ng kerk miederpark erark · donderdag 28 februarie 40 dae doelgerigte liefde vroue bybelstudie...

8
Uitgawe 7/2013 24 Februarie 2013 NG KERK MIEDERPARK IEDERARK BANKBESONDER- HEDE: NG Kerk Mieder- park, ABSA Tjekrek 680 590 591 , Potchefstroom NG Kerk Miederpark Sending, ABSA Tjek- rek 405 41 9146, Potchefstroom Ds Willem Louw Ds Okkie Cilliers Ds Dorette Cilliers (018) 294 8197 (018) 297 7926 (018) 297 7926 082 340 7549 083 262 6783 074 434 7093 Kerkkantoor Tel (018) 294 8121 Faks (018) 294 3900 Webwerf http://www.ngkmiederpark.co.za Epos [email protected] Sendingkantoor [email protected] Jeugkantoor [email protected] Sluit by ons aan op Wat gebeur DV die volgende week….…… Sondag 24 Februarie 40 dae doelgerigte liefde ErediensSondagskool Gr 1-6 Kruislig Koffiediens - Tienerdiens Gr 7-11 09:15 17:30 Maandag 25 Februarie 40 dae doelgerigte liefde Gemeentebestuurvergadering 18:00 Dinsdag 26 Februarie 40 dae doelgerigte liefde SBK & ringsleraars Woensdag 27 Februarie 40 dae doelgerigte liefde Donderdag 28 Februarie 40 dae doelgerigte liefde Vroue Bybelstudie 09:30 Vrydag 1 Maart 40 dae doelgerigte liefde Saterdag 2 Maart 40 dae doelgerigte liefde Manne Bid-uur 07:00

Upload: others

Post on 13-Feb-2020

4 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: NG KERK MIEDERPARK ERARK · Donderdag 28 Februarie 40 dae doelgerigte liefde Vroue Bybelstudie 09:30 Vrydag 1 Maart 40 dae doelgerigte liefde Saterdag 2 Maart 40 dae doelgerigte liefde

Uitgawe 7/2013

24 Februarie 2013

NG KERK MIEDERPARK

IEDERARK

BANKBESONDER-

HEDE:

NG Kerk Mieder-

park, ABSA Tjekrek

680 590 591 ,

Potchefstroom

NG Kerk Miederpark

Sending, ABSA Tjek-

rek 405 41 9146,

Potchefstroom

Ds Willem Louw Ds Okkie Cilliers Ds Dorette Cilliers

(018) 294 8197 (018) 297 7926 (018) 297 7926

082 340 7549 083 262 6783 074 434 7093

Kerkkantoor

Tel (018) 294 8121 Faks (018) 294 3900

Webwerf http://www.ngkmiederpark.co.za

Epos [email protected]

Sendingkantoor [email protected]

Jeugkantoor [email protected]

Sluit by ons aan op

Wat gebeur DV die volgende week….……

Sondag 24 Februarie 40 dae doelgerigte liefde Erediens—Sondagskool Gr 1-6 Kruislig Koffiediens - Tienerdiens Gr 7-11

09:15 17:30

Maandag 25 Februarie 40 dae doelgerigte liefde Gemeentebestuurvergadering

18:00

Dinsdag 26 Februarie 40 dae doelgerigte liefde SBK & ringsleraars

Woensdag 27 Februarie 40 dae doelgerigte liefde

Donderdag 28 Februarie 40 dae doelgerigte liefde Vroue Bybelstudie

09:30

Vrydag 1 Maart 40 dae doelgerigte liefde

Saterdag 2 Maart 40 dae doelgerigte liefde Manne Bid-uur

07:00

Page 2: NG KERK MIEDERPARK ERARK · Donderdag 28 Februarie 40 dae doelgerigte liefde Vroue Bybelstudie 09:30 Vrydag 1 Maart 40 dae doelgerigte liefde Saterdag 2 Maart 40 dae doelgerigte liefde

B L A D S Y 2 I E D E R A R K

Wanneer lidmate van die gemeente op-

geneem word in Potch Medi Kliniek, moet

hulle asseblief by opname duidelik meld

dat hulle lidmate van die NG Kerk Mieder-

park is. Dit maak dit vir die leraars mak-

liker om hulle tydens die weeklikse hospi-

taalbesoeke (Dinsdae en Donderdae) op

te spoor.

