my drakie boek. - graad 3 | leer afrikaans 123...onthou as jy die drakie sien is daar iets wat jy...

20
1 Naam: ________________ Werkboek. My drakie boek. bl, br, dr en dw Ek is Goofy draak. Ek kruip op elke bladsy weg. Kyk of jy my kan kry.

Upload: others

Post on 17-Oct-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: My drakie boek. - Graad 3 | Leer Afrikaans 123...Onthou as jy die drakie sien is daar iets wat jy moet doen. 3 Lees die volgende bl- woorde hardop. Skryf dit dan in jou Afrikaanse

1

Naam: ________________

Werkboek.

My drakie boek.

bl, br, dr en dw

Ek is Goofy draak. Ek kruip op elke bladsy weg. Kyk of jy my kan kry.

Page 2: My drakie boek. - Graad 3 | Leer Afrikaans 123...Onthou as jy die drakie sien is daar iets wat jy moet doen. 3 Lees die volgende bl- woorde hardop. Skryf dit dan in jou Afrikaanse

2

MY DRAKIE BOEK

Om te leer spel is groot pret!

Onthou as jy die drakie sien is daar iets wat jy moet doen.

Page 3: My drakie boek. - Graad 3 | Leer Afrikaans 123...Onthou as jy die drakie sien is daar iets wat jy moet doen. 3 Lees die volgende bl- woorde hardop. Skryf dit dan in jou Afrikaanse

3

Lees die volgende bl- woorde hardop.

Skryf dit dan in jou Afrikaanse werkboek.

blou bleek bles blaai blik blok blom bloed

Mamma het vir San „n nuwe storie boek gekoop. Die boek is blou. Jan kyk saam met San in haar nuwe blou boek. “Daar is vyftien blaaie in die boek.” sê San. “Kyk!” Die man is bles, hy het nie hare nie.” sê Jan. Jan lees: “Mnr. Brink plant „n blom in „n blik. Hy verf die blik bloedrooi en verf „n groot blou blits op die blik. Hy sit die blik op „n houtblok vir die verf om droog te word. „n Meisie met bleek wange gee die blom water. Sy dra „n mooi blink aandrok. San hou baie van haar nuwe blou boek.

San se nuwe blou boek.

Leestyd

Page 4: My drakie boek. - Graad 3 | Leer Afrikaans 123...Onthou as jy die drakie sien is daar iets wat jy moet doen. 3 Lees die volgende bl- woorde hardop. Skryf dit dan in jou Afrikaanse

4

Beantwoord die volgende vrae. 1. Watter kleur is San se nuwe boek? San se nuwe boek is _________________. 2. Watter woord sê vir ons dat Mnr. Brink nie hare het nie? ___________________________ 3. Watter kleur is die meise se rok? Die meisie se rok is _________________________. 4. Wie het vir San die nuwe boek gegee? ________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Page 5: My drakie boek. - Graad 3 | Leer Afrikaans 123...Onthou as jy die drakie sien is daar iets wat jy moet doen. 3 Lees die volgende bl- woorde hardop. Skryf dit dan in jou Afrikaanse

5

5. Hoekom dink jy het San „n nuwe boek present gekry? ________________________________________________________________________________________________________________________________ ________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________ 6. Hoeveel bladsye is in die nuwe blou boek? ________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Hou so aan!

Page 6: My drakie boek. - Graad 3 | Leer Afrikaans 123...Onthou as jy die drakie sien is daar iets wat jy moet doen. 3 Lees die volgende bl- woorde hardop. Skryf dit dan in jou Afrikaanse

6

Skryf in jou eie woorde hoe die blik hierbo lyk.

Teken die blom by, wat Mnr. Brink in die blik geplant het.

Kleur dit nou mooi in.

Page 7: My drakie boek. - Graad 3 | Leer Afrikaans 123...Onthou as jy die drakie sien is daar iets wat jy moet doen. 3 Lees die volgende bl- woorde hardop. Skryf dit dan in jou Afrikaanse

7

Lees die volgende hardop.

Skryf dan die woorde in jou werkboek.

