nn13 11 issuu

8
Deur Martie Pretorius en Amanda Basson B OSVELD – Nie net beleef die land die ergste droogte sedert 1992 nie, maar die huidige hittegolf wat die kwik die week tot so hoog as 50˚C in Lephalale en 40˚C in Mokopane laat styg het, vererger net die droogte se impak. Limpopo is verlede week tot ’n droogte rampgebied verklaar en dié week het etlike kleinboere in die provinsie reeds honderde sterftes onder veral hoenders aangemeld. Die Limpopo department van landbou en landelike ontwikkeling het die week ook R3 million bewillig om boere te help met voer vir hul diere. Klaris Dreyer, ‘n afgetrede geoloog in Lephalale, verduidelik dat die droogte aan die El Nino-effek toegeskryf kan word. Hy glo dat ons nie noodwendig ‘n verskil in ons watervlakke sal sien nie, selfs al begin dit nou baie reën. “Aanvulling sal stadig geskied oor ‘n tyd- perk van omtrent drie tot ses maande omdat die droë aardkors eers gevul moet word.” Die slegte nuus is dat die Nasionale Landboubemarkingsraad sê weervoorspell- ings wys dat droë weerstoestande tot Maart 2016 kan voortduur. Volgens die departement van water en sanitasie se weeklikse stand van op- Kwik styg en reën bly weg Die Nasionale Agro-meteorologiese komitee het reeds in September 2014 gewaarsku dat riviere, spruite en damme besig is om op te droog. Bo: Die Rietspruit soos dit Maandagoggend gelyk het by Waterval Lodge. Regs: Die lodge kan in die agtergrond gesien word - so lyk Rietspruit gewoonlik. Foto's: Marie Hurter. Volg op bladsy 2...

Upload: helena-raats

Post on 24-Jul-2016

246 views

Category:

Documents


0 download

DESCRIPTION

Limpopo-based community newspaper - Lephalale & Mokopane

TRANSCRIPT

Page 1: Nn13 11 issuu

Deur Martie Pretorius en Amanda Basson

BOSVELD – Nie net beleef die land die ergste droogte sedert 1992 nie, maar die huidige hittegolf wat die kwik die

week tot so hoog as 50˚C in Lephalale en 40˚C in Mokopane laat styg het, vererger net die droogte se impak.

Limpopo is verlede week tot ’n droogte rampgebied verklaar en dié week het etlike kleinboere in die provinsie reeds honderde sterftes onder veral hoenders aangemeld. Die Limpopo department van landbou en landelike ontwikkeling het die week ook R3 million bewillig om boere te help met voer vir hul diere.

Klaris Dreyer, ‘n afgetrede geoloog in Lephalale, verduidelik dat die droogte aan die El Nino-effek toegeskryf kan word. Hy glo dat ons nie noodwendig ‘n verskil in ons watervlakke sal sien nie, selfs al begin dit nou baie reën.

“Aanvulling sal stadig geskied oor ‘n tyd-perk van omtrent drie tot ses maande omdat die droë aardkors eers gevul moet word.”

Die slegte nuus is dat die Nasionale Landboubemarkingsraad sê weervoorspell-ings wys dat droë weerstoestande tot Maart 2016 kan voortduur.

Volgens die departement van water en sanitasie se weeklikse stand van op-

Kwik styg en reën bly wegDie Nasionale Agro-meteorologiese komitee het reeds in September 2014 gewaarsku dat riviere, spruite en damme besig is om op te droog.

Bo: Die Rietspruit soos dit Maandagoggend gelyk het by Waterval Lodge. Regs: Die lodge kan in die agtergrond gesien word - so lyk Rietspruit gewoonlik. Foto's: Marie Hurter.Volg op bladsy 2...

Page 2: Nn13 11 issuu

www.noordnuus.co.za Noordelike Nuus / Northern News 13 NOVEMBER 2015

Kwik styg en reën bly weg

Adverteer in Noordelike Nuus. Ons versprei 8000 koerante weekliks.

Skakel 015 491 3082 (Mokopane) of 014 763 5132 (Lephalale) vir

meer inligting.

2

gaardamme verslag is damme in Limpopo gemiddeld 70.4% vol, in vergeleke met 83.3% in November 2014. Doorndraaidam, wat aan Mokopane water verskaf, se huidige vlak is op 85% volgens ‘n woordvoerder van Lepelle Northern Water in Polokwane.

