nature’s valley nuusbrief · die strand lyk asemrowend mooi soos altyd en die strandmeer volg sy...

17
Nature’s Valley Nuusbrief No. 35 Redakteur: Doug Blaine Julie 2013 ‘n Boodskap van die Redakteur: Dit is diep in die middel van winter en hierdie nuusbrief se doelwit is om almal wat so eenkeer per jaar hier wortel skiet, in te lig oor alles wat in hierdie pragtige deel van die wêreld gebeur. Die winter was tot dusver baie warmer en droër as verlede jaar, met net genoeg reënval om die plantegroei te voed sodat die Vallei en omliggende gebiede weelderig groen en lower vertoon. Daar was tot dusver geen vloedskade nie maar soos almal weet kan soiets in ‘n oogwink gebeur. Die pieke van Formosa was ook nog nie met sneeu bedek nie. Die strand lyk asemrowend mooi soos altyd en die strandmeer volg sy normale en gesonde siklus soos wat die gety die riviermonding oop- en toe spoel. Spesies seevoëls wat vir ‘n tydlank afwesig was is weer terug en hulle getalle neem toe. Bosbokke van klein tot groot word gereeld in die Vallei en die bergpasse gesien en die tarentale floreer. Visarende word gehoor en gesien en die bobbejane is orals waar hulle hoort and nie hoort nie (meer later!). Maar die luiperds bly skaars en is tot nou toe nie weer gewaar nie! ‘ n Vergadering tussen die NVBV en die permanente inwoners is in Maart gehou. Die terugvoering van die permanente inwoners het begrip getoon vir die daaglikse kwessies wat die vallei se doen en late beïnvloed. Daar word beoog om later vanjaar ‘n opvolgvergadering in die kerksaal te reël. Die AJV sal op 20 Desember 2013 gehou word en ons hoop om u almal daar te sien. Die notules van 2012 AJV word saam met hierdie nuusbrief uitgestuur. Daar is noue samewerking tussen die NVBV en die NVTrust onder die bekwame bestuur van Mark Brown. Mark is vanaf 1 November 2012 Direkteur van die Trust.. Die doelwitte van die twee organisasies stem baie ooreen en daar was verskeie vergaderings waar omgewingskwessies bespreek is en beide organisasies teenwoordig was. Die kundigheid en insae van die Trust in die bestuur en oplossing van omgeweingsaangeleenthede in die Vallei word verwelkom. 1nitrocloud-prod_3e9bac44-dbf7-42fa-825a-3b0282dc2622_3893b9fc-c05b-4565-bf57-5c1d965987fa

Upload: others

Post on 19-Jun-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Nature’s Valley Nuusbrief · Die strand lyk asemrowend mooi soos altyd en die strandmeer volg sy normale en gesonde siklus soos wat die gety die riviermonding oop- en toe spoel

Nature’s Valley NuusbriefNo. 35 Redakteur: Doug Blaine Julie 2013

‘n Boodskap van die Redakteur:Dit is diep in die middel van winter en hierdie nuusbrief se doelwit is om almal wat so eenkeer per jaar hier wortel skiet, in te lig oor alles wat in hierdie pragtige deel van die wêreld gebeur.Die winter was tot dusver baie warmer en droër as verlede jaar, met net genoeg reënval om die plantegroei te voed sodat die Vallei en omliggende gebiede weelderig groen en lower vertoon. Daar was tot dusver geen vloedskade nie maar soos almal weet kan soiets in ‘n oogwink gebeur. Die pieke van Formosa was ook nog nie met sneeu bedek nie. Die strand lyk asemrowend mooi soos altyd en die strandmeer volg sy normale en gesonde siklus soos wat die gety die riviermonding oop- en toe spoel. Spesies seevoëls wat vir ‘n tydlank afwesig was is weer terug en hulle getalle neem toe. Bosbokke van klein tot groot word gereeld in die Vallei en die bergpasse gesien en die tarentale floreer. Visarende word gehoor en gesien en die bobbejane is orals waar hulle hoort and nie hoort nie (meer later!). Maar die luiperds bly skaars en is tot nou toe nie weer gewaar nie!‘ n Vergadering tussen die NVBV en die permanente inwoners is in Maart gehou. Die terugvoering van die permanente inwoners het begrip getoon vir die daaglikse kwessies wat die vallei se doen en late beïnvloed. Daar word beoog om later vanjaar ‘n opvolgvergadering in die kerksaal te reël.Die AJV sal op 20 Desember 2013 gehou word en ons hoop om u almal daar te sien. Die notules van 2012 AJV word saam met hierdie nuusbrief uitgestuur.Daar is noue samewerking tussen die NVBV en die NVTrust onder die bekwame bestuur van Mark Brown. Mark is vanaf 1 November 2012 Direkteur van die Trust.. Die doelwitte van die twee organisasies stem baie ooreen en daar was verskeie vergaderings waar omgewingskwessies bespreek is en beide organisasies teenwoordig was. Die kundigheid en insae van die Trust in die bestuur en oplossing van omgeweingsaangeleenthede in die Vallei word verwelkom.

1nitrocloud-prod_3e9bac44-dbf7-42fa-825a-3b0282dc2622_3893b9fc-c05b-4565-bf57-5c1d965987fa

Page 2: Nature’s Valley Nuusbrief · Die strand lyk asemrowend mooi soos altyd en die strandmeer volg sy normale en gesonde siklus soos wat die gety die riviermonding oop- en toe spoel