Ho spi ta a l o pna mes

“MOEDERSKAMER”

Het u ‘n baba of ‘n kleuter wat nog nie heeltemal

“kerk-mak” is nie? Maak dan gerus gebruik van

die konsistorie gedurende die erediens. Daar is

luidsprekers sowel as ‘n kindervriendelike speel-

hoekie. Wanneer die erediens-personeel 09:15

die konsistorie verlaat om in die kerk in te

beweeg, word die vertrek beskikbaar vir gesinne

met klein kindertjies wat nie die erediens wil ver-

steur nie, maar tog deel van die formeler opset

wil wees. Ons kinders is vir ons kosbaar, ons wil

hulle graag só infaseer en lief maak vir die aanbid-

dingsruimte.

HOSPITAAL SENDING—Petro Zaayman

Bid asb vir:

Jannie Erasmus wat nou besig is om die pasiente te besoek en die Woord met hulle te deel.

Iemand met depressie wat uitsigloos geraak het.

’n Ouer persoon wat pyn verduur en aanmekaar vra“ Here, neem my“

’n Kindjie met gebreekte arm en skouer.

Dankie Here

Vir elke nuwe dag, want dit is genade.

MALAWI SENDING—Pieter

Baie dankie:

Pieter het ’n geseënde tyd in Newcastle gehad. Hy het by Bersig gemeente gepraat. ’n Skool in Newcastle het hom ook gevra om Maandagoggend by hulle skool vir die kinders te kom vertel van sy werk in Malawi.

Dat dit so goed gaan met die Groep in die Village. ’n Besoeker wat verlede Sondag die diens daar in Malawi bygewoon het kon getuig hoe pragtig die groep daar alleen aangaan. Hulle het in die diens met mekaar gedeel hoe die Here Jesus hulle gered het.

Bid asb:

Vir die beskerming van almal by die village; Vir Pieter se besoek aan die verskillende gemeentes en privaat persone.

Page 3: NG KERK MIEDERPARK ERARK · Donderdag 28 Februarie 40 dae doelgerigte liefde Vroue Bybelstudie 09:30 Vrydag 1 Maart 40 dae doelgerigte liefde Saterdag 2 Maart 40 dae doelgerigte liefde

B L A D S Y 3 U I T G A W E 7 / 2 0 1 3

OUDIO-VERSTERKING

Hoor u sleg tydens die erediens?

Maak dan gerus gebruik van die

derde en vierde bank voor links in

die kerk. Daar is proppe waar u u

eie oorfone kan inprop om beter

te hoor. Of alternatiewelik kan u

voor die erediens by die koster in

die konsistorie ‘n stel oorfone van

die kerk leen om net na die diens

weer terug te gee.

VIERINGS!

Veels geluk aan die volgende senior burgers wat in hierdie

week hulle geboortedag herdenk:

26 Februarie— Alida Kotze

27 Februarie—Dassie Lombaard

Mag die Here u in die nuwe lewensjaar omhein met Sy

Barmhartigheid, kroon met Sy Vrede en seën met Sy in-

tieme Teenwoordigheid.

Graad 1-6 kom dieselfde tyd as die erediens in die kerk bymekaar vir die Kinderkerk.

Daarna word in die graadgroepe verdeel.

Graad 7-11 kom dieselfde tyd as die aanddiens in die saal bymekaar vir die Tiener-

diens.

