ncv/2019 february... · web viewdie hardeskywe moet nagegaan word en skoongemaak word voordat die...

27
KANTOORDATAPROSESSERING NKR VLAK 3 (3061023) 7 Maart 2019 (X-Vraestel) 09:00–12:00 Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief NASIONALE SERTIFIKAAT (BEROEPSGERIG)

Upload: others

Post on 12-Aug-2021

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: NCV/2019 February... · Web viewDie hardeskywe moet nagegaan word en skoongemaak word voordat die volgende groep se eksamensessie begin. GEEN kandidaat mag sy/haar werk vir 'n ander

KANTOORDATAPROSESSERINGNKR VLAK 3

(3061023)

7 Maart 2019 (X-Vraestel)09:00–12:00

Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye.

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

NASIONALE SERTIFIKAAT (BEROEPSGERIG)

Page 2: NCV/2019 February... · Web viewDie hardeskywe moet nagegaan word en skoongemaak word voordat die volgende groep se eksamensessie begin. GEEN kandidaat mag sy/haar werk vir 'n ander

(3061023) -2- NC2190(A)(M7)V

KANTOORDATAPROSESSERINGVLAK 3

TYD: 3 uur (intik- en prosesseertyd)ADDISIONEEL: ½ uur (druktyd)PUNTE: 300

DATAPROSESSERING TOEGEWYSDETYD PUNTE

VRAAG 1 Gereguleerde akkuraatheidstoets 10 min 20

VRAAG 2 Woordverwerking: possamevoeging 45 min 68

VRAAG 3 Woordverwerking: prosesseerfunksies 25 min 52

VRAAG 4 Aanbiedings 35 min 60

VRAAG 5 Sigblaaie 30 min 50

VRAAG 6 Inligting en kommunikasie met die gebruik van Internet Explorer 15 min 20

VRAAG 7 Basiese begrippe van rekenaarsLêerbestuur 20 min 30

TOTAAL 3 uur(30 minute ekstra

om te druk)

300

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Page 3: NCV/2019 February... · Web viewDie hardeskywe moet nagegaan word en skoongemaak word voordat die volgende groep se eksamensessie begin. GEEN kandidaat mag sy/haar werk vir 'n ander

(3061023) -3- NC2190(A)(M7)V

TYD: 3 UURPUNTE: 300

KANDIDATE HET 15 MINUTE OM DIE INSTRUKSIES TE LEES VOORDAT HULLE MET DIE WERKLIKE EKSAMEN BEGIN.

INSTRUKSIES EN INLIGTING:

1.

2.

3.

4.

5.

6.

7.

8.

9.

10.

Beantwoord AL die vrae.

Lees AL die vrae aandagtig deur.

Nommer die antwoorde volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is.

AL die vrae moet op die rekenaar gedoen word, met behulp van Microsoft Office Suite. ALLE DRUKSTUKKE moet genommer wees met die EKSAMENNOMMER sowel as die VRAAGNOMMER, volgens die instruksies vir elke DRUKSTUK.

DRUKSTUKKE met handgeskrewe EKSAMENNOMMERS is NIE aanvaarbaar nie, tensy hulle deur die toesighouer geteken is om te bevestig dat dit die kandidaat se eie werk is.

Die lettertipes Arial, Courier New of Times New Roman, grootte 12, sal aanvaar word. EEN lettertipe moet regdeur die hele vraestel gebruik word, behalwe waar 'n ander opdrag gegee word.

Kandidate moet die lêers wat op die geheuestokkie/netwerkskyf (watter een ook al gebruik is) gelaai is, onttrek om die verskillende instruksies vir die toepaslike vrae uit te voer.

Die tyd wat toegewys is om die vraestel te beantwoord, is DRIE uur. 'n Addisionele 30 minute mag toegelaat word vir 'n kandidaat om antwoorde te druk waar 'n sentrale drukker in 'n lokaal gebruik word. Drukwerk mag ook gedoen word tydens die drie uur wat vir die prosessering van antwoorde toegewys is, om ná die eksamen 'n tou by die drukker te vermy.

Tydens die addisionele druktyd mag kandidate slegs antwoorde druk. GEEN verdere tikwerk of redigeerwerk mag gedoen word nie. Dit word aanbeveel dat addisionele toesighouers, wat kundig oor rekenaars is, tydens die addisionele 30 minute druktyd toesig hou om beheer te verseker.

Indien daar 'n kragonderbreking sou wees of 'n rekenaar onklaar sou raak, moet die toesighouer die nodige reëlings tref vir die kandidaat om voort te gaan, en die werklike tyd wat verlore gaan, moet bygevoeg word sodra werk hervat word.

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Page 4: NCV/2019 February... · Web viewDie hardeskywe moet nagegaan word en skoongemaak word voordat die volgende groep se eksamensessie begin. GEEN kandidaat mag sy/haar werk vir 'n ander

(3061023) -4- NC2190(A)(M7)V

11.

