nkabv - pearsonschools.pearson.co.za/media/73694/afrikaans-eerste-addis...1 graad 10 afrikaans...

32
NKABV Afrikaans Eerste Additionele Taal Graad 10 Hersienings- boek boek Eksamen Hersienings-

Upload: others

Post on 27-Dec-2019

12 views

Category:

Documents


2 download

TRANSCRIPT

Page 1: NKABV - Pearsonschools.pearson.co.za/media/73694/afrikaans-eerste-addis...1 Graad 10 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL TOETS EEN Punte: 50 VRAAG 1 Bestudeer die spotprent en beantwoord

NKABV

www.mml.co.za

Maskew Miller Longman (Edms.) Bpk.Forestrylaan, Pinelands, Kaapstad

Kantore in Johannesburg, Durban, King William’s Town, Pietersburg, Bloemfontein en verteenwoordigers in Mafi keng en maatskappye oral in Suider- en Sentraal-Afrika.

Webwerf: www.mml.co.za

© Maskew Miller Longman (Edms.) Bpk.

Alle regte voorbehou. Geen gedeelte van hierdie boek mag sonder skriftelike verlof van die uitgewer gereproduseer of in enige vorm of deur enige elektroniese of meganiese middel weergegee word nie, hetsy deur fotokopiëring, plaat- of bandopname, vermikrofi lming of enige ander stelsel vir inligtingsbewaring.

Alle redelike pogings is aangewend om wettige kopiereghouers op te spoor. Die uitgewer verneem graag van kopiereghouers indien enige regstellings of byvoegings gedoen moet word.

Eerste uitgawe 2011

ISBN 978-0-636-12683-1

Afrikaans Eerste Additionele Taal

Graad 10Hersienings-

Graad 10Graad 10boekGraad 10Graad 10Graad 10Graad 10Graad 10Graad 10Graad 10Graad 10boek

Eksamen

Hersienings-

Hersienings-

Hersienings-

Hersienings-

Hersienings-

Hersienings-

Hersienings-

Hersienings-

Hersienings-

Hersienings-

Hersienings-

Hersienings-

Hersienings-

Hersienings-

Graad 10Graad 10Graad 10Graad 10Graad 10Graad 10Hersie

nings-Hersie

nings-Hersie

nings-Hersie

nings-Hersie

nings-Hersie

nings-boekHersie

nings-boekHersie

nings-boekHersie

nings-Hersie

nings-boekHersie

nings-boekHersie

nings-boekHersie

nings-Hersie

nings-boekHersie

nings-boekHersie

nings-boekHersie

nings-Hersie

nings-boekHersie

nings-boekHersie

nings-boekHersie

nings-Hersie

nings-boekHersie

nings-boekHersie

nings-boekHersie

nings-Hersie

nings-boekHersie

nings-boekHersie

nings-boekHersie

nings-boekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekHersie

nings-boekHersie

nings-boekHersie

nings-boekHersie

nings-Hersie

nings-boekHersie

nings-boekHersie

nings-boekHersie

nings-Hersie

nings-boekHersie

nings-boekHersie

nings-boekHersie

nings-boekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekHersie

nings-Hersie

nings-Hersie

nings-Hersie

nings-Hersie

nings-Hersie

nings-Hersie

nings-Hersie

nings-Hersie

nings-Hersie

nings-Hersie

nings-Eksamen

Hersienings-

Hersienings-Eksamen

Hersienings-Eksamen

Eksamen

Hersienings-Eksamen

Hersienings-

Hersienings-Eksamen

Hersienings-

Hersienings-Eksamen

Hersienings-Eksamen

EksamenEksamenEksamenEksamenEksamenEksamenEksamenEksamenEksamenEksamen

Hersienings-Eksamen

Hersienings-

Hersienings-Eksamen

Hersienings-

Hersienings-Eksamen

Hersienings-

Hersienings-Eksamen

Hersienings-

Hersienings-Eksamen

Hersienings-Eksamen

EksamenEksamenEksamen

Hersienings-Eksamen

Hersienings-

Hersienings-Eksamen

Hersienings-Eksamen

Eksamen

Hersienings-Eksamen

Hersienings-

Hersienings-Eksamen

Hersienings-

Hersienings-Eksamen

Hersienings-Eksamen

Hersienings-

ASG_ExamBook_COVER_Afrikaans_Gr10_240x168.indd 1-2 10/7/11 5:34 PMUntitled-1 3 2011/10/11 9:27 AM

Page 2: NKABV - Pearsonschools.pearson.co.za/media/73694/afrikaans-eerste-addis...1 Graad 10 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL TOETS EEN Punte: 50 VRAAG 1 Bestudeer die spotprent en beantwoord

1

Graad 10AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

TOETS EENPunte: 50

VRAAG 1

Bestudeer die spotprent en beantwoord die vrae in enkele woorde, aanhalings of kort sinne. Volsinne is onnodig, tensy anders gevra.

1.1 Verduidelik waarom die spreker so verbaas is. (2)

1.2 Skryf enige twee woorde neer wat die omgewing beskryf waar die mense hulle bevind. (2)

1.3 Waarvandaan kom die “reën” wat hier val? (1)

1.4 Die volgende vrae is op die teks regs bo gebaseer:

a) Waar is die IRS? (1)b) Watter probleem het die mense daar? (1)c) Watter woord in die eerste sin verwys na die mense in die IRS? (1)d) Voltooi: “Kleinhuisie” is ’n ander woord vir ___. (1)e) Voltooi: “Aardlinge” verwys na ____. (1)

[10]

ASG_Afrikaans Exam Practice Book_Gr10.indd 1 10/7/11 5:28 PM

Page 3: NKABV - Pearsonschools.pearson.co.za/media/73694/afrikaans-eerste-addis...1 Graad 10 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL TOETS EEN Punte: 50 VRAAG 1 Bestudeer die spotprent en beantwoord

2

VRAAG 2

Lees die volgende teks noukeurig en beantwoord die vrae in volsinne, tensy anders gevra.

Tuinier word knap klei-kunstenaar

In die Transkei se modderklei het Vuyisa Potina as kind klein kleifiguurtjies met sy vingers gevorm.

Dit was eers toe hy as tuinier vir ’n keramiekkunstenaar gewerk het, dat sy liefde vir klei in ’n vaardigheid omskep is. En nou ontvang dié 31-jarige kunstenaar bestellings van so ver as Londen.

Potina wag op die stoep onder die sinkdak van Franschhoek se handwerkmark in die hoofstraat. Winkels en restaurante hier word met blou, rooi en wit vlae versier. Almal maak gereed vir die Bastille-fees wat jaarliks hier gehou word.

“Dit gaan ’n besige naweek wees,” sê Potina en stap na sy werksplek.

“Jammer, dit is koud hier waar ek werk. Ongelukkig sal ’n verwarmer nie goed wees vir die kleipotte nie,” gesels hy.

Effens skaam begin hy vertel van sy kinderdae in die Transkei. “Ek was nog altyd lief daarvoor om met klei te werk. Toe ek ’n kind was, was kleiwerk net vir die pret. Ek het nie geweet mens kan geld daaruit maak nie.

“In 1998 het ek na die Kaap gekom. My pa was ’n tuinier vir Rodney George, ’n keramiekkunstenaar. Ek het later ook vir Rodney in die tuin gewerk.

“Eendag het ek vir hom genoem ek hou ook daarvan om met klei te werk. Hy het gevra ek moet ’n koppie maak.”

Dit het maar sukkel-sukkel gegaan, vertel Potina. “Veral toe ek ’n oor vir die koppie moes maak. Maar Rodney het my gewys hoe en ek het klein goedjies begin maak.”

In 2002 het Potina by die Franschhoekse handwerkmark aangesluit om sy vaardighede te ontwikkel. Twee jaar later het hy ’n geleentheid gekry om deur dié sentrum by die Boland Kollege te studeer en in 2006 het hy by die Keramiek SA-uitstalling die toekenning vir die beste nuwe uitstaller ontvang.

