iederark mrt.pdf · 13 maart 2016 iederark ds willem louw ds okkie cilliers (018) 294 8197 (018)...

8
Wat gebeur DV hierdie week….…… 13 Maart 2016 Iederark Ds Willem Louw Ds Okkie Cilliers (018) 294 8197 (018) 297 7926 082 340 7549 083 262 6783 Kerkkantoor Tel (018) 294 8121 Faks (018) 294 3900 Webwerf http://www.ngkmiederpark.co.za Epos [email protected] Sendingkantoor [email protected] Jeugkantoor [email protected] Sondag 13 Maart Gebedskrygers ErediensDoop Sondagskool Gr 1-6 Koffiediens Tienerdiens 07:30 09:15 17:30 Maandag 14 Maart Gebedskrygers Eiendomsverg Gebedseminaar 06:30 18:00 18:00 Dinsdag 15 Maart Gebedskrygers 06:30 Woensdag 16 Maart Gebedskrygers Sending / Getuienis 06:30 18:00 Donderdag 17 Maart Gebedskrygers 06:30 Vrydag SKOLE SLUIT 18 Maart Gebedskrygers 06:30 Gebedskrygers Manne biduur 06:30 07:00 Saterdag 19 Maart Uitgawe 9/2016 Basic Instructions Before Leaving Earth = BIBLE

Upload: others

Post on 31-Jul-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Iederark Mrt.pdf · 13 Maart 2016 Iederark Ds Willem Louw Ds Okkie Cilliers (018) 294 8197 (018) 297 7926 ... Bid asb vir 3 families wat ‘n moeder of seuns verloor het. Die twee

Wat gebeur DV hierdie week….……

13 Maart 2016

Iederark

Ds Willem Louw Ds Okkie Cilliers (018) 294 8197 (018) 297 7926 082 340 7549 083 262 6783 Kerkkantoor Tel (018) 294 8121 Faks (018) 294 3900 Webwerf http://www.ngkmiederpark.co.za Epos [email protected] Sendingkantoor [email protected] Jeugkantoor [email protected]

Sondag 13 Maart

Gebedskrygers Erediens—Doop

Sondagskool Gr 1-6 Koffiediens Tienerdiens

07:30 09:15

17:30

Maandag 14 Maart

Gebedskrygers Eiendomsverg

Gebedseminaar

06:30 18:00

18:00

Dinsdag 15 Maart

Gebedskrygers 06:30

Woensdag 16 Maart

Gebedskrygers Sending / Getuienis

06:30 18:00

Donderdag 17 Maart

Gebedskrygers 06:30

Vrydag SKOLE SLUIT 18 Maart

Gebedskrygers

06:30

Gebedskrygers Manne biduur

06:30 07:00

Saterdag 19 Maart

Uitgawe 9/2016

Ba

sic

In

str

ucti

on

s B

efo

re L

ea

vin

g E

art

h =

BIB

LE

Page 2: Iederark Mrt.pdf · 13 Maart 2016 Iederark Ds Willem Louw Ds Okkie Cilliers (018) 294 8197 (018) 297 7926 ... Bid asb vir 3 families wat ‘n moeder of seuns verloor het. Die twee

Uitgawe 9/2016 Bladsy 2

SENDING GEBEDSVERSOEKE

HOSPITAAL SENDING (Petro Zaayman) Bid asb vir: ’n Kankerpasiënt wat baie stadig

agteruitgaan met erge pyn. Iemand wat ’n galblaasoperasie

gehad het. Iemand met kroniese longprobleme

wat baie swaar kry.

VERTIAS SENDING (Ds Dawie en Naomi de Wet) Ons wil vir die Here baie dankie sê vir die afgelope jaar wat ten spyte van die landswye droogte en ekonomiese druk orals, ons finansiële ondersteuning vol-doende was om die werk voort te sit.

Baie dankie ook vir elkeen van julle wat gereeld voorbidding doen vir ons werk- dit is ‘n groot bydraende faktor tot die seën wat ons beleef. Baie dankie aan elkeen wat bydra vir hier-die bediening sodat dit kon voortgaan. Pau-lus sê dat dit wat ons gee, eintlik die ware rykdom is. Dankie vir julle deel aan die werk. Maar bo alles moet ons vir die Here baie dankie sê. Ons loof die Here vir:

‘n baie goeie jaar wat ons werk betref. Ek kon by nuwe opleidingsprojekte in Khayelitsha en ook elders betrokke raak, terwyl die bestaande opleidings goed aan-gaan.

gesondheid en liggaamskragte – ons het geen chroniese medisyne nodig nie en ons kom baie min by dokters uit. Ons besef dit is groot genade. Seëninge op alle vlakke. Ons is hierdie maand 40 jaar gelukkig getroud, en gese-ënd met al drie kinders,gelukkig getroud met wonderlike huweliksmaats. Dan het ons vyf pragtige kleinkinders – wat ‘n groot genade!

