naweekuitstappies - mart-marié du toit...2019/09/03  · kombinasie van kuns, kos, ont-werp en...

2
1 Desember 2018 | Beeld LEEFSTYL 30 D ie versoeking is groot om elke naweek voor die televisie te lê en die nuutste seisoen van jou gunstelingprogram te vraatkyk. Daar is egter ’n regte wêreld daarbuite wat smeek om verken te word – en jy kan besluit hoe naby of ver jy wil reis. Dié drie varkies gaan mark toe ’n Markdag is ’n goeie keuse vir ’n kieskeurige familie – as jy lus is vir pannekoek en Boeta vir stroopwafels en as Manlief ’n jaffle-man is – almal sal kry wat hulle begeer. Besoek The Neigh- bourgoods Market in Braamfon- tein vir soesji, shwarma-rolle- tjies, Griekse fyngebak en aller- hande interessante drankies. Die spesialiteitskos en handge- maakte goedere trek ’n skare – gaan dus vroeg! In Pretoria is die Pretoria Boeremark ’n hoogtepunt vir dié wat vroeg genoeg kan op- staan. Dis veral lekker in die so- mer wanneer die son vroeg op- kom en jy jou week se vars pro- dukte kan koop terwyl jy aan ’n vuurwarm roosterkoek smul en die res van die wêreld nog slaap. Die verskeidenheid is verstommend en jy gaan dalk met ’n bakkievrag vol inkopies huis toe ry. Die Hazel-kosmark in die oos- te van Pretoria is ook ’n gewilde mark vir kase, vleis en ander vars produkte vir daar geniet (terwyl die kinders speel) en huis toe neem vir later. Kunstig en gekultiveer Gauteng skeep nie af as dit kom by interessante museums nie. Kinders sal veral hou van die Ditsong Museum of Cultural History wat Suid-Afrika se kul- turele uiteenlopendheid verken. Hier sien jy oersketse van die San en duisend jaar oue Yster- tydperk-figure van Schroda in die Limpopo-provinsie. Die James Hall Museum of Transport is ’n ietwat onbeken- de museum wat elkeen in die fa- milie sal verras. Dit is die groot- ste en omvattendste vervoermu- seum in Suid-Afrika en sluit ’n skaars en opwindende stoom- vervoer-versameling in. Ernstige kunsliefhebbers kan nie verkeerd gaan met ’n besoek aan die Keyes Art Mile in Rose- bank nie. Keyes Art Mile is die perfekte naweekuitstappie, ’n kombinasie van kuns, kos, ont- werp en pret. Wees ’n toeris in jou eie stad Daar is niks so lekker, en so on- derbenut, soos toeris wees in jou eie stad nie. Die mite dat ’n mens in ’n vliegtuig moet spring om as toeris te tel, is sommer bog. Die City Sightseeing-toer in Johannesburg sal jou dadelik soos ’n toeris laat voel – en jy sal boonop feite oor Johannes- burg hoor waarvan jy nooit eens geweet het nie. Die kaartjieprys voel dalk effe hoog, maar dit sluit twee toere in – ’n “groen” toer deur die buurte van Johannesburg, en ’n Johannesburg-middestadtoer wat jou asem sal wegslaan. Die Munro Drive-uitkykpunt is ’n spesiale foto werd, en Braam- fontein se vele gesigte verdien beslis ’n Instagram-plasing! Dit is goedkoper om kaartjies aan- lyn te bespreek. Daar is ook ’n spesiale aanbieding waar twee kinders onder 18 verniet reis saam met een betalende ouer. Jou kaartjie is heeldag geldig en jy kan dus op en af hop, soos dit jou geval. Ry ’n entjie uit By Maropeng, in die Wieg van die Mensdom, kan jy die heel- dag deurbring. Dis ongeveer 20 km vanaf Lanseria en beslis die reis werd. Die grotte met hul indrukwekkende fossiele huisves ’n ongelooflike geskie- denis van die evolusie van die mensdom oor die afgelope vier miljoen jaar. Hierdie Wêrelder- fenisgebied is een wat jou siel aanraak, en jy sal meer as een keer hier wil besoek aflê. Die Nirox Foundation Sculp- ture Park is ook in die Wieg van die Mensdom geleë en is ’n ware weggesteekte juweel. So- wat 15 ha se pragtige tuine huis- ves ’n versameling beeldhou- werke en installasies. Daar is meer as 40 km se stap- en fiets- rypaadjies om te verken – en met sowel die natuurlike as kunstige aanslag van die tuine, sal jy met ’n verkwikte siel te- rugkeer na die stad. ’n Daguitstappie na Cullinan word heelwat lekkerder as jy dit per trein kan aanpak. Bespreek jou plek op een van die Friends of the Rail-treine uit Pretoria, en reis terug in tyd – die heel- pad tot in Cullinan. Die rit, van- af Hermanstad in Pretoria, duur net so oor die drie uur, en kin- ders sal dié tjoekepaf-pret ge- niet. Bespreek vooraf vir mid- dagete in Cullinan en verken die dorp voordat die trein in die Ná ’n lang week by die werk of ’n kwartaal op die skoolbanke is die versoeking groot om elke naweek of vakansie ’n avontuur te beleef – en hoekom nie? Dié naweekuitstappies is op jou voorstoep en jy sal iets vind wat elkeen in die gesin opgewonde laat word. MART-MARIÉ DU TOIT @martdutoit Naweekuitstappies By Walkersons in Dullstroom kan ’n mens die natuurskoon geniet. Foto: MART-MARIÉ DU TOIT Smul aan lekkernye soos dié by die Hazel-kosmark.