Groot nuus is dat die NVBV vanaf 1 Augustus 2013 sy eie webtuiste het. Hierdie webtuiste is bedoel vir almal wat interessante en nuttige inligting oor Nature’s Valley en die omliggende omgewing, histories en huidige wil lees . Meer inligting oor die webbladsy word elders in die nuusbrief verskaf.Die nuus wat opslae maak en waaroor almal praat, is die bobbejaankwessie. Die bobbejane wat in die woud langs die Vallei woon, word al hoe lastiger. Hulle stroop huise agter kos en lekkerny aan. Dis nie net hier waar hulle amok maak nie - sekere dele van Knysna word geteister en ook dele van Plettenbergbaai waar dit nog nie so erg soos hier is nie. Die NVBMF (Nature’s Valley Baboon Management Forum) hou gereelde vergaderings om die bobbejaankwessie te bespreek en oplossings te probeer vind. Daar is riglyne neergelê oor die hantering van die bobbejaankwessie wat deur al die partye onderskryf word. Die NVBV is die sameroeper en voorsitter van die forum en die ander belanghebbendes is die NVTrust, SANParke, Kaapse Natuurbewaring en die Bitou munisipaliteit. Kundiges oor die gedrag van primate is ook ingeroep om te raad te gee.Die bobbejane raak alhoemeer hans en hulle vrees vir mense is besig om te verdwyn. Wat kommerwekkend is, is dat hulle nou in huise inbreek wat leegstaan. Hulle toets elke deur en venster en as hulle êrenste ‘n swak plek vind, breek hulle die venster of deur oop en saai verwoesting in hulle soeke na kos. Die algemene gevoel onder die plaaslike inwoners en besoekers wat self onder die bobbejane deurgeloop het, is dat die huidige situasie nie meer verder so geduld kan word nie en dat ‘n oplossing gevind moet word.Wat onrusbarend is, is dat as die bobbejane eers ‘n liefde vir menslike kos, en veral suiker ontwikkel het en dit is taamlik maklik beskikbaar, sal hulle nie sommer weer hulle ou boskos wil eet nie. Dis belangrik dat alle persone vullisbeheer toepas en sorg dat hulle nie kos los waar dit sigbaar is nie en dat alle vensters en deure toe is ten alle tye. Dit los egter nie die probleem op nie.Bobbejane is ‘n beskermde spesie en dis baie moeilik om hierdie kwessie op so ‘n manier te probeer op los wat mens en dier tevrede sal stel en konfrontasie sal vermy. Die NVBMF het Kaapse Natuurbewaring genader vir verfbalgeweer (paintball gun) lisensies sodat die plaaslike inwoners verfbalgewere kan gebruik om hulself en hul eiendom teen die bobbejane te beskerm en terselfdertyd die bobbejane uit die Vallei te dryf. Die uitreik van lisensies sal binnekort geskied en ons hoop dat ‘n meer aggressiewe houding van die inwoners die bobbejane se strooptogte in toom sal hou en verminder. Sulke aksies moet egter op ‘n uiters verantwoordelike manier hanteer word sodat mense nie beseer word nie. Daar is mense in die gemeenskap wat glo dat daar meer drastiese stappe geneem moet word. Die hele netelige kwessie sal in die volgende paar maande met gesaghebbendes opgeneem word. Ons doen ‘n beroep op all inwoners en eienaars om te help waar hulle ookal kan om die riglyne soos elders uiteengesit en wat ook op ons webtuiste verskyn, na te volg en vol te hou met goeie gewoontes wat help om te voorkom dat eiendomme geteister word en help om die bobbejane te rehabiliteer. U vind statistieke oor die bobbejaanaktiwiteite in die Vallei ook elders in die nuusbrief.

MENSE IN DIE VALLEI

2nitrocloud-prod_3e9bac44-dbf7-42fa-825a-3b0282dc2622_3893b9fc-c05b-4565-bf57-5c1d965987fa

Page 3: Nature’s Valley Nuusbrief · Die strand lyk asemrowend mooi soos altyd en die strandmeer volg sy normale en gesonde siklus soos wat die gety die riviermonding oop- en toe spoel

In memoriamDit is met leedwese dat ons berig oor die heengaan van lede van die gemeenskap. Ons innige medelye aan hulle families en vriende.Andy and Pat Ochse het in 1983 hulle huis in Nature’s Valley gebou en vir baie jare heerlike vakansies hier geniet en goeie vriende gemaak. Pat is op 6 September 2012 oorlede.Kit le Clus, vir jare ‘n semi-permanente inwoner van die Vallei, is op 25 Junie 2013 oorlede. Sy familie wil graag die gemeenskap bedank vir hulle ondersteuning gedurende hierdie moeilike tyd. Nature’s Valley is hulle tweede tuiste en die mense hier soos familie. Kit se asse sal in sy geliefde Nature’s Valley gestrooi word en ‘n bank sal ter herinnering aan hom opgerig word.Jurie van Rooyen wat die laaste nege jaar van sy lewe in Nature’s Valley deurgebring het, is op 11 Julie 2013 stil oorlede na ‘n ernstige beroerte. Hy was baie lief vir die Vallei en ‘n toegewyde bewaarder en liefhebber van hierdie pragtige omgewing. Jurie sal veral onthou word vir die feit dat hy steeds op 86 jarige ouderdom daagsliks fier en regop lang ente langs die strand en deur die woud gestap het.Sy eggenote, Ina Brand, en sy familie wil graag die gemeenskap bedank vir hulle ondersteuning en vriendskap tydens sy siekte en met sy heengaan.Ann en Richard Haxton het in 1986 het in 1986 permanente inwoners van die Vallei geword. Richard wat aan almal bekend gestaan het as Twinks, is op 6 Februarie 2013 oorlede. Hy was ‘n kranige hengelaar, uitmuntende skut en goeie sportman. Hy was ‘n geliefde en gerespekteerde inwoner wat altyd omgegee het vir die mense van die gemeenskap waarvan hy deel was.Tina Kamp, die moeder van Chris van Melle Kamp is op die 5 April 2013 oorlede.Daphne Grobicki, eggenote van Ted Grobicki, is vroeg in 2013 oorlede na ‘n lang siekte.Nuwe inwoners in die gemeenskapOns verwelkom al die nuwe eienaars en permanente inwoners van Nature’s Valley. As ons per ongeluk iemand oorgesien het, vra ons om verskoning en ons wil graag nuwe eienaars en permanente inwoners daaraan herinner dat hulle met die NVRA kantoor moet skakel sodat ons ons databasis op datum kan kry en u kan welkom heet.Nuwe Huiseienaars:Inge de Latte en Tom Beckers, erf 44, Heatherstraat; mnr. & mev. Sanderson, erf 132, St George’slaan, me. Sue Beaumont, erf 169 St. George’slaan, me. Cari Mouton, erf 171, Foreststraat, mnr. & mev. Venter erf 193, St. George’slaan; mnr. & mev. H. Loubser, erf 217, St. George’slaan; en mnr. & mev. G. van Niekerk, Erf 238 St. George’slaan.Nuwe Permanente Inwoners;Seef en Beatrix Booyse, 279 Forestrylaan, Erna en Andrew Fourie, 244 Forestrylaan, en Rob en Sheenach Harriss, 181 St. Andrewslaan.

Ons verwelkom Richard en Robin Nelsius, wat die Nature’s Valley winkel en restaurant aan die begin van Maart 2013 oorgeneem het. Hulle het met hulle tweejarige kleinseun van die Verenigde State hiernatoe verhuis. Robin is in California gebore en dit is die eerste keer dat sy buite Amerika woonagtig is. Richard is die seun van Joanna Hervey, permanente inwoner van die Vallei.