12.

13.

14.

15.

16.

17.

18.

Elke antwoord moet op 'n aparte vel A4-papier gedruk word en moet slegs op EEN kant van die papier wees. DRUKSTUKKE moet in die EKSAMENOMSLAG geplaas word nadat hulle gedruk is.

DRUKSTUKKE wat nagesien moet word, moet in dieselfde volgorde as die vrae in die eksamenvraestel rangskik word (slegs EEN drukstuk mag per vraag of onderafdeling van 'n vraag ingehandig word). Aan die einde van die eksamen moet ALLE DRUKSTUKKE in die student se EKSAMENOMSLAG geplaas word en aan die toesighouer oorhandig word. Dit sluit ALLE DRUKSTUKKE in wat foute bevat en wat nie nagesien moet word nie. Hoegenaamd GEEN DRUKSTUKKE mag uit die eksamenlokaal verwyder word of in asdromme geplaas word nie.

VRAE 2–7 moet in die lêers wat in die STUDENTELÊERGIDS verskaf word, voltooi word. Nadat elke vraag voltooi is, moet dit gestoor en gedruk word, en die DRUKSTUK moet in die EKSAMENOMSLAG geplaas word.

ALLE werk op die rekenaar moet gereeld gestoor word om te verhoed dat werk verloor word indien daar 'n kragonderbreking sou wees. GEEN addisionele tyd mag vir sulke verlore werk toegelaat word nie. Dit is die kandidate se verantwoordelikheid om hulle antwoorde te beskerm deur gereeld te stoor.

Aan die einde van die eksamensessie moet elke kandidaat die DRUKSTUKKE sowel as die geheuestokkie (of ander toelaatbare geheuetoestel) met die gestoorde antwoorde inhandig (behoorlik gemerk met die kandidaat se EKSAMENNOMMER op die omhulsel). As 'n netwerk gebruik is, moet die netwerkbestuurder, onder toesig van die toesighouer, 'n rugsteunkopie van al die kandidate se werk maak. (Hierdie geheuestokkies en/of rugsteunkopieë, byvoorbeeld CD's, moet aan die eksamenafdeling van daardie kampus oorhandig word sodat dit vir EEN jaar veilig bewaar kan word, sou die eksaminator/moderator/superintendent van onderwys en/of Umalusi navraag wou doen.)

Die rekenaar se hardeskyf mag NIE gebruik word om dokumente te stoor as die lokaal vir meer as een sessie en deur ander groepe gebruik word nie. Die hardeskywe moet nagegaan word en skoongemaak word voordat die volgende groep se eksamensessie begin.

GEEN kandidaat mag sy/haar werk vir 'n ander kandidaat druk, sy/haar geheuestokkie vir 'n ander kandidaat beskikbaar maak of toegang tot 'n ander kandidaat se werk op die netwerk kry nie. Enige poging om inligting by 'n ander kandidaat te bekom of aan 'n ander kandidaat oor te dra, op watter manier ook al, is 'n oortreding van die eksamenreëls en -regulasies en sal ernstig opgeneem word.

Speltoets elke voltooide vraag voordat jy dit druk. Punte word afgetrek vir werk wat nie akkuraat getik is nie.

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Page 5: NCV/2019 February... · Web viewDie hardeskywe moet nagegaan word en skoongemaak word voordat die volgende groep se eksamensessie begin. GEEN kandidaat mag sy/haar werk vir 'n ander

(3061023) -5- NC2190(A)(M7)V

19. SKERMAFDRUKFUNKSIE

Druk die skermafdrukknoppie ('Print Screen') in die boonste ry van die sleutelbord regs van die F12-funksiesleutel.

Verklein ('minimise') daardie skerm en maak die vereiste antwoordblad oop.

Plaas die loper ('cursor') in die posisie waar die antwoord ingevoeg moet word.

Druk CTRL+V op die sleutelbord of klik die plakikoon ('Paste') op die standaardnutsbalk.

Die skermafdrukprent sal in die posisie waar die loper geplaas is, verskyn.

20. GEREGULEERDE AKKURAATHEIDSTOETS (VRAAG 1)

Kandidate mag ten minste DRIE minute voor die begin van die eksamen deur die gereguleerde akkuraatheidstoets lees.

ALLE kandidate doen die toets saam op die opdrag van die toesighouer.

Die toets moet aan die begin van die eksamen gedoen word.

'n Student wat ná die eerste 10 minute opdaag sal NIE toegelaat word om VRAAG 1 te doen nie en moet by VRAAG 2 begin. GEEN DRUKSTUK vir VRAAG 1 sal van hierdie student aanvaar word nie.

