal nou maar vir Tannie

2

SKOOLGELD

Baie dankie aan ons ouers wat gereeld hul skoolgeld betaal. Dit is egter

kommerwekkend dat daar so geweldig baie ouers is wie se skoolgeld nie op

datum is nie. Die skool het baie uitgawes en dit raak werklik ‘n probleem indien

ons nie gelde inkry nie.

Ons poog jaarliks om die skoolgeld so laag moontlik te hou terwyl ons steeds

geen bydrae vir boeke vra nie.

Indien u skoolgeldrekening nie op datum is nie, kan u asseblief dringend die

finansiële kantoor kontak - Mev. Ilza van Rensburg (gr 8 & 9) en me. Astrid van

Oostveen (gr 10 – 12).

Baie dankie dat ons op u samewerking kan reken.

NETBAL

TAFELTENNIS

TAFELTENNISUITSLAE

NETBALUITSLAE VS TYGERVALLY COLLEGE LIGA

6

Page 3: MOSIES LEERDERS SE EIENDOMhtsjv.co.za/wp-content/uploads/2019/05/JV-Nuus17.pdf · ‘n Man in ‘n porche kry haar jammer en stop om haar te help. Man: “Ek sal nou maar vir Tannie

3

RUGBY

SIEKTE EKSAMEN / TOETSREËLINGS

1. ‘n Leerder wat met ‘n wettige rede afwesig was dien die stawende

dokumente bv ‘n doktersbrief/begrafnisbrief by die spesifieke

vakonderwyser in. Die vakonderwyser sal dan vir die leerder ‘n punt

bereken met in ag neming van die leerder se punte wat hy/sy reeds behaal

het in vorige opdragte asook die gemiddelde persentasie wat die graad-

groep vir die bepaalde opdrag (waartydens die leerder afwesig was) behaal het.

NB: Dit staan egter die bepaalde vakonderwyser vry om ENIGE eksamen/

toets wat die leerder gemis het, met genoeg kennisgewing te laat oorskryf, indien

die vakonderwyser die leerder se kennis in terme van bepaalde werk wil toets.

2. Indien die leerder nie binne ‘n week na die afwesigheid die dokumente indien nie

sal die leerder nul vir die bepaalde opdrag kry.

3. Bogenoemde reëlings vrywaar nie die leerder om ook by sy/haar betrokke

klasvoog die bewyse/motivering vir afwesighede in te dien nie.

4. Indien enige leerder misbruik maak van die geleentheid om die formule-punt vir ‘n

bepaalde opdrag te kry sal die leerder summier nul vir die opdrag kry en ook aan

dissiplinêre aksies onderwerp word.

Ons vertrou dat bogenoemde reëlings vir u duidelik is en dat u daarby sal hou. Indien

daar egter nog enige verdere onsekerhede in die verband is, is u meer as welkom om

mev. Dowd enige tyd by die skool te skakel.

EKSAMENAFBAKENINGE op die Communicator beskikbaar onder Huiswerk.

PLC-KURSUS

Die PLC-kursus van 17 – 21 Junie is vol bespreek. Daar sal later van tyd weer so

‘n kursus aangebied word, hou maar die nuusbriewe en communicator dop.

Page 4: MOSIES LEERDERS SE EIENDOMhtsjv.co.za/wp-content/uploads/2019/05/JV-Nuus17.pdf · ‘n Man in ‘n porche kry haar jammer en stop om haar te help. Man: “Ek sal nou maar vir Tannie

4

GR 12-WINTERSKOOL

1. Die Winterskool vind plaas vanaf Maandag 24 Junie tot Donderdag 4 Julie 2019, d.w.s. die tweede en derde week van die komende vakansie.

2. Die Winterskool is NIE VERPLIGTEND NIE, maar word wel TEN STERKSTE AANBEVEEL ten einde die prestasie te bereik wat ons in die oog het vir die snelnaderende eindeksamen.

3. Die koste verbonde aan die Winterskool, per vak, per leerder beloop as volg en is voor/op 10 Junie 2019 by die finansiële kantoor betaalbaar:

Tegniese Wetenskappe, IGO, Afrikaans Letterkunde, Tegnika Elektries-

Swaarstroom en Fisiese Wetenskappe: 9 ure vir elke vak- R200 per vak.