3nitrocloud-prod_3e9bac44-dbf7-42fa-825a-3b0282dc2622_3893b9fc-c05b-4565-bf57-5c1d965987fa

Page 4: Nature’s Valley Nuusbrief · Die strand lyk asemrowend mooi soos altyd en die strandmeer volg sy normale en gesonde siklus soos wat die gety die riviermonding oop- en toe spoel

Ten spyte van die feit dat daar ‘n groot verskil is tussen die lewe wat hulle Cape Cod gelei het, geniet hulle die lewe hier in die Vallei. Die plaaslike inwoners is vriendelik en d.m.v. hulle besigheid ontmoet hulle mense van oor die hele wêreld. Hulle geniet die rustige leefwyse en die wonderlike natuurskoon. Richard het al die hele wêreld vol gereis en volgens sy mening is dit een van die beste plekke waar hy nog was.Om hiernatoe te verhuis was egter nie sonder uitdagings nie. Hulle het die besigheid oorgeneem aan die einde van die seisoen en die gebou het baie opknapping nodig. Om ‘n restaurant en winkel te bestuur is ‘n groter uitdaging as wat hulle gedink het en vir Richard wat ‘n ingenieur was, verskil dit geweldig baie van sy vorige werk. Hulle moet aan die seisoenale jaarlikse aard van die besigheid gewoond raak en ook dat alles “nuut” sal wees vir ‘n jaar of so. Die stiller tydperk het tog sy positiewe sy want dit skep tyd om hulle voete te vind.Richard en Robin wil nie groot veranderings maak nie. Hulle wil die karakter van die besigheid behou en hulle wil beslis nie dit in ‘n franchise tipe besigheid verander nie. Hulle fokus vireers op die restaurant want dis wat hulle eerste wil opbou. Daar is baie verf en skoonmaak werk wat gedoen moet word, verbetering van bestuur en hulle wil dit meer aantreklik maak vir families en veral kinders. Gelukkig het die kombuispersoneel nie verander nie, en hulle het Susan Retief as bestuurderes aangestel. Koffie liefhebbers sal baie bly wees om te weet dat ‘n nuwe Cappucino masjien onlangs aangekoop is.Die ondersteuning van die plaaslike inwoners is stadigaan besig om toe te neem en hulle probeer om meer mense na die winkel te lok. Hulle neem kennis van die behoeftes en wenke van plaaslike inwoners en hoop om in die toekoms meer en ‘n groter voorraad op hulle rakke te hê.Richard en Robin beoog om permanente inwoners van die Vallei te word. Hulle sien hulle onderneming as ‘n langtermyn projek en dat hulle hier gaan wortel skiet.

FinansiesDie NVBV meld dat 60% van alle eienaars bydraes gelewer het tot die finansiële jaar eindigend 30 Junie 2013. Dank en waardering word teenoor u uitgespreek en ons verseker u dat dit tot voordeel van die Vallei aangewend sal word. Die finansiële state sal in Desember by die AJV beskikbaar wees.Die nuwe finansiële jaar strek vanaf 1 Julie 2013 en daar is reeds eienaars wat bydraes gemaak het. Dit sal waardeer word indien eienaars so spoedig moontlik vir 2013/14 bydra. Die voorgestelde bydrae beloop R600-00 maar enige bydrae is welkom.

Bankbesonderhede:Naam: Nature’s Valley BelastingbelastingbetalersverenigingRekening nommer: 082 609 217Bank: Standard BankTak: PlettenbergbaaiTakkode: 050714

4nitrocloud-prod_3e9bac44-dbf7-42fa-825a-3b0282dc2622_3893b9fc-c05b-4565-bf57-5c1d965987fa

Page 5: Nature’s Valley Nuusbrief · Die strand lyk asemrowend mooi soos altyd en die strandmeer volg sy normale en gesonde siklus soos wat die gety die riviermonding oop- en toe spoel

Wanneer u bydraes lewer maak asb. seker van die volgende: U naam en erfnommer. Indien moontlik stuur ‘n bewys van betaling aan die kantoor. Neem kennis dat die finansiële jaar strek vanaf 1 Julie 2013 tot 30 Junie 2014.

Munisipale Aangeleenthede:Plaaslike DiensleweringDie NVBV werk nou saam met die gemeenskapskakelbeampte (GSB), Mornay du Plessis en ‘n verskil in die munisipale dienslewering is al duidelik te bespeur. Probleme met die tenker uitsuigdiens was merensdeels buite die beheer van die GSB.Die NVBV het onlangs ‘n vergadering bygewoon waar die munisipale begroting vir die volgende en daaropvolgende finansiële jare voorgelê is. Die feit is dat die munispaliteit ‘n groot tekort van die vorige bewind geërf het en dit sal ‘n paar jaar neem om die tekort om te swaai. Dit het ‘n negatiewe uitwerking op kapitale projekte en ook op die instandhoudingsbegroting. Dit blyk asof die plaaslike bestuurspersoneel verstaan dat finansies moet klop sodat daar toekomstige volhoubare groei kan geskied. ‘n Mens kan net hoop dat hulle beleid vrugte afwerp.Die volgende belangrike vertwikkelings het plaasgevind m.b.t. dienslewering in Nature’s Valley:

Instandhouding wat met die sny van gras en die randafwerkings te doen het was altyd ‘n groot twispunt want dit het hoogstens twee keer per jaar geskied. Die munisipaliteit het uiteindelik ingestem om ‘n permanente instandhoudingspan na Nature’s Valley te stuur wat onder beheer van die GSB sal werk. Ons hoop werklik dat hierdie onderneming geslaagd sal wees en as dit goed bestuur word, behoort dit ‘n groot verskil aan die algemene netheid van die Vallei te maak.

Terselfdertyd het die munisipaliteit aangebied om ‘n stortingsplek by die stortingsterrein te skep waar organiese afval soos takke, blare ens. gestort kan word deur hulle eie werkspanne en ook deur huiseienaars. Die munisipaliteit sal die organiese afval op gereelde basis verwyder met dien verstande dat enige hout gekerf sal word vir hulle eie gebruik en ook vir die gebruik van huiseienaars. As die munisipaliteit wel hierdie onderneming nakom, sal hierdie reëlings die lewe vir alle huiseienaars vergemaklik en is dit ‘n baie meer volhoubare benadering. Hierdie plan sal hopelik aan die einde van Augustus in werking tree.

