noordkaap 17-04-13.pdf

12
Tel (053) 831 2331 Woensdag 17 April 2013 www.noordkaap.co.za GRATIS Die Diamantstad se koerant Ruan Bruwer VAN ’n lelike eendjie tot ’n goue swaan. Dít is moontlik van toepas- sing op Chanté Marais (19) van Kim- berley, ’n finalis in die Mej. Suid- Afrika Junior-kompetisie wat later vandeesmaand plaasvind. Chanté is ’n eerstejaarstudent aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) waar sy B.Com.-entrepreneur- skap studeer. Sy is die enigste fina- lis van hier en die enigste Kovsie. Model- en skoonheidskompetisies is nie iets waarvan sy baie ervaring het nie. Sy was nooit baie geneë om dit te doen nie. Op skool was die aka- demie, sport en kultuur vir haar be- langriker. Dit het oortuiging van ’n juffrou (Roeline van Wyk) geverg voordat sy haar verlede jaar vir Kansa se matrieknooi-kompetisie ingeskryf en gewen het. Alles was egter nie net maanskyn en rose vir dié mooi en aangename meisie nie. Haar ouers is geskei toe sy jonk was en sy het meer as die helfte van haar kinderjare by ’n en- kelouer gebly en is ook die enigste kind. Boonop was sy op laerskool oorgewig en is “allerhande dinge” toegesnou en oor haar gewig gespot. ’n Wilsbesluit in gr. 6 het daartoe gelei dat sy met baie oefening en ge- sonde eetgewoontes 25 kg afgeskud het. “Ek onthou dit nog goed. Dit was in Junie daardie jaar dat ek vir my ma vertel het ek gaan nou gewig ver- loor. Sy het gesê: ‘Maar, my kind, jy is dan so lief vir jou kos.’ Ek is dank- baar vir my ouers wat ’n voorbeeld van gesond eet gestel het.” Marais sê sy is erg oor haar lig- gaam en probeer dit deur goeie kos en gereelde oefening voed. Haar waardes is ’n voorkeursaak en sy probeer haar Christenskap uitleef. “Ek het my pa belowe die skoon- heidskompetisie sal my nie veran- der nie. Ek is wie ek is. Ek dink in elk geval mense het ’n wanopvatting van skoonheidskompetisies. Ek gaan dit geniet. Ek voel reeds soos ’n wenner.” Die kroning vind aanstaande na- week in Pretoria plaas. Dit kos haar ’n goeie R10 000 om ’n rok te laat maak, asook vir die reis- en verblyf- koste. Die volgende Maandag wag boonop ’n wiskundetoets op haar. Sy sal darem ’n geldige rede hê om afwesig daarvoor te wees en sê sy sal maar die siektetoets aflê. “Verlede jaar se Kansa-matriek- nooikompetisie het my baie selfver- troue gegee en hoewel ek in ’n stryd met myself was, het ek dit tog geniet en het dit moontlik daartoe gelei dat ek my vir Mej. Suid-Afrika Junior ingeskryf het.” Sy het ook verlede week ’n paar lesse van Jean-Marie van den Hee- ver, eienaar van die Frost-model- skool, ontvang. “Dit is ’n nuwe ding vir my. Die naaste wat ek aan modelwerk ge- kom het, was fotografie.” Marais is deesdae ook die gesig van die klereontwerper Jorita de Kock se klerereeks. Sy praat met groot waardering van haar alma mater, die Hoërskool Adamantia, en sê die onderwysers ondersteun haar geweldig baie en toon gereeld belangstelling. Die Kovsie-mans sal heel moont- lik teleurgesteld wees om te ver- neem sy is al drie jaar in ’n verhou- ding . . . Chanté Chanté ‘is wie sy is’ ‘is wie sy is’ MODELWERK is vir haar ’n vreem- de ding, maar sy het ervaring daar- van om voor ’n kamera te verskyn. Foto: Emile Hendricks EEN van die onderafdelings van die kompetisie is die Gesig van Mej. Suid-Afrika Junior. Die publiek kan in hierdie afdeling stem om die wenner te bepaal. Om vir Chanté te stem SMS J016 na 47087. Dit moet ’n hoofletter J nul een ses wees. Die SMS-lyn sluit op 27 April om middernag. Stem vir Chanté