MALAWI SENDING (Pieter) Baie dankie: Vir die goeie reën wat veroorsaak het dat die

mielies wat later geplant is goed lyk. Bid dat daar nog reën sal kom om die mielies deur te dra.

Vir 45 kinders wat gereeld diens toe kom en wat ook voel om te help en dan elkeen met ‘n skottel of ou kastrol van Ma na die meule gaan om semels vir Pieter se hoenders te vra. In ruil kry hulle ‘n bun of iets vir die honger magies.

Bid asb vir 3 families wat ‘n moeder of seuns verloor het. Die twee seuns het in SA kom werk om ‘n geldjie vir hulle families te stuur.

Dat die waterprobleem opgelos sal word en dat daar ‘n manier gevind sal word om die waterpomp te stuur na Malawi.

Vir die redding van die Yao volk. Hou asb aan om te bid vir mama Rebecca. Sy

sukkel baie met haar gesondheid. Bid asb gereeld vir die bewaring van klein Eli

en ook die ander kinders.

Page 3: Iederark Mrt.pdf · 13 Maart 2016 Iederark Ds Willem Louw Ds Okkie Cilliers (018) 294 8197 (018) 297 7926 ... Bid asb vir 3 families wat ‘n moeder of seuns verloor het. Die twee

Uitgawe 9/2016 Bladsy 3

HOSPITAAL OPNAMES Wanneer lidmate van die gemeente op-geneem word in Potch Medi Kliniek, moet hulle asseblief by opname duidelik meld dat hulle lidmate van die NG Kerk Miederpark is. Dit maak dit vir die leraars makliker om hulle tydens die weeklikse hospitaalbesoeke (Dinsdae en Donderdae) op te spoor.

GEBEDSVERSOEKE By die sydeur en in die ingansportaal is ’n houtkassie gemerk ”Gebedsversoeke” As jy wil hê ons moet saam met jou bid oor ’n saak of dat ons by jou huis saam met jou moet kom bid, gooi jou versoek in die houer en dit sal opgevolg word.

GEBEDSKAMER Ds Okkie is soggens na die erediens in die ge-bedskamer beskikbaar indien iemand wil ge-sels of wil bid.

GEBEDSKRYGERS Die gebedskrygers bid elke oggend in die gebedskamer om 06:30 en Sondae word voorbidding gedoen vir die erediens om 07:30. Kontakpersoon hiervoor is Grobbie Grobler 0829663704

GEMEENTE BIDUUR Ons wil graag weer vanaf die gebedsbedien-ing se kant ‘n weeklikse gemeentebiduur aan die gang kry. ‘n Voorstel is om elke Donderdagaand om 18:30bymekaar te kom vby die konsistorie. Ons gaan bid vir: ons land/regering, Potchefstroom, nooddienste en ook ons eie gemeente se aktiwiteite en bedieninge. Kom asb en deel saam en bid saam—ook vir alles wat jy op die hart het en in gebed wil deel met medegelowiges. Kontakpersoon hiervoor is Riaan Marx 0610037813

NOODBANK

Die behoeftiges wat kospakkies by ons noodbank

kry het behoefte aan die volgende items:

Yskaste

Wasmasjien

Babastootwaentjie

Breekware

Betel

Radio

Planke vir houthuis

Plafonstukke (Ceiling board)

Kontakpersoon: Jordi Terblanche

Sel: 082 788 5907

Landlyn: 018 293 3719

As daar mense is wat die noodbank kan help met

Inkopiesakke, kan hulle dit net in die kombuis

laat. Ons sal dit daar kry.

MALAWI UITREIK

Almal wat op die Malawi uitreik wil gaan reserveer solank 1-15 Julie vir die uitreik en stuur asb jul besonderhede na ds Wil-lem of die sendingkantoor ([email protected] ). Alle belangstellendes word genooi om op Sondagaand 13 Maart na die Koffiediens in die kerksaal byeen te kom.

