ng gemeente meyerspark oktober 2015 tiendemaand is ... · uit: ’n lewe met jesus, johan en helena...

4
NG Gemeente Meyerspark Oktober 2015 - Jaargang 12 Uitgawe 9 Tiendemaand is Dankoffermaand - Ds Niekie Rothmann Eintlik wil ek sê: Kom ons maak van tiendemaand (Oktober) n Tiendemand. In Maleagi 3:10 sê die Here vir ons: Bring die volle tiende na die voorraadkamer toeen toets My hierin sê die Here, die Almagtige.n Tiende van allesmy goed, my diens, my allesen uiteindelik myself. As ek myself vir die Here gegee het, sal my geloofsoë oopgaan en sal ek kan sienwat die Here alles vir my gedoen heten ook weet dat Hy dit môre en elke dag nog sal doen. Dan sal jy weet God is regtig die Immanuel-God”. Die God wat belowe dat Hy altyd en onder alle omstandighede by My is. Wat n voorreg! Die vraag is: Hoe reageer ek daarop? Al wat die Here vra is jouself met alles wat jy hetook jou geld. Hy vra net dat ek dankbaar moet wees. Daarom is Oktober (die tiendemaand) vir ons in Meyerspark ook simbolies ons Tiendemaand. n Maand waarin ons spesiaaldankie sê vir alles wat ons uit ons He- melse Vader se hand ontvang het. Ten diepste is die Tiende- maand n geloofsdaad – nie al- leen om dankie te sê nie, maar ook om vir die Here te wys ek vertrou Hom om in al my be- hoeftes te voorsienDit is wat Hy belowe! (Maleagi 3:10-12). Die dankoffer koevert is aangeheg aan die maandelikse Goeie Nuus vir gebruik deur u wat verkies om hul Tiende- maand dankoffer op dié ma- nier te gee, los van hul gewone dankoffer. U kan ook van direkte bankinbetalings gebruik maak. U kan dit enige tyd ge- durende Oktober, November of Desember gee, soos u eie per- soonlike finansies dit toelaat. Kom ons gee met blydskap en vreugde, want ons weet : God sal voorsien. Baie dankie ook vir elkeen wat elke maand mildelik hul dankoffers gee. Daarom kan ons net sê: Soli Deo GloriaAan God al die eer! Tuine - Blomme en Goeters - Margaret Koekemoer Belangrike datum!! Saterdag 7 November, 08:30! Wat gebeur dan?? Vrouebe- diening Afsluitingsfunksie Tuine – Blomme en Goeters Toegang: R40 sluit in: Blomme demonstrasie deur n oud lidmaat van ons ge- meente : Lettie Kritzinger, tans beoordelaar van kompetisies en verbonde aan Gauteng Flora Unie. Nita Fourie : Eienaar van n laventelplaas in Wonder- boom, wie vir ons op hoogte gaan bring van die kweek en gebruike van laventel asook laventel produkte te koop aanbied Sunet van den Berg : Ja ons eie Sunet, n tuinboukundi- ge by Kilnerpark. Sy gaan vir ons demonstreer hoe om jou eie prag hangmandjie te maak en te versorg. Margaret Koekemoer : Van ons eie blommekomitee. Sy gaan vir ons vertel hoe om van ougoed en weggooigoed weer nuwe goed te maak. Baie goeie idees met Kersfees net om die draai. Na afloop van bogenoemde: Heerlike koffie, tee en koek. Baie mooi geskenke met geluk- kige kaartjietrekkings. Maak solank n kringetjie om hierdie datum.

Upload: others

Post on 24-Dec-2019

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: NG Gemeente Meyerspark Oktober 2015 Tiendemaand is ... · Uit: ’n Lewe met Jesus, Johan en Helena Smith En toe kom die pragtige Lentereëns saam met ons Lente- ... “Om iets moois

NG Gemeente Meyerspark Oktober 2015 - Jaargang 12 Uitgawe 9

Tiendemaand is Dankoffermaand - Ds Niekie Rothmann

Eintlik wil ek sê: Kom ons maak van tiendemaand (Oktober) ’n Tiendemand. In Maleagi 3:10 sê die Here vir ons: “Bring die volle tiende na die voorraadkamer toe… en toets My hierin sê die Here, die Almagtige.”

’n Tiende van alles… my goed, my diens, my alles… en uiteindelik myself. As ek myself vir die Here gegee het, sal my geloofsoë oopgaan en sal ek kan “sien” wat die Here alles vir

my gedoen het… en ook weet dat Hy dit môre en elke dag nog sal doen. Dan sal jy weet God is regtig die “Immanuel-God”. Die God wat belowe dat Hy altyd en onder alle omstandighede by My is. Wat ’n voorreg! Die vraag is: Hoe reageer ek daarop? Al wat die Here vra is jouself met alles wat jy het… ook jou geld. Hy vra net dat ek dankbaar moet wees. Daarom is Oktober (die tiendemaand) vir ons in Meyerspark ook simbolies ons Tiendemaand. ’n Maand waarin ons “spesiaal” dankie sê vir alles wat ons uit ons He-melse Vader se hand ontvang het.

Ten diepste is die Tiende-maand ’n geloofsdaad – nie al-leen om dankie te sê nie, maar ook om vir die Here te wys ek

vertrou Hom om in al my be-hoeftes te voorsien… Dit is wat Hy belowe! (Maleagi 3:10-12).

Die dankoffer koevert is aangeheg aan die maandelikse Goeie Nuus vir gebruik deur u wat verkies om hul Tiende-maand dankoffer op dié ma-nier te gee, los van hul gewone dankoffer. U kan ook van direkte bankinbetalings gebruik maak. U kan dit enige tyd ge-durende Oktober, November of Desember gee, soos u eie per-soonlike finansies dit toelaat.

Kom ons gee met blydskap en vreugde, want ons weet : God sal voorsien.

Baie dankie ook vir elkeen wat elke maand mildelik hul dankoffers gee. Daarom kan ons net sê: “Soli Deo Gloria” – Aan God al die eer!

Tuine - Blomme en Goeters - Margaret Koekemoer

Belangrike datum!! Saterdag 7 November, 08:30! Wat gebeur dan?? Vrouebe-diening Afsluitingsfunksie Tuine – Blomme en Goeters Toegang: R40 sluit in:

• Blomme demonstrasie deur ’n oud lidmaat van ons ge-meente : Lettie Kritzinger, tans beoordelaar van kompetisies en verbonde aan Gauteng Flora

Unie. • Nita Fourie : Eienaar van

’n laventelplaas in Wonder-boom, wie vir ons op hoogte gaan bring van die kweek en gebruike van laventel asook laventel produkte te koop aanbied

• Sunet van den Berg : Ja ons eie Sunet, ’n tuinboukundi-ge by Kilnerpark. Sy gaan vir ons demonstreer hoe om jou eie prag hangmandjie te maak en te versorg.

• Margaret Koekemoer : Van ons eie blommekomitee. Sy gaan vir ons vertel hoe om

van ougoed en weggooigoed weer nuwe goed te maak. Baie goeie idees met Kersfees net om die draai.

Na afloop van bogenoemde: Heerlike koffie, tee en koek. Baie mooi geskenke met geluk-kige kaartjietrekkings.

Maak solank ‘n kringetjie om hierdie datum.

Page 2: NG Gemeente Meyerspark Oktober 2015 Tiendemaand is ... · Uit: ’n Lewe met Jesus, Johan en Helena Smith En toe kom die pragtige Lentereëns saam met ons Lente- ... “Om iets moois

Sien raak wanneer ander ge-lowiges swaarkry en help hulle. Tel hulle probleme op julle skouers en dra dit vir hulle. So doen julle presies wat Christus van julle verwag. Dit is immers sy wet dat julle mekaar moet liefhê. (Galasiërs 6:2)

Ons kan goeie lewenslesse by

voëls leer. Seemeeue is pragtig as hulle alleen vlieg. In ’n groep is hulle wreed en vyandig teen-oor mekaar. As jy ’n toutjie om ’n seemeeu se been sou bind, wat hom sal laat uitstaan, sal die res van die groep hom aanval en miskien selfs dood pik.

By wildeganse kan ons ’n positiewe les leer. Hulle vlieg altyd in ’n V-formasie. Dit help om die wind af te keer sodat hulle vinniger na hulle bestem-ming kan vlieg. Die wildegans wat heel voor in die V-formasie vlieg, word gereeld afgelos om-dat dié voël die hardste in die

groep werk. Die makliker po-sisies word altyd toegeken aan die jong en ou wildeganse sodat hulle nie so hard hoef te werk nie.

Ons behoort elke dag soos wildeganse te leef. Die sterkes moet uitreik na die swakkes. Ons moet mekaar help en vir mekaar omgee. As Christene is ons almal deel van ’n familie - God se familie. Ons moet kan saamwerk en nie gedurig baklei nie. Al is jy nog jonk, kan jy ook mense help en ondersteun.

Uit: ’n Lewe met Jesus, Johan en Helena Smith

En toe kom die pragtige Lentereëns saam met ons Lente-fees! Ai, en wat ‘n lekker dag

was dit nie. Dankie aan almal wat ons op die dag ondersteun het, die wat deel van die werkers groep was en die wat help beplan het en

die wat skenkings gegee het. Wanneer ons begin beplan aan

so ‘n groot gebeurtenis dan wonder jy altyd hoe gaan jy alles reg kry, maar met so entoe-siastiese span as vanjaar was dit ‘n wonderlike voorreg om die fees te reël! Dan die baie planne en die entoesiasme waarmee die veranderde omstandighede aan-gepak is. Baie dankie aan al die Sameroepers en ander helpers, sonder julle was dit nie moontlik nie. Kom ons spog so ‘n bietjie, 640 etekaartjies is verkoop en 64 skaapboude op die spit en 800

stukkies wors! Dit wil gedoen word!

Die goeie nuus is dat ons so effens meer as R75 000 netto gemaak het en dus na ses maande in die boekjaar nou ‘n mooi surplus op ons bankrekening het.

Die seevaart kompetisie is afgehandel met 168 kaarjies, ongelukkig minder as 200 wat ons mikpunt was, maar die netto bedrag beskikbaar vir die fasili-teit verbetering, R36 000. Dit sal met sorg spandeer word. Die wenner is ‘n lidmaat van ons gemeente, Peet Olivier.

Finansiële verslag : September - William Mullins

(Bedieningsleier : Finansies)

Goeie Nuus

2

Gee om vir mekaar

- *Johan en Heln a Smith

STIENIE NAUDé EIENDOMME Koop en verkoop van

eiendomme Skakel Stienie Naudé (082 335

0720) (Eiendomsagent)

Boomslopings en snoei. Gratis kwotasies /verseke-ring. Kontak Ernst 083 656 4992 / w.treecarepta.co.za

Algemene Meubelvervoer Algemene meubelvervoer en langafstande. Bokse te koop. Skakel Kassie 086 111 1129 / 082 454 8159

Page 3: NG Gemeente Meyerspark Oktober 2015 Tiendemaand is ... · Uit: ’n Lewe met Jesus, Johan en Helena Smith En toe kom die pragtige Lentereëns saam met ons Lente- ... “Om iets moois

Goeie Nuus

Kerssang-Nagmaaldiens - Francois van Niekerk

Ons nooi u en u familie na die spesiale erediens, Sondag, 8 No-vember, 09:00 waar tydens ons saam met Cantate Domino Koor en soliste die kersfeesseisoen in

sing - met pragtige koormusiek, lofliedere met vol orrel en trompetgeskal – alles tot eer en die verheerliking van Jesus Christus wat as mens na die aarde

neergedaal het, om jou en my van sonde te kom verlos! Kom saam en kom buig saam in lofprysing en aanbidding – voor Christus die Heer!!

3

Kerssang-program, 15 November, 18:30

Alpe Klokkies - Moira van der Merwe het groot geword in Heilbron in die Vrystaatse platte-land. Op 12 jarige ouderdom sien sy die eerste keer die klokkies in 'n volksmusiek konsert in Innsbruck, Oostenryk op 'n toer deur Europa. In die tiroolse omgewing is die klokkies simbolies van 'n primi-tiewe lewe in die pragtige Alpe waar die beeste so gemerk word sodat hulle van vêr af gehoor kan word. Die klokke is dan gewoon-lik ook pragtig versier met die tipiese edelweiss tipe blomme. Later gewaar sy die klokkies as instrument in 'n musiekwinkel. Haar ma was geinspireerd deur haar natuurlike belangstelling en het later 'n klein stel bestel. So ontvang Moira 'n kartondoos met

klokkies met 'n klein papiertjie in met instruksies hoe om dit te stem met 'n tang... van daar het sy begin eksperimenteer met die hulp en leiding van haar musiekon-dewyseresse. Op skool het dit haar blootstelling gegee aan uitstaande sukses op kunswedstryde, radio en tv opnames, internasionale toere met wonderlike mense, glansryke vertoon met korrektiewe dienste se blaasorkeste en optredes in aller-hande dorpies en plekke.

“Om iets moois te kan skep uit eintlik 'n primitiewe instrument bly vir my 'n wonderlike ervaring ver-al as ek dit kan doen saam met ander kunstenaars. Dit is 'n ongelooflike genade dat die Here vir my deur 'n eenvoudige volksin-strument soveel mooi laat beleef

het en ek hoop om iets van die wonder van die skepping daarmee na mense se harte te bring.”

Liewe Gemeentelid, uit die bo-genoemde kan u aflei dat die Kers-program 2015 beloof om ‘n musiekfees te wees waarin ge-meentelede, kunstenaars, musi-kante, instrumentaliste met God-gegewe talente, sang en lied voor die almagtige God van Liefde, Heer Jesus Christus kan kom buig en Sy lof besing!

Pretoria Bach Koor is gestig in 1962 deur Bruno Peyer, en hui-diglik onderleiding van Gerben

Grooten. Die koor betsaan uit +/- 80 koorlede en streef daarna om koorwerke voor te dra op die-selfde vlak van perfeksie soos gekenmerk deur die groot kompo-nis, Johann Sebastian Bach. Tydens die erediens sal die koor uittreksels van Bach se bekende Kerfeesoratorium aan ons voorge-dra word. Die oratorium beeld die geboortegeskiedenis van Christus

tot ná die drie wyse manne en Herodus se moordplanne uit in pragtige koorgedeeltes, arias en duette. Die hemelse musiek weer-spieël iets van God se almag en onbegryplike grootheid… ‘n ware geestelike ervaring – die klank van duisend stemme tot Sy eer!

Anna Davel se loopbaan kry in 1997 momentum toe sy in die jaarlikse ATKV Cresendo Kom-petisie aangewys word as algehele wenner. Sy verkry haar diploma in ligte Music / Jazz deur Tswane Universiteit in 1998. Later jare sluit sy aan by die bekende Aca-pella groep, Cut Glass en bly ‘n lid tot 2003. Die groep toer deur die Verenigde Koningkryk, Portu-

gal, Finland, China en België en stel 3 albums vry in die tyd. In 2003 besluit sy om weg te breek van die groep en so bereik haar loopbaan nuwe hoogtes en skenk geboorte aan agt hoogs aan-geskrewe albums en ‘n oorvloed van haar eie pragtige komposisies. Anna Davel beloof om die kers-program verder in te kleur en haar Godgegewe talent met ons te deel.

Page 4: NG Gemeente Meyerspark Oktober 2015 Tiendemaand is ... · Uit: ’n Lewe met Jesus, Johan en Helena Smith En toe kom die pragtige Lentereëns saam met ons Lente- ... “Om iets moois

Goeie Nuus

Omgeebrief reaksie

4

Die omgeebrief wat ons as Ge-meente na familie wat in die bui-teland woon gestuur het, het prag-tige reaksie ontlok. Ons het terug-voer gekry van mense wat oor die hele wêreld versprei is.

Hier is ’n paar uittreksels uit

van die briewe wat ons ontvang het.

• Baie dankie vir die oulike po-

werpoint presentation. Dis altyd lekker om nuus uit Meyerspark te kry en dan nog so ’n paar van die gesigte op die foto’s te herken.

Sê asb dankie vir die Gemeente en die dominees, dat julle vir ons hier in die buiteland bid. Ons waardeer dit. Linda (Visser) du Toit en familie

• Baie dankie, ek waardeer dit.

Gerda Wilcocks

• Liewe Meyerspark Gemeente

Wat ’n onverwagse lekkerte toe ons vandag ’n e-pos van julle ont-vang! Baie dankie vir die omgee-liefde woorde wat ons harte diep geraak het.

Ons is almal baie gelukkig hier maar die verlange na die familie en ouers, ouma’s en oupa’s word nooit minder nie. Ons is geseën om te kan kuier in Suid-Afrika en gereeld familie te hê wat by ons kom kuier wat dit makliker maak.

Ons glo ons Hemelse Vader het

’n plan en doel met ons lewens hier in die buiteland. Ons almal is op ons eie maniere baie betrokke in sy bediening en het liewe Christen-vriende… Ons liggies skyn hier vir Hom.

Hoewel ons nou Britse burgers

is, is ons harte nog Suid-Afrikaans en ons liefde en trots vir ons land

brand altyd hoog. Dankie weer eens vir die brief

wat baie, baie waardeer word en nou altyd vir ons ’n kosbaarheid sal bly, Ek weet ons sal dit weer en weer lees… Tanya, Anthon, Jánoux, Rein-hard, Ivan en Miréy

• Nou het ek behoorlik ’n knop in

my keel…

Baie, baie dankie vir die mooi briefie en die besonderse gebaar om jul liefde en ondersteuning aan ons te wys.

Julle sal nie weet hoeveel dit

beteken nie… selfs na al amper sewe jaar in Australië!

Dit gaan baie goed met ons,

maar die verlange is maar die heeltyd daar…

Ek beloof om later meer met jul

te deel oor al ons ervaringe, dis nou slapenstyd hier by ons.

Kan nie wag om die briefie met

Piet en die kinders te deel nie! Dankie vir jul omgee en liefde

aan pa Daan en ma Elize as die verlange soms te erg raak…

Baie groete uit DOWN UN-

DER! Riana

• Ek het vandag ’n briefie van my

suster in Kanada gekry om te sê dat hulle dit baie waardeer het om van NG Gemeente Meyerspark te hoor. Dit was ’n wonderlike idee. Ronelle

• Baie dankie vir die baie be-

sonderse boodskap van die kerk! Dit beteken baie vir ons. Sarel en Heike

Hy hou die hele wêreld in Sy Hand.