‘n klippie in my - · web viewook nie as jy medikasie neem, aan ‘n mediese...

18
GRAAD 12 PUNTE: 80 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye. VOORBEELDVRAESTEL AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL VRAESTEL EEN JUNIE 2011

Upload: lamkhanh

Post on 19-Mar-2018

226 views

Category:

Documents


8 download

TRANSCRIPT

Page 1: ‘N KLIPPIE IN MY -  · Web viewOok nie as jy medikasie neem, aan ‘n mediese toestand ly wat deur drank vererger kan word nie, ... Nols is ‘n (persoon wat . hengel). (1) 7.2

GRAAD 12

PUNTE: 80

TYD: 2 uur

Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings.

VOORBEELDVRAESTEL

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

VRAESTEL EEN

JUNIE 2011

Page 2: ‘N KLIPPIE IN MY -  · Web viewOok nie as jy medikasie neem, aan ‘n mediese toestand ly wat deur drank vererger kan word nie, ... Nols is ‘n (persoon wat . hengel). (1) 7.2

AFRIKAANS EAT/V1 VOORBEELDVRAESTEL WKOD JUNIE 2011

AFDELING A: Kyk- en leesbegrip (VRAAG 1, 2 en 3) (30)AFDELING B: Opsomming (VRAAG 4) (10)AFDELING C: Taal (VRAAG 5, 6 en 7) (40)

2. Lees ALLE instruksies baie goed.

3. Beantwoord AL die vrae.

4. Begin ELKE afdeling op ʼn NUWE bladsy.

5. Trek ʼn streep na elke afdeling.

6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie

vraestel gebruik is.

7. Laat ʼn reël oop na elke antwoord.

8. Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie.

9. Skryf netjies en leesbaar

AFDELING A: KYK- EN LEESBEGRIP

VRAAG 1: TYDSKRIFARTIKEL

Kopiereg voorbehou 2 Blaai om asseblief

Page 3: ‘N KLIPPIE IN MY -  · Web viewOok nie as jy medikasie neem, aan ‘n mediese toestand ly wat deur drank vererger kan word nie, ... Nols is ‘n (persoon wat . hengel). (1) 7.2

AFRIKAANS EAT/V1 VOORBEELDVRAESTEL WKOD JUNIE 2011

Lees die onderstaande tydskrifartikel en beantwoord die vrae.

Erika Gibson en Kilimandjaro

1. Erika het verlede jaar Afrika se hoogste berg geklim, en gee raad oor watter toerusting werklik nodig is.

2. Was jy altyd ‘n stapper? Ek het sowat agt jaar gelede begin stap toe my knieë (danksy die weermag) nie meer wou hardloop nie. Ek het van wandel tot vinnige stap gevorder.

3. Hoekom Kili? Ek het die Addo-uithouwedloop twee keer gedoen en ‘n bietjie in die Magaliesberg gespeel en toe besef: Ek en berge verstaan mekaar. Kili is Afrika se hoogste berg en ‘n logiese keuse.

4. Wou jy ooit omdraai? Jy voel maar half mistroostig rondom die derde dag – dis dán dat jou kop beheer van jou lyf moet neem. Die aand toe ons die piek klim, het ek net op elke tree gekonsentreer – een na die ander. Die witgesneeude piek wat die heeltyd in die maanlig geblink het, was genoeg motivering om vas te byt en uit te hou.

5. Is Kili die geld werd? Dis ‘n ervaring wat ‘n mens nie eintlik kan beskryf nie. Ek het my oë uitgehuil terwyl ons berg-af stap – ek wou eenvoudig nie hê dit moes al verby wees nie.

6. Watter toerusting was onontbeerlik? Ek is baie koulik, en my 3-1 baadjie was ‘n staatmaker.

7. My chemiese handverwarmers het my nie beïndruk nie- hulle het my palms warm gehou, maar my vingers het só koudgekry dat ek hulle nie meer kon voel nie.

