ng gem universitas-wes - rooikerk...

12
1 3 ROOIKERK-EREDIENSTE Vandag Tema: Diens 09:00 Carel/Josua van Geopende Deure. Hulle kom vertel van die dinge waarmee God in die wêreld aan die werk is. Teks: Efesiërs 4 en Openbaring 3. Tema: Oop deure! Deurkollekte: Helpmekaar Studiefonds. 09:00 Baba-, Peuter- en Kinderkerk 10:15 Juniorjeug-Omgeegroep 16:45 Seniorjeug-Omgeegroep 18:00 Carel/Josua van (Geopende Deure. Hy kom vertel van die dinge waarmee God in die wêreld aan die werk is. Teks: Openbaring 3. Tema: Deure wat oop en toe swaai. Slotlied: Here Jesus U skyn oor almal (ook in Engels). Sondag 5 Maart 3 09:00 Carel 18:00 Thania Die Kandelaar – 25 Februarie 2017 NG Gem Universitas-Wes Telefoon en faks: 051 522 2547Finansies 051 522 8119 Kantoorure: Maandag, Dinsdag, Donderdag en Vrydag: 08:00 tot 13:00 Woensdag: 08:00 tot 10:00 en 12:00 tot 13:00 Sondae: Net ná die erediens tot 10.30 of tot die laaste persoon gehelp is Bankbesonderhede: NG Gemeente Universitas-Wes, Absa Bank, Reknr: 470580909, Bankkode: 334134 E-pos: [email protected]. WEBADRES: www.rooikerk.co.za / nguniversitaswes NUWE LIDMATE BAIE WELKOM! Besoekers en nuwe lidmate, kom ontmoet die Nuwelidmatespan ná die erediens by die Inligtingsentrum. Die Rooikerkpreke is nou beskikbaar op die website. Gaan na www.rooikerk.co.za - aan die regterkant is ʼn afdeling 'Rooikerk Podcasts'. Die 2016 se 40-dae preekreeks is reeds gelaai, sowel as die Kerssangdiens, Mias se afskeidspreek ens. Al die preke wat sover van 2017 opgeneem is, is reeds beskikbaar. Nuwe preke sal teen Dinsdae op die website beskikbaar wees.

Upload: others

Post on 08-Oct-2019

9 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

1

3

ROOIKERK-EREDIENSTE Vandag

Tema: Diens 09:00 Carel/Josua van Geopende

Deure. Hulle kom vertel van die dinge waarmee God in die wêreld aan die werk is.

Teks: Efesiërs 4 en Openbaring 3.

Tema: Oop deure!

Deurkollekte: Helpmekaar Studiefonds.

09:00 Baba-, Peuter- en Kinderkerk

10:15 Juniorjeug-Omgeegroep

16:45 Seniorjeug-Omgeegroep

18:00 Carel/Josua van (Geopende Deure. Hy kom vertel van die dinge waarmee God in die wêreld aan die werk is.

Teks: Openbaring 3.

Tema: Deure wat oop en toe swaai. Slotlied: Here Jesus U skyn oor almal (ook in Engels).

Sondag 5 Maart 3

09:00 Carel

18:00 Thania

Die

Kan

del

aar –

25

Feb

ruar

ie 2

01

7

NG Gem Universitas-Wes Telefoon en faks: 051 522 2547Finansies 051 522 8119

Kantoorure: Maandag, Dinsdag, Donderdag en Vrydag: 08:00 tot 13:00

Woensdag: 08:00 tot 10:00 en 12:00 tot 13:00

Sondae: Net ná die erediens tot 10.30 of tot die laaste persoon gehelp is

Bankbesonderhede: NG Gemeente Universitas-Wes,

Absa Bank, Reknr: 470580909, Bankkode: 334134

E-pos: [email protected].

WEBADRES: www.rooikerk.co.za / nguniversitaswes

NUWE LIDMATE BAIE WELKOM!

Besoekers en nuwe lidmate, kom ontmoet die

Nuwelidmatespan ná die erediens by die

Inligtingsentrum.

Die Rooikerkpreke

is nou beskikbaar op die website.

Gaan na www.rooikerk.co.za - aan die regterkant is ʼn afdeling 'Rooikerk Podcasts'.

Die 2016 se 40-dae preekreeks is reeds gelaai, sowel as die Kerssangdiens, Mias se afskeidspreek ens.

Al die preke wat sover van 2017 opgeneem is, is reeds beskikbaar.

Nuwe preke sal teen Dinsdae op die website beskikbaar wees.

