muldersdrif gemeente afkondigings 27 november 2011
DESCRIPTION
Muldersdrif Gemeente Afkondigings 27 November 2011TRANSCRIPT
Ons het die geleentheid om vir 30 gesinne ‘n Kersdagmaal asook vir die hele
feestyd kos te voorsien. Die Bestuursraad het ook besluit dat die insameling tot
einde Januarie 2012 sal aanhou, omdat daar geen ander organisasie vir Januarie
verantwoordelik is nie.
Die laaste uitdeling vir 2011 is op 15 Desember en die kospakkies word reeds
vanaf die eerste week in Desember verpak (30 x 4) en dan eers weer middel
Januarie.
Kom ons wys ons gee om ~ raak betrokke hierby soos nog nooit tevore nie! Bring
asb joune voor/op die einde van die maand of verder aan.
Baie dankie dat jy omgee!!
AFKONDIGINGS vir 27 Nov – 3 Des 2011
SONDAG 27 NOVEMBER 2011
Welkom by die erediens – Gelei deur ds Neels Kloppers
Teks en tema vir vandag
Teks: Tema:
VANAAND!!
19:00
Ons mikpunt hierdie jaar was R210 000, MAAR ons het
alreeds R232 700 ingebring het.
Baie dankie aan elkeen vir jul bydraes!!
HET JY AL JOUNE GEGEE?
Vandag 27 November 2011 GEEN
Maandag 28 November
Lara Bekker
Dirk de Jager 082 784 7856
Dinsdag 29 November *Anneli de Jager Gielie de Swardt 082 332 9196 Ed Hern 083 250 5887 Charles Oosthuizen 083 271 0112
Woensdag 30 November Andries Jordaan 082 804 9677
Donderdag 1 Desember Lizelle Joubert 076 661 9750 Wandi Koen 082 415 6077
De Wet Nel *Nathen van As
Vrydag 2 Desember Steven Ceronio 082 329 3772 Cecilia Gerber 082 441 5432 Anton Steyn 082 785 6657 Dirk van Biljon 082 883 2695
Saterdag 3 Desember *Conrad Walton Monique Wilkinson 082 897 9612 *jeug
Gilda Harris 083 317 7025
Koeverte steeds beskikbaar
in voorportaal
de
maand
Koördineerder:
Anita Duif S: 082 411 7015 F: 086 589 9332; E - [email protected]
Ons bid vir . . SIEKES:
Maude Laurence: Maude baie swak, maar stabiel, bid asb vir rustigheid (079 312 8944) Seun van Rina van Aswegen: nierverwydering, nog in hospital, bid dat infeksies minder sal voorkom
(Rina 072 231 9140)
Dick van Biljon: voel baie beter, geen pyn, volgende behandeling moontlik in Des (082 568 7624) Phillip Verster: Riverside Lodge vir rehabilitasie, sukkel met longinfeksie, bid asb ook vir Cecile wat
hom bystaan (082 490 8781)
Gail Joubert: verwydering van melanoom, voel beter, toetsuitslag teruggekry, geen verdere problem (073 072 1595)
Vir die afgelope 22 jaar doen ds Neels stranddiens by die TO strand, Port Edward.
Hy begelei ‘n span van 40 studente vanaf UJ vir die tydperk 9-23 Desember
Kostes hiervoor word deur hom en die student gedra,
Studente dra elkeen R900 by om die kamp moontlik te maak
Kan jy dalk help met enige bydrae?
Enige hulp sal BAIE waardeer word:
• Help ‘n student
• Petrol/diesel
• Klein pryse om uit te handig vir speletjies/kompetisies
• Kos en lekkers
• Skryfbehoeftes; potlode, papier, kryte, gom, blinkers, ens.
• Gesigverf
• Mediese benodigdhede; pleisters, verbande, pynpille, ens.
Skakel ds Neels direk vir meer besonderhede;
Gee asb by die Kerkkantoor af teen Maandag 28 November
Vandag 27 November 8:30 Erediens 19:00 Kerssangdiens Sondag 4 Desember 8:30 Erediens
Hy het een skrywe (moontlik 2) gerig aan Teofilus, was ‘n vriend van Paulus en …. hy was ‘n dokter! Van wie praat ons?