Die Mokolo dam buite Lephalale is tans 89% vol. Gerhard Viljoen van Sable Hills wat teen die Mokolo Dam geleë is sê dat hy nog nie met water gesukkel het nie. “Ons het so drie of vier goeie buie reën gehad en die dam het tot onlangs nog oorgeloop.”

Tog is dit duidelik dat spruite besig om droog te loop. Marie Hurter van Waterval Lodge buite Lephalale het die week foto’s van die Rietspruit, wat deur die plaas loop, geneem. “Oor die afgelope maand het die rivier omtrent heeltemal opgedroog,” sê sy. “Hier en daar is klein poeletjies, maar dit gaan ook binne dae verdwyn.”

Gert van Biljon wat deel is van die Mo-kolo dam se Besproeiingsraad stem saam dat daar beslis rede tot kommer is. “Ons het al ‘n bietjie loslating gedoen, maar die hoeveelheid water in die dam wat oor is kan ons hoogstens sewe maande hou,” sê hy. “As die dam nie binnekort begin oorloop nie gaan ons probleme hê.”

Bystand vir boereAlhoewel veeboere die regering se besluit

om in te gryp in die verskaffing van voer vir hul vee verwelkom, meen hulle dit is te laat.

Volgens die Transvaalse Landbou-unie Noordstreek (TLU) is kommersiële veeboere en wildboere bekommerd oor die droogte en het reeds begin om kuddes te verminder. Opkomende en gevestigde veeboere se wei-ding is uitgeput, sê die TLU-Noord se streek-bestuurder, Dricus Botha. “Ons het reeds in Mei vanjaar ’n beroep op die LUR van land-bou in Limpopo gedoen om dringend stappe te neem om droogtehulp in te stel.”

...from page 1Daar waar daar nog plek-plek weiding

is, is dit onvoldoende en van lae voedings-waarde. Die Nasionale Agro-meteorologiese komitee het reeds in September 2014 ge-waarsku dat riviere, spruite en damme besig is om op te droog.

Pieter Pieterse van Waterkloof Safaris buite Lephalale sê dat hy al sedert die eerste week van Mei die droogte kon voel. “Ons boer met wild, beeste en skape en moet tus-sen R700 en R800 se voer per dag koop om ons diere aan die lewe te hou.”

Pieterse sê dat hulle al moes ophou jag het, omdat die kwaliteit van die wild afge-neem het. “Jagters stel nie belang in diere wat nie op standaard is nie en dit het ‘n in-vloed op ons inkomste gehad.”

Vir Pieterse was daar darem lig aan die einde van die tonnel toe dit so ‘n rukkie terug begin reën het. “Ek kan sien dat die natuurlike habitat begin herstel en dat die veld begin groen word, maar dit bly steeds kommerwekkend as ek besef dat ek omtrent sewe koedoes en twee waterbokke verloor het die afgelope jaar.”

Makenosi Maroo, woordvoerder van die nasionale departement van landbou, bosbou en vissery se advies aan boere is om plante te verminder in lyn met water beperkings in hulle areas en om die minder as gemiddelde reënval ook in ag te neem.

Swak vleispryse maak dit ook moeilik vir boere om te oorleef. Die TLU sê hy voorspel vleispryse gaan met die komende feessei-soen beslis hoër wees as verlede jaar en sal vir baie verbruikers onbekostigbaar raak. “Dit gaan weer die kriminele element op die voorgrond skuif, wat gaan beteken boere kan ’n erge toename in vee- en wilddiefstal ver-wag,” voeg Botha by.

Die gebrek aan goeie water vir besproei-ing gaan ook ’n invloed hê op groente aan-plantings, wat ’n skaarste en hoër pryse vir die verbruiker tot gevolg gaan hê.

Baby dies in house fireMARKEN – A two-month-old baby died from burn wounds that he sustained after a fire broke out in the room where he was sleeping last Monday.

Warrant officer Frans Mokoena of the Lephalale police says it seems the mother of the child apparently left the sleeping baby with his three-year-old brother when she went to a shop in Vienna Village.

The community members were alerted when the toddler ran outside to get help. The badly burned baby was taken to Nki-dikitlana Clinic where he was certified dead.

The cause of the fire had not been determined yet and an inquest has been launched into the matter.

Housebreaking suspect arrestedLEPHALALE – William Sepeke Manamela (36) was arrested in Onverwacht on Friday after being linked to numerous housebreaking cases in the area. Sepeke appeared in the Lephalale magistrate court on Mon-day. He remains in custody.