Braam brom broei bruin broek brak brood bril brug brei breek bros

(Naam van storie.) Braam het heeldag loop en brom. Sy ma het gesê hy moet die hen, wat broei, gaan soek. Hy trek „n bruin broek aan met sy mooi bruin sokkies. Hy roep vir Brakkie en gee hom „n stukkie brood. Braam sit sy bril op en begin soek na die hen wat broei. Braam en Brakkie soek en soek. Hulle loop oor die brug. Hulle soek onder elke boom langs die pad, maar daar is geen teken van die hen nie. Skielik hoor Braam, piep-piep. Hy sien vir hen met vier kuikens aangestap kom.

Page 8: My drakie boek. - Graad 3 | Leer Afrikaans 123...Onthou as jy die drakie sien is daar iets wat jy moet doen. 3 Lees die volgende bl- woorde hardop. Skryf dit dan in jou Afrikaanse

8

Braam en Brakkie volg haar, oor die brug al met die paadjie terug na die

opstal. Braam en Brakkie hardloop terug huis toe om vir sy ma die goeie nuus te vertel. Braam se ma is besig om „n trui te brei. Sy is baie bly om te hoor dat hulle die hen gekry het.

Lees die storie nog „n keer en omkring al die br- woorde in die storie.

Kies vier br- woorde en skryf jou eie sinne in jou kreatiewe skryfboek.

Voltooi die volgende sinne met woorde uit die storie.

1. Braam dra „n ________ en „n _________ broek. 2. Braam en Br____________ soek die hen wat _____________. 3. Braam het oor „n __________ geloop en het onder elke boom langs die

________ gesoek.

Page 9: My drakie boek. - Graad 3 | Leer Afrikaans 123...Onthou as jy die drakie sien is daar iets wat jy moet doen. 3 Lees die volgende bl- woorde hardop. Skryf dit dan in jou Afrikaanse

9

4. Wat het Braam eers gehoor en toe gesien? ________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________ 5. Braam se ma _____________ „n trui.

Vertel nou die storie in jou eie woorde aan „n maat.

Lees die storie nog „n keer. Skryf nou „n naam

neer vir die storie.

Mooi! Ek is trots op jou.

Page 10: My drakie boek. - Graad 3 | Leer Afrikaans 123...Onthou as jy die drakie sien is daar iets wat jy moet doen. 3 Lees die volgende bl- woorde hardop. Skryf dit dan in jou Afrikaanse

10

Gebruik die prentjies en skryf die storie oor in jou eie woorde.

Page 11: My drakie boek. - Graad 3 | Leer Afrikaans 123...Onthou as jy die drakie sien is daar iets wat jy moet doen. 3 Lees die volgende bl- woorde hardop. Skryf dit dan in jou Afrikaanse

11

HOU OOP VIR KNIP VAN BLADSY!

Page 12: My drakie boek. - Graad 3 | Leer Afrikaans 123...Onthou as jy die drakie sien is daar iets wat jy moet doen. 3 Lees die volgende bl- woorde hardop. Skryf dit dan in jou Afrikaanse

12

Stel nou 3 goeie vrae op oor die storie. Vrae: 1. Hoeveel

2. Wie

3. Waar

Antwoorde:

1.

2.

3.

Page 13: My drakie boek. - Graad 3 | Leer Afrikaans 123...Onthou as jy die drakie sien is daar iets wat jy moet doen. 3 Lees die volgende bl- woorde hardop. Skryf dit dan in jou Afrikaanse

13

Leestyd

Lees die volgende gediggie en onderstreep al die br- woorde.

Kleur dan die prentjie mooi in.

Bertie brom beer.

Bertie Beer jou lawwe dier.

Jy brom en brul daar onder die brug.

Page 14: My drakie boek. - Graad 3 | Leer Afrikaans 123...Onthou as jy die drakie sien is daar iets wat jy moet doen. 3 Lees die volgende bl- woorde hardop. Skryf dit dan in jou Afrikaanse

14

Jou maats staan verstom

Hulle dink jy is sommer dom!

So, kom Bertie Beer “Hou tog op om te brul en brom.

Trek aan jou bruin broek! Sit op jou bril!

Dan voel jy sommer weer braaf.