Met die 40-dae projek in gedagte en om die kinders te leer wat dit beteken om prak-

ties dissipel vir Jesus te wees, het ons die volgende byeenkomste in die week:

Gr 1-3 Maandae 16:30—17:00 ; Gr 4-6 Dinsdae 16:30—17:00; Gr 7-9 Woensdae

17:00—17:30; Gr 10-11 Donderdae 17:00—17:30

Lees die Iederark in

volkleur op die web!!

ngkmiederpark.co.za

Die pastoor druk Meraai 3 keer onder die water en

na die 3de keer sê die Pastoor:

"Jy's nou gedoop en van vandag af is jy 'n nuwe

skepsel.. die ou ene is weg.”

“Geen alkohol meer oor jou lippe nie! So van van-

dag af is jy Maria!!"

Later toe Meraai (nou Maria) by die huis kom, is sy

reguit yskas toe.

Sy haal 'n bottel yskoue wyn uit. Sy tap die wasbak

vol water en druk die bottel 3 x onder die water en

sê; "Djy is nou Oros!"

Page 4: NG KERK MIEDERPARK ERARK · Donderdag 28 Februarie 40 dae doelgerigte liefde Vroue Bybelstudie 09:30 Vrydag 1 Maart 40 dae doelgerigte liefde Saterdag 2 Maart 40 dae doelgerigte liefde

B L A D S Y 4 U I T G A W E 7 / 2 0 1 3

Lofberg, Fochville bied die “Father & Sons”-konferensie aan op 26—28 April.

Sprekers soos Jannie de Beer, Jacques Gombault en Danie Botha gaan optree.

Lofsang word gelei deur Danie Botha en Arno Claassen.

GEMEENTEBASAAR 4 MEI 2013

Ons gaan weer tuisgemaakte mosterd verkoop. Kan u dalk help met leë Purity botteltjies (100g en

200g) en/of leë Marmite, Bovril of Oxo botteltjies (125g en 250g)?

Lewer dit asseblief by die Kerkkantoor af of by Dassie Lombaard te Uitsigstraat 28—tel 0845004828 /

0182932437.

Groot waardering!!

Page 5: NG KERK MIEDERPARK ERARK · Donderdag 28 Februarie 40 dae doelgerigte liefde Vroue Bybelstudie 09:30 Vrydag 1 Maart 40 dae doelgerigte liefde Saterdag 2 Maart 40 dae doelgerigte liefde

B L A D S Y 5 U I T G A W E 7 / 2 0 1 3

BASAARKONSERT EN POTJIE-

KOS-ETE : 15 MAART 2013

Ons benodig enige soort tuisge-

maakte konfyt vir die brood wat

saam met die potjiekos bedien

gaan word. Indien u ‘n bydrae kan

maak, skakel asseblief vir Dassie

L o m b a a r d 0 8 4 5 0 4 8 2 8 /

0182932437. Dit kan by die kerk-

kantoor afgelewer word of by Das-

sie te Uitsigstraat 28.

Baie, baie dankie!!

VERITAS SENDING—DS DAWIE EN NAOMI

Ek het vanoggend tuisgekom na die beplanningsgeleentheid waarvoor ons verlede week voorbidding gevra het. Kom ons sê vandag dankie vir:

‘n baie geseënde tyd wat ons kon beleef;

al die getuienisse hoe die Veritas opleiding veral in die behoeftigste gemeenskappe gemeenteleiers met baie min of geen opleiding bystaan en toerus om die Bybel reg te verstaan, toe te pas en in hulle konteks relevant te maak - die kerkgroei wat seke-re gemeenskappe beleef is merkwaardig , veral as in ag geneem word dat al die hoofstroom-kerke die laaste dekade skrikwekkend vinnig krimp;

die feit dat Johan Bloemhof nou, na sy oprasie, tuis aansterk. Ons bid steeds vir hom vir volkome herstel.

Ons bid ook saam vir al die nuwe uitdagings waarvoor ons staan – in Suid-Afrika, maar ook in Frankryk en Afrika.

Dawie en Naomi

BOTSWANA SENDING

Jerry en Magda

Dankie:

Aan ons Hemelse Vader vir gesond-heid en al die seëninge wat ons ont-vang.

Ons vra vir:

Wysheid en kennis sodat Jerry sy werk kan doen.

Die voorbereiding en beplanning om ons huisie reg te kry.

Page 6: NG KERK MIEDERPARK ERARK · Donderdag 28 Februarie 40 dae doelgerigte liefde Vroue Bybelstudie 09:30 Vrydag 1 Maart 40 dae doelgerigte liefde Saterdag 2 Maart 40 dae doelgerigte liefde

B L A D S Y 6 U I T G A W E 7 / 2 0 1 3

WAAROM ONDERSTEUN ONS CANSA RELAY FOR LIFE?????

DIE REDE IS:

Een uit elke vier Suid Afrikaners word geraak deur KANKER, en die kankerkrisis word elke dag groter. Dui-sende sterf aan kanker en die tragedie is dat baie van hierdie sterftes voorkom kon gewees het!

Kansa is die enigste Nasionale Kankerorganisasie en beveg kanker alreeds die afgelope 82 jaar – sedert 1931.

CANSA Relay For Life - Die Kankervereniging van Suid-Afrika (CANSA) se Relay For Life is ‘n unieke ge-leentheid wat aan almal in die gemeenskap die geleentheid bied om deel te neem aan die stryd teen kanker. Dit verteenwoordig die hoop dat hulle wat die stryd teen kanker verloor het, nooit vergeet sal word nie, dat hulle wat stry teen kanker ondersteun sal word en dat kanker eendag oorwin sal word.

Relay for Life is ‘n prettige, deurna spanbyeenkoms wat die bewusmaking van kanker na vore bring en die noodsaaklike fondse genereer om kanker te bestry Die byeenkoms word gedryf deur vrywilligers en is die “eiendom” van die gemeenskap. Gedurende die Relay onderneem spanne van 10-15 vriende, bure, fami-lies en mede-werkers om ten minste een lid te alle tye rondom die baan te laat loop, want kanker slaap nooit nie. Fondse wat deur die spanne ingesamel word, word aangewend om CANSA se voorkoming, on-derrig, vroeë opsporing, voorspraak en pasiëntesorgprogramme in die streek waar die Relay plaasvind, te ondersteun.

Spanne kamp uit rondom die baan voordat die CANSA Relay For Life-geleentheid met die Oorlewendes se Ere-rondte open. Na sononder word die kerse in die luminaria-sakke – wat rondom die baan strek – aan-gesteek. Almal kom saam om hulde te bring aan diegene wat die stryd teen kanker verloor het en hulle ook te onthou, asook om hulle wat teen kanker stry, te ondersteun en saam bly te wees met diegene wat die stryd oorwin het.

Gedurende die aand en die volgende dag geniet almal die vermaak, prêt en kameraderie in ‘n karnaval-atmosfeer. Elke gemeenskap se Relay For Life is spesiaal en is deel van ‘n nasionale- en internasionale beweging in die stryd teen kanker.

ONS MAAK STAAT OP DIE GEMEENSKAP VAN POTCHEFSTROOM!!

Stel jou span saam en kom skryf in:

By die spanvergaderings: Donderdae by Anglo Gold Ashanti se kantore, Buskusstraat 41, Baillie Park.. Tussen 5:30nm-6:30nm. Inskrywingsfooi – R550.00 per span.

Page 7: NG KERK MIEDERPARK ERARK · Donderdag 28 Februarie 40 dae doelgerigte liefde Vroue Bybelstudie 09:30 Vrydag 1 Maart 40 dae doelgerigte liefde Saterdag 2 Maart 40 dae doelgerigte liefde

B L A D S Y 7 U I T G A W E 7 / 2 0 1 3

KONTAK BESONDERHEDE:

SPANNE: Ronell Blom 082 464 4839

Johan van Deventer 082 894 3775

OORWINNAARS: Loraine Joubert 079 836 3695

Jean le Roux 082 883 8275

DONASIES: Jacques Rousseau 073 811 6774

ALGEMEEN: Petro de Beer 083 411 9807

RELAY FOR LIFE IS ‘N LEWENSVERANDERENDE GELEENTHEID !!

