negester klein-kariba: nuusbrief iv (2017)9sterkk.info › wp-content › uploads › 2019 › 01...

4
Negester Klein-Kariba: Nuusbrief IV (2017) Beste Eienaar 2017 se uurglas is besig om baie vinnig leeg te loop. Ek weet nie of dit die ouderdom of aardbesoedeling (tong in die kies) is nie, maar om die een of ander rede voel dit vir my hoe ouer ‘n mens word hoe korter word die jare. Ons het die jaar met 42 voltooide huise begin en ons gaan na alle waarskynlikheid 88 voltooide huise met die aanbreek van die bouervakansie hê. Met 41 huise in aanbou en 37 projekte in die pyplyn, verwag ons dat die Negester-gemeenskap in 2018 weer kan verdubbel. Ons doen ‘n beroep op almal wat gedurende die komende Kerstyd dit op die paaie gaan waag om asseblief versigtig te bestuur. Ek glo dat die meeste van ons hierdie jaar met jan-tuisbly-se-karretjie gaan ry en Negester se strate bedrywig sal wees met aktiewe oupas, oumas, kinders en kleinkinders – hetsy op pad na of terug van die swembad, minigolfbaan en wandelpaaie. Wat ‘n goeie vooruitsig vir almal van ons. ‘n Geseënde Christus-fees en ‘n besondere voorspoedige Nuwejaar vir almal. Piet Pieters Terugvoer van die HEV-vergadering gehou op 29 November 2017 Algemeen Swembad: Werksaamhede is volstoom aan die gang om die swembad en kleedkamers teen 15 Desember gereed te kry. Daar gaan mooi sambrele, tafeltjies en stoele op die grasperk by die swembad wees. ‘n Tydelike heining word vir beveiliging opgerig. Op die foto (hiernaas) inspekteer dr. Kotie Kruger en Sieg de Beer die bouwerk. Veeldoelige saal: Fase 2 van die klubhuisfasiliteite (die swembad is Fase 1), wat bestaan uit ‘n veeldoelige saal wat ongeveer 90 mense kan huisves en ‘n klein kombuis, word vir 2018 beplan.

Upload: others

Post on 04-Jul-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Negester Klein-Kariba: Nuusbrief IV (2017)9sterkk.info › wp-content › uploads › 2019 › 01 › negester... · word die jare. Ons het die jaar met 42 voltooide huise begin en

Negester Klein-Kariba: Nuusbrief IV (2017)

Beste Eienaar

2017 se uurglas is besig om baie vinnig leeg te loop. Ek weet nie of dit die ouderdom of aardbesoedeling (tong in die kies) is nie, maar om die een of ander rede voel dit vir my hoe ouer ‘n mens word hoe korter word die jare. Ons het die jaar met 42 voltooide huise begin en ons gaan na alle waarskynlikheid 88 voltooide huise met die aanbreek van die bouervakansie hê. Met 41 huise in aanbou en 37 projekte in die pyplyn, verwag ons dat die Negester-gemeenskap in 2018 weer kan verdubbel.

Ons doen ‘n beroep op almal wat gedurende die komende Kerstyd dit op die paaie gaan waag om asseblief versigtig te bestuur. Ek glo dat die meeste van ons hierdie jaar met jan-tuisbly-se-karretjie gaan ry en Negester se strate bedrywig sal wees met aktiewe oupas, oumas, kinders en kleinkinders – hetsy op pad na of terug van die swembad, minigolfbaan en wandelpaaie. Wat ‘n goeie vooruitsig vir almal van ons.

‘n Geseënde Christus-fees en ‘n besondere voorspoedige Nuwejaar vir almal.

Piet Pieters

Terugvoer van die HEV-vergadering gehou op 29 November 2017 Algemeen Swembad: Werksaamhede is volstoom aan die gang om die swembad en kleedkamers teen 15 Desember gereed te kry. Daar gaan mooi sambrele, tafeltjies en stoele op die grasperk by die swembad wees. ‘n Tydelike heining word vir beveiliging opgerig. Op die

foto (hiernaas) inspekteer dr. Kotie Kruger en Sieg de Beer die bouwerk.

Veeldoelige saal: Fase 2 van die klubhuisfasiliteite (die swembad is Fase 1), wat bestaan uit ‘n veeldoelige saal wat ongeveer 90 mense kan huisves en ‘n klein kombuis, word vir 2018 beplan.

Page 2: Negester Klein-Kariba: Nuusbrief IV (2017)9sterkk.info › wp-content › uploads › 2019 › 01 › negester... · word die jare. Ons het die jaar met 42 voltooide huise begin en

Voorsiening word gemaak vir tafels, stoele, rusbanke op die stoepe en projektor-fasiliteite in die saal vir flieks en sportgeleenthede.

Vergrote karavaanstaanplekke: Daar blyk ‘n aanvraag te wees vir karavaanstaanplekke met groter afmetings. Die HEV gaan ‘n opname doen om die aanvraag te bevestig, en die staanplekke sal in 2018 daarvolgens gebou word. Gaan maak ʼn draai by die HEV-kantore vir meer inligting.

Rehabilitasie en stormwaterbeheer: Verskeie areas is geïdentifiseer vir rehabilitasie en stormwaterbeheer, en die werk vind deurlopend plaas. Indien jy weet van ʼn area wat gerehabiliteer moet word óf waar stormwaterbeheer toegepas moet word, lig asb. vir Tom Biewenga hieroor in sodat hy dit verder met die ontwikkelaar kan opneem.

Tuine op gemeenskaplike areas: Ons wil ʼn dringende beroep doen op al die inwoners om hulself te vergewis van die Negester se landskapriglyne. Die volgende riglyn is van kardinale belang ten opsigte van die bestuur van groenstroke op die landgoed soos vervat in Negester Klein-Kariba Landskapriglyne (2016):

“Tuinbou en landskaperingaktiwiteite van ‘n eienaar word beperk tot die erfgrense. Geen uitbreiding van ‘n private tuin sal in die aangrensende openbare area toegelaat word nie. Dit sluit aanplantings, spuitfonteine, potte, besproeiing, stoorarea, swembadtoerusting, boma, grondwerke en spoelwalle in. Nuwe bome mag slegs met die goedkeuring van die HEV aangeplant word. Boomspesies wat toegelaat word, is die wat natuurlik op die landgoed voorkom. ‘n Eienaar mag slegs gras tussen sy erfgrens en die straat aanplant.”

Eienaars se samewerking met die toepassing van die riglyn sal baie waardeer word. Die volledige dokument kan op die webtuiste onder “Dokumente” afgelaai word.

Maspale: Negester Klein-Kariba het ten doel om ʼn Bosveldse plaasargitektuur daar te stel en die estetiese aansig en boustyl van wonings moet dit ondersteun. Die oprigting van ʼn maspaal vir die gebruik van tegnologie moet ook bogenoemde beginsels ondersteun. Die HEV wil graag versoek dat indien julle van ʼn ander diensverskaffer as Telkom gebruik maak, die maspale binne die estetiese-raamwerk van die landgoed sal pas. Die gebruik van die Telkom-veselnetwerk sal altyd deur die HEV aangemoedig word, maar indien ‘n maspaal geïnstalleer moet word, mag dit nie hoër as 1 meter bokant dakhoogte wees nie.

Private borde: Soos in die HEV-huisreëls vervat, mag eienaars/inwoners geen advertensie- of kennisgewingborde op hul eiendom plaas nie. Waar sulke borde op eiendom aangebring is, sal die landgoedbestuurder eienaars versoek om dit te verwyder.

Voer van wild: Dit is ‘n besondere voorreg om wilde diere vanaf jou voorstoep te sien wei, maar hiermee saam kom daar ook ʼn paar moets en moenies. In die HEV se woordeskat bestaan daar nie iets soos ‘n probleemdier nie. Dit is gewoonlik mense wat diere in hulle eie persoonlike voorkeure in dwing en dan moet die dier altyd aan die kortste ent trek sou iemand deur die dier beseer word. Ons versoek dat inwoners nie diere by hul huise sal voer nie. Die voer van voëls, eekhorings en nagapies is toelaatbaar, maar ons doen tog ‘n beroep op almal om alle voëlkos en vrugte onmiddellik te verwyder sodra daar primate in die landgoed opgemerk word.

Page 3: Negester Klein-Kariba: Nuusbrief IV (2017)9sterkk.info › wp-content › uploads › 2019 › 01 › negester... · word die jare. Ons het die jaar met 42 voltooide huise begin en

Knaagdierbeheer: By Negester Klein-Kariba, soos oral die geval in die Bosveld, kan ons ‘n verskeidenheid van insekte, reptiele, voëls asook knaagdiere verwag. Muise en rotte kom in die natuur voor en as gevolg van die landelike omgewing waarin die landgoed hom bevind, lei dit soms daartoe dat hulle kom kos soek in ons huise. Graag verskaf ons meer inligting waarvan ons moet kennis dra wanneer daar buit vir hierdie knaagdiere uitgesit word. Dit is belangrik dat ons die hele habitat/ekosisteem moet beskerm sodat ons nie daardeur verdere vergiftiging veroorsaak van ander diere soos voëls, nagapies asook eekhorings nie.

Wenk vir ‘n tuisgemaakte “gifstasie” wat binnens-huis gebruik kan word en nie ‘n kat en/of hond kan benadeel nie:

3 items word benodig:

1. Ou roomysbak 2. Plastiek-

melkbottel 3. Baksteen

Prosedure: Gebruik die roomysbak, sny ‘n deurtjie in (soos aangedui op die meegaande foto). Gebruik die bodem van ‘n plastiek-melkbottel om die buit in te plaas. Plaas dit onder die roomysbak. Sit die baksteen bo-op om te verseker dat huisdiere nie toegang tot die gif het nie.

ʼn Groenproduk wat gebruik kan word vir knaagdiere is bv. Racumin. Klik op die foto om meer hieroor te lees.

Kleinhandelsdienste (opname): Daar is belangstelling by verskeie handelaars om hul produkte en dienste by Negester Klein-Kariba aan te bied. Die ontwikkelaar ondersoek die moontlikheid om ‘n klein kommersiële sentrum op die perseel, noord-wes van die mediese sorgsentrum, op te rig. Die toegang sal buite die landgoed wees, net voor die hoof-ingang. Daar moet nou bepaal word wat die eienaars se voorkeure is, bv. geriefswinkel (en die produkte wat aangehou moet word), tuisnywerheid, koffiewinkel, slaghuis, ens. Die HEV gaan binnekort ʼn vraelys aan eienaars stuur om hul menings en voorkeure oor so ʼn fasiliteit te bepaal.

Saamkuier by Hardekoolsingel-straatbraai

Page 4: Negester Klein-Kariba: Nuusbrief IV (2017)9sterkk.info › wp-content › uploads › 2019 › 01 › negester... · word die jare. Ons het die jaar met 42 voltooide huise begin en

*******

Ons wil vir eienaars en inwoners in kennis stel dat die HEV-kantoor tussen Kersfees en Nuwejaar gesluit sal wees. Administratiewe navrae sal tot 14 Desember hanteer word, waarna navrae eers weer op 3 Januarie 2018 hanteer sal word. Negester is besig om ʼn nuwe webtuiste te ontwikkel en het vars foto- en beeldmateriaal van die landgoed nodig. Eugene van ChilliPix gaan op 17 en 18 Desember op die landgoed wees om foto’s en video’s te neem. Ons sal ook ʼn klompie inwoners benodig om as modelle op te tree – bv. waar die wandelpaaie gebruik word of ʼn potjie minigolf gespeel word. Meer inligting sal per WhatsApp aangestuur word en ook by die HEV-kantoor beskikbaar wees.

Belangrike kontakinligting Maak gerus kontak met die HEV-kantoor om jou frustrasies, vreugdes en voorstelle met ons te deel. Ons luister graag en sal sorg dat daar aan alle kwessies, waar prakties moontlik, aandag gegee word. Hieronder ʼn lys met die belangrikste kontakinligting:

HEV-kantoor: Yolanda van der Walt 083 405 0351 E-pos: [email protected] Posadres (eienaars): Privaat sak X1606, Bela-Bela, 0480

Kantoorure vir navrae: 09H00-12h00 Landgoedbestuurder: Tom Biewenga 082 909 2221 Tegniese navrae: Stephan Steyn 083 405 0351 Sekuriteit (Bateleur): Jodie Waltons 060 751 8490 Sekuriteit Hoofhek 072 213 2225 Estetiese komitee (navrae): Piet Pieters 083 676 6533 Medwell: Delia Venter 082 494 2717 Noodnommer (Medwell): 072 312 3499 Ambulans: Martie Jonker 076 6625 654 ATKV-vakansieoord: Hoofhek (k/u) 014 736 9800 Koswerfrestaurant: 014 736 9859/54 Negester se nasionale bemarkingsnommer: 0861 44 44 95