[Uit Die Burger, 12 Julie 2008, bl. 7, Malani Venter]

2.1 Waar het Potina grootgeword en waar woon hy nou? Antwoord in slegs twee woorde. (2)

2.2 Die werk wat Potina nou doen, verskil baie van die werk wat hy eers gedoen het. Verduidelik. (2)

2.3 Hoe weet ’n mens dat Potina ook internasionaal bekend is? (2)

2.4 Waarom gaan dit ’n besige naweek vir Potina wees? (2)

2.5 Is die volgende stellings waar of onwaar? Gee ’n rede vir jou antwoord by elkeen.a) Potina maak sy kleipotte met ’n verwarmer droog. (2)b) Potina maak vanaf sy kinderdae reeds geld uit klei. (2)

2.6 Haal twee agtereenvolgende woorde aan wat wys dat Potina nie maklik oor homself praat nie. (1)

ASG_Afrikaans Exam Practice Book_Gr10.indd 2 10/7/11 5:28 PM

Page 4: NKABV - Pearsonschools.pearson.co.za/media/73694/afrikaans-eerste-addis...1 Graad 10 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL TOETS EEN Punte: 50 VRAAG 1 Bestudeer die spotprent en beantwoord

3

2.7 Hoe het Potina vir Rodney George leer ken? (2)

2.8 Waarom kan ’n mens sê dat Rodney George ’n mentor vir Potina was? (2)

2.9 Noem twee redes waarom die Franschhoekse handwerkmark belangrik in Potina se lewe was. (2)

2.10 Op watter manier is Potina deur Keramiek SA vereer? (1)

[20]

VRAAG 3

Instruksies• Lees die artikel aandagtig deur.• Som die gevare vir primate in sewe volsinne op.• Jy mag nie meer as een sin oor elke gevaar skryf nie.• Nommer jou sinne van 1 tot 7.• Laat ’n reël oop na elke sin.• Jou opsomming mag nie langer as 60 woorde wees nie.• Dui aan die einde van die opsomming aan hoeveel woorde jy gebruik het.• Jy sal gepenaliseer word as jy meer as 60 woorde skryf of as jy nie die getal woorde

aandui nie.

Gevare vir primate

Byna 50% van alle primate word deur uitwissing in die gesig gestaar, hoofsaaklik omdat die mens hulle letterlik “opeet” én hul habitat vernietig. Die volgende gevare bedreig primate:

• Sowat ’n kwart van die wêreld se landoppervlakte, wat tropiese woude, streke met ’n matige klimaat en graslande insluit, is die afgelope dekades vernietig en in landbougrond en weiding verander, wat beteken dat primate dit nie meer kan gebruik nie.

• Die bosvleisbedryf – die jag van soogdiere – is boaan die lys bedreigings wat primate se bevolkings uitwis. In Afrika word byvoorbeeld elf van die dertien soorte rooi colobus-apies ernstig bedreig.

• Primate wat gevang word vir onwettige handel, is een van die grootste bedreigings wat hul getalle laat afneem.

• Omdat primate hoofsaaklik in die woude van ontwikkelende lande aangetref word, het ontbossing vernietigende gevolge vir dié soogdiere wanneer bosse vir meubels en brandhout afgekap word.

• Wanneer daar nuwe paaie gebou word, is dit ’n groot bedreiging vir primate, want dit lei daartoe dat hulle hul habitat verloor en dat erosie en besoedeling ’n probleem word.

• Groot dele van primate se habitat word vernietig wanneer nuwe damme en myne gebou word.

• Brande hou verwoestende gevolge vir primate in omdat volwassenes dikwels doodbrand en kleintjies en tieners wees gelaat word. Brande vernietig ook primate se habitat.

[Aangepas uit Die Burger, 7 Augustus 2008, bl. 8, Elise Temperlhof]

[10]

ASG_Afrikaans Exam Practice Book_Gr10.indd 3 10/7/11 5:28 PM

Page 5: NKABV - Pearsonschools.pearson.co.za/media/73694/afrikaans-eerste-addis...1 Graad 10 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL TOETS EEN Punte: 50 VRAAG 1 Bestudeer die spotprent en beantwoord

4

VRAAG 4

Voer die opdragte uit wat op die genommerde gedeeltes in die teks aan die linkerkant gebaseer is.

Mosha weer op die been ná landmynongeluk

’n (4.1 Wat twee jaar oud is) Asiatiese olifantjie sal hopelik (4.2 kortliks, kort-kort, binnekort) weer kan loop, danksy ’n kunsbeen wat deur die organisasie Friends of the Asian Elephant aan haar geskenk is.

Mosha, die olifantjie, het haar (4.3 voorste poot aan die regterkant) in 2006 verloor (4.4 toe, wanneer) sy ’n landmyn in die noorde van Thailand afgetrap het. Haar voorpoot is toe vergruis en moes later geamputeer word.

Mosha word sedert die ongeluk in die Friends of the Asian Elephant se hospitaal in Thailand versorg. Dit is ook by hierdie (4.5 aaklige) hospitaal waar sy nou haar kunspoot gekry het. Die poot bestaan (4.6 ___ ) ’n plastieksak (4.7 in + wat) houtsaagsels styf teen mekaar gepers is. Heel bo is ’n sagte (4.8 kussing). Die kunspoot word aan haar been vasgegespe.

Friends of the Asian Elephant is in die vroeë jare negentig gestig om (4.9 beseer) olifante in die oorloggeteisterde Mianmar te versorg. Verskeie olifante wat deur landmyne beseer (4.10 is, was), word by dié hospitaal verpleeg.

[Verwerk uit Die Burger, 25 Junie 2008, bl. 16, Elise Tempelhoff]

4.1 Gee een woord vir die omskrywing. (1)

4.2 Kies die korrekte woord. (1)

4.3 Gee een woord vir die omskrywing. (1)

4.4 Kies die korrekte woord. (1)

4.5 Gee ’n antoniem. (1)

4.6 Gee die ontbrekende woord. (1)

4.7 Vorm een woord. (1)

4.8 Gee die verkleinwoord. (1)

4.9 Gee die korrekte vorm van die woord. (1)

4.10 Kies die korrekte woord. (1)

[10]

[TOTAAL: 50 punte]

ASG_Afrikaans Exam Practice Book_Gr10.indd 4 10/7/11 5:28 PM

Page 6: NKABV - Pearsonschools.pearson.co.za/media/73694/afrikaans-eerste-addis...1 Graad 10 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL TOETS EEN Punte: 50 VRAAG 1 Bestudeer die spotprent en beantwoord

5

Graad 10AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

TOETS TWEEPunte: 60

VRAAG 1

Lees die volgende teks noukeurig deur en beantwoord die vrae in volsinne, tensy anders gevra.

SA blouape in TV-reeks

Die lief en leed van twee blouaaptroppe wat op ’n eksklusiewe landgoed in Suid-Afrika bly, gaan hul internasionale TV-debuut in ’n reeks dokumentêre programme maak.

Dié apies van die Pani-trop en die Suikerriet-trop bly op Mt. Edgecombe in Durban. Dié landgoed is in die habitat van die diere gebou en hulle moet nou noodgedwonge by die stadslewe aanpas.

Die vyf programme, genaamd Street Monkeys, is vervaardig deur die National Geographic Channel en vertel die verhaal van individuele ape in die verskillende troppe. Die gebiede waarin die troppe bly, oorvleuel nie net met die mense s’n nie, maar ook met mekaar en daar is wedersydse konflik.

Mnr. Steve Smit en me. Carol Booth, lede van Animal Rights Africa se Monkey Helpline, het gehelp met die vervaardiging van die programme en is baie betrokke by die spesifieke troppe, asook met die rehabilitasie en die red van beseerde primate in KwaZulu-Natal.