Upload: others

Post on 03-Feb-2021

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

  • 1 Desember 2018 | BeeldLEEFSTYL30

    Die versoeking is groot om elke naweek voor die televisie te lê en die nuutste seisoen van jou gunstelingprogram te vraatkyk. Daar is egter ’n regte wêreld daarbuite wat smeek om verken te word – en jy kan besluit hoe naby of ver jy wil reis.

    Dié drie varkies gaan mark toe’n Markdag is ’n goeie keuse vir ’n kieskeurige familie – as jy lus is vir pannekoek en Boeta vir stroopwafels en as Manlief ’n jaffle-man is – almal sal kry wat hulle begeer. Besoek The Neigh-bourgoods Market in Braamfon-tein vir soesji, shwarma-rolle-tjies, Griekse fyngebak en aller-hande interessante drankies. Die spesialiteitskos en handge-maakte goedere trek ’n skare – gaan dus vroeg!

    In Pretoria is die Pretoria Boeremark ’n hoogtepunt vir dié wat vroeg genoeg kan op-staan. Dis veral lekker in die so-mer wanneer die son vroeg op-kom en jy jou week se vars pro-

    dukte kan koop terwyl jy aan ’n vuurwarm roosterkoek smul en die res van die wêreld nog slaap. Die verskeidenheid is verstommend en jy gaan dalk met ’n bakkievrag vol inkopies huis toe ry.

    Die Hazel-kosmark in die oos-te van Pretoria is ook ’n gewilde mark vir kase, vleis en ander vars produkte vir daar geniet (terwyl die kinders speel) en huis toe neem vir later.

    Kunstig en gekultiveerGauteng skeep nie af as dit kom by interessante museums nie. Kinders sal veral hou van die Ditsong Museum of Cultural History wat Suid-Afrika se kul-turele uiteenlopendheid verken. Hier sien jy oersketse van die San en duisend jaar oue Yster-tydperk-figure van Schroda in die Limpopo-provinsie.

    Die James Hall Museum of Transport is ’n ietwat onbeken-de museum wat elkeen in die fa-milie sal verras. Dit is die groot-ste en omvattendste vervoermu-seum in Suid-Afrika en sluit ’n skaars en opwindende stoom-vervoer-versameling in.

    Ernstige kunsliefhebbers kan nie verkeerd gaan met ’n besoek aan die Keyes Art Mile in Rose-bank nie. Keyes Art Mile is die perfekte naweekuitstappie, ’n kombinasie van kuns, kos, ont-werp en pret.

    Wees ’n toeris in jou eie stadDaar is niks so lekker, en so on-

    derbenut, soos toeris wees in jou eie stad nie. Die mite dat ’n mens in ’n vliegtuig moet spring om as toeris te tel, is sommer bog. Die City Sightseeing-toer in Johannesburg sal jou dadelik soos ’n toeris laat voel – en jy sal boonop feite oor Johannes-burg hoor waarvan jy nooit eens geweet het nie.