Antwoord elders…
Kalender
VIDEO TOWN
Karin Grové is besig met die oprigting van ‘n nuwe naskoolsentrum vir skoolkinders
in Video Town hier naby…
Die geriewe wat hulle ontvang het, is egter in ‘n baie slegte toestand ~ as enige iemand kan
help, sal dit BAIE WAARDEER word:
• Verf vir binne vertrekke
• Vensterrame en staal buitedeure en sekuriteitshekke
• Glas vir vensters
• ‘n Toilet en wasbak
• Los matte en kussings
• Kombuiskaste, wasbak en krane
• Elektrisiteit- bedrading moet nagegaan word en vervang word
• Klein Plastiese kindertafels en stoele
• Plafonpanele
Skakel Karin direk as jy kan help: 083 235 9906
DRINGEND BENODIG VIR JANUARIE:
SKRYFBEHOEFTES
POTLODE, KRYTE, PAPIER, KLEURPOTLODE, ENS.
Koördineerder: JACQUELINE KLEM : 082 920 6679
1. Gebedsversoeke en Getuienisse Jy is welkom om enige gebedsversoeke, gebedsverhorings en getuienisse deur te stuur op enige van die volgende maniere:
1. SMS Jacqueline op 082 920 6679 2. SMS kerkkantoor op 082 851 5163 / 079 697 1163 3. Bel die kerkkantoor of die leraars (sien agter op afkondigings vir al die kontak besonderhede) 4. Stuur ‘n epos na ons gebeds /getuienis epos adres: [email protected] – die eposse sal uiters
konfidensieël en vertroulik hanteer word en as jy anoniem wil bly of namens iemand anders konfidensieël voorbidding vra kan jy net so aandui in jou epos (Slegs die gebedsaksieleier het toegang tot die eposse en sal dit met respek & omsigtigheid hanteer)
5. Skryf op die voorbidding/getuienis blaadjie en plaas dit in een van die kruike in die voorportaal
6. Bring jou versoek/ getuienis na die erediens Sondag of tydens enige ander geleentheid en plaas in die kruike
2. Voorbidding & Getuienis elke Sondag Elke Sondag word daar nou spesifiek tyd ingeruim vir gebed en om oor al die gebedsversoeke te bid, sowel as om die Here te dank vir die gebedsverhorings ontvang. Daar sal ook geleentheid wees vir kort getuienisse tydens die dienste, beide die JEEP en hoofdiens.
3. Voorbidding en Dankgebedspan As jy wil betrokke raak by die gebedspan – laat weet asseblief vir Jacqueline by [email protected]/ [email protected] of sms na 082 920 6679 of bel sommer en praat lekker persoonlik.
4. Inligting Soos in die verlede sal die gebedstafel allerhande inligtingstukke beskikbaar hê vir enige iemand wat meer wil weet oor gebed en gebedsaksies. Die daaglikse epos, weeklikse afkondigings en smse sal ook gereeld inligting deurgee oor gebed en voorbidding.
5. Kennis en Wêreldvoorbidding Ons sal streef daarna om meer kennis oor gebed en die wêreld waarbinne ons lewe met die gemeente te deel. Neem gerus elke week ‘n gebedskaartjie en bid elke dag vir daardie land / geleentheid.
JUDY SE KOMBUIS Desember-vakansie is amper hier – wie’s lus vir kosmaak?
Wat van bevrore maaltye? So maklik…. Judy sal hier wees, in die saal na die erediens, kom koop gerus
VANDAG en Sondag 3 Desember Skakel my vooraf as jy ‘n groot bestelling wil plaas… Judy 082 851 5649
Kry jou prioriteite reg deur Neville Turley uit Matello vers-‘n-dag
Jesaja 26:3 Gee aan hulle vrede en voorspoed, Here, want hulle het hulle vertroue op U gestel.
Ons leef in stresvolle tye en nie een van ons kan sê dat jy geen spanning en bekommernisse het nie. Ons bekommer ons oor die welstand van ons geliefdes, oor onsself, oor ons gesondheid, ons finansiële situasie, ons veiligheid en 'n magdom ander sake, te veel om op te noem.