8. Wat is volgende? Suid-Amerika se hoogste berg, Aconcagua in Argentinië, volgende jaar in Januarie. Ek weet dit gaan ‘n tandekners-ekspedisie wees, want Aconcagua is sowat 1 000m hoër as Kili, daar is baie gletsers én jy dra al jou bagasie self.

9. Raad aan voornemende klimmers? Moenie gaan as jy nie ‘n passie het om dit te doen nie. Kili is baie meer as net ‘n koppie wat jy klim; dit is ‘n emosionele en geestelike ervaring sonder gelyke.

[Verwerk uit: Weg, Februarie.2011]

1.1 Om watter rede kon Erika nie meer hardloop nie? (1)

1.2 Watter ondervindings het Erika die idee gegee dat sy dit sou geniet om

Kopiereg voorbehou 3 Blaai om asseblief

Page 4: ‘N KLIPPIE IN MY -  · Web viewOok nie as jy medikasie neem, aan ‘n mediese toestand ly wat deur drank vererger kan word nie, ... Nols is ‘n (persoon wat . hengel). (1) 7.2

AFRIKAANS EAT/V1 VOORBEELDVRAESTEL WKOD JUNIE 2011

Kilimandjaro te klim? (2)

1.3 Haal twee agtereenvolgende woorde aan wat aandui dat ‘n mens tydens die Kilimandjaro-ondervinding wanhopig kan raak en soms moed verloor. (1)

1.4 Wat was die motivering vir Erika om nie tou op te gooi nie? Haal drie agtereenvolgende woorde uit die teks aan as jou antwoord. (1)

1.5 Kies die korrekte antwoord. Skryf net die letter wat jy gekies het, neer.

Erika beskou Aconcagua as ‘n tandekners-ekspedisie, want ...

A dit gaan yskoud weesB dit gaan genotvol wees C dit sal uiters moeilik wees (1)

1.6 In watter opsigte verskil Aconcagua van haar Kilimandjaro-ekspedisie? Noem twee dinge. (2)

1.7 Erika was verlig toe haar Kilimandjaro-ekspedisie verby was.1.7.1 Is hierdie stelling waar of onwaar? (1)1.7.2 Motiveer jou antwoord deur uit die stuk aan te haal. (1)

[10]

EN

VRAAG 2: TYDSKRIFARTIKEL

Lees die onderstaande tydskrifartikel en beantwoord die vrae.

Kopiereg voorbehou 4 Blaai om asseblief

Page 5: ‘N KLIPPIE IN MY -  · Web viewOok nie as jy medikasie neem, aan ‘n mediese toestand ly wat deur drank vererger kan word nie, ... Nols is ‘n (persoon wat . hengel). (1) 7.2

AFRIKAANS EAT/V1 VOORBEELDVRAESTEL WKOD JUNIE 2011

Dink weer oor dwelms en drank

1. ‘n Besoek aan die Klein Karoo Nasionale (KKNK) op Oudtshoorn, of aan enige van ons land se opwindende kunstefeeste, is genoeg rede om in ‘n feestelike stemming te wees. Maar jy kan ook so meegevoer raak met die gefuif dat jy nie matigheid voor oë hou nie.

2. ‘n Oormaat alkohol kan jou en jou gesin se lewe vernietig. Alkoholmisbruik kan tot ongelukke, geweld, egskeiding en selfs tot die dood lei. Volgens die jongste navorsing is die misbruik van alkohol een van die hoofoorsake van gesinsgeweld en die mishandeling van ‘n metgesel. Boonop is sowat 60% van motorbotsings alkoholverwant.

3. As ‘n reël is ‘n vrou se maat een bier, of ‘n sopie sterk drank of een glas wyn. Mans se kapasiteit is in die algemeen effens hoër .

4. Om so nou en dan ‘n drankie te geniet, hou darem ook gesondheidsvoordele in. Die etanol in wyn verdun die bloed en help om hartslagaarsiektes en beroerte te voorkom. Wanneer jy matig drink, help dit om die brein wakkerder te hou. ‘n drankie dan en wan verbeter ook ‘n vrou se algemene gesondheid na menopouse. Rooiwyn is veral voordelig vir die hart en are, aangesien dit antioksidante bevat.