Volgens Smit is in die laaste drie maande van 2007 110 blouape óf dood gevind óf hulle moes van kant gemaak word. Sowat 85% van die beseerde ape wat hulle vind, is met windbukse (ligte gewere) geskiet. Hulle sterf aan die wonde, of die beserings veroorsaak dat hulle op ander maniere seerkry. Die ape word ook geskok, vergiftig, gevang vir moetie, raakgery, deur honde gebyt of in wippe gevang.

Smit versorg die beseerde ape by hul huis voordat hulle weer in hul troppe of na veilige plekke verskuif word.

Smit sê die troppe op die betrokke landgoed is in konflik met die inwoners, veral omdat mense dink hulle sal kinders byt.

“’n Mens moet nooit ’n primaat met die hand voer nie, want dan sal hulle later kos uit jou hand gryp. Ons is ten gunste van voerplekke in ’n oop gebied weg van mense, waar die kos neergesit word en daar nie interaksie met mense is nie. Só sal die diere ook nie in woonbuurte inkom en kos steel nie. Elders het ons dit al suksesvol aangewend,” sê hy.

Smit en Booth meen die voortbestaan van die troppe is in gevaar en dat diere wat in stedelike gebiede woon, se getalle drasties daal. Net een uit elke vier kleintjies bereik volwassenheid.

Hulle red oor die algemeen drie ape elke twee dae. Hulle is nou betrokke by opleiding om mense meer te leer om beter met ape saam te leef.

Besoek www.animalrightsafrica.org vir meer inligting.

[Verkort uit Die Burger, 13 Maart 2008, bl. 9, Elsabé Britz]

ASG_Afrikaans Exam Practice Book_Gr10.indd 5 10/7/11 5:28 PM

Page 7: NKABV - Pearsonschools.pearson.co.za/media/73694/afrikaans-eerste-addis...1 Graad 10 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL TOETS EEN Punte: 50 VRAAG 1 Bestudeer die spotprent en beantwoord

6

1.1 Skryf net die ontbrekende woorde neer:

Die woorde “lief en leed” (paragraaf 1) verwys na die ___ en die ___ tye in die blouape se bestaan. (2)

1.2 Gaan die reeks programme oor die blouape op feite gebaseer wees? Verduidelik. (2)

1.3 Watter woord in paragraaf 2:a) beteken “natuurlike woonplek”b) wys dat die ape nie ’n keuse het om by die stadslewe aan te pas nie? (2)

1.4 Waarom is die titel Street Monkeys ’n goeie titel vir die reeks programme? (2)

1.5 Wat beteken “wedersydse konflik” (paragraaf 3)? Skryf net die korrekte letter (A, B, C of D) langs die vraagnommer neer.A konflik wat dikwels voorkomB konflik wat gewelddadig isC konflik wat tot die dood leiD konflik wat van albei kante kom (1)

1.6 Watter van die volgende stellings oor Steve Smit en Carol Booth is waar? Skryf net die korrekte letters langs die vraagnommer neer.A Hulle werk voltyds vir die National Geographic Channel.B Albei werk gereeld met die twee troppe blouape. C Hulle het gehelp om Street Monkeys te maak.D Albei woon op ’n eksklusiewe landgoed in Durban. (2)

1.7 Is die volgende stelling waar of onwaar? Gee ’n rede vir jou antwoord.

Mense is verantwoordelik vir die meeste blouape se dood. (2)

1.8 Wat gebeur met die beseerde ape nadat Steve Smit hulle gevang het? (2)

1.9 Waarom is daar konflik tussen die mense en die ape? Antwoord deur ’n sinsdeel aan te haal. (1)

1.10 Waarom is dit beter om die ape op ’n plek weg van mense te voer waar daar ook nie interaksie met mense is nie? (2)

1.11 Verduidelik in jou eie woorde wat die volgende sin in paragraaf 9 beteken:

“Net een uit elke vier kleintjies bereik volwassenheid.” (2)

[20]

ASG_Afrikaans Exam Practice Book_Gr10.indd 6 10/7/11 5:28 PM

Page 8: NKABV - Pearsonschools.pearson.co.za/media/73694/afrikaans-eerste-addis...1 Graad 10 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL TOETS EEN Punte: 50 VRAAG 1 Bestudeer die spotprent en beantwoord

7

VRAAG 2

Instruksies

• Lees die teks aandagtig deur.• Wat is belangrik as jy ’n nuwe hond wil kry? Som die dinge in sewe volsinne op.

(Let Wel: Moenie vrae neerskryf nie.)• Jy mag nie meer as een sin oor elke ding skryf nie.• Nommer jou sinne van 1 tot 7.• Laat ’n reël oop na elke sin.• Jou opsomming mag nie langer as 60 woorde wees nie.• Dui aan die einde van die opsomming aan hoeveel woorde jy gebruik het.• Jy sal gepenaliseer word as jy meer as 60 woorde skryf of as jy nie die getal woorde

aandui nie.

’n Nuwe hond

Baie faktore moet oorweeg word wanneer ’n mens ’n nuwe hond kry. Die volgende vrae kan jou help:

• Het jy genoeg plek? ’n Groot hond is byvoorbeeld net goed as jy ’n groot eiendom het, terwyl ’n mens in baie woonstelgeboue nie katte of honde mag aanhou nie.

• Het jy genoeg tyd? Jy moet baie tyd saam met ’n nuwe troeteldier deurbring en genoeg tyd opsysit om gereeld met jou hond te gaan stap.

• Hoe sal jou ander troeteldiere daaroor voel? Die meeste troeteldiere sal ’n nuweling aanvaar sodra hulle besef hy gaan nie hulle kos afvat nie!

• Is iemand in die huis allergies vir diere? Maak eers seker dat niemand allergies is nie, en, indien wel, raadpleeg eers jou dokter.

• Kan jy dit bekostig? Moet nooit skielik besluit om ’n troeteldier te kry nie. Dink eers goed daaroor na en doen navorsing oor ongeveer hoeveel dit maandeliks gaan kos.

• Wie gaan verantwoordelik vir die hond wees? Dit is belangrik om te besluit wie die hond gaan voer, wie sy bolle gaan optel en wie met hom sal gaan stap.

• Wat moet jy vir die hond koop of gereed kry? Waar gaan die hond slaap? Het hy ’n hok of mandjie nodig? Wat van ’n halsband en kosbakke?

[Aangepas uit Bylae by Die Burger, 14 Mei 2008, bl. 17]

[10]

ASG_Afrikaans Exam Practice Book_Gr10.indd 7 10/7/11 5:28 PM

Page 9: NKABV - Pearsonschools.pearson.co.za/media/73694/afrikaans-eerste-addis...1 Graad 10 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL TOETS EEN Punte: 50 VRAAG 1 Bestudeer die spotprent en beantwoord

8

VRAAG 3

Lees die advertensie en voer dan die onderstaande opdragte uit.

3.1 Watter twee woorde in die advertensie moet eintlik as een woord geskryf wees? (1)

3.2 Skryf die ontbrekende woorde neer:a) Die Cathedral Peak Hotel is in die “hartjie” van die Drakensberge; dit beteken

dit is in die ___ van die Drakensberge.b) Mense ___ na hierdie hotel gaan, kan gholf speel en visvang. (2)

3.3 Gee elke keer een woord vir die gedeelte tussen hakies:a) (Elke oggend) geniet almal ’n heerlike ontbyt.b) Stokou en (baie jong) mense is welkom by die hotel.c) Daar is spesiale roetes vir (mense wat bergfiets wil ry). (3)

ASG_Afrikaans Exam Practice Book_Gr10.indd 8 10/7/11 5:28 PM

Page 10: NKABV - Pearsonschools.pearson.co.za/media/73694/afrikaans-eerste-addis...1 Graad 10 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL TOETS EEN Punte: 50 VRAAG 1 Bestudeer die spotprent en beantwoord

9

3.4 Gee die korrekte vorm van die woorde tussen hakies:a) Al die (gas) is baie tevrede met die hotel.b) Daar is talle dinge wat (aktief) mense kan doen.c) As jy vyf nagte daar bly, betaal jy heelwat (min) per nag as gewoonlik.d) Die langste staproete is baie uitputtend en is definitief net vir die heel (fiks)

mense. (4)

3.5 Skryf die getal in die volgende sin uit:

As ’n mens langer as 14 dae by die hotel bly, kry jy ’n goeie afslag. (1)

3.6 Skryf die afkorting in die volgende sin uit:

Is BTW by die prys per nag ingesluit? (1)

3.7 Herskryf die volgende sin deur te begin soos aangedui :

Mense moet vroegtydig bespreek.