Neem asseblief kennis van die feit dat die stortingsterrein nie vir die storting van boumateriaal of ander gemors is nie, slegs vir huishoudelike vuilis.

Die storting van vullis is op die oomblik ‘n groot kopseer vir die Bitou munisipaliteit, aangesien die stortingsterrein by Plettenbergbaai weens omgewingsbesoedeling gesluit is. Al die vullis wat in die hele Bitou gebied gekollekteer word, moet nou per pad na die stortingsterrein langs PetroSa in Mosselbaai vervoer word. Daar is tans ‘n tender uit vir die verwerking en herwinning van vullis. Vorige probeerslae om dit aan die gang te kry, het altyd om een or ander rede misluk en dit is van kardinale ongewings- en ekonomiese belang dat ‘n effektiewe herwinningstelsel in werking gestel

5nitrocloud-prod_3e9bac44-dbf7-42fa-825a-3b0282dc2622_3893b9fc-c05b-4565-bf57-5c1d965987fa

Page 6: Nature’s Valley Nuusbrief · Die strand lyk asemrowend mooi soos altyd en die strandmeer volg sy normale en gesonde siklus soos wat die gety die riviermonding oop- en toe spoel

word. Nature’s Valley sal by so ‘n skema ingesluit word. Ons voorsien dat die Nature’s Valley stortingsterrein opgegradeer en gewysig sal word om voorsiening te maak vir die storting en korttermyn opberging van herwinbare material en dat dit gereeld gehaal sal word. Ons sal u op hoogte van sake hou in hierdie verband. Ons hoop dat dit teen die einde van die jaar in werking sal tree.

WykskomiteeDie wykskomiteestelsel is in plek in die Bitou munisipale gebied en die wyksverteenwoordigers vir die verskillende sektore in elke wyk is verkies. Nature’s Valley is deel van Wyk 1 wat Keurboomstrand, The Crags, Wittedrif, Green Valley, Kurland en Covie insluit. Die raadslid vir Wyk 1 is Neville de Waal en daar is wyksverteenwoordigers vir elkeen van die volgende sektore:

Gemeenskapsveiligheid.

Gesondheidsdienste.

Onderwys.

Sport, Kuns en Kultuur.

Vroue.

Jeug.

Geestelike organisasies.

Omgewingsake

Belasting en gemeenskapsdienste.

Besigheid.

Bill Nel van Wittedrif is die wyksverteenwoordiger van die belastingbetalersvereningings en alle dienslewering aangeleenthede word deur hom na die burgemeester verwys. Paul Zietsman, inwoner van Nature’s Valley, is die wyksverteenwoordiger vir gemeenskapsveiligheid. Dit is onmoontlik om op hierdie stadium te kan peil hoe effektief hierdie stelsel sal wees en baie hang af van die bekwaamheid en werkverrigting van die wyksverteenwoordiger en hoe hulle die sake verstaan en hanteer wat aan hulle toevertrou word asook wat hulle motiverings aan die Raad is.Die munisipaliteit het aangedui dat hulle die Nature’s Valley blouvlag strand nr 4 vir ‘n langer tydperk in die vakansieseisoen gaan oophou. Die datums moet nog gefinaliseer word maar die aanduiding is dat dit tot die middel Februarie kan duur. Ons glo dat dit tot voordeel van Nature’s Valley sal wees as die strand en al die fasiliteite behoorlik volgens die streng standaarde van blouvlagstatus bestuur word vir die duur van die vakansieseisoen. Dit sal die voorsiening van lewensredders insluit vir hierdie verlengde tydperk.

6nitrocloud-prod_3e9bac44-dbf7-42fa-825a-3b0282dc2622_3893b9fc-c05b-4565-bf57-5c1d965987fa

Page 7: Nature’s Valley Nuusbrief · Die strand lyk asemrowend mooi soos altyd en die strandmeer volg sy normale en gesonde siklus soos wat die gety die riviermonding oop- en toe spoel

InfrastruktuurRioleringDie voorsiening van verbeterde rioolinfrastruktuur was hoog op die agenda van ‘n lys van belangrike sake wat aan die wykskomitee vir oorweging en insluiting in die munisipale begroting voorgelê is. Die NVBV is baie bekommerd oor hierdie belangrike diens wat baie primitief is ten spyte van die baie werk en vergeefse uitgawes wat aangegaan is in die laaste paar jaar om oplossings vir hierdie probleem te vind.Die vorige goedgekeurde planne vir ‘n verbeterde rioleringstelsel wat in 2008 aanhangig gemaak is, het verstryk en die hele proses sal van vooraf begin moet word met impakstudies ens. as gevolg van die finansiële uitdagings van die munisipaliteit is enige befondsing vir hierdie proses buite die kwessie en is dit in die korttermyn nie ‘n haalbare opsie nie. Nieteenstaande bly dit hoog op die NVBV se agenda en word daar na alternatiewe oplossings gekyk. ‘n Vergadering is onlangs met die amptenare van die munisipaliteit gehou waarin twee belangrike kwessies aangaande riolering bespreek is:

1. Die plaaslike inwoners was hoogs ontsteld toe die twee munisipale tenkers wat die munisipaliteit vir riooluitsuig gebruik, altwee buite werking was. Eerstens was alle dienste vertraag omdat die munisipaliteit ‘n subkontrakteur moes huur wat die diens kon verskaf maar met ‘n baie kleiner kapasiteit. Die diensfooi het egter dieselfde gebly.

Tydens die vergadering het die munisipaliteit die versekering gegee dat altwee tenkers volledig herstel is en dat hulle nie meer van die kontrakteur se dienste gebruik maak nie. Die NVBV het die belangrikheid van ‘n betroubare riooluitsuigdiens beklemtoon want vir die diens moet die hele gemeenskap R 50 000-00 per maand opdok en die verbruiker ‘n bedrag van R390-00 per vraga. Die munisipaliteit verg twee dae kennis om ‘n rioolvrag te reël (soos in die laaste

omsendbrief oor die tenkerdiens dit uitspel) sodat hulle ‘n rooster vir die tenkers kan opstel. Om onaangenaamhede te vermy, word eienaars van rioolopgaartenks aangeraai om ‘n roetiene inspeksie van die inhoud van die tenk te maak. Dit help nie om die tenker te bestel as die rioolopgaartenk alreeds oorloop nie. Die tenkerbestuurders mag slegs een vrag op ‘n slag oplaai en by die Kurland rioolwerke gaan aflaai. Elke tenker het ‘n kapasiteit van 6000 liters wat genoeg behoort te wees vir een eienaar se vrag. As u ‘n vermoede het dat hulle nie u tenk heeltemaal leeg gesuig het nie en u dus nie waarde vir u geld kry nie, moet u asseblief die GSB skriftelik hiervan in kennis stel. Eienaars word gevra om die maatstok aan die kant van riooluitsuigtenker te lees voor en na die uitsuigdiens om te verseker dat hulle waarde vir hulle geld kry.

b. Om beter dienslewering te verseker het NVBV die moontlikheid ondersoek om ‘n privaatkontrakteur aan te stel.

