noord kaap 19 junie 2013

12
Tel (053) 831 2331 Woensdag 19 Junie 2013 www.noordkaap.co.za GRATIS Die Diamantstad se koerant Die Alles oor Spontaan bl. 2 Janro kuier eerder tuis bl. 12 Klub hou veldwedloop bl. 7 André Botha DIE munisipale verkiesing in 2011 wat meegebring het dat talle nuwe le- de tot die raad van die Sol Plaatje-mu- nisipaliteit verkies is, is glo een van die redes waarom geen besluit nog oor die omstrede Bultfonteinweg ge- neem is nie. Dit is luidens ’n brief van die kan- toor van die openbare beskermer (OB) aan Sharon Steyn, uitvoerende hoof van die Noord-Kaapse Kamer van Koophandel en Industrie (Nokki). Die OB het vroeër op versoek van Nokki ’n ondersoek na die sluiting van die straat deur die munisipaliteit begin. Dié ondersoek duur voort. Die gedeelte van Bultfonteinweg wat reg langs die Groot Gat verby- loop, is gesluit nadat De Beers in 2008 in ’n verslag aan die raad gewaarsku het dat die straat kan wegkalwe. Dié waarskuwing het gekom nadat ’n kraak ten tyde van ’n roetine-in- speksie aan die oostekant van die gat gekry is. Steyn en Nokki voer sedertdien ’n stryd om die straat heropen te kry. Hoewel dit vir alle verkeer gesluit is, gebruik taxi’s al jare lank die straat vir staanplek. Geen toestemming hiervoor is deur die raad gegee nie. Minstens 35 sakeondernemings in die sentrale sakekern van Kimberley word regstreeks deur die sluiting van Bultfonteinweg geraak. Luidens die OB se brief het die mu- nisipale bestuurder, Goolam Akhar- waray, aangedui dat ’n aanbeveling in Januarie 2011 deur die burgemees- terskomitee aan die raad gedoen is dat die straat heropen moet word. Dit is na die vervoerkomitee terug- verwys en van die raadslede het gevra dat SRK Consulting, wat ’n geologiese ondersoek gedoen het, weer ’n voor- legging aan die raad doen. SRK Con- sulting het vroeër reeds ’n voorleg- ging gedoen. Ook is besluit dat ’n verkeersvloei- studie wat De Beers moes finansier, gedoen moes word. Luidens die OB se brief is dit nie duidelik of dié studie wel gedoen is nie. Die munisipaliteit het egter in- tussen vir ’n ander studie oor ver- keersvloei in die stad gevra. Die eer- ste konsepverslag is in Maart aan die munisipale bestuurder oorhandig. Die munisipaliteit het aangedui dat die SRK-verslag dit nie gestel het dat die straat “veilig” vir die volgende 50 tot 70 jaar is nie, maar eerder dat die risiko van ’n groot storting klein is en dat klein stortings wel oor ’n tydperk kan plaasvind. ’n Tydraamwerk kan egter nie bepaal word nie, omdat ver- skeie faktore ’n rol kan speel. Die brief lui dat die OB nie ten volle tevrede is met die munisipaliteit se reaksie nie. Duidelikheid moet egter nog oor sekere kwessies verkry word en oor waarom ’n besluit oor die her- opening van die straat daar nog nie geneem is nie. Sluiting bly ’n vraag TERWYL hy eintlik met vakansie was om die langnaweek by sy ouers in die stad deur te bring het Stian Bam nietemin ’n tydjie afgeknyp om belangstellende jong akteurs ’n bietjie touwys te maak. Bam is een van die land se voorste Afrikaanse verhoogakteurs en onlangs ook ’n gereelde gesig in televisiedramas. Bam se ouers werk albei in die onderwys in Kimberley.

Upload: noord-kaap

Post on 12-Mar-2016

267 views

Category:

Documents


14 download

DESCRIPTION

Noord kaap 19 junie 2013

TRANSCRIPT

Page 1: Noord kaap 19 junie 2013

Tel (053) 831 2331 Woensdag 19 Junie 2013 www.noordkaap.co.za GRATIS

Die Diamantstad se koerant

Tel (053) 831 2331 Woensdag 19 Junie 2013 www.noordkaap.co.za GRATIS

Die Diamantstad se koerant

Alles oorSpontaan

bl. 2

Janro kuiereerder tuis

bl. 12

Klub houveldwedloop

bl. 7

André Botha

DIE munisipale verkiesing in 2011wat meegebring het dat talle nuwe le-de tot die raad van die Sol Plaatje-mu-nisipaliteit verkies is, is glo een vandie redes waarom geen besluit nogoor die omstrede Bultfonteinweg ge-neem is nie.Dit is luidens ’n brief van die kan-

toor van die openbare beskermer(OB) aan Sharon Steyn, uitvoerendehoof van die Noord-Kaapse KamervanKoophandelen Industrie (Nokki).Die OB het vroeër op versoek van

Nokki ’n ondersoek na die sluitingvan die straat deur diemunisipaliteitbegin. Dié ondersoek duur voort.Die gedeelte van Bultfonteinweg

wat reg langs die Groot Gat verby-loop, is gesluit nadat De Beers in 2008in ’n verslag aan die raad gewaarskuhet dat die straat kan wegkalwe.Dié waarskuwing het gekom nadat

’n kraak ten tyde van ’n roetine-in-speksie aan die oostekant van die gatgekry is.Steyn en Nokki voer sedertdien ’n

stryd om die straat heropen te kry.Hoewel dit vir alle verkeer gesluit is,gebruik taxi’s al jare lank die straatvir staanplek. Geen toestemminghiervoor is deur die raad gegee nie.Minstens 35 sakeondernemings in

die sentrale sakekern van Kimberleyword regstreeks deur die sluiting vanBultfonteinweg geraak.Luidens die OB se brief het die mu-

nisipale bestuurder, Goolam Akhar-waray, aangedui dat ’n aanbevelingin Januarie 2011 deur die burgemees-terskomitee aan die raad gedoen isdat die straat heropen moet word.Dit is na die vervoerkomitee terug-

verwysenvandie raadsledehet gevradat SRKConsulting,wat ’n geologieseondersoek gedoen het, weer ’n voor-legging aan die raad doen. SRK Con-sulting het vroeër reeds ’n voorleg-ging gedoen.Ook is besluit dat ’n verkeersvloei-

studie wat De Beers moes finansier,gedoen moes word.Luidens die OB se brief is dit nie

duidelik of dié studie wel gedoen isnie. Die munisipaliteit het egter in-tussen vir ’n ander studie oor ver-

keersvloei in die stad gevra. Die eer-ste konsepverslag is in Maart aan diemunisipale bestuurder oorhandig.Diemunisipaliteit het aangedui dat

die SRK-verslag dit nie gestel het datdie straat “veilig” vir die volgende 50tot 70 jaar is nie, maar eerder dat dierisiko van ’n groot storting klein is endat klein stortings wel oor ’n tydperkkan plaasvind. ’n Tydraamwerk kanegter nie bepaal word nie, omdat ver-skeie faktore ’n rol kan speel.Die brief lui dat dieOBnie ten volle

tevrede is met die munisipaliteit sereaksie nie. Duidelikheid moet egternog oor sekere kwessies verkry worden oor waarom ’n besluit oor die her-opening van die straat daar nog niegeneem is nie.