Die Jode in die tyd van Jesus het ook baie gehad om hulle oor te bekommer. Hulle was burgers van 'n land wat deur die Romeine beset was en hulle was uitgelewer aan die genade van hulle Romeinse meesters. Hulle moes ook rekening hou met hulle eie leiers, wat deur hulle streng interpretasie van die godsdienstige wette en deur swaar belastings, elke aspek van hulle alledaagse lewe oorheers het. Jesus se raad aan hulle was dat hulle hulle eers vir die koninkryk van God moet beywer en moet doen wat God van hulle vra. Hy sê dat hulle moet hulle ook nie gedurig afvra wat hulle gaan eet of drink nie of wat hulle gaan aantrek nie want hulle Vader in die hemel weet wat hulle nodig het. Hy wat vir die voëls sorg en die gras van die veld mooi maak, gee baie meer vir hulle om en sal hulle versorg. Jesus sê ook vir hulle dat om hulle oor môre te bekommer hopeloos is; hulle moet eerder fokus op dit wat vandag gedoen moet word (Lukas 12:22-31).
Dit sal ons goed doen om na hierdie raad van Jesus te luister en ons prioriteite reg te kry. Die Almagtige God van die heelal is ook ons Vader in die hemel. 'n Liefdevolle Vader wat vir sy kinders omgee en vir hulle sal voorsien.
Ons moet ontslae raak van al die angs en bekommernisse wat by ons opkom elke keer wat ons aan al ons probleme dink. Kom ons stel eerder ons vertroue op ons Hemelse Vader. Dit sal die bekommernisse verlig en ons sal vrede van God ontvang.
Ons uitdaging is om die Here Jesus Christus te gehoorsaam. "Julle moet nie ontsteld wees nie. Glo in
God; glo ook in My." (Johannes 14:1)
Gebed: Hemelse Vader, wanneer ek depressief en bekommerd is en my hart soos 'n klip binne-in my lê, help my om op U te vertrou en gee aan my u vrede. In die Naam van Jesus bid ek dit. Amen.
‘n Hartlike van ons aan jou…
Ons vertrou dat ons gemeente vir jou ‘n ware geestelike tuiste sal bied. Ontmoet asb die
diensspan in die voorportaal om meer inligting oor die gemeente te kry of ‘n nuwe lidmaat-
pakket af te haal. U kan ook die kerkkantoor gedurende die week kontak. Onthou om die
vorms so gou as moontlik terug te bring sodat julle op ons databasis bygevoeg kan word.
Dienste
BESIGHEIDSGELEENTHEID • Uniek geformuleerde gesondheids- & ander
produkte
• Kapitale uitleg: R350. Geen verdere
finansiering benodig
• Geen deur tot deur verkope
• Gratis opleiding, ondersteuning en advies
• Bepaal eie werksure
ANSIE du PLESSIS 082 853 6532, [email protected]
ENTREPRENEUR in VENNOOTSKAP MET SPORTRON INTERNATIONAL ~ “The Wellness Company”
Reg. No. 1977/002110/07
PASTORALE BERADING Geregistreerde berader bied:
• Christelike berading en ondersteuning
• Trauma en emosionele pyn
• Huweliks- en verhoudingsterapie
• Depressive en die rou-proses
Eis terug van jou mediese fonds.
Kontak Susan Eksteen op 076 051 1455 /
011-965 0987
Gilda Harris Fotografie Studio nou oop in Muldersdrif!
Swangerskap-; Baba-; Gesins- en Troufoto’s
083 317 7025 / 082 5677 446
www.ghphotography.co.za;
Herstelwerk aan en/of nuwe grasdakke Kontak Dirk op 082 784 7856
BOEKHOU DIENS Alle boekhou dienste tot met balansstaat - sluit in
alle debiteure, krediteure, banke en rekonsiliasies.
� Jaareind state – nie net vir maatskappye nie
� Aankoop en installasie van Pastel pakkette
� Payroll, UIF, PAYE, BTW
Skakel Karin Grové op 082 821 1146
VAN WYK RAME Kontak ons vir enige raam van skilderye, foto’s,
sertifikate en vele meer.
Kontak Vanessa 083 419 3883; Neels 082 377 3250
Ada 083 263 6565
GRASSNYER/WEEDEATER HERSTELWERK Afhaal&aflewering ingsl by prys. Peet 083 481 2548
Dienste SIELKUNDIGES
Psigoterapie (kinders, adolessente en volwassenes),
studiemetodes, huweliksvoorbereiding,
huweliksberading, assesserings (skoolgereedheid,
skolastiese problematiek, vakkeuse,
beroepsvoorligting), ouerleiding, gesinsterapie en
wwinkels. Mediese fonds tariewe, kontant korting.
Kontak Andri Burger op 082 853 343 of
Annemarike de Beer op 084 208 7518
Epos: [email protected]
Wegneemetes JUDY SE KOMBUIS
Gesonde kos wat geskik is vir bv. kinders se
middagete of indien mammas nie tyd het vir kosmaak
wanneer dinge te besig raak.
Standaard porsie R25 genoeg vir 1 volw
Groot porsie R35 genoeg vir 2 volw
Hoendernoedelgereg Bobotie met rys
Stroganoff Lasagne
Kerrie en Rys Herderspastei
Spek en kaas macaroni Chicken-a-la-king
Spaghetti Bolognaise Vark goulash
Bees en groentebredie Bees goulash
Hoender en groentebredie Hoender goulash
Romerige kerriehoender Spaanse hoender
Stysel by elke gereg.
Bel my vir bestellings, Judy 082 851 5649
Gesoek
Aupair Jongerige meisie gesoek om na ons voorskoolse
kinders om te sien daagliks 4-7nm.
Kontak Danie op 072 381 7914
Werk gesoek
Plaasbestuurder Ervare bestuurder met 30jr ondervinding in
Bees/skaap, wild, vrugte, wolklas en alg bestuur.
Het Matriek en Landbou diploma
Kontak Human Hattingh op 073 822 2407
Antwoord
Lees Kol. 4:14, Luk. 1:1 &
Hand. 1:1
Kennisgewingbord
Leraars Ds Neels Kloppers
Sel 083 560 3814
Ds Kenneth Mckenzie
Sel 081 376 6709
Kerkkantoor Sel 079 697 1163
Faks 086 698 7605
Administrateur Maryna de Jager [email protected]
Kerk-SMS 082 851 5163
Admin Assistent: Rensia Swanepoel
Musiekleier Sanet Louw
082 824 9388
Dienspersoneel Terrein/ Koster Jack Segomotso
083 548 8263
Helikia – Jong Volwassenes Aksie Leier Jaco Crous: 082 853 5250
Epos: [email protected]
Jeug - Portefeulje Leier Sanette du Plessis
076 309 7942
Bestuursraad 2011
Portefeulje Bestuursraadlid Kontaknommer
Funksionele Portefeuljes
Bemarking & Kommunikasie Vermaak van Wyk 083 419 3883
Erediens Anton Steyn 082 785 6657
Finansiële Bestuur Gerbus Vermaak 082 440 0968
Hulpbron Bestuur Johan Nell 082 444 2625
Bedienings Portefeuljes
Gemeente Ronél Pieters 072 901 2463
Getuienis VAKANT -
Jeug Sanette du Plessis 076 309 7942
Omgeegroepe Danie Knipe 082 493 3908
Pastoraal Neels van Wyk 082 377 3250
Bestuursforum
Bestuursforum Koördinering Nico Doman 082 568 2120
Inligting Johan Vermeulen 082 464 6820
Ander kontakpersone
Strewers Anita Duif 082 411 7015
Tegniese ondersteuning Pieter Pieters 082 920 3837
Spyseniering Ferma Bekker 072 958 4757
BANKBESONDERHEDE
Bank ABSA
Takkode 632005
Rekeningnaam NG Kerk Muldersdrif
Rekeningnommer 310580023
LOPENDE REKENING (TJEK)
Gemeente Besonderhede
Neem asseblief kennis dat die
gemeente geen landlyne het nie, kontak
ons op die selnommers
KERKKANTOOR URE
Maan tot Don 8:00 - 16:00
Vry 8:00 – 14:30