LEPHALALE – Inwoners van Kerkstraat het verlede week besluit dat hulle nie net handjies gevou kan sit en wag vir die owerhede om iets aan die haglike om-standighede van hulle pad te doen nie.

Volgens Denise Hildebrand, ‘n inwoner van Kerk-straat, het hulle saam besluit om hand in eie sak te steek en die pad op te knap. “Ek sou graag wil hê dat meer mense ons voorbeeld volg en self besluit om in te spring en iets doen om ons dorp beter te laak lyk.”

Die grootste deel van die onkostes is deur 15 inwon-ers van Kerkstraat self en Matoppi’s Rest, ‘n meenthuis-ontwikkeling in die straat, gedra. “Die mense het die teer self gaan aankoop wat ons gebruik het om van die gate te vul,” sê Hildebrand.

Hierdie vlytige inwoners het nie net die pad regge-maak nie maar het ook sowat twee weke gelede besluit om ‘n woonstelblok, wat aan ‘n privaatmaatskappy be-hoort, se tuin skoon te maak. “Ek en Trudie Grobler het besluit dat ons self iemand sal moet kry om die bossies en rommel te verwyder want anders gaan niemand dit doen nie.”

“Dit is so lekker om deel te wees van ‘n groep posi-tiewe mense wat sorg dat ons sulke positiewe resultate kry,” spog Hildebrand.

Martie Pretorius ([email protected])

MOKOPANE - Jaco Cronjé (20) is wonder-baarlik ongeskonde nadat ‘n boomslang hom Dinsdag aan die vinger gebyt het.

Cronjé is nadat hy gebyt is, deur ‘n huis-dokter na Mokopane Hospitaal verwys waar hy deur dokter Claire Adams ondersoek en onder observasie gehou is. Na slegs naarheid en erge hoofpyn is Cronjé ontslaan met die wete dat hy die dood vrygespring het. Dr. Ad-ams kon geen gif in sy bloed opspoor nie.

Volgens slanghanteerder, Pieter Swane-poel van Mokopane, word Cronjé se noue ontkoming toegeskryf aan ‘n droë byt. Swanepoel verduidelik dat 'n slang met dié tipe byt nie sy gif in sy slagoffer spuit nie. “Jaco het weggeruk en is skrams deur die boomslang gebyt,” sê Swanepoel.

Swanepoel sê hy is baie beïndruk met Dr. Adams wat bereid was om telefonies, die advies van ‘n professionele en internasionale bekroonde herpetoloog, Mike Perry, in te win kort na Cronjé se opname.

Perry het haar aangeraai om die pasiënt vir 36-uur te monitor en te behandel slegs indien sy toestand versleg. Cronjé is Dinsdag ontslaan.

Swanepoel het die boomslang wat Cronjé gebyt het gevang en hou hom in veilige be-waring tot Perry dit binnekort kom haal vir mediese navorsing. "Daarna sal die slang weer in sy eie habitat vrygelaat word," sê Swanepoel.

Swanepoel het baie kennis van slange en raai mense aan om onder geen omstan-dighede ‘n slang te konfronteer nie.

Hy is bereid om slange in Mokopane

Man ongeskonde na boomslang byt

teen geen koste te verwyder. Hy doen egter ‘n beroep op mense om nie slange dood te maak wanneer dit vir hulle ’n bedreiging inhou nie. Swanepoel het meer as 30 jaar se ondervinding met slange en kan gekontak word by 082 336 6200.

Lephalale inwoners kan teen ‘n fooi van R100 vir Marius by 072 174 6970 of Henco Janse van Rensburg by 082 822 9113 van Reptile Rescue kontak. Hulle werk ook op ’n vrywillige basis indien houers verskaf word om die slange in te vervoer.

Pieter Swanepoel hanteer die wyfie boomslang wat Dinsdag vir Jaco Cronjé aan die vinger gebyt het.

Waar daar ‘n wil is, is daar ‘n weg!

Grobbie Grobler werk saam met 'n werker om die straat reg te maak.

Collision claims pedestrians MAHWELERENG - The police in Mah-welereng opened a case of culpable ho-micide after three pedestrians were killed in a head-on collision between two motor vehicles on the Marken road next to Masodi Village last Friday.