Page 4: Iederark Mrt.pdf · 13 Maart 2016 Iederark Ds Willem Louw Ds Okkie Cilliers (018) 294 8197 (018) 297 7926 ... Bid asb vir 3 families wat ‘n moeder of seuns verloor het. Die twee

Uitgawe 9/2016 Bladsy 4

Page 5: Iederark Mrt.pdf · 13 Maart 2016 Iederark Ds Willem Louw Ds Okkie Cilliers (018) 294 8197 (018) 297 7926 ... Bid asb vir 3 families wat ‘n moeder of seuns verloor het. Die twee

Uitgawe 9/2016 Bladsy 5

TUSSENKERKLIKE RAAD

(SEDERT 1943)

GEWELD OP UNIVERSITEITSKAMPUSSE 25 Februarie 2016

Die Tussenkerklike Raad (TKR) betreur die onrus op universiteitskampusse en die effek daarvan op studente, universiteitspersoneel, en die breër gemeenskap. Die TKR sien die onrus op kam-pusse as ´n uitvloeisel van die verval van wet en orde, en die versuim van politieke leiers en die owerheid om vir gewone burgers ´n voorbeeld te stel deur met ordelike gesprek frustrasie te ont-lont, probleme konstruktief op te los, en versoening tussen verskillende groepe in die burgerlike samelewing te bewerkstellig. Trouens, die TKR is bekommerd dat dit juis politieke groeperings is wat die universiteitskampusse misbruik as speelveld om hulle eie politieke magsbelange te bevor-der. Daarom wil ons die TKR se vorige waarskuwing (1 Junie 2015) teen xenofobiese uitsprake, waaronder uitsprake van prominente politieke leiers en aktivistiese drukgroepe, herhaal. Rassisti-ese veralgemenings en stereotiperings, haatspraak en die demonisering van minderheidsgroepe lei onafwendbaar tot polarisasie van ons gemeenskap. Die TKR veroordeel die ontwrigting van aktiwiteite aan universiteite. Die optrede van groepe en individue wat studente en sekuriteitspersoneel tart, beledig en aanrand, en wat infrastruktuur en bates afbreek en aan die brand steek, is onverantwoordelik. Dit staan in skrille kontras tot die soeke na kennis, begrip en vaardighede wat van huidige studente die leiers van môre kan maak. Die kerk se profetiese roeping dring ons om juis in sulke tye te getuig van die versoening in en deur Jesus Christus. Die Heer van die Kerk het versoening gebring tussen God en gebroke mense, en dring ons deur sy woorde en voorbeeld om sonder voorbehoud te streef na versoening tussen mense oor alle grense heen. Jesus Christus gee ons die hoop dat versoening ook nou tus-sen studente op ons kampusse en verskillende belangegroepe in ons land moontlik is.

Daarom rig ons eerstens ’n appèl tot ons eie lidmate (waaronder studente en personeellede van

universiteite) om te alle tye op te tree na die voorbeeld van ons Here, Jesus Christus. Die TKR roep gelowiges op om kwaad nie met kwaad te vergeld nie, om goedgesind te wees teenoor alle mense,

om in vrede te leef met alle mense. Moet julle nie deur die kwaad laat oorwin nie, maar oorwin die kwaad deur die goeie (Romeine 12).

Tweedens doen ons ’n beroep op universiteitsowerhede om die plofbare situasie met groot sensiti-

witeit te hanteer en toe te sien dat alle bona fide studente in staat gestel word om effektief te studeer. Studente moet die geleentheid hê om onderrig te ontvang, navorsing te doen en voor te

berei op assessering, en daarom doen ons ’n ernstige beroep op universiteitsowerhede om nie toe te

laat dat onredelike drukgroepe die akademiese program verder ontwrig nie.

Derdens doen ons ’n beroep op die owerhede om in belang van alle studente en landsburgers billik

op te tree en toe te sien dat wet en orde herstel word. Verantwoordelike woorde en optrede van

politieke leiers is van deurslaggewende belang om nou rus en kalmte te bring.

Ten slotte wil ons almal wat nou in die spervuur staan, verseker van ons voorbidding. Die studente wat oor kleurgrense heen saam begin bid het, stel ’n voorbeeld vir die breër gemeenskap. Ons bid saam met julle en ons bid vir julle – in ons huise en in ons kerke, as ons sit en opstaan en op reis gaan. Ons hoop is gevestig op die Here. Die genade van die Here Jesus Christus en die liefde van God en die gemeenskap van die Heilige Gees sal by julle almal wees (2 Korintiërs 13:13). Ds Cassie Aucamp Woordvoerder Owerheidsake van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika Dr Wim Dreyer Voorsitter: Kommissie van die Algemene Kerkvergadering, Nederduitsch Hervor-mde Kerk van Afrika Ds Nelis Janse van Rensburg Voorsitter: Moderatuur van die Nederduitse Gereformeerde Kerk

Page 6: Iederark Mrt.pdf · 13 Maart 2016 Iederark Ds Willem Louw Ds Okkie Cilliers (018) 294 8197 (018) 297 7926 ... Bid asb vir 3 families wat ‘n moeder of seuns verloor het. Die twee