Upload: noord-kaap

Post on 24-Mar-2016

289 views

Category:

Documents


12 download

DESCRIPTION

NoordKaap 17-04-13.pdf

TRANSCRIPT

Page 1: NoordKaap 17-04-13.pdf

Tel (053) 831 2331 Woensdag 17 April 2013 www.noordkaap.co.za GRATIS

Die Diamantstad se koerant

Ruan Bruwer

VAN ’n lelike eendjie tot ’n goueswaan. Dít is moontlik van toepas-sing op Chanté Marais (19) van Kim-berley, ’n finalis in die Mej. Suid-Afrika Junior-kompetisie wat latervandeesmaand plaasvind.

Chanté is ’neerstejaarstudentaandie Universiteit van die Vrystaat(UV) waar sy B.Com.-entrepreneur-skap studeer. Sy is die enigste fina-lis van hier en die enigste Kovsie.

Model- en skoonheidskompetisiesis nie iets waarvan sy baie ervaringhet nie. Sy was nooit baie geneë omdit te doennie.Op skoolwasdie aka-demie, sport en kultuur vir haar be-langriker. Dit het oortuiging van ’njuffrou (Roeline van Wyk) gevergvoordat sy haar verlede jaar virKansa se matrieknooi-kompetisieingeskryf en gewen het.

Alles was egter nie net maanskynen rose vir dié mooi en aangenamemeisie nie. Haar ouers is geskei toesy jonk was en sy het meer as diehelfte van haar kinderjare by ’n en-kelouer gebly en is ook die enigstekind. Boonop was sy op laerskooloorgewig en is “allerhande dinge”toegesnou en oor haar gewig gespot.

’n Wilsbesluit in gr. 6 het daartoegelei dat sy met baie oefening en ge-sonde eetgewoontes 25 kg afgeskudhet.

“Ek onthou dit nog goed. Dit wasin Junie daardie jaar dat ek vir mymavertel het ekgaannougewigver-loor. Sy het gesê: ‘Maar, my kind, jyis dan so lief vir jou kos.’ Ek is dank-baar vir my ouers wat ’n voorbeeldvan gesond eet gestel het.”

Marais sê sy is erg oor haar lig-gaam en probeer dit deur goeie kosen gereelde oefening voed. Haarwaardes is ’n voorkeursaak en syprobeer haar Christenskap uitleef.

“Ek het my pa belowe die skoon-heidskompetisie sal my nie veran-der nie. Ek is wie ek is. Ek dink inelkgevalmensehet ’nwanopvattingvan skoonheidskompetisies. Ekgaan dit geniet. Ek voel reeds soos’n wenner.”

Die kroning vind aanstaande na-week in Pretoria plaas. Dit kos haar’n goeie R10 000 om ’n rok te laatmaak, asook vir die reis- en verblyf-koste. Die volgende Maandag wagboonop ’n wiskundetoets op haar.Sy sal darem ’n geldige rede hê omafwesigdaarvoor tewees en sê sy salmaar die siektetoets aflê.

“Verlede jaar se Kansa-matriek-nooikompetisie het my baie selfver-troue gegee en hoewel ek in ’n strydmet myself was, het ek dit tog genieten het dit moontlik daartoe gelei datek my vir Mej. Suid-Afrika Junioringeskryf het.”

Sy het ook verlede week ’n paarlesse van Jean-Marie van den Hee-ver, eienaar van die Frost-model-skool, ontvang.

“Dit is ’n nuwe ding vir my. Dienaaste wat ek aan modelwerk ge-kom het, was fotografie.”

Marais is deesdae ook die gesigvan die klereontwerper Jorita deKock se klerereeks.

Sy praat met groot waarderingvan haar alma mater, die HoërskoolAdamantia, en sê die onderwysersondersteun haar geweldig baie entoon gereeld belangstelling.

Die Kovsie-mans sal heel moont-lik teleurgesteld wees om te ver-neem sy is al drie jaar in ’n verhou-ding . . .

ChantéChanté‘is wie sy is’‘is wie sy is’

MODELWERK is vir haar ’n vreem­de ding, maar sy het ervaring daar­van om voor ’n kamera te verskyn.

