naam: - leerafrikaans123€¦ · hy sal aan „n plan moet dink om hulle van boer se boord af weg...

18
1 Naam: ____________________________ Ons gaan sommer lekker leer en werk! Op elke bladsy gaan „n vrugte vlieg wegkruip. So, kyk baie mooi!

Upload: others

Post on 30-Apr-2020

3 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Naam: - Leerafrikaans123€¦ · Hy sal aan „n plan moet dink om hulle van boer se boord af weg te hou. Hy swaai sy hande wild, maar die vrugte vlieë steur hulle nie aan Klaas

1

Naam: ____________________________

Ons gaan sommer lekker leer en werk! Op elke bladsy gaan „n vrugte vlieg wegkruip. So, kyk baie mooi!

Page 2: Naam: - Leerafrikaans123€¦ · Hy sal aan „n plan moet dink om hulle van boer se boord af weg te hou. Hy swaai sy hande wild, maar die vrugte vlieë steur hulle nie aan Klaas

2

Skryf al die pl- woorde in jou werkboek.

plooi pluk plan pleit ploeg plaag plaas plaat plak plas plat plek plig plus plons Klein Klaas pluk „n blom terwyl hy deur die plaat blomme stap. Hy sien nie die plas en ploeg neer. Hy lê papnat plat op sy rug. Die vrou pleit by haar man om „n plan te maak met die vlieë omdat dit „n yslike plaag geword het.

As jy die prentjie sien is daar iets wat jy moet doen. So lees die opdrag mooi.

Page 3: Naam: - Leerafrikaans123€¦ · Hy sal aan „n plan moet dink om hulle van boer se boord af weg te hou. Hy swaai sy hande wild, maar die vrugte vlieë steur hulle nie aan Klaas

3

Klein Klaas en die vrugte vlieë

Klein Klaas is besig om langs sy huisie die grond om te spit. Hy wil „n nuwe blombedding aanlê. Dan wil hy gras al om die blombedding plant. Klein Klaas dagdroom lekker oor al die blomme wat hy gaan pluk en in „n groot vaas in sy klein huisie gaan neersit. “Zoem, Zoem…..” hoor Klein Klaas en „n vrugte vlieg kom sit op sy hoed se rand.

Skielik is daar „n hele swerm vrugte vlieë orals om Klein Klaas. Klaas weet dat vrugte vlieë „n plaag is en dat boer nie daarvan gaan hou as hulle, hulle eiers in sy vrugte lê nie.

Leestyd.

Page 4: Naam: - Leerafrikaans123€¦ · Hy sal aan „n plan moet dink om hulle van boer se boord af weg te hou. Hy swaai sy hande wild, maar die vrugte vlieë steur hulle nie aan Klaas

4

Hy sal aan „n plan moet dink om hulle van boer se boord af weg te hou. Hy swaai sy hande wild, maar die vrugte vlieë steur hulle nie aan Klaas nie. Hy dink diep sodat sy voorkop eintlik op „n plooi trek.

Klein Klaas pleit by die vlieë. “Trek asseblief weg, want boer sal uitkom met sy gif en julle spuit dan sal niemand julle meer kan verpleeg nie. Moenie julle eiers hier lê nie, julle laat al die vrugte vrot word.” Die vrugte vlieë luister nie na Klein Klaas nie. Hulle zoem net harder en vlieg reguit na die perske boord toe.

“Ai, nou is dit klaar praat!” dink Klein Klaas. Boer praat en pleit nie. Die vlieë sal hy moet keer anders gaan hy geen oes hê die somer nie. Hy gaan haal sy plaagdoder en spuit al die vrugte bome. Gou-gou lê al die vrugte vlieë plat op hulle rûe, morsdood. Klaas skud sy kop en sê. “My plig het ek gedoen, maar hulle wou nie luister nie.” 290 woorde

Ag, toe! Ag, toe! Hier op die plaas is ons nou baas!” zoem die vlieë.

Page 5: Naam: - Leerafrikaans123€¦ · Hy sal aan „n plan moet dink om hulle van boer se boord af weg te hou. Hy swaai sy hande wild, maar die vrugte vlieë steur hulle nie aan Klaas

5

Begripstoets

Beantwoord die vrae in jou werkboek. Onthou skryf altyd in volsinne.

1. Wat was Klein Klaas besig om te doen?

2. Wat wil Klein Klaas langs sy huisie plant?

3. Hoekom is vrugte vlieë „n plaag?

4. Wat het boer gedoen toe hy al die vrugte vlieë sien?

5. Watter sinnetjie sê vir ons dat die vrugte vlieë glad nie wou luister nie?

6. Watter woord is die meervoud van rug? 7. Watter woord is die meervoud van vlieg?

Lees die opdrag altyd goed deur voordat jy aangaan.

Page 6: Naam: - Leerafrikaans123€¦ · Hy sal aan „n plan moet dink om hulle van boer se boord af weg te hou. Hy swaai sy hande wild, maar die vrugte vlieë steur hulle nie aan Klaas

6

Skryf die volgende sinnetjies oor in die VERLEDE TYD!

Skryf die sinne in jou werkboek. Die vrugte vlieë wil nie na Klaas luister nie.

Die vrugte vlieë _______ nie na Klaas luister nie. Klein Klaas is besig om tuin te maak.

Klein Klaas __________ besig om tuin te maak. Klein Klaas pleit by die vlieë.

Klein _______________________________________________________ Boer spuit gif aan die vrugte bome.

Boer ______________________________________________________

Julle werk baie goed!

Page 7: Naam: - Leerafrikaans123€¦ · Hy sal aan „n plan moet dink om hulle van boer se boord af weg te hou. Hy swaai sy hande wild, maar die vrugte vlieë steur hulle nie aan Klaas

7

Lees al die pr- woorde hardop.

Skryf dit dan in jou werkboek.

praat preek pret proe proes pruik pruim prys

Klein Klaas wen „n prys.

Juffrou Klara hang orals plakkate op. Die skool hou „n fondsinsameling, want hulle wil nuwe boeke en prente aankoop vir die biblioteek. Klein Klaas sien een van die plakkate wat naby sy huis teen „n boomstam vasgekap is.

Leestyd.

Page 8: Naam: - Leerafrikaans123€¦ · Hy sal aan „n plan moet dink om hulle van boer se boord af weg te hou. Hy swaai sy hande wild, maar die vrugte vlieë steur hulle nie aan Klaas

8

Klein Klaas lees die plakkaat.

Klein Klaas is baie opgewonde. Dit gaan groot pret wees. Hy maak vir hom „n bloedrooi pruik en werk die bad se potblou prop daaraan vas. Hy trek „n spierwit hemp aan en „n goudgeel broek. Hy trek sy splinter nuwe pikswart skoene aan en sit „n grasgroen strikdas om sy nek. Nou lyk Klein Klaas net soos „n hanswors. Nou moet hy nog net aan sy vertoning werk.

PRETTIGE PRUIK PARADE Wen groot pryse!

Kom vermaak ons met julle vertonings en vertoon julle pruike.

Inskrywings R10

Plek: Skoolsaal

Datum: 8 Oktober 2006

Tyd: 15:00

Page 9: Naam: - Leerafrikaans123€¦ · Hy sal aan „n plan moet dink om hulle van boer se boord af weg te hou. Hy swaai sy hande wild, maar die vrugte vlieë steur hulle nie aan Klaas

9

By die skool kry Klein Klaas „n inskrywing vorm. Hy vul dit in en betaal die R10 inskrywingsgeld. Al die deelnemers word op die verhoog opgeroep. Frik sing „n lied en het „n bont pruik op. Gerda het „n pikswart pruik aan en sê „n gediggie op. Almal klap hande. Die mense verkyk hulle aan al die verskillende pruike. Uiteindelik is dit Klein Klaas se beurt. Hy klim stadig teen die trappe op. Hy buig vir die mense. Vou sy hande vroom en begin praat. Dit klink net soos dominee wat daar preek. Die mense skater van die lag. Klaas buig weer en stap van die verhoog af. Die mense klap hard hande. Klaas wen „n hele kas geelperskes. Die perskes proe heerlik en is stroopsoet. Hy deel dit met al die deelnemers. Almal het dit eens. Klaas is „n maat duisend. 254 woorde

Page 10: Naam: - Leerafrikaans123€¦ · Hy sal aan „n plan moet dink om hulle van boer se boord af weg te hou. Hy swaai sy hande wild, maar die vrugte vlieë steur hulle nie aan Klaas

10

Begripstoets

Beantwoord die vrae in jou werkboek. Onthou skryf altyd in volsinne.

