nie die bloed van 'n vegter . . . maar die bloed van die lam

17
Nie die bloed van ‘n vegter, maar die bloed van ‘n Lam . . .

Upload: meliscl

Post on 14-Jun-2015

572 views

Category:

Spiritual


1 download

TRANSCRIPT

Page 1: Nie die bloed van 'n vegter . . . maar die bloed van die lam

Nie die bloed van ‘n vegter, maar die bloed van ‘n Lam . . .

Page 2: Nie die bloed van 'n vegter . . . maar die bloed van die lam

Wanneer ‘n sondige Israeliet sy saak met God wou regstel, was dit die bloed

van ‘n lam wat gestort & op die altaar gesprinkel moes word . . .

Sodoende het die mens vergifnis vir sy sonde verkry, maar moes

telkemale die ritueel herhaal indien hy sy verhouding met God

wou herstel . . .

Page 3: Nie die bloed van 'n vegter . . . maar die bloed van die lam

 Jeshua die Lam van God het die sonde van die wereld op Hom gedra & die offers van lammetjies wat die mens deur soveel jare gebring

het, finaal afgehandel aan die kruis . . .

Maar waarom het Hy Sy lewe afgele vir die mens?

Waarom het die kosbare bloed van Jeshua Ha Mashiah soveel Krag by God?

Page 4: Nie die bloed van 'n vegter . . . maar die bloed van die lam

Omdat God die Skepper ‘n bloedverbond met Jeshua die Messias gesluit het

om in te staan vir die sondes van die mens . . .

Handelinge 4:12

Die saligheid is in niemand anders nie, want daar is

ook geen ander naam onder die

hemel wat onder die

mense gegee is, waardeur ons gered moet

word nie –

Page 5: Nie die bloed van 'n vegter . . . maar die bloed van die lam

Die Titel: “Die Lam van God” wat dikwels aan die Messias gegee word in die Woord, is eerstens . . .

Om ‘n offer te wees vir die sondes van die mens . . .

‘n beskrywing van Sy werk:

Page 6: Nie die bloed van 'n vegter . . . maar die bloed van die lam

Maar die Titel “ Lam van God” het ‘n dieper betekenis . . .

Jeshua is die Lam omdat Hy (1)Saggeaard;(2) nederig;

(3)Sagmoedig;(4)onderdanig &

(5)temoedkomend is

Hy onderwerp Sy eie wil aan die wil van Sy Vader vir die seen & redding van die

mens . . .

Dit beskryf Sy karakter . . .

Page 7: Nie die bloed van 'n vegter . . . maar die bloed van die lam

Dit is die karakter van die persoon wat die bloed gestort het wat die kosbare bloed van Jeshua soveel krag gee. . .

Jeshua het die temperament van ‘n lammetjie & nie die karaktereienskappe van ‘n vegter nie . . .

Page 8: Nie die bloed van 'n vegter . . . maar die bloed van die lam

Toe Hy gehaat is, het Hy nie teruggehaat nie, toe Hy

gely het, het Hy nie vir Sy regte opgestaan & gedreig

nie.

Hy het niemand teruggeslaan nie, Jeshua het nie gemurmereer of in

opstand gekom nie . . .

Toe die Vader se wil & die wreedheid van die mens na ‘n bitter ondervinding op Golgotha lei, het die Lam Sy Hoof gewillig &

nederig gebuig . . .

Dit is hierdie Lam wat Jesaja in hoofstuk 53 vers 7 beskryf: “ Hy is mishandel, hoewel Hy onderworpe was & Hy het Sy mond nie

oopgemaak nie; soos ‘n Lam wat na die slagplek gelei word & soos ‘n skaap wat stom

is voor Sy skeerders – ja, hy het Sy mond nie oopgemaak nie . . .

Page 9: Nie die bloed van 'n vegter . . . maar die bloed van die lam

Enige ander persoon sou weerstand bied & in opstand kom teen die manier

waarop die Romeinse Soldate Hom hanteer het. . .

Die bespotting, die uitskel, die

sweepslae oor Sy lyf, die spoeg & uitpluk van sy

baard, die martelinde

opmars na die heuwel; die

vasspyker teen die kruis , die meswond in Sy sy, en die vloei van die bloed…

geeneen van hierdie dinge

sou ooit plaasgevind het,

as Hy nie die sagte

temprament van ‘n lammetjie

gehad het nie . . .

