nongqai vol 6 no 10
DESCRIPTION
South Africa: National Security HistoryTRANSCRIPT
1
2
Contents Die verdrag van Nkomati ............................................................................................ 3
Inhoud ........................................................................................................................ 5
Inleiding .................................................................................................................. 6
Samesprekings op Komatipoort .............................................................................. 7
Ontmoeting in Swaziland ........................................................................................ 7
Werkgroepe ............................................................................................................ 8
Samesprekings in Maputo .................................................................................... 13
Maputo .................................................................................................................. 15
Samesprekings in Kaapstad ................................................................................. 17
Die verdrag van Nkomati ...................................................................................... 17
Die ondertekening van die Verdrag ...................................................................... 26
Toespraak deur Mosambiek se president ............................................................. 26
Toespraak deur die RSA se president .................................................................. 32
Seremonie ............................................................................................................ 37
Afvaardigings ........................................................................................................ 39
Enkele Notas oor Mosambiek: Brig HB “Hennie” Heymans (SAP – Afgetree) ......... 41
Kol Jacobs van die Spoorwegpolisie .................................................................... 41
Brig Johan Coetzee .............................................................................................. 41
Agtergrond ............................................................................................................ 41
Skakeloffisier met SNASP .................................................................................... 42
Oorlog met Mosambiek ......................................................................................... 43
Geskiedkundige aantygings .................................................................................. 43
Kommentaar ......................................................................................................... 44
3
Die verdrag van Nkomati
4
5
Inhoud
6
Inleiding
7
Samesprekings op Komatipoort
Ontmoeting in Swaziland
8
Werkgroepe
9
10
11
12
13
Samesprekings in Maputo
14
15
Maputo
Genl Johann Coetzee – tweede van links
16
17
Samesprekings in Kaapstad
Die verdrag van Nkomati
18
19
20
21
22
23
24
25
26
Die ondertekening van die Verdrag
Toespraak deur Mosambiek se president
27
28
29
30
31
32
Toespraak deur die RSA se president
33
34
35
36
37
Seremonie
38
39
Afvaardigings
40
41
Enkele Notas oor Mosambiek: Brig HB “Hennie” Heymans (SAP –
Afgetree)
Ek was vir ongeveer 20 jaar lid van die veiligheidstak van die Suid-Afrikaanse Polisie
en was ook verbonde aan die sekretariaat van die staatsveiligheidsraad – ‘n regte
sekurokraat - soos die Engelse sou sê!
Kol Jacobs van die Spoorwegpolisie
Suid-Afrikaanse treine en spoorweë fassineer my – ook in Afrika. Omdat die SAS &
H ʼn gevestigde belang in Mosambiek gehad het – die spoorlyn sowel as die hawe en
die SAL wat daarheen gevlieg het, was kol Jacobs van die spoorwegpolisie die
voorloper wat skakeling tussen hulle owerhede en ons regering betref het. Hy het vir
ons baie deure oopgemaak – ek weet ongelukkig nie wat sy voorletters was nie. Hy
was bekend aan die kollegas van SNASP. Hulle het my gevra of ek hom ken.
Brig Johan Coetzee
Van ons inligtingsgemeenskap se kant was brig Johan Coetzee, die SAP se
veiligheidshoof, die voorloper. (Hy het later kommissaris van polisie geword.) Hy het
SNASP buite die Lebombo grenspos, in niemandsland, by Recania Carcia ontmoet.
Namens hom het ek die skakeling met Mosambiek voortgesit. Hy was deur die
Mosambiekers “The Fox” genoem.
Agtergrond
Wat ek aanvanklik van Mosambiek af geweet het, is gevaarlik. Matriek
aardrykskunde: punt. In Durban-hawe het ons as polisie baie goedkoop
Mosambiekse sigarette by die matrose en dames van die nag persent gekry. Sulke
kort dik, soet, bruin sigarette. Ek het geweet van Laurentina bier, San Marino,
visvang en kasjoeneute.
Later in 1970 is ek na die veiligheidstak oorgeplaas. Tydens ons veiligheidskursus
was die latere brig “Neels” du Plooy die kursusleier. Hy was toe ‘n majoor. Ons het
in daardie jare ‘n Afrika-lessenaar gehad en majoor – soos hy destyds was – JE
“Sollie” de Beer het vir ons lesings aangebied oor die bedreiging vanuit Afrika.
Ons het Malawi, SWA en Tanzanië behandel en dan die sogenaamde frontlinie state
onder andere Angola, Rhodesië en Mosambiek. Ons moes leer van die MPLA,
UNITA, Frelimo, Zanla, Zipra, Swapo, Kanu en al die verskillende bevrydings-
bewegings of terroriste groepe wat aktief is.
