ng gemeente kathungkathu.co.za/wp-content/uploads/2013/02/afk-3-sept.pdf · elzaan thompson jakkie...

4
NG GEMEENTE KATHU AANKONDIGINGS 3 September 2017 Ek en jy, as gestuurde gemeente, dien die Here met vreugde deur by mekaar en by ander betrokke te wees. Oggenddiens 09:30 | Aanddiens 18:30 Leraar: Ds Heinrich Viljoen Teks: Hand 17:16-34, Heb 11 Tema: Het ons God regg nodig? Baie dankie vir die pragge blomme in die erediens. Baie dankie aan Olive Gerber wat help met die tee skink. Belangrike datums vir die week en maand 3 Doop 09:30 3 Bikers Diens 18:30 5 Gebedsgeleentheid by ploe se kruising 18:00 8&9 Ringsing (Kathu) 10 Doop 09:30 baie welkom aan al die nuwe lidmate Ons hoop dat jy gou tuis sal voel in ons gemeente en betrokke sal raak by al ons akwiteite. Daar sal tydens die erediens n pakkie uitgedeel word met n vorm vir nuwe lidmate, wat jy asseblief vir ons moet voltooi. As jy enige vrae oor die gemeente het, is jy welkom om te vra! Kinderkerk in saal Almal tot graad 6 is baie welkom. Woordverkondiging in die ander gemeentes: Olifantshoek: Neels Loots Deben: Ds Schalk van Schalkwyk Ds André de Villiers is met verlof tot Vrydag 8 September. Al drie leraars, sowel as drie afgevaardigdes van die kerkraad, woon Vrydag 8 September en Saterdag 9 September die Ringsing in Kathu by. Gemeente-Bybelstudie Die hele gemeente word Maandagaand 18:30-19:30 (agter by die teetafels van die kerk) uit- genooi na dieper gesprek en Bybelstudie oor vandag se Woordverkondiging. Kom groei saam. Ds Heinrich Viljoen bied die geleentheid aan. 77 Dae van gesonde gewoontevorming Dr Pierre Goosen bied Saterdag 16 September 09:00-17:00 vir ons gemeente n groeigeleentheid aan. R120 per persoon. Skryf nou in!

Upload: dodang

Post on 26-Aug-2018

217 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

NG GEMEENTE KATHU AANKONDIGINGS 3 September 2017

Ek en jy, as gestuurde gemeente, dien die Here

met vreugde deur by mekaar en by ander betrokke te wees.

Oggenddiens 09:30 | Aanddiens 18:30

Leraar: Ds Heinrich Viljoen

Teks: Hand 17:16-34, Heb 11

Tema: Het ons God regtig nodig?

Baie dankie vir die pragtige blomme in die erediens.

Baie dankie aan Olive Gerber wat help met die tee skink.

Belangrike datums vir die week en maand 3 Doop 09:30 3 Biker’s Diens 18:30 5 Gebedsgeleentheid by plotte se kruising 18:00 8&9 Ringsitting (Kathu) 10 Doop 09:30

baie welkom aan al die nuwe lidmate

Ons hoop dat jy gou tuis sal voel in ons gemeente en betrokke sal raak by al ons aktiwiteite. Daar sal tydens die erediens ’n pakkie uitgedeel word met ’n vorm vir nuwe lidmate, wat jy asseblief vir ons moet voltooi. As jy enige vrae oor die gemeente het, is jy welkom om te vra!

Kinderkerk in saal Almal tot graad 6 is baie welkom.

Woordverkondiging in die ander gemeentes: Olifantshoek: Neels Loots Deben: Ds Schalk van Schalkwyk

Ds André de Villiers is met verlof tot Vrydag 8 September. Al drie leraars, sowel as drie afgevaardigdes van die kerkraad, woon Vrydag 8 September en Saterdag 9 September die Ringsitting in Kathu by.

Gemeente-Bybelstudie Die hele gemeente word Maandagaand 18:30-19:30 (agter by die teetafels van die kerk) uit-genooi na dieper gesprek en Bybelstudie oor vandag se Woordverkondiging. Kom groei saam. Ds Heinrich Viljoen bied die geleentheid aan.

77 Dae van gesonde gewoontevorming

Dr Pierre Goosen bied Saterdag 16 September 09:00-17:00 vir ons gemeente ’n groeigeleentheid aan. R120 per persoon. Skryf nou in!

Sondag 3 September

Maandag 4 September

Dinsdag 5 September

Woensdag 6 September

Donderdag 7 September

Vrydag 8 September

Saterdag 9 September

Verdere vrae vir persoonlike refleksie (stiltetyd) en vir kuiergesprekke (huisgodsdiens en selgroepe)

voortspruitend uit Sondag 3 Sept se Woordbediening

Vraag: Dink jy die moderne mens vind dit in ons hedendaagse tyd regtig nog nodig en relevant om in ’n bona-tuurlike godheid te glo? Motiveer jou antwoord.

Lees Handelinge 17:16-34 • In die teks word verwys na “godvresende” en “godsdienstige” mense met wie Paulus hier te doen gekry

het. • Dit is baie duidelik uit navorsing dat daar al minder “godvresende” en “godsdienstige” mense in ons

samelewing is wat hulle openlik verbind aan ’n bepaalde godheid of ’n spesifieke geloofsoortuiging. Wat dink jy sou die rede daarvoor wees?

• Hoe seker kan ons weet dat Handelinge 17:29(b) nie ook waar is van die Christelike geloof nie? Lees Hebreërs 11:1 Wat is, volgens hierdie teks, die definisie van geloof? Probeer dit in jou eie woorde omskryf. Lees Hebreërs 11:6, maar lees eers die 2de sin daarvan en dan die 1ste sin. Wat sê dit vir jou omtrent God en jou eie geloofsoortuiging? Vraag: Hoekom kies jy om in die God (Vader, Seun en Heilige Gees) van die Bybel te glo, of om dalk nié in Hom te glo nie? Motiveer jou antwoord. Hoe “regverdig” jy jou geloofsoortuigings wanneer iemand anders jou krities daaroor uitvra? Wat neem jy uit hierdie gespreksvrae met jou saam op jou lewensreis?

Heilie Odendaal

Elize Mostert

Leon Myburgh

Hannelie Combrinck

Stephan Kühn

Renier Hansen

Inge-Mari Van Wyk

Hanru Hansen

Joha Bezuidenhout

Elsa Cawood

Lollie Van Niekerk

Kobus Faber

Eugene Smit

Stephan Ludik

Corrie Thompson

Marien Van Eeden

Kassie Kasselman

Rozette Kemp

Petro Lottering

Willem Burger

Duncan Labuschagne

Corné Kühn

Natanya Du Preez

Hannes Human

Jean-Mari Mostert

André Joubert

Marthinus Joubert

Stefan Enslin

Heloise Labuschagne

Leonie Fourie

Elzaan Thompson

Jakkie Booysen

Joané Longland

Dihanda Roux

Dwayne Bezuidenhout

Booysen Booysen

Willa Nel

Raynier Vorster

Junéne Scorgie

Hendré Griessel

Spurgeon Vlok

Nicolene J v Rensburg

Sulette De Bruin

Aruna Jacobs

Carla Mostert

Denand Grobbelaar

MJ Oosthuizen

Jané Scholtz

Nicolene Mostert

Riaan Van Der Linde

Fransie Botha

Corné Van Wyk

10/40 NOODUITREIK – FRANKRYK Susan van der Berg en span het Saterdag op hul uitreik vertrek. Ons wens hulle baie voorspoed toe. As jy op ons gebedslys wil wees en inligting vanuit die land wil ontvang, kontak Susan by 084 701 0894.

BARMH*RTIGHEIDSMAAND 2017 Baie dankie vir AL die hulp

Baie dankie vir ELKE skenking, bydrae en betrokken-heid tydens Barmhartigheidsmaand. Baie dankie vir elkeen se hulp en oop hart en hand.

Gemeente-ete Sondag 17 September 2017 om 12:00

Steak met twee slaaie, aartappelgereg en cocktail bun. Poeding, koffie en tee.

As jy graag wil help om bykosse te maak (resep sal voorsien word), kontak vir Elna van

Schalkwyk 083 564 5473 of Elsa Fourie 073 337 1334. Kaartjies is by die dienstafel en kerkkantoor beskikbaar. R100 vir volwassenes en tieners, R60

vir laerskoolkinders en voorskool gratis.

Weeklikse beskikbaarheid van leraars

Maandae: Ds Schalk is die middag en die aand in Deben. Ds André is voldag in Olifantshoek. Dinsdae: Ds Schalk is die voormiddag in Deben. Ds André is voldag in Olifantshoek. Woensdae: Leraarsvergadering en personeel- vergadering in die voormiddag in Kathu.

HELP! EK WIL GRAAG LIDMAAT WORD Dit is glad nie moeilik nie! Volwassenes wat graag lidmaat wil word, hier is julle geleentheid. Al wat van jou gevra word is: Die bywoning van ses groepsessies waar oor verskillende onderwerpe gepraat word. Dan: Die bevestiging van jou geloof en ’n verbintenis aan die Here en sy kerk. Jy is welkom om jou man/vrou/ou/meisie of wie ook al saam te bring. Hoe meer mense, hoe lekkerder die gesprek. Wanneer vind dit plaas? Sondagmiddae om 17:00 tot 18:00 vir 6 weke. As die tyd my nie pas nie? Dan reël ons iets anders. Wat moet ek nou doen? Skakel die kerkkan-toor by 053 723 1071 en gee jou naam op!