Sluitingbly ’nvraag

TERWYL hy eintlik met vakansie was om die langnaweek by sy ouers in die stad deur te bring hetStian Bam nietemin ’n tydjie afgeknyp om belangstellende jong akteurs ’n bietjie touwys te maak.Bam is een van die land se voorste Afrikaanse verhoogakteurs en onlangs ook ’n gereelde gesigin televisiedramas. Bam se ouers werk albei in die onderwys in Kimberley.

Page 2: Noord kaap 19 junie 2013

2 NOORDKAAP, WOENSDAG 19 JUNIE 2013

Redaksie

IS jy op die drumpel van ’n nuwe fase op jou le-wenspad? Is jy na aan 30, 40, 50, by menopouseof bejaard?Moet jyoordie “heining”klimofkanjy moeiteloos oor die drumpel tree?

Daar is vele verskillende maniere van vrou-wees, baie verskillende maniere van uitdruk-king en van Dinsdag 25 Junie tot Donderdag 27Juniekan jydiekunsenvreugdevanherverbin-tenis met die ritmiese uitdrukking van warevrouwees deur Biodanza verken.

Biodanza is ’n kreatiewe menslike stelsel watgebruik maak van musiek en beweging om diegroep mense te integreer en ’n gevoel van same-horigheid te skep. Dit gaan oor liefde vir die le-we. Kom vier die lewe saam met Zephne van derMerwe (aanbieder) en herverbind die lewensi-klusse deur middel van Biodanza.

Dit word van 18:00 tot 20:00 in die Gruispad-te-ater, Dalhamstraat 34, aangebied.

Dit kos R100 per klas, R50 vir heeltydse stu-dente en mense ouer as 63 jaar. Indien meer aseen klas bygewoon word, is dit R90 per klas, R45vir heeltydse studente en mense ouer as 63.

Vir bespreking of meer inligting kan Marleneby 082-340-4684 of [email protected] be-reik word.

Vier die lewe

THE following prizes can bewon in this year’s Spontaan:) SpecSavers: Eight pairs ofInfinity sunglasses and eightvouchers worth R250 each. Thetotal value is R5 200.) Z PR Communications andPublic Relations Consultants:A publicity and marketingcontract valued at R5 000 foreach finalist, including aconsultation session with the ZPR team, a professional CV, thedesign of a CD cover andbusiness cards, the design andwriting of a professional profile,a Facebook profile and fivepress releases.The total value for all of thefinalists is R40 000.) PwC: For the winner R1 000in cash, runner- up: R700 incash and third place: R300 incash. A total of R2 000.) Atlantis Guest House:Accommodation to the value ofR4 100.The winner, runner-up and

third place will each receivethree nights’ accommodationfor two people includingbreakfast.) PCB Productions: A photoshoot for the winner, runner-upand third place valued at R2 100.) Absa: A R500 hamper foreach finalist.) Music Inc: A TT1-micropho-ne for every finalist, a cordlessmicrophone with a stand forthe winner and a microphonestand for the runner-up as wellas a vocal training book for thewinner and the runners-up. Thetotal value of the prize is R6 600.) Windmill Casino: sponsorstwo nights’ stay, breakfastincluded, for the winner and apartner.

Prizes to bewon

SPONTAAN, Central South Afri-ca’s favourite and biggest singingcompetition, is quickly picking upmomentum.

Come and pit your singing ta-lents against the best in CentralSouth Africa at the Diamond Pavi-lion Shopping Mall on Friday.

The auditions start at 14:00. Thevenue is right next to the Wimpyon the ground floor.

Once again amazing prizes areup for grabs, so warm up those vo-cal chords in the meantime.

Rules for the competition are:) You must be 16 years or older on1 July.) For the regional competitionsyou can sing any song. However,the song has to be contemporarymusic (no rappers or hip-hop ar-tists).) You are allowed to accompanyyourself or use a backtrack.) The competition is for soloistsonly.) You must supply your ownsoundtracks and other equipmentfor the regional auditions your-self.) Spontaan will supply the soundequipment for the final.) The winner of each regional au-dition will be announced immedi-ately after the audition.) Judges reserve the right not tochoose a regional winner.) Should you be chosen as a regio-

nal finalist, you must prepare fivesongs for the final held in Bloem-fontein at the Vryfees.) Finalists must supply their ownbacktracks or accompaniment forthe final.) The final is on Saturday, 13 Ju-ly, in Bloemfontein and if you area finalist you must organise yourown transport.) No pre-registration is required.Simply arrive, pay R20 and regis-ter.

AuditionsonFriday

IN sprokies daag daar soms ie-mand met ’n towerstaf op, swaaidit ’n paar keer in die lug en só ver-ander dinge dramaties.

Vir sommige Vrystaters enNoord-Kapenaars was die jaarlik-se Spontaan-sangkompetisie diestaf wat hul lewe so dramaties ver-ander het dat leerlinge, studente,jong werkendes en dromers van-dag sangsterre is.

Noord-Kapenaars kry Vrydag-middag die gulde geleentheid omdaardie koesterende drome van ’nsangloopbaan ’n werklikheid tehelp maak wanneer die streek-ou-

disies in Kimberley gehouword.

Heelwat sangers wat in die tienjaar se bestaan van die kompetisiedeelgeneem het, het sedertdiennuwe hoogtes in hul sangloop-baan bereik.

Dewald Louw, Sanli Jooste,Crushanda Forbes, CarolineHaasbroek en Emile Minnie hetalmal reeds naam in die Suid-Afrikaanse musiekmark gemaakof is ernstig op pad om dit tedoen.

Hulle het Spontaan as deel vanhul opmars na bo gebruik.

KIMBERLEY het ’n baie goeie verto-ninglys in die jaarlikse Spontaan-sang-kompetisie se eindronde in Bloemfon-tein opgebou.