Constable Sello Leso, Mahwelereng po-lice spokesperson reported that one vehicle hit pedestrians who were hitch hiking next to road at the time. A Zimbabwean woman of about 24-years-old and unknown boy (4) died on scene.

Two other pedestrians, one female and one male, were taken to Mokopane hospital where the woman died at about 22:25. The male pedestrian is unconscious in hospital suffering from head injuries.

He is also unknown at this stage, says police.

The drivers of the vehicles were not in-jured. Police investigations continue.

Page 3: Nn13 11 issuu

13 NOVEMBER 2015 Northern News / Noordelike Nuus www.noordnuus.co.za 3

PUBLIC AUCTION: LDVS, TRACTORS,FORKLIFTS ETC.

Date: 14 November 2015.Time: 09h00Place: Grootegeluk Coal Mine

Interested parties may view items from 08h00-13h00 on 12-13 November 2015. A registration fee of R 1 000,00 is payable with registration on 14 November 2015, prior to start of the auction. Buyers interested in bidding for vehicles must pay a registration fee of R 10 000,00. Only CASH or BANK GUARANTEED CHEQUES will be accepted at Grootegeluk

Mine premises within seven days from date of sale. All items are sold “AS IS”. The buyer shall be deemed to have fully acquainted himself/herself with the terms and conditions of the sale and with the items and defects prior to the sale.

GPS coordinates S23.39.37 E27.33.53

Contact persons: Chris Markram. Tel: (014) 763-9446E-mail: [email protected] Fouche. Tel: (014) [email protected]

Vehicles Welding machines Electrical motorsvarious sizes

Gearboxes varioussizes

Tractors Magnetic separators Electrical panels Pump units

Trailers Lifting equipment Kitchen cupboards

Steel cord conv belt

Gen sets Electrical cable Steel shelving

JT-10074

Fighting against domestic abuseSTEENBOKPAN – The Lephalale police embarked on a domestic violence awareness campaign last week. Warrant officer Frans Mokoena of the Lephalale SAPS says they held a door-to-door campaign to assist victims of domestic violence and to inform members of the public about the reality of domestic violence.

Deur Amanda Basson ([email protected])

LEPHALALE – ‘n Dispuut het ontstaan tussen in-woners en ‘n telekommunikasie maatskappy wat die pragtige witstinkhout-, kameeldoring- en doringbome langs Nelson Mandela rylaan wil verwyder om plek te maak vir ‘n nuwe kommunikasiesisteem.

Inwoners het onlangs opgemerk dat die beton-pilare vir ‘n nuwe telekommunikasie sisteem deur die ry bome sal gaan. “Ons bome is eie aan ons dorp en gee darem so ‘n bietjie lafenis teen die ongenaakbare Bosveld son, sê Astrid Basson, DA raadslid in Lepha-lale, wat die kommunikasie reus Neotel aangevat het oor hulle planne om die bome op te offer in ruil vir tegnologie.“Ek is seker met ‘n bietjie beter beplanning kon die kontrakteurs ‘n alternatiewe plasing vir die kabels gekry het.”

Shilane Uwane van Wayleave and Permits CC, wat verantwoordelik is om te verseker dat die kontrakteur toestemming van die munisipaliteit het om die kabels op te rig, beweer dat hulle streng volgens munisipale regulasies optree. “As ons ‘n boom moet verwyder sal ons dit op skrif sit en die boom sal herplant word na konstruksie.”

“Die kontrakteur sal bome snoei om plek te maak vir die netwerk infrastruktuur wat beter ontvangs sal beteken in terme van data spoed, stem oproepe en internet opvangs.”

Basson sê dat sy met Uwane kontak gemaak het om uit te vind hoekom die kabels nie eerder onder-gronds aangelê word nie. “Volgens ‘n epos wat aan my gestuur is word daar beweer dat dit te duur sou

Majadibodu case postponedLEPHALALE – The case against four suspects who were arrested for the alleged hijacking and mur-der of Tshepo Majadibodu has once again been postponed to 16 November.

Majadibodu was transporting a group of women from Botswana to Durban for a monthly shopping trip in October 2014, when the vehicle was allegedly stopped by four sus-pects dressed in police uniforms. The women were robbed, tied up and left next to the road. Majadibo-du and the vehicle was taken. His body was found next to the road near the D’Nyala game reserve.

The first suspect was arrested in Kempton Park in January and the other three shortly after. The four suspects appeared in the Lephalale Magistrate’s court on Thursday.

By Martie Pretorius ([email protected])

MOSESETJANE – The ongoing protests by various communi-ties directed at Platreef mine (Ivanplats) outside Mokopane continued on Wednesday. The protests, which are mainly about employment and the lack of water, continued de-spite a promised resolution be-tween the parties on Monday.

Police witnessed mostly young community members in protest. They were blocking the N11at the mine and its entrance with rocks and burn-ing tires.

Police was told that a resolution was reached after a meeting between IvanPlats and the community on Monday.

However, tempers flared again on Wednesday morning as community members told the police that they are still not satisfied to live in poor conditions, especially living without water. They say the mine promised in a meeting on Monday to come back to them the following day which they failed to do. They feel undermined by the mining giant for not adhering to their many pleas for jobs.

“Ivanplats is extremely concerned about the recent protests which have also been directed at neighboring mines,” says Jeremy Michaels, vice president for com-munication and public affairs for Ivanhoe Mines SA. “Violent protests are not at all helpful, especially in

Community still not satisfied with minethe current economic climate where the mining sector is facing difficult conditions. We encourage communi-ty members to engage with company representatives instead of protesting and, in the process, aggravating an already difficult economic environ-ment.”

Michaels adds that it is important to note that Ivanplats is in the con-struction phase and, given that it is building a mine, it is not generating any income and will not be doing so for several years to come.

“This means we rely on investors who are putting their money into the project,” he explained.

“The mine is using thousands of liters of water per day for their mining processes, but when we speak to them they say they are far away from us,” one of the protesters stated. They also claim that there is

a lack of water in the village. Communities are furthermore claiming that mine

management is only employing people from Mahwelereng. They accuse mine management of negotiating in bad faith and threaten to continue blocking the entrance until given an acceptable resolution.

“Regarding the reasons for the protests, the Platreef Project currently employs close to 700 people, 71% of whom are locals from the communi-ties surrounding the construction site," says Michaels. "It is a patent lie for anyone to say that we do not employ locals and the protesters must also understand that we cannot employ everyone in the community.”

Angry community members damaged and barricaded the N11 on Wednesday.

Dorp se bome in gedrangwees, maar ek voel dat dit beslis in hierdie geval ‘n beter opsie is.”

Ontstoke inwoners het in ‘n heftige Facebook-debat hul misnoeë met die plasing van die kabels uitgespreek. “Die diensverskaffer beweer dat hulle net takke wil snoei maar uit die foto’s is dit baie duidelik dat meeste van die bome wat in lyn met die pale staan heeltemal verwyder sal moet word," het een inwoner gesê.

Uwane het intussen laat weet dat hulle met hul omgewingskenners kontak gemaak het om die probleem op te los.

"Alle kommunikasie wat ek van die gemeenskap af kry sal aangestuur word na die relevante persone om te verseker dat hulle kennis dra van die dorp se gevoel oor die kabels," sê Basson.

Die pale langs Nelson Mandela rylaan wat langs die bome opgerig is.

Page 4: Nn13 11 issuu

www.noordnuus.co.za Noordelike Nuus / Northern News 13 NOVEMBER 20154

Hardies praat oor aardverwarmingLEPHALALE – Met die droogte op almal se lippe het Hardekool Akademie se rede-naars verlede week ‘n praatjie gehad oor aardverwarming. Die Graad 6 leerlinge het elkeen ‘n beurt gekry om hul mening te lug oor die werklikheid van globale aardverwarming en water- en kostekorte wat die mensdom dalk in die gesig kan staar. Die skool se redenaars het hierdie jaar beïndruk met hul hoë standaarde.

MOKOPANE – The South African Red Cross Society recently took to the streets in a special walk to raise awareness for breast cancer. The participants of the walk, who also commemorated those who lost their battle with cancer, included members of CANSA, the department of health, the police, health care role players and cancer survivors. One of the survivors said: “I have been living with cancer for 14 years and while I struggle with the medical treatments, I spread the message of early detection to my community.” - By Ponthso Sema ([email protected])

Deur Amanda Basson ([email protected])

LEPHALALE – Die Lephalale gemeenskaps-polisiëringsforum (GPF) se dienssentrum is goed toegerus om inwoners in enige noodsituasie by te staan.

