n twee lieflike groot sale wat deurlopend aan die publiek ...finansies binne die kinderhuis is ‘n...
TRANSCRIPT
2
Ons het ‘n twee lieflike groot sale wat deurlopend aan die publiek verhuur word teen ‘n minimale bedrag. Die plaaslike Polisie, die Vroue Landbou Unie, Voëlblub, Maatskaplike dienste, Pilates en Lyndans maak gereeld van die sale gebruik. Die sale is ten volle toegerus met ‘n klankstelsel, projektor en mikrofoon. Ligte ete’s, tee en koffie kan ook aangevra word.
Nav- rae:
Annie Le Roux Admin/Ontvangs 014 717 5264 x101
3
4
Jan Swele Oorlede Julie 2018
Albert Nel Oorlede Januarie 2018
5
Gerda van der Merwe
Uitvoerende Hoof
014 717 5264 x155
‘
WEES’ - ‘n inisiatief van Abraham Kriel Kinderhuis Nylstroom oor die sukses van kinders vanuit kinderhuise Wanneer ‘n mens in die welsynbedryf beweeg en werk is die uitdagings gewoonlik van so aard dat jy deur-lopend nuut en innoverend moet dink. Sowat ‘n jaar gelede op 29 Mei 2017 het ek ‘n voorstel aan ‘n produksiemaatskappy gemaak oor die moont-likheid van ‘n TV program waar daar op suksesverhale van kinders wat in kinderhuise grootgeword het, gefokus word. Die gedagte het ontstaan vanwee die feit dat kinders in kinderhuise deurlopend deur die gemeenskap as “probleemkinders” geëttikiteer word en as mislukkings beskou word. Ek wou baie graag hierdie persepsie van die gemeenskap verander en die TV is as ‘n wonderlike platform vir sodanige projek geïdentifiseer. Die voorlegging is aan VIA TV voorgelê en die voorstel is aanvaar. Gedurende onderhandeling sou dit ‘n dokumentêre program oor kinderhuise gewees het maar ek kon daarin slaag om die produksiespan te oor-tuig om eerder tot ‘n reeks episodes in te stem waar kinders hulle belewenis van die kinderhuis kon deel. Hulle kon ook hulle eie verhale van mishandeling, verwerping en verlating met die breë publiek deel. Ek kon daarin slaag om kinders wat aan my bekend is sedert my betrokkenheid by kinderhuise te kontak, en hulle was meer as bereid om hulle verhale te deel – party was baie emosioneel en ander het dit as die afsluiting van ‘n hoofstuk beskou. Die vergesogde idee wat ek gehad het, het op 2 Mei 2018 ‘n werklikheid geword en was reeds op DSTV kanaal 147 uitgesaai. Die program beteken nie net vir die kinderhuise baie nie, maar die sukses van die kinders het die kykers ge-inspireer en gemotiveer. Die program het ook ‘n bewuswordingsdoelwit wat opbouend vir die gemeenskap is. Kinderverwaarlosing en –mishandeling is baie aktueel en ek is seker dat die program baie waarde toevoeg. Indien mense toegerus word om bewus te wees waarvoor hulle moet uitkyk en wat hulle met inligting moet doen wanneer hulle bemommerd is oor ‘n kind/gesin, sal hulle die regte prosedures kan volg om ‘n saak aan te meld. Daardeur word die beskerming van kinders bevorder. Terugvoer wat ontvang word is baie positief en ek is baie trots op hierdie projek van ons! Vir die wat die program misgeloop het maar graag wil kyk, gaan na die skakels hier aangedui van die episodes wat julle kan kyk. Kliek op die skakel en sit die wagwoord KWHP in en kyk na die episode. Wees S01E04 MASTER Wees S01E06 MASTER
6
Ons verken die inspirerende stories van mense wat in kinderhuise groot geword het en bo hul moeilike omstandighede uitgestyg het in die nuwe reeks #Wees.
Die skrywer Piet Matipa is die aanbieder.
My vergesogde idee het n realiteit geword. Baie dankie aan VIA wat die idee “gekoop” het en Hi Mom produksies wat die reeks vervaardig het. Baie dankie aan elke “kind” wat hulle stories
gedeel het!- julle is “awesome”!