Verlede jaar het Kimberley se streek-finalis, Hannah Rossouw, tweede geëin-dig. Die jaar voor haar het Cohan Eras-mus met die louere weggestap, WalterLanguza was derde in 2010 en SamanthaLeonard die wenner in 2009.

Kby hetsangtalent

Spontaanmaakdromewaar

HANNAH ROSSOUW, die tweedeplekwen-ner van Spontaan-2012.

Page 3: Noord kaap 19 junie 2013

NOORDKAAP, WOENSDAG 19 JUNIE 2013 3

Reporter

THE Northern Cape High School’s InteractClub returned from the Interact Conferencein Potchefstroom where they received asecond prize trophy in the best projectcategory. A total of 11 clubs were in therunning for the prize. For their project,they adopted Vooruitsig Primary School.The club reached out to the school last

year when they provided the learners withsomething to eat during school time. A totalof 700 loaves of bread were provided. Theythen mentioned that they would like to dosome repair work at the school, which theyindeed did – replacing 80 windows andrepairing 18 toilets at the school.According to the coordinator of the club,

Amanda van Zyl, the teachers at Vooruitsigwere also very involved and proud aboutthe facilities at their school being back ingood shape again.

Clubhelpsschool

THE toilets at Vooruitsig Prima-ry before they were repaired bymembers of Northern CapeHigh School’s Rotary InteractClub and Kimberley RotaryClub.

CHARNÉ STEINMANN requiredsome help to reach the win-dows.

SHAUN KALLIS replacing a broken window pane.

FROM the left are Naledi Mpotsang, Ayanda Ndzilili, Tlotlo Lesetedi and Refiloe Kuoe with the trophy they received for their projectat Vooruitsig Primary School. Photos: Supplied

Page 4: Noord kaap 19 junie 2013

4 NOORDKAAP, WOENSDAG 19 JUNIE 2013

Tel. 053 831 2331Faks 053 831 2330

Johan Rossouw

Ruan Bruwer

Verkoopsbestuurder

Redakteur

Posbus 1583Kimberley 8300

Die Diamantstad se koerant

Dit is tyd omop te treeDIE skerp teregwysing van die rege-ring se ekonomiese beleidmakersdeur Gill Marcus, president van dieReserwebank, het nie ongesiensverbygegaan nie.

Marcus weet beter as enigiemanddat die ekonomie op ’nkrisis afstuuras iemand nie iets daadwerkliksdoen om die “skip” om te draai nie.

Die tyd is ongelukkig verby dat ’ndaling in rentekoerse ’n geneesmid-del vir ’n siek ekonomie is. Sy hetdus gevra vir sterk en gefokusde lei-erskap van die regering.

Marcus het haar by ’n groeiendekoor senior sakeleiers aangesluitwat lankal waarsku daar moet ietsdaadwerkliks gedoen word om tekeer dat Suid-Afrika in ’n spiraalvan swakker ekonomiese groei enstygende inflasie verval wat einde-lik noodgedwonge tot maatskaplikeonrus moet lei.

En met sterk leierskap word nienet verwysna ’n oplossing vir die ar-beidsonrus in die mynbedryf, watdreig om die hele ekonomie te ont-

spoor, nie.Die ekonomie gaan lankal gebuk

onder ernstige strukturele problemewat dringend opgelos moet word.

Hieronder tel die onbuigsaamheidvan die arbeidsmark wat met hoë lo-ne en lae produktiwiteit gepaard-gaan, hoë staatsbesteding, swak on-derwys en treurige diensleweringdeur die staat.

Ministers in ekonomiese portefeul-jes wat almal in verskillende rigtingsbeur, bly ’n probleem.

Op grondvlak is daar soveel weer-stand in ANC-kringe teen die Nasio-nale Ontwikkelingsplan dat dit alhoe meer lyk asof die NOP net ’nskynregeringsbeleid gaan wees, om-dat die party sy alliansievennotemoet paai.

GEBEURTENISSE op 19 Junie in die ge-skiedenis:1756 – Altesaam 146 Britse gevangenes inIndië versmoor in ’n kerker wat later be-kend word as die “Swart Gat van Kalkut-ta’’.1811 – ’n Aardbewing ruk die Kaapkolo-nie.1904 – Die spoorlyn na die Victoria-water-val word geopen.1908 – Die Kaapse parlement oorweeg dievoorgestelde Uniegrondwet.1932 – Sol Plaatje, ’n stigterslid van dieANC, politieke skrywer, vertaler en joer-nalis sterf op 55-jarige ouderdom.1976 – Drie dae ná die Soweto-skoolopstan-de begin het, word 123 individue weens hulbetrokkenheid daarby verban.1990 – Die Wet op Afsonderlike Gerieweword ná 37 jaar geskrap.1996 – Die Ierse Republikeinse Leër aan-vaar verantwoordelikheid vir die bomont-ploffing vier dae vroeër in Manchester, En-geland, waarin 200 mense beseer is.

1997 – Die Waarheid-en-versoeningskom-missie weier om aan die NP se versoeke ge-hoor te gee en vra vir ernstige gesprekkeom probleme uit te stryk.Geboortes op die dag:1959– Frans Erasmus, een van die kleur-rykste karakters in Suid-Afrikaanse rugby(sterf in 1998). Sy vrou het ’n maand voorhom verongeluk en sy jongste dogter istwee jaar gelede op sy verjaardag ook in ’nmotorongeluk dood.1980 – Kim Engelbrecht, akteur en TV-per-soonlikheid.1981 – Hennie Jacobs, akteur en sanger,bekend as Diederick in 7de Laan.

Eenvoud dalk beter as oorvloedHannes Noëth

EK kon my verstom aan dié driebroers. Hulle het op ’n Bosveldplaassaamgewoon. Een se vrou was lankreeds oorlede, broer 2 se vrou was in’n siekeboeg vir versorging op diedorp en broer 3 is jare terug reeds ge-skei.

Een het met ’n kierie geloop en ’nander nooit rêrig meer nie, net systoel dag vir dag geskuif. Die jongboet was nog fiks en fier en het elkedag ’n volle dag se werk gedoen. Inte-ressante familie daardie.

Ek kon baie by hulle kuier, baie,baie by hulle lag en baie by hulleleer. Drie broers tesame met erva-ring van ’n leeftyd. Tog was daar ietsbaie unieks aan hul Waterberg-kon-serwatisme. Alle tegnologie is metagterdog bejeën. “Nee wat dominee,ons het wat ons nodig het, dankie.”

Oor ’n telefoon sou hulle vra: “Hoe-kom wil ons met iemand anderspraat, ons praat dan sommer hiermet mekaar en Sondag by die kerkmet ander.”

Oor ’n selfoon sou hul antwoordwees: “Wie wil nou altyd beskikbaarwees?”

Oor ’n televisie sou hulle jou uit-lag: “Ons kyk na die sterre en onsluister na die Bosveldvuur, ons luis-ter na die voëls in die bome in die og-gende, ons siendie bokke indie rante– wie het dan nog tyd vir TV kyk?”

Vandag terwyl ek sitmet honderdee-possewat agter is, ’n Facebook-pro-fiel wat om ’n bietjie aandag smeek,’n telefoon wat op die agtergrond lui

en SMS’e wat deurkom, wonder ek:Was hulle nie dalk tog maar reg nie?Is ons lewe regtig vol met al die won-derlike, vinnige, altyd beskikbarekommunikasie?

Dit maak vir seker dinge maklikeren is definitief baie gerieflik. Maaris die drie broers, vanaand daar on-der die Bosveldboom om ’n Bosveld-vuur wat na die sterre kyk, werklikagter? Of is hulle my dalk voor? Ishul lewe werklik armer sonder alhierdie dinge wat ek as onmisbaarbeskou? Of is hulle dalk skatryk om-dat hulle nie een van my noodsaak-likhede nodig het nie?

Maak dit hulle armer omdat hullenie kan e-pos, Facebook, twiet of watook al nie?

Ek wonder vanaand oor al hierdiedinge as ek dink aan die drie Bos-veld-broers. Het ons regtig alles no-dig wat ons dink ons nodig het?

BERIGTE oor Kim-berley wat die afge-lope week nuus ge-maak het:) Die tiende konfe-rensie van die Kim-berley-proses (KP) isafgesluit sonder datafgevaardigdes op ’ndefinisie van konflikdiamante kon ooreen-kom. Oud-ambassadeur Welile Nhlapo, voor-sitter van die Kimberley-proses (KP) se serti-fiseringstelsel, het gesê die bewoording en be-grip vankonflikdiamantehet die afgelope tienjaar verander.Die oorkoepelende doelwit is om prosesse teskep waarin diamanthandel nie deur magteten koste van menseregte misbruik word nie.) Die DA gaan aan Jeff Radebe, minister vanjustisie, skryf om te vra dat die name vanJohn Block, LUR vir finansies, ekonomiesesake en toerisme, Alvin Botes, LUR vir same-werkende regering, en Yolande Botha, Noord-KaapseANC-parlementslid, ook op die lys vankorruptes geplaas word.Die lys met 42 name van amptenare en ledevan die publiek wat op korrupsie- en bedrog-klagte skuldig bevind is, is deur Radebe be-kend gemaak.Twee van die name op die lys is NelmarieOosthuizen enAnsanoRomaniwat albei vroe-er skuld op aanklagte in verbandmet die voor-siening van watersuiweraars vir hospitale be-ken het.

) ’n Adjudant-offisiervan die Galeshewe-po-lisiekantoor het optwee aanklagte vanverkragting in die hofverskyn en borgtogvan R1 000 is aan homtoegestaan.Die polisieman het in

sy borgtogaansoek getuig dat hy met toestem-ming seksuele omgang met een van die gevan-genes gehad het. Die klaagster was in aanhou-ding vir aanranding met die opset om ernstigte beseer en die adjudant-offisier was die poli-siebeampte aan diens.) Drie vermeende gewapende rowers se aan-soek om borgtog is geweier. Patrick Mpukwa-na, Ayanda Ntabeni en Luyanda Mpukwanaword daarvan beskuldig dat hulle op 24 Meiomstreeks sowat 22 km buite die stad op dieGriekwastad-pad ’n koeriervoertuig met geldberoof het.Daar is glo R60 000 uit die voertuig gesteel. Dieverhoor is tot 23 Julie vir verdere ondersoekuitgestel.) Die Valke het by die Sol Plaatje-munisipali-teit toegeslaan en dokumente geëis te middevan gerugte dat hulle die Diamantstad se eieNkandla-gate ondersoek.Die skandaal oor dieR500 000wat net vir seku-riteitsdoeleindes by Agnes Ntlangula, uitvoe-rende burgemeester, se huis bestee is, wordook deur die openbare beskermer (OB) onder-soek.

SKETS: Danie Cronjé

Page 5: Noord kaap 19 junie 2013

NOORDKAAP, WOENSDAG 19 JUNIE 2013 5

KIMBERLEYNORTH CAPE MALL

Opens 26 June 2013

Exciting News!

Check your leafletor go online from 25 June to viewOur Amazing Store Opening Deals!

We are Improving your store,with a Wider Range of Groceries

and Fresh Food.

Page 6: Noord kaap 19 junie 2013

6 NOORDKAAP, WOENSDAG 19 JUNIE 2013

GEMSBOK KIDZ se derde Julie-skoolvakan-siekliniek (vir seuns tussen 6 en 13 jaar) vindvan 2 tot 6 Julie by die Hoërskool Diamantveldplaas. Die vorige twee jaar het meer as 250seuns die rugbykliniek bygewoon.

Elke speler ontvang ’n rugbytrui en van dieGriekwas se senior rugbyspelers kom help ookmet afrigting.

Die Springbok Willie le Roux en FrancoisBrümmer gaan die skoppers se vaardighedehelp slyp. Dit kos R500 per speler.

Van 11 tot 13 Julie is daar ook ’n netbalafrig-tingskliniek vir meisies tussen 6 en 13 jaar. Ditword op Hoffepark aangebied.

Een van die streek se voorste breiers, Elsjevan der Merwe, en die Protea-speler ClaudiaBasson sal die spelers onder hande neem.

Bywoners betaal R350. Bespreek plek voor 21Junie. SMS jou naam, van en ouderdom na 082-559-9024. Rig navrae aan Beate Jordaan by 083-257-5234.

Rugbykliniek virseunsweer gehou

Vrydag 21 tot Sondag 23 Junie:’n Enneagram-kursus word in die Gruis-

pad-teater, Dalhamweg 34, aangebied. DieEnneagram is ’n instrument wat help omjouself en ander beter te verstaan.

Die Enneagram beskryf nege persoonlik-heidsoorte.

Elke persoonlikheidsoort bring een vanGod se gawes na die wêreld. Die Enneagramhelp om jou geestelike gawes in jouself en

ander raak te sien.Bel Ena Theron (082-378-5771), sielkundi-

ge van Hartswater wat die Enneagram-kur-sus aanbied, met enige navrae.

Saterdag 22 Junie:Die Stillerweë-huis vir bejaardes, geleë

op Kestellhof, bied sy gewilde jaarlikse ba-saar en kindernaweek aan.