Mense behoort ... (1)

3.8 Situasie: Jy wil die hotel bel om uit te vind wat alles deel van die vakansieprogram vir kinders is en vir watter ouderdomsgroep dit is. Jy bel die hotel en praat met ’n man by ontvangs. Wat sal jy vir hom sê? Skryf jou presiese woorde met die korrekte leestekens neer. (2)

[15]

VRAAG 4

Lees die onderstaande strokie en beantwoord die vrae wat daarop volg.

4.1 Skryf die volgende woorde in die indirekte rede. Begin jou antwoord soos aangedui.

Die kewer sê: “My ma het altyd my mond met seep uitgewas.”

Die kewer sê dat ... (2)

ASG_Afrikaans Exam Practice Book_Gr10.indd 9 10/7/11 5:28 PM

Page 11: NKABV - Pearsonschools.pearson.co.za/media/73694/afrikaans-eerste-addis...1 Graad 10 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL TOETS EEN Punte: 50 VRAAG 1 Bestudeer die spotprent en beantwoord

10

4.2 Skryf in die direkte rede:

Die mier het vir die kewer gevra hoekom hy nog so swets. (2)

4.3 Skryf in die verlede tyd:a) Hy spoeg sy fopspeen uit.b) Die kewer lê en kla oor sy ma. (2)

4.4 Skryf in die toekomende tyd:

Die kewer se mond word met seep uitgewas. (1)

4.5 Beantwoord die volgende vrae in die negatief. Begin elke keer jou antwoord met Nee, ...a) Het die kewer ophou swets?b) Swets die kewer nog so baie? (2)

4.6 Herskryf die volgende sinne deur met die woorde tussen hakies te begin:a) Sy ma was sy mond met seep uit. (Sy mond ...)b) Sy fopspeen is al lankal uitgespoeg. (Hy ...)c) Vloekwoorde sal deur hom gebruik word. (Hy ...) (3)

4.7 Verbind die sinne met die woorde tussen hakies:a) Die kewer swets baie. Sy ma was sy mond met seep uit. (daarom)b) Die kewer was nie sy hande voor ete nie. Hy is bang vir seep. (omdat)c) Sy mond is met seep uitgespoel. Hy swets nog altyd. (maar) (3)

[15]

[TOTAAL: 60 punte]

ASG_Afrikaans Exam Practice Book_Gr10.indd 10 10/7/11 5:28 PM

Page 12: NKABV - Pearsonschools.pearson.co.za/media/73694/afrikaans-eerste-addis...1 Graad 10 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL TOETS EEN Punte: 50 VRAAG 1 Bestudeer die spotprent en beantwoord

11

Graad 10AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

TOETS DRIEPunte: 45

VRAAG 1

Bestudeer die spotprent en beantwoord die vrae in enkele woorde, aanhalings of kort sinne. Volsinne is onnodig, tensy anders gevra.

1.1 By watter plek is hierdie mense? (1)

1.2 Noem een manier wat die diewe gebruik sodat mense hulle nie moet uitken nie. (1)

1.3 Klim die twee mans op die leer boontoe of ondertoe? Verduidelik hoekom jy so sê. (2)

1.4 Wat is in die motor se kattebak? (1)

1.5 Watter soort werk doen die man wat praat? Gee ’n rede vir jou antwoord. (2)

1.6 Vul die ontbrekende woord in: As iets “reg onder die polisie se neuse” gedoen word, beteken dit die polisie _____ nie daarvan nie. (1)

1.7 Watter boodskap word deur die spotprent oorgedra? (2)

[10]

ASG_Afrikaans Exam Practice Book_Gr10.indd 11 10/7/11 5:28 PM

Page 13: NKABV - Pearsonschools.pearson.co.za/media/73694/afrikaans-eerste-addis...1 Graad 10 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL TOETS EEN Punte: 50 VRAAG 1 Bestudeer die spotprent en beantwoord

12

VRAAG 2

Instruksies

• Lees die teks aandagtig deur.• Som die wenke in sewe volsinne op.• Jy mag nie meer as een sin oor elke wenk skryf nie.• Nommer jou sinne van 1 tot 7.• Laat ’n reël oop na elke sin.• Jou opsomming mag nie langer as 60 woorde wees nie.• Dui aan die einde van die opsomming aan hoeveel woorde jy gebruik het.• Jy sal gepenaliseer word as jy meer as 60 woorde skryf of as jy nie die getal woorde

aandui nie.

Volg hierdie wenke om medisyne reg te gebruik en reg te bêre

• Dit is belangrik om medisyne op ’n koel plek te bêre. Medisyne moet onder 25°C gehou word. Hitte kan medisyne minder doeltreffend maak.

• Vogtigheid kan medisyne ook minder doeltreffend maak. Bêre medisyne dus liewer nie in ’n badkamer of ’n baie vogtige plek nie. Medisyne moet op ’n droë plek gebêre word.

• Omdat jong kinders nuuskierig is, is dit belangrik dat medisyne gebêre word waar kinders nie daarby kan uitkom nie, soos in ’n kassie wat gesluit kan word.

• Kyk altyd of medisyne die regte tekstuur het. Nat en poeierige pille moenie gebruik word nie.

• Kinders en volwassenes se liggame verwerk medisyne op verskillende maniere en ’n mens moet nooit die aanbevole dosis oorskry nie. Selfs een ekstra milliliter van sekere soorte medisyne kan ’n groot verskil maak, en soms selfs tot die dood lei. Korrekte dosisse vir kinders word deur hul gewig bepaal en ouers moet dus rekord van hul kinders se gewig hou. Neem altyd die korrekte dosis.

• Kyk op die etiket wanneer medisyne verval. Medisyne moet nooit na die vervaldatum wat op die etiket verskyn, gebruik word nie.

• Moenie medisyne wat al lank in ’n kas is en nie gebruik is nie, in die toilet wegspoel of saam met huishoudelike rommel weggooi nie. Die beste raad is om ongebruikte medisyne na ’n apteker te neem.

[10]

ASG_Afrikaans Exam Practice Book_Gr10.indd 12 10/7/11 5:28 PM

Page 14: NKABV - Pearsonschools.pearson.co.za/media/73694/afrikaans-eerste-addis...1 Graad 10 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL TOETS EEN Punte: 50 VRAAG 1 Bestudeer die spotprent en beantwoord

13

VRAAG 3

Voer die opdragte uit wat op die genommerde gedeeltes in die teks aan die linkerkant gebaseer is.

Ystervark uit koffieblik bevry

Dit was nie ’n lus (3.1 ___ ) koffie nie, maar weens (3.2 mense wat rommel strooi) dat ’n dragtige ystervark haar kop in ’n ou, (3.3 roes) koffieblik gedruk het en met die blik om haar kop in Mokopane rondgeloop het.

Dr. Adrian Tordiffe, (3.4 ’n dokter wat diere behandel) by die nasionale dieretuin in Pretoria, moes hom twee weke (3.5 gelede, verlede) dringend na hul sentrum haas om die koffieblik om die ystervark se kop los te sny. Die blik het só styf gesit dat dit nie sommer (3.6 afhaal) kon word nie.

(3.7 Volgens, volgende) die dieretuin is die ystervark gekry toe sy laatnag deur die dorp se (3.8 straat) met die blik om haar kop rondgedwaal het. Besorgde inwoners het die plaaslike (3.9 organisasie wat brande blus) versoek om die dieretuin te kontak om die ystervark te (3.10 vry).

[Verwerk uit Die Burger, 31 Julie 2008, bl. 14, Eagan Williamson]

3.1 Gee die ontbrekende woord. (1)

3.2 Gee een woord vir die omskrywing. (1)

3.3 Gee die korrekte vorm van die woord. (1)

3.4 Gee een woord vir die omskrywing. (1)

3.5 Kies die korrekte woord. (1)

3.6 Gee die korrekte vorm van die woord. (1)

3.7 Kies die korrekte woord. (1)

3.8 Gee die meervoud. (1)

3.9 Gee een woord vir die omskrywing. (1)

3.10 Gee die korrekte vorm van die woord. (1)

[10]

ASG_Afrikaans Exam Practice Book_Gr10.indd 13 10/7/11 5:28 PM

Page 15: NKABV - Pearsonschools.pearson.co.za/media/73694/afrikaans-eerste-addis...1 Graad 10 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL TOETS EEN Punte: 50 VRAAG 1 Bestudeer die spotprent en beantwoord

14

VRAAG 4

Lees die advertensie en voer dan die onderstaande opdragte uit.

4.1 Skryf die ontbrekende woorde neer:a) Die bord ___ die kos is, is van metaal.b) Die kelner ___ ons bedien, is baie vriendelik. (2)

4.2 Kies die korrekte woord:

Ek eet liewer by my (eie, uie, eier) huis as om na ’n restaurant te gaan. (1)

4.3 Gee elke keer een woord vir die gedeelte tussen hakies:a) In die restaurant is daar ’n spesiale (klein stoel) vir die baba.b) Ons gaan (die tyd wanneer ’n mens eet) by die restaurant wees. (2)

ASG_Afrikaans Exam Practice Book_Gr10.indd 14 10/7/11 5:28 PM

Page 16: NKABV - Pearsonschools.pearson.co.za/media/73694/afrikaans-eerste-addis...1 Graad 10 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL TOETS EEN Punte: 50 VRAAG 1 Bestudeer die spotprent en beantwoord

15

4.4 Gee die korrekte vorm van die woorde tussen hakies:a) ’n (Vroeg) aandete sal lekker wees.b) Dit is die (sappig) vis wat ek nog ooit geëet het. (2)

4.5 Gee die vroulike vorm van die woord tussen hakies:

Die (kelner) wat ons bedien, is baie hulpvaardig. (1)

4.6 Skryf die getal in die volgende sin uit:

Die kos sal oor 15 minute gereed wees. (1)

4.7 Gee ’n sinoniem vir die woord tussen hakies:

Hulle bedien (lekker) kos by daardie restaurant. (1)

4.8 Verbeter die woordorde in die volgende sin:

Ek gaan gou ’n tafel bespreek by die restaurant nou. (1)

4.9 Verander die volgende sin se woordorde sodat dit ’n vraag is.

Jy het al ’n tafel by die restaurant bespreek. (1)

4.10 Gebruik die woord tussen hakies en gee ’n idioom vir:

Iets is beter as niks. (eier) (1)

4.11 Situasie: Jou ouers het gesê jy kan jou beste maat uitnooi om daardie aand saam met julle gesin by ’n restaurant te gaan eet. Jy besluit om jou maat te bel om hom of haar uit te nooi. Wat gaan jy sê? Skryf jou presiese woorde met die korrekte leestekens neer. (2)

[15]

[TOTAAL: 45 punte]

ASG_Afrikaans Exam Practice Book_Gr10.indd 15 10/7/11 5:28 PM

Page 17: NKABV - Pearsonschools.pearson.co.za/media/73694/afrikaans-eerste-addis...1 Graad 10 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL TOETS EEN Punte: 50 VRAAG 1 Bestudeer die spotprent en beantwoord

16

Graad 10AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

TOETS VIERPunte: 50

VRAAG 1

Bestudeer die spotprent en beantwoord die vrae in enkele woorde, aanhalings of kort sinne. Volsinne is onnodig, tensy anders gevra.

1.1 Verduidelik in jou eie woorde wat die studie bevind het. (2)

1.2 Wat doen die ma in raam 1? (1)

1.3 Op watter twee maniere help die ma se liggaamstaal in raam 1 om te wys hoe sy voel? (2)

1.4 Watter woord in raam 1 beteken min of meer dieselfde as “besig”? (1)

1.5 Voltooi die sin: Die ma wil weet of haar seun ... (1)

1.6 Watter een van die volgende woorde beskryf die ma se gevoelens in raam 2 die beste?A ontsteldB kwaadC gelukkigD verlig (1)

1.7 Waarom is die ma se reaksie in raam 2 ironies? (2)

[10]

ASG_Afrikaans Exam Practice Book_Gr10.indd 16 10/7/11 5:28 PM

Page 18: NKABV - Pearsonschools.pearson.co.za/media/73694/afrikaans-eerste-addis...1 Graad 10 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL TOETS EEN Punte: 50 VRAAG 1 Bestudeer die spotprent en beantwoord

17

VRAAG 2

Instruksies

• Lees die teks aandagtig deur.• Som die wenke in sewe volsinne op.• Jy mag nie meer as een sin oor elke wenk skryf nie.• Nommer jou sinne van 1 tot 7.• Laat ’n reël oop na elke sin.• Jou opsomming mag nie langer as 70 woorde wees nie.• Dui aan die einde van die opsomming aan hoeveel woorde jy gebruik het.• Jy sal gepenaliseer word as jy meer as 70 woorde skryf of as jy nie die getal woorde

aandui nie.

Wenke om goeie foto’s van diere te neem

Hier is ’n paar wenke vir hoe jy oulike dierefoto’s kan neem.

• Omdat klein diere oulik is, is dit ’n goeie idee om by hulle te begin en dan later na groter diere te vorder.

• Probeer allerhande hoeke wanneer jy foto’s neem, veral met ’n wyehoeklens. Skiet op of af, en van bo en van onder, dan lyk die dier nog ouliker.

• Foto’s vol skaduwees lyk onheilspellend. Gebruik dus die flits om skadukolle te verlig. Voorbeligting laat ook die dier vriendeliker lyk.

• Hoe groter die dier in die foto is, hoe nader voel ons aan hom. Gebruik ’n telefotolens om die raam te vul sonder dat jy te naby aan ’n gevaarlike of bang dier hoef te kom.

• Baie diere se oë lyk baie sag. As jy op die oë fokus, beklemtoon jy dit. Mik dus na die oë.

• Kiek die dier wanneer hy na die kamera kyk. Die oogkontak met jou skep ’n band tussen julle en beklemtoon die oë. Dit maak die foto interessanter.

• Tydsberekening is die belangrikste. Kiek die dier wanneer hy wakker word, aan die slaap raak, speel of iets interessants doen. Kies dus die perfekte oomblik om ’n goeie foto te neem.

[Aangepas uit Bylae by Die Burger, 14 Junie 2008, bl. 52]

[10]

ASG_Afrikaans Exam Practice Book_Gr10.indd 17 10/7/11 5:28 PM

Page 19: NKABV - Pearsonschools.pearson.co.za/media/73694/afrikaans-eerste-addis...1 Graad 10 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL TOETS EEN Punte: 50 VRAAG 1 Bestudeer die spotprent en beantwoord

18

VRAAG 3

Lees die advertensie en voer dan die onderstaande opdragte uit.