7nitrocloud-prod_3e9bac44-dbf7-42fa-825a-3b0282dc2622_3893b9fc-c05b-4565-bf57-5c1d965987fa

Page 8: Nature’s Valley Nuusbrief · Die strand lyk asemrowend mooi soos altyd en die strandmeer volg sy normale en gesonde siklus soos wat die gety die riviermonding oop- en toe spoel

Die koste hieraan verbonde bedra R 900-00 per vrag en daar sal ongeveer 7 vragte per dag gelewer moet word. Dit is dus nie ‘n opsie op hierdie stadium nie. Al die eienaars in Nature’s Valley dra maandeliks ‘n bedrag R 129-00 by tot die gebruik van ‘n rioolfasilieit. Nie al die inwoners beskik oor rioolopgaartenks nie en dus subsidieer die nie-gebruikers die ander.

c. ‘n Oplossing vir die rioolprobleem sal wees om die bad-stort-wasmasjienwater van die huishoudelike d.w.s. die kombuis- en toiletwater te skei. Eersgenoemde water kan vir die tuin gebruik word.

d. Om tenkerdienste te vergemaklik, stel ons voor dat erfnommers baie duidelik sigbaar is.

2. Indien u enige veranderings aan u eiendom aanbring moet ’n rioolopgaartenk geïnstalleer word as daar nie alreeds een is nie. Geen bouplanne sal hiersonder goedgekeur word nie.

Die Departement van Waterwese se nuwe omgewingswetgewing is van toepassing selfs op eiendomme waar daar reeds ‘n septiese tenk is. Navorsing het bewys dat septiese tenks en soortgelyke sisteme besoedeling in die meer en aangrensende see te Nature’s Valley veroorsaak. Die NVBV is van mening dat in die geval van Nature’s Valley daar geen alternatiewe oplossing is vir rioolopgaartenks nie.‘n Paar jaar gelede het die rioleringlookskomitee en Bitou munisipaliteit ‘n intensiewe studie gedoen oor die implementering van ‘n plaaslike rioolstelsel wat nooit gerealiseer het nie. Die uiteinde hiervan sal wees dat almal afhanklik van die riooluitsuigtenkerdiens sal wees. Dit is nie ‘n volhoubare alternatief nie en die NVBV gaan hierdie saak verder met die betrokkestaatsdepartemente voer. WatervoorsieningDie osoonaanleg by Nature’s Valley is reeds ‘n aantal jare buite werking maar die waterkwaliteit is goed aangesien dit daagliks per hand beheer word.Die munisipale begroting maak voorsiening vir die vervanging van die osoonaanleg en sal deur die NVBV gemonitor word.Waterverbruik in Nature’s Valley is 30% hoër as die verbruik wat gemeet word en waarvoor betaal word en die munisipaliteit is bekommerd dat daar dus lekkasies in die stelsel kan wees. Die munisipaliteit is van plan om d.m.v. toetsing te probeer bepaal waar hierdie lekkasies plaasvind. Eienaars word versoek om die GSB in kennis te stel in gevalle waar ‘n buitengewone lae druk ondervind word of waar lekkasies opgemerk word. Die waterstelsel van die dorpsgebied is baie oud en die kapitale uitleg vir ‘n nuwe stelsel is moontlik.

Beboude Omgewing

8nitrocloud-prod_3e9bac44-dbf7-42fa-825a-3b0282dc2622_3893b9fc-c05b-4565-bf57-5c1d965987fa

Page 9: Nature’s Valley Nuusbrief · Die strand lyk asemrowend mooi soos altyd en die strandmeer volg sy normale en gesonde siklus soos wat die gety die riviermonding oop- en toe spoel

Bouplanne13 bouplanne vir aanbouings en veranderings aan woonhuise is aan die NVBV voorgelê en vir goedkeuring aanbeveel.Beperkende titelvoorwaardesIn opvolging van die 2012 AJV het NVBV komiteelede in Mei met ons prokureurs en senior advokaat in Pretoria vergader. Onder andere is indringende samesprekings gehou oor die status van ons beperkende titelvoorwaardes as landelike servitute wat nie verwyder mag word nie. ‘n Finale regsmening hieroor asook stappe wat geneem kan word, sal binne afsienbare tyd volg.Nature’s Valley Ruimtelike Ontwikkelingsraamwerk (NVSDF)In 2009 het die NVBV ‘n ruimtelike ontwikkelingsraamwerk vir Nature’s Valley aan Bitou voorgelê vir insluiting by die munisipaliteit se integreerde ontwikkelingsplan hersieningsproses.In 2012 het die senior stadsbeplanner van Bitou aanbeveel dat die NVSDF verkort en aangepas word in die formaat van ‘n plaaslike gebied ruimtelike plan (LASP).Die LASP document het dieselfde doelwitte as die NVSDF en sal aan Bitou voorgelê word vir oorweging en goedkeuring. Wanneer goedgekeur deur Bitou sal die LASP document die status van ‘n statutêre beplanningsmeganisme verkry wat alle besluite oor ruimtelike ontwikkeling en grondgebruiksbestuur binne die munisipale gebied reel.

Bed en ontbyt akkommodasie (B + B)Ons stel u graag in kennis van die volgende resolusie wat tydens die uitvoerende burgemeesterskomitee (Mayco) van 31 Januarie 2013 geneem is.Hierdie resolusie verskaf duidelikheid oor die status en wettigheid asook die terme en voorwaardes wat geld vir B + B’s in die Bitou munisipale gebied.Dit is belangrik dat u van die volgende kennisneem:

U mag wettiglik ‘n B + B in u huis op ‘n enkel residensiële eiendom bedryf solank u voldoen aan die vereistes wat verder af uitgestippel word.

U hoef nie by Bitou aansoek te doen vir ‘n vergunningsgebruik om die B + B te bedryf nie – ‘n duur en tydrowende proses.