Die verrigtinge begin om 09:30.Alles wat jy van ’n basaar kan verwag –

lekkernye soos kerrie-en-rys, vetkoek, le-werkoekies, koeksisters, yankees, poeding,koeke, terte, beskuit, pannekoek en braai-vleis – sal hier genuttig kan word.

Op die basaar sal ook boeke, naaldwerken ander witolifantprodukte verhandelword.

Saterdag 22 Junie:’n Byeenkoms van die Diamantveld-tak

van die Genealogiese Vereniging van Suid-Afrika vind om 10:00 in die kerksaal vandie Gereformeerde kerk Kimberley

plaas.Johan Pottas van die Vrystaat-tak, ver-

bonde aan die Universiteit van die Vrystaat(UV), gaan die lede in familienavorsing tou-wys maak.

Hy is ’n bekende op die gebied en het alverskeie boeke oor die onderwerp uitge-reik.

Bel die takvoorsitter, Petrus Fourie, by081-330-6585.

Saterdag 22 Junie:Die country-sangerbroers Tony en Harry

Campbell van die groep Die Campbells treeom 21:00 in die Springbok Pub op.

Toegang is R100.

Page 7: Noord kaap 19 junie 2013

NOORDKAAP, WOENSDAG 19 JUNIE 2013 7

DIE Hoërskool Hartswater(Hartsies) vier van 9 tot 11 Au-gustus sy 60 jaar-reünie.Rig navrae of besprekings

aan 053-474-1512 of stuur ’ne-pos na [email protected] of [email protected].

Hartsies hou 60 jaar-reünie

Ruan Bruwer

THE South African Fitness Sport Aerobic Fe-deration (SASAFF) is presenting the popularand exciting Fitness and Hip Hop Cham-pionships from Friday to Sunday at the Mit-tah Seperepere Convention Centre inKimber-ley.The championships will be a combination

of fitness, skills, breathtaking choreography,outstanding talent and fun.The preliminary round will commence on

Friday, the semi-final round on Saturday andthe final on Sunday, followed by the prize-gi-ving ceremony.More than 400 athletes and dancers of all

ages, as well as their coaches, will participatein various categories. In the fitness and sportaerobic divisions athletes will participate inthe individual, mixed pair, trios and team ca-tegories.In the hip hop division, the crewswill battle

it out for the top spots in the different age cate-gories. The championships will also providethe opportunity for selection for the team thatwill represent South Africa at the worldchampionships.The SASAFF is affiliated with the South Af-

rican Sports Confederation and OlympicCommittee (Sascoc), as well as the NationalDepartment of Sport and Recreation.Those interested to enter can contact No-

leen Andrews on [email protected] or082-452-3617.

Stage set for hip hop

Ruan Bruwer

TWEE buitesport-geesdriftigesvan Kimberley, Piet Swart enIzemari Roberts, het tot diebesef gekom dit help nie veel omte sit en teem nie, maar dat ’nmens dinge self moet laatgebeur.“Mense kla altyd dat hier nie

genoeg avontuuraktiwiteite isnie. Ons het besluit om ietsdaaraan te doen en het ∏ Eventsoftewel PiEvents begin, ’nbesigheid wat in die organise-ring van buitelug-sportaktiwitei-te spesialiseer,” verduidelikRoberts.Volgens haar het hulle aan die

begin van die jaar gesels oorhoe lekker dit is om aan

avontuur-sportaktiwiteite deel teneem.“Die soort mense wat jy ont-

moet, die atmosfeer en die hardeoefening wat als saam met sulkeaktiwiteite loop, motiveer jou omnog harder te oefen.“Tot so ’n mate dat jy amper

elke naweek aan iets wil deel-neem. Indien ons kon, sou ons,maar aangesien die meeste van diebyeenkomste oral in die landbehalwe in Kimberley en omlig-gende omgewing plaasvind, is daaraltyd die kwessie van verlof, reis,verblyf reël en betaal. “Aan dieeinde van die dag raak dit ’n duurstorie as jy aan ’n paar sulkeaktiwiteite wil deelneem.”Die “P” van Pi is van Piet

afgelei en die “i” van Izemari.

Eerste aan die beurt is ’nveldwedloop hierdie Saterdagby Magersfontein. Dit begin om08:00 en die wedlope word oor7 km en 15 km gehardloop.Inskrywings kan deur

PiEvents se Facebook-bladgedoen word.“Ons het besluit die eerste

moet ’n groot aktiwiteit weeswat aandag sal trek en watmense nuuskierig sal maak.Hierdie sal ’n eerste ooit virKimberley wees. “Ons wilsoveel as moontlik mense aandie uitdagings, opwinding enavontuur wat veldwedlope bied,blootstel. Daarom is die roeteso uitgelê om beginners enmeer ervare atlete almaltegemoet te kom,” sê Roberts.

Sportgeesdriftiges skepavontuur op eie bodem

Page 8: Noord kaap 19 junie 2013

8 NOORDKAAP, WOENSDAG 19 JUNIE 2013

DIE Laerskool Staats bied nou ook nasorg aan kinders tussen drie maande en drie jaar.Die voorskoolse baba-afdeling is vandeesmaand geopen. Van links op die bekendstellingis Christo vanWyk (adjunkhoof onder wie die kleuterskool val), Magda Lubbe (administra-tiewe bestuurder van die voorskoolse baba-afdeling) en Dirk Potgieter. (beheerliggaam-lidwat ’n groot rol in die oprigting van die infrastruktuur gespeel het). Foto: Ruan Bruwer

Redaksie

GEWILDE rookstaak-behandelings soosnikotienvervangingsmiddels en antide-pressante verbeter ’n mens se kans omdie gewoonte sonder veel risiko af teleer, toon ’n oorsig van ou navorsing.“Dit blyk duidelik te wees dat medisy-

ne kan help,” sê Kate Cahill wat diestudie gelei het.“Dit is nie ’n towertruuk nie, maar in

die algemeen verbeter jy wel jou kanseom op te hou rook as jy dit probeer.“En sover ons weet, is dit veilig.”In vorige studies is bevind van die

70% tot 75% rokers in Brittanje enAmerika wat graag wil ophou rook,slaag net sowat 3% jaarliks daarin.Die navorsers het inligting van 267

studies gebruik waaraan meer as 101 000rokers deelgeneem het.Hulle het gevind vir elke 10 mense wat

in die studies sonder die hulp vanrookstaakmiddels opgehou rook het, het18 mense met die hulp van nikotienver-vangingsbehandeling soos nikotien-kou-gom of -plakkers en anti-depressanteopgehou rook.