“Mense is gewoonlik in ‘n gemaksone tot hulle self deur misdaad geraak word,” so sê Cobus Coetzer, ‘n lid van die GPF. Cobus en sy vrou, Sunette, is al ‘n geruime tyd aktief betrokke by die GPF. Daar is sowat ‘n jaar gelede by hulle op die plaas ingebreek. Hy poog sedertdien om te keer dat dieselfde met ander mense gebeur. “Elke mens in ons dorp moet veilig voel en ons sal dit net regkry as ons ons dorp kan terugvat van kriminele en wettelose mense af.”

Cobus voel sterk daaroor dat die diens-sentrum ‘n integrale doel in die gemeenskap dien. “In enige noodgeval kan inwoners die sentrum skakel en hulle sal verseker wees dat hulp verleen sal word.”

GPF voorsitter Thys Eloff stem saam. “As iemand inbel en sê dat hulle hulp

nodig het met ‘n lapa wat aan die brand gesteek is of selfs iets so netelig soos ‘n ou

Dienssentrum reg vir noodgevalmens wat in ‘n paal vasgery het en geskok is, sal ons seker maak dat hulp ontbied word en die persoon bygestaan word.”

Die dienskamer is gekoppel aan verskeie ander instansies soos die spoorsnyers, seku-riteitsmaatskappye, veediefstaleenhede, klinieke, hospitale, dokters, ambulanse en insleepdienste. “Ons het ‘n kontakpersoon vir elke denkbare noodgeval en moedig daarom elke inwoner aan om die dienskamer se nom-mer altyd byderhand te hê.”

Elke persoon wat by die dienskamer ge-registreer is word op ‘n databasis geplaas. “Ons weet dan presies waar die persoon bly, wat hul allergieë is en selfs wat hul bloe-dgroep is.”

Die dienskamer word op ‘n vrywillige basis bestuur, maar as daar inwoners is wat ‘n donasie wil maak kan Sunette gekontak word by [email protected]. Mense word ook aangemoedig om die GPF se facebook bladsy te volg vir inligting rondom misdaadvoorkomingsaksies en misdaad tendense in Lephalale. Die dienskamer kan gekontak word by 081 701 1089.

Raising awareness for cancer

MOKOPANE – Mokopane police recovered this truck at the N1 weigh bridge after it was hijacked at Vosloorus last week. A 59-year-old suspect from Soweto was arrested on the scène. The truck, an International, was transporting cold drinks and it was escorted by a grey Opel Corsa with two suspects who fled the scène. The case is being investigated.

Suspected hijacker nabbed by police

Deur Martie Pretorius ([email protected])

MOKOPANE – Kiesers gaan volgende jaar die geleentheid gebied word om hulle kruisies te trek in die munisipale tussen-verkiesing wat op die lang duur sal bepaal wat die toekoms vir hulle in SA inhou. Só het die VF Plus se leier, dr. Pieter Mulder, Maandagaand by Rays Bundu Lapa sy merk gemaak toe hy lede van die gemeenskap by ’n openbare gemeenskapsverga-dering in Mokopane toegespreek het oor die party se belange. Marcelle Maritz, die party se hooforganiseerder in Limpopo en verkiesingskandidaat in Mokopane het gesê dat “die minder-heid die meerderheid kan swaai.” Maritz het ook kommentaar gelewer op haar keuse om vroeër vanjaar van die DA af na die VF Plus oorgeloop het. “Ek is hier om te bly. Ek dien die gemeenskap,” het Maritz gesê.

VF+ aktief in Mokopane

ROEDTAN - Die Roedtan VLU word 60 jaar oud en die dames het onlangs verjaarsdag vieringe gehou met koek, hoedjies, krone en fluitjies. Daar was pizza, kolwyntjies en rooikoeldrank. Staaltjies is uit die verlede gedeel en saam gelag en gesels. Die Roedtan VLU se volgende vergadering is eers weer in Januarie. Enige een is welkom om Marinda van Schalkwyk te skakel vir verdere inligting by 082 714 3213. - Suenell Liebenberg

Roedtan VLU vier 60 jaar

By Martie Pretorius ([email protected])

MOKOPANE – A 24-year-old gang rape vic-tim is satisfied after the Mokopane regional court sentenced her three rapists from Mah-welereng to life in prison last week Thurs-day. She initially told police their term in prison should be harsh after what they have done to her last year.

The victim said in her statement to the police that she was drugged and dragged into the bushes where she was raped. She was also stabbed with a knife by one of the suspects. The incident took place in Mose-setjane.

Tonic Kekana (21), Frans Mashoal-hla (22) and Derrick Makhafola (19) was charged with rape and sentenced by magis-trate Gerhard Pretorius.