2

SIEKES

Kom ons bid vir ons siek mense in die gemeente, vir dié op die lys asook vir die wat nie hier gelys is nie.

Alet Hanekom word tuis versorg..

Cornie Nel, 0823394051 sterk tuis aan na hospitalisasie.

Retha Jacobs 083504917 sterk tuis aan.

Jana Groenewald 084 216 7444 ontvang tans bestralingbehandeling.

Louwrens Joubert is Woensdag geopereer vir ʼn blindederm.

Martin Scholtz 083 656 3065 is weer in die hospitaal opgeneem.

Met leedwese

Dries Schultz is Donderdagaand oorlede. Ons dink in besonder aan sy vrou Judy 082 969 0547 en hul dogter Andri. Die roudiens is Woensdag 12:00 by die Rooikerk.

Verjaardae

Ons wens die volgende persone baie geluk met hul verjaardae:

02/26 Willem de Kock 0823796231 02/26 Henriette Strauss, 0731982480 02/27 JP du Plessis 0611959793 02/27 Anna Liebenberg 0768591770 02/28 Mario de Klerk 0824152271 02/28 Mike J v Rensburg 0845509458 02/28 Ena Kruger 0834632526 02/28 Rolien Lindeque 0824539999 02/28 Elana Senekal 0723167781 02/28 Jo-Anmarie vd Lingen 02/29 Marie Oosthuizen 0845001729 03/01 Sanita Els 0823422822 03/01 Denika J van Rensburg, Jac Van

Rhynstraat21 03/01 Hannie Naude 0834796023 03/01 Alfred Pole 0794176449 03/02 Annalie Cronje 0833210991 03/02 Carmen Daffue 0797452189 03/02 Tienie Delport 0825514374 03/02 Joanie Jonker 0515220600 03/02 Pieter Kruger 0712521620 03/02 Gwennie Markgraaff,

0823585567 03/02 Charlene v Schalkwyk,

Besselsenstraat 79 03/03 Tebie Stroebel 0833061033 03/04 Belinda Mathee 0515224003 03/04 Apie Oosthuizen 0832524296 03/04 David Pansegrouw 03/04 Deon vd Merwe

NEEM ASB. KENNIS

Die debietorderopdragte verhoog vanaf 1 April 2017 met 10%.

Kontak Cherie by die Kerkkantoor

051 522 8119, indien dit NIE VERHOOG MOET WORD NIE.

Wêreldbiddag vir Mans

Manne! Kom ons bid vir ons land, sy mense en die regering!

Kom wees deel van so ’n geleentheid op 4 Maart 2017 om 07:00 by die Rooikerk (NGK Universitas-Wes), h/v De Bruyn- & Van Schalkwyk Straat.

Ons drink reeds koffie van 06:30 af om kennis te maak & te kuier.

3

Rooikerk-Dagboek Maart 1 Maart Aswoensdag - Byeenkoms om 18:00

4-5 Maart Gemeentekamp – sien bl 4

5 Maart Leiersbyeenkoms

9 Maart 1-Dag-Stilwees-retraite

10 -11 Maart Leiersretraite – Tydens hierdie geleentheid word die pad vir 2017

bespreek. Alle leiers asook die Jeugleiers word versoek om die geleentheid by te woon.

17-19 Maart Huishulpekamp - sien bl 2.

24-25 Maart Huweliksverrykingseminaar. Kontak Carel vir meer inligting.

26 Maart Leiersbevestiging

31 Maart Skole sluit

Rooikerk-Dagboek April 9 April Palmsondag

9-15 April GROOT LYDENSWEEK (SONDAG TOT VRYDAG – OM 18:00 - Lydenstyd meditasiediens. Saterdag is dit Stil Saterdag.

16 April PAASFEES

Onthou dat alle Luisterspan-vergaderings skuif na die Woensdag van elke week soos aangedui op Kalender. Die vergaderings begin om 18:00.

Die spesiale insameling gaan Januarie en Februarie vir die Ondersteuningsdiensgroep.

Gebruik die ekstra koevertjie by die deur, benewens jou normale dankoffer.

Diensgroep vir Finansies

Gemeentekamp 4-5 Maart @ Florisbad Dagbesoekers is ook baie welkom @ R25 pp.

Skakel Shaun 083 500 7155 of ontmoet hom by die

Inligtingsentrum ná die diens.

4

40-DAE-VELDTOG 2017

In die derde kwartaal word daar weer ʼn 40-DAE-VELDTOG vir die hele

gemeente beplan. Daar word lede benodig vir die beplanning en uitvoer

van die veldtog. Wil jy nie asseblief hieroor gaan bid en fyn luister of die

Here jou nie dalk hier wil gebruik nie? Enige persoon wat graag wil deel

wees van die span wat die veldtog beplan, kan Steyn van Aswegen (082

5665 938) of die Kerkkantoor kontak, om aan te sluit of vir enige verdere

inligting.

ʼn Nuwe omgeegroep kom tot stand in die Noordelike deel van die stad. Kontak vir Ronel van der Walt 0828208408 indien jy wou deel word.

5

UNIVERSITAS-WES - EN UNIVERSITAS

RIF-GEMEENTES BIED AAN:

Huishulpkamp: 17- 19 Maart te Mooigenoeg-Kampterrein

R200 per persoon.

Inskrywings sluit op 3 Maart 2017

Inskrywingsvorms is beskikbaar by ons Kerkkantoor.

Navrae - Heila 072 184 6335

Ons benodig d ie volgende indien jy kan he lp

Rooikerkhuis

Ons verwerk groente: Daar beskikbaar Crown-pampoen en aartappelskyfies @ R12, wortels, kool, spinasie @ R8, groenboontjies en “Hawaiian stir fry” @ R15. Pryse sal verander soos die groente beskikbaar is. DIT IS TEKOOP NA DIE EREDIENS IN DIE PORTAAL.

Ons benodig enige glasbottels vir inmaakdoeleindes.

As iemand dalk ʼn quiche-pannetjie of twee het wat hul nie gebruik nie.

Dan, dalk iets van as mense weet van iemand wat verblyf soek, wat ons kan plaas by die Rooikerkhuis.

Die Sopkombuis

Ons soek dringend plastiese emmers MET ‘n deksel – enigiets vanaf 1 liter tot 10 liter – wat by die sopkombuis gebruik kan word vir aflewering.

Lidmaatondersteuning

Daar word dringend na die volgende items gesoek. As jy dalk kan help, bring dit asb. na die Kerkkantoor. Vir verdere inligting, skakel Linda gerus by: 084 628 4042

Nr. 11-mansskoene Klere vir ʼn skraal Gr 3-seun en ʼn skraal Gr 5-dogter. Klere vir ʼn Gr7-dogter. ʼn Motorstoeltjie ʼn Strykyster

Alles kan ingegee word by die Kerkkantoor gedurende kantoorure.

Hulp word benodig om een maal per week die

kennisgewingbord op die hoek van Van Schalkwyk- en De Bruynstraat op te dateer.

Kontak Bettie 0727400533 indien jy kan help.

6

Global Leader Summit (GLS) 2017

Twee geleenthede word vir die gemeenteleiers geskep om GLS 2017 by te woon

1. 12-14 Oktober 2017 - UMHLANGA

Daar is 20 plekke beskikbaar vir persone om die GLS in UMHLANGA by te woon.

Die koste bedra R800 pp wat dan die inskrywingsgeld, reis, verblyf en etes vir die twee dae insluit. Kontak Cherie by die Kerkkantoor vir ʼn inskrywingsvorm

om die bespreking te maak. Slegs 20 plekke beskikbaar.

2. 27-28 Oktober 2017 - BLOEMFONTEIN

Daar is 15 plekke beskikbaar vir persone om die GLS in BLOEMFONTEIN by te

woon. Geen inskrywingskoste, vir die eerste 15 persone wat inskryf vir die BLOEMFONTEIN GLS nie (eerste 15 persone se inskrywingsfooi word betaal).

Die inskrywing sluit in die bywoning van die GLS in BLOEMFONTEIN. Kontak

Cherie by die kerkkantoor, vir ʼn inskrywingsvorm om die bespreking te maak.

7

TEGNIESE TEGNIESE DIENSGROEP

Neem asb kennis van die volgende belangrike inligting:

1. Alle skyfies en/of inligting wat tydens of voor dienste op die skerm gespeel moet word, moet asb vooraf met Carel uit geklaar word. Soms is die dienste baie vol en dan kan addisionele skyfies nie getoon word. Carel sal dit vooraf kan uitwys en dan alternatiewe reëlings kan tref.

2. Sou dit reg wees dat 'n skyfie gewys word, moet dit asb die Tegniese Diensspan bereik teen die Donderdag voor die diens. Skyfies kan gestuur word na [email protected]. Dui asb baie duidelik aan in die epos tydens watter diens(te) die skyfie gewys moet word asook watter tyd van die diens (voor die tyd, tydens kollekte, ens). Noem asb ook of iemand gaan praat wanneer die skyfie gewys word.

3. As die skyfie vir meer as een Sondag gespeel moet word, moet die reëlings asb weekliks getref word. Dit bly die verantwoordelikheid van die persoon wat die skyfie gespeel wil hê, om die reëlings te tref. Sou ons nie die skyfie teen die Donderdag ontvang het met die nodige inligting en reëlings nie, sal dit nie die Sondag gespeel word nie.

4. Stuur asb 'n PowerPoint-skyfie wat gereed is om gewys te word. Ons het nie die nodige sagteware vir 'n “Prezi presentation” nie en ons het ook nie die tyd of mannekrag om rou inligting in ‘n skyfie te omskep nie. Maak asb self seker dat die inligting maklik gelees kan word. Ons gaan dit doodeenvoudig wys soos wat dit aan ons gestuur is.

Van die dienste is baie vol en ons hande is maar min. Ons stel hierdie reëlings in plek om seker te maak dat alles glad en georden verloop.

Ons kort ook dringend nuwe mense vir die Tegniese Diensgroep. Sou jy belangstel om deel te word van die span, of weet van iemand wat dit sal oorweeg, kontak ons asseblief. Geen ondervinding of kennis is nodig nie. Ons sal jou alles leer wat jy nodig het.

Sou daar enige vrae wees of as iemand enige verdere inligting benodig, is julle welkom om vir my (0829741550) of vir Conrad (0834438173) te kontak.

Vriendelike groete,

Lizelle de Reuck (Namens die Tegniese Diensgroep)

8

‘LAAT DAAR LIG WEES’ (Cordis Trust Publikasies) Prof GJ Pistorius, Bloemfontein

Vir meer inligting verwys ek jou na die Kandelaar van

12 Februarie 2017. Oop op die webtuiste beskikbaar.

9

10

11

STRIATA WYKSGEMEENTE GEROEP EN GESTUUR

Saalbybelstudie

Dinsdag 21 Februarie om 10:00. Ons karakterstudie fokus verder op Sara, die vrou van Abraham. Ons vra die vraag wat die gevolge is as ons vir God planne maak sonder om Hom te vertrou om ons te lei [Lees asseblief Genesis 16].

Ons eredienste Sondag 26 Februarie 2017: Ds Attie Steyn lei ons erediens. Baie welkom vandag in ons erediens!

Sondag 5 Maart: Roelf Lindeque

Sondag 12 Maart: Roelf Lindeque

Sondag 19 Maart: Ds Kobie Oosthuizen

Kyk wié verjaar hierdie week!

Sondag, 26 Februarie Louise Barnaschöne H56

Maandag, 27 Februarie Andries en Ester du Toit H89

Dinsdag, 28 Februarie Dirk Jordaan H67

Dinsdag, 28 Februarie Rolien Lindeque

29 Februarie Carinie le Roux H65

Woensdag, 1 Maart Annaleen Graham H73

12

Ons voorbidding

Frans [VE] en Ria Laubscher [H144] . Frans is al ʼn hele lang ruk siek. Ons bid dat die Here hom en Ria sal dra.

Oom Christo Groenewald van Huis 151 verswak baie. Ons bid vir hom en Genie. Dankie vir kinders en kleinkinders wat daar kan help.

Piet van der Vyver van AV 3 kry tans behandeling vir kanker. Dankie vir jou voorbeeld Piet. Jy bemoedig ons almal!

Dina Malan van Huis 12 is nog baie siek.

Hettie Hamman van NW 44 het ʼn heup gebreek en is nou in ons VE. Sterkte Hettie. Ons weet dit is moeilik!

Gee asseblief vir ons name deur van siekes vir voorbidding by Alta 0837029398; Francois 0515225979 of Rolien 0824539999.

Wyksbyeenkomste:

Ons tema vir ons wyksbyeenkomste van 2017 kom uit Kolossense 2:2: Bemoediging: God se geskenk vir sy kinders wat met liefde aan mekaar verbind is. Ons gaan gesels oor die waarde van ʼn gemeente waar onderlinge liefde die pluspunt is wat harte verbly. Jou wyk sal DV hierdie jaar, saam met Roelf en Rolien Lindeque, bymekaar kom vir saamwees en geloofsversterking. Jy sal in kennis gestel word deur jou wyksleier van die datum en plek. Sonder koffie en tee duur dit 60 minute. Met koffie en tee 90 minute. Net as almal teenwoordig is, word dit ‘n ervaring van geloof en liefde. Moenie as jy gesond is, wegbly en jou wyk in die voet skiet nie.