7
BURGERMEESTERSBAL
Finansies binne die kinderhuis is ‘n deurlopende probleem aangesien ons uitgawes ons inkomste oorskry. Finansiële ondersteuning deur die gemeenskap is die enigste wyse waarop die kinderhuis kan oorleef. Die plaaslike burgermeester, Marlene van Staden, het ingewillig om deel te wees van ‘n fondsinsamelingsprojek, ‘n formele geleentheid waar daar heerlik geëet en gedans is. Hierdie geleentheid het plaasvind by Weesgerus vakansieoord. Die SAPD orkes het vir ons heerlike musiek vir hierdie spoggeleentheid verskaf. ‘n Heerlike drie-gang maaltyd is deur Weesgerus verskaf. Die aand was baie suksesvol gewees.
Op 14-16 September 2018 vind daar ‘n Nyliefees by die plaaslike hoërskool op die dorp plaas. Die kinderhuis hanteer ’n skaapbraai, koek- en poedingtafel. Ons het deurlopend fondse nodig om in ons behoeftes te voorsien en maak van elke moontlike geleentheid gebruik om fondse te genere-er.
8
Tumi
Shakib
Prudence
Mulaudzi
Genevah
Makgohlo
Khomotso
Nkwana
Desmond
Shirinda
Die HWSETA het ons aansoek vir die aanstelling van drie administratiewe beamptes en twee maatskaplike werkers goedgekeur. Die administratiewe beamptes is studente wat besig is met opleiding by die TVET kollege en hulle doen hul internskap by die kinderhuis. Die SETA dra die kostes met betrekking tot salarisse. Die maatskaplike werkers het ‘n twaalf maande kontrak en die administratiewe dames het ‘n ag-ttien maande kontrak. Dit het daartoe bygedra dat die lading van die maatskaplike werkers ver-lig kon word, tot voordeel van die kinders.
9
FINANSIES / FINANCE: Einde Julie 2018 Met die uiteensetting hier onder wil ek probeer om ‘n beter prentjie te gee wat die uitgawes per huis beloop per maand. Ons eenheidskoste per kind beloop ±R5400 wanneer alle uitgawes in ag geneem word soos Personeel se salarisse en ander lopende kostes – munisipaliteit, telefone ens. Kostes hieronder is wat ons werklike uitgawe is, skenkings is dan reeds in ag geneem. Medies en terapie is nie per huis gegee nie aangesien dit nie op al die kinders betrekking het nie.
With the detail given I hope to give you a better picture of the expenses required per house per month. These expenses are after donations has been taken into account. Our total cost per child is ±R5400 when salaries and other operational costs are also taken into consideration. Medical and therapy expenses are ad hoc. We rely on government medical facilities.
KOSTE PER MAAND PER HUIS WAT DIREK VERBAND HOU MET DIE KINDERS: DIRECT COSTS OF CHILDREN PER MONTH PER HOUSE:
Besonderhede / Detail R per maand /month
R per huis /house
Skoonmaak en Wassery / Cleaning & Laundry R10 000 R650
Suiwel / Dairy R26 400 R1760
Brood / Bread R10 000 R650
Vrugte & Groente / Fruit & Veg R3000 R200
Kruideniers / Groceries R25 000 R1650
Vleis / Meat R12 000 R800
Medies /Medical (Apteek/Pharmacy) R560
Klere / Clothing (ingesl. skool/ incl. School) R4400 R290
Haarsny / Hair cut (R30/kind/child) R1500 R100
Sakgeld/ Pocket money R5000 R330
Skoolgeld & skoolaktiwiteite / School fee’s and activities R17 500 R1 170
Terapie / Therapy R3 000
Brandstof / Fuel R20 000 R1 300
Instandhouding voertuie /Maintenance Vehicles R6 000 R 400
Instandhouding geboue /Maintenance Buildings R20 800 R1 400
Sekuriteit / Security R20 000 R1 300
Marlene Jonker
Finansiële Bestuurder
014 717 5264x153
10
BEDRYWIGHEDE IN DIE MAATSKAPLIKE WERK-AFDELING Die Kinderwet (Wet 38 van 2005) gee baie duidelike riglyne oor die funksionering van ‘n kinderhuis. In die Wet is daar ook bepaalde voorskrifte in terme van programme wat by die kinderhuise aangebied moet word. Die pligtestaat van die maatskaplike werker in die kinderhuis sentreer dan ook spesifiek rondom hierdie programme om uiteindelik vergestalte te kry in ‘n On-twikkelingsplan (IDP) vir elke kind in die kinderhuis. Programme in die kinderhuis fokus op die algemene versorging van die kind - die kinderversorg-er asook die ondersteunende dienste in die kinderhuis maar verseker ook die vrywilliger, wat die gemeentes insluit, lewer hier ‘n groot bydrae om toe te sien dat die kind na wense versorg word in ‘n omgewing waar sy potensiaal maksimaal kan ontwikkel. Die opvoedkundige program fokus op die kind se inskakeling by ‘n skool, sy skolastiese funksionering en prestasie asook inskakeling by hulpbronne in die gemeenskap soos arbeids- en spraakterapeute om die kind weereens in staat te stel om sy potensiaal te kan ontwikkel. Skakel-ing met die onderwysers by die skool vind gereeld plaas en goeie verhoudings tussen die maatskaplike werkers en die onderwysers is onontbeerlik. Tendense in terme van die kinders se gedrag bepaal dikwels die bedrywighede in die maatskap-like werk-afdeling. Oor die afgelope maande het verskeie kinders in die kinderhuis vanweë die blootstellling aan ouderdomsontoepaslike ervarings in hul ouerhuis seksueel uitreagerende ge-drag teenoor ander kinders geopenbaar. Hoewel die roete gevolg word om hierdie sake by die SAPS aan te meld is die uitkoms gewoon-lik nie dat daar kriminele vervolging plaasvind nie aangesien die kinders dikwels minderjarig is en ander elemente van kriminaliteit nie teenwoordig is nie. Ten einde die tendens aan te spreek word daar nie net voorkomende programme aangebied nie maar word die seksuele oortredertjies ook by programme ingeskakel wat ten doel het die voorkoming van soortgelyke gedrag in die toekoms. Groepwerk word tans op ‘n weeklikse basis met drie groepe kinders (seuns sowel as dogters) gedoen. n Ander program wat gedragsmodifikasie ten doel het is groepwerk met seuns wat aan porno-grafiese materiaal deur middel van die sosiale media blootgestel is. Kinders se verwydering uit ouerlike sorg is dikwels uiters traumaties en somtyds is dit nie moontlik vir die kind om dadelik die redes vir sy opname in die kinderhuis te internaliseer nie. Laasgenoemde het uiteraard ‘n invloed op die aanpassing van die kind in die kinderhuis. In die lig van bogenoemde is daar begin met groepwerk met kinders wat onlangs in die kinderhuis op-geneem is. \
11
Die doel van die groepwerk is om hierdie kinders te help met die oorskakeling van hul bekende omgewing na die meer gestruktureerde omgewing van die kinderhuis. Gedurende hierdie groep kry hulle geleentheid om gevoelens oor hul verwydering, verwerping, vrees, woede en hul nuwe omgewing te identifiseer en vaardighede aan te leer om dit op die regte manier te hanteer. Die ontwikkeling van sosiale vaardighede is uiters noodsaaklik aangesien die kinders dikwels nie ‘n rolmodel in hul ouerhuise gehad het in terme van sosiaal aanvaarbare gedrag nie. Daar word tans groepwerk aangebied met die doel op die aanleer van konstruktiewe konflikhanter-ingsmetodes. Deur middel van ‘n skoolverlatersprogram help ons ons kinders wat aan die einde van die jaar die eerste tree in die grootmens-wêreld gee om gereed te maak vir al die eise wat aan hulle gestel gaan word. Daar word aansoek gedoen vir identiteitsdokumente, geleer vir leerling- en bestu-urderslisensies, CV’s word opgestel, sosiale vaardighede word ontwikkel en aandag word gegee aan die plasing van die kinders nadat hulle hul skoolloopbaan voltooi het. Om hierdie diens in stand en volhoubaar te hou word ‘n konstante vloei van inkomste benodig. Baie dankie vir die bydraes wat ons so gereeld van die gemeentes ontvang. En so al werkende maak ons almal ‘n verskil in die lewe van ons kinders.
Elize Sauer Supervisor: Maatskaplike werkafdeling
12
Susan Loots
Naaldwerksentrum
014 7171 5264 x 121
Joh. 10:10 sê “’n Dief kom net steel en slag en uitroei; Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed. ‘n Mens besef eers wat hierdie oorvloed beteken wanneer self God sy planne in werking stel op Sy tyd en plek en as mens terugstaan en asem skep, is daar net een woord om alles te beskryf: “AWESOME”! Dis hoe ek voel elk keer as ek die naalwerksentrum oopsluit. Op die tafels is daar 8 splinternuwe Bernette masjiene, 2 Bernina omkapmasjiene en ‘n Bernette Deco 340 borduurmasjien en dit alles het ons ontvang sonder dat enige iemand iets gevra. Iewers het God in een van Sy kinders se harte die saadjie geplant en nou het ons ‘n naaldwerksentrum. Masjiene op hulle eie beteken egter niks, ons het voorraad en toerusting nodig gehad om mee te begin. Na ‘n advertensie het die gemeenskap ons gehelp met genoeg naalde, spelde, maatbande, garing, knope, lap en alles wat ons nodig het om mee te begin. Die wol, brei- en hekelnaalde, bor-duurlap, garing, ens. het ingestroom. Ons het genoeg krale en al die benodigdhede om juwele te maak vir ‘n groot stalletjie op ‘n Kersmark hierdie jaar! As iemand wonder ….. ons het nog ‘n paar ordentlike skêre nodig! Na die amptelike opening het dames van die omgewing aangebied om te help om alles aan die gang te kry. Nou, so bietjie meer as ‘n maand later is daar elke Vrydag oggend ‘n naaldwerkklas vir die kinders van Sonstraal Skool, daar is so paar kinders wat fluks aan die hekel is en die kralewerk klasse het afgeskop. Ons kleremaak klasse begin binnekort. In die volgende nuusbrief sal ek meer erkenning gee aan al die dames wat hulle tyd gee om ons kinders te help om hulle potensiaal te ontdek! Die sentrum is ook nie net vir ons kinders nie, maar ook om mense in die gemeenskap te help om vaardighede te ontwikkel wat hulle meer ekonomiese vryheid kan gee. Baie, baie dankie aan almal wat bygedra het om ons sover te kry en dankie aan almal wat ons gaan
help om die naaldwerksentrum van krag tot krag te laat gaan. Ek sien uit daarna om te sien hoe
hoog ons kan vlieg!
13
Nina Marais
Forensiese Praktyk
014 717 5264x149
Sedert Desember 2017 het die kinderhuis met ‘n traumasentrum op die terrein begin. Die eerste fase was die daarstelling van die fasiliteite om die kinders se behoeftes aan te spreek. Die terapeutiese program wat by die kinderhuis aangebied word, word deur Nina Marais wat
verantwoordelik is vir die assessering van die kinders asook terapeutiese insette waar nodig aange-
bied. Maatskaplike werkers in die gemeenskappe ontvang nou tydens paneelbesprekings nie net
inligting oor die kind se aanpassing in die kinderhuis nie maar terugvoer kan ook gegee word oor
die kind se sosio-emosionele belewenis van sy eie wêreld wat natuurlik waardevol is vir toekom-
stige dienslewering aan die kind sowel as sy gesin.
Die volgende persone word opreg bedank vir hulle bydrae: • Umgankla Minerals PTY Ltd vir hulle ruim bydrae van R 19 267-14 vir die Kamarasisteem. • Erica Prinsloo Uitvoerende Direkteur van LAMI- Cleaning&Hygiene Care PTY vir hulle
bydrae van R 15 000-00. Die fondse was aangewend vir verf, teëls en kaste. • Hanno Engelbrecht vir die maak van ‘n spesiale terapietafel en vier stoeltjies. Hanno het dit
vir ons gratis gemaak. Hanno was ook verantwoordelik vir die installering van die pragtig kaste. Ons waardeer Hanno se bekwame vakmanskap.
• Rodako-Building Projects was verantwoordelik vir die insit van teëls en verf. Roelf Joubert
se bekwame vakmanskap word ook waardeer.
14
Corne Jansen v Vuuren
Klerekruik
Tel no: 014 717 5264 x140
Abraham Kriel Children’s Home Nylstroom
Caring for our children Help us dress them
You can donate: Winter/Summer clothes
Sneakers Winter/Summer Nighties
School clothes Underwear Backpacks
15
Ronel Schwartz
Voedseldiens Bestuurder
014 717 5264 x123
Judith Dreyer
Voedseldiens Assisent
014 717 5264 x123
Die hart van die kindershuis is natuurlik ons kombuis, met Ronel Schwartz, haar regter hand Judith Dreyer en ‘n kookspan. Donasies wat geskenk word, soos groente, vrugte, vleis en selfs wildsvleis, word in heerlike geregte voorberei. Elke week word die spyskaart noukeurig beplan, daar word een hoofmaaltyd vir die dag voorberei uit die kombuis vir die kinders, huisouers en personeel wat op die terrein bly. Die kombuis stuur ook eiers, brood, melk, mieliemeel ens. uit vir die kinders vir ontbyt en aandetes. Smere, blikkies vleis, kitspap groente, vleis ens is ‘n groot uitgawe en ons is baie afhanklik van skenkings. In die waskamer daar word daagliks ± 170 kinders se klere gewas en gestryk en selfs hier is die kostes geweldig hoog. Ons het besluit om met die volgende projekte te begin, daar word die heerlikste koeke, beskuit, Quiches, vinger-etes en lasagne op bestellings gemaak. Ons kan ook eetgoed vir funksies soos ligte ontbyte, verjaarsdae, begrafnisse en selfs vir vergaderings doen. Dit help eintlik dat ons begroting klop. Deur middel van skenkings van donateurs kan ons al hierdie dinge vermag.
16
Die pos van Senior kinderversorger is ingestel om behulpsaam te wees met die volgende:
• Hantering van insidente waar die kinders betrokke is met terugvoer aan die personeel op bystand.
• Observasie van kinderversorgers en hulle werksaamhede ten einde die leemtes te indentifiseer en aan
te spreek
• Verantwoordelik vir inspeksie (ongeskeduleerde besoeke) in die huise ten einde te verseker dat huise
skoon en netjies is.
• Toesig oor die fisiese versorging van die kinders.
• Verantwoordelik vir kontrole ten opsigte van studietyde ten einde te verseke dat studietye wel
plaasvind
• Verantwoordlik vir die koördinering van die buitemuurse aktiwiteite van die kinders
• Verantwoordelik vir die opstel en organisering van naweek– en vakansieprogramme ten einde die
kinders sinvol besig te hou gedurende naweke en vakansies.
• Verantwoordelik vir die koödinering van matriekafskeidreëlings.
Kotie Joubert
Snr kinderversorger
17
Kinderversorgers!! … hulle deel in elkeen se seer en ook in elkeen se vreugde. Hulle is al van vroeg-oggend aan diens. Maak die kinders wakker, gee vir hulle ontbyt en sien hulle ook af as hulle skool toe gaan. In die middae is hulle daar om die kinders te verwelkom en te help met huiswerk. Die kinderversorgers versorg daagliks die kinders en sien toe dat hulle basiese behoeftes bevredig word. Elize Sauer Supervisor: Maatskaplike werkafdeling 014 717 5264 x 109
Kinderversorger en Aflosse
18
Nina Marais
Forensiese Maatskaplike werker
014 717 5264 x 147
Elize Sauer
Supervisor: Maatskaplike werksafdeling
014 717 5264 x 109
Tshwantsho Matshabi
Maatskaplike Werker
014 717 5264 x 111
Vutomi Baloyi
Hulp Maatskaplike werker
014 717 5264 x 147
Jurine Kloppers
Maatskaplike Werker
014 717 5264 x 108
19
Fiona Pretorius
Admin beampte: Menslike Hulpbronne
014 717 5264 x 120
Kombuis- en washuis personeel
Ons Skoonmaakdienste
20
Die Terrein Personeel
Algemene Assisente
Ons Voertuig Bestuurders
Fannah, Herman en Thomas
Isaac Modimola
Kliniek
Lina
Kantore
Minah
Klerekruik
Liesbeth
Huis Maroela
Elizabeth
Huis Maroela
21
Madilise Erasmus Bemarker Pretoria
Cecile Le Roux Bemarker Nylstroom
Nina Marais Maatskaplike werker Forensiese Praktyk
Chris de Klerk Kinderversorger
Essenhout
Freda Faber Kinderversorger
Bauhinia
Guisanta Paladinio Kinderversorger
Katjiepiering
Margaret Lesebe Kinderversorger
Matoppie
Jacob Mithileni Kinderversorger Knoppiesdoring
Betsie Webber Kinderversorger
Taaibos
Susan de Beer Kinderversorger
Katjiepiering
Susan Loots Kinderversorger
Bauhinia
Lynette Pearce Kinderversorger
Essenhout
22
Ons is opgewonde om aan te kondig dat AKK Nylstroom hierdie jaar ons eie liggiefees gaan aanbied. ‘n Donasie van ‘n tuiste vir bejaardes in Plumstead Plumsrus, het vir ons kersliggies geskenk. Die liggies is deur middel van ‘n borg vanaf die Kaap na Nylstroom vervoer. Verskeie rolspelers is bereid om ons te help om die uitleg van die liggies te beplan. Die liggies gaan op 1 Desember aangeskakel word en sal tot 31 Desember besigtig kan word. ‘n Donasie van R10p/p sal gehef word om die liggies te kom besigtig. Ons is besig om ‘n konsert te beplan wat op 13 en 14 Desember aangebied sal word. Kaartjies sal vir die konsert verkoop word. Daar sal ook in die aande eetgoed verkoop word in ‘n poging om die fondse van die kinderhuis aan te vul. Kontak ons indien mense liggies het om te skenk of arbeid het om aan te bied. Mev. Gerda van der Merwe Tel: 014 717 5264 x 155 Sel: 0824102635
23
DIREKTE BANKINBETALING IN ONS REKENING / DIRECT BANK PAYMENTS
BETALING PER TJEK / CHEQUE PAYMENT
DEBIETORDER / DEBIT ORDER
U BANK NAAM / YOUR BANK NAME:
TAKKODE / BRANCH CODE:
REK NOMMER / ACCOUNT NUMBER:
TIPE REKENING/ TYPE OF ACCOUNT:
BEDRAG PER MAAND / AMOUNT PER MONTH:
BEDRAG IN WOORDE / AMOUNT IN WORDS:
HANDTEKENING/SIGNATURE
DATUM / DATE:
DIE BETEKENIS VAN KERSFEES
"Skenk hierdie Kersfees die geskenk van jouself, jou tyd en jou welwillendheid”
THE MEANING OF CHRISTMAS
"Give this Christmas the gift of yourself, your time and your goodwill."
VOLTOOI ASSEBLIEF HIERDIE VORM EN POS DIT AAN ABRAHAM KRIEL KINDERHUIS PRIVAATSAK X1033 NYLSTROOM 0510
EPOS: [email protected] PLEASE COMPLETE THIS FORM AND POST TO
ABRAHAM KRIEL CHILDRENS HOME PRIVATE BAG X1033 MODIMOLLE 0510 EMAIL: [email protected]
Alle donateurs ontvang ‘n Artikel 18A-kwitansie
Titel, voorletters en van /Title, initials and surname:
Posadres / Postal address Selfoonnommer / cellphone number:
Telefoon no. / Telephone number:
Eposadres / Email address:
Poskode / Postal code: DONASIEBEDRAG / AMOUNT OF DONATION:
Maak tjek uit aan: / Cheque payable to: Abraham Kriel Kinderhuis Nylstroom Kers 2018
Naam van instansie / Name of instituton:
Abraham Kriel Kinderhuis Nylstroom
ABSA Bank Rek no / Account no:
1100 140 000
Takkode
Branch code
632005
Verwysing /
Reference
Christm18 /
your surname