5. Die misbruik van alkohol kan tot gesondheidsprobleme soos hartsiektes, hipertensie, en kanker van die slukderm lei. Dit kan ook tot vergeetagtigheid en skade aan die lewer, maag en breinselle lei. Die goue reël is om nie te drink as jy swanger is, bestuur, jonger as agtien is, of moeg is nie. Ook nie as jy medikasie neem, aan ‘n mediese toestand ly wat deur drank vererger kan word nie, of as jy ‘n herstellende alkoholis is nie.

6. Alkohol kan jou bestuurvermoëns aantas en tot ernstige botsing lei. Jy en jou gesin kan ook met julle lewens boet.

[Verwerk uit: Wegbreek April-Mei 2004]

2.1 Wat kan gebeur as jy te meegevoer raak deur feestelikheid? Skryf EEN volsin. (1)

2.2 Sê of die volgende stelling WAAR of ONWAAR is. Motiveer jou antwoord met ‘n aanhaling uit die artikel.

Vrouens moet minder alkohol as mans inneem as hulle nog moet bestuur. (2)

2.3 Noem TWEE voordele wat ‘n drankie vir jou gesondheid inhou. (2)

2.4 Waarom is rooiwyn voordelig vir die hart en are? Skryf EEN volsin. (1)

2.5 Noem twee gevolge van die misbruik van alkohol. (2)

2.6 Wanneer mag jy glad nie drink nie? Noem slegs drie gevalle (3)

Kopiereg voorbehou 5 Blaai om asseblief

Page 6: ‘N KLIPPIE IN MY -  · Web viewOok nie as jy medikasie neem, aan ‘n mediese toestand ly wat deur drank vererger kan word nie, ... Nols is ‘n (persoon wat . hengel). (1) 7.2

AFRIKAANS EAT/V1 VOORBEELDVRAESTEL WKOD JUNIE 2011

2.7 Noem twee gevolge van dronkbestuur. (2)

2.8 Kinders kan nie die versoeking teen dwelms en drank weerstaan nie. Stem jy saam? Gee ‘n rede vir jou antwoord. (2)

[15]EN

VRAAG 3: ADVERTENSIE

Lees die onderstaande tydskrifartikel en beantwoord die vrae.

Apple se iPods kry kultusstatus en verkoop miljoene in 5 jaar

1. Binne net meer as vyf jaar het Apple meer as 100 miljoen iPods verkoop. Dit maak die iPod die musiekspeler wat “die vinnigste verkoop het in die wêreld se geskiedenis”, volgens die maatskappy.

2. Sedert dié digitale musiekspeler in November 2001 bekendgestel is, het dit kultusstatus bereik.

3. Daar is meer as tien modelle van die speler beskikbaar, wat wissel van eina-klein tot ’n video-speler.

4. Apple se uitvoerende hoof, mnr. Steve Jobs, het gesê dat “die iPod miljoene mense gehelp het om om hul liefde vir musiek te herontdek”.

5. In die VSA is 100 mense wat ouer as 99 jaar is ondervra en 4 van hulle luister na musiek op ’n iPod.

[Verwerk uit: Sake24 10 April 2007]

3.1 Gee een woord uit die opskrif wat aandui dat die iPod ’n ereposisie geniet. (1)3.2 Sê of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Motiveer jou antwoord met bewyse uit die teks.3.2.1 Die iPod is in verskillende groottes beskikbaar. (2)3.2.2 Die iPod word nie deur bejaardes gebruik nie. (2)

[5]TOTAAL AFDELING A: 30

AFDELING B: OPSOMMING

VRAAG 4: VEILIG DEUR DIE VIS

Lees deur die volgende stuk en soek wenke vir mense wat ‘n staptog deur die Visrivier

Kopiereg voorbehou 6 Blaai om asseblief

Page 7: ‘N KLIPPIE IN MY -  · Web viewOok nie as jy medikasie neem, aan ‘n mediese toestand ly wat deur drank vererger kan word nie, ... Nols is ‘n (persoon wat . hengel). (1) 7.2