Ons het in daardie dae skakeling gehad met PIDE in Angola en Mosambiek en met
die BSAP in Rhodesië. Ons veiligheidsmagte het dan onderling inligting uitgeruil,
totdat ons op ons eie oor was. Niemand om mee inligting te deel nie. Ek het destyds
veral belang gestel in die Flechas (“Pyle”) – Boesman-troepe wat die Portugese
vryheidsbewegings aangeval het. Dit was verstommend om te dink dat klein
steentydperkmense die vyand met pyl en boog aangeval het. Hulle is altyd in die
Portugese PIDE-verslae gehuldig met suksesse.
42
Kol Gawie Richter was ons skakelman met Malawi en hy was ʼn persoonlike vriend
van dr Hastings Banda. Hierdie offisier het werk van groot belang vir Suid-Afrika
verrig. (Hy het die eerste vyandelike masjiengeweer wat op wiele gemonteer was in
SWA gevind. Hy kon ook inheemse tale vlot praat – ook die San se taal.)
Tydens my loopbaan het ek hoofsaaklik die lessenaar wat blanke ondermynende
aangeleenthede bestudeer het, hanteer. Dit was van verregs tot ultralinks. Tussenin
was vakbondleiers en hul ondermynende aktiwiteite, studente, joernaliste,
dienspligontduikers, woelgeeste, radikale skrywers, vreemde besoekers aan die
RSA, visumvoorbehoudslyste, paspoortvoorbehoudslyste, sekere politici wat buite
die parlementêre prosedures opgetree het en spioene. Ons het oor die jare is
heelwat spioene aangekeer... Ook die SAP self, het in George tot die ongunstige
aandag van mnr PW Botha gekom! Hy het gesê hy sou self die “katnes” oopvlek.
Aan die einde van die dag wat dit net kwaadwillige skinderstories wat direk na hom
toe gevoer is. (Ek het so lekker gelag toe ek die verskillende rapporte gelees het,
praat van ‘n katnes, benoude katte maak benoude spronge!)
Ons het ook bv verdagte blankes hanteer en teeninligting gedoen. Ek kan onthou dat
ons ‘n wetswysiging voorgestel het; wat ‘n polisiebeampte binne ‘n jaar diens kon
ontslaan – ek het die artikel by die skakelbeampte van die Gevangenisdiens gekry.
Hippies wat die weermag wou vryspring; het eerder by die mag aangesluit en ‘n paar
het tot ongunstige aandag van plaaslike veiligheidstakke gekom. Ons het gou met
hulle gal gewerk.
Ja, kattekwaad van ons politici het ook tot ons aandag gekom - as ek so vinnig dink
het minstens drie politici lelike spykers opgetel. Ons het ook kennis geneem van
huursoldate se beplanning. Wanneer enige blanke ‘n legger gehad het, het ons die
aangeleentheid hanteer en in die proses het ons ook met die weermag, buitelandse
sake en ʼn swetterjoel ander departemente geskakel.
Skakeloffisier met SNASP
Eendag ontbied brigadier Johan Coetzee my na sy kantoor en gee my sekere
opdragte ivm Mosambiek se polisie. Ek moes ondermeer as gasheer optree vir ʼn
besoekende afvaardiging regsmanne en polisie van Mosambiek wat ʼn diefstalsaak in
die hooggeregshof gevoer het. In die proses het ek werklik bevriendgeraak met twee
polisiemanne van Mosambiek, Jorge Costa en JW de Castro Lopo (Verwysing:
S1/Alg 1326). Hulle was lede van SNASP – die geheime polisie in Mosambiek.
Later het brig Johann Coetzee my Mosambiek toe gestuur. My seksiehoof het nie
daarvan gehou dat ek die lessenaar verlaat nie, dus moes ek altyd vinnig daarheen
gaan en weer vinnig terugkeer, maar wanneer hulle die RSA besoek het, was ek hul
gasheer en my direkte hoof kon hulle nie aanjaag nie. Mens het tyd nodig om bande
te smee – en die Portugese kon nooit verstaan waarom ek altyd ‘haastig’ was nie.
Ons het gereelde skakeling gehad en oor-en-weer besoeke aan mekaar gebring. Ek
het hulle trakteer en besig gehou en saans het ek – soms vergesel van kapt Andre
43
Beukes – hulle uitgeneem na plekke waar ons brig en mevr Coetzee ontmoet het.
Deur die sosialiseringsproses het daar gou ‘n hegte band tussen ons ontstaan en
ons het lekker geëet en hulle het my geleer rooiwyn drink.
Later het twee van die manne een-vir-een aansoek gedoen om politieke asiel. My
taak was volbring en ek is na die SSVR oorgeplaas en kort na my diensaanvaarding
aldaar het ek mnr Castro Lopo op die Swaziland-RSA grens te Oshoek ontmoet en
hy het ongeveer drie maande by ons aan huis loseer.
Oorlog met Mosambiek
Dink ek terug na gebeure in Mosambiek kan ek iewers vaagweg onthou dat genl
Langhendrik van den Bergh vir die eerste minister, adv BJ Vorster, ingelig het dat
mnr PW Botha daardie land met soldate wou inval. Die weermag is glo naby
Nelspruit gekeer om met die operasie voort te gaan.