3.1 Skryf die ontbrekende woorde neer:a) As ’n mens ’n Vuka koop, kan ___ oral heen ry.b) Dit is die Vuka ___ sy elke dag skool toe kom. (2)

ASG_Afrikaans Exam Practice Book_Gr10.indd 18 10/7/11 5:28 PM

Page 20: NKABV - Pearsonschools.pearson.co.za/media/73694/afrikaans-eerste-addis...1 Graad 10 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL TOETS EEN Punte: 50 VRAAG 1 Bestudeer die spotprent en beantwoord

19

3.2 Skryf die afkorting in die volgende sin uit:

Jy moet R399 p.m. afbetaal as jy jou Vuka nie kontant betaal nie. (1)

3.3 Kies die korrekte woord:

Die petrol vir ’n Vuka kos nie baie (deur, dier, duur) nie. (1)

3.4 Gee elke keer een woord vir die gedeelte tussen hakies:a) Daar is twee (klein spieëls) waarmee jy agter jou kan sien.b) Dit is my (lewe + droom) om ’n Vuka te hê! (2)

3.5 Gee die korrekte vorm van die woorde tussen hakies:a) Die petrol vir ’n motor is (duur) as vir ’n Vuka.b) Jy mag ook op (snelweg) met jou Vuka ry.c) Die (bestuur) van daardie motor het my net betyds gesien. (3)

3.6 Skryf die getal in die volgende sin uit:

Die maandelikse paaiement vir ’n Vuka is amper R400. (1)

3.7 Verbeter die woordorde in die volgende sin:

Hy ry skool toe op sy Vuka elke dag. (1)

3.8 Herskryf die volgende sin deur te begin soos aangedui:

Mense op motorfietse moet altyd ’n valhelm dra.

Mense op motorfietse behoort ... (1)

3.9 Gebruik die woorde tussen hakies en gee ’n idioom vir:

Jy voel asof jy oorbodig is of nie by ’n groep inpas nie. (vyfde wiel) (1)

3.10 Situasie: Jy wil verskriklik graag ’n Vuka hê, maar jy het dit nog nie met jou ouers bespreek nie. Toe vra jou ma jou wat jy graag vir jou verjaardag wil hê. Wat is jou antwoord? Skryf jou presiese woorde met die korrekte leestekens neer. (2)

[15]

ASG_Afrikaans Exam Practice Book_Gr10.indd 19 10/7/11 5:28 PM

Page 21: NKABV - Pearsonschools.pearson.co.za/media/73694/afrikaans-eerste-addis...1 Graad 10 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL TOETS EEN Punte: 50 VRAAG 1 Bestudeer die spotprent en beantwoord

20

VRAAG 4

Lees die onderstaande strokie en beantwoord die vrae wat daarop volg.

4.1 Skryf die volgende woorde in die indirekte rede. Begin jou antwoord soos aangedui. Madam vra: “Eve, is daar deesdae enigiets wat nie styg nie?” Madam vra ... (2)

4.2 Skryf in die direkte rede: Eve het gesê dat haar salaris nie styg nie. (2)

4.3 Skryf in die verlede tyd:a) Madam lees elke oggend die koerant.b) Eve staan en luister na Madam. (2)

4.4 Skryf in die toekomende tyd:

Het Eve se salaris gestyg? (1)

4.5 Beantwoord die volgende vrae in die negatief. Begin elke keer jou antwoord met Nee, ...a) Het Eve se salaris gestyg?b) Is daar enigiets wat nie styg nie? (2)

4.6 Herskryf die volgende sinne deur met die woorde tussen hakies te begin:a) Madam vra ’n vraag. (’n Vraag ...)b) Eve se salaris is nie deur Madam verhoog nie. (Madam ...)c) Wie sal haar salaris verhoog? (Deur ...) (3)

4.7 Verbind die sinne met die woorde tussen hakies:a) Madam is ontsteld. Sy lees van alles wat styg. (want)b) Madam vra. Is daar enigiets wat nie styg nie. (of)c) Eve weet haar salaris styg nie. Sy wil hê Madam moet daaraan dink. (gevolglik) (3)

[15][TOTAAL: 50 punte]

ASG_Afrikaans Exam Practice Book_Gr10.indd 20 10/7/11 5:28 PM

Page 22: NKABV - Pearsonschools.pearson.co.za/media/73694/afrikaans-eerste-addis...1 Graad 10 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL TOETS EEN Punte: 50 VRAAG 1 Bestudeer die spotprent en beantwoord

21

Graad 10AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

TOETS EEN MEMO

VRAAG 1

1.1 Daar val water uit die lug terwyl daar geen wolke is nie. (2)

1.2 plattelands ; eenvoudig (2)

1.3 van die Internasionale Ruimtestasie (1)

1.4 a) in die ruimte (1)b) Die toilet is stukkend. (1)c) “ruimtevaarders” (1)d) toilet (1)e) mense wat op die aarde woon (1)

[10]VRAAG 2

2.1 Transkei ; Franschhoek (2)

2.2 Hy maak nou kleipotte (potte van klei/is ’n keramiekkunstenaar) en vroeër was hy ’n tuinier. (2)

2.3 Selfs mense in Londen bestel van sy werk. (2)

2.4 Dit is die Bastille-fees in Franschhoek en baie mense kom soontoe/daarheen. (2)

2.5 a) Onwaar. Hy het juis nie die verwarmer aan nie omdat dit sleg vir sy potte is. (2)b) Onwaar “Toe ek ’n kind was, was kleiwerk net vir die prêt” () of “Ek het nie

geweet ’n mens kan geld daaruit maak nie”. () (2)

2.6 “effens skaam” (1)

2.7 Potina se pa was Rodney George se tuinier en later het Potina in Rodney se tuin gewerk. (2)

2.8 Rodney George het Potina aangemoedig om kleivoorwerpe te maak en hom raad gegee. (2)

2.9 Hulle het hom werk/’n werkplek gegee. Hulle het hom gehelp om aan die Boland Kollege te studeer. (2)

2.10 Hy het die prys vir die beste nuwe uitstaller gekry. (1)

[20]

ASG_Afrikaans Exam Practice Book_Gr10.indd 21 10/7/11 5:28 PM

Page 23: NKABV - Pearsonschools.pearson.co.za/media/73694/afrikaans-eerste-addis...1 Graad 10 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL TOETS EEN Punte: 50 VRAAG 1 Bestudeer die spotprent en beantwoord

22

VRAAG 3

1) Primate se habitat word vir landbou en weiding gebruik.2) Primate word vir hul vleis gejag.3) Daar word onwettig met primate handel gedryf.4) Ontbossing lei daartoe dat primate hul gebied verloor.5) Nuwe paaie laat primate hul gebied verloor.6) Nuwe damme en myne vernietig primate se gebied.7) Brande wat volwasse primate doodbrand en kleintjies wees laat, is ’n gevaar.(57

woorde)

Glyskaal vir die assessering van die opsomming:

Korrekte hoofgedagtes in eie sinne Taal (maksimum) Getal woorde

korrek aangedui Totaal

7 korrek: +7 +2 +1 10

5 – 6 korrek: +5 / 6 +1½ +1 7½ – 8½

3 – 4 korrek: +3 / 4 +1 +1 5 – 6

½ – 2 korrek: +½ / 2 +½ +1 2 – 3½

[10]VRAAG 4

4.1 Tweejarige (1)

4.2 binnekort (1)

4.3 regtervoorpoot (1)

4.4 toe (1)

4.5 wonderlike/goeie (1)

4.6 uit (1)

4.7 waarin (1)

4.8 kussinkie (1)

4.9 beseerde (1)

4.10 is (1)

[10][TOTAAL: 50 punte]

ASG_Afrikaans Exam Practice Book_Gr10.indd 22 10/7/11 5:28 PM

Page 24: NKABV - Pearsonschools.pearson.co.za/media/73694/afrikaans-eerste-addis...1 Graad 10 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL TOETS EEN Punte: 50 VRAAG 1 Bestudeer die spotprent en beantwoord