Uitgawe 9/2016 Bladsy 6

SAVF Ons Hulde Vrywilligers

SAVF Ons Hulde is ‘n fasiliteit waar bejaardes en verswaktes versorg word. Ons het egter drin-gend aktiewe Vrywilligers nodig. Indien jy belangstel of geroepe voel om by ‘n dinamiese span betrokke te raak, kontak asseblief vir Debbie by 018 – 297 5260 voor 18 Maart 2016. Ons kontak jou dan graag om jou te nooi na ‘n geleentheid op 6 April 2016, waar jy meer inligting kan bekom, en besluit hoe / waar jy as vry-williger betrokke kan raak. Colour a life – maak ‘n verskil

WES-TRANSVAAL GEE HALFMILJOEN VIR DROOGTEHULP

Die NG Kerk in Wes-Transvaal het op 8 Maart ‘n halfmiljoen rand vir droogtehulp aan die land-bou-organisasie Agri Noordwes oorhandig. Dit is geld wat op twee Sondae deur middel van deurkollektes deur die gemeentes van Wes-Transvaal ingesamel is. Die Wes-Transvaalse sinodale gebied is een van die dele van die land wat erg getref is deur die droogte. Die geld gaan nou gebruik word om die boere in die sinodale gebied wat die grootste nood het, te help. Ds Johan Brink, assessor van die Wes-Transvaalse sinode, sê Agri Noordwes en die TLU-SA kan skenkings van gratis voer vir hierdie boere kry, maar dit moet dan aangery word. Die geld wat die gemeentes ingesamel het, gaan nou gebruik word om vragmotors te huur om dié voer na die boere toe aan te ry. http://kerkbode.christians.co.za/2016/03/09/wes-transvaal-gee-halfmiljoen-vir-droogtehulp/

Page 7: Iederark Mrt.pdf · 13 Maart 2016 Iederark Ds Willem Louw Ds Okkie Cilliers (018) 294 8197 (018) 297 7926 ... Bid asb vir 3 families wat ‘n moeder of seuns verloor het. Die twee

Uitgawe 9/2016 Bladsy 7

Verjaarsdae Maart

Page 8: Iederark Mrt.pdf · 13 Maart 2016 Iederark Ds Willem Louw Ds Okkie Cilliers (018) 294 8197 (018) 297 7926 ... Bid asb vir 3 families wat ‘n moeder of seuns verloor het. Die twee

Uitgawe 9/2016 Bladsy 8

Redakteur:

Naomi Scheepers

E-pos gerus enige voorstelle, idees of

bydraes na:

[email protected]

(Kritiek Welkom!)

Paasfees in die tuin! (Vanaf Do. 24 Mrt tot So. 27 Mrt) Paasprogram sluit in: Donderdagaand 18:00 Nagmaal in die tuin: Vrydagoggend

8:00 verootmoediging by die kruis en reiniging: Saterdagoggend 8:00 veroot-moediging by die kruis en salwing. Sondagoggend 9:00 opstandingsdiens. Al die gebeure (as die weer dit DV toelaat)– behalwe Sondagoggend se erediens, sal in die binnehof van die gemeentekompleks plaasvind. Die binnehof word spesiaal vir die doeleindes voorberei. U kan ook daar vertoef en bid geduren-de die dag.

Ons nooi jou om hierdie Paasnaweek’n spesiale kruisie om jou nek te dra ter herinnering aan Jesus se kruisiging en opstanding. Ons vra elke gemeentelid (kinders ingesluit) om hul kruisie te dra! Wanneer ons elkeen ‘n kruisie dra sal ons die boodskap van Paasfees soveel sterker kan verkondig!

Kom koop ‘n kruisie (vir net R10) by KruisMedia. KruisMedia is ons gemeente se eie boekwinkel(Ingang by die dubbel ysterhek naby die kerktoring). Kruis-Media is elke weeksdag oop vanaf 9:00-13:00 en Sa. vanaf 9:00-11:00 en Son-dae vir 20 minute lank na kerk.

Maak ‘n kruisie en skenk dit aan KruisMedia: Ons nooi enigpersoon om kruisies te maak van enige materiaal of middele. (Ons het reeds ‘n paar mooi kruisies ontvang!) Hierdie is ‘n lekker projek waaraan oud en jonk kan deelneem.

Simbole by jou huis: Ons nooi jou om vir hierdie Paasfees spesiale simbole, (soos bv. kruisies en kerse) in jou huis te plaas, sodat jou gesin spesiaal aan Jesus se kruisiging en opstanding herinner word.

Paasete by jou huis: Ons nooi jou om die Paassondag, ‘n spesiale (eenvoudige) middagete by jou huis vir jou gesin aan te bied waar julle Jesus se opstanding vier en herdenk. By die geleentheid vra ons die gesinshoofde om hul hand op elkeen in sy huis te plaas en te seën en ‘n gebed vir sy gesinslede te doen.