Wiskunde en Tegniese Wiskunde: 12 ure teen R270

Afrikaans Taal: 3 ure teen R80

Tydens die Winterskool word geen nuwe werk behandel nie, maar die werk wat

reeds voltooi is, word deeglik hersien sodat leerders gereed kan wees vir die

rekord- sowel as die eindeksamen.

4. Let wel – die aantal plekke in elke vak is beperk, reageer betyds om teleurstelling te voorkom.

Program vir die Winterskool vanaf 24 Junie tot 2 Julie 2019.

Maandag: 24 Junie Wiskunde (12)-R270 8:00-14:00

TegnieseWiskunde (12)-R270 8:00-14:00

Dinsdag: 25 Junie Wiskunde 8:00-14:00

Tegniese Wiskunde 8:00-14:00

Woensdag: 26 Junie Tegniese Wetenskappe(9)-R200 7:30-12:00

Fisiese Wetenskappe(9)-R200 7:30-12:00

Donderdag: 27 Junie Tegniese Wetenskappe 7:30-12:00

Fisiese Wetenskappe 7:30-12:00

Vrydag: 28 Junie Afrikaans Letterkunde (9)-R200 7:30-10:30

11:00-14:00

14:45-17:45

Saterdag: 29 Junie Afrikaans Taal (3)-R80 8:00-11:00

Maandag: 1 Julie IGO (9)-R200 8:00-12:30

Dinsdag: 2 Julie IGO 8:00-12:30

Woensdag: 3 Julie Tegnika Elektries-Swaarstroom (9) -R200 8:00-12:30

Donderdag: 4 Julie Tegnika Elektries-Swaarstroom 8:00-12:30

Page 5: MOSIES LEERDERS SE EIENDOMhtsjv.co.za/wp-content/uploads/2019/05/JV-Nuus17.pdf · ‘n Man in ‘n porche kry haar jammer en stop om haar te help. Man: “Ek sal nou maar vir Tannie

5

TUINRUBRIEK

Witkruisarend

• Scientific name: Aquila verreauxii

• Afrikaanse naam: Witkruisarend

• Zulu Name: uKhozi Olumnyama

Ons het hier ‘n groot juweel hier in ons midde. Sit gerus op jou stoep of kom stap op die wandelpaaie in die ”Vriende van Magalies”-bergarea en loer na bo in die lug.

Jy mag gelukkig genoeg wees om die Witkruisarend (Aquila verreauxii), raak te sien.

Kyk uit vir die Witkruisarend (Aquila verreauxii) dit is 'n groot donker swart roofvoël met 'n kenmerkende wit kruis of V-vorm op die rug.

Die arend leef in die afgeleë en bergagtige gebiede van suidelike en oostelike Afrika (tot in Tsjad), asook in beperkte areas in westelike Asië. Hier by ons leef hulle in die Magaliesberg. Hulle is kransbewoners en leef in “terretoriale – pare” waar hulle hul omgewing domineer. Die grootste nes wat aangeteken is, is 4.1 meter hoog gestapel.

Die voël het 'n vlerkspanwydte van 186 tot 222 cm. Hulle lê 1-3 eiers wat deur beide ouers oor 43-46 dae uitgebroei word.

Die kuikens bly vir 84-99 dae in die nes en is 'n maksimum van 6 maande van hulle ouers afhanklik.

Hulle vreet hoofsaaklik soogdiere en het 'n voorliefde vir dassies, wat op hulle spyskaart is en volop in die omgewing voorkom, maar vreet ook ander voëls en reptiele.

Page 6: MOSIES LEERDERS SE EIENDOMhtsjv.co.za/wp-content/uploads/2019/05/JV-Nuus17.pdf · ‘n Man in ‘n porche kry haar jammer en stop om haar te help. Man: “Ek sal nou maar vir Tannie

6

GRAPJAS

Die ou tannie se vollatjie breek op die snelweg. ‘n Man in ‘n porche kry

haar jammer en stop om haar te help. Man: “Ek sal nou maar vir Tannie

moet tou tot by ‘n garage want ek kan nie die karretjie regmaak nie. Ek is

net bang ek vergeet Tannie is agter my, so indien dit gebeur moet tannie

asseblief net ligte flits sodat ek kan onthou van Tannie.”

Dis ook nie lank nie toe vergeet hy van die tannie en sit voet in die hoek.

‘n Entjie verder is daar ‘n spoedlokval.

Verkeerdkonstabel 1: “Sjoe, daai ou in die porche is teen 250km/h hier verby!”