Foto: Emile Hendricks

EEN van die onderafdelings van diekompetisie is die Gesig van Mej.Suid-Afrika Junior.Die publiek kan in hierdie afdeling

stem om die wenner te bepaal.Om vir Chanté te stem SMS J016

na 47087.Ditmoet ’n hoofletter J nuleen ses wees.Die SMS-lyn sluit op 27 April om

middernag.

Stem vir Chanté

Page 2: NoordKaap 17-04-13.pdf

2 NOORDKAAP, WOENSDAG 17 APRIL 2013

Ruan Bruwer

’n KIMBERLEY-INWONER is twee weke na-dat sy in ’nmotorongeluk inDeBeersbetrokkewas, steeds baie bitter enontevrede oorwat totdie ongeluk aanleiding gegee het.Chané Kruger het in Wadestraat gery wat

metWarrenstraat kruis.Die stopteken is egteragter bome en deur takke versteek en is moei-lik sigbaar – eers sowat 5 m van die stoptekenaf kan dit gesienword. Verder is diewit streepin die pad glad nie meer sigbaar nie.Kruger het oor die stopstraat gery en is deur

’n voertuig wat in Warrenstraat gery het, ge-tref.“Ekrynooit indaardieomgewingnie enken

dus nie die strate nie. Ek ly steeds aan skoken was nog nooit vantevore in ’n ongeluk nie,want ekbeskoumyself as ’nbaieveiligemotor-bestuurder,” het Kruger oor die naweek ver-tel. Volgens haar het ’n oom, ene Kenny, watbaie naby aan die kruising woon, aan haar ge-noemditwasdie sesdeongeluk inviermaandeby die spesifieke kruising.“Wat dit vir my veral bitter onaangenaam

maak, is dat ek ook ’n R500-boete gekry het,omdat ek nagelaat het om by ’n stopteken stilte hou. Dit is regtig nie dat ek nalatig was endoelbewus die stopteken geïgnoreer het nie.Dit is nie in my aard om so iets te doen nie.“Ek wil die munisipaliteit hieroor aanvat,

ook om ’n volgende ongeluk te help voorkom.Daardie oom Kenny sê iemand het al vir dievrou voor wie se huis die bome die stoptekenverberg, gevraomdit te snoei,maarsyhetaan-gevoer die munisipaliteit moet dit doen, ditgroei op munisipale terrein.“Die hele aangeleentheid laat ’n wrang

smaak in my mond, dit voel asof ek en die an-der voertuig skade gely het en dit was nie eint-lik eens enigeen van ons twee se skuld nie,”het Kruger aangevoer.)Noordkaap het ook in die gebied op tweekruisings afgekom waar nie ’n stopteken virenige van die twee paaie is nie. Sien foto’s.

Versteekte teken rede vir ongeluk

HIER kan duidelik gesien word hoe die stopteken in Wadestraat in De Beers versteek is. Indien daar ’n streep was, sou dit moontlik virmotorbestuurders daarop wys dat dit wel ’n stopstraat is. Foto’s: Ruan Bruwer

TWEE inwoners wat naby die kruising vanMerriman­ en Forresterstraat in De Beerswoon, het bevestig hulle is bewus van tweeongelukke wat toegeskryf kan word daaraandat daar nie ’n stopteken of streep vir enigevan die twee strate is waar hulle kruis nie.

OOK waar Searle­ en Graystraat in De Beersmekaar kruis, is geen stopteken of streepaanwesig nie. Hier het ’n inwoner gesê hyweet van ’n paar noue ontkomings wat voer­tuie al gehad het.

WAAR Edgar Davis­ en Gillstraat in Monu­menthoogte met mekaar kruis, is net so ’n ge­vaarplek en ’n potensiële ongeluk is glo hiernie te ver weg om te gebeur nie. Nogmaalskruis twee strate sonder dat enige aanduidingvir motoriste gegee word om te stop.

NOORDKAAP het die stopteken gevind inMerrimanstraat in De Beers wat heeltemaldeur ’n bougainvillea versteek is. As jy diestopteken sou verontagsaam, is ’n ongelukbaie moontlik, want die straat loop oor Hull­straat (pad tussen Kimberley en Boshof).

WEET jy van nog sulke gevallein Kimberley? