naam: · 2015-10-14 · 8 skryf die sinne oor in jou werkboek. begin met die woord wat onderstreep...

16
1 Naam: ____________________________

Upload: others

Post on 07-Jan-2020

12 views

Category:

Documents


3 download

TRANSCRIPT

1

Naam: ____________________________

2

3

Kyk baie mooi na die prente op bladsy 2.

Skryf nou in die kolom hieronder 8 selfstandige naamwoorde neer.

Dink nou baie mooi! Skryf nou in die kolom hieronder 8 werkwoorde neer.

Skryf nou 2 sinne met van die woorde wat jy neergeskryf het. ____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Bespreek die prent met „n maat/in „n groep. Besluit saam waaroor julle dink die storie gaan!

Skryf nou neer waaroor jy dink die storie gaan.

______________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

4

Gee die storie „n naam!

Bou nou oe woorde.

1) Skryf nou met elke woord „n sin in jou werkboek.

oe

b

s

d

k

k

l

5

Woordlys

Lees die woorde hardop en skryf die -oe-woorde netjies in jou spelboek neer.

boek doek doen hoek hoes koek koel moeg roep roer soek soet toe voel voer voet woel

6

koek

koer

doek

boek

soek

____________________________

____________________________

_

____________________________

7

Op soek na die klein groen boek. Mamma soek en soek. Pappa soek en soek. Hulle soek mamma se klein groen boek. Mamma soek in elke hoek van die huis. Pappa roep: “Jan! San! Help asseblief soek na mamma se klein groen boek.” Jan soek! San soek! Zak slaap, hy soek nie mamma se boek nie. Almal voel moeg en moedeloos gesoek. Mamma gooi vir hulle lekker koeldrank in „n glas. Buks spring op en af. “Ag nee, Buks. Hou nou op met woel!” raas mamma. “Gaan na jou hok!” Buks luister nie. Mamma raak kwaad vir Buks. Sy vat Buks na sy hok. En wat lê daar in sy hok? Mamma se klein groen boek. Mamma lag en sê: “Woef wou seker ook koek gebak het!”

Ek kon na die prentjie kyk en sê waaroor die storie gaan.

Ek kon nie uitmaak waaroor die storie gaan nie.

Begripsvrae (Beantwoord die vrae in jou werkboek.)

1. Wie soek almal vir die klein groen boek?

2. Wie soek nie na mamma se boek nie?

3. Aan wie behoort die klein groen boek?

4. Waar was die boek die hele tyd?

5. Kan jy sê watter soort boek dit is wat mamma gesoek het?

6. Skryf die sin in die storie neer wat vir ons „n leidraad gee oor watter soort boek mamma soek.

8

Skryf die sinne oor in jou werkboek.

Begin met die woord wat onderstreep is.

1) Die steel boef koek. die

2) soek die Mamma groen boek.

3) Jan seer. voet se baie is

4) mamma het geweet waar boek Buks se is!

5) die kat het boek te soek nie nie Zak gehelp om die.

6) gooi vir in. almal Mamma koeldrank

7) gaan „n Mamma lekker bak. koek

Skommel sinne.

9

Kan jy nog onthou?

Sinne begin met „n h__________ en eindig met „n p__________.

HOOFLETTERS word ook gebruik vir

o Name van m___________ en diere.

o NAME van die w_________________.

o Name van die jaar!

Kom ons leer oor sinne!

Mamma soek haar klein groen boek.

Jan, San en Woef soek die groen boek.

Sondag, Maandag, Dinsdag, Woensdag, Donderdag, Vrydag en Saterdag.

Januarie, Februarie, Maart, April, Mei, Junie, Augustus, September, Oktober, November en Desember.

10

Ons gebruik kommas in sinne wanneer ons goed opnoem bv.

1) Mamma koop suiker, botter, melk, meel en eiers.

2) Jan pak sy kryte, potlode, uitveër, skerpmaker en liniaal in sy tas.

Ons gebruik ook „n komma voor die woorde want en maar in sinne.

1) Mamma soek haar groen resepte boek, want sy wil „n koek bak.

2) Mamma het met Woef gepraat, maar hy wou nie luister nie. As „n sin met “Ja” of “Nee” begin kom daar „n komma na

die Ja of Nee.

1) Het Buks die boek gehad? Ja, Buks het die boek gehad.

2) Het Zak gehelp om die boek te soek? Nee, Zak het nie gehelp om die boek te soek nie.

Wanneer gebruik ons kommas in sinne?

11

Kom ons maak ons eie speeldeeg.

Resep 2 koppies meel ¾ koppie sout

1 eetlepel olie ½ koppie water 1 of 2 druppels voedselkleursel Metode Meng water en olie in „n bakkie. Roer meel en sout in. Knie dit totdat dit soos brooddeeg is. Indien nodig, voeg water by. Voeg voedselkleursel by en knie goed.

12

Ken jy al jou –oe- woorde?

Ek ken al die -oe- woorde.

Ek ken die meeste van die -oe- woorde.

Ek sal weer moet gaan leer.

13

Knip die prentjies uit. Plak dit in jou werkboek.

14

Lees die dinkborrels. Kies die regte dinkborrel vir elke prentjie. Knip die dinkborrels uit en plak dit langs die regte prentjie in jou

werkboek.

“Waar is my groen resepte boek?”

Jan help asseblief soek na mamma se resepte boek?

“Ek kry die boek nêrens!”

“Die boek is weg!”

Ek weet waar die boek is!

15

VIR DIE ONDERWYSER.

LU‟s wat in die boekie aangespreek word.

LU 2: PRAAT: Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne 'n wye verskeidenheid situasies to kommunikeer

AS4 Neem deel aan klas- en groepbesprekings:

neem beurte en stel gepaste vrae; stel idees voor en brei daarop uit; toon sensitiwiteit vir ander se regte en gevoelens; lewer terugvoering oor groep se werk; beantwoord vrae en gee redes vir antwoorde; AS5 Stel maniere voor om probleme op te los.

LU 3: LEES EN KYK. Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer

AS1 Gebruik visuele leidrade om betekenis te skep:

voorspel na aanleiding van 'n boekomslag waaroor die storie handel; ten opsigte van beelde, die gedrukte media en advertensies:

o interpreteer die hoofboodksap; o identifiseer die doel, teikengroep en waar dit aangetref word;

o druk persoonlike reaksie op beelde in druk en in die media uit.

AS2 Skep betekenis uit geskrewe teks:

lees 'n storie alleen of saam met die onderwyser en: o beskryf die hoofgedagte;

o identifiseer kernbesonderhede (soos hoofkarakters, volgorde van gebeure, ruimte);

o identifiseer en bespreek kultuurwaardes in die storie;

o identifiseer die verband tussen oorsaak en gevolg. (waarom iets in 'n storie gebeur);

o maak gevolgtrekkings;

o dui aan of hy/sy van die storie hou of nie, en waarom;

lees eenvoudige instruksies in die klaskamer;

lees tekste van 'n effens ingewikkelder vlak (eenvoudige fiksie- en nie-fiksieboeke, eenvoudige aanwysings, uitnodigings en groetekaartjies, woordraaisels ens.).

AS3 Herken en skep betekenis uit letters en woorde in langer tekste:

lees met toenemende spoed en vlotheid; lees hardop en gebruik die korrekte uitspraak en gepaste klem;

gebruik klank- en ander woordherkennigns en begrispsvaardighede soos klanke, kontekstuele leidrade en die maak van voorspellings ten einde 'n teks te verstaan);

gebruik selfkorrigeringstrategieë soos herlees, pousering, die oefen van woorde voor hy/sy dit hardop sê;

AS4 Ontwikkel klankbewustheid:

herken vokaallklanke wat uit twee letters bestaan, soos "moet", "deur" en diftonge soos "ou", "ei" en "ui"; herken 'n toenemende aantal hoëfrekwensiesigwoorde.

AS5 Lees vir inligting en genot:

lees prenteboeke en eenvoudige stories van eie keuse;

16

LU 4: SKRYF: Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir 'n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.

AS1 Skryf toenemend leesbaar:

hanteer skryfinstrumente doeltreffend; vorm letters duidelik en maklik;

skryf met meer gemak en spoed as gevolg van gereelde oefening. AS3 Skryf 'n konsepweergawe van 'n skryfstuk vir verskillende doeleindes:

skryf verskillende soorte tekste:

o eenvoudige stories; skryf 'n titel wat die inhoud weerspieël.

AS6 Bou woordeskat op en begin woorde spel sodat ander dit kan lees en verstaan:

eksperimenteer met woorde uit eie taalervaring; spel algemene woorde korrek;

AS7 Gebruik gepaste grammatikale strukture en skryfkonvensies en skryf sodat ander kan verstaan:

gebruik skryframe vir verskillende soorte sinne en teksstrukture; gebruik basies punktuasie (hoofletters en punte);

eksperimenteer met verskillende leestekens soos ! en ?;

gebruik sommige inligtingsteksture soos resepte.

LU 5: DINK EN REDENEER: Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik.

AS2 Gebruik taal om te dink en te redeneer:

verstaan en gebruik taal vir logika en redenasie, soos vir oorsaak en gevolg, logiese volgorde; gebruik hoëorde denke en die meegaande taal, soos maak afleidings, pas kennis toe, evalueer (soos ek dink, ek wonder);

identifiseer ooreenkomste en verskille (soos net soos, eenders, anders as);

vergelyk dinge.

AS4 Verwerk inligting: (Met hulp van onderwyser.)

kies spesifieke inligting uit 'n teks en verwerk dit; organiseer inligting in eenvoudige grafiese vorme (Bv diagram, rooster, dialoog).

LU 6: TAALSTRUKTUUR EN GEBRUIK: Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.

AS3 Werk met sinne:

identifiseer in leesstukke die gebruik van hoofletters aan die begin van sinne, name van mense, plekname, name van weeksdae en maande, straatname;

selfstandige naamwoorde; werkwoorde; gebruik skryfkonvensies korrek: ., ?, !, en ,

AS7 Gebruik "metataal": gebruik woorde soos selfstandige naamwoord, adjektief, voornaamwoord, werkwoord, bywoord, voorsetsel, komma, vraagteken, paragraaf.

o leestekens; o selfstandige naamwoord; o werkwoorde;