Verkeerskonstabel 2: “Dis niks, het jy gesien die tannie in die volla flits vir hom ligte

om verby te kom!”

HOE OM EKSAMENSTRES TE HANTEER

Hierdie tyd van die jaar is uiters moeilik en stresvol vir elke leerder. Moenie dat stres die

oorhand oor jou kry nie.

Stres is die oorsaak van gesondheidsprobleme, angs en mislukte toetse vir dekades - of

so mag dit voorkom. Vandag wil ons die manier waarop jy stres sien vir die res van jou

lewe verander! Al kan stres verlammend wees of jou selfs siek laat voel kan stres eintlik

’n krag in jou wakker maak.

Die sleutel is om die optimale hoeveelheid spanning te bepaal sodat ons op ons beste

presteer en te verstaan dat ons die manier waarop ons aan stres dink, moet verander.

Ons deel die volgende maniere om eksamenstres te hanteer:

1. Bepaal die optimale hoeveelheid spanning

2. Kry die optimale hoeveelheid spanning onder beheer

3. Verander die manier waarop jy dink oor stres

1. Bepaal die optimale hoeveelheid spanning

As jy gestres voel vir 'n toets, kan jy óf oorweldig, gemotiveerd of verlam voel. Hierdie

drie emosies het 'n direkte uitwerking op die uitkoms van jou toets. Wetenskaplikes,

Robert Yerkes en John Dodson, het 'n studie gedoen oor die effek van stres op jou

prestasie. Die resultate word die beste beskryf deur middel van 'n visuele voorstelling

in terme van 'n grafiek. Op hierdie grafiek verteenwoordig die x-as die hoeveelheid

spanning wat jy ervaar, terwyl die y-as jou prestasievlak toon (hoe goed jy doen).

Die verhouding tussen stres en prestasie lei tot 'n klokvormige kromme. In die afdeling

gemerk "A" is die spanning laag en die prestasie is ook laag. Dit dui aan waar daar

geen spanning is voor 'n uitdagende gebeurtenis nie, en jy het nie die fokus en

motivering om hard te werk nie. Afdeling B en C is jou optimale prestasie met matige

tot hoë spanning. Dit is waar jy gemotiveerd voel om hard te werk, adrenalien pomp en

jy berei jou voor om die uitdaging te bereik. Laastens, afdeling D toon dat

buitengewone stres korreleer met lae prestasie. As jou stres te hoog is, word jy

Page 7: MOSIES LEERDERS SE EIENDOMhtsjv.co.za/wp-content/uploads/2019/05/JV-Nuus17.pdf · ‘n Man in ‘n porche kry haar jammer en stop om haar te help. Man: “Ek sal nou maar vir Tannie

7

gemoeid met die spanning self en dit kry die oorhand oor jou, byvoorbeeld 'n gebrek

aan slaap, angs of jou geheue raak skoon weg.

Wanneer jy die optimale hoeveelheid spanning bepaal het, sal jy

geïnspireerd, gemotiveerd en vasberade wees om suksesvol te wees.

2. Kry die optimale hoeveelheid spanning onder beheer

• Oefen onder eksamensomstandighede en raak gewoond aan die gevoel van eksamenstres onder beheerde omgewings. Jy kan dit doen deur Afrikaanse Skoolprojekte se eksamenvraestelle en antwoorde te gebruik.

• Berei vooraf voor vir jou toetse sodat die werkslading nie onnodige druk op jou plaas nie.

• Moenie jou studiewerk “cram” nie, sodat jy nie verward en gefrustreerd voel wanneer jy die eksamen skryf nie.

• Verminder die stres wat nie met die eksamen verband hou nie. As jy byvoorbeeld 'n belangrike toets of eksamen het, moet jy nie meer stres op jou plaas vir ’n ander aktiwiteit nie. Jy moet ook stresvolle faktore soos argumente en bakleiery met vriende, stres in jou gesin of stresvolle sosiale situasies uitskakel. Vir daardie week van jou eksamen, probeer om net op jou eksamen te fokus.

Vind ontspanningstegnieke om jouself te kalmeer wanneer jy oor jou optimale prestasie-

stresvlak beweeg het.

3. Verander die manier waarop jy dink oor stres

Selfs nadat jy hierdie grafiek gesien het en jou optimale stresvlak verstaan, kan jy nog steeds bang wees vir die woord "stres". Die manier waarop jy oor stres dink, kan egter jou prestasie selfs verbeter!