Tydens my jare by die SSVR het ek verneem dat die SAP-TIN gebruik sou word om
die Cahora Bassa-kraglyn te beskerm. Een van my kollegas het direk vir die SAW
generaal gesê: “Oor my dooie liggaam!” Sy argument was die SAW en Remano
skakel en dan kom die SAP in die spervuur.
Jare later gesels ek en wyle dr Kobus Loubser se boer oor Suid-Afrikaanse treine.
Die broer vertel my toe dat dr Loubscher die latere eerste minister, mnr PW Botha,
daarop gewys het, dat dit onwys sou wees om Mosambiek in te val ten einde die
SAKP-ANC-alliansie by te kom. Mnr Botha het geluister en Mosambiek was nooit
overt ingeval nie. Na aanvalle in Suid-Afrika – bv op SASOL – het van die verdagtes
na Mosambiek gevlug. Die weermag het sulke mense bygekom deur spesiale
operasies.
Geskiedkundige aantygings
ʼn Brief soos ontvang van ‘n vriend wat tans sy doktorsgraad doen, word vir u inligting
aanhaal:
””””””””””” Hennie, 28/1/2015
Flying at Low Level: Jacinto Veloso
1st week, July 1980, Captain Heymans, an envoy of Brig Johan Coetzee, came to
Maputo to see us, the Mozambican Security Services, to organise a meeting with the
Angolans. This envoy also reminded us of the invitation made by Gen (Mike)
Geldenhuys, the SAP Commander, for us to visit him in Pretoria to re-establish
permanent contact.
At our meeting we asked Capt Heymans if he could explain to us the reasoning
behind the latest incursion against Angola by the South African armed forces.
Heymans said he didn’t know about such matters and added “often the left hand
doesn’t know what the right hand is doing!”
44
After Heymans’ visit we detected a booby trapped car in the Polona Hotel car park....
Shortly afterwards, we learnt that the intention had been to detonate the vehicle at
the Maputo Airport, in an attempt on the lives of President Machel .....”””””””””
Kommentaar
Propaganda en verdagmaking is ʼn voltydse oefening, hoe groter die leuen, hoe
makliker glo mense die propaganda. Vandag kan ek verstaan waarom sekere mense
NIE met my oor veiligheidsaangeleenthede tussen die ou RSA en Mosambiek wil
gesels nie. Ek was slegs ʼn “diplomatieke” veiligheidspolisieman.
Al wat ek kan sê is ek verwerp mnr Veloso se bewerings; ek is ‘n polisiebeampte en
inligtingsman – nooit sal ek iets doen wat my beroep of land in oneer sal bring nie.
Verder sou dit onnosel wees om sulke aapstreke in ‘n vreemde land uit te haal. Na
hewige SAW aanvalle het ek die aanvalstonele besoek en in opdrag van brig
Coetzee met ‘n amptelike paspoort gereis. Dit is egter waar dat die linkerhand soms
nie weet wat die regterhand doen nie! Genl Coetzee het my gelas om met die CIA te
skakel en hulle voor te lig mbt die politieke asiel van die een amptenaar van SNASP.
Slot
Eendag het ek maarskalk Samora Marchel in Maputo gesien en toe saam met
kollegas verbonde aan SNASP in ‘n blou-lig kavalkade agter hom, deur die Maputo
se verkeer gery. Maarskalk Marchel is later dood in ‘n vliegongeluk. Ek het die SAP-
video van die ongeluk besigtig. SNASP het geen gemenespel vermoed nie. Later het
ek pres Chisano ontmoet naby Rio Save.
Die mense wat ek ken in Mosambiek glo ook nie dat Suid-Afrika vir die lugramp
verantwoordelik is nie. Daar was in die “nuwe” Suid-Afrika baie kwaadwillige gerugte
in die verband MAAR die saak is deur ‘n paneel van internasionale mense
ondersoek.
Die geskiedenis is ironies. Kyk na bladsy 38 van die Nkomati-verdarg - mev Machel
het later mev Mandela geword!
Ek vind dit verstommend dat die spoorweë die trein vir die Nkomtiverdrag voorsien
het, maar dat hulle nie as departement deel van die afvaardiging was nie.
Spoorwegdiplomasie, veral in Afrika, is ‘n belangrike instrument.
As daar twee Suid-Afrikaanse amptenare is wat spesiale vermelding moet geniet is
dit kol Jacobs van die spoorwegpolisie en brig Johan Coetzee van die
veiligheidstak wat die aanvoer werk gedoen het. Hulle het ‘n leidende rol gespeel
voor die implementering van die Nkomati-verdrag.
45
Mnr Jacinto Veloso (internet) brig Johan Coetzee
SNASP en Militêre Inligting van Mosambiek. My vriende en kollegas tot die einde.
Cheers!
Contact details / kontakbesonderhede: Hennie Heymans: [email protected]
Greetings – Groete
Salute! Saluut!
Hennie Heymans No 43630(B) © 2015