AFRIKAANS EAT/V1 VOORBEELDVRAESTEL WKOD JUNIE 2011

Canyon wil aanpak. Volg nou die volgende instruksies:

Soek SEWE wenke vir mense wat so ‘n staptog wil aanpak. Skryf jou opsomming puntsgewys van 1-7. Jy mag nie meer as 80 woorde gebruik nie. Dui die aantal woorde aan die einde van jou opsomming aan. Skryf jou wenke in volsinne. Gebruik jou eie woorde. (10)

Veilig deur die Vis

1. Jy kan die meeste ongelukke en ongelukkkighede op ‘n staptog voorkom met ‘n bietjie beplanning

2. Met die korrekte gesindheid is jy halfpad daar. Dit gaan nie oor hoe vinnig jy by die eindpunt kom nie. Geniet dit en stap rustig en veilig.

3. Jy kry mense wat vinnig die roete kan stap en dan kry jy rustige natuurwaarnemers. Dis beter dat dié twee nie saamstap nie – kies voëls van eenderse vere vir jou groep.

4. Dis nie nodig om die staptog tot in die fynste besonderhede te beplan nie, maar stel mikpunte wat julle kan aanpas, indien nodig.

5. Daar is niks erger as om ‘n staptog aan te pak sonder die korrekte stapstewels nie. Dra behoorlike skoene wat vir stap ontwerp is.

6. Wees voorbereid. Jy wil nie hê ‘n besering of iets onverwags moet jou staptog bederf nie. ‘n Klein noodhulpsakkie met ontsmetmiddel, watte, pleister, verbande, tou en pynpille hoort in elke voetslaner se sak. Sonbrandroom en insekweerder is ononderhandelbaar. Daarsonder kan jy ongemaklik voel.

7. Onthou die canyon kan ondraaglik warm raak, so buiten die sonskerm is dit ‘n goeie plan om sommer met dagbreek in die pad te val.

8. Nog ‘n waarskuwing. Kook drinkwater of koop suiweringstablette vooraf. Dit sal verseker jy bly gesond tydens die hele staptoer.

9. ‘n Staptog deur die Visrivier Canyon is beslis die moeite werd. As jy die kans kry om deel te word aan dié spesiale ondervinding,moet jy dit nie misloop nie! Beplanning vooraf sal dit soveel meer genotvol maak.

[Verwerk en aangepas uit Weg/Namibië 2010]

TOTAAL AFDELING B: 10

AFDELING C: TAAL

VRAAG 5: KOERANTBERIG

Lees die volgende koerantberig en beantwoord dan die vrae.

Kopiereg voorbehou 7 Blaai om asseblief

Page 8: ‘N KLIPPIE IN MY -  · Web viewOok nie as jy medikasie neem, aan ‘n mediese toestand ly wat deur drank vererger kan word nie, ... Nols is ‘n (persoon wat . hengel). (1) 7.2

AFRIKAANS EAT/V1 VOORBEELDVRAESTEL WKOD JUNIE 2011

‘n Klip in my (sokker)skoen

1. Ná drie weke se rondry tussen (5.1 Europa) lughawens, stasies en busdepots, keer ek met ‘n hinderlike klip in my skoen terug Moederstad toe.

2. Wat ek in dié tyd gesien het, het my eers laat dink, toe erg begin bekommer.

3. Kom ons begin by die lughawe van Madrid:

4. Dis ‘n klein lughawetjie met geen afkondigings om die stilte te versteur nie.

5. Elke vyftig tree is daar skoon toilette. Niks lê op die marmervloere nie – geen vuurhoutjie, stompie of eers stof nie.

6. Moltreintjies vervoer passasiers, roltrappe beweeg geruisloos, elektroniese flitsborde verskaf belangrike informasie.

7. Personeel ry op tweewiel-scootertjies om tyd en energie te bespaar. Hulle vriendelikheid oorweldig jou.

8. Ek kan nie anders as om te dink nie: Mense, ons moet nog ‘n ver pad loop tot 2010 (5.11 ...) hierdie hinderlike klip in ons (sokker)skoen!

9. Op treinstasies word aankoms en vertrek fyn gesinchroniseer. Slegs tyd vir oorstap van een na die ander platform word toegelaat.

10. Die Spanjaarde doen aankondigings in drie tot 4 tale. Op die stasies kan jy eetware koop, jou bagasie laat bewaar of ‘n vinnige stortbad neem.

11. Busse en treine het geen graffiti nie en slegs ‘n ryk Amerikaner gebruik ‘n duur taxi.

12. Miskien moet ek maar sorg dat ek met 2010 se Sokker Wêreldbekertyd weer landuit is. Ek sien nou al die verkeersknope, vertragings en toustaan.

[Verwerk uit: Rapport, 8 Julie 2007]

5.1 Gee die korrekte vorm van die vetgedrukte woord tussen hakies.

Ná drie weke se rondry tussen (Europa) lughawens keer ek terug. (1)

5.2 Gee die verkleining van die vetgedrukte woord.

Daar is ‘n hinderlike klip in my skoen. (1)

5.3 Gee die intensiewe vorm van die vetgedrukte woord.

Dis ‘n klein lughawetjie. (1)

5.4 Gee die meervoud van die vetgedrukte woord.

Kopiereg voorbehou 8 Blaai om asseblief

Page 9: ‘N KLIPPIE IN MY -  · Web viewOok nie as jy medikasie neem, aan ‘n mediese toestand ly wat deur drank vererger kan word nie, ... Nols is ‘n (persoon wat . hengel). (1) 7.2

AFRIKAANS EAT/V1 VOORBEELDVRAESTEL WKOD JUNIE 2011

Elke vyftig tree is daar skoon toilette. (1)

5.5 Gee die teenoorgesteldevan die vetgedrukte woord

Die lughawe is skoon. (1)

5.6 Gee die betekenis van die woorddeel “-loos” in paragraaf 6. (1)

5.7 Gee die sinoniem van die vetgedrukte woord.

Flitsborde verskaf belangrike informasie. (1)

5.8 Gee die basisvorm van die vetgedrukte woord.

Hulle vriendelikheid oorweldig jou. (1)

5.9 Gee die korrekte vorm van die vetgedrukte woord tussen hakies.

Hulle vriendelikheid is (oorweldig). (1)

5.10 Skryf oor in die infinitief.

Ons moet nog ‘n ver pad loop.Begin só: Ons het nog ‘n ver pad ... (1)

5.11 Gee die ontbrekende voorsetsel in paragraaf 8. (1)

5.12 Skryf oor in die lydende/passiewe vorm.

Die Spanjaarde doen aankondigings in drie tale.Begin só: Aankondigings ... (1)

5.13 Skryf die getal “4” (in paragraaf 10) voluit. (1)

5.14 Verander die stelsin in ‘n vraagsin. Die vetgedrukte woord is die antwoord.

Op die stasies kan jy eetware koop. (1)

5.15 Voltooi die sin met die KORREKTE voornaamwoord.

Ek sal ... bagasie laat bewaar. (1)

5.16 Gee die meervoudsvorm van die vetgedrukte woord.

Die taxi is baie duur. (1)

5.17 Gee die vergrotende trap van die woord tussen hakies.

Hierdie taxi is (duur) as daardie een. (1)

5.18 Kies die woord wat die volgende idioom KORREK voltooi. Skryf net die

Kopiereg voorbehou 9 Blaai om asseblief

Page 10: ‘N KLIPPIE IN MY -  · Web viewOok nie as jy medikasie neem, aan ‘n mediese toestand ly wat deur drank vererger kan word nie, ... Nols is ‘n (persoon wat . hengel). (1) 7.2

AFRIKAANS EAT/V1 VOORBEELDVRAESTEL WKOD JUNIE 2011

vraagnommer en die letter (A – D) neer.

Die duur taxi vra jou ... van jou kop af.

