nasionale sertifikate (beroeps-) certificates nqf level 3/nc... · 2016-09-26 · afrikaans eat...

24
NASIONALE SERTIFIKATE (BEROEPS-) ASSESSERINGSRIGLYNE AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL Vlak 3 Implementering: JANUARIE 2014

Upload: others

Post on 18-Feb-2020

3 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

NASIONALE SERTIFIKATE (BEROEPS-)

ASSESSERINGSRIGLYNE

AFRIKAANS

EERSTE ADDISIONELE TAAL

Vlak 3

Implementering: JANUARIE 2014

Afrikaans EAT (Vlak 3) Finale Assesseringsriglyne (Januarie 2014) Nasionale Sertifikate (Beroeps-)

Departement van Hoër Onderwys en Opleiding Bladsy 1 van 23

17_03_2014

INHOUDSOPGAWE

AFDELING A: DOEL VAN DIE VAKASSESSERINGSRIGLYNE ......................................... 2

AFDELING B: ASSESSERING IN DIE NASIONALE SERTIFIKATE (BEROEPS-) ............. 2

1. Assesseringsbeginsels en doelwitte ...................................................................................... 2

2. Assesseringsraamwerk ............................................................................................................ 4

2.1 Interne deurlopende assessering (IDASS) ................................................................................ 4

2.2 Eksterne summatiewe assessering (ESASS) ............................................................................ 4

3. Moderering van assessering ................................................................................................... 4

3.1 Interne moderering .................................................................................................................... 4

3.2 Eksterne moderering ................................................................................................................. 4

4. Geldigheidsperiode van interne deurlopende assessering (IDASS) ..................................... 4

5. Vereistes vir assessors ............................................................................................................ 5

6. Tipes assessering .................................................................................................................... 5

6.1 Basislynassessering .................................................................................................................. 5

6.2 Diagnostiese assessering ......................................................................................................... 5

6.3 Formatiewe assessering ........................................................................................................... 5

6.4 Summatiewe assessering ......................................................................................................... 5

7. Beplanning van assessering ................................................................................................... 5

7.1 Insameling van bewyse ............................................................................................................. 5

7.2 Optekening ................................................................................................................................ 5

7.3 Verslagdoening ......................................................................................................................... 5

8. Assesseringsmetodes .............................................................................................................. 6

9. Instrumente en middele vir die insameling van bewyse ........................................................ 6

10. Middele vir die assessering van studentprestasie ................................................................. 6

11. Keuse en/of ontwerp van optekening- en verslagdoeningstelsels ....................................... 7

12. Bevoegdheidsbeskrywings ...................................................................................................... 7

13. Strategieë vir die insameling van bewyse .............................................................................. 7

13.1 Waarnemingsvelle ..................................................................................................................... 7

13.2 Kontrolelyste ............................................................................................................................. 7

AFDELING C: ASSESSERING IN AFRIKAANS EAT VLAK 3 ........................................................ 8

1 Assesseringskedule en -vereistes .......................................................................................... 9

2 Optekening en verslagdoening............................................................................................... 11

3 Interne assessering van uitkomste in Afrikaans EAT Vlak 3 ................................................ 12

4 Eksterne assessering in Afrikaans EAT Vlak 3 ..................................................................... 18

AANHANGSEL A: VOORBEELDE VAN INLIGTINGSBLADSYE EN VOORAF OPGESTELDE FORMATE VIR INSLUITING IN EKSAMENVRAESTELLE

Afrikaans EAT (Vlak 3) Finale Assesseringsriglyne (Januarie 2014) Nasionale Sertifikate (Beroeps-)

Departement van Hoër Onderwys en Opleiding Bladsy 2 van 23

17_03_2014

AFDELING A: DOEL VAN DIE VAKASSESSERINGSRIGLYNE

Hierdie dokument bied riglyne aan die lektor om 'n samehangende, geïntegreerde assesseringstelsel vir Afrikaans Eerste Addisionele Taal (EAT) in die Nasionale Sertifikate (Beroeps-) te ontwikkel. Dit moet saamgelees word met die Nasionale beleid rakende Verdere Onderwys- en Opleidingsprogramme: Goedkeuring van die dokumente, beleid vir die Nasionale Sertifikate (Beroeps-) op Vlak 2 tot 4 op die Nasionale Kwalifikasieraamwerk (NKR).

Hierdie dokument verduidelik die vereistes vir interne en eksterne vakassessering. Die lektor moet hierdie dokument saam met die Vakriglyne: Afrikaans EAT Vlak 3 vir vakvoorbereiding en -aanbieding gebruik. Lektore moet 'n verskeidenheid hulpbronne gebruik en 'n reeks assesseringsvaardighede toepas wanneer assesseringstake opgestel, nagesien en opgeteken word.

AFDELING B: ASSESSERING IN DIE NASIONALE SERTIFIKATE (BEROEPS-)

1 ASSESSERINGSBEGINSELS EN -DOELWITTE

Assessering in die Nasionale Sertifikate (Beroeps-) het die NKR-doelwitte as grondslag. Hierdie doelwitte behels:

Die daarstelling van 'n geïntegreerde nasionale raamwerk vir leerprestasies.

Die fasilitering van toegang tot en progressie in onderwys, opleiding en loopbane.

Die verbetering van die gehalte van onderwys en opleiding.

Die regstelling van onbillike diskriminasie en die wanbalanse van die verlede, en daardeur die versnelling van indiensnemingsgeleenthede.

'n Bydrae tot die holistiese ontwikkeling van die student deur aandaggewing aan:

o sosiale aanpassing en verantwoordelikheid;

o morele verantwoordbaarheid en etiese werkoriëntering;

o ekonomiese deelname; en

o nasiebou.

Die beginsels waarop hierdie doelwitte berus, is soos volg:

• Integrasie

Om 'n eenvormige benadering tot onderwys en opleiding te volg, wat mensehulpbronne sal versterk en die vermoë van die nasie ontwikkel.

• Toepaslikheid

Om dinamies op nasionale ontwikkelingsbehoeftes te reageer.

• Geloofwaardigheid

Om die bevoegdhede en vaardighede wat verkry is, die nasionale en internasionale waarde wat toegevoeg is en die kwalfikasie wat verwerf is, te erken.

• Samehangendheid

Om binne 'n konsekwente raamwerk van beginsels en sertifisering te werk.

• Buigsaamheid

Om voorsiening te maak vir kreatiwiteit en vindingrykheid in die bereiking van Leeruitkomste, om verskillende leerstyle te akkommodeer en 'n reeks assesseringsmetodes, -instrumente en -tegnieke te gebruik.

• Deelname

Om belanghebbendes in staat te stel om deel te neem aan standaardstelling en die koördinering van die prestasies wat vir die kwalifikasie vereis word.

• Toegang

Afrikaans EAT (Vlak 3) Finale Assesseringsriglyne (Januarie 2014) Nasionale Sertifikate (Beroeps-)

Departement van Hoër Onderwys en Opleiding Bladsy 3 van 23

17_03_2014

Om leerhindernisse op verskillende vlakke te hanteer en studente se vordering te fasiliteer.

• Progressie

Om te verseker dat die kwalifikasieraamwerk individue toelaat om deur middel van verskillende gepaste kombinasies van die komponente van die leweringstelsel van een vlak van die nasionale kwalifikasie na die volgende te beweeg.

• Oordraagbaarheid

Om studente in staat te stel om krediete wat in 'n kwalifikasie verkry is van een leerinstelling en/of werkgewer na

'n ander leerinstelling en/of werkgewer oor te dra.

• Artikulasie

Om by die suksesvolle voltooiing van geakkrediteerde voorvereistes voorsiening te maak vir vertikale en horisontale mobiliteit in die onderwysstelsel.

• Erkenning van voorafleer

Om krediete vir 'n leereenheid toe te ken ná assessering of as die student oor die bevoegdhede beskik wat in die uitkomsstelling gespesifiseer word.

• Geldigheid van assesserings

Om te verseker dat assessering 'n wye omvang van vaardighede, kennis, waardes en houdings dek wat nodig is om toegepaste bevoegdheid te demonstreer. Dit word bereik deur:

o die uitkoms wat geassesseer moet word, duidelik te stel;

o gepaste of geskikte bewyse te kies;

o die bewyse met 'n versoenbare of gepaste assesseringsmetode te belyn; en

o 'n assesseringsinstrument of -instrumente te kies en te skep.

Onderwerpe moet eers individueel en daarna kumulatief saam met ander onderwerpe geassesseer word. 'n

Finale summatiewe interne assessering moet vóór die eksterne assessering plaasvind.

• Betroubaarheid

Om te verseker dat assesseringspraktyke konsekwent is sodat dieselfde resultaat of oordeel bereik word indien die assessering in dieselfde konteks herhaal word. Dit verg konsekwentheid in die interpretasie van bewyse en daarom is sorgvuldige monitering van assessering kernbelangrik.

Vir 'n interne punt moet die kumulatiewe en summatiewe assesserings groter gewig dra as die eenonderwerptoetse. Daar moet in elke termyn minstens een gestandaardiseerde of normtoets plaasvind. Alle gestandaardiseerde of normtoetse moet deur 'n vakspesialis gemodereer word.

• Billikheid en deursigtigheid

Om te verifieer dat geen assesseringsproses en/of -metode enige student belemmer of onbillik bevoordeel nie.

Die volgende kan onbillikheid in assessering uitmaak:

o Ongelyke geleenthede, hulpbronne of onderrig- en leerbenaderings.

o Partydigheid gebaseer op etnisiteit, ras, geslag, ouderdom, gestremdheid of sosiale klas.

o Gebrek aan duidelikheid rakende die Leeruitkoms wat geassesseer word.

o Die vergelyking van studente se werk met dié van ander op grond van leerstyl en taal.

In die assessering van Afrikaans EAT moet in ag geneem word dat die metode of proses groter gewig dra as

die finale antwoord.

• Praktiese uitvoerbaarheid en koste-effektiwiteit

Om assesseringstake en/of -praktyke in 'n uitkomsgebaseerde onderwys- en opleidingstelsel te integreer ten einde koste- en tydbesparende assessering na te streef.

Afrikaans EAT (Vlak 3) Finale Assesseringsriglyne (Januarie 2014) Nasionale Sertifikate (Beroeps-)

Departement van Hoër Onderwys en Opleiding Bladsy 4 van 23

17_03_2014

2 ASSESSERINGSRAAMWERK

Die assesseringstruktuur vir die kwalifikasie Nasionale Sertifikate (Beroeps-) is soos volg:

2.1 Interne deurlopende assessering (IDASS)

Vaardighede, kennis, waardes en houdings word deur die jaar geassesseer aan die hand van assesseringsinstrumente soos projekte, toetse, werkopdragte, ondersoeke, rolspel en gevallestudies. Alle bewyse van die interne deurlopende assessering (IDASS) word in 'n Portefeulje van Bewyse (PvB) gehou en moet geredelik beskikbaar wees vir monitering-, moderering- en verifiëringsdoeleindes. Die moderering en gehalteversekering van hierdie komponent geskied intern en ekstern.

2.2 Eksterne summatiewe assessering (ESASS)

Die eksterne summatiewe assessering behels TWEE vraestelle wat opgestel word om aan die vereistes van die Vak- en Leeruitkomste te voldoen. Dit word ooreenkomstig die toepaslike assesseringsbeleide en -vereistes geadministreer.

Die eksterne summatiewe assesserings word jaarliks tussen Oktober en Desember uitgevoer, met voorsiening vir aanvullende eksamens.

3 MODERERING VAN ASSESSERING

3.1 Interne moderering

Assessering moet gemodereer word volgens die Verdere Onderwys- en Opleidingskollege (VOO-kollege) se beleid vir interne moderering. Interne kollegemoderering is 'n deurlopende proses. Die moderator se betrokkenheid begin by die beplanning van assesseringsmetodes en -instrumente en word gevolg deur voortgesette samewerking met en steun aan die assessors. Interne moderering skep 'n gedeelde begrip van Assesseringstandaarde en hou dit oor die beroepsprogramme heen in stand.

3.2 Eksterne moderering

Eksterne moderering word ooreenkomstig die standaarde, beleide en vereistes van die toepaslike gehalteversekeringsliggame (tans die Suid-Afrikaanse Kwalifikasie-owerheid [Sako] en Umalusi) uitgevoer.

Die eksterne moderator:-

moniteer en evalueer die standaarde van alle summatiewe assesserings;

hou standaarde in stand deur toepaslike invloed en beheer oor assessors uit te oefen;

verseker dat behoorlike prosedures gevolg word;

verseker dat summatiewe geïntegreerde assesserings korrek geadministreer word;

gaan 'n minimum steekproef na van tien tot vyf-en-twintig persent (10%-25%) van die summatiewe

assesserings;

gee skriftelik terugvoering aan die toepaslike gehalteversekeringsliggaam; en

modereer, in die geval van 'n dispuut tussen 'n assessor en 'n student.

Die beleid rakende inklusiewe onderwys vereis dat die assesseringsprosedures vir studente met leerhindernisse aangepas en gesteun word om die studente in staat te stel om hul maksimum potensiaal te bereik.

4 GELDIGHEIDSPERIODE VAN INTERNE DEURLOPENDE ASSESSERING (IDASS)

Die geldigheidsperiode van die punt verwerf in interne deurlopende assessering word bepaal deur die Nasionale beleid rakende die afneem, administrasie en bestuur van assessering in die Nasionale Sertifikate (Beroeps-).

Die interne deurlopende assessering (IDASS) word weer ingedien met elke eksameninskrywing ten opsigte waarvan dit 'n komponent uitmaak.

5 VEREISTES VIR ASSESSORS

Afrikaans EAT (Vlak 3) Finale Assesseringsriglyne (Januarie 2014) Nasionale Sertifikate (Beroeps-)

Departement van Hoër Onderwys en Opleiding Bladsy 5 van 23

17_03_2014

Assessors moet vakspesialiste en 'n bevoegde assessor wees.

6 TIPES ASSESSERING

Assessering bevoordeel die student en die lektor. Dit lig studente in oor hul vordering en help lektore om op die verskillende stadia van die leerproses ingeligte besluite te neem. Verskillende tipes assessering kan gebruik word na gelang van die spesifieke doelwit.

6.1 Basislynassessering

Basislynassessering word aan die begin van 'n vlak of leerervaring gedoen om die kennis, vaardighede, waardes en houdings te bepaal wat studente na die klaskamer bring. Hierdie kennis help lektore met die beplanning van leerprogramme en -aktiwiteite.

6.2 Diagnostiese assessering

Hierdie tipe assessering diagnoseer die aard en oorsake van leerhindernisse wat deur spesifieke studente ervaar word. Hierna volg leiding, toepaslike steun en intervensiestrategieë. Hierdie tipe assessering is nuttig vir die verwysing van studente wat spesialishulp benodig.

6.3 Formatiewe assessering

Hierdie assessering moniteer en ondersteun onderrig en leer. Dit stel vas wat studente se sterk en swak punte is en bied terugvoering op vordering. Dit bepaal of 'n student gereed is vir summatiewe assessering.

6.4 Summatiewe assessering

Hierdie tipe assessering gee 'n oorsig van 'n student se vordering op 'n gegewe tydstip. Dit bepaal of die student genoegsaam bevoeg is om na die volgende vlak te vorder.

7 BEPLANNING VAN ASSESSERING

Die assesseringsplan dek drie hoofprosesse:

7.1 Insameling van bewyse

Die assesseringsplan dui aan watter Vakuitkomste en Assesseringstandaarde geassesseer word, watter assesseringsmetode of -aktiwiteit gebruik gaan word en wanneer hierdie assessering uitgevoer gaan word.

7.2 Optekening

Optekening het betrekking op die assesseringsinstrumente of -middele waarmee die assessering vasgelê of opgeteken word. Gepaste assesseringsinstrumente moet dus ontwikkel of aangepas word.

7.3 Verslagdoening

Al die bewyse word in 'n verslag bymekaar geplaas met die oog op besluitneming vir die vak.

8 ASSESSERINGSMETODES

Afrikaans EAT (Vlak 3) Finale Assesseringsriglyne (Januarie 2014) Nasionale Sertifikate (Beroeps-)

Departement van Hoër Onderwys en Opleiding Bladsy 6 van 23

17_03_2014

Assesseringsmetodes het betrekking op die persone wat die assessering uitvoer en sluit lektor-assessering, selfassessering, portuurassessering en groepsassessering in.

LEKTOR-ASSESSERING Die lektor assesseer studentprestasie aan die hand van gegewe kriteria in verskillende kontekste, soos individuele werk, groepwerk, ens.

SELFASSESSERING Studente assesseer hul eie prestasie aan die hand van gegewe kriteria

in verskillende kontekste, soos individuele werk, groepwerk, ens.

PORTUURASSESSERING

Studente assesseer 'n ander student of groep studente se prestasie aan die hand van gegewe kriteria in verskillende kontekste, soos individuele werk, groepwerk, ens.

GROEPSASSESSERING

Studente assesseer die individuele prestasie van ander studente binne 'n groep of die algehele prestasie van 'n groep studente aan die hand van gegewe kriteria.

9 INSTRUMENTE EN MIDDELE VIR DIE INSAMELING VAN BEWYSE

Alle bewyse wat vir die doeleindes van interne deurlopende assessering (IDASS) versamel word, word in die student se Portefeulje van Bewyse (PvB) gehou of opgeteken.

Die onderstaande tabel bied 'n opsomming van 'n verskeidenheid van metodes en instrumente vir die insameling van bewyse. 'n Metode en instrument word gekies om studente genoegsame geleentheid te bied om te demonstreer dat die Vakuitkoms bereik is. Dit is slegs moontlik as die gekose metodes en instrumente geskik is vir die teikengroep en die spesifieke Vakuitkoms wat geassesseer word.

METODES VIR DIE INSAMELING VAN BEWYSE

Waarneminggebaseer

(Minder gestruktureer)

Taakgebaseer

(Gestruktureer)

Toetsgebaseer

(Meer gestruktureer)

Assesserings-

instrumente

• Waarneming

• Klasvrae

• Besprekings deur lektor,

student, ouer

• Werkopdragte of take

• Projekte

• Ondersoeke of navorsing

• Gevallestudies

• Praktiese oefeninge

• Demonstrasies

• Rolspel

• Onderhoude

• Eksamens

• Klastoetse

• Praktiese eksamens

• Mondelinge toetse

• Oopboektoetse

Assesseringsmiddele • Waarnemingsvelle

• Lektor se notas

• Kommentaar

• Kontrolelyste

• Beoordelingskale

• Nasienskemas

• Punte (bv. %) • Beoordelingskale (1-7)

Bewyse • Toespitsing op individuele studente

• Subjektiewe bewyse gebaseer op lektor se waarnemings en indrukke

• Oop middel: Studente lewer dieselfde bewyse maar op verskillende maniere.

• Oop einde: Studente gebruik dieselfde proses om verskillende resultate te bereik.

• Studente beantwoord dieselfde vrae op dieselfde wyse binne dieselfde tydsbestek.

10 MIDDELE VIR DIE ASSESSERING VAN STUDENTPRESTASIE

Beoordelingskale is nasienstelsels waar 'n kode (soos 1 tot 7) of 'n punt (soos 5/10 of 50%) in besonderhede omskryf word. Die besonderhede is net so belangrik soos die gekodeerde punt. Tradisionele nasien, assessering en evaluering het meestal beoordelingskale sonder besonderhede gebruik, soos reg of verkeerd, goed of swak, ens.

Afrikaans EAT (Vlak 3) Finale Assesseringsriglyne (Januarie 2014) Nasionale Sertifikate (Beroeps-)

Departement van Hoër Onderwys en Opleiding Bladsy 7 van 23

17_03_2014

Taaklyste en kontrolelyste wys vir die student wat gedoen moet word. Dit bestaan uit kort stellings wat die verwagte prestasie in 'n bepaalde taak beskryf. Die stellings op die kontrolelys kan afgemerk word wanneer die student die kriterium toereikend behaal het. Kontrolelyste en taaklyste is baie nuttig vir assesseringsaktiwiteite binne portuur- of groepverband.

'n Nasienskema of rubriek is 'n hiërargie (gegradeerde vlakke) van kriteria met teikenstandaarde wat die minimum vlak van aanvaarbare prestasie of bereiking van elke kriterium beskryf. Dit is 'n andersoortige manier van assessering en kan nie met toetse vergelyk word nie. Elke kriterium wat in die nasienskema beskryf word, word afsonderlik geassesseer. Twee tipes nasienskemas of rubrieke, te wete holistiese en analitiese nasienskemas, word hoofsaaklik gebruik.

11 KEUSE EN/OF ONTWERP VAN OPTEKENING- EN VERSLAGDOENINGSTELSELS

Die keuse en/of ontwerp van optekening- en verslagdoeningstelsels hang af van die doel van die optekening en verslagdoening van studentprestasie. Waarom bepaalde inligting opgeteken word en hoe dit opgeteken word bepaal watter instrument gebruik word.

Rekenaargebaseerde stelsels, byvoorbeeld sigblaaie, is koste- en tydbesparend. Die optekeningstelsel moet gebruikersvriendelik wees en inligting moet maklik bekom en onttrek kan word.

12 BEVOEGDHEIDSBESKRYWINGS

Alle assessering moet punte toeken om spesifieke assesseringstake te evalueer. Die punte word egter toegeken aan die hand van nasienriglyne (memoranda/nasienskemas/kontrolelyste) en is nie bloot 'n totaal van regmerkies vir korrekte antwoorde nie. Nasienskemas is bevoegdheidsvlakbeskrywers ten opsigte van die vaardighede, kennis, waardes en houdings wat 'n student moet demonstreer om elke vlak van die beoordelingskaal te bereik.

Wanneer lektore of assessors 'n assesseringstaak of -vraag voorberei, moet hulle seker maak dat die taak of vraag op 'n aspek van 'n Vakuitkoms betrekking het. Die toepaslike Assesseringstandaard moet gebruik word om die nasienskema vir die assessering van die taak of vraag te ontwerp. Die beskrywings moet die minimum prestasievlak vir elke kategorie op die beoordelingskaal duidelik aantoon.

13 STRATEGIEË VIR DIE INSAMELING VAN BEWYSE

'n Aantal verskillende assesseringsinstrumente kan vir die insameling en optekening van bewyse gebruik word. Voorbeelde van instrumente wat (aangepas en) in die klaskamer gebruik kan word, sluit in:-

13.1 Waarnemingsvelle

Die lektor neem waar hoe studente in groepsverband werk. Aan die einde van elke projek word die waarnemings in 'n opsommingstabel opgeteken. Die lektor kan 'n waarnemingsvel ontwerp om studente se interaktiewe en probleemoplossingsvaardighede, houdings teenoor groepwerk en deelname aan groepaktiwiteite waar te neem.

13.2 Kontrolelyste

Kontrolelyste moet oor duidelike kategorieë beskik om te verseker dat die doelwitte doeltreffend bereik word. Die kategorieë moet beskryf hoe en aan die hand van watter kriteria die aktiwiteite geëvalueer word. Ruimte vir kommentaar is noodsaaklik.

Afrikaans EAT (Vlak 3) Finale Assesseringsriglyne (Januarie 2014) Nasionale Sertifikate (Beroeps-)

Departement van Hoër Onderwys en Opleiding Bladsy 8 van 23

17_03_2014

AFDELING C

ASSESSERING IN AFRIKAANS EAT

VLAK 3

Afrikaans EAT (Vlak 3) Finale Assesseringsriglyne (Januarie 2014) Nasionale Sertifikate (Beroeps-)

Departement van Hoër Onderwys en Opleiding Bladsy 9 van 23

17_03_2014

AFDELING C: ASSESSERING IN AFRIKAANS EAT

1 ASSESSERINGSKEDULE EN -VEREISTES

Interne en eksterne assesserings word uitgevoer en die resultate van beide assesserings dra by tot die finale punt van 'n student in die vak.

Die interne deurlopende assesseringspunt (IDASS-punt) bepaal 25 persent en die eksterne eksamenpunt 75 persent van die finale punt. 'n Student het 'n minimum finale punt van 40 persent nodig om die vak te slaag.

1.1 Interne assessering

Lektore moet 'n omvattende assesseringsplan/-skedule saamstel van formele assesserings wat gedurende die jaar in die vak onderneem moet word (bv. datum, assesseringstaak of -aktiwiteit, boordelingskaal/punte toegeken, assessor, moderator).

Formele assesserings word dan volgens die plan/skedule uitgevoer deur die gepaste assesseringsinstrumente en -middele (bv. toetse, werkopdragte, praktiese take/projekte en memorandum, nasienskema, kontrolelys) vir elke assesseringstaak te gebruik.

Die punte wat toegeken word vir beide die praktiese en skriftelike formele assesseringstake wat gedurende die interne deurlopende assessering (IDASS) uitgevoer word, word gehou en opgeteken in die Portefeulje van Bewyse (PvB) wat aan interne en eksterne moderering onderworpe is.

'n Jaarpunt uit 100 word op grond van die IDASS-punte wat in die PvB vervat is bereken en aan die einde van die jaar vóór of óp die keerdatum aan die Departement voorgelê.

Die volgende interne assesseringseenhede RIG die assessering van Afrikaans EAT Vlak 3.

IDASS-TAKE VIR AFRIKAANS EAT VLAK 3

Taak Tyd-raamwerk

Soort assesserings-aktiwiteit

Omvang van assessering Voorgesteldepuntetoe-kenning

%-bydrae tot die jaarpunt

1 Termyn 1 Formele toets*

Begrip en opsomming EN/OF

kontekstuele vrae oor taal- en

grammatikastrukture EN/OF

kommunikasieteorie

(Lengte van leesteks word gerig deur

lengte van teks wat opgesom moet

word: ± 300-400 woorde)

(Opsomming: 230 woorde, wat tot 70-

80 woorde verminder word)

Minstens 50

punte

10%

2 Termyn 1 Mondelinge aanbieding en leestoets

Voorstelling van 'n spreker EN/OF

lewering van 'n mosie van dank EN/OF

die doen van toekennings en die

aanvaarding daarvan EN/OF 'n

telefoongesprek en dialoog EN

luisterbegrip

(2-3 minute)

Minstens 40

punte

5%

3 Termyn 2 Funksionele skryfwerk

Korter en intermediêre funksionele

tekste: E-pos EN/OF faks EN/OF invul

van 'n vorm EN/OF 'n strooibiljet of

Korter en

intermediêre

Afrikaans EAT (Vlak 3) Finale Assesseringsriglyne (Januarie 2014) Nasionale Sertifikate (Beroeps-)

Departement van Hoër Onderwys en Opleiding Bladsy 10 van 23

17_03_2014

(Korter en intermediêre en langer funksionele tekste)

pamflet EN/OF telefoonboodskap

EN/OF memorandum

(100 -120 woorde) (5%)

Langer funksionele tekste:

Kennisgewing, sakelys en notule

EN/OF beskrywende EN/OF narratiewe

EN/OF onthullende verslag

(150-250 woorde) (10%)

funksionele

skryfwerk

20 punte

Langer

funksionele

skryfwerk

30 punte

15%

4 Termyn 2 Mondelinge aanbieding

Voorbereide onderwerp-verwante

toespraak met gebruikmaking van

visuele, klank- en/of oudiovisuele

hulpmiddels

(3-5 minute)

Minstens 40

punte

5%

5

Termyn 2 OF Termyn 3

Formele toets*

Begrip en opsomming EN/OF

kontekstuele vrae oor taal- en

grammatikastrukture EN/OF

kommunikasieteorie

(Lengte van leesteks word gerig deur

lengte van teks wat opgesom moet

word: ± 300-400 woorde)

(Opsomming: 230 woorde, wat tot

70-80 woorde verminder word)

Minstens 50

punte

10%

6 Termyn 3 Werkopdrag Letterkunde-opdrag: Poësie Minstens 50-

80 punte

25%

7

Termyn 2 OF Termyn 3

Interne eksamen* Vraestel 1 Interne eksamen* Vraestel 2

Vakuitkomste tot op datum voltooi

30%

(Vraestel 1 = 15%)

(Vraestel 2

= 15%)

TOTAAL 100%

Afrikaans EAT (Vlak 3) Finale Assesseringsriglyne (Januarie 2014) Nasionale Sertifikate (Beroeps-)

Departement van Hoër Onderwys en Opleiding Bladsy 11 van 23

17_03_2014

2 OPTEKENING EN VERSLAGDOENING

Afrikaans EAT word aan die hand van sewe bevoegdheidsvlakke geassesseer. Elke vlak word in die tabel hieronder verduidelik.

Prestasieskaal vir die basiskomponent

Die beplande/geskeduleerde assessering vir elke vak moet in die lektor se Portefeulje van Assessering (PvA) opgeteken word. Die minimum vereistes vir die lektor se Portefeulje van Assessering is die volgende:

Inligting oor die lektor

Inhoudsopgawe

Vakriglyne en Assesseringsriglyne

Jaarplanne/werkskemas/tydskedules

'n Formele assesseringskedule

Instrument/e (toetse, werkopdragte, prakties) en middele (memorandum, nasienskema, kontrolelys) vir elke assesseringstaak

'n Punte- of uitslaelys vir assesseringstake.

Die kollege kan hierdie dokumente standaardiseer.

Die minimum vereistes vir die student se Portefeulje van Bewyse (PvB) is die volgende:

Inligting oor/identifikasie van die student

Inhoudsopgawe of -blad (vir toeganklikheid)

'n Rekord/opsomming van resultate wat al die punte aandui wat per assessering vir die vak behaal

is

Bewyse van gemodereerde assesseringstake en terugvoering ooreenkomstig die

assesseringskedule

Waar take nie as bewyse in die Portefeulje van Bewyse (PvB) gehou kan word nie, moet die presiese

plasing daarvan opgeteken word en moet hulle geredelik beskikbaar wees vir

modereringsdoeleindes.

BEOORDELINGSKODE BEOORDELING PUNTE (%)

7 Uitnemend 80 – 100

6 Meriete 70 – 79

5 Substansieel 60 – 69

4 Bevredigend 50 – 59

3 Gemiddeld 40 – 49

2 Elementêr 30 – 39

1 Nie bereik nie 0 – 29

Afrikaans EAT (Vlak 3) Finale Assesseringsriglyne (Januarie 2014) Nasionale Sertifikate (Beroeps-)

Departement van Hoër Onderwys en Opleiding Bladsy 12 van 23

17_03_2014

3 INTERNE ASSESSERING VAN UITKOMSTE IN AFRIKAANS EAT VLAK 3

Onderwerp 1: Luister en praat

VAKUITKOMS

1.1 Luister en reageer in werkplekkontekste vir 'n verskeidenheid van doeleindes

ASSESSERINGSTANDAARDE LEERUITKOMSTE

1.1.1 Voorspellings word gemaak op grond van

die titel van 'n teks

1.1.2 Interaksies word geëvalueer deur daarna te

luister

1.1.3 Die betekenis en doel van die teks word

deur luister afgelei

1.1.4 Notas word afgeneem

1.1.5 Waardering word uitgespreek in reaksie op

luistertekste

1.1.6 Notas word hersien

1.1.7 Puntvormopsommings word gemaak

1.1.8 Vrae gegrond op luistertekste word

beantwoord

1.1.9 Terugvoering word gebruik om op

daaropvolgende luisterprestasies te

verbeter

Studente demonstreer die vermoë om:

Vóór luister

1.1.1 voorspellings te maak op grond van die titel

Tydens luister

1.1.2 te luister om interaksies te evalueer

1.1.3 te luister om die betekenis en doel van die

teks af te lei

1.1.4 notas af te neem

1.1.5 met waardering te luister

Ná luister

1.1.6 notas te hersien

1.1.7 puntvormopsommings van interaksies te

maak

1.1.8 op die teks te reageer deur vrae te

beantwoord

Terugvoering

1.1.9 terugvoering te gebruik om op hul

luisterprestasie te verbeter

ASSESSERINGSTAKE OF -AKTIWITEITE

Voorgestelde vorme van assessering:

Luisterbegrip (3-4 minute); afneem van notas en opsommings

Assesseringsmiddele:

Memoranda; nasienskemas; kontrolelyste

Omvang (luistertekste): Telefoongesprek en dialoog; voorstelling van 'n spreker; mosie van dank; paneelbespreking en kreatiewe tekste (lees van poësie)

Afrikaans EAT (Vlak 3) Finale Assesseringsriglyne (Januarie 2014) Nasionale Sertifikate (Beroeps-)

Departement van Hoër Onderwys en Opleiding Bladsy 13 van 23

17_03_2014

VAKUITKOMS

1.2 Praat akkuraat en korrek in werkplekkontekste/-omgewings vir 'n verskeidenheid van doeleindes en teikengroepe

ASSESSERINGSTANDAARDE LEERUITKOMSTE

1.2.1 Praatstrategieë word gebruik vir 'n

verskeidenheid van doeleindes in 'n

werkplekkonteks

1.2.2 Verskillende vorme van mondelinge

kommunikasie word in werkplekkontekste

gebruik

1.2.3 Mondelinge aanbiedings word nagevors,

beplan en in 'n werkplekkonteks gelewer

1.2.4 Daar word gereageer op mondelinge

aanbiedings in werkplekkontekste deur

gepaste praattegnieke te gebruik

1.2.5 Taal word in verskeie werkpleksituasies

gebruik

Studente demonstreer die vermoë om:

Vóór praat

1.2.1 idees en inligting te beplan, na te vors en te

organiseer

1.2.2 praataktiwiteite te oefen

Tydens praat

1.2.3 logiese en samehangende sinne te

formuleer

1.2.4 toepaslike vrae vir verskeie doeleindes te

formuleer

1.2.5 toepaslik op vrae te reageer

1.2.6 betrokke te wees by volgehoue interaksie

met individue en groepe

1.2.7 'n onvoorbereide gedeelte hardop te lees

1.2.8 'n toespraak voor te berei en te lewer met

gebruikmaking van visuele hulpmiddels, ook

plakkate om die mondelinge aanbieding te

steun

1.2.9 nieverbale kommunikasie doeltreffend te

gebruik

1.2.10 taal grammatikaal korrek te gebruik

1.2.11 hul waardering en genot uit te spreek met

betrekking tot die volgende aspekte van

kreatiewe tekste: boodskap (tema),

herkenning van emosies en retoriekmiddele

Terugvoering

1.2.12 opbouende terugvoering aan ander

sprekers te gee

1.2.13 oor eie prestasie na te dink en daarop te

verbeter

ASSESSERINGSTAKE OF -AKTIWITEITE

Voorgestelde vorme van assessering:

Voorbereide toespraak (3-5 minute); onvoorbereide hardop lees (2-3 minute)

Assesseringsmiddele:

Kontrolelyste; nasienskemas

Omvang (mondelinge tekste): Voorstelling van 'n spreker; lewering van 'n mosie van dank; die doen van toekennings en die aanvaarding daarvan; programleiding en -koördinering; onderwerp-verwante voorbereide toespraak; onvoorbereide hardop lees; onderhoud en rolspel; bespreking in groepe,vergaderings en panele; asook telefoongesprek en dialoog

Afrikaans EAT (Vlak 3) Finale Assesseringsriglyne (Januarie 2014) Nasionale Sertifikate (Beroeps-)

Departement van Hoër Onderwys en Opleiding Bladsy 14 van 23

17_03_2014

Onderwerp 2: Lees en kyk

VAKUITKOMS

2.1 Lees om betekenis te bepaal en response op die bedoelde boodskap te formuleer

ASSESSERINGSTANDAARDE LEERUITKOMSTE

2.1.1 Leesstrategieë word gebruik vir inligting,

begrip en genot

2.1.2 Skriftelike tekste word verstaan en beskryf

om betekenis, waardes en houdings te

identifiseer

2.1.3 Die strukture en hoofkenmerke van tekste

word ondersoek om te toon hoe dit

betekenis vorm

2.1.4 Begrip word getoon deur vrae akkuraat te

beantwoord

2.1.5 Inligting word opgesom

2.1.6 Tekstipes word gereproduseer

2.1.7 Bekende kreatiewe tekste word geëvalueer

en ontleed ingevolge agtergrond,

stylmiddele, tema, karakters en intrige

Daar word veronderstel dat studente die

vaardighede van blaailees, vluglees, vooraflees,

herlees en sifting bemeester het ten einde tekste

deeglik te ondersoek.

Studente demonstreer die vermoë om:

Vóór lees

2.1.1 die teks deeglik te ondersoek

2.1.2 op grond van die titel en/of subtitels en

opskrifte inhoud te voorspel

Tydens lees

2.1.3 tekste op sin- en paragraafvlak te verstaan

met aandaggewing aan woordgebruik en die

funksie van taalstrukture en -konvensies

2.1.4 vir eie genot besig te wees met uitgebreide

lees

Ná lees

2.1.5 te onderskei tussen hoof- en stawende idees

2.1.6 die doel van die teks te identifiseer

2.1.7 vrae akkuraat te beantwoord as bewys van

begrip

2.1.8 'n puntvormopsomming van tekste te skep

2.1.9 soos vereis word tekstipes te reproduseer

Terugvoering

2.1.10 op terugvoering te reageer deur op eie

prestasie te verbeter

ASSESSERINGSTAKE OF -AKTIWITEITE

Voorgestelde vorme van assessering:

Gekontroleerde werkopdrag – kreatiewe teks (poësie); begripstoetse (300-400 woorde); puntvormopsommings (230 woorde, wat tot 70-80 woorde verminder word)

Assesseringsmiddele:

Memoranda; kontrolelyste; nasienskemas

Omvang (leestekste): Kreatiewe teks (poësie); e-posboodskappe en fakse; vorms en telefoonboodskappe; strooibiljette, pamflette en brosjures; kennisgewings, sakelyste en notules; asook beskrywende, narratiewe en onthullende verslae

Sien Aanhangsel E van Vakriglyne vir die Lys van aanbevole poësie

Omvang (stylmiddele - poësie): Letterlike en figuurlike taal; klankmiddele soos rym, ritme, alliterasie, assonansie en onomatopee, asook beeldspraak en simboliek soos die gebruik van vergelykings, metafore en personifikasie

Afrikaans EAT (Vlak 3) Finale Assesseringsriglyne (Januarie 2014) Nasionale Sertifikate (Beroeps-)

Departement van Hoër Onderwys en Opleiding Bladsy 15 van 23

17_03_2014

VAKUITKOMS

2.2 Lees/kyk na en assesseer multimodale vorme van werkplekkommunikasie en formuleer response op die bedoelde boodskap

ASSESSERINGSTANDAARDE LEERUITKOMSTE

2.2.1 'n Verskeidenheid kykstrategieë word

toegepas om die inligting te verstaan, te

vertolk en te ontleed

2.2.2 Visuele tekste word verduidelik aan die hand

van betekenis en toepassing in 'n

werkplekkonteks

2.2.3 Die struktuur en hoofkenmerke van

multimodale tekste word geïdentifiseer en

verduidelik om te toon hoe dit betekenis

vorm

2.2.4 Verskillende vorme van multimodale

kommunikasie word ondersoek en

verduidelik om betekenis, waardes en

houdings te bepaal

Studente demonstreer die vermoë om:

Kyk

2.2.1 na multimediatekste te kyk met

aandaggewing aan formaat, uitleg, die

gebruik van kleur, betekenis, boodskap en

doel

Ná kyk

2.2.2 vrae oor die teks te beantwoord

2.2.3 websoektogte te doen om toegang te verkry

tot multimediatekste en daarna te kyk

2.2.4 betrokke te wees by die ontleding van

tydskrifadvertensies, bv. om kommentaar te

lewer op doeltreffendheid en tekortkominge

te identifiseer

2.2.5 strokiesprente te ontleed om betekenis en

doeltreffendheid te bepaal

2.2.6 die tipe teks te reproduseer

Terugvoering

2.2.7 uitvoerige terugvoering in hulle werk op te

neem om op eie prestasie te verbeter

ASSESSERINGSTAKE OF -AKTIWITEITE

Voorgestelde vorme van assessering:

Toetse; reproduksie van tekstipes

Assesseringsmiddele:

Memoranda; kontrolelyste; nasienskemas

Omvang (visuele tekste): Kreatiewe tekste (poësie); strooibiljette, pamflette en brosjures; Internettekste en webtuistes;

gedrukte en visuele mediatekste soos strokiesprente en advertensies; asook beskrywende, narratiewe en onthullende

verslae

Afrikaans EAT (Vlak 3) Finale Assesseringsriglyne (Januarie 2014) Nasionale Sertifikate (Beroeps-)

Departement van Hoër Onderwys en Opleiding Bladsy 16 van 23

17_03_2014

Onderwerp 3: Skryf en aanbied

VAKUITKOMS

3.1 Skryf en bied aan vir 'n gespesifiseerde verskeidenheid van doeleindes en teikengroepe deur taal- en grammatikastrukture en -konvensies asook formate en uitlegte te gebruik wat korrek is en wat geskik is vir werkplekkontekste/-omgewings

ASSESSERINGSTANDAARDE LEERUITKOMSTE

3.1.1 Skryftake word beplan vir

werkplekdoeleindes, -teikengroepe en

-kontekste

3.1.2 Skryfstrategieë en -tegnieke word op eerste

konsepte toegepas

3.1.3 Taalstrukture en -konvensies word gebruik

om tekste te skep en te skryf wat logies is

en stilisties en grammatikaal korrek is

3.1.4 Eie skryfwerk word geproeflees en

taalkundig versorg om die finale teks vir

aanbieding te produseer

3.1.5 Die finale teks word aangebied deur die

konvensies en formate te gebruik wat deur

die konteks vereis word

Studente demonstreer die vermoë om:

Vóór skryf

3.1.1 'n skryftaak te beplan (dinkskrum,

breinkaarte, ens.) en inligting

ooreenkomstig die struktuur en kenmerke

van die vereiste tekstipe te organiseer

Skryf

3.1.2 'n eerste konsep te skryf

3.1.3 'n gepaste styl en struktuur te gebruik

3.1.4 die korrekte grammatika, interpunksie,

spelling, sinstruktuur en paragraafindeling

te gebruik

3.1.5 sakekommunikasievorme toepaslik en

doeltreffend in 'n gesimuleerde of werklike

werkplekomgewing te gebruik

Ná skryf

3.1.6 'n finale konsep te redigeer en te proeflees

3.1.7 'n finale konsep aan te bied deur die

konvensies en formate te gebruik wat deur

die konteks vereis word

Terugvoering

3.1.8 die terugvoering wat tydens die skryfproses

ontvang is in daaropvolgende konsepte op

te neem om daarop te verbeter

ASSESSERINGSTAKE OF -AKTIWITEITE

Voorgestelde vorme van assessering:

Verslae: Beskrywende verslag; narratiewe (vertellende) verslag; onthullende verslag (150-250 woorde)

Lang funksionele skryfwerk: Vergaderingdokumentasie (120-150 woorde)

Kort funksionele skryfwerk: E-posse en fakse; vorms; strooibiljette; tydskrifadvertensies; telefoonboodskappe; en

memorandums (100-120 woorde)

Assesseringsmiddele:

Kontrolelyste; nasienskemas

Omvang (skriftelike tekste): E-posse en fakse; vorms en telefoonboodskappe; memorandums; strooibiljette, pamflette

of brosjures vir inligting- en advertensiedoeleindes; kennisgewings, sakelyste en notules; asook beskrywende,

narratiewe en onthullende verslaeOmvang (verslag): Beskrywende verslag (soos 'n ongeluk- of ooggetuieverslag);

narratiewe verslag (soos terugvoering oor 'n gebeurtenis of die vordering met 'n projek) en onthullende verslag (soos

verslae oor 'n werk-verwante ondersoek of navorsing wat gedoen is)

Afrikaans EAT (Vlak 3) Finale Assesseringsriglyne (Januarie 2014) Nasionale Sertifikate (Beroeps-)

Departement van Hoër Onderwys en Opleiding Bladsy 17 van 23

17_03_2014

Onderwerp 4: Taal en kommunikasie in praktyk

VAKUITKOMS

4.1 Bestudeer en gebruik 'n verskeidenheid van teorieë om die doeltreffendheid van kommunikasie in

werkplekkontekste/-omgewings te verbeter

ASSESSERINGSTANDAARDE LEERUITKOMSTE

4.1.1 Gepaste strategieë en konvensies van

vergaderings word in 'n gesimuleerde

werkplekomgewing verken, verduidelik en

toegepas

4.1.2 Gepaste onderhoudgedrag en -strategieë

word in verskeie gesimuleerde

werkplekomgewings verken, verduidelik en

toegepas

4.1.3 Gepaste strategieë vir werkplek-verwante

aanbiedinge word verken, verduidelik en

toegepas

Studente demonstreer die vermoë om:

4.1.1 vergaderingkonvensies te verken en te

verduidelik asook om gepaste vergadering-

strategieë in 'n werkplekomgewing toe te pas

4.1.2 gepaste onderhoudgedrag en -strategieë in

verskeie werkplekomgewings te verken, te

verduidelik en toe te pas

4.1.3 gepaste strategieë vir 'n verskeidenheid van

werkplek-verwante aanbiedinge te verken, te

verduidelik en toe te pas

ASSESSERINGSTAKE OF -AKTIWITEITE

Voorgestelde vorme van assessering:

Teorietoets

Assesseringsmiddele:

Memorandum

Omvang (vergaderingteorie): Pligte en bevoegdhede van 'n voorsitter en 'n sekretariaat; konstituering van 'n

vergadering; vergaderingterminologie; tipes vergaderings en vergaderingdokumentasie

Omvang (onderhoude): Dissiplinêre onderhoude en onderhoude vir navorsing- en inligtingdoeleindes

Omvang (riglyne vir onderhoudgedrag en -strategieë): Gepaste kleredrag; vrae wat kandidate moet vra; goeie

onderhoudgedrag; prosedures en optrede ten opsige van dissiplinêre onderhoude asook die opstel of navors van

onderhoudvrae

Omvang (voordrag en aanbieding): Doen van toekennings en die aanvaarding daarvan; voorstelling van gasspreker; programleiding en -koördinering; lewering van 'n mosie van dank; en die doen van 'n aanbieding as gasspreker

Afrikaans EAT (Vlak 3) Finale Assesseringsriglyne (Januarie 2014) Nasionale Sertifikate (Beroeps-)

Departement van Hoër Onderwys en Opleiding Bladsy 18 van 23

17_03_2014

VAKUITKOMS

4.2 Bestudeer 'n verskeidenheid van taal- en grammatikastrukture asook konvensies in werkplekkontekste/-

omgewings en pas dit toe

ASSESSERINGSTANDAARDE LEERUITKOMSTE

4.2.1 'n Verskeidenheid van die taalstrukture en

grammatikakonvensies van Afrikaans word

korrek geïdentifiseer en in werkplekkontekste

toegepas

Studente demonstreer die vermoë om:

4.2.1 'n verskeidenheid van taalstrukture en

grammatikakonvensies akkuraat te identifiseer

en in werkplekkontekste/-omgewings toe te

pas

ASSESSERINGSTAKE OF -AKTIWITEITE

Voorgestelde vorme van assessering:

Taalvrae ingesluit in toetse oor ander onderwerpe (bv. begrip). Assesseer die akkurate gebruik van taalstrukture en grammatikakonvensies in mondelinge en skriftelike take.