Bergenrus-basaar Saterdag 30 September 2017

Die tehuis nooi u uit na ons jaarlikse fondsinsame-lingsprojek. Die personeel van Bergenrus (ouetehuis in Olifantshoek) benodig asb skenkings sowel as stalletjiehulp vir hul basaar op Saterdag 30 Septem-ber om 09:00 in die NG Kerksaal in Olifantshoek. Die gemeenskap help ons baie met die basaar. Verskil-lende instansies doen verskillende tafels. Ons vleistafel is die belangrikste en hier het ons skape en beeste en wild nodig om te bewerk. Maandag 25 September werk ons vleis. Enige bydrae is welkom. Van ’n poeding tot ’n bees. Vir enige navrae, kontak Isabel gerus by 082 3264 461 of whatsapp. Die in-woners is gemiddeld 90 jaar oud, so hulle kan onge-lukkig nie self by die stalletjies werk nie. Enige hulp sal baie waardeer word.

Herstelwerk: BAIE DANKIE! Die volgende herstelwerk is in Augustus by die kerk gedoen. Ons wil elkeen wat betrokke was, opreg be-dank vir hul onbaatsugtige hulp. Ons waardeer dit baie. • Herstel van kleinhekkie by saal en kerk. • Herstel van damestoilet by kategeselokale. • Herstel van skuifhek in Mopanilaan. • Gassilinder by die kombuis • Deurknip van stoorkamer.

Houthuis-horries! Kom saam asb.

Houthuishorries: Almal wat houthuishorries het, kom help asb. Ons gaan ’n houthuisie wat as klerebank dien in Deben restoureer. Bring asb ’n baksteen, ’n verfkwas of roller, water of koeldrank en ou werk-sklere. Ons vertrek Saterdag 9 September 7:00 vanaf die NG Kerk Kathu en behoort teen 13:00 terug te wees. As jy vervoer kan aanbied om tieners en vol-wassenes aan te ry na Deben, sal dit baie welkom wees. Vir enige verdere inligting, kontak Jurie Swa-nepoel by 084 593 1317 of die kerkkantoor 053 723 1071 as jy graag wil saamgaan. ALLE hande is wel-kom!

Projek: Houthuisie

Kerkkantoor

053 723 1071

[email protected] / [email protected]

Kantoorure:

Maandag tot Vrydag: 08:00-13:00

Bankbesonderhede:

Ds André de Villiers – Blok A

Missionale Bediening, Kommunikasie en Finansies

084 679 3274

[email protected]

Ds Heinrich Viljoen – Blok B

Jeugbediening en Kleingroepe

082 352 6611

[email protected]

Ds Schalk van Schalkwyk – Blok C

Blokbediening, Barmhartigheid,

Nuwe lidmate en Eiendom

084 673 1075

[email protected]

Vir die BOUFONDS:

NG Gemeente no 2

ABSA Kathu

Rek 1990 146 086

Vir Dankoffers:

NG Kerk Kathu

ABSA Kathu

Rek 1990 590 024

Ons bid:

• Vir Dolf Kemp wat vir ’n nekoperasie moet gaan.

• Vir Poen Jacobs, hy is al ontslaan uit die hos-pitaal, maar is steeds siek.

• Vir Nicolaas Zaayman wat herstel van ’n operasie.

• Vir Elmi Bean wat weer behandeling moet ontvang.

• Vir Karya Rynners wat met longontsteking in die hospitaal is. Sy is Joane Rynners se dogter (Karin en Deon Victor se kleinkind).

Gebedsfokus: September

Veiligheid en beskerming van boere, hul personeel, hul eiendom en mense in ons land wat maklike teikens van misdaad is. 1 Sept-10 Okt 2017: 40 dae Gebedsfokus op die landbou. Amos Agrimin, die landbou-bediening met die visie Living and Farming God’s Way, roep reeds sedert 2001 Christene in die landbousektor op om jaarliks van 1 September tot 10 Oktober deel te neem aan ’n 40 dae gebedsgeleentheid wat op ’n bepaalde saak in die landbou fokus, byvoorbeeld grondhervorming (2010), arbeidsverhoudinge (2015) en finansiële vryheid (2016). ’n Handleiding met 40 kort oordenkings kan gratis afgelaai word by www.amosafrica.net of [email protected] of 083 233 4433

• Vir Mariëtte van Niekerk se pa, Louis Knoesen, wat ernstig siek is.

• Vir Jurie Swanepoel se pa wat baie siek is.

• Vir Magda Loots wat baie siek is. • Vir Kota Cronjé wat vir ’n scan moet gaan

en ook siek is. • Piet Duvenage wat herstel nadat hy sy

been seergemaak het. • Vir die 77 dae van gesonde gewoonte-

vorming wat Saterdag 16 September begin.