Nadat die 10 minute verstryk het wat vir die gereguleerde akkuraatheidstoets toegewys is, sal die toesighouer ALLE toetse inneem en ná die laaste ingetikte woord op elke bladsy parafeer. Die toesighouer sal die toetse hou totdat die eksamen voltooi is en sal, in die teenwoordigheid van die kandidate, hierdie toetse in elke kandidaat se EKSAMENOMSLAG plaas.

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Page 6: NCV/2019 February... · Web viewDie hardeskywe moet nagegaan word en skoongemaak word voordat die volgende groep se eksamensessie begin. GEEN kandidaat mag sy/haar werk vir 'n ander

(3061023) -6- NC2190(A)(M7)V

DIE INLIGTING HIER ONDER DIEN AS AGTERGROND EN MOET NIE AS DEEL VAN DIE EKSAMEN GETIK WORD NIE.

As administratiewe klerk by 'n SCG-toerismemaatskappy moet jy verskillende dokumente skep en redigeer met verskillende toepassings soos MS Excel, MS PowerPoint, MS Word en die Internet om bepaalde take te verrig.

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

WELKOM IN DIE NOORD-WELKOM IN DIE NOORD-KAAP!!KAAP!!

Page 7: NCV/2019 February... · Web viewDie hardeskywe moet nagegaan word en skoongemaak word voordat die volgende groep se eksamensessie begin. GEEN kandidaat mag sy/haar werk vir 'n ander

(3061023) -7- NC2190(A)(M7)V

VRAAG 1: GEREGULEERDE AKKURAATHEIDSTOETS

DOKUMENT: Gereguleerde akkuraatheidstoets (Tik slegs een maal in)

LYNSPASIËRING: 1,5 of 2 (dubbel)

PAPIER: A4, portret

TYDSTOEWYSING: 10 minute

PUNTE: 20

LETTERTIPE: Courier New 12

KANTLYNE:Links: 1”/2,54 cmRegs: 1”/2,54 cm

INLYNSTELLING: Links

WOORDAFBREKING: Af

INSTRUKSIES

1.1

1.2

1.3

1.4

Voeg jou EKSAMENNOMMER en die VRAAGNOMMER soos volg as boskrif teen die linkerkantlyn in:

EKSAMENNOMMERVRAAG 1

Die minimum spoedvereiste is 30 woorde per minuut.

Die toets neem 10 minute, wat beteken kandidate sal op die opdrag van die toesighouer begin en eindig.

Stoor die dokument as VRAAG 1.

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Page 8: NCV/2019 February... · Web viewDie hardeskywe moet nagegaan word en skoongemaak word voordat die volgende groep se eksamensessie begin. GEEN kandidaat mag sy/haar werk vir 'n ander

(3061023) -8- NC2190(A)(M7)V

Die Noord-Kaap (Engels: Northern Cape; Tswana: Kapa Bokone) is die grootste en die

mees yl bevolkte provinsie van Suid-Afrika. Dit is in 1994 gestig toe die Kaapprovinsie

verdeel is. Die hoofstad is Kimberley. Dit sluit die Kalahari Gemsbok Nasionale Park in,

deel van die Kgalagadi-oorgrenspark, 'n internasionale park wat met Botswana gedeel

word. Dit sluit ook die Augrabieswaterval en die diamantmynstreke in Kimberley en

Alexanderbaai in. Die Namakwalandstreek in die weste is bekend vir sy

Namakwalandse madeliefies. Die suidelike dorpe van De Aar en Colesberg, in die

Groot-Karoo, is belangrike vervoernodusse tussen Johannesburg, Kaapstad en Port

Elizabeth. In die noordooste is Kuruman bekend as 'n sendingstasie en ook vir sy

artesiese fontein, die Oog van Kuruman. Die Oranjerivier vloei deur die provinsie en

vorm die grense met die Vrystaat in die suidooste en met Namibië in die noordweste.

Die rivier word ook gebruik om die baie wingerde in die droë streek naby Upington te

besproei.

Moedertaalsprekers van Afrikaans maak 'n hoër persentasie van die populasie uit in

die Noord-Kaap as in enige ander provinsie. Die Noord-Kaap se vier amptelike tale is

Afrikaans, Tswana, Xhosa en Engels. Minderhede praat die ander amptelike tale van

Suid-Afrika, en enkele mense praat inheemse tale soos Nama en Khwe.

Die provinsiale leuse, 'Ons gaan na 'n beter lewe', is in die Nlu-taal van die Khomani-

mense. Dit is in 1997 gegee deur een van die taal se laaste sprekers, Me. Elsie

Vaalbooi van Rietfontein, wat sedertdien oorlede is. Dit is Suid-Afrika se eerste

amptelik geregistreerde leuse in 'n Khoi-Santaal. Daarna is Suid-Afrika se nasionale

leuse, ǃKe e ǀxarra ǁke, van die uitgestorwe Noord-Kaapse ǀXam-taal afgelei.

Die Noord-Kaap is een van drie provinsies wat in 1994 uit die Kaapprovinsie gekerf is.