Kelly McGonigal is 'n gesondheidsielkundige van Stanford Universiteit wat die verhouding tussen jou gesondheid en stres bestudeer. Sy beweer dat 'n verandering in die manier waarop jy na stres kyk, jou lewenservaring, geluk en gesondheid sal verbeter. "As jy jou gedagtes oor stres verander, kan jy jou liggaam se reaksie op stres verander."

Het jy al ooit simptome van stres ervaar tydens 'n toets, soos 'n verhoogde hartklop, vinniger asemhaling of selfs 'n bietjie sweet uitgeslaan? Ons was almal daar! Ons het

Page 8: MOSIES LEERDERS SE EIENDOMhtsjv.co.za/wp-content/uploads/2019/05/JV-Nuus17.pdf · ‘n Man in ‘n porche kry haar jammer en stop om haar te help. Man: “Ek sal nou maar vir Tannie

8

almal angs en spanning ervaar oor eksamens en druk. McGonigal maak egter 'n nuwe voorstel: "Wat as jy hierdie tekens beskou as 'n manier waarop jou liggaam energie gee en jouself voorberei om hierdie uitdaging aan te pak."

Met ander woorde, jy kan jou stresrespons as nuttig beskou. Jou kloppende hart berei jou voor vir optrede. Verhoogde asemhaling stuur meer suurstof na jou brein sodat jy besluite vinniger en meer akkuraat kan neem. As jy stres sien as 'n nuttige hulpmiddel om jou werkverrigting te verhoog, vernou jou bloedvate nie, maar bly dit ontspanne, selfs al klop jou hart vinniger. Dit is bloot jou liggaam wat gereed maak om die uitdaging te hanteer. Dit is jou gedagtes en jou liggaam wat onverskrokke raak

Ons wil jou aanmoedig om stres as voordelig te sien tydens eksamens. Verander die manier waarop jy stres beskou en bepaal jou optimale hoeveelheid spanning waar jy op jou beste kan presteer. Onthou “'n Diamant is net 'n stuk houtskool wat stres besonder goed hanteer.” ~ Onbekend. Hanteer dus jou stres, slaag jou eksamens en word daardie diamant!

-Uit Afrikaanse Skoolprojekte

FONDSINSAMELINGS

Total

Ondersteun asseblief vir Total wanneer u brandstof ingooi. By Total Hertzog-

straat gooi u die strokie in die houer gemerk HTS John Vorster. Die skool kry ‘n

gedeelte terug.

My School

Gebruik u MySchool-kaart wanneer u aankope doen, die skool kry ‘n persentasie

en u kry ook afslag op u aankope. Vir meer inligting gaan na www.myschool.co.za

of skakel hulle op 0860 100 445. U kan ook ‘n aansoekvorm by die algemene

kantoor kom afhaal.

Makro

Daar is twee opsies:

• Indien u nie ‘n Makrokaart het nie, kan u aansoek doen om ‘n kaart te bekom.

U kaart word dan aan HTS John Vorster se rekening gekoppel en die skool

ontvang ‘n persentasie van die wins van die aankope in die vorm van ‘n rabat.

• Indien u wel ‘n Makrokaart besit, kan u ook die vorm voltooi en versoek dat die

kaart aan HTS John Vorster gekoppel word, sodat die skool vir alle aankope wat

u by Makro maak, die rabat ontvang.

Blits Elektries

Wanneer u enige aankope by Blits doen, noem die skool se naam sodat hulle

dit kan aanteken, die skool ontvang krediet.

Page 9: MOSIES LEERDERS SE EIENDOMhtsjv.co.za/wp-content/uploads/2019/05/JV-Nuus17.pdf · ‘n Man in ‘n porche kry haar jammer en stop om haar te help. Man: “Ek sal nou maar vir Tannie

9

STRESONTLAAIER

Page 10: MOSIES LEERDERS SE EIENDOMhtsjv.co.za/wp-content/uploads/2019/05/JV-Nuus17.pdf · ‘n Man in ‘n porche kry haar jammer en stop om haar te help. Man: “Ek sal nou maar vir Tannie

10

ADVERTENSIES

Page 11: MOSIES LEERDERS SE EIENDOMhtsjv.co.za/wp-content/uploads/2019/05/JV-Nuus17.pdf · ‘n Man in ‘n porche kry haar jammer en stop om haar te help. Man: “Ek sal nou maar vir Tannie

11