A neusB hareC oreD oë (1)

5.19 Verbind die twee sinne met die voegwoord tussen hakies.

Ek wil oorsee gaan. Hier gaan baie verkeersknope wees. (omdat)Begin só: Ek wil oorsee gaan omdat ... (1)

[19]

EN

VRAAG 6: SPOTPRENT

Die taalvrae wat volg, is op die volgende spotprent gebaseer.

[Uit: Die Burger, 19 Julie 2010]

6.1 Skryf die sin oor met die korrekte woordorde.

Anna se ma is bekommerd oor die eksamen, daarom sy verwag dat Anna moet studeer. (1)

Kopiereg voorbehou 10 Blaai om asseblief

Page 11: ‘N KLIPPIE IN MY -  · Web viewOok nie as jy medikasie neem, aan ‘n mediese toestand ly wat deur drank vererger kan word nie, ... Nols is ‘n (persoon wat . hengel). (1) 7.2

AFRIKAANS EAT/V1 VOORBEELDVRAESTEL WKOD JUNIE 2011

6.2 Skryf in die indirekte rede.

Anna sê dat: “Ek is die een wat stres!”Begin só: Anna sê dat ... (2)

6.3 Skryf in die toekomende tyd.

Ná die eksamen is dit die matriekafskeid. (1)

6.4 Skryf die sin oor in die ontkennende vorm.

Sy wil nog haar bestuurderslisensie doen. (2)

6.5 Gee een woord vir die vetgedrukte woord.

Anna se kamer is nie netjies nie. (1)

6.6 Vorm ‘n samestelling van die woorde tussen hakies.

Anna se kamer lyk soos ‘n (hond +hok). (1)

6.7 Skryf die sin oor met die KORREKTE leestekens.

Anna vra Hoekom stres Ma so (2)

6.8 Kies die KORREKTE voorsetsel tussen hakies.

‘n Prent van Shrek hang (teen/op) die muur. (1)

6.9 Kies die KORREKTE woord tussen hakies.

Anna wil nie (herken/erken) dat sy moet studeer nie. (1)

6.10 Gee die KORREKTE vorm van die woord tussen hakies.

Anna se ma is (kommer) oor haar dogter. (1)

[13]

EN

VRAAG 7: STROKIESPRENT

Die taalvrae wat volg, is op die volgende strokiesprent gebaseer.

Kopiereg voorbehou 11 Blaai om asseblief

Page 12: ‘N KLIPPIE IN MY -  · Web viewOok nie as jy medikasie neem, aan ‘n mediese toestand ly wat deur drank vererger kan word nie, ... Nols is ‘n (persoon wat . hengel). (1) 7.2

AFRIKAANS EAT/V1 VOORBEELDVRAESTEL WKOD JUNIE 2011

Dis nou pret! Gaan jy dan nie iets vang nie?”

7.1 Gee EEN woord vir die woorde tussen hakies.

Nols is ‘n (persoon wat hengel). (1)

7.2 Kies die KORREKTE spelling van die woord tussen hakies.

Die man en die vrou sit in ‘n (booitjie/ boodjie/ bootjie). (1)

7.3 Gee ‘n sinoniem vir die woord pret in die strokiesprent. (1)

7.4 Watter stereotipering omtrent mans kom in die spotprent voor? (1)

7.5 Vorm ‘n deelwoord van die woord tussen hakies.

Die vrou kyk (lag) na haar man. (1)

7.6 Kies die korrekte antwoord. Skryf slegs die vraagnommer en die letter (A – D) neer.

Hoe sal die vrou haar blydskap uitdruk omdat sy ‘n vis gevang het?

Die vrou skree: “ ...! Ek het ‘n vis gevang.”

A HoeraB Ag neeC Ag siestogD Liewe hemel (1)

7.7 Hoe dink jy kan die man in die strokiesprent op ‘n beleefde manier op die vrou se vraag antwoord? (Skryf in die direkte rede. Jou antwoord moet nie meer as 15 woorde bevat nie.) (2)

[8]

TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 80

Kopiereg voorbehou 12 Blaai om asseblief