my sv1tompv2i gids · hoeveel woordsoorte kan jy identifiseer? o jinne, wat vir ‘n ding is ‘n...

36
My STOMPv2I gids Basiese Afrikaanse Sinskonstruksie

Upload: others

Post on 27-Jan-2021

6 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

  • My STOMPv2I

    gids

    Basiese Afrikaanse Sinskonstruksie

  • Wat is Sv1TOMPv2I?

    STOMPI is die basiese struktuur van ‘n

    Afrikaanse sin. Hoe dikwels skryf jy ‘n sin

    neer en dan kla die onderwyser dat jou

    woordorde nie reg is nie, dan kan jy nie

    verstaan hoekom nie?

  • Die man het sy motor gister in die motorhuis parkeer.

    Die man het gister sy motor in die motorhuis parkeer.

    Kom ons kyk na die volgende twee sinne:

    Watter een van bogenoemde sinne maak sintakties sin? Al twee.

    Watter een van bogenoemde sinne se volgorde is sintakties korrek? Die tweede een.

  • Sv1TOMPv2I is ‘n Engelse kortpad (akroniem) om jou te help om die Afrikaanse sinsvolgorde te herken en te leer ken. Hoe doen ‘n mens dit? Eers moet ons ondersoek waarvoor elke letter van Sv1TOMPv2I staan.

    Maar hoekom? Die tyd kom altyd aan die begin van die sin na die eerste werkwoord, so-ook word die plek waar die sin afspeel amper aan die einde aangetref voor die tweede werkwoord.

  • Sv1TOMPv2I word gebruik wanneer mens

    besig is met sinsontleding in Afrikaans,

    maar ook vir lydende en bedrywende

    vorm, woordorde, ens.

    Kyk gou na die volgende tabel.

    Waarvoor staan Sv1TOMPv2I?

  • Infinitive I Infinitief

    Subject S Onderwerp

    Verb 1 v1 Werkwoord 1

    Time T Tyd

    Object O Voorwerp

    Manner M Wyse, Graad of Manier

    Place P Plek

    Verb 2 v2 Werkwoord 2

  • STOMPI begin nou wraggies bekend lyk! tog besef ek dat werk wat bekend lyk nie

    noodwendig maklik is of selfs verstaan word nie. Kom ons ondersoek STOMPI nog verder.

  • Hoe identifiseer ek die dele van Sv1TOMPv2I in ‘n sin?

    Net soos met Wiskunde is daar sekereformules wat gebruik kan word om sinne teontleed. Dis nie meer net ‘n geval van óf jy

    verstaan dit óf jy verstaan dit nie.

    Die STOMPI-metode kan jou help om by die regte antwoord uit te kom of dit kan jouhelp om te toets of jou antwoord reg is.

  • Kyk of jy antwoorde kan verskafop die volgende vrae:

    • Hoe weet ek wat die onderwerp van ‘n sin is?

    • Hoe identifiseer ek die werkwoorde?

    • Hoe onderskei ek tussen die tyd, manier en plek?

    • Wat is die verskil tussen ‘n onderwerp en ‘n voorwerp?

  • ubject OF Onderwerp

    ❑Staan gewoonlik eerste in die sin.❑Die onderwerp is dit waaroor die sin gaan.❑Die onderwerp is gewoonlik die WIE of die WAT.

    Die seun het gister sy rugbybal hard oor die pale geskop om te oefen.

    DIE SEUN

  • erb 1 OF Werkwoord 1❑Die eerste werkwoord in die sin.❑Die werkwoord word in twee groepe verdeel:❑Teenwoordige tyd: Hoofwerkwoord van die sin.

    Daar is geen tweede werkwoord nie.❑Verlede en toekomende tyd: die eerste werkwoord

    is altyd die hulpwerkwoorde in die twee tye. ❑Verlede tyd: HET, SOU, WIL, KON, MOES, MOG❑Toekomende tyd: SAL, WIL, KAN, MOET, MAG

    Die seun het gister sy rugbybal hard oor die pale geskop om te oefen.

    HET

  • ime OF Tyd

    ❑Gewoonlik enige aanduiding van tyd.❑Die TYD antwoord die WANNEER vraag.

    Die seun het gister sy rugbybal hard oor die pale geskop om te oefen.

    GISTER

  • bject OF Voorwerp❑Die voorwerp is dit wat GEDOEN word in die sin.❑Wat WERKWOORD die ONDERWERP?❑Die antwoord op bogenoemde vraag, is die

    voorwerp.❑Die onderwerp en die voorwerp lyk baie

    dieselfde, want hulle ruil plekke tydens lydende en bedrywende vorm.

    syrugbybal

    Die seun het gister sy rugbybal hard oor die pale geskop om te oefen.

  • anner OF Manier

    ❑Die wyse beantwoord die HOE-vraag. HOE word dit gedoen.

    ❑Die wyse is ALTYD ‘n beskrywende woord.❑Die beskrywende woord kan in TRAPPE VAN

    VERGELYKING geplaas word.

    HARD

    Die seun het gister sy rugbybal hard oor die pale geskop om te oefen.

  • lace OF Plek❑Die plek beantwoord die WAAR-vraag.❑Die plek bevat ALTYD ‘n VOORSETSEL, die

    voorsetsel gee juis ‘n aanduiding van plek.❑Voorsetsels: IN, AAN, AGTER, BY, BO, LANGS,

    MET, NA, ONDER, OM, OOR, OP, TEEN, UIT, VOOR, ens.

    OOR DIE PALE

    Die seun het gister sy rugbybal hard oor die pale geskop om te oefen.

  • erb 2 OF Werkwoord 2❑Die tweede werkwoord in die sin.❑Die teenwoordige tyd het nie ‘n tweede

    werkwoord nie. ❑Die tweede werkwoord is die hoofwerkwoord in

    die verlede en die toekomende tyd.❑Die verlede tyd hoofwerkwoord het baie keer ‘n

    “ge” vooraan.

    GESKOP

    Die seun het gister sy rugbybal hard oor die pale geskop om te oefen.

  • nfinitive OF Infintief

    ❑Die infinitief beantwoord die HOEKOM-vraag.❑Die infinitief is eintlik die maklikste om uit te ken. ❑Alles van OM tot die einde van die sin is die

    infinitief. Die infinitief gee die rede vir dit wat in die sin gesê is.

    OM TE OEFEN

    Die seun het gister sy rugbybal hard oor die pale geskop om te oefen.

  • Kom ons kyk nou weer na die voorbeeld sin:

    Die seun het gister sy rugbybal hard

    oor die pale geskop om te oefen.

    Hoeveel woordsoorte kan jyidentifiseer?O jinne, wat vir ‘n ding is ‘n woordsoort nou weer?En, wat het woordsoorte tedoen met woordorde?

  • ALLES! STOMPI kan jou

    help om jouwoordsoorte beter

    te onthou!!!Kom ons kyk hoe word dit gedoen:

  • Wanneer jy ‘n sin in Sv1TOMPv2I opdeel, kyk ons na groepies woorde wat saam die SUBJECT of die PLACE of die INFINITIVE opmaak.

    MAAR

    het jy geweet dat net SEKERE woordsoorte in sekere gedeeltes van Sv1TOMPv2I inpas?

  • Watter woordsoort pas by watter gedeelte van

    Sv1TOMPv2I??

  • M Byvoeglike naamwoord

    P Voorsetsel + lidwoord, voornaamwoord, selfstandigenaamwoord

    v2 Hede: GEEN Verlede/Toekoms: hoofwerkwoord

    I Infinitief (om te), lidwoord, selfstandige naamwoord, voornaamwoord, byvoeglike naamwoord, werkwoord.

    S Selfstandige naamwoord, voornaamwoord, lidwoord

    v1 Hede: hoofwerkwoord

    Verlede/Toekoms: hulpwerkwoord

    T Bywoord van tyd

    O Selfstandige naamwoord, voornaamwoord, lidwoord

  • Hoe word ‘n sin ontleed op die

    Sv1TOMPv2I-manier?

  • • Stap 1: Onderstreep die werkwoorde in die sin.

    Die seun het gister sy rugbybal hard

    oor die pale geskop om te oefen.

  • • Stap 2: Dit wat voor die eerste werkwoord staan is die SUBJECT (onderwerp). Die wat na die tweede werkwoord staan is die INFINITIVE (infinitief).

    Die seun het gister sy rugbybal hard

    oor die pale geskop om te oefen.

    ONTHOU: die Subject/Onderwerp bevat óf ‘n lidwoord óf ‘n selfstandige naamwoord óf ‘n

    voornaamwoord.

    ONTHOU: die Infinitief moetOM en/of TE bevat.

  • Watter vrae vra jy vir jouself om die andergedeeltes van STOMPI te identifiseer?

    ✓ Wanneer VERB die SUBJECT? ➔ TIME

    ✓ Wat VERB die SUBJECT VERB? ➔ OBJECT

    ✓ Hoe VERB die SUBJECT VERB? ➔ MANNER

    ✓ Waar VERB die SUBJECT VERB? ➔ PLACE

    Die seun het gister sy rugbybal hard

    oor die pale geskop om te oefen.

    Wanneer het die seun? Gister

    Wat het die seun geskop? Sy rugbybal

    Hoe het die seun geskop? Hard

    Waar het die seun geskop? Oor die pale

  • • Stap 3: Begin nou aan die begin van die sin en kyk watter gedeeltes van STOMPI is daarnog in die sin. ONTHOU: ‘n sin hoef nienoodwendig al die gedeeltes van STOMPI teenwoordig te hê nie.

    Die seun het gister sy rugbybal hard

    oor die pale geskop om te oefen.

  • Hier is die drie stappe weer:

    • Stap 1: Onderstreep die werkwoorde in die sin.

    • Stap 2: Dit wat voor die eerste werkwoord staanis die SUBJECT (onderwerp). Die wat na die tweede werkwoord staan is die INFINITIVE (infinitief).

    • Stap 3: Begin nou aan die begin van die sin en kyk watter gedeeltes van STOMPI is daar nog in die sin. ONTHOU: ‘n sin hoef nie noodwendig al die gedeeltes van STOMPI teenwoordig te hê nie.

  • Nou is dit JOU beurt om te oefen om ‘n sin in STOMPI op te deel!!

  • 1. Die leerders het die werk vinnig vir die eksamen geleer om goed te presteer.

    2. Die meisie sal later haar gesig mooi in die badkamer grimeer om pragtig te lyk.

    3. Ons drink saans koffie in die kombuis.

    4. Eugene het sy werk goed gedoen om betaal te word.

    5. Die vis sal vinnig in die vuil dam swem.

    Onthou en gebruikdie 3 stappe!

  • Memorandum

    1. Die leerders het die werk vinnig vir die

    eksamen geleer om goed te presteer.

  • Memorandum

    2. Die meisie sal later haar gesig mooi

    in die badkamer grimeer om pragtig te

    lyk.

  • Memorandum

    3. Ons drink saans koffie in die kombuis.

  • Memorandum

    4. Eugene het sy werk goed gedoen

    om betaal te word.

  • Memorandum

    5. Die vis sal vinnig in die vuil dam swem.