Gewone munisipale dienste en belasting wat van toepassing is op enkel residensiële eiendomme word gehef, en daar is geen bykomende heffings vir B + B’s nie.

Bitou Munisipaliteit terme en voorwaardesBed en Ontbyt akkommodasie beteken ‘n woonhuis waar die bewoner van die huis tydelike huisvesting en etes teen betaling verskaf aan verbygaande persone wat elders permanent woonagtig is, onderhewig daaraan dat:

Die eiendom voldoen aan die voorwaardes van toepassing op bed en ontbyt akkommodasie.

9nitrocloud-prod_3e9bac44-dbf7-42fa-825a-3b0282dc2622_3893b9fc-c05b-4565-bf57-5c1d965987fa

Page 10: Nature’s Valley Nuusbrief · Die strand lyk asemrowend mooi soos altyd en die strandmeer volg sy normale en gesonde siklus soos wat die gety die riviermonding oop- en toe spoel

Die primêre gebruik van die woonhuis steeds gerig bly op die permanente woonreg van een familie.

Nie meer as twee kamers gebruik word as slaapkamers vir betalende gaste of loseerders nie, en aan nie meer as vyf gaste of loseerdes op ‘n slag verblyf en etes verskaf word nie.

Elke gastekamer moet deel van die huis wees en met die woonhuis verbind wees.

Gastekamers mag nie omgeskakel word, of gebruik word, as aparte wooneenhede nie, en daar mag geen kookgeriewe in die gastekamers wees nie, behalwe ‘n ketel.

Etes mag slegs aan inwonende gaste of loseerders van die bed en ontbyt bedryf verskaf word.

Voldoende op-terrein parkering moet verskaf word.

‘n Register van gaste en loseerders moet bygehou en voltooi word, en die register moet getoon word op aanvraag van ‘n munisipale beampte.

Veiligheid en sekuriteitAlgemeenDie NVBV werk steeds nou saam met die gemeenskaps gebaseerde organisasie om groter veiligheid vir inwoners, vakansiegangers en besoekers te verseker.Hierdie streek gaan gebuk onder swak ekonomiese toestande, verhoogde werkloosheid en misdaad het in Plettenbergbaai en The Crags toegeneem. The Crags het ‘n buurtwagstelsel gestig en ‘n voltydse sekuriteitsbestuurder aangestel wat deur die gemeenskap betaal word. Ook in Plettenbergbaai is daar ‘n buurtwagsel wat baie aktief met sekuriteitsmaatskappye en die polisie saamwerk. Hierdie paraatheid kan tot gevolg hê dat daar nou meer inbrake die afgelope 6 maande hier in Nature’s Valley plaasgevind het.

Die meeste van die huise waar diefstal plaasgevind het het nie alarmstelsels nie en ons moedig u aan om alarmstelsels aan te bring.

Die NVBV het samesprekings met die sekuriteitsmaatskappy ADT gevoer aangesien hulle gekontrakteer is omtrent 330 eiendomme op te pas. Ons is bekommerd dat die reaksietyd van ADT te stadig is omdat ons ADT met The Crags deel. Die standpunt van die NVBV is dat daar ten all tye ‘n reaksievoertuig in Nature’s Valley diens moet doen. ADT sal aandag daaraan skenk.

10nitrocloud-prod_3e9bac44-dbf7-42fa-825a-3b0282dc2622_3893b9fc-c05b-4565-bf57-5c1d965987fa

Page 11: Nature’s Valley Nuusbrief · Die strand lyk asemrowend mooi soos altyd en die strandmeer volg sy normale en gesonde siklus soos wat die gety die riviermonding oop- en toe spoel

Die SAPD versoek dat ALLE insidente aan hulle gerapporteer word, maak nie saak hoe groot of klein nie want die aantal polisiemanne wat aan die gebied toegeken word hang af van die getal gevalle aangemeld. ‘n Petisie is opgetrek om die polisiestasie by Kurland weer te heropen.Die KONTAKNOMMER van die POLISIE IN PLETTENBERGBAAI is 044 5011 900. Die gemeenskapsgebaseerde veiligheidsorganisasie vra dat as u persone het wat na u eiendom omsien terwyl u afwesig is, u die name en ID’s aan die NVBV verstrek. Dit is om te verhoed dat vreemdelinge op u eiendom plak.

BobbejaneHiermee doen ons ‘n beroep op eienaars en gaste om asseblief’n bydrae te lewer om die bobbejane te beheer. Hier volg wenke:

Bobbejane word ‘n bedreiging in die Vallei en moet as wilde diere hanteer word. Moenie hulle voer nie!

Wees altyd op die hoede en moenie laks raak nie! Hulle is opportuniste!

Vullis moet alleenlik op die vullisverwyderingsdag buite geplaas word. Op enige ander dag moet alle vullis na die vullisoorlaaistasie (WTS) geneem word. Geen vullis mag in die publieke vullishouers gestort word nie want dit lok bobbejane. Eienaars word aangemoedig om ‘n “wheelie bin” aan te skaf.

Maak gebruik van die SMS vroeë waarskuwingstelsel van die NVTrust want dit waarsku u wanneer bobbejane in u omgewing is.

As u nie tuis is nie maak seker dat vensters en deure gesluit is. Selfs as u tuis is wees daarop bedag dat bobbejane toegang kan verkry.

Gebruik ‘n stok om hulle te verjaag en moenie bobbejane konfronteer nie.

Wees bewus van die vrugtedraende bome op u erf wat die bobbejane lok bv. wilde piesangs, Eugenias ens.

Oorweeg dit om ‘n verfbalgeweer aan te skaf maar onthou ‘n permit vir die gebruik daarvan word benodig van Kaapse Natuurbewaring.

U kan die bobbejaanriglyne op die webtuiste nagaan.Hieronder is ‘n grafiese voorstelling van bobbejaan insidente vanaf Januarie 2013. Hierdie statistiek is nie volledig nie aangesien nie alle insidente aan die NVTrust rapporteer word nie.Rapporteer asseblief alle insidente aan die NVT of NVBV sodat hierdie statistieke so volledig as moontlik kan wees. Hierdie statistieke is belangrik wanneer samesprekings met Kaapse

11nitrocloud-prod_3e9bac44-dbf7-42fa-825a-3b0282dc2622_3893b9fc-c05b-4565-bf57-5c1d965987fa

Page 12: Nature’s Valley Nuusbrief · Die strand lyk asemrowend mooi soos altyd en die strandmeer volg sy normale en gesonde siklus soos wat die gety die riviermonding oop- en toe spoel

Natuurbewaring gehou word met die doel om ‘n langtermyn oplossing vir ons bobbejaanprobleem te vind. Hulle besluit watter optrede noodsaaklik is of wat toegelaat word ingevolge wetgewing en dit sal gebaseer word op die omvang van bobbejaan teenwoordigheid in die dorpsgebied..