    Die kaartjieprys voel dalk effe hoog, maar dit sluit twee toere in – ’n “groen” toer deur die

    buurte van Johannesburg, en ’n Johannesburg-middestadtoer wat jou asem sal wegslaan. Die Munro Drive-uitkykpunt is ’n spesiale foto werd, en Braam-fontein se vele gesigte verdien beslis ’n Instagram-plasing! Dit is goedkoper om kaartjies aan-lyn te bespreek. Daar is ook ’n spesiale aanbieding waar twee kinders onder 18 verniet reis saam met een betalende ouer. Jou kaartjie is heeldag geldig

    en jy kan dus op en af hop, soos dit jou geval.

    Ry ’n entjie uitBy Maropeng, in die Wieg van die Mensdom, kan jy die heel-dag deurbring. Dis ongeveer 20 km vanaf Lanseria en beslis die reis werd. Die grotte met hul indrukwekkende fossiele huisves ’n ongelooflike geskie-denis van die evolusie van die mensdom oor die afgelope vier miljoen jaar. Hierdie Wêrelder-fenisgebied is een wat jou siel aanraak, en jy sal meer as een keer hier wil besoek aflê.

    Die Nirox Foundation Sculp-ture Park is ook in die Wieg van die Mensdom geleë en is ’n ware weggesteekte juweel. So-wat 15 ha se pragtige tuine huis-ves ’n versameling beeldhou-werke en installasies. Daar is meer as 40 km se stap- en fiets-rypaadjies om te verken – en met sowel die natuurlike as kunstige aanslag van die tuine, sal jy met ’n verkwikte siel te-rugkeer na die stad.

    ’n Daguitstappie na Cullinan word heelwat lekkerder as jy dit per trein kan aanpak. Bespreek jou plek op een van die Friends of the Rail-treine uit Pretoria, en reis terug in tyd – die heel-pad tot in Cullinan. Die rit, van-af Hermanstad in Pretoria, duur net so oor die drie uur, en kin-ders sal dié tjoekepaf-pret ge-niet. Bespreek vooraf vir mid-dagete in Cullinan en verken die dorp voordat die trein in die

    Ná ’n lang week by die werk of ’n kwartaal op die skoolbanke is die versoeking groot om elke naweek of vakansie ’n avontuur te beleef – en hoekom nie? Dié naweekuitstappies is op jou voorstoep en jy sal iets vind wat elkeen in die gesin opgewonde laat word.

    MART-MARIÉ DU TOIT@martdutoit

    Naweekuitstappies

    By Walkersons in Dullstroom kan ’n mens die natuurskoon geniet.

    Foto: MART-MARIÉ DU TOIT

    Smul aan lekkernye soos dié by die Hazel-kosmark.

  • Beeld | 1 Desember 2018 LEEFSTYL 31

    middag vertrek.Hierdie is nostalgie op sy bes-

    te en ’n uitstappie waarvoor jy gerus kan spaar.

    Slaap oorPak jou tasse en werk Vrydag net halfdag. Naweke is gemaak om oor te slaap op plekke met ’n mooi uitsig teen sonsondergang en ’n sterrehemel bo jou kop in die aand. Die Waterberge in Limpopo is ongeveer 250 km noord van Johannesburg. Die Marakele Nasionale Park (die voormalige Kransberg Nasiona-le Park) is in die Waterberg-bio-sfeer geleë en is net groot ge-noeg dat jy die park in ’n na-week kan verken. Neem jou verkyker saam en kyk uit vir tsessebe, koedoes en luiperds.

    Stuur jou kar in die rigting van Dullstroom in Mpumalanga, vir ’n naweek gevul met panne-koek, whisky en vroegoggend-stappies. Dié bestemming is slegs 2½ uur se ry vanaf Johan-nesburg en jy kan jou met jul aankoms met ’n pannekoek by Harrie’s Pancakes bederf.

    In hierdie dorp kan jy so be-sig of rustig wees soos wat jy wil. Bespreek ’n kamer of kot-huis by die prentjiemooi Wal-kersons Hotel en Spa en geniet die vroegoggend-uitsig van die mis wat oor die water lê.

    Ná ontbyt kan jy ’n vlieghen-gelklas bywoon of een van die stap- of fietsryroetes aanpak. Vir die minder avontuurlustiges is ’n koppie tee en ’n tuisgebak-

    te botterbroodjie of ’n besoek aan die spa die perfekte tydver-dryf. In die kouer maande kan

    jy voor die kaggel in jou kamer ontspan voordat jy aandete by die Misty Trout gaan nuttig.

    Maak ook tyd om in die dorp rond te loop, asook vir ’n proe-sessie by Wild About Whisky.