23

Graad 10AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

TOETS TWEE MEMO

VRAAG 1

1.1 goeie/maklike; slegte/moeilike (2)

1.2 Ja, dit gaan dokumentêre programme wees. (2)

1.3 a) “habitat” b) “noodgedwonge” (2)

1.4 Dit handel oor ape wat in die stadsomgewing/in die strate moet oorleef. (2)

1.5 D (1)

1.6 B ; C (2)

1.7 Waar. Die meeste ape word geskiet, geskok, vergiftig, gevang of raak gery. (2)

1.8 Hy versorg hulle by sy huis en verskuif hulle dan weer na hulle troppe of veilige plekke. (2)

1.9 “mense dink hulle sal kinders byt” (1)

1.10 Dan leer hulle nie om kos by mense te neem (gryp) nie en kom hulle ook nie in die woongebiede in om kos te soek nie. (2)

1.11 Slegs 25% van alle kleintjies lewe tot hulle groot is. (2)

[20]

VRAAG 2

1) Jy moet genoeg plek vir die hond hê. 2) Jy moet genoeg tyd hê om met die hond te gaan stap. 3) Jou ander troeteldiere moet die hond aanvaar. 4) Raadpleeg ’n dokter as iemand allergies vir diere is. 5) Jy moet ’n hond kan bekostig. 6) Besluit wie verantwoordelik vir die hond gaan wees. 7) Besluit wat die hond alles nodig het. (57 woorde)

ASG_Afrikaans Exam Practice Book_Gr10.indd 23 10/7/11 5:28 PM

Page 25: NKABV - Pearsonschools.pearson.co.za/media/73694/afrikaans-eerste-addis...1 Graad 10 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL TOETS EEN Punte: 50 VRAAG 1 Bestudeer die spotprent en beantwoord

24

Glyskaal vir die assessering van die opsomming:

Korrekte hoofgedagtes in eie sinne Taal (maksimum) Getal woorde

korrek aangedui Totaal

7 korrek: +7 +2 +1 10

5 – 6 korrek: +5 / 6 +1½ +1 7½ – 8½

3 – 4 korrek: +3 / 4 +1 +1 5 – 6

½ – 2 korrek: +½ / 2 +½ +1 2 – 3½

[10]

VRAAG 3

3.1 “Winter winskopie” moet “Winterwinskopie” wees. (1)

3.2 a) middel b) wat (2)

3.3 a) Soggens b) bloedjong c) bergfietsryers (3)

3.4 a) gaste b) aktiewe c) minder d) fiksste (4)

3.5 veertien (1)

3.6 belasting op toegevoegde waarde (1)

3.7 Mense behoort vroegtydig te bespreek. (1)

3.8 Voorbeeld: “Meneer, kan u asseblief vir my sê wat in die vakansieprogram is en vir watter ouderdom kinders dit is?” (2)

[15]

ASG_Afrikaans Exam Practice Book_Gr10.indd 24 10/7/11 5:28 PM

Page 26: NKABV - Pearsonschools.pearson.co.za/media/73694/afrikaans-eerste-addis...1 Graad 10 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL TOETS EEN Punte: 50 VRAAG 1 Bestudeer die spotprent en beantwoord

25

VRAAG 4

4.1 Die bobbejaan sê dat sy ma altyd sy mond met seep uitgewas het. (2)

4.2 Ma het vir die bobbejaan gevra: “Hoekom swets jy nog so?” (2)

4.3 a) Hy het sy fopspeen uitgespoeg. b) Die bobbejaan het oor sy ma (ge)lê en kla. (2)

4.4 Die bobbejaan se mond sal met seep uitgewas word. (1)

4.5 a) Nee, die bobbejaan het nie ophou swets nie. b) Nee, die bobbejaan swets nie meer so baie nie. (2)

4.6 a) Sy mond word (deur sy ma) met seep uitgewas. b) Hy het sy fopspeen al lankal uitgespoeg. c) Hy sal vloekwoorde gebruik. (3)

4.7 a) Die bobbejaan swets baie; daarom was sy ma sy mond met seep uit. b) Die bobbejaan was nie sy hande voor ete nie omdat hy bang is vir seep. c) Sy mond is met seep uitgespoel, maar hy swets nog altyd. (3)

[15]

[TOTAAL: 60 punte]

ASG_Afrikaans Exam Practice Book_Gr10.indd 25 10/7/11 5:28 PM

Page 27: NKABV - Pearsonschools.pearson.co.za/media/73694/afrikaans-eerste-addis...1 Graad 10 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL TOETS EEN Punte: 50 VRAAG 1 Bestudeer die spotprent en beantwoord

26

Graad 10AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

TOETS DRIE MEMO

VRAAG 1

1.1 Hulle is by Mbeki se huis (1)

1.2 Die mans dra elkeen ’n sonbril/ () of hulle dra musse wat hul gesigte bedek. () (1)

1.3 Ondertoe, want hulle het pype en goed by hulle. (2)

1.4 Gesteelde geute en pype (1)

1.5 Hy is ’n polisieman , want hy dra ’n uniform waarop “SAPD” staan. (2)

1.6 is bewus daarvan of is in die nabyheid (1)

1.7 Die polisie werk dikwels saam met misdadigers. (2)

[10]

VRAAG 2

1) Hou medisyne op ’n koel plek. 2) Bêre medisyne op ’n droë plek. 3) Hou dit buite bereik van kinders. 4) Maak seker dat medisyne se tekstuur reg is. 5) Neem altyd die korrekte dosis. 6) Moenie medisyne na die vervaldatum gebruik nie. 7) Neem ongebruikte medisyne na ’n apteker. (44 woorde)

Glyskaal vir die assessering van die opsomming:

Korrekte hoofgedagtes in eie sinne Taal (maksimum) Getal woorde

korrek aangedui Totaal

7 korrek: +7 +2 +1 10

5 – 6 korrek: +5 / 6 +1½ +1 7½ – 8½

3 – 4 korrek: +3 / 4 +1 +1 5 – 6

½ – 2 korrek: +½ / 2 +½ +1 2 – 3½

[10]

ASG_Afrikaans Exam Practice Book_Gr10.indd 26 10/7/11 5:28 PM

Page 28: NKABV - Pearsonschools.pearson.co.za/media/73694/afrikaans-eerste-addis...1 Graad 10 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL TOETS EEN Punte: 50 VRAAG 1 Bestudeer die spotprent en beantwoord

27

VRAAG 3

3.1 vir (1)

3.2 morsjorse/rommelstrooiers (1)

3.3 geroeste (1)

3.4 veearts (1)

3.5 gelede (1)

3.6 afgehaal (1)

3.7 Volgens (1)

3.8 strate (1)

3.9 brandweer (1)

3.10 bevry (1)

[10]

VRAAG 4

4.1 a) waarop b) wat (2)

4.2 eie (1)

4.3 a) stoeltjie b) etenstyd (2)

4.4 a) Vroeë b) sappigste (2)

4.5 kelnerin (1)

4.6 vyftien (1)

4.7 heerlike/smaaklike (1)

4.8 Ek gaan nou gou ’n tafel by die restaurant bespreek. (1)

4.9 Het jy al ’n tafel by die restaurant bespreek? (1)

4.10 ’n Halwe eier is beter as ’n leë dop. (1)

4.11 Voorbeeld: “Hallo, Sam, wil jy vanaand saam met ons by die Ocean Basket gaan eet?” (2)

[15]

[TOTAAL: 45 punte]

ASG_Afrikaans Exam Practice Book_Gr10.indd 27 10/7/11 5:28 PM

Page 29: NKABV - Pearsonschools.pearson.co.za/media/73694/afrikaans-eerste-addis...1 Graad 10 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL TOETS EEN Punte: 50 VRAAG 1 Bestudeer die spotprent en beantwoord