Figuur 1: Bobbejane kennis van geneem per maand Jan tot Julie 2013

Figuur 2: Die aantal huise wat deur bobbejane gestroop is en gerapporteer is aan die NVT van Jan tot Julie 2013.

OmgewingOop ruimtesMark Brown van die NVTrust is die voorsitter van die oop ruimtes komitee, ‘n sub-komitee van die NVBV. Ons is dankbaar vir sy entoesiasme en kundigheid as opvolger van Ina Brand onder wie se bekwame leiding die komitee goed gefunksioneer het. Aangesien die NVTrust ook betrokke is by die natuurlike omgewing binne die dorpsgebied sal hierdie reëling verseker dat daar geen oorvleuling tussen die twee organisasies is nie. Ons het ook al met Mark gepraat oor die herlewing van die stedelike bewaarea wat ‘n gepaste organisasie kan wees om die bestuur van die oop ruimtes oor te neem in ooreenstemming met doelwitte daarin verskans.Bo en behalwe hulle ander bedrywighede, is die oop ruimteskomitee verantwoordelik vir die suksesvolle verwydering van heelwat eugeniabome in openbare oop ruimtes. Die munisipaliteit het die arbeid verskaf om die bome uit te haal.Die NVBV is steeds besig om deurtastende ondersoek in te stel na die beste wyse waarop permanente beskerming teen ontwikkeling aan die vier openbare oop ruimtes binne die dorpsgebied verskaf kan word.Phyl Martin ParkDie park, onder die bekwame leiding van Daan Muller en met die bystand van die oop ruimstes komitee, gaan van krag tot krag. Daar is egter kommer dat die verkope uit die kwekery die afgelope paar jaar afgeneem het.Eienaars word weereens versoek om aankope vir hulle tuine by die kwekery te doen. Die plante, struike en bome wat te koop is, is aangepas by en geskik vir Nature’s Valley se klimaat.

Strandmeer en parkeer areaDie NVBV, SANparke en Bitou munisipaliteit wat die drie lede van die kontraktuele nasionale parkgebied is, vergader elke drie maande. Goeie samewerking tussen die drie lede verseker dat die omgewingsintegriteit van hierdie sensitiewe gebied behoue bly.Die toestand van die pad wat na die parkeerterrein by die strandmeer lei, is vir die NVBV ‘n bron van groot kommer. Na vele besprekings oor wie vir die onderhoud van hierdie pad

12nitrocloud-prod_3e9bac44-dbf7-42fa-825a-3b0282dc2622_3893b9fc-c05b-4565-bf57-5c1d965987fa

Page 13: Nature’s Valley Nuusbrief · Die strand lyk asemrowend mooi soos altyd en die strandmeer volg sy normale en gesonde siklus soos wat die gety die riviermonding oop- en toe spoel

verantwoordelik is, het SANparke onderneem om gruis te verskaf om die padoppervlakte te lig tot dieselfde hoogte as die parkeerterrein en om dreineringskanale aan te bring om water weg te voer. SANparke het ook begin met die opknapping van die rant van die strandmeer by die parkeerplek, maar ‘n gebrek aan geld verhinder verdere vordering en ‘n permanente oplossing vir toekomstige vloedskade. Ons sal voortgaan om druk uit te oefen vir die algemene opgradering van die omliggende strand en braaiarea wat tans ‘n swak eerste indruk skep andersins ongerepte strand en riviermonding.

Reënval: Die reënvalsyfers vanaf 2004 tot Julie 2013 word deur Yvone Bath verskaf

2004 2005 2006 2007 2008200

9 2010 2011 2012

Ave

Jan 70 61 89 54 62 4 18 20 3546

Feb 86 49 20 41 48 44 25 28 3745

March 82 109 62 97 42 6 23 57 15067

April 61 47 101 30 39 68 56 16 3548

May 21 46 100 102 8 16 8 183 2255

June 42 23 46 41 69 51 85 127 4858

July 34 13 91 40 14 66 56 180 19873

13nitrocloud-prod_3e9bac44-dbf7-42fa-825a-3b0282dc2622_3893b9fc-c05b-4565-bf57-5c1d965987fa

Page 14: Nature’s Valley Nuusbrief · Die strand lyk asemrowend mooi soos altyd en die strandmeer volg sy normale en gesonde siklus soos wat die gety die riviermonding oop- en toe spoel

August 38 8 232 55 78 11 47 66 5666

Sept 142 34 16 18 21 68 7 20 1738

Oct 74 14 57 86 90 53 129 51 18782

Nov 20 93 61 308 98 32 27 87 3084

Dec 203 46 60 89 31 44 116 45 3074

Totals 873 543 935 961 600 463 597 880 845

736

Uit bg.Tabel lyk dit asof ons ‘n jaar van gemiddelde reënval kan hê – hopelik sonder nog vloedreën Die duine by die mond herstel goed, groei mooi en het so ‘n blaaskans nodig. Spesiale Projekte

WebtuisteOns is trots om te kan berig dat ons eerste NVBV beheerde webtuiste http://www.nvra.co.za op Donderdag 1 Augustus 2013 bekendgestel word. Die hoofdoel is om ‘n een-stop verwysingsraamwerk vir Nature’s Valley eienaars en families te skep. Ons moedig u aan om ons webtuiste te besoek en terugvoering aan die NVBV te verskaf – verkieslik deur die “Contact

14nitrocloud-prod_3e9bac44-dbf7-42fa-825a-3b0282dc2622_3893b9fc-c05b-4565-bf57-5c1d965987fa

Page 15: Nature’s Valley Nuusbrief · Die strand lyk asemrowend mooi soos altyd en die strandmeer volg sy normale en gesonde siklus soos wat die gety die riviermonding oop- en toe spoel