Page 10: Nie die bloed van 'n vegter . . . maar die bloed van die lam

In gehoorsaamheid aan God, stel Hy Homself ondergeskik aan die Vader & uit liefde vir die mens, bly Hy onderdanig op die kruistotdat

die offer afgehandel is

Vandag nog hanteer die mens Jeshua net soos wat hulle wil, maar Hy verdra alles in stilte, terwille van ons . . .

Page 11: Nie die bloed van 'n vegter . . . maar die bloed van die lam

Al hierdie marteling… om vir my sondes te betaal …

Jeshua is nie die Lam omdat Hy op die kruis gesterf het nie…

Hy het aan die kruis op Golgotha gesterf… omdat Hy die Lam is!

Page 12: Nie die bloed van 'n vegter . . . maar die bloed van die lam

Jeshua se bloed is uiters kosbaar vir God omdat Hy saggeaard, liefdevol

& uiters onderdanig aan die Skepper, Sy bloed gestort het vir die redding van die ganse mensdom . . . 

Waar word Jeshua se

liefde beter uitgeleef, of duideliker

gedemonstreer, as juis in die

afle van Sy lewe, om

sodoende ‘n persoonlike verhouding tussen die mens & die

Skepper God moontlik te maak . . .

Page 13: Nie die bloed van 'n vegter . . . maar die bloed van die lam

Daarom het God Jeshua uitermate verhoog & Hom ‘n Naam gegee wat bo elke naam is,

sodat in die Naam van Jeshua sou buig, elke knie van die wat in die hemel & die wat op die aarde & die wat onder die aarde is &

elke tong sou bely dat Jeshua die Christus,

die Here is tot heerlikheid van God die Vader

- Filippense 2:9-10

Page 14: Nie die bloed van 'n vegter . . . maar die bloed van die lam

God wil met élke mens ‘n persoonlike verhouding hê, ‘n huweliksverhouding volgens die beginsels van ‘n

huweliksverbond . . .

Christus is die Bruidegom, &

elke wedergebore

Kind van God, Sy Bruid!  

Soos in enige huwelik, wil God met jou ‘n intieme persoonlike verhouding hê.

So intiem, dat Hy Sy Woord soos saad in jou gees wil stort, sodat dit in jou kan groei tot volwassenheid in die geloof & geestelik vrug kan

dra . . .

Page 15: Nie die bloed van 'n vegter . . . maar die bloed van die lam

Waarom is die liefdesverhouding in die huwelik vir God so belangrik?

“En die Here God bou die rib wat Hy van die mens geneem het, tot ‘n vrou, en bring haar na die mens. Toe sê die mens: Dit is nou eindelik been van my gebeente en vlees van

my vlees. Sy sal mannin (vrou) genoem word, want sy is uit die man geneem. Daarom sal die man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef. En hulle sal een vlees

wees.”

Eerstens omdat Hy ons as man en vrou geskape het, soos na verwys in Genesis 2:22-24:

Dit was dus van die begin af God se plan dat huweliksmaats hulle sal losmaak

van hulle ouerhuise en EEN sal word in gees, sowél as vlees. . . Net so moet jy jou van die wereld losmaak & God aankleef wanneer jy jouself tot ‘n verhouding met Hom verbind . . .

Page 16: Nie die bloed van 'n vegter . . . maar die bloed van die lam

Die eenwording van die vlees in ‘n huweliksverhouding is in God se oë die toppunt van liefde. . .

Op die oomblik van vleeslike omgang, wanneer die man

die vrou se maagdevlies breek,word letterlik 'n

bloedverbond aangegaan, nét soos wat God 'n

bloedverbond aangegaan het deur die tempel se voorhangsel (die

maagdevlies) te skeur by die aangaan van die nuwe

bloedverbond toe Jeshua se bloed aan die kruis vir ons

gestort is. . .

Dít is inderdaad die presiese oomblik wat daardie man & vrou in God se oë met mekaar getroud is. . .

Hierdie bloedverbond tussen God & Jeshua vorm die basis vir die Christelike geloof

Page 17: Nie die bloed van 'n vegter . . . maar die bloed van die lam

Elke mens wat Jeshua as die Seun van God die Vader erken & Sy offer aan die kruis in geloof aanneem, word in die

huweliksverbond bevestig tussen Jeshua & die Kerk op aarde . . .

Laat ons bly wees & ons verheug & aan Hom die heerlikheid gee, want die bruilof van die Lam het gekom & Sy vrou het haar gereed

gemaak. Aan die Bruid (Gelowiges) is gegee om bekleed te wees met rein & blink fyn linne, want die fyn linne is die regverdige dade van

die heiliges . . . Openbaring 19:7-8