Behandelingskanwél help

“Dit is nie ’n towertruuknie, maar in die algemeenverbeter jy wel jou kanseomop te hou rook as jy ditprobeer.” – Kate Cahill

Bied nasorg vir babas

Page 9: Noord kaap 19 junie 2013

NOORDKAAP, WOENSDAG 19 JUNIE 2013 9

Ruan Bruwer

OM in ’n kort tydperk’n ryper skeidsregtervir die provinsie tekweek.Dítwas die doel van

die twee weke dat sesGriekwas-skeidsreg-ters op Stellenboschby die Skeidsregters-akademie deurge-bring het.Hullehet tweeweke

lank rugby geëet, ge-slaap en geleef en asbeter fluitjieblasersteruggekom, aldusKat Swanepoel,skeidsregterbestuur-der van die Griekwas.Hy vertel klem is op

fiksheid, reëlkennis,praktiese evalueringen visie gelê.“Die ouens het baie

wedstryde in die tweeweke gehanteer enoogtoetse afgelê omhul sig te evalueer.Dit dien as aanspo-ring vir die blasersom na Stellenboschgestuur te word.”Een van die skeids-

regterbreiers is Ma-rius Franken, watlank die Griekwas sevoorste skeidsregterwas en daarna skeids-regterbestuurder enuitvoerende hoof vandie Griekwaland-Wesse Rugbyuniewas.“Sedert die manne

terug is, is dit opval-lend hoe hul posisio-nering op die veld enfluitjiegebruik verbe-ter het. Hulle het asmeer volwasseskeidsregters terug-gekom.

“Ons het ongeluk-kig nie soveel rugbyhier om die ouens dieblootstelling te geewat hulle op Stellen-bosch gehad het nie.”Van die provinsie

se voorste skeidsreg-ters, soos Rooies deBruin en NicoSchmahl, het voor-heen ook die rugby-akademie vir skeids-regters bygewoon.Die Suid-Afrikaan-

se Rugbyunie (Saru)het gedeeltelik vir diemanne betaal, maarGriekwas se skeids-

regtersverenigingmoes R42 000 as ’n be-legging in sy fluitjie-blasers opdok.Le Roux Malan het

die eerste skoolseungeword wat by dieakademie klas ont-vang het.Die ses was Le

Roux, Jeff van Rooy-en, Manny Shepherd,Charles Shepherd,J-Ell Slabbert en Jo-han Venter.’n Sewende skeids-

regter, Cornell Titus,het hom ’n week lankby hulle aangesluit.

Twee van die uniese skeidsregters salweer in Augustustwee weke lank Stel-lenbosch toe gaan.) Intussen isSchmahl by Saru secontender-paneel in-gesluit en gaan hy diefluitjie op die GrantKhomo-week dra. DeBruin is op Saru seElite AR- (assistent-skeidsregters) paneelwat beteken hy kan intoetse en Superrugby-wedstryde as assis-tentskeidsregter op-tree.

LE ROUX MALAN,wat nog op die skool-banke sit, sê die erva-ring op Stellenboschwas vir hom uitersleersaam.Hy het vir senior

ouens in die koshuis-liga geblaas.“Ek het beslis as ’n

ander ref teruggekom.Ek het daar tot die be-sef gekom watter har-de werk dit verg ombo uit te kom,” vertelMalan.Hy het twee weke

by sy skool afgekry.Malan sê hy het ’n

paar goed by Jona-thanKaplan, diemeeservare toetsskeids-regter, geleer.“Ek sou sê een van

die aspekte wat voor-heen ’n struikelblokwas, maar wat nouverbeter het, ismypo-sisionering op dieveld. Ek gaan noumet’n ander houding opdie veld, veral met diewete dat die ergste alna my kant toe gegooiis.“Koshuisrugby is ’n

leerskool. Die toe-skouers is sommerhier reg langs joulangs die veld,” het hyverduidelik.

Wyser nákursus

Maties slyp blasers

DIE ses Griekwa-skeidsregters wat op Stellenbosch by die Matiesse Skeidsregters-akademie was, het nie die geleentheid laat verby-gaan om ’n kiekie saam met Meneer Rugby, Danie Craven, en syhond, Bliksem, te laat neem nie. Van links is, voor: Charles She-pherd, Manny Shepherd en J-Ell Slabbert; agter: Johan Venter, LeRoux Malan en Jeff van Rooyen. Foto: Verskaf

Page 10: Noord kaap 19 junie 2013

10 NOORDKAAP, WOENSDAG 19 JUNIE 2013

Aansoek vir ’n proefvrystellingvan genetiesverbeterde organismes

Monsanto Suid-Afrika (Edms) Bpk, Posbus 69933, Bryanston, 2021,maak hiermee bekend dat aansoek om magtiging gedoen is om voort tegaan met ’n afgebakende veldproefvrystelling met genetiesverbeterdemielies. Hierdie proef is deel van ’n groter veldproefprogram omdroogteverdraagsame mieliebasters vir sub-Sahara Afrika te ontwikkelen evalueer. Die proef sal ’n uitbreiding wees van veldproewe watalreeds met hierdie basters in Suid-Afrika goedgekeur is.

Die rekombinante DNA in hierdie mieliebasters is afkomstig van Bacillussubtilis, wat kodeer vir die vervaardiging van koueskok proteïen B,wat mielieplante in staat stel om meer verdraagsaam te wees teenabiotiese spanningstoestande. Die spesifieke merkergeen wat in dieoorspronklike seleksies gebruik is, was die NPTII-merkergeen. Dietransformasiemetode wat gebruik is, was Agrobacterium-gemedieerdetransformasie van embrionale mielieselle.

Die proefvrystellings sal in die Noord-Kaap (Hopetown-distrik) enVrystaat (Orania-distrik) plaasvind. Die proewe sal ongeveer 6–10hektaar beslaan. Die omgewing rondom die proefterreine kan bestaanuit groente-, mielie-, en sojaboonlande, asook natuurlike veld. Verdereinligting oor die aansoek kan by die Registrateur aangevra word.

Alle belangstellende partye moet kommentaar of besware rig aan:

Die Registrateur: Geneties Gemodifiseerde OrganismesDirektoraat BioveiligheidPosbus X973Pretoria0001

Faks: (012) 319 6329

Alle kommentaar en besware moet binne 30 dae vanaf die publikasievan hierdie kennisgewing ontvang word.