supported by

HENGELKOMPETISIE

Op 16 Februarie het 84 hengelaars ingeskryf vir die ge-meente se eerste hengelkompetisie by die Pacman dam. Dit was ʼn heerlike suksesvolle dag. Leon Rusch het met ʼn Karp van 4.140kg sy kategorie, sowel as die swaarste vis van die dag gewen. Hy het ook die grootste gewig vis (9.130kg) in sy net gehad vir die dag. Gevolglik het hy met ʼn roeiboot, kontant en verskeie ander pryse weggestap! Baie geluk Leon! (Meer inligting, foto’s en nuus van ons borge kom later op die web). Volgende jaar maak ons weer so!

Spesiale Chillibite en droëwors aanbieding:

Die Super Rugby begin en ons het ʼn Super afslag prys op gekerfde Chillibite Snippers. Nou te koop @ slegs R70 per kg. Daar is ook droëwors teen dieselfde afslagprys. Alles is verpak in pakkies van R20 en R30. Hierdie is ʼn eenmalige aanbod en geld slegs solank voorraad hou. (Aankope kan gedurende die week by die sendingkantoor afgehaal word of Sondagoggend na kerk)

Page 8: NG KERK MIEDERPARK ERARK · Donderdag 28 Februarie 40 dae doelgerigte liefde Vroue Bybelstudie 09:30 Vrydag 1 Maart 40 dae doelgerigte liefde Saterdag 2 Maart 40 dae doelgerigte liefde

Kommentaar of nuus: [email protected] 0791349256

Anale van ʼn windgat: 15 Maart in Miederpark.

Koop nou jou kaartjies teen sleg R45 p/p. ontvang jy ʼn potjiekos ete en dit sluit die to-neelstuk “Anale van ʼn windgat” in. Die komedie gaan jou laat rol van die lag. Ons wil graag die hele gemeente by die projek betrek. Dit is ook die afsluiting van ons 40 dae doelgerigte liefde projek. GROOT ASB, maak seker dat jy nou jou kaartjie by jou ouder-ling, kollektant of selleier koop. Klik die onderstaande skakel vir meer inligting: http://www.ngkmiederpark.co.za/pdf/2013/tuisblad/potjiekosete.pdf

Ons soek dringend nog mense wat ʼn potjie kan maak (vir 40 mense) op 15 Maart

of donasies vir potjies kan gee (vleis, groentes of kontant) of ʼn groot pot vir ons kan leen, of vuurmaak hout skenk! (Ons mik van-jaar vir 800 etes) Ons het nog net 12 mense wat potte gaan maak. Kom ons vat hande en maak dit ʼn reuse sukses! Ons benodig nog 12 potmakers! As jy lus is om te help, kontak dan asb. vir ds. Willem deur net op hierdie e-pos te “reply”. Jy gaan verbaas wees hoe-veel pret en liefde die potjiekos span-ne beleef! Kom deel in die pret! (Dankie aan Alta Pothas wat die leisels in die projek neem. Ons waardeer jou liefde en opoffering!) GROOT ASB. HELP ONS MET DIE POGING (Dit is deel van ons basaar fondsinsameling)

Malawi uitreik 4-14 Julie. Ek wil jou uit-

nooi om saam te gaan op die Malawi uit-reik. Daar is ‘net ʼn beperkte aantal plek op die uitreikspan. Ons ry deur Zimbabwe, en ʼn gedeelte van Mosambiek. Jy slaap een aand op die walle van die Zambezirivier (800m breed), en bring ʼn dag en aand langs die Malawi meer deur waar ons saam met die sendeling Bybelstudie hou en ontspan). Ons gaan ook ons sendeling met praktiese hulp ondersteun. (Bespreek nou jou plek! Kry by ons ʼn borgvorm en samel fondse by jou vriende in om jou uitgawes te vermin-der).

Ons benodig wol asb! ‘n Ge-

meentelid wil truitjies vir

sending en die basaar brei

met ‘n breimasjien, maar sy

benodig wol. Laai dit by Kerk-

kantoor af asb en merk dit

breiprojek.