28

Graad 10AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

TOETS VIER MEMO

VRAAG 1

1.1 As kinders ’n TV in hul slaapkamer het, maak dit hulle dom omdat hulle dan te veel TV kyk. (2)

1.2 Sy klop aan haar seun se kamerdeur. (1)

1.3 Haar gesigsuitdrukking is kwaai. Haar hand op haar heup wys sy is kwaad. (2)

1.4 “doenig” (1)

1.5 TV kyk. (1)

1.6 D (1)

1.7 Dit is slegter vir ’n mens om te rook as om TV te kyk en die ma dink dis beter dat hy rook as om TV te kyk. (2)

[10]

VRAAG 2

1) Begin deur klein diere af te neem. 2) Gebruik ’n wyehoeklens vir verskillende hoeke wanneer jy foto’s neem. 3) Gebruik die flits om skadukolle te verlig. 4) Gebruik ’n telefotolens om die foto se raam te vul. 5) Neem die dier af as hy na jou kyk. 6) Mik na die dier se oë. 7) Kies ’n interessante oomblik om ’n goeie foto te neem. (59 woorde)

Glyskaal vir die assessering van die opsomming:

Korrekte hoofgedagtes in eie sinne Taal (maksimum) Getal woorde

korrek aangedui Totaal

7 korrek: +7 +2 +1 10

5 – 6 korrek: +5 / 6 +1½ +1 7½ – 8½

3 – 4 korrek: +3 / 4 +1 +1 5 – 6

½ – 2 korrek: +½ / 2 +½ +1 2 – 3½

[10]

ASG_Afrikaans Exam Practice Book_Gr10.indd 28 10/7/11 5:28 PM

Page 30: NKABV - Pearsonschools.pearson.co.za/media/73694/afrikaans-eerste-addis...1 Graad 10 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL TOETS EEN Punte: 50 VRAAG 1 Bestudeer die spotprent en beantwoord

29

VRAAG 3

3.1 a) jy b) waarop/waarmee (2)

3.2 per maand (1)

3.3 duur (1)

3.4 a) spieëltjies b) lewensdroom (2)

3.5 a) duurder b) snelweë c) bestuurder (3)

3.6 vierhonderd/vier honderd (1)

3.7 Hy ry elke dag op sy Vuka skool toe. (1)

3.8 Mense op motorfietse behoort altyd ’n valhelm te dra. (1)

3.9 Jy voel vyfde wiel aan die wa. (1)

3.10 Voorbeeld: “Ma, ek wil asseblief ’n Vuka hê!” (2)

[15]

VRAAG 4

4.1 Madam vra vir Eve of daar deesdae enigiets is wat nie styg nie. (2)

4.2 Eve het gesê: “My salaris styg nie.” (2)

4.3 a) Madam het elke oggend die koerant gelees. b) Eve het na Madam (ge)staan en luister. (2)

4.4 Sal Eve se salaris styg? (1)

4.5 a) Nee, Eve se salaris het nie gestyg nie. b) Nee, daar is niks wat nie styg nie. (2)

ASG_Afrikaans Exam Practice Book_Gr10.indd 29 10/7/11 5:28 PM

Page 31: NKABV - Pearsonschools.pearson.co.za/media/73694/afrikaans-eerste-addis...1 Graad 10 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL TOETS EEN Punte: 50 VRAAG 1 Bestudeer die spotprent en beantwoord

30

4.6 a) ’n Vraag word deur Madam gevra. b) Madam het nie Eve se salaris verhoog nie. c) Deur wie sal haar salaris verhoog word? (3)

4.7 a) Madam is ontsteld, want sy lees van alles wat styg. b) Madam vra of daar enigiets is wat nie styg nie. c) Eve weet haar salaris styg nie; gevolglik wil sy hê Madam moet daaraan

dink. (3)

[15]

[TOTAAL: 50 punte]

ASG_Afrikaans Exam Practice Book_Gr10.indd 30 10/7/11 5:28 PM

Page 32: NKABV - Pearsonschools.pearson.co.za/media/73694/afrikaans-eerste-addis...1 Graad 10 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL TOETS EEN Punte: 50 VRAAG 1 Bestudeer die spotprent en beantwoord

NKABV

www.mml.co.za

Maskew Miller Longman (Edms.) Bpk.Forestrylaan, Pinelands, Kaapstad

Kantore in Johannesburg, Durban, King William’s Town, Pietersburg, Bloemfontein en verteenwoordigers in Mafi keng en maatskappye oral in Suider- en Sentraal-Afrika.

Webwerf: www.mml.co.za

© Maskew Miller Longman (Edms.) Bpk.

Alle regte voorbehou. Geen gedeelte van hierdie boek mag sonder skriftelike verlof van die uitgewer gereproduseer of in enige vorm of deur enige elektroniese of meganiese middel weergegee word nie, hetsy deur fotokopiëring, plaat- of bandopname, vermikrofi lming of enige ander stelsel vir inligtingsbewaring.

Alle redelike pogings is aangewend om wettige kopiereghouers op te spoor. Die uitgewer verneem graag van kopiereghouers indien enige regstellings of byvoegings gedoen moet word.

Eerste uitgawe 2011

ISBN 978-0-636-12683-1

Afrikaans Eerste Additionele Taal

Graad 10Hersienings-

Graad 10Graad 10boekGraad 10Graad 10Graad 10Graad 10Graad 10Graad 10Graad 10Graad 10boek

Eksamen

Hersienings-

Hersienings-

Hersienings-

Hersienings-

Hersienings-

Hersienings-

Hersienings-

Hersienings-

Hersienings-

Hersienings-

Hersienings-

Hersienings-

Hersienings-

Hersienings-

Graad 10Graad 10Graad 10Graad 10Graad 10Graad 10Hersie

nings-Hersie

nings-Hersie

nings-Hersie

nings-Hersie

nings-Hersie

nings-boekHersie

nings-boekHersie

nings-boekHersie

nings-Hersie

nings-boekHersie

nings-boekHersie

nings-boekHersie

nings-Hersie

nings-boekHersie

nings-boekHersie

nings-boekHersie

nings-Hersie

nings-boekHersie

nings-boekHersie

nings-boekHersie

nings-Hersie

nings-boekHersie

nings-boekHersie

nings-boekHersie

nings-Hersie

nings-boekHersie

nings-boekHersie

nings-boekHersie

nings-boekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekHersie

nings-boekHersie

nings-boekHersie

nings-boekHersie

nings-Hersie

nings-boekHersie

nings-boekHersie

nings-boekHersie

nings-Hersie

nings-boekHersie

nings-boekHersie

nings-boekHersie

nings-boekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekHersie

nings-Hersie

nings-Hersie

nings-Hersie

nings-Hersie

nings-Hersie

nings-Hersie

nings-Hersie

nings-Hersie

nings-Hersie

nings-Hersie

nings-Eksamen

Hersienings-

Hersienings-Eksamen

Hersienings-Eksamen

Eksamen

Hersienings-Eksamen

Hersienings-

Hersienings-Eksamen

Hersienings-

Hersienings-Eksamen

Hersienings-Eksamen

EksamenEksamenEksamenEksamenEksamenEksamenEksamenEksamenEksamenEksamen

Hersienings-Eksamen

Hersienings-

Hersienings-Eksamen

Hersienings-

Hersienings-Eksamen

Hersienings-

Hersienings-Eksamen

Hersienings-

Hersienings-Eksamen

Hersienings-Eksamen

EksamenEksamenEksamen

Hersienings-Eksamen

Hersienings-

Hersienings-Eksamen

Hersienings-Eksamen

Eksamen

Hersienings-Eksamen

Hersienings-

Hersienings-Eksamen

Hersienings-

Hersienings-Eksamen

Hersienings-Eksamen

Hersienings-

ASG_ExamBook_COVER_Afrikaans_Gr10_240x168.indd 1-2 10/7/11 5:34 PMUntitled-1 2 2011/10/11 9:27 AM