Die ander is die Wes-Kaap in die suide en die Oos-Kaap in die suidooste. Polities word

dit sedert 1994 deur die African National Congress (ANC) gedomineer.

[20]

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

30 wpm

35 wpm

45 wpm

Page 9: NCV/2019 February... · Web viewDie hardeskywe moet nagegaan word en skoongemaak word voordat die volgende groep se eksamensessie begin. GEEN kandidaat mag sy/haar werk vir 'n ander

(3061023) -9- NC2190(A)(M7)V

ALLE LÊERS MOET UIT DIE STUDENTELÊERGIDS OP JOU GEHEUESTOKKIE OF NETWERKSKYF ONTTREK WORD EN DAARIN GESTOOR WORD.

VRAAG 2: MS WORD, POSFUNKSIE

Gebruik die possamevoegingsfunksie ('mail merge') om die volgende take te verrig:

VRAAG 2A

2.1 Skep 'n databronlêer deur die inligting hier onder te gebruik. (15)

NAAM VAN ADRES KODE SEL HUISCarlo Speelman Uysstraat 15

UITENHAGE6229 073 555

6666041 995 2323

Anam Toto Charlesstraat 34 PRETORIA

0017 084 665 7789

012 851 6541

Gabriel

Louw Kerkstraat 13GRAAFF-REINET

6280 061 546 8795

049 891 0250

2.2 Voeg jou EKSAMENNOMMER en VRAAG 2A in as die lêernaam van die databron as jy MS Access gebruik het, of as boskrif as jy MS Word gebruik het. (1)

2.3 Stoor die databronlêer as VRAAG 2A en druk dit. (1)

VRAAG 2B

2.4 Skep die volgende hoofdokument/primêre dokument met Baskerville Old Face 12 pt in enkellynspasiëring, tensy anders aangedui word: (14)

VAN: <<VAN>> NAAM: <<NAAM>>ADRES: <<ADRES>>

<<KODE>>

KONTAKNOMMERS: <<SEL>> <<HUIS>>

Attraksies Aantalmense

Koste perpersoon(R)

Die Groot Gat Oop myn buite Kimberley in Noord-Kaap

20 45

Namakwaland Langs die Weskus van Suid-Afrika

25 150

Boesmansgat Op die pragtige Mount Carmel-plaas geleë, ongeveer 55 km suid van Kuruman

20 55

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Page 10: NCV/2019 February... · Web viewDie hardeskywe moet nagegaan word en skoongemaak word voordat die volgende groep se eksamensessie begin. GEEN kandidaat mag sy/haar werk vir 'n ander

(3061023) -10- NC2190(A)(M7)V

Die Oog van Kuruman Natuurlike fontein in die hart van die dorp

30 65

Wonderwerkgrot Nasionale erfenisgebied

20 60

Die Rooiduinroete Dek 'n area wat noord van Upington begin en tot by die Namibiese grens strek

25 25

Sakkie se Arkie Hierdie plesiervaart met sonsondergang op die majestueuse en vreedsame Oranjerivier neem sowat2 uur

30 300

Verneukpan Wyd-verspreide droë soutpan suid van Kenhardt in die Noord-Kaap

25 100

Aristea-wrak Ou treiler wat deur I&J besit was en wat tydens die Tweede Wêreldoorlog as mynveër gedien het

15 130

Skilpad Veldblomnatuurreservaat Reservaat van 1000 ha waar veldblomme jaarliks van Augustus tot Oktober vertoon word

25 70

2.4.1 Voeg jou EKSAMENNOMMER en die VRAAGNOMMER soos volg as boskrif links in:

EKSAMENNOMMERVRAAG 2B (2)

2.4.2 Verander AL die kantlyne na 1,27 cm/1”. (2)

2.4.3 Smelt die eerste en die laaste ry van die tabel saam. (1)

2.4.4 Verander die ryhoogte van die eerste ry en laaste ry na 1,3 cm/0,5” (1)

2.4.5 Voeg die volgende opskrif in bokas, vetdruk, vertikaal en horisontaal gesentreer in die sel. Gebruik lettergrootte 18 pt.

NOORD-KAAPSTREEK (4)

2.4.6 Voeg die volgende teks in die laaste ry in bokas, vetdruk, vertikaal en horisontaal gesentreer in die sel. Gebruik lettergrootte 16.

KYK WAT HIERDIE PROVINSIE BIED (4)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Page 11: NCV/2019 February... · Web viewDie hardeskywe moet nagegaan word en skoongemaak word voordat die volgende groep se eksamensessie begin. GEEN kandidaat mag sy/haar werk vir 'n ander

(3061023) -11- NC2190(A)(M7)V

2.4.7 Sentreer die kolomopskrifte. (2)

2.4.8 Skrap die ry Aristea-wrak. (1)

2.4.9 Verander die lettergrootte van kolom B8 – B17 na 10 pt. (2)

2.4.10 Pas 'n dubbele buitenste rand op die tabel toe. (2)

2.4.11 Voeg 'n voetnoot ná die hoofopskrif in met die volgende teks in10 pt en vetdruk:

Toeriste-attraksies in die Noord-Kaap (4)

2.4.12 Verbind hierdie possamevoegingsdokument aan die databron. (1)

2.4.13 Vervang die bestaande teks met die volgende titels in die werklike samevoegingsvelde

<<VAN>><<NAAM>><<ADRES>><<KODE>><<SEL>><<HUIS>> (6)

2.4.14 Stoor as VRAAG 2B en druk die dokument met die werklike samevoegingsvelde (primêre dokument). (1)

VRAAG 2C

2.4.15 Verander die vraagnommer in die boskrif na VRAAG 2C. (1)

2.4.16 Voeg die dokument met die databron (VRAAG 2A) saam om DRIE dokumente te skep. (2)

2.4.17 Druk die finale saamgevoegde dokumente. (1)[68]

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Page 12: NCV/2019 February... · Web viewDie hardeskywe moet nagegaan word en skoongemaak word voordat die volgende groep se eksamensessie begin. GEEN kandidaat mag sy/haar werk vir 'n ander

(3061023) -12- NC2190(A)(M7)V

VRAAG3: MS WORD: PROSESSEERFUNKSIES

Redigeer die dokument met MS Word volgens die instruksies.

3.1 Onttrek die dokument wat as KIMBERLEY gestoor is uit die STUDENTELÊERGIDS. (1)

3.2 Voeg jou EKSAMENNOMMER en die VRAAGNOMMER soos volg as boskrif links in:

EKSAMENNOMMERVRAAG 3 (2)

3.3 Redigeer die dokument soos hier onder aangedui.

3.3.1 Verander die lettertipe van die hele dokument na ARIAL NARROW 12 pt. (2)

3.3.2 Voeg die volgende opskrif in as die hoofopskrif in bokas, 28 pt, vetdruk en gesentreer:

Kimberley - Noord-Kaap (4)

3.3.3 Pas enige buitelyneffek op die hoofopskrif toe. (2)

3.3.4 Verander die opskrif 'Wapen' na bokas, vetdruk, 20 pt en onderstreep. (4)

3.3.5 Pas 'n driedubbele rand toe rondom om paragrawe 1 en 2. (2)

3.3.6 Verander die volgende teks na skuinsdruk:

In blou, 'n rooi kruis en 'n rooi skuinskruis … 'n rooi klimmende leeu. Die leuse was “Spero meliora”.

Gekruis, aan die hoof, … 'n Eskulaapstaf van goud. (2)

3.3.7 Verander paragrawe 3 en 4 in TWEE gelyke kolomme met 'n vertikale streep tussen hulle. (4)

3.3.8 Verander die kolomme na volledig geblok ('full justification') en pas woordafbreking toe. (2)

3.3.9 Soek die woord Kimberley en vervang dit met KIMBERLEY in bokas, vetdruk, skuinsdruk en onderstreep. (3)

3.3.10 Sentreer die opskrif Demografie. (1)

3.3.11 Keep ('indent') die paragraaf onder die opskrif Demografie, wat met “Volgens…” begin, met 3 cm na links en regs in, en verander die lynspasiëring na 1,5. (3)

3.3.12 Voeg bladsybreuke in voor die opskrifte Demografie en Samelewing en kultuur. (2)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Page 13: NCV/2019 February... · Web viewDie hardeskywe moet nagegaan word en skoongemaak word voordat die volgende groep se eksamensessie begin. GEEN kandidaat mag sy/haar werk vir 'n ander

(3061023) -13- NC2190(A)(M7)V

3.3.13 Voeg die volgende eindnota in skuinsdruk in ná die woorde De Beers-myn.

(teen 2010 is dit tot binne etlike meter van die oppervlak af opgevul). (3)

3.3.14 Voeg die slimkunsgrafika ('SmartArt') basiese piramide in, twee lyne onder die opskrif Samelewing en kultuur. (2)

3.3.15 Voeg die volgende teks in lettergroote 14 binne-in die piramidegrafika wat jy in VRAAG 3.3.14 geskep het.

Bo: GeloofMiddel: Kuns, musiek, film en letterkundeOnder: Museums, monumente en gedenktekens (4)

3.3.16 Pas die sonsondergangstoneel ('sunset scene') op die grafika toe. (2)

3.3.17 Voer die lêer MUSEUMS uit die STUDENTELÊERGIDS in en plak dit TWEE lyne onder die slimkunsgrafika wat jy in VRAAG 3.3.14 geskep het. (2)

3.3.18 Pas enige kolpunt ('bullet') op die lys toe. (2)

3.3.19 Verander die lynspasiëring na enkel. (1)

3.3.20 Druk die dokument (slegs DRIE bladsye) (2)[52]

VRAAG 4: AANBIEDINGS

Skep die volgende aanbieding:

4.1 Skep 'n aanbieding met VYF skyfies.

4.2 SKYFIE 1: TITELSKYFIE (1)

4.2.1 Voeg die volgende opskrif in bokas, vetdruk, lettergrootte 59 en skaduwee in plekhouer 1, soos volg in:

WONDERWERKGROT (5)

4.2.2 Voeg 'n subopskrif in sinskas ('sentence case'), vetdruk, lettergrootte 32 en skaduwee in plekhouer 2, soos volg in:

Kuruman-heuwels (4)

4.2.3 Voeg die prent BESOEKKURUMAN regs van plekhouer 2 in en roteer die prent teen 24°. (3)

4.2.4 Pas enige prentrand op die prent toe. (2)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Page 14: NCV/2019 February... · Web viewDie hardeskywe moet nagegaan word en skoongemaak word voordat die volgende groep se eksamensessie begin. GEEN kandidaat mag sy/haar werk vir 'n ander

(3061023) -14- NC2190(A)(M7)V

4.3 SKYFIE 2: TITEL EN INHOUD (1)

4.3.1 Voeg die volgende opskrifte in skuinsdruk en regsbelyn in:

Ligging in Suid-Afrika (3)

4.3.2 Voeg die tabel hier onder in plekhouer 2 in en pas die tabelstyl Mediumstyl 4 toe. (5)

Ligging Kuruman-heuwels tussen Danielskuil en Kuruman

Streek Suid-AfrikaUitgrawingsdatums

1979

Argeoloë Anne en Francis Thackeray

4.4 SKYFIE 3: TITEL EN INHOUD (1)

4.4.1 Voeg die opskrif hier onder in bokas en gesentreer in:

AGTERGROND (3)

4.4.2 Voeg die volgende teks in plekhouer 3 in vetdruk in:

Wonderwerkgrot is 'n argeologiese terrein wat oorspronklik gevorm het as antieke oplossingsholte in die dolomietklippe van die Kuruman-heuwels, tussen Danielskuil en Kuruman in die Noord-Kaap, Suid-Afrika. Dit is 'n Nasionale Erfenisgebied en word as satelliet van die McGregor-museum in Kimberley bestuur. Geologies het erosie die noordelike punt van die holte blootgestel, wat horisontaal vir sowat 140 m (460 voet) in die basis van 'n heuwel in strek. Geakkumuleerde afsettings in die grot, tot 7 m (23 voet) diep, weerspieël natuurlike sedimentasieprosesse soos water- en windafsetting sowel as die aktiwiteite van diere, voëls en menslike voorouers oor 'n periode van 2 miljoen jaar. Die gebied is sedert die 1940's deur argeoloë bestudeer en opgegrawe, en navorsing hier genereer belangrike insig in menslike geskiedenis op die subkontinent van Suider-Afrika. (9)

4.4.3 Pas 'n 4 pt-rand om plekhouer 3 toe. (2)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Page 15: NCV/2019 February... · Web viewDie hardeskywe moet nagegaan word en skoongemaak word voordat die volgende groep se eksamensessie begin. GEEN kandidaat mag sy/haar werk vir 'n ander

(3061023) -15- NC2190(A)(M7)V

4.5 Voer die skyfie in wat jy as SKYFIE 4 gestoor het. (1)

4.5.1 Verander die skyfie na TITEL EN INHOUD. (1)

4.5.2 Voeg die slimkunsgrafika 'Increasing Circle Process' in met die volgende teks: (6)

PLEISTOSEENTYDPERK PLIOSEENTYDPERK MIOSEENTYDPERKModerne menseModerne spraakVroegste klere

Vroegste klipgereedskapVroegste tweevoetige diereAfskeiding van sjimpansees

Moontlik tweevoetigAfskeiding van gorillasVroeër ape

4.6 SKYFIE 5: BLANKO (1)

4.6.1 Maak die lêer WONDERWERKGROT oop en kopieer die vorm.

4.6.2 Verander die vorm na enige vormstyl met 'n swart lettertipe.

4.6.3 Verander die teks na vetdruk en 14 pt, en verstel die vorm sodat AL die teks sigbaar is.

(3 × 2) (6)

4.7 Verander die aanbieding na enige ontwerp/tema. (Gebruik 'n geskikte ontwerp waar alles sigbaar is.) (2)

4.8 Voeg bladsynommers in op AL die skyfies. (2)

4.9 Voeg 'n boskrif op 'n uitdeelstukbladsy in wat soos volg in lyn gestel is:

EKSAMENNOMMER VRAAG 4 (1)

4.10 Stoor en druk die aanbieding as uitdeelstukke met DRIE skyfies per bladsy. (1)[60]

VRAAG 5: SIGBLAAIE

Berei die sigblad voor deur 'n sigbladprogram te gebruik.