Omvang: Modale wyses; sinsdele en bysinne; die voorwaardelike wyse; lydende en bedrywende vorm; indirekte rede;

woordeskat; jargon en tegniese terme; letterlike of figuurlike taal; onderwerpsinne en paragrawe; toon en register; soorte

vrae en werkwoordtye

4 EKSTERNE ASSESSERING IN AFRIKAANS EAT VLAK 3

Benewens die interne assessering word 'n nasionale eksamen ook jaarliks in Oktober of November afgeneem by wyse van twee eksamenvraestelle van 2½ uur elk wat ekstern opgestel word. Die nasionale eksamen is onderworpe aan eksterne moderering deur Umalusi of 'n gepaste Onderwys en Opleiding Gehalteversekeringsliggaam wat ingevolge artikel 28(2) van die Wet op Gehalteversekering vir Algemene en Verdere Onderwys en Opleiding, 2001 (Wet No. 58 van 2001), deur die Umalusiraad aangestel word.

Die Vlak 3-vraestelle word soos volg gestruktureer:

Die volgende puntverspreiding tussen Vraestel 1 en 2 word vir die opstel van die nasionale eksamenvraestelle voorgestel:

VRAESTEL BESKRYWING PUNTE

1 Onderwerp 2: Lees en kyk

Onderwerp 4: Taal en kommunikasie in praktyk

150

2 Onderwerp 3: Skryf en aanbied 100

TOTAAL VIR EKSAMEN 250

VLAK 3

KENNIS EN BEGRIP TOEPASSING ONTLEDING, SINTESE

EN EVALUERING TOTAAL

30% 40% 30% 100

EKSAMEN 75 punte 100 punte 75 punte 250

Afrikaans EAT (Vlak 3) Finale Assesseringsriglyne (Januarie 2014) Nasionale Sertifikate (Beroeps-)

Departement van Hoër Onderwys en Opleiding Bladsy 19 van 23

17_03_2014

VOORGESTELDE FORMAAT VIR ELK VAN DIE EKSAMENVRAESTELLE:

Vraestel 1 (2½ uur)

VRAESTEL 1 BESKRYWING PUNTE KENNIS EN

BEGRIP

ONTLEDING, SINTESE EN

EVALUERING TYD

Lees

A: Begrip

300-400 woorde 40 20 20

2½ uur

B: Opsomming

230 woorde, wat tot 70-80 verminder

word

Puntvormopsomming

10 10

Kyk

C: Kyk

Strooibiljette, pamflette, brosjures;

Internet- en mediatekste; strokiesprente;

gedrukte advertensies

30 10 20

Taal en kommunikasie in praktyk

D: Taal in praktyk (ook taalversorging)

Taalstrukture word binne konteks

geassesseer deur 'n verskeidenheid van

tekste te gebruik

40 30 10

E: Kommunikasie in praktyk

Vergadering- en onderhoudteorie; en riglyne vir suksesvolle onderhoude en aanbiedings

30 15 15

TOTAAL 150 75 75

Vir Eksamenvraestel 1 word studente nie toegelaat om enige hulpbronne te gebruik nie. In die geval van

tekste wat tegniese terme of jargon bevat, moet 'n woordelys verskaf word.

Afrikaans EAT (Vlak 3) Finale Assesseringsriglyne (Januarie 2014) Nasionale Sertifikate (Beroeps-)

Departement van Hoër Onderwys en Opleiding Bladsy 20 van 23

17_03_2014

Vraestel 2 (2½ uur)

Daar word aanbeveel dat studente in elke afdeling drie opsies kry, waaruit een gekies moet word.

VRAESTEL 2 BESKRYWING PUNTE TOEPASSING TYD

Skryf en aanbied

A: Verslag

Beskrywende verslag (ongeluk- of

ooggetuieverslag); OF

Narratiewe verslag (terugvoering of

verslagdoening oor vordering); OF

Onthullende verslag (werk-verwante

ondersoek)

150-250 woorde

50 50

2½ uur

B: Langer funksionele skryfwerk

Kennisgewing, sakelys en/of notule

150-250 woorde

30 30

C: Korter en intermediêre funksionele

skryfwerk

E-pos EN/OF faks EN/OF invul van vorm

EN/OF 'n strooibiljet of pamflet EN/OF

EN/OF telefoonboodskap EN/OF

memorandum

100-120 woorde

20 20

TOTAAL 100 100

Vir Eksamenvraestel 2 word studente nie toegelaat om enige hulpbronne te gebruik nie. Die vraestel

moet 'n inligtingsblad insluit wat die formate wat vir die stukke skryfwerk vereis word (bv. die

gestruktureerde uitleg van 'n verslag) in besonderhede uiteensit OF die vooraf opgestelde formate moet

aan die studente verskaf word. Voorbeelde word in Aanhangsel A verskaf.

Afrikaans EAT (Vlak 3) Finale Assesseringsriglyne (Januarie 2014) Nasionale Sertifikate (Beroeps-)

Departement van Hoër Onderwys en Opleiding Bladsy 21 van 23

17_03_2014

AANHANGSEL A: VOORBEELDE VAN INLIGTINGSBLADSYE EN VOORAF OPGESTELDE FORMATE

VIR INSLUITING IN EKSAMENVRAESTELLE

Afrikaans EAT (Vlak 3) Finale Assesseringsriglyne (Januarie 2014) Nasionale Sertifikate (Beroeps-)

Departement van Hoër Onderwys en Opleiding Bladsy 22 van 23

17_03_2014

AANHANGSEL A: VOORBEELDE VAN VOORAF OPGESTELDE FORMATE

VOORBEELD VAN 'N VOORAF OPGESTELDE FORMAAT VIR 'N VERSLAG

Naam van beseerde persoon

Datum van ongeluk

Ambag/Beroep Tyd van ongeluk

Afdeling Plek van ongeluk

Beskrywing van ongeluk

_______________________________________________________

_______________________________________________________

_______________________________________________________

_______________________________________________________

_______________________________________________________

_______________________________________________________

_______________________________________________________

_______________________________________________________

Resultate van die mediese ondersoek

_______________________________________________________

_______________________________________________________

_______________________________________________________

_______________________________________________________

_______________________________________________________

_______________________________________________________

_______________________________________________________

_______________________________________________________

Naam van opsteller

Pos/amp/rang van opsteller

Handtekening van opsteller

Datum

Afrikaans EAT (Vlak 3) Finale Assesseringsriglyne (Januarie 2014) Nasionale Sertifikate (Beroeps-)

Departement van Hoër Onderwys en Opleiding Bladsy 23 van 23

17_03_2014

VOORBEELD VAN 'N VOORAF OPGESTELDE FORMAAT VIR 'N TELEFOONBOODSKAP

Aan: _____________________________________

Van: ___________________________________

Telefoonnommer: _______________________

Datum: 9 Junie 20XX Tyd: 10:00

BOODSKAP:

_________________________________________________________________________

_________________________________________________________________________

_________________________________________________________________________

_________________________________________________________________________

_________________________________________________________________________

_________________________________________________________________________

_________________________________________________________________________

Boodskap geneem deur: P. Nkosi