“Kom, brawe Bertie Beer. Sing en speel,

want van brom en brul hou niemand tog!”

Skryf al die br- woorde in die blokkies. br

Hou jou oë oop. Ek is op elke bladsy.

Page 15: My drakie boek. - Graad 3 | Leer Afrikaans 123...Onthou as jy die drakie sien is daar iets wat jy moet doen. 3 Lees die volgende bl- woorde hardop. Skryf dit dan in jou Afrikaanse

15

Dries en die drie-kop draak.

ees die volgende dr- woorde hardop.

Skryf die woorde in jou Afrikaanse spelboek.

drie drom draak draai Dries droog dreun draf droom druipnat druis druk

Dries droom hy sit op „n draak met drie koppe se maag. Die draak dryf op sy rug in die rivier af. Dries sit hoog en droog terwyl die water dreun en druis. Hulle dryf om „n draai en deur „n drif. Dries speel op „n drom. “Doem, doem, doem!” Die draak blaas en draai. Daar lê ou Dries op sy rug druipnat in die

Page 16: My drakie boek. - Graad 3 | Leer Afrikaans 123...Onthou as jy die drakie sien is daar iets wat jy moet doen. 3 Lees die volgende bl- woorde hardop. Skryf dit dan in jou Afrikaanse

16

bad.

Beantwoord die volgende vrae. (Skryf die antwoorde in jou werkboek.)

1. Wat dink jy is Dries besig om te doen?

2. Hoeveel koppe het die draak?

3. Watter woorde sê vir ons dat die water raas?

4. Waarop sit Dries?

5. Waarop speel Dries?

Voltooi die volgende sinne met woorde uit die storie.

1. Die draak blaas en __________________.

2. Hulle dryf om „n ________________ en deur „n ______________.

3. Daar lê Dries _______________ in die bad.

Soek die betekenis van die woord. Drif - ______________________________________

Jy is wonderlik!

Page 17: My drakie boek. - Graad 3 | Leer Afrikaans 123...Onthou as jy die drakie sien is daar iets wat jy moet doen. 3 Lees die volgende bl- woorde hardop. Skryf dit dan in jou Afrikaanse

17

Kom ons bou nou dr- woorde.

Kyk hoeveel dr- woorde jy kan bou. 1. 2.

3. 4.

5. 6.

7. 8.

9. 10.

dr-

m

s

k s

f m

n

g

Page 18: My drakie boek. - Graad 3 | Leer Afrikaans 123...Onthou as jy die drakie sien is daar iets wat jy moet doen. 3 Lees die volgende bl- woorde hardop. Skryf dit dan in jou Afrikaanse

18

Lees die nonsens rympie en sê dit hardop.

Dwaal dwaas dwerg dwars? Dwaas dwerg dwaal dwars.

Skryf nou al die dw- woorde neer.

1. dw ____________________ 2. dw ____________________

3. dw ____________________

4. dw ____________________

Page 19: My drakie boek. - Graad 3 | Leer Afrikaans 123...Onthou as jy die drakie sien is daar iets wat jy moet doen. 3 Lees die volgende bl- woorde hardop. Skryf dit dan in jou Afrikaanse

19

Lees die volgende gediggie en maak „n sirkel om al die bl, dr, dw en br woorde.

Danie dwerg blaas en brom. Sy kop dreun en draai Hy dwaal en dwaal daar in die bos. Danie dwerg wees tog nie dwars Kom speel die drom, Doem-doem-doem.

Om te draal sal nie help. Draf, Danie dwerg, ou drie-tand draak staan en wag. Danie dwerg hou op met brom trek aan jou bruin broek en sit op jou bril, blaai in die blou boek, want vandag gaan jy en drie-kopdraak bak en brou.

Page 20: My drakie boek. - Graad 3 | Leer Afrikaans 123...Onthou as jy die drakie sien is daar iets wat jy moet doen. 3 Lees die volgende bl- woorde hardop. Skryf dit dan in jou Afrikaanse

20

Sorteer nou al die woorde wat jy omkring het en skryf dit onder die regte opskrif.

bl br dw dr

Dit was regtig lekker om saam met jou te werk!