VRAAG 5A

5.1 Onttrek die dokument wat as VRAAG 5 gestoor is uit die STUDENTELÊERGIDS en stoor dit as VRAAG 5A. (1)

5.1.1 Voeg jou EKSAMENNOMMER en VRAAGNOMMER as 'n boskrif (linksbelyn) soos volg in:

EKSAMENNOMMERVRAAG 5A (2)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Page 16: NCV/2019 February... · Web viewDie hardeskywe moet nagegaan word en skoongemaak word voordat die volgende groep se eksamensessie begin. GEEN kandidaat mag sy/haar werk vir 'n ander

(3061023) -16- NC2190(A)(M7)V

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Page 17: NCV/2019 February... · Web viewDie hardeskywe moet nagegaan word en skoongemaak word voordat die volgende groep se eksamensessie begin. GEEN kandidaat mag sy/haar werk vir 'n ander

(3061023) -17- NC2190(A)(M7)V

5.1.2 Verander die lettertipe van die hele sigblad na Arial 12 pt. (1)

5.1.3 Voeg TWEE oop rye bokant ry 1 in. (1)

5.1.4 Voeg die volgende opskrif in bokas, lettergrootte 18 pt en vetdruk in ry 1 in:

PLEKKE BESOEK IN DIE NOORD-KAAP (3)

5.1.5 Smelt saam en sentreer die opskrif regoor die bladsy. (1)

5.1.6 Gebruik die outovulfunksie ('AutoFill') om die opskrif 2016 tot 2018 te kopieer. (1)

5.1.7 Voeg die kolomopskrif ATTRAKSIES in bokas en vetdruk in sel A3 in. (2)

5.1.8 Sentreer die kolomopskrifte. (1)

5.1.9 Verander die inlynstelling van die kolomopskrifte na 15°. (2)

5.1.10 Verstel die hoogte van ry 2 na 137 pieksels. (1)

5.1.11 Voeg die prent NCLOGO in sel A2 in. Verstel die prent om in A2 te pas en pas enige rand toe. (3)

5.1.12 Pas 'n donker tinting ('shading fill') op A3:E3 toe en verander die letterkleur na wit. (2)

5.1.13 Pas soliede buitenste rande toe van A4:E13. (1)

5.1.14 Verstel kolomwydtes waar nodig om seker te maak alle data word duidelik vertoon. (1)

5.1.15 Stoor en druk die sigblad in landskaporiëntasie met roosterlyne ('gridlines') en ry- en kolomopskrifte. (1)

VRAAG 5B

5.2 Onttrek die dokument wat jy as VRAAG 5A gestoor het. Stoor die sigblad as VRAAG 5B. (1)

5.2.1 Verander die VRAAGNOMMER na 5B in die boskrif. (1)

5.2.2 Soek die persentasie 11% en vervang dit met 15%. (1)

5.2.3 Sorteer kolom A in dalende volgorde volgens attraksies. (1)

5.2.4 Bereken die 2018 plekke besoek in die Noord-Kaap deur die 2016 plekke besoek met 10% in D4 te vermeerder. (2)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Page 18: NCV/2019 February... · Web viewDie hardeskywe moet nagegaan word en skoongemaak word voordat die volgende groep se eksamensessie begin. GEEN kandidaat mag sy/haar werk vir 'n ander

(3061023) -18- NC2190(A)(M7)V

5.2.5 Gebruik die outovulfunksie om die formules van D5:D13 te kopieer. (1)

5.2.6 Gebruik 'n funksie in E4 om die verskil tussen die jare te bereken. (1)

5.2.7 Gebruik die outovulfunksie om die formules van E5:E13 te kopieer. (1)

5.2.8 Gebruik 'n formule in B14 om die TOTAAL van elke jaar te bepaal. (1)

5.2.9 Gebruik die outovulfunksie om die formules van C14:E14 te kopieer. (1)

5.2.10 Gebruik 'n formule in B16 om die aantal attraksies te bepaal. (1)

5.2.11 Gebruik 'n formule in B17 om die maksimum van die attraksies te bepaal. (1)

5.2.12 Gebruik 'n formule in C18 om die gemiddeld van die attraksies te bepaal. (1)

5.2.13 Vertoon ALLE nommers as persentasies met EEN desimaal en die totaal vir die aantal attraksies as heelgetal. (1)

5.2.14 Verstel kolomwydtes om seker te maak al die data word duidelik vertoon. Stoor en druk die sigblad met ry- en kolomopskrifte. (1)

VRAAG 5C

5.3 Onttrek die dokument wat jy as VRAAG 5B gestoor het. Stoor die sigblad as VRAAG 5C.

5.3.1 Skep 'n kolomgrafiek om die persentasie besoeke in 2016 en 2017 te vertoon. (3)

5.3.2 Voeg die volgende grafiektitel in:

EKSAMENNOMMERVRAAG 5C (2)

5.3.3 Vertoon die waarde van elke kolom. (1)

5.3.4 Voeg die x-as as attraksie in en die y-as as persentasie. (2)

5.3.5 Vertoon die legende onder en gesentreer. (1)

5.3.6 Druk die grafiek as 'n nuwe blad. (1)[50]

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Page 19: NCV/2019 February... · Web viewDie hardeskywe moet nagegaan word en skoongemaak word voordat die volgende groep se eksamensessie begin. GEEN kandidaat mag sy/haar werk vir 'n ander

(3061023) -19- NC2190(A)(M7)V

VRAAG 6: INLIGTING EN KOMMUNIKASIE MET INTERNET EXPLORER

6.1 Maak die dokument oop wat as VRAAG 6 in die STUDENTELÊERGIDS gestoor is om die vrae hier onder te beantwoord. Voeg jou EKSAMENNOMMER in die boskrif in. (1)

6.2 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by 'n woord in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–F) langs die vraagnommer (6.2.1–6.2.6) in die ANTWOORDBOEK neer.

KOLOM A KOLOM B6.2.1

6.2.2

6.2.3

6.2.4

6.2.5

6.2.6

Internet

Webblad

Soekenjin

Tuisblad

Boekmerk

Hiperskakel

A

B

C

D

E

F

program wat items in 'n databasis soek en identifiseer wat met sleutelwoorde of karakters ooreenstem wat deur die gebruiker gespesifiseer is, en word veral gebruik om bepaalde webwerwe op die wêreldwye web te soek

globale rekenaarnetwerk wat 'n verskeidenheid inligting en kommunikasiefasiliteite verskaf, en bestaan uit onderling verbinde netwerke wat gestandaardiseerde kommunikasieprotokolle gebruik

hiperteksdokument wat aan die wêreldwye web gekonnekteer is

inleidende bladsy van 'n webwerf wat as inhoudsopgawe vir die webwerf dien

skakel van hiperteksdokument na 'n ander plek, geaktiveer deur op 'n verhelderde woord of prent te klik

om die adres van 'n webwerf, lêer, ensovoorts te stoor om vinnig in die toekoms toegang daartoe te verkry

(6 × 1) (6)

6.3 Verduidelik in VYF stappe hoe jy die blaaiergeskiedenis sal skoonmaak. (5)

6.4 Verduidelik hoe jy 'n webblad as 'n tekslêer sal stoor. (3)

6.5 Volg die stappe in VRAAG 6.4 en stoor enige webblad as 'n tekslêer deur 'n skermafdruk van die Stoordialoogblokkie te maak en die Stoor as tipe ('Save as type') aan te dui. (2)

6.6 Gebruik Internet Explorer se hulpfunksie om vir inligting te soek oor hoe om 'n gunsteling te organiseer. Kopieer en plak die inligting. (2)

6.7 Druk die dokument. (1)[20]

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Page 20: NCV/2019 February... · Web viewDie hardeskywe moet nagegaan word en skoongemaak word voordat die volgende groep se eksamensessie begin. GEEN kandidaat mag sy/haar werk vir 'n ander

(3061023) -20- NC2190(A)(M7)V

VRAAG 7: BASIESE BEGRIPPE VAN REKENAARS: LÊERBESTUUR

7.1 Maak die dokument oop wat as VRAAG 7 in die STUDENTELÊERGIDS gestoor is om die vrae hier onder te beantwoord. Voeg jou EKSAMENNOMMER in die boskrif in. (1)

7.2 Beskryf hoe jy 'n Word-dokument met 'n wagwoord sal beveilig. (5)

7.3 Wat beteken dit om 'n lêer te disinfekteer wanneer 'n virus 'n rekenaar infekteer? (2)

7.4 Gebruik die Hulp en Ondersteuningsfunksie ('Help and Support') om inligting te soek oor hoe om 'n CD of DVD te formateer.

Kopieer en plak die inligting. (4)

7.5 Noem DRIE redes vir die verlies van data op 'n rekenaar. (3)

7.6 Lêersamepersing is nuttig om rugsteunkopieë van lêers te maak op verwyderbare geheuetoestelle.

Maak 'n lys van DRIE voordele daarvan om 'n lêer te kompakteer ('zip'). (3)

7.7 Verduidelik hoe jy die herwinblik ('Recycle Bin') sal leegmaak. (3)

7.8 Gebruik die Hulp en Ondersteuningsfunksie om inligting te soek oor hoe om 'n ikoon op die werkskerm by te voeg. Kopieer en plak die inligting. (3)

7.9 Volg die instruksies in VRAAG 7.8 en skep 'n kortpad om die sakrekenaar vinniger oop te maak.

Maak 'n skermafdruk. (2)

7.10 Verduidelik hoe jy 'n nuwe lêergids in Windows Explorer sal skep. (3)

7.11 Druk die dokument. (1)[30]

TOTAAL: 300

Kopiereg voorbehou