1. Hoekom wil die skool „n fondsinsameling hou? 2. Wie het orals plakkate opgesit? 3. Hoeveel het klein Klaas betaal om aan die kompetisie deel te neem. 4. Gerda het „n _______________ opgesê en haar pruik was _________. 5. Frik het __________________ en hy het „n ________ pruik opgehad. 6. Wat het Klaas gewen? 7. Dink jy dat Klaas „n persoon is wat lief is om met ander te deel? Ja of nee. Skryf ook hoekom jy so dink.

Lees die opdrag altyd goed deur voordat jy aangaan.

Page 11: Naam: - Leerafrikaans123€¦ · Hy sal aan „n plan moet dink om hulle van boer se boord af weg te hou. Hy swaai sy hande wild, maar die vrugte vlieë steur hulle nie aan Klaas

11

Wees kreatief! „n Beskrywing Skryf kort sinne in jou werkboek om te beskryf hoe Klein Klaas

aangetrek het.

Knip die kopkrapper uit en plak dit in jou werkboek. Kopkrapper: Daar het 55 mense aan die kompetisie deelgeneem. Hoeveel geld het die skool ingesamel?

Antwoord:

Teken op „n A3 bladsy, „n prent, hoe jy dink Klein Klaas gelyk het.

Page 12: Naam: - Leerafrikaans123€¦ · Hy sal aan „n plan moet dink om hulle van boer se boord af weg te hou. Hy swaai sy hande wild, maar die vrugte vlieë steur hulle nie aan Klaas

12

HOU OOP VIR KNIP VAN BLADSY!

Page 13: Naam: - Leerafrikaans123€¦ · Hy sal aan „n plan moet dink om hulle van boer se boord af weg te hou. Hy swaai sy hande wild, maar die vrugte vlieë steur hulle nie aan Klaas

13

Lees al die sl- woorde hardop.

Skryf dit dan in jou werkboek.

Knip die prente uit.

Plak dit in jou werkboek.

Skryf „n sin by elke prent.

slak slag slap slaag slaap slee sleep slym slaan slyp sloot slot sluit sleutel sleg sluk

Page 14: Naam: - Leerafrikaans123€¦ · Hy sal aan „n plan moet dink om hulle van boer se boord af weg te hou. Hy swaai sy hande wild, maar die vrugte vlieë steur hulle nie aan Klaas

14

HOU OOP VIR KNIP VAN BLADSY!

Page 15: Naam: - Leerafrikaans123€¦ · Hy sal aan „n plan moet dink om hulle van boer se boord af weg te hou. Hy swaai sy hande wild, maar die vrugte vlieë steur hulle nie aan Klaas

15

Klasbespreking

Kyk mooi na die prent!

Waaroor dink jy gaan die volgende storie?

Maak ‘n voorspelling.

Ek dink die storie gaan oor „n _________________________________ ____________________________________________________________________________________________________________________________

Page 16: Naam: - Leerafrikaans123€¦ · Hy sal aan „n plan moet dink om hulle van boer se boord af weg te hou. Hy swaai sy hande wild, maar die vrugte vlieë steur hulle nie aan Klaas

16

Lees die storie.

Skryf dan „n naam vir die storie neer in die blokkie.

Klein Klaas en Sluikie Slak lag en lag. Hulle is al slap gelag, want Slikkie Slang het gedink hy is baie slim. Hy wou sy slee oor die sloot sleep. Hy gly toe in die modderslik en daar lê hy met slee en al binne in die sloot. Ja, sowaar! Slim het sy baas gevang.

Leestyd.

Page 17: Naam: - Leerafrikaans123€¦ · Hy sal aan „n plan moet dink om hulle van boer se boord af weg te hou. Hy swaai sy hande wild, maar die vrugte vlieë steur hulle nie aan Klaas

17

Lees die sinne en teken jou eie prent daarby.

Sluikie Slak sluit die slot oop met „n sleutel. Slikkie Slang slaap op sy slee terwyl Sluikie Slak die slee oor die sloot sleep.

Page 18: Naam: - Leerafrikaans123€¦ · Hy sal aan „n plan moet dink om hulle van boer se boord af weg te hou. Hy swaai sy hande wild, maar die vrugte vlieë steur hulle nie aan Klaas

18

Kyk mooi na die prent. Skryf jou eie byskrifte by.

Kon julle my op elke bladsy kry. Goeie werk, hou so aan!