Us” afdeling. Die struktuur van die webtuiste is eenvoudig maar die inligting is omvattend. Gedetailleerde inligting is beskikbaar deur middel van ‘n verskeidenheid dokumente wat afgelaai kan word.Voornemende besoekers aan Nature’s Valley behoort aangemoedig te word om die webtuiste te gebruik om sodoende te besef wat Nature’s Valley so uniek maak en deel te word van ons strewe om die integriteit van die omgewing te bewaar.Een van die kern elemente van die webtuiste is die uitbouing van kommunikasie tussen die NVBV en eienaars en voorstelle oor hoe die webtuiste verder in die toekoms gebruik kan word, sal verwelkom word.Die totale aanvangskoste vir die inwerkingstelling van die webtuiste kan beperk word tot R 6000 en jaarlikse bedryfskoste word bereken op R2 500-00. Basiese verandering en opdatering van inhoud sal deur die NVBV kantoor hanteer word.Die ontwikkeling van die webtuiste is die gevolg van samewerking deur ‘n groot groep bydraers oor die afgelope jaar, en hulle hulp en bestand word ten seerste waardeer (sien lys van erkennings op die webtuiste.)Baie belangrik; Die e-pos adres van die NVBV het verander na [email protected] asseblief die nodige aansuiwering op u kontak besonderhede. Die ou adres sal binnekort uitgefaseer word.

GrootrivierbrugAs gevolg van twee vloede die afgelope agt jaar het die woud en piekniekplekke in die omgewing van die brug groot skade gely. Wat betref die woud is reuse ou geelhoutbome verloor en jong bome beskadig of ontwortel. Hierdie hartseer verwoesting was nie ‘n natuurlike gebeurtenis nie, maar die gevolg van die massiewe opdamming van stompe en opdrifsels teen en op die struktuur van die brug.Om te verhoed dat hierdie verwoesting aanhou gebeur in die toekoms, het die NVBV in Februarie vanjaar skriftelike vertoë tot die provinsiale padingenieur gerig dat die brug met ‘n eenvoudige drif of laagwaterbrug vervang word, soos dit in die ou dae was. Dit sal toekomstige vloedwaters in staat stel om deur te loop sonder om te versprei na die omliggende woud en pad aanlope en blywende skade aan te rig. Die vertoë wat gerugsteen is deur tekeninge en voorstelle van Geoff McIlleron is uiteindelik deur sommige van die provinsiale ingenieure in ‘n positiewe lig beskou aangesien hulle dieselfde prinsiep reeds elders met sukses gebruik het. Ongelukkig is daar nie geld beskikbaar in die rampsfonds nie aangesien dit gebruik is vir die herstel van skade na die 2007 vloed!Die opruiming en herstelwerk van vloedskade in die woud aangrensend tot die brug asook die aanlope tot die brug en die verwydering van opgedamde spoelhout het ‘n aanvang geneem. Totdat die ideal van ‘n laagwaterbrug verwesentlik word, sal ons voortgaan om druk uit te oefen dat spoelhout en opdrifsels op ‘n gereelde basis by die brug verwyder word.

15nitrocloud-prod_3e9bac44-dbf7-42fa-825a-3b0282dc2622_3893b9fc-c05b-4565-bf57-5c1d965987fa

Page 16: Nature’s Valley Nuusbrief · Die strand lyk asemrowend mooi soos altyd en die strandmeer volg sy normale en gesonde siklus soos wat die gety die riviermonding oop- en toe spoel

‘n Deel van ons voorlegging is ook gewy aan vertoë in die werk aan die historiese Bloukranspas te voltooi sodat hierdie ikoniese en pragtige pas weer oopgestel kan word. Die werk aan die Wes-Kaapse gedeelte van die pas is reeds voltooi, maar die Oos-Kaapse gedeelte nie en die agteruitgang van die oostelike deel van die pas is kommerwekkend.

Covie gemeenskapDie NVBV het nou betrokke geraak by die onlangs gestigde Covie forum wat bestaan uit ‘n komitee wat gevorm is om die belange van die gemeenskap te verteenwoordig. Ons het hulp verleen om te sorg dat basiese diensleweringsaangeleenthede deur middel van die wykstelsel aan die munisipaliteit voorgelê is, en die forum woon saam met die NVBV vergaderings van die Bitou Ratepayers’ Alliance en vergaderings met die burgermeester by.As lid van die Nature’s Valley gemeenskap is Beefy Mance nou betrokke by die identifisering en implimentering van moontlike inkomste genererende projekte by Covie. Hy is ook betrokke by die skep van ‘n gemeenskapskantoor en doeltreffende kommunikasiestelsel.Die Covie fietsry- en staproete wat vroeër die jaar oopgestel is, word goed ondersteun en die algemene konsensus is dat dit ‘n baie mooi roete is. Nature’s Valley eienaars en besoekers word aangemoedig om die Covie Trail wat nou voltooi is met ‘n bykomende woud gedeelte, by hulle buitenmuurse aktiwiteite in te sluit.

Nature’s Valley JubileumDie dorpsgebied wat in 1953 gepromulgeer is, is vanjaar 60 jaar oud. Die NVBV beplan ‘n buitengewone AJV om hierdie mylpaal te vier. Kontak asb. die NVBV kantoor as u ou fotos, geskiedkundige kaarte or ander memorabilia van die Vallei het wat ons kan leen or waarvan ons afdrukke kan laat maak om by ons beplande feesvierings in te sluit.Die AJV sal op 20 Desember plaasvind en eienaars word gevra om hierdie geskiedkundige gebeurtenis by te woon.

Akkomodasie gebeure Desember vir kantoorbestuurderDie NVBV kantoorbestuurder soek verblyf in Nature’s Valley vanaf 21 Desember to 6 Januarie 2013 aangesien sy gedurende hierdie tydperk uit haar woonstel moet trek. U hulp in hierdie verband sal ten seerste waardeer word.

TotsiensOns wil graag al die eienaars wat die NVBV ondersteun, bedank en wens hulle ‘n goeie tweede helfte van die jaar toe. Ons hoop om u in Desember te sien, en versoek u om hierdie nuusbrief te versprei aan familie en vriende wat nie op ons adreslys is nie sodat soveel moontlike belangstellendes op die hoogte van sake kan bly oor gebeure in die vallei.

16nitrocloud-prod_3e9bac44-dbf7-42fa-825a-3b0282dc2622_3893b9fc-c05b-4565-bf57-5c1d965987fa

Page 17: Nature’s Valley Nuusbrief · Die strand lyk asemrowend mooi soos altyd en die strandmeer volg sy normale en gesonde siklus soos wat die gety die riviermonding oop- en toe spoel

17nitrocloud-prod_3e9bac44-dbf7-42fa-825a-3b0282dc2622_3893b9fc-c05b-4565-bf57-5c1d965987fa