The case was successfully investigated by constable Mogale of FCS unit in Mah-

Justice for rape victim

welereng after the three were linked to the incident through DNA tests. Besides a life sentence, the 21-year-old Kekana was sentenced an additional 10 years in jail for raping another victim, aged 18 in 2012. Constable Mogale was praised for another successful investigation.

The three accused men from Mahwelereng who were sen-tenced to life in prison for gang rape. They are Tonic Kekana (21), Frans Mashoalhla (22) and Derrick Makhafola (19).

Pasop vir afgeleë paadjiesLEPHALALE – Inwoners word gemaan om eerder afgeleë paadjies en onbewoonde gebiede te vermy.

“Die feessei-soen is een van die besigste tye vir misdadigers en mense moet nou meer paraat as gewoonlik wees om te voorkom dat hulle slagof-fers van misdaad word,” sê Thys Eloff, voorsitter van die Lepha-lale gemeenskap-spolisiëringsforum.

Die beboste area in die mid-dedorp is een van die gebiede waar diefstal die meeste voorkom.

“Mense moet ook versigtig wees in parkeerareas in ons dorp, selfs met die teen-woordigheid van motorwagte is daar steeds ‘n baie hoë aantal diefstalle en ander misdade in hierdie areas.”

Page 5: Nn13 11 issuu

13 NOVEMBER 2015 Northern News / Noordelike Nuus www.noordnuus.co.za 5

MOKOPANE- Laerskool Krugerpark het vir die tweede agtereenvolgende jaar die Top 10 Skole swem gewen, gevolg deur Laerskool Tzaneen en Warmbad. Die dogters-span is as die beste dogters-span aangewys terwyl die seuns-span in die derde plek geëindig het. Krugerpark was een van 8 skole wat 6 November aan die Top 10 byeenkoms by Unicorn Preparatory School in Tzaneen deelgeneem het.  Die ander deelnemende skole was:  Laerskool Tzaneen, Phalaborwa, Warmbad, Pietersburg-Oos, Ellisras, Unicorn en Julian Muller. Regs: Hier is Laerskool Krugerpark se twee swem kapteins Erna Kruger en Franco Botha met die top-tien swem trofee. Bo is afrigter Awie Hattingh by die swemmers na die Top 10 oorwinning.

Die Smitte swaai rakette

Krugies swemmers is wenners!

MOKOPANE - Idené Smit en Zander Smit van Laerskool Krugerpark is tydens ’n onlangse Cell-C tennistoernooi in Polokwane aangewys as die wenners. Idené is ook die wenner van die o/10 span wat onlangs aan die Gauteng North Spring tennis toernooi deelgeneem het.

LEPHALALE - Hardekool Akademie se jaarlikse prestige prysuitdeling het plaasgevind op Donderdag 29 Oktober. Leerlinge het toekennings ontvang vir hul prestasies deur die jaar.

Dux-leerling van die jaar was Wilmarí Muller wat ook die senior redenaars trofee, akademiese top-presteerder in haar graad en aka- demiese erekleure ontvang het. Ju-nior sportseun is Marthinus Pretorius wat ook met die junior kultuur trofee weggestap het. Junior sportdogters is Michaela Venter en Eleana Ellis. Senior sport dogter is Jandri Venter wat ook akademiese her-erekleure ontvang het. Senior sportseuns is WJ Ellis en Helgard Muller. Junior Redenaar trofee – Eleana Ellis. Mia Venter en Rickus Ellis ontvang akademiese erekleure en ook die staatmaker trofeë. Marnel Venter ontvang akademiese erekleure en is ook akademiese graad wenners saam met Christel van der Merwe en Wian Lewies.

MOKOPANE - Waterberg High School recently held their matric farewell function at the Park Hotel. Every Grade 12 learner was cheered by co-learners, family members and friends as they arrived at the hotel’s main door looking polished and glamorous.

Hardekool Akademie prysuitdeling

Akademiese Erekleure Wilmari Muller Graad 7 (her-erekleure), Mia Venter Graad 6, Jandri Venter Graad 7 (her-erekleure), Marnel Venter Graad 6 en Rickus Ellis Graad 7 (her-erekleure) saam hulle op die foto is Mnr Deon Buys (hoof).

Akademiese Graadwenners Graad 4-7 is Wilmari Muller Graad 7, Marnel Venter Graad 6, Christel van der Merwe Graad 5 en Wian Lewies Graad 4.