    Die immer gewilde Oos-Vry-staatse dorpe Clarens en Rosen-dal moet ook op jou naweeklysie wees.

    Op Clarens kan jy alles van kuns-uitstappies tot mikrobier-proeë ervaar. Die dorp is Sater-dae en Sondae stampvol wan-neer besoekers die dorp plat-loop. Vroegoggend moet jy by die Highland Coffee Roastery aanklop vir ’n koppie boere-troos voordat jy die kuns- en klerewinkels gaan verken. Maak seker jy gaan kyk na die huisware by Twig.

    Middagete by Clarens Craft Brewery is ’n interessante blik op kroegkos en jy kan boonop al hul biere proe – en dié waarvan jy hou, huis toe neem. Probeer ook een van Red Stone Gin se G&T’s – jy gaan beslis ’n bottel wil koop.

    Akkommodasie is volop en jy kan ’n rustige plaashuis be-spreek, of bo-op een van die winkels in die hoofstraat bly.

    Rosendal is ’n rustiger kun-stenaarsdorpie in vergelyking met Clarens. Jy kan gemaklik ná skool op ’n Vrydag in die kar klim, want Rosendal is slegs drie uur se ry vanaf Johannes-burg. By Turksvy Trading sal jy jou vergaap aan die verskeiden-heid versamelaarsitems – van melamienkombuisware tot oor-spronklike Tupperware en por-seleinteestelle. Die kunstenaar

    Dahla Hulme se werk kan in Die Stoor in Van der Merwe-straat gesien word, en Michèle Nigrini se foto’s en ander kuns by die Michèle Nigrini-studio (Meerkatkolonie) in Hertzog-straat. Willem Pretorius en Wim Rautenbach se werke is ook op die dorp te sien.

    Rosendal het iets vir elkeen – koek en tee by Chris se Winkel en hamburgers by die Kos-Huis.

    Staan stil en haal asem, want dis hier waar jou siel asem skep terwyl jy in die stofstrate aan die rand van die Witteberge wandel.

    ’n Naweekuitstappie moenie moeite wees nie. Net pret!

    Doen dus voor die tyd jou na-vorsing en geniet die wegbreek, want Maandag wag.

    Daar is baie oulike winkeltjies om te ontdek wanneer jy Dullstroom besoek. Foto: MART-MARIÉ DU TOIT

    Keyes Art Mile in Rosebank is ’n interessante plek om te besoek.

    Die Nirox Foundation Sculpture Park is geleë in die Wieg van die Mensdom.

    Die Hazel-kosmark in Pretoria is ’n Saterdag-instelling.

    Ontsnap vir ’n naweek na Clarens. Foto: MART-MARIÉ DU TOIT By Keyes Art Mile is baie interessante kunswerke te sien.

    Wees ’n toeris in jou eie stad en gaan op ’n City Sightseeing-toer in Jo-hannesburg.

    ) The Neighbourgoods Market: Sa-terdae, 09:00 tot 15:00. Jutastraat 73, Johannesburg.) Pretoria Boeremark: Saterdae, 04:30 tot 10:00. Krigestraat 670, Silver-ton, Pretoria.) Hazel-kosmark: Saterdae, 08:00 tot 14:00. Greenlyn Village-sentrum, hoek van Thomas Edison- en Macken-ziestraat, Pretoria.) Ditsong Museum of Cultural His-tory: Weeksdae, 08:00 tot 16:00. Vi-sagiestraat 149, Pretoria.) James Hall Museum of Transport: Slegs per bespreking. Pioneer’s Park, Rosettenvilleweg, La Rochelle.) Keyes Art Mile: Keyeslaan, Rose-bank. Besoek. keyesartmile.co.za.

    ) City Sightseeing: Besoek www.city-sightseeing.co.za. ) Maropeng: Besoek www.thecradle-ofhumankind.net.) Nirox Foundation Sculpture Park: Besoek https://niroxarts.com.) Friends of The Rail: Die meeste Sa-terdae en Sondae; soms Maandae. Be-soek http://www.friendsoftherail.com) Marakele Nasionale Park: Besoek www.sanparks.org.) Dullstroom: Besoek www.dull-stroom.co.za.) Walkersons Hotel and Spa: Besoek www.walkersons.co.za.) Clarens: Besoek www.clarens.co.za.) Rosendal: Besoek http://rosendalin-fo.co.za.

    Beplan jou uitstappie