PUBLIEKEKENNISGEWING

Noord-Kaap (Hopetown) en Vrystaat (Orania)

uppe

mar

keti

ngA0

8959

NK

Sukses lê in een oplossing

PLAFONISOLERING:THERMGUARD LITE NKKoel in somer, warm in win-ter. SABS. Gratis kwotasies.082 388 0307 of 053 832 9194.

UTILITY RUBBERSTAMPS: SAME-DAYSERVICE. TEL./FAKS

053 832 1951

TE KOOP GEVRA vir kon-tant: Motors of bakkies. SMS072 472 8686 of skakel053 963 1409.

BLOEMISTE- ENBLOEMISTEassistentposbeskikbaar.Moet vorige ondervindinghê.Handig CV persoonlik in byClassical LinesAngelstraat 29, New Park,Kby. Aansoeke sluit:26 Junie om 17:00.

NAALDWERKSTIKSTERMET ERVARING, hand-vaardigheid en algemenerekenaarvaardigheid wordbenodig. Skakel 073 170 1163vir verdere navrae.

BRIDGING CASHwhile waiting for

PENSION/PACKAGE

payout(lump sum only)

086 1101 388083 6700 788

Cash same day DIENSGIDSA - Z

Page 11: Noord kaap 19 junie 2013

NOORDKAAP, WOENSDAG 19 JUNIE 2013 11

Sportredaksie

JY kan inNoordkaap en SuperSport se sporttri-via-kompetisie jou reputasie as sportkenner ’nhupstoot gee. Volgende week word drie vrae uitdie sportfeite en -statistieke wat die laaste paarweke hier gedeel is, gevra met ’n geskenkpakvanR250 van SuperSportwat gewenmoetword.

Die 2013-Wêreldbekerrugbytoernooi vir o.20-spanne loop Sondag inFrankryk ten einde.Hieris interessante feite rondom die toernooi:) Nieu-Seeland het die eerste vier jaar (2008 tot2011) oorheers en nie ’n enkele wedstryd in diétydperk verloor nie. In 2010 se eindstryd het hyAustralië 62-17 oorrompel en in 2008 s’n Enge-land met 38-3 verneder.) Die Jong Bokkies het van 2008 tot 2010 elkekeer derde geëindig. In 2009 se uitspeelwedstrydom die derde en vierde plek het hulle Australiëgemaklik met 32-5 getroef.) Arno Botha, nuwe Springbok-flank, was in2011 die kaptein van die Jong Bokkies en hetdaardie toernooi as die gesamentlike voorstedriedrukker met sewe vyfpunters afgesluit.) Francois Brümmer, wat deesdae vir Grie-kwas uitdraf, was 2008 se voorste puntemakertoe hy 67 punte opgestapel het.) Suid-Afrika is een van net twee spanne watal ’n 100-tal kon aanteken. Hy het dit immerstwee keer vermag – 2008 teen Amerika (108-18)en 2011 teen Fidji (104-17).) Zac Guildford van Nieu-Seeland was 2009 sevoorste driedrukker met agt. Tydens die eind-stryd teen Engeland in Tokio, Japan, waarin hytwee keer gaan druk het, het sy pa, wat in dieskare was, aan ’n hartaanval beswyk.

Wees skerp enwen

Sportredaksie

REËL 10: Vuilspel

Definisie van vuilspel:Vuilspel is enigietswat ’n speler op die speel-

perk doen wat teen die letter en gees van diereëls vandie spel is.Dit sluit obstruksie, onreg-verdige spel, herhaalde oortredings, gevaarli-ke spel en wangedrag in wat tot nadeel van diespel strek.

Gevaarlike spel en wangedrag (vervolgvan verlede week):(g) Gevaarlike stormloop: ’n Speler mag nie ’nteenstander wat die bal dra, stormloop of plat-loop sonder om te probeer om so ’n speler vaste vat nie.(h) ’n Speler mag nie in ’n losskrum of losge-maal instorm nie. Instorm sluit in enige kon-tak gemaak sonder gebruik van die arms, of

sonder om ’n speler vas te vat.(i) ’n Springer in die lug doodvat: ’n Spelermagnie ’n teenstander wat in ’n lynstaan of in alge-mene spel in die lug spring om die bal te vangse voete onder hom uitpluk of hom stamp ofdoodvat nie.(j) Deur ’n speler op te lig en daardie speler dante laat val of af te dryf grond toe terwyl daardiespeler se voete nog van die grond af is, op so’n wyse dat die speler se kop en / of bolyf metdie grond kontak maak, is gevaarlike spel.(k) Gevaarlike spel in ’n skrum, losskrum oflosgemaal: Voorryspelers mag mekaar niestorm in ’n skrum nie.) Spelers in die voorry mag nie hul teenstan-ders opsetlik van hul voete lig, of opwaarts uitdie skrum druk nie.) Spelers mag nie in ’n losskrum of losgemaalinstorm sonder om te bind aan ’n ander spelerin die losskrum of losgemaal nie.) Spelersmagnie opsetlik ’n skrum, losskrum

of losgemaal laat ineenstort nie.Dié reël word volgende keer verder be-

spreek.

Vuilspel op veld vasgevat

Sportredaksie

HOU gerus in gedagtewanneer jy vandeesmaandvan ’n puik sportprestasie tehore kom dat daardievertoning die presteerder’n prys in die sak kanbring.Noordkaap en SuperSport

is op soek na die Let’sPlay-sportster van dieMaand.

Skole, klubs, afrigters of individue kanenige Kimberley-leerling tussen 6 en 18jaar benoem vir ’n sportprestasie inenige sportsoort gelewer in Maart.

Leerlinge kan hulself ook benoem of ’n

vriend of familielid vraom dit te doen.Noordkaap se sport-

redaksie sal ook spelers enatlete benoem, maar ditis onmoontlik om van aldie puik prestasies teweet.

Daarom word diepubliek se hulp gevra metdie benoeming van ’nwaardige wenner.

Die Let’s Play-sportster van die Maandsal maandeliks ’n wenner aanwys wat’n geskenkpak van Let’s Play sal ont-vang.

Die wenner sal sowel in Noordkaap asop Let’s Play se webtuiste bekend

gemaak word.Teen die einde van die jaar sal ’n

algehele wenner uit die maandeliksewenners gekies word.

Indien jy iemand vir die maand wilbenoem, moet jy opskud en dit vooreinde vandeesmaand doen.

Jou benoeming moet die volgendeinligting bevat:

Die sportster se naam, ouderdom,skool en ’n kort paragraaf (minder as200 woorde) met inligting oor wat dieleerling op sportgebied bereik het, asooksy of haar besonderhede.

E-pos dit na [email protected] ofstuur ’n faks na 086-552-4922. Rig navraeaan Lynne Landman of Juanré Viviersvan Z PR by 051-430-3027.