Senior Sportdogter – Jandri Venter Graad 7; Senior Sportseuns – WJ Ellis en Helgard Muller Graad 4. Junior Sportseun – Marthinus Pretorius Graad 2; Junior sport-

dogters – Michaela Venter Graad 3 en Eleana Ellis Graad 1.

Staatmakerstrofee is oorhandig aan Rickus Ellis Graad 7 en Mia Venter Graad 6.

Junior Redenaarstrofee: Eleana Ellis Graad 1; Senior Redenaarstrofee – Wilmari Muller Graad 7.

Die Junior Kultuurtrofee is aan Marthi-nus Pretorius (Graad 2) oorhandig en die Senior Kultuurtrofee aan Wilmari Muller (Graad 7). Wilmari is ook aangewys as die Dux-leerling van 2015..

Glitz and glamour at Waterberg High School

Page 6: Nn13 11 issuu

www.noordnuus.co.za Noordelike Nuus / Northern News 13 NOVEMBER 20156

Page 7: Nn13 11 issuu

13 NOVEMBER 2015 Northern News / Noordelike Nuus www.noordnuus.co.za 7

Tiende Brille en Pille saamtrekMOKOPANE – Die tiende Brille & Pille liefdadigheid saamtrek by die Piet Potgieter Monument Tehuis in Mokopane was Saterdag ‘n reuse sukses. Motorfietsryers van regoor die land het die dorp se bejaardes ondersteun en terselfdertyd gesorg vir groot vermaak. Alle geld wat ingesamel is tydens die saamtrek gaan aan die tehuis en word aangewend vir die versorging van die dorp se bejaardes. Die tehuis se bestuurder, Marianna van Tonder het haar dank uitgespreek teenoor elke persoon wat dié saamtrek ondersteun het. Foto’s hierby is by die saamtrek geneem.

Page 8: Nn13 11 issuu

oordelike uus orthern ewsN NAitblinkerschievers

UWIMPY delivers in

Ellisras and Onverwacht. Call Alma on

082 879 1582 to place your order.

MOKOPANE -Die Marshall Gimnastiek Academy (MGA) het verlede Vrydag hul prys-uitdeling gehou. “Hierdie jaar was ‘n jaar vol uit-dagings vir die gimnaste en ons sien uit om nuwe hoogtes te bereik in 2016,” het MGA se hoof-afrigter en bestuurder, Richard Marshall, gesê.

Verskeie pryse is uitgedeel, onder meer die beste gimnaste in elke af-deling, die beste vordering asook spesiale pryse vir die gimnaste wat hul hart en siel in hul oefening insit.

Die uitslae was soos volg:Vlak 1 se beste gimnas was Keanu Pot-

gieter (Keanu was 12de by die North Zone kompetisie), terwyl Zahraa Cassim die beste vordering getoon het. Vlak 2 se beste gimn-aste was Miqayla Venter (Miqayla was vyfde by North Zone) en Tyron Jordaan. Beste vordering het aan Angelique Nelson gegaan. Vlak 3 se beste gimnas was Chené Goosen en Danyell Swanepoel het die beste vorder-ing getoon.

Melody Raats en Josua van der Merwe was die beste gimnaste in vlak 4. Melody was die beste Limpopo gimnas in haar ou-derdomsgroep en het ‘n top 20 plek behaal vir haar balk roetine by die Suid-Afrikaanse Nasionale Gimnastiek kompetisie, ter-wyl Josua die top 20 gehaal het vir sy

Gimnaste beloon vir die jaar se werk

vloer roetine. Luan du Plessis het die beste vorderinge getoon en het top 20 in sy rekstok roetine by die nasionale kompetisie behaal.

In Vlak 5 was die beste gimnaste Shani Dreyer en Louis Boshoff (Louis was vyfde by die nasionale kompetisie). Samuel van der Merwe was die beste vlak 6 gimnas en en het 10de plek verower by die nasionale kompetisie.

By die ritmiese afdeling is Suné Janse van Rensburg die beste gimnas en Chanelle Hamil-ton het die beste vordering getoon.

MGA bied aan ouers ’n gratis evaluasie les op Dinsdae om 14:00 by die RET Centre op die hoek van Geyser en Fourie straat. Die klub sluit 18 November en sal weer in Januarie 2016 oopmaak. Kontak Merene vir inligting by 079 217 8410.