ng kerk miederpark erark feb.pdfdi. louw en cilliers en dorette, baie dankie vir alles wat julle vir...

8
Uitgawe 5/2013 10 Februarie 2013 NG KERK MIEDERPARK IEDERARK Moederskamer 2 Senior burger funksie 3 Father and son’s 4 Trap vir Bybels 5 Senior burger verjaars- dae 6 40-dae Projek 8 In Jesus se Voetspore 8 Inhoud: BANKBESONDER- HEDE: NG Kerk Mieder- park, ABSA Tjekrek 680 590 591 , Potchefstroom NG Kerk Miederpark Sending, ABSA Tjek- rek 405 41 9146, Potchefstroom Ds Willem Louw Ds Okkie Cilliers Ds Dorette Cilliers (018) 294 8197 (018) 297 7926 (018) 297 7926 082 340 7549 083 262 6783 074 434 7093 Kerkkantoor Tel (018) 294 8121 Faks (018) 294 3900 Webwerf http://www.ngkmiederpark.co.za Epos [email protected] Sendingkantoor [email protected] Jeugkantoor [email protected] Sluit by ons aan op Wat gebeur DV die volgende week….…… Sondag 10 Februarie 40 dae doelgerigte liefde ErediensDoop - Sondagskool Gr 1-6 Kruislig Koffiediens - Tienerdiens Gr 7-11 09:15 17:30 Maandag 11 Februarie 40 dae doelgerigte liefde Stiltetydkursus 18:00 Dinsdag 12 Februarie 40 dae doelgerigte liefde Finansiële vergadering 17:30 Woensdag 13 Februarie 40 dae doelgerigte liefde Sendingbestuurvergadering 18:00 Donderdag 14 Februarie 40 dae doelgerigte liefde Vroue Bybelstudie 10:00 Vrydag 15 Februarie 40 dae doelgerigte liefde Saterdag 16 Februarie 40 dae doelgerigte liefde Manne Bid-uur Hengelkompetisie 07:00

Upload: others

Post on 22-Oct-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

  • Uitgawe 5/2013

    10 Februarie 2013

    NG KERK MIEDERPARK

    IEDERARK

    Moederskamer 2

    Senior burger funksie 3

    Father and son’s 4

    Trap vir Bybels 5

    Senior burger verjaars-dae

    6

    40-dae Projek 8

    In Jesus se Voetspore 8

    Inhoud:

    BANKBESONDER-

    HEDE:

    NG Kerk Mieder-

    park, ABSA Tjekrek

    680 590 591 ,

    Potchefstroom

    NG Kerk Miederpark

    Sending, ABSA Tjek-

    rek 405 41 9146,

    Potchefstroom

    Ds Willem Louw Ds Okkie Cilliers Ds Dorette Cilliers

    (018) 294 8197 (018) 297 7926 (018) 297 7926

    082 340 7549 083 262 6783 074 434 7093

    Kerkkantoor

    Tel (018) 294 8121 Faks (018) 294 3900

    Webwerf http://www.ngkmiederpark.co.za

    Epos [email protected]

    Sendingkantoor [email protected]

    Jeugkantoor [email protected]

    Sluit by ons aan op

    Wat gebeur DV die volgende week….……

    Sondag 10 Februarie 40 dae doelgerigte liefde Erediens—Doop - Sondagskool Gr 1-6 Kruislig Koffiediens - Tienerdiens Gr 7-11

    09:15 17:30

    Maandag 11 Februarie 40 dae doelgerigte liefde Stiltetydkursus

    18:00

    Dinsdag 12 Februarie 40 dae doelgerigte liefde Finansiële vergadering

    17:30

    Woensdag 13 Februarie 40 dae doelgerigte liefde Sendingbestuurvergadering

    18:00

    Donderdag 14 Februarie 40 dae doelgerigte liefde Vroue Bybelstudie

    10:00

    Vrydag 15 Februarie 40 dae doelgerigte liefde

    Saterdag 16 Februarie 40 dae doelgerigte liefde Manne Bid-uur Hengelkompetisie

    07:00

    http://www.ngkmiederpark.co.zamailto:[email protected]:[email protected]:[email protected]

  • B L A D S Y 2 I E D E R A R K

    GEBEDSVERSOEKE—HOSPITAALSENDING—Petro Zaayman

    Bid asb vir:

    Wat vandag die Woord by Potch Hospitaal bring.

    ’n Vrou met dubbele mastektomie wat moedeloos is.

    Man wat deur chemoterapie en bestraling en al die behandelings is, maar steeds na 6 maande ongelooflike pyn verduur.

    VALENTYNSBASAAR

    Potchefstroom Dienssentrum bied op Dinsdag 12 Februarie 2013 ’n heerlike Valentynsbasaar aan.

    Gaskunstenaar: 10:00 - 11:00 Hannes van Tonder

    Basaar vanaf 08:00 tot 14:00

    Plek: Chris Hanirylaan 90

    ’n Groot verskeidenheid items en produkte te koop.

    Besighede kan bestellings plaas wat deur die dienssentrum afgelewer sal word.

    Vir navrae kontak die dienssentrum by: 018 293 0678

    Ons het elkeen van u se ondersteuning nodig!

    Wanneer lidmate van die gemeente op-

    geneem word in Potch Medi Kliniek, moet

    hulle asseblief by opname duidelik meld

    dat hulle lidmate van die NG Kerk Mieder-

    park is. Dit maak dit vir die leraars mak-

    liker om hulle tydens die weeklikse hospi-

    taalbesoeke (Dinsdae en Donderdae) op

    te spoor.

    Ho spi ta a l o pna mes

    “MOEDERSKAMER”

    Het u ‘n baba of ‘n kleuter wat nog nie heeltemal

    “kerk-mak” is nie? Maak dan gerus gebruik van

    die konsistorie gedurende die erediens. Daar is

    luidsprekers sowel as ‘n kindervriendelike speel-

    hoekie. Wanneer die erediens-personeel 09:15

    die konsistorie verlaat om in die kerk in te

    beweeg, word die vertrek beskikbaar vir gesinne

    met klein kindertjies wat nie die erediens wil ver-

    steur nie, maar tog deel van die fomeler opset wil

    wees. Ons kinders is vir ons kosbaar, ons wil hulle

    graag só infaseer en lief maak vir die aanbiddings-

    ruimte.

  • B L A D S Y 3 U I T G A W E 5 / 2 0 1 3

    HALLELUJA-BOEKIES

    Indien enige iemand ‘n ou

    Halleluja sangboekie het

    wat nie meer gebruik

    word nie, skenk dit asb

    deur dit by Ds Dorette of

    die Kerkkantoor af te gee.

    Daar is selgroepe wat dit

    kan gebruik.

    SENIOR BURGER FUNKSIE

    Ons gemeente se Senior Burger “Viering van die

    Lewe”-funksie vir lidmate 65 jaar en ouer (sowel as hul

    eggenotes) vind plaas Vrydag 22 Februarie om 10:00 in

    die kerksaal. Die tema is: Die lewe is ‘n lied! Kleredrag:

    Trek aan soos in die vyftiger jare. Dit gaan groot pret

    wees!

    Ds Dorette sê ook “Dankie” en “Totsiens” by hierdie

    geleentheid.

    Gee asb jou naam by die Kerkkantoor op indien jy die

    oggend wil meemaak en dui asb aan indien jy ‘n dia-

    beet is, sodat ons die versnaperinge dienooreenkom-

    stig kan voorberei.

    GEBEDSVERSOEKE—MALAWI SENDING—Pieter

    Twee Sendelinge het met 30 Malawiërs na Pieter gekom sodat hy hulle meer kan vertel en wys van “Farming God’s Way” (minimum bewerking). So dankbaar dat daar meer is wat raaksien dat hierdie metode vir hulle groter opbrengs gee. Bid asb dat dit met hierdie groep baie goed sal gaan.

    Bid asb:

    Vir die nodige krag vir al die goedjies wat hy nog moet regmaak voordat hy na SA vertrek. Hul petrolprys is ook baie op.

    GEBEDSVERSOEKE—BOTSWANA SENDING—Jerry en Magda

    Ons dank die Here vir elkeen wat ons: -

    Ondersteun in gebed, materieël, finansies, moreel en vriendskap. Ons kan dit nie sonder julle doen nie.

    Magda se reëlings vir vroeë pensioen.

    Vir die Boff-kursus wat die 11e begin.

    Vir ons beplanning en program vir die jaar. Dat dit binne die wil van Vader is.

    Vir die evangelisasiewerk.

  • B L A D S Y 4 U I T G A W E 5 / 2 0 1 3

    Lofberg, Fochville bied die “Father & Sons”-konferensie aan op 26—28 April.

    Sprekers soos Jannie de Beer, Jacques Gombault en Danie Botha gaan optree.

    Lofsang word gelei deur Danie Botha en Arno Claassen.

    GEBEDSVERSOEKE—ANGOLA SENDING—Freddie

    Met die seuns van Freddie-hulle gaan dit goed. Justin het ’n suksesvolle eerstejaar agter die rug en sien uit na sy tweede jaar.

    Matthew het sy studies suksesvol voltooi. Hy het ook werk gekry.

    Jonathan is nog besig met fotografie en hoop om ’n vaste werk te kry.

    Dankie Here vir al die suksesse wat die kinders bereik het.

    Bid asb dat Jonathan ’n vaste werk sal vind.

  • B L A D S Y 5 U I T G A W E 5 / 2 0 1 3

    Die Noordwes Streek van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika (=BSA) en ‘n aantal medewerk-ers hou eersdaags ‘n unieke Trap vir Bybels in Noordwes. Dit behels ‘n aantal fietstoere wat ge-lyktydig gedurende die week van 23 Februarie tot 2 Maart 2013 (DV) in verskillende dele van die provinsie sal plaasvind en in talle dorpe sal aandoen - van Christiana in die suide tot by Bray in die weste, Mahikeng in die noorde en Potchefstroom in die ooste. Chris Breedt van Lichtenburg staan aan die hoof van die reëlings en die projek geniet die goedkeuring en ondersteuning van die Noordwes Fietsry-unie.

    Die doel van die Trap vir Bybels is drieledig:

    - die bevordering van die BSA se visie nl ‘n Bybel vir elkeen,

    - om aan kerke, skole en ander instansies die geleentheid te bied om betrokke te raak by hier-die projek en sodoende mede-eienaarskap te aanvaar van die BSA se missie nl: Om bekostig-bare Bybels vir elkeen in hulle eie taal en in geskikte formate beskikbaar te stel sodat al-mal die lewegewende boodskap van die Woord mag ervaar

    - die insameling van fondse sodat die BSA se missie uitgevoer kan word.

    Ons voorlopige beskeie versoek aan u is die volgende:

    - stel uself en u gemeente/skool/instansie asb beskikbaar vir hierdie projek,

    - stuur asb ‘n geskikte verteenwoordiger, verkieslik iemand wat ‘n leiersfunksie beklee, na die inligtingsgeleentheid waarna hieronder verwys word. Volledige inligting rakende die projek sal daar aan u deurgegee sal word.

    Inligtingsgeleentheid en ‘n koppie koffie/ tee en te ete.

    Plek: Dienssentrum vir Bejaardes

    Adres: Hv Kamp en Chris Hanistraat Potchefstroom

    Datum en tyd: Don 7 Febr 2013 om 9 uur vm

    RSVP: 5 Febr 2013

    By voorbaat baie dankie vir u deelname!

    dr kalman papp streekhoof: noordwes t +27 (0)11 970 4010 / f +27 (0)11 970 2506

    bybelgenootskap van suid-afrika

    TRAP VIR BYBELS

  • B L A D S Y 6 U I T G A W E 5 / 2 0 1 3

    BARMHARTIGHEIDSBEDIENING AAN GLINSTER GRYS LEDE

    Indien jy immobiel is weens siekte, gestremdheid of weens ‘n ge-

    brek aan vervoer, en ‘n haarkapster benodig, skakel Ds Dorette

    vir inligting van ‘n “engel” wat bereid is om dié diens by jou eie

    huis teen baie billike tariewe te kom verrig. Dit is ‘n voorreg om

    die lewe vir ons senior lidmate ‘n bietjie makliker te maak.

    VIERINGS!

    Veels geluk aan die volgende senior burgers wat in hierdie

    week hulle geboortedag herdenk:

    10 Februarie—Hannes Mostert

    - Johan Schoeman

    11 Februarie— Drieka du Plessis

    13 Februarie—Susan Benade

    16 Februarie—Maria Botha

    Mag die Here u in die nuwe lewensjaar omhein met Sy Barm-

    hartigheid, kroon met Sy Vrede en seën met Sy intieme Teen-

    woordigheid.

    GEBEDSVERSOEK—VERITAS—Ds Dawie & Naomi

    Ons is terug vanaf Veritas se konferensie vir die Noordelike halfrond in Malta, en alles gaan weer vol-stoom voort. Baie dankie vir julle getroue voorbidding, ons besef net daagliks hoe nodig ons dit het.

    Ons kan hierdie week die Here loof vir die groot groei in die werk van Veritas in Latyns-Amerika, Wes- en Oos-Europa en dan ook in die Ooste. Aangesien verskeie lande sensitief is, kan ons nie meer inligting per e-pos gee nie. Ons kan wel meld dat daar ongelooflike dinge besig is om te gebeur in die lande waar ‘n mens dit die minste sou verwag.

    Dan vra ons vandag voorbidding vir een saak: Ons het ‘n oop deur om ‘n groepie bestaande sendelinge in Frankryk vir ‘n paar dae vanaf 25 April toe te rus as fasiliteerders van die Veritas program. Daar is ‘n groot behoefte aan soliede Bybelstudie en ons besef dis ‘n eenmalige geleentheid. Bid asb vir:

    ds Johan Bloemhof wat al die reëlings hiervoor tref - bid veral vir sy gesondheid;

    dat elkeen wat die opleiding gaan bywoon vinnig die beginsel sal snap dat fasilitering nie preek of klasgee is nie, maar dat die fasiliteerder die Woord vir die deelnemers aan die woord moet stel;

    dat elkeen ook in sy/haar werkkring dadelik daarna met ‘n opleidingsgroep sal begin;

    vir die koste van ons vliegtuigkaartjies waarvoor nie begroot is nie.

    lisensie, permitte en deputasiewerk. Bid asb vir veilige rit .

    OUDIO-VERSTERKING

    Hoor u sleg tydens die erediens?

    Maak dan gerus gebruik van die

    derde en vierde bank voor links in

    die kerk. Daar is proppe waar u u

    eie oorfone kan inprop om beter

    te hoor. Of alternatiewelik kan u

    voor die erediens by die koster in

    die konsistorie ‘n stel oorfone van

    die kerk leen om net na die diens

    weer terug te gee.

  • B L A D S Y 7 U I T G A W E 5 / 2 0 1 3

    TOTSIENS

    Dit is vir my swaar om afskeid te neem van almal wat my pad in liefde gekruis het by Miederpark Ge-meente.

    Di. Louw en Cilliers en Dorette, baie dankie vir alles wat julle vir my gedoen en beteken het. Baie dankie ook aan die Selleidster, die Personeel en Kruismedia, wat my boek verkoop.

    Aan selgroep 7 by Rosetuin, baie dankie vir kosbare ure saam deurgebring.

    Ek mis my plekkie in die “Dowe Banke”, die orrel en die hartlike voorsang. Die sewe jaar wat aan my gegun is om deel te wees van Miederpark NG Gemeente, was sewe “vol jare”. Baie dankie daarvoor.

    Mag die Here julle seën.

    Lettie Cornelius.

    BASAARKONSERT EN POTJIE-

    KOS-ETE : 15 MAART 2013

    Ons benodig enige sort tuisge-

    maakte konfyt vir die brood wat

    saam met die potjiekos bedien

    gaan word. Indien u ‘n bydrae kan

    maak, skakel asseblief vir Dassie

    L o m b a a r d 0 8 4 5 0 4 8 2 8 /

    0182932437. Dit kan by die kerk-

    kantoor afgelewer word of by Das-

    sie te Uitsigstraat 28.

    Baie, baie dankie!!

    GEMEENTEBASAAR 4 MEI 2013

    Ons gaan weer tuisgemaakte mosterd verkoop. Kan u dalk help met leë Purity botteltjies (100g en

    200g) en/of leë Marmite, Bovril of Oxo botteltjies (125g en 250g)?

    Lewer dit asseblief by die Kerkkantoor af of by Dassie Lombaard te Uitsigstraat 28—tel 0845004828 /

    0182932437.

    Groot waardering!!

  • Kommentaar of nuus: [email protected] 0791349256

    NG KERK MIEDERPARK

    Lees die Iederark in

    volkleur op die web!!

    ngkmiederpark.co.za

    Graad 1-6 kom dieselfde tyd as die erediens in die kerk bymekaar vir die Kinderkerk. Daarna word in

    die graadgroepe verdeel.

    Graad 7-11 kom dieselfde tyd as die aanddiens in die saal bymekaar vir die Tienerdiens.

    Met die 40-dae projek in gedagte en om die kinders te leer wat dit beteken om prakties dissipel vir

    Jesus te wees, het ons die volgende byeenkomste in die week:

    Gr 1-3 Maandae 16:30—17:00 ; Gr 4-6 Dinsdae 16:30—17:00; Gr 7-9 Woensdae 17:00— 17:30; Gr

    10-11 Donderdae 17:00—17:30

    Matrix is Sondag aande na die aanddiens.

    Gr 1-3 gaan 8 en 9 Februarie op ‘n plaaskamp.

    40-Dae Projek

    Op 3 Februarie het ‘n unieke projek in ons gemeente afgeskop! Ons gaan 40 dae lank

    spandeer by die tema “Doelgerigte liefde”. Ons wil leer wat die liefde van die Here bete-

    ken en hoe ons dit prakties kan leef. Dis ‘n uitdaging want as individue en as gemeente

    het ons nie regtig ‘n idee wat dit beteken nie. Met hierdie 40-dae projek wil ons die Here

    vra om ons en ons gemeente se geskiedenis te verander! Van die reëlings:

    Maandag-aand om 18:00 is ‘n kursus wat jou gaan leer hoe om stiltetyd te hou. Almal

    wat deelneem aan die projek moet die kursus bywoon. Dit is sielsverrykend!