Sportpresteerdersmoetvan hulle laat hoor

Page 12: Noord kaap 19 junie 2013

12 NOORDKAAP, WOENSDAG 19 JUNIE 2013

SportSportDie Diamantstad se koerant

DIE Noord-Kaapse o.18-meisiehokkiespanwat van 7 tot 13 Julie aan die nasionaleo.18-toernooi in Pietermaritzburg gaandeelneem, is Carli Groenewald (DHS), Ca-sey Preece (Girls’ High), Hayley Martin(HNK,kaptein),HelenéSnyders (DHS), Far-zaana Mohammed (Girls’ High), Veroni-que Voster (Upington), Louisa Albertyn(DeAar), BronwynBrown (Girls’ High), An-ri vanRooyen (Kalahari),OmolemoMaribe(Girls’ High), Tyra Hannie (Girls’ High),AmoréSerfontein (HNK),Mma-ElisaKeno-si (Girls’ High), Brittany Whyte (Girls’High), Zanele Rune (Girls’ High). Plaasver-vangers: Sumari Coezee (HNK), StephaniePotgieter (DHS), Tasha-Leigh van Wyk(HNK).) Die Noord-Kaapse o.16-meisiehokkie-spanwat van1 tot 7 Julie aandie nasionaleo.16-toernooi in Potchefstroom gaan deel-neem, isKirstenDatnow (HNK), Christi vanNiekerk (Martin Oosthuizen), MarizaanJanse van Rensburg (DHS, kaptein), Char-né Maddocks (HNK), Imke van Rooyen(DHS), ThutoMaphala (Girls’ High), ZeenaMartin (HNK), Jody Isaacs (HNK), RubinaAlexander (HNK), NomazwiNkoane (Girls’High), Mieshka Aysen (HNK), Refilwe Nya-ba (CBC), Kristen Abrahams (HNK), Cyn-

claire Moorcroft (HNK), Kerrin Klaaste(HNK), Johanic Kuit (DHS). Plaasvervan-gers: Rochelle Bunting (HNK), Zintle Da-mon (Girls’ High), Schae Hendriks(HNK).) Die Noord-Kaapse o.14-meisiehokkie-spanwat van 27 tot 30 Junie aan die nasio-nale o.14-toernooi op George gaan deel-neem, is Jeanne-Marie Jacobs (DHS), Kat-lego Lucas (HNK), Tamzin Hewitt(Adamantia), Carmen Haasbroek (DHS),Belle Isaacs (Girls’ High), Jennifer Preece(Girls’ High), Charlene Visser (De Aar), Ni-gelene Daly (HNK), Casey Langeveldt(HNK), Katelyn Towell (HNK), Robyn Jen-kins (Girls’ High), Badrunnisaa Halliday(HNK), Chervonne Beukes (HNK, kaptein),Amy Klaasen (Girls’ High). Plaasvervan-gers: Chanelle Arries (HNK), Jana Victor(Upington), Layla Cornellissen (Girls’High), Janke Myburgh (DHS).) Die Noord-Kaapse o.13-meisiehokkie-spanwat van 24 tot 27 Junie aan die nasio-nale o.13-toernooi in Kaapstad gaan deel-neem, is Almari Bruwer (Op die Voorpos),Nastacia Cornelius (Herlear), Shani vanRooyen (Staats), Heleen Tredoux (Eureka),Zani du Plessis (Oranje-Noord), KristlinSweetnam(Staats),KezlynChase (Kimber-leyJunior), CieranKruger (KimberleyJuni-or), Michaela Hollander (West End), An-drea Joseph (West End), Shae Botha (kap-tein, Kimberley Junior) en Miné Buys(Eureka).

Spanne

Ruan Bruwer

DIE loskopstut Janro van Niekerk (30)het, nadat hy die Boland-Kavaliers sesseisoene lank in106wedstrydeverteen-woordig het, na Kimberley verhuis omsy rugbyloopbaan hier voort te sit.Hyhet sedertdien in19wedstrydevir

dieGriekwasuitgedraf (15Vodacombe-ker- en vier Curriebekerwedstryde) enhet vier drieë gedruk het.

Waar het jy grootgeword en waarwas jy op hoërskool? In die Paarlwaar ek ook op skool was aan die Hoër

Jongenskool Paarl (Boishaai).

Kan jy jou heel eerste drie ont-hou? Dit was vir die o.8-span van dieLaerskool Noord-Eind.

Wie was jou rugbyheld toe jy ’ntjokkertjiewas? Os du Randt en dieoud-All Blacks-vaskopstut Kees Mee-uws.

Wat was jou grootste rugby-oom-blik of -prestasie? Om in 2008 vir dieOpkomende Springbokke gekies teword.

En jougrootste teleurstelling?Be-serings.

Wat verg dit om ’n goeie provinsi-ale rugbyspeler tewees?Hardewerken geestelike taaiheid.

Wanneer het jy jouself die eerstekeer op TV gesien? In 2000 op St.John’s se Paastoernooi waar ek virmyskoolspan gespeel het.

Wat is die snaaksste ding wat almet jouof ’n spanmaatopdie rugby-veld gebeur het? ’n Speler wat sy eiespanmaat geduik het.

Watter vraag vra mense buiteKimberley jou meestal as jy sê jyspeel vir Griekwas? “Is die veldhard?”

Wat is die lekkerste en slegsteding daarvan om vir die Griekwaste speel en hier te woon? Die lekker-ste is die goeie klomp pêlle saam en omin die Curriebeker se premierliga meete ding.Die slegste is dat jy ver van jou fami-

lie is.

HalfwayHouseofSpringbokPub?My eie huis.

Wat is die een groot voordeeldaarvan om ’n professionele rugby-speler te wees? Geleenthede wat jykry wat ander nie beskore is nie.

VanNiekerk tuis in Kby

JANRO VAN NIEKERK

TYDENS die Curriebekerreeks ishulle gereeld helde wanneer hulleboverwagtingpresteerenmetdiegroot honde in die reeks saamge-sels en hulle selfs verslaan.Veral sedert 2006 is bestendig-

heid in die Curriebekerreeks si-noniem met die Griekwas en diePoubloues wat nooit slegter assesdeuit die 14 spanne in die reeksgevaar het nie. In 2009 en 2012was hulle vyfde op die puntelys enelke keer bitter naby aan ’n plekin die halfeindronde.Oor die volgende paar maande

word die Griekwa-spelers wat indie Curriebekerreeks diens gaandoen in ’n profiel aan lesers be-kend gestel.