ned geref gemeente lyttelton-oos die heroutlytteltonoos.org.za. · pauline sterk (6644151) met jan...

16
1 Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 8 Junie 2014 Hartlik welkom in die erediens vanoggend Webtuiste: www.lytteltonoos.org.za NUWE INTREKKERS Ons wil julle graag so gou moontlik tuis laat voel en deel maak van ons geloofsgesin! Bly gerus na die diens agter dan ontmoet ons mekaar voor die kansel. Julle kan ook ds Freddie Schoeman (084 581 8139) of Madelaine Steyn (0126644458) skakel. SONDAG 8 Junie Pinksterfees 09:00 Erediens: Freddie Schoeman (Val van Noordryk; Hiskia; Profete) 09:00 Kinderedienste / Snr Kategese 18:00 Aanddiens MAANDAG 9 Junie 19:00 Bedieningspanvergadering DINSDAG 10 Junie 09:00 Sustersbiduur / Bybelstudie WOENSDAG 11 Junie 17:00 Biduur VRYDAG 13 Junie 06:30 Grace Manna SONDAG 15 Junie Drie-eenheidsondag 09:00 Erediens: Freddie Schoeman Geen kategese as gevolg van langnaweek MAANDAG 16 Junie Jeugdag DINSDAG 17 Junie 09:00 Sustersbiduur / Bybelstudie WOENSDAG 18 Junie 17:00 Biduur VRYDAG 20 Junie 06:30 Grace Manna 18:00 Koffiehuisbesoek SONDAG 22 Junie Tweed Sondag in Koninkrykstyd 09:00 Erediens: Freddie Schoeman 09:00 Kinderedienste / Snr Kategese 18:00 Aanddiens MAANDAG 23 Junie 19:00 Parknavalvergadering DINSDAG 24 Junie 09:00 Sustersbiduur / Bybelstudie WOENSDAG 25 Junie 17:00 Biduur VRYDAG 27 Junie 06:30 Grace Manna SONDAG 29 Junie Drie-eenheidsondag 09:00 Erediens: Freddie Schoeman 09:00 Kinderedienste / Snr Kategese 18:00 Aanddiens VOORBIDDING Mike en Dina Fisher (Smutslaan 190A, 083 533 4664) met Mike wat herstel na ʼn rugoperasie. Sarie de Lange, Van Riebeeckln 42 (0126440378, 0731606165) gaan 10 Junie in vir ‘n rugoperasie. Faan en Magda Buys (Hans Strijdomlaan 143, 0839620108) met Magda wat binnekort moet ingaan vir rugoperasie. Pauline Sterk (6644151) met Jan wat die verlede week oorlede is. Mag jy in hierdie tyd die troos van ons Hemelse Vader beleef. Willem, Lien, Grové, Ivan en Talia Badenhorst (Van Riebeecklaan 285, 082 455 9357) met Willem wat in ʼn motorongeluk betrokke was. Elrinda Swiegelaar en haar kinders (Riebeeck w/s 10, 0720903150) wat herstel ná ʼn knie-operasie. Anadra en Phillip Crafford (Van Riebeeckln 196) met Anadra wat steeds behandeling ondergaan en waarskynlik in Junie geopereer gaan word. Leonè en Johan Du Preez (Van Krugerlaan 16: 0839686277) Leonè se moeder (77) wat herstel na ʼn operasie. Bid vir voorspoed en vinnige herstel. Bid asb vir Jan van Jaarsveld en Aksie Arbeiders. Hulle beleef groot finansiële druk en ander probleme.

Upload: phungminh

Post on 12-Jul-2019

213 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

1

Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos

DIE HEROUT Sondag, 8 Junie 2014

Hartlik welkom in die erediens vanoggend Webtuiste: www.lytteltonoos.org.za

NUWE INTREKKERS

Ons wil julle graag so gou moontlik tuis laat voel en deel maak van ons geloofsgesin! Bly gerus na die diens agter dan ontmoet ons mekaar voor die kansel. Julle kan ook ds Freddie Schoeman (084 581 8139) of Madelaine Steyn (0126644458) skakel.

SONDAG 8 Junie Pinksterfees

09:00 Erediens: Freddie Schoeman (Val van Noordryk; Hiskia; Profete) 09:00 Kinderedienste / Snr Kategese 18:00 Aanddiens

MAANDAG 9 Junie 19:00 Bedieningspanvergadering

DINSDAG 10 Junie 09:00 Sustersbiduur / Bybelstudie

WOENSDAG 11 Junie 17:00 Biduur

VRYDAG 13 Junie 06:30 Grace Manna

SONDAG 15 Junie Drie-eenheidsondag

09:00 Erediens: Freddie Schoeman Geen kategese as gevolg van langnaweek

MAANDAG 16 Junie Jeugdag

DINSDAG 17 Junie 09:00 Sustersbiduur / Bybelstudie

WOENSDAG 18 Junie 17:00 Biduur

VRYDAG 20 Junie 06:30 Grace Manna 18:00 Koffiehuisbesoek

SONDAG 22 Junie Tweed Sondag in Koninkrykstyd

09:00 Erediens: Freddie Schoeman 09:00 Kinderedienste / Snr Kategese 18:00 Aanddiens

MAANDAG 23 Junie 19:00 Parknavalvergadering

DINSDAG 24 Junie 09:00 Sustersbiduur / Bybelstudie

WOENSDAG 25 Junie 17:00 Biduur

VRYDAG 27 Junie 06:30 Grace Manna

SONDAG 29 Junie Drie-eenheidsondag

09:00 Erediens: Freddie Schoeman 09:00 Kinderedienste / Snr Kategese 18:00 Aanddiens

VOORBIDDING

Mike en Dina Fisher (Smutslaan 190A, 083 533 4664) met Mike wat herstel na ʼn rugoperasie.

Sarie de Lange, Van Riebeeckln 42 (0126440378, 0731606165) gaan 10 Junie in vir ‘n rugoperasie.

Faan en Magda Buys (Hans Strijdomlaan 143, 0839620108) met Magda wat binnekort moet ingaan vir rugoperasie.

Pauline Sterk (6644151) met Jan wat die verlede week oorlede is. Mag jy in hierdie tyd die troos van ons Hemelse Vader beleef.

Willem, Lien, Grové, Ivan en Talia Badenhorst (Van Riebeecklaan 285, 082 455 9357) met Willem wat in ʼn motorongeluk betrokke was.

Elrinda Swiegelaar en haar kinders (Riebeeck w/s 10, 0720903150) wat herstel ná ʼn knie-operasie.

Anadra en Phillip Crafford (Van Riebeeckln 196) met Anadra wat steeds behandeling ondergaan en waarskynlik in Junie geopereer gaan word.

Leonè en Johan Du Preez (Van Krugerlaan 16: 0839686277) Leonè se moeder (77) wat herstel na ʼn operasie. Bid vir voorspoed en vinnige herstel.

Bid asb vir Jan van Jaarsveld en Aksie Arbeiders. Hulle beleef groot finansiële druk en ander probleme.

2

DIE GROOT VERHAAL BYBELLEESPROGRAM

Die volgende deel van die reeks Die Groot Verhaal begin weer vandag. Die skriflesings vir die week word hieronder gegee. Dit handel oor die koms van koningskap in Israel met Saul as die eerste koning en Samuel as die laaste

rigter.

RIGLYNE VIR GESINSBYEENKOMSTE

Die huisgesin is die vrugbare bedding waarbinne die saad van geloof wat met ons doop in ons geplant is kan ontkiem en kan groei. Daarom is dit noodsaaklik dat 'n huisgesin of huishouding gereeld rondom die Woord sal vergader. Die Woord is ons primêre voedingsbron vir geloofsgroei. Maar hoe, in ons besige lewe, is dit moontlik vir 'n huisgesin om gereeld so bymekaar te kom? Daaglikse byeenkomste is bykans onmoontlik. Vir die meeste gesinne is dit egter tog gangbaar om ten minste een maal per week byeen te kom. Dit hoef nie gekompliseerd te wees nie. Begin met ʼn gebed (laat elkeen ʼn beurt kry) en lees ʼn gekose stukkie uit die Bybel of vertel die storie vir kleiner kinders. Hierdie week kan julle fokus op een van die verhale van Elia Die volgende vrae kan dan gevra word: Wat leer ons in hierdie verhaal oor God? Wat leer ons in hierdie verhaal oor mense? Wat leer ons in hierdie verhaal oor die verhouding tussen God en mense?

Datum Tema Skrifgedeelte

Sondag 8 Junie Agab en Elia 1 Konings 15-18

Maandag 9 Junie Agab, Elia en Nabot 1 Konings 19-22

Dinsdag 20 Junie Elia en Elisa 2 Konings 1-4

Woensdag 11 Junie Elisa 2 Konings 5-8

Donderdag 12 Junie Konings van Juda en Israel 2 Konings 9-11

Vrydag 13 Junie Konings van Juda en Israel 2 Konings 12-14

Saterdag 14 Junie Konings van Juda en Israel 2 Konings 15-17

3

NATANIËL

26 JULIE 2014

Nataniël kom vir ons kuier die 26ste Julie om 11h00 by ons Gemeente!! R150pp Moet dit nie misloop nie. Ons moet die saal vol maak so ons het elkeen se inset nodig asb. Nooi u vriende en famielie en adverteer die geleentheid op u facebook blad Laat weet vir Lodewyk asb dadelik as u kaar-tjies wil hê sodat u plek bespreek kan word. Daar is net plek vir 400 gaste. Kontak Lodewyk Sel no: 0721571190 Email: [email protected]

4

Preek Sondag 1 Junie 2014

Reeks: Die Groot Verhaal Tema: Die dwaasheid van Salomo

Dwaasheid is nie die woord wat ‘n mense normaalweg met Salomo assosieer nie. Hy staan immers bekend as een van die wysste manne in die geskiedenis. Wanneer ons egter die Bybel mooi lees, dan sien ons dat die finale oordeel wat die skrywer van hierdie deel van die Bybel oor Salomo uitspreek, ʼn negatiewe een is. 1 Konings 11:6 6Salomo het gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here. Hy het nie aan die Here getrou gebly soos Dawid, sy pa, nie. Hoe gebeur dit dat iemand wat alles het, iemand in wie se guns alles skynbaar ver-loop, uiteindelik beskryf kan word as ʼn mislukking soos wat die Bybelskrywer dit hier doen? Ons ken baie sulke mense, mense wat alles in hulle guns gehad het en uitein-delik alles weggegooi het: Simson, Judas, Ingrid Jonker, Hansie Cronjé, Oscar Pisto-rius, Marlyn Monroe, Michael Jackson, Lindsey Lohan, Kurt Cobain, Elvis Presley, Whithney Houston ens. Almal mense wat hulle self op die een of ander wyse gesab-oteer het – mense wat meer onthou sal word vir tragiese in hulle lewe as vir hulle prestasies. Salomo begin goed. 1 Konings 3:5-9 5Daar in Gibeon het die Here die nag in ’n droom aan Salomo verskyn en vir hom gevra: “Wat wil jy hê moet Ek vir jou gee?” 6Toe sê Salomo: “... 7Here my God, U het my koning gemaak in my vader Dawid se plek, maar ek is nog jonk en onervare 8en ek moet regeer oor die volk wat deur U uitgekies is, ’n groot volk, te veel om te tel. 9Gee my die gehoorsaamheid aan U dat ek u volk reg sal regeer en in alles insig sal hê, want wie kan uit homself hierdie groot volk van U regeer!” Salomo se intensie was reg. Sy roeping was om ʼn goeie regeerder, ʼn goeie koning te wees. Ons moet in gedagte hou dat die Here nie baie beïndruk is met die gedagte van koningskap nie. ʼn Paar weke terug het ons gesien dat die Here baie teensinnig vir Samuel gesê om tog maar ʼn koning vir die volk te salf. Die ideaal was dat die Here self die koning van die volk sou wees. Maar as daar dan nou ʼn koning moet wees, moet dit ten minste ʼn koning wees wat die belange van die hele volk op sy hart dra en nie net om sy eie magsbasis te verstewig nie. Salomo is egter ʼn tragiese figuur. Hy was nie ʼn slegte mense nie. Sy bedoelings was goed en hy het goed weggespring. Hy het die tempel gebou en dit is op Godvererende wyse ingewy. Hy kon dit doen omdat hy ryk was – die Here het hom geseën met groot voorspoed en rykdom. Salomo se rykdom was legendaries. Die Bybelskrywer kan omtrent nie uitgepraat raak daaroor nie. In 1 Konings 10 beskryf hy Salomo se rykdom so: 14Salomo se jaarlikse inkomste aan goud het sowat drie en twintig ton beloop, 15be-halwe nog wat die reisigers en handelaars en al die konings van Arabië en die Israel-

5

itiese goewerneurs ingebring het. ... 21Al koning Salomo se drinkgerei was van goud. Alles wat in die Libanonsbosgebou gebruik is, was van fyngoud. Silwer was in Salomo se dae so volop dat dit nie as iets besonders beskou is nie. 22Die koning het ’n vloot gehad wat saam met dié van Hi-ram na Tarsis toe gevaar het. Om die drie jaar het die Tarsisvloot teruggekom, vol goud en silwer, ivoor, ape en bobbejane. Behalwe rykdom het Salomo ook internasionale aansien en mag gehad.

23Koning Salomo het al die konings van die aarde oortref in rykdom en wysheid. 24Die hele wêreld het geprobeer om hom te sien te kry en die wysheid wat God hom gegee het, aan te hoor. 25Elkeen het sy geskenk saamgebring: silwer- en goudware, man-tels, wapenrusting, kosbare kruie, perde en muile. So het dit jaar vir jaar gegaan. Al hierdie rykdom het vergaan na Salomo se dood. Die eens magtige ryk van Dawid en Salomo is in twee verdeel. Die internasionale aansien van die koninkryk het soos mis voor die son verdwyn. Israel en Juda was weer twee klein speelballe in die inter-nasionale politiek. Hoekom? Hoe het dit gebeur? Die saad hiervoor is in Salomo se regeringstyd geplant. Dit alles was grootliks die gevolg van dom, dwaas, kortsigtige besluite wat Salomo geneem het. Wat was hierdie besluite?

Eerstens: Gedryf deur sy drang om wraak te neem, het Salomo vir Abjatar, die hoëpriester uit die noordelik deel van die land, afgesit. Verlede week het ons gesien dat Dawin, met die doel om eenheid tussen die noorde en die suide te bewerkstellig, twee hoëpriesters aangestel, naamlik Sadok van Hebron, uit die nageslag van Aäron in die suide, en Abjatar van Silo uit die nageslag van Moses in die noorde. Abjatar het egter Salomo se broer, Adonia, gesteun vir die koningskap. Vir Salomo was dit ʼn ernstige misstap en hy het Abajatar uit Silo verban na Anatot.

Tweedens: Hy het sy hoofstad, Jerusalem, opgebou ten koste van die noorde-

like stamme. Salomo het ʼn verdrag gesluit met koning Hiram van Tirus om hout en goud te lewer vir die bou van sy paleis en die tempel. In 1 Konings 9:10-11 lees ons hoe Salomo vir koning Hiram vergoed het: 10Na afloop van die twintig jaar waarin Salomo die twee geboue opgerig het, die huis van die Here en die koninklike paleis, 11waarvoor koning Hiram van Tirus aan Salo-mo soveel sederhout, sipreshout en ook goud gelewer het as wat hy wou hê, het koning Salomo twintig stede in Galilea aan Hiram oorgedra. Waar was Galilea geleë? In die noorde van die land! Die noorde van die land moet dus vir alles betaal.

Derdens: Salomo het ʼn stelsel van streekbestuurders ingestel, met die eerste

oogopslag ʼn baie goeie administratiewe reëling. In 1 Konings 4:7 lees ons: 7Salomo het twaalf streekbestuurders in die hele Israel aangestel met die oog op die onderhoud van die koning en sy hof. Elkeen was verantwoordelik vir een maand per jaar se onderhoud.

6

Die streke word dan gelys – elkeen met die naam van die streekbestuurder. Daar is egter een streek wat nie genoem word nie. Naamlik die hele suidryk – Juda! Hierdie verpligting om aan die onderhoud van die koning te voorsien het dus net op die noordelike stamme geval.

Die gevolg hiervan was die skeuring van die ryk na sy dood waaraan ons volgende week meer aandag aan gaan gee. Terwyl Salomo gelewe het, aan die einde van sy regeringstyd, het daar ʼn aantal rebellies ontstaan, onder andere een deur Jerobeam. Hy is aangespoor hiertoe deur ʼn profeet. 1 Konings 11:29-31 29Dit was in hierdie tyd dat Agija, ’n profeet uit Silo, vir Jerobeam op die pad buite Jerusalem teëgekom het. Agija het ’n nuwe mantel aangehad, en terwyl net hulle twee daar in die veld was, 30vat Agija die nuwe mantel wat hy aangehad het, skeur dit in twaalf stukke 31en sê vir Jerobeam: “Vat vir jou tien stukke, ... Silo was die plek in die noorde van die land waar Abajatar die hoëpriester was, die hoëpriester wat deur Salomo afgesit is en na Anatot verband is. Salomo pluk nou die wrange vrugte van sy oordeelsfout. Na sy dood het die noordelike stamme by Sigem bymekaargekom om te besluit of hulle Rehabeam, Salomo se seun as koning gaan aanvaar. Hulle vra hom toe of hy dieselfde gaan doen met hulle as sy pa Salomo. Toe sê hy (1 Konings 12:10b-11):

My pinkie is dikker as my pa se middellyf. 11My pa het ’n swaar juk op julle laat druk, ek gaan die juk nog swaarder maak. My pa het julle met swepe geslaan, ek sal julle met gésels slaan.”

Hulle jaag hom toe weg en maak vir Adoniram, die hoof van die dwangarbeid, dood. Die Bybel sê (1 Kon 12:18): ... en koning Rehabeam self het dit net-net reggekry om op sy strydwa te kom en na Jerusalem toe te vlug. Daarmee het die goue era van Dawid en Salomo tot ʼn einde gekom. Die glorieryk, magtige ryk van Israel was tot niet. Die twee klein koninkrykies wat oorgebly het, was gedoem tot uiteindelike mislukking en ballingskap.

---ooo---000---ooo---

Wat is die les wat ons hieruit kan leer? Wat wil hierdie deel van die Bybel vir ons sê oor God, en oor mense, en oor die verhouding tussen God en mense? Geld, mag, eer, roem, rykdom – dit het alles die geneigdheid om die siel van die mens te vergiftig. Dit lei tot hoogmoed, gierigheid, jaloesie. Dit laat ʼn mense perspektief verloor. Ons verloor perspektief op die rede vir ons

7

bestaan. Ons is tog nie op die aarde geplaas om soveel as moontlik rykdom en mag en eer te versamel nie. Die eintlike rede vir ons bestaan is die roeping wat die Here vir ons gee. Salomo se roeping was om ʼn goeie koning te wees. Wat ons roeping ook al is, dit het altyd te doen met ons basiese roeping tot dissipelskap: om die wêreld te vul met liefde, vrede en vreugde. Dit beteken dat as die Here ons seën met gawes soos ʼn inkomste, intelligensie, gesondheid, talente materiële dinge, dan is daar ʼn rede daarvoor – en daardie rede het niks te doen moet ons eie gerief en gemak nie. Dit het alles te doen met waarvoor ons die seëninge en die gawes aanwend. Alles wat ons het behoort immers in die eerste plek aan die Here, en behoort aangewend te word in diens van ons roeping en in diens van die werk van die Here. Ongelukkig is dit juis hierdie dinge waarmee die Here ons seën wat ons aandag van ons roeping en van die Here aftrek. Wanneer Jesus vir die ryk jong man sê: gaan verkoop alles wat jy het en volg My, dan is daar ʼn goeie rede daarvoor. Jesus wil hê hy moet loskom van alles wat sy siel vergiftig en hom perspektief laat verloor. Jesus wil hom laat dink oor wat eintlik bel-angrik in die lewe is. Jesus wil hom laat verstaan waarom hy ryk en suksesvol is – nie omdat hy so ʼn goeie mense is of omdat hy dit verdien nie. Die beginsel is dit: Die Here vertrou alles wat Hy vir ons gee aan ons toe, met die hoop en verwagting dat ons dit sal gebruik om ander mense daarmee te seën. Dit kan egter baie maklik gebeur dat dit juis die oorsaak is dat ons nie ons oog op die geestelike bal hou nie. Dit kan so maklik gebeur dat ons, soos Salomo, aan die einde van ons lewens kom en dan eers besef: ek het toe nooit gedoen wat die Here eintlik van my verwag het nie. Dan word daar ook oor ons lewens geskryf: “Hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die Here.” Dan is ons ʼn tragiese figuur soos Hansie Cronjé en Oscar Pis-torius – mense met ontsaglike potensiaal maar wat hulle oog van die bal afgehaal het. Ons moet huis toe gaan en mooi gaan dink oor ons lewe. Is ons besig waarmee ons besig moet wees? Het ons nie dalk die oog van die bal afgehaal nie? Is ons prioriteite nog reg? Het ons nog ons oog op ons roeping en dit wat die Here van ons verwag? Wend ons ons rykdom, ons seëninge, ons talente, ons gawes tot voordeel van die Here en in diens van ons roeping aan, of hou ons dit vir onsself? ʼn Vervulde en betekenisvolle lewe is binne ons bereik: ons moet net nie ons oog van die bal afhaal, soos Salomo gedoen het, nie.

Freddie Schoeman

8

MODERN KITCHENS & CUPBOARDS

Installasies van nuwe kombuis– en hangkaste. Beplanning en uitleg. Asook “face-lifts” van bestaande kaste. Kontak: Jacques by 0828976423

MAKRO Gaan koppel jou kaart aan Lyttelton-Oos Gemeente se rekening by Macro. So verdien ons ‘n paar rand van hulle af. Onthou asb om seker te maak dat dit op Lyt-telton-OOS geplaas word. Anders kry 'n ander ge-meente ons deel!

"JOU NUTSMAN"

Kontak JAAP by 083 469 4397 (of Anje by 082 878 1541) as u opsoek is na ‘n vriendelike, doeltreffende en bekostigbare Nutsman. Ons werk is be-troubaar en deeglik en ons kan jou met byna enigiets help. Ondersteun hulle gerus!! Doen navraag by Ilna Kovacs.

Laai die klankopnames van preke af by:

http://www.lytteltonoos.co.za/FTPdownloads/index.htm

‘n Borg by van die Golfdag - Baie Dankie!

ECO BOOMSLOPINGS VIR SLOPING OF SNOEI VAN BOME

ONS KAN OOK DIE GESLOOPTE/ GESNOEIDE PLANTE VAN U PERSEEL VERWYDER

VIR PROFESIONELE EN VRIENDELIKE DIENS KONTAK: JACO 0837892617

9

KINDERBESKERMINGSWEEK

Baie dankie aan almal wat kinderbeskerming-sweek ondersteun het deur 'n groen lint te dra. Baie dankie ook Bianca en Marion van Graan wat die linte gemaak het. Hou steeds die veiligheid van ons kinders in ged-agte.Om gevalle van mishandeling en verwaarlos-ing aan te meld, skakel die Kinderlyn by 0800

055 555 of kontak Kinderwelsyn by 0861 4 CHILD (24453) / 011 452-4110 / e-mail:[email protected]

OOSTERBLIK  

Sluitingsdatum vir nuusberigte, artikels, foto's, bydraes vir Volume 1 Uitgawe 2 is Sondag 16 Junie. Wat laat ingehan-dig word, sal moet oorstaan vir die volgende uitgawe. Ons ontvang graag julle stories, foto's, getuienisse, skryfsels en berigte van alle gemeentelike aktiwiteite. As jy graag iets vil vertel, maar jou nie bekwaam voel om daaroor te skryf nie, ska-kel met enige redaksielid; hulle sal die feite by jou kry en omsit in 'n storie/berig. Stuur asseblief alles na [email protected], nie na individue nie. Kommentaar op die eerste uitgawe, aanbevelings, wenke, voorstelle is baie welkom. Gemeentelede wat nog nie Volume 1 Uitgawe 1 onder oë gehad het nie, kan dit aflaai van die ge-meente se webblad. Vir die wat nie rekenaartoegang het nie, kan 'n harde kopie gedruk word op aanvraag. Reël dit asseblief met Madelaine.

10

Voorsitter van die Kerk-raad

Lourens Botha 0823396136 [email protected]

Leier van die Oud-erlingraad

Johan Bauer 0833053768 [email protected]

Leier van die Diakonie Pierre Blignaut 0824668990 [email protected]

Bedieningspanleier Schalk Meyer 0825200186 [email protected]

Leier Inkomproses Tania Roos 0829589417 [email protected]

Bedieningsleier: Tee Carien Blignaut 0828567410 [email protected]

Leier Versorgings-proses

Madelaine Steyn 0126644458 [email protected]

Orrelis Dolly Pienaar 0790383883

Bedieningsleier: Projek-siespan

Johan Freysen 0828055330 [email protected]

Bedieningsleier: Groeiproses

Tian Dry 0823206477 [email protected]

Bedieningsleier: Groei-groepe

Faan Buys 0833040424 [email protected]

Bedieningsleier: Jeug Tian Dry 0823206477 [email protected]

Leier Uitstuurproses Schalk Meyer 0825200186 [email protected]

Bedieningsleier Grace Manna

Heinz Meissner 0828068530 [email protected]

Bedieningsleier Koffiehu-is

Schalk Meyer 0825200186 [email protected]

Bedryfspanleier Helét van der Mer-we

0835560532 [email protected]

Taakspanleier: Eien-domme

Gerhard Steyn 0848699656 [email protected]

Koster Willem Scholtz 0828539588 [email protected]

Taakspanleier: Admin-istrasie

Madelaine Steyn 0126644458 [email protected]

Taakspanleier: Finansies Jannie Badenhorst 0824166674 [email protected]

Taakspanleier: Kommu-nikasie

Tandi van Niekerk 0768783646 [email protected]

Taakspanleier: Perso-neel

Faan Buys 0833040424 [email protected]

Voorsitter: Klub Immer-groen

Rina van der Mer-we

0832715608

Begrafnisbediening Ria Maree 0126643364

Redakteur Oosterblik Leonette Smit 0126644335 [email protected]

Wie doen wat in Lyttelton-Oos

11

BELANGRIKE DATUMS VIR 2014

Die jaarprogram van die gemeente het weer eens net een groot doel voor oë: Om dissipels wat vrugte dra tot eer van die Vader te vorm. Daarom is die program so ontwerp en saamgestel om elke lidmaat die geleentheid te gee om geestelik te groei en sterk te word. Doen dus moeite om nou reeds die datums hieronder in jou dagboek aan te teken sodat jy nie dalk 'n belangrike groei-geleentheid misloop nie. Oggenddienste: Elke Sondag om 09:00 Aanddienste: Sommige Sondagaande om 18:00 (Sien Almanak) Bedieningspanvergaderings: Een maal per maand op ʼn Maandag om 19:00 (Sien almanak) Bedryfspanvergaderings: Twee maal per maand op ʼn Maandag om 19:00 (Sien almanak) Grace Manna: Vrydagoggende om 06:30—08:00 Koffiehuisbesoeke (Straatbediening): Twee maal per maand op Vrydagaande om 18:00 (Sien almanak) Junior Kategese (Kindereredienste): Elke Sondag in die kwartaal om 09:00 Senior Kategese: Elke Sondag in die kwartaal om 10:00 (net na oggenddiens) Jeugbash: Vrydae 27 Junie en 28 November 2014 om 18:00 (Skakel Tian Dry) Klub Immergroen: Uitstappie 23 Julie om 09:00 en 17 September om 09:00 Die Groot Verhaal: Reeks het begin op Sondag 2 Februarie (sien almanak) Ontdek jou Potensiaal: 25 Mei en 31 Augustus om 11:00—18:00 (Skakel Carla Pretorius) Emmaus Walk vir Manne: 14–17 Augustus 2014 Emmaus Walk vir Vroue: 21–24 Augustus 2014 Nataniël: Saterdag 26 Julie 2014 om 11:00 Gemeenskapsete (met Randall Wicomb): Vrydagaand 29 Augustus19:00 PARKNAVAL: Saterdag 30 Augustus vanaf 09:00 Gemeentekamp: 10-12 Oktober 2014 Oesfees: Sondag 26 Oktober 2014 vanaf 12:00 Kersete: Klub Immergroen by Shelanti. Sondag 2 November 2014 om 11h30 Kerssangdiens: Sondag 30 November 2014 om 19:00

GROEIGROEPE

Die doel van groeigroepe is om gelowiges te help om sterk te word in die geloof. 'n Sterk geloof help om die uitdagings van die lewe aan te gryp en

staande te bly teen die aanslae van die lewe.

As jy deel wil word van 'n groeigroep, skakel Faan Buys by 0833040424.

12

WORD DEEL VAN EEN VAN ONS GEBEDSNETWERKE

OP "WHATSAPP"

Skakel vir Tian Dry by 0823206477

As jy nie toegang tot WhatsApp het nie word dan deel van ons

e-pos gebedsnetwerk

deur 'n e-pos te stuur aan: [email protected]

Ontdek jou Potensiaal

Wat is jou lewensdoel? Waarvoor is jy in die wieg gelê? Watter natuurlike vermoëns het die Here vir jou

gegee?

Die Ontdek jou Potensiaal seminaar help deelnemers om groter insig in hulleself te kry en so ook hulle lewensroeping en die soort

dienswerk waarvoor die Here hulle geskep het, beter te verstaan.

Daar is hierdie jaar nog een geleentheid: 10 Augustus. Om in te skryf: SMS "Ontdek jou Potensiaal" en jou naam na Carla Pretorius by 0723997648.

GRACE MANNA 2014

Kom bedien werksoekers in nood met die liefde van die Here en maak ʼn verskil in

ons omgewing.

Vrydagoggende van 06h30 tot 08h00.

13

HULP MET TRAUMA BESKIKBAAR

Twee van ons gemeentelede het die afgelope tyd 'n internasionale ser-tifikaat in "Trauma Incident Reduction" verwerf en is nou opgelei om lidmate en alle ander mense wat trauma in hulle lewe beleef het te help om dit te verwerk. Hulle is: Bianca van Graan (Tel: 012 664 6568 Sel: 071 493 7668 E-pos: [email protected]) Madelaine Steyn (Tel: 012 664 4458 Sel: 082 354 2455 E-pos: [email protected]) Ons kan jou help om met enige trauma wat jy al in jou lewe ervaar het en dit nog nie verwerk het nie, al is dit 20 jaar gelede. Onthou dat al dink jy jy het ’n trauma verwerk en gaan normal aan is daar ’n groot moontlikheid dat die trauma sekere reaksies uitlok in jou lewe, dinge wat jy dalk moontlik anders sou gedoen het. Die proses word baie konfidensieel hanteer. Skakel Madelaine of Bian-ca gerus om meer uit te vind.

KLUB IMMERGROEN Onthou pannekoekverkope die 20ste Junie. Bestelvorms is beskikbaar by die deure..

CMR Ons benodig kitspap en boksie melk vir kinders asb. Baie dankie vir u bydrae.

14

VERBLYF IN ONS TUIS OUETEHUIS Ons Tuis Ouetehuis in Riviera bied kwaliteit 24-uur verpleegsorg vir verswakte ouer persone, asook diegene met Alzheimer siekte. Indien u sou belangstel vir meer inligting kontak die Maatskaplike Werker Danielle Lange gedurende kantoor-ure by 012-329 3623 of stuur ‘n e-pos na [email protected]

15

HUWELIKSHERDENKINGS

Van Noemnaam Huweliks– herdenking

Kortadres Landlyn Selfoon

Stolz Erhard 14/6/1997 Smutsln 224 664 5897 27721090605

Stolz Hermien 14/6/1997 Smutsln 224 664 5897 27832357552

PARKNAVAL Voor ons ons oë uitveë is dit weer Parknavaltyd. Ons hou ons eerste vergadering die 23ste Junie 2014 en sal dit baie waardeer as u elkeen wat belangstel om deel te wees van die reëlings die vergadering sal bywoon sodat ons ‘n goeie afskop kan hê. Baie dankie vir die ou staatmakers wat altyd gereed is om te help en in te spring. Ons wil graag ons nuwe lidmate uitnooi om deel van hierdie groot dag te word en vir ons lekker nuwe idees te bring wat die dag ‘n groot sukses kan maak. Onthou dat Randal Wichomb die Vrydag aand 29 Aug by ons kuier en hy Saterdag by ons gaan deurbring. Sien baie uit daarna om julle in aksie te sien. Madelaine Sel: 0823542455 Kantoor 012 664 4458

16

VERJAARSDAE

DOOPHERDENKINGS

Van Noemnaam Verjaar Kortadres Landlyn Selfoon

Bareuther Kevin 06/08

Reestland WS 9

644 0273 27837254358

Bester Ann 06/08

Krugerln 100 082 372 9934 27824218711

Du Preez Hardus 06/08 Smutsln 334 664 4145 27828871364

Lamprecht Pieter 06/08

Unieln 199(A) 072 387 7023 27723877023

Buys Magda 06/09

Hans Strijdomln 143

664 4756 27839620108

Erasmus Ethan

06/10

Hans Strijdomln 192

644 0494 27724907708

Schmidt Pieter 06/11

Van Rie-beeckln 190

664 6786 27828415907

Van Noemnaam Doop–

herdenking Kortadres Landlyn Selfoon

Coetzer Jhanke 09/06/2013 Krugerln 230 664 8485 27837659475

Fourie Carla 13/06/1999 Hans Strijdomln 215A

644 0134 27837810354

Van Staden Reynhardt 10/06/2007 Canton-mentsweg 11

664 8117 27823225584