n gebed aan die begin van kerstyd -...

4
NG Gemeente Meyerspark Desember 2015/Januarie 2016 - Jaargang 12 Uitgawe 11 In hierdie uitgawe: n Mooi hart met n tikkie glimlag p2 n Spesiale geleentheid: Kersvreugde p3 Seniorbediening breek weg na Badplaas p4 n Gebed aan die begin van Kerstyd Here God, so aan die begin van die kerstyd buig ons in diepe afhanklikheid voor U, ons sien uit na die sinvolle viering van die geboorte van ons Verlosser. Gee genadelik dat ons Kersfees in die regte gesindheid sal tegemoetgaan. Suiwer ons gees van bitterheid en haat, ons wil van onwaardige motiewe, en ons siele van gebruike wat vir U onterend is. Laat elke geskenk gepaard gaan met opregte liefde en elke groetekaartjie n belydenis wees van ons geloof in U. Ons hunker, o Vader, na die eenvoudige skoonheid van Kersfees. Gee nuwe betekenis aan elke ou bekende melodie van Kersfees. Laat dit opnuut tot ons deurdring dat God mens geword het – n Kind in n krip sodat mense met God versoen kan raak en Hom weer Vader kan noem. Mag hierdie versoening tussen God en mens lei tot versoening tussen mens en mens. Mag ons die vrede waarvan die engele gesing het, nie as n ydele droom sien of as n onmoontlike ideaal nie, maar laat ons deur ons geloof ons deel doen om dit n werklikheid te maak. Gee tog dat die goedheid en die vreugde van die Kerstyd nie slegs n kort rukkie in ons harte vertoef nie. Gee dat dit daar sal bly sodat, wanneer ons in die nuwe jaar terugkeer na ons elkedagse pligte en bekommer- nisse en verantwoordelikhede, ons selfs in die koue van Juniemaand nog die warmte van Kersfees in ons harte sal beleef. Ons bid dit in die Naam van Jesus wat gekom het om mense van hulle sondes te verlos en vir ons Immanuel – God met ons – te wees. Amen! Uit: Kyk, jou Koning kom Eredienstye tydens vakansie: Let asb op die volgende spesiale reëlings: Vrydag 25 Des Eredienste om 08:00 en 09:30. Donderdag 31 Des Oujaar/ Nuwe jaardiens om 18:30 Geniet u vakansie! Kersgroete Die redaksie van die Goeie Nuus wens al ons lesers n geseënde Kersfees en n baie voorspoedige nuwe jaar toe.

Upload: others

Post on 01-Sep-2019

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

NG Gemeente Meyerspark Desember 2015/Januarie 2016 - Jaargang 12 Uitgawe 11

In hierdie uitgawe:

’n Mooi hart met ’n tikkie glimlag p2

’n Spesiale geleentheid: Kersvreugde p3

Seniorbediening breek weg na Badplaas p4

’n Gebed aan die begin van Kerstyd

Here God, so aan die begin van die kerstyd buig ons in diepe afhanklikheid voor U, ons sien uit na die sinvolle viering van die geboorte van ons Verlosser.

Gee genadelik dat ons Kersfees in die regte gesindheid sal tegemoetgaan. Suiwer ons gees van bitterheid en haat, ons wil van onwaardige motiewe, en ons siele van gebruike wat vir U onterend is. Laat elke geskenk gepaard gaan met opregte liefde en elke groetekaartjie ‘n belydenis wees van ons geloof in U.

Ons hunker, o Vader, na die eenvoudige skoonheid van Kersfees. Gee nuwe betekenis aan elke ou bekende melodie van Kersfees. Laat dit opnuut tot ons deurdring dat God mens

geword het – ‘n Kind in ‘n krip – sodat mense met God versoen kan raak en Hom weer Vader kan noem.

Mag hierdie versoening tussen God en mens lei tot versoening tussen mens en mens. Mag ons die vrede waarvan die engele gesing het, nie as ‘n ydele droom sien of as ‘n onmoontlike ideaal nie, maar laat ons deur ons geloof ons deel doen om dit ‘n werklikheid te maak.

Gee tog dat die goedheid en die vreugde van die Kerstyd nie slegs ‘n kort rukkie in ons harte vertoef nie. Gee dat dit daar sal bly sodat, wanneer ons in die nuwe jaar terugkeer na ons elkedagse pligte en bekommer-nisse en verantwoordelikhede, ons selfs in die koue van

Juniemaand nog die warmte van Kersfees in ons harte sal beleef.

Ons bid dit in die Naam van Jesus wat gekom het om mense van hulle sondes te verlos en vir ons Immanuel – God met ons – te wees. Amen!

Uit: Kyk, jou Koning kom

Eredienstye tydens vakansie:

Let asb op die volgende spesiale reëlings:

Vrydag 25 Des – Eredienste om 08:00 en 09:30.

Donderdag 31 Des – Oujaar/Nuwe jaardiens om 18:30

Geniet u vakansie!

Kersgroete Die redaksie van die Goeie Nuus wens al ons lesers ’n geseënde Kersfees en ’n baie voorspoedige nuwe jaar toe.

Iewers tussen die baksteen-mure van NG Meyerspark het ons mekaar opgespoor en tot nou toe wou ons nie laat los nie. Eers was dit ernstig, later bietjie saam eet en uiteindelik hartsake, met steeds gereeld eet.

Stil en gedwee het ‘n groep dierbare jong meisies saam met my ‘n pad begin stap sonder dat hulle self besef het waarheen hulle oppad is. Na ‘n paar jaar het ‘n seun ons besoek en van die geselligheid gehou. Hy het

by ons groep aangesluit. Haan tussen die henne het hy egter nie lank gebly nie, want kort voor lank het nog twee ander by ons aangesluit. Hiervandaan was daar geen keer, elkeen gebore in dieselfde jaar het sy of haar plekkie by ons gevind. En alhoewel hierdie groep jong meisies en seuns met tyd volwasse geraak het, het hulle oop harte en vriendskap nooit verander nie. Ek voel bitter bevoorreg om deel te kon wees van hierdie jong mense se reis saam met Christus. Ek weet elkeen van hulle sal talle ander se harte aanraak met hulle dissipelskap en liefde vir die Here.

Ek bid dat julle nooit sal vrees nie, ander altyd met liefde sal behandel en God altyd sal eerste stel en vertrou met julle besluite. Mag julle paaie met vreugde en vrede besaai wees.

Gloria in excelsis Deo – klink dit nou die wêreld deur ?

Wel, in Meyerspark het ons vanjaar met Wouter, Thabo en die koor 'n pragtige kersdiens beleef. Die gemeente het hartlik kersliedere gesing kompleet met trompetgeskal. En dan was daar Pierre wat 'n onbepertkte ver-skeidenheid van kleurtone uit die klavier kan optower, dis nou wanneer hy nie orrel speel nie – alles onder die bekwame leiding

van ons eie Francois. 'n Week later sing ons weer

saam met die Bach-koor en An-na Davel, en te oordeel aan die twee seuntjies met hul wipkui-fies voor ons, is die Alpeklok-kies verreweg die opwindendste item op die program – Joy to the world, the Lord is come.

Wat het geword van die men-se in wie Hy 'n welbehae het? Afgemat? Stamel en stotter? Ma-ria sê: My siel maak die Here

groot en my gees is verheug in God my Saligmaker... heilig is Sy naam.

“My vrede laat ek vir julle na”, belowe Jesus sy dissipels.

Laat ons dan, wat deel in hierdie wonderlike erflating, met ontvanklike harte ag gee op die Hemelvors sodat Hy ook in hierdie feesgety werklik ons bron van vreugde en vrede sal wees.

Kersfees - Fees van Vrede en Vreugde - Antje Viljoen

Goeie Nuus

2

’n Mooi hart met ’n tikkie glimlag

Wilmarie Dippenaar

Lente-ete : 14 Oktober - Hennie van Buuren

“Oktobermaand die mooiste, mooiste maand”. Met dié prag-tige woorde van C Louis Lei-poldt het ds Niekie die seniors op 14 Oktober verwelkom vir die jaarlikse Lente-ete. Op vinding-ryke wyse het hy al die aktiwi-

teite rondom die ete glad laat verloop.

Net soos hulle alleen kan doen, het die Vrouebediening hulle allerbeste spyskaart uitge-haal en gewys. Die seniors is trakteer met ’n driegang ete. ’n

Heerlike interessante voorgereg is opgevolg met ’n hoofgereg uit die boonste rakke, vleis, patat-pastei, gemengde groente en rys.

Die bedieningspan van Hele-ne Viljoen het flink en soos ’n...

(Vervolg bl 3)

So ’n hele klompie jare terug het ’n behoefte ontstaan om ’n fonds te stig om veral voor Kersfees, maar ook gedurende

die jaar, mense finansieel te ondersteun. So het die Kersvreugdefonds tot stand gekom en dit het nou al ’n jaarlikse instelling in ons gemeente geword. Kersfees is immers vir ons ’n spesiale geleentheid en hierdie fonds voorsien in spesiale behoeftes van ander.

Só kon ons die afgelope jaar maandeliks kruidenierspakkies voorsien vir drie alleenlopende vroue (wat ’n baie klein inkomste het), asook ’n gesin met twee gestremde kinders – die man is ’n motorwag en die vrou sien na die kinders om asook kontantbydraes aan ’n

paar verdienstelike gevalle maak.

Nog al die jare is die fonds ruimskoots deur u ondersteun. Baie mense se lewens is op hierdie manier positief geraak. Vir u ondersteuning in die verlede sê ons baie dankie. Ondersteun ons asseblief hierdie jaar weer.

Vanaf die begin November tot aan die einde Desember sal houers by die ingange van die kerk geplaas word waarin u ’n bydrae kan sit, of u kan dit in die kollektesakkie gooi, of by die kerkkantoor inhandig. Merk dit asseblief Kersvreugdefonds.

Goeie Nuus

3

’n Spesiale geleentheid : Kersvreugde - Nerina Jordaan

Finansiële verslag: Desember/Januarie William Mullins (Bedieningsleier : Finansies)

Met die skrywe hiervan is die droogte en sy voorspelde ge-volge besig om op ons ge-moedstoestand in te werk en is ons maar almal benoud. Hierby moet nog die verswakkende ekonomiese toestande gevoeg word met die moontlikheid van groot getalle werksverliese. Maar, dan sê ons Skepper ook vir ons dat ons moet aangaan met dit waarmee ons besig is, Hy is in beheer!

Hierdie verslag weergee die geldjaar tot aan die einde van Oktober en is dit lekker om te rapporteer dat ons tans ‘n oor-skot op die Inkomste en Uitgawe

het. Saam met die Fees en die Tiendemaand Dankoffers is ons inkomste heelwat meer as die uitgawes. Daar is dus genoeg fondse vir die personeel se bonus betalings en ander uitgawes.

Dit is met groot dankbaarheid dat ons dankie sê vir die pragtige dankoffer bydraes!

Die begrotingsproses is aan die gang en die verskillende Bedieninge moet reeds hulle begrotings teen 9 Desember in-handig, waarna die proses in Januarie aangaan en finale goed-keuring in Februarie plaasvind. Aspekte soos die inflasiekoers en die algemene finansiële po-

sisie van ons lidmate, speel ‘n belangrike rol in die finale syfers.

Aan die lidmate wat be-voorreg is om met vakansie te gaan, geniet die wegbreek. Ek vertrou dat diegene wat tuisbly, ook ‘n paar dae rus gaan kry.

Lente-ete : 14 Oktober (Vervolg bl 2)

geoliede masjien die bediening gedoen. Al die geregte was be-sonder geurig voorberei.

Gawie Viljoen se gebruiklike vrug van die wingerdstok het die ete gekomplimenteer. Op

tipiese boere manier is die ete afgesluit met boeretroos en melktert.

Ons betuig andermaal, as se-niors, ons dank aan die Vroue-bediening vir baie netjiese be-

planning en voorbereiding van ’n Lente-ete wat deur almal teenwoordig geniet is en lank onthou sal word.

Lede van ons gemeente se seniorbediening (S.B.), kry elke jaar so ’n krieweling in hulle lywe om ‘n bietjie weg te breek van hulle huis en haard na ‘n rustiger plek. So’n plek is reeds jare gelede deur hulle geïden-tifiseer. Daardie plek is die Rotary Oord, Badplaas. Char-lotte Rossouw, die sameroeper van die Seniorbediening, plaas reeds gedurende April/Mei elke jaar ‘n aankondiging in Die Basuin vir die seniorlidmate wat die weg-breek wil meemaak, om hulle name aan haar te verstrek. ’n Deposito word dan ook verlang. Sy kon hierdie jaar ongelukkig, weens siekte, nie saam met die 18 lede en twee gaste, die rustigheid by die oord geniet nie. Haar plaasvervanger in die persoon van Hennie van Buuren, het die taak as same-roeper oorgeneem. Hy het hom goed van sy taak gekwyt. Dankie vriend.

Vir die oningeligtes, haal ek die volgende aan uit die reklame nota van die oord:

“Van die geriewe by die oord sluit ‘n onderdak warmwater-swembad, ‘n borrelbad, ses TV kanale, ’n klankstelsel, klavier

en orrel vir die musiekmakers/-liefhebbers, in. Die tariewe sluit drie etes per dag in asook gratis toegang tot die Forever Resort wat sowat 500 meter vanaf die oord is.”

Die oord reël ‘n uitstappie na die Cradle of life waar die rehabilitasiesentrum van die ‘groot katte-familie’ besoek word. Vanjaar het hulle ook ‘n bootvaart op die V ygeboomdam gereël. Die nominale koste van die uitstappies is vir elkeen wat daarop gaan, se eie rekening.

In die asemrowende natuur-skoon, weg van die stad se ge-durige gewoel, kan hier rus-tigheid vir liggaam en siel gevind word. Hierdie oord is aan die voetenent van die Hlumu-hlumu berge geleë wat oortrek is met groen bome en lower gras-velde waarin daar ’n paar kleierige damme te sien is. Selfs die beeste van Prins Mkolishi wei in die padreserwe en hulle loop al draelende oor die pad. Tyd het amper stil gestaan vir ons. Daar is ‘n sement fontein-tjie langs die eetsaal waar die water voortdurend oor die klein versperrings kabbel, wat gehoor kan word so deur die loslit geselsies en die vrolike gelag van die gaste in die eetsaal.

Ek het só ongemerk waar-nemings gedoen wanneer die swemmers by my verbystap op pad na die warmwaterswembad en borrelbad. ‘n Kaleideskoop van swemhandoeke wat om die

nek of middel gedrapeer is, die sloffies en ander skoeisel wat spesiaal vir die paadjie na die swembad en borrelbad saam-gebring is, word met versigtige treë deur oud en nie so oud swemmers, op die warm sement-gedeelte getrap. Selfs Sally en Hennie het hulle krukke en/of kieries tuis gelaat, sodat hulle ook aan die swemmery kon deelneem.

Ben en sy drie dames, toe-maar dis Corrie, sy suster en skoonsuster, het ‘n besoek aan Nelspruit en Chrissiesmeer ge-bring om die omgewing beter te leer ken. Gelukkig het hy nie ‘n spoedoortreding, soos verlede jaar, begaan nie!

Ons dank aan elke lid wat oggendgodsdiens waargeneem het en diegene wat ‘n tafelgebed voor etes gedoen het en laastens aan Roelf Campher wat die sang voor en na godsdiens gelei het.

Die tydperk, Sondag 30 Ok-tober 2016 tot Sondag 6 No-vember 2016, is voorlopig be-spreek. Ek vertrou dat daar weer nuwelinge by die volgende weg-breek sal wees. Wil u dalk vroeër gaan om self die geriewe te gaan beproef? dan kan u met Engela by tel 017 844 1060, skakel. Terloops, hierdie oord is nie net vir seniorburgers en egpare met kinders nie, maar ook oop vir enkellopendes, kry net ‘n maat! Sien julle DV volgende jaar weer daar.

Goeie Nuus

4

Seniorbediening breek weg na Badplaas - Ben du Plessis

STIENIE NAUDé EIENDOMME Koop en verkoop van

eiendomme Skakel Stienie Naudé (082 335

0720) (Eiendomsagent)

Lief en Leed Lily

Kilian en Louise Jansen is die afgelope maand oorlede. Ons gebede en meegevoel gaan uit na hulle naasbestaandes.

Boomslopings en snoei. Gratis kwotasies /verseke-ring. Kontak Ernst 083 656 4992 / w.treecarepta.co.za

Algemene Meubelvervoer Algemene meubelvervoer en langafstande. Bokse te koop. Skakel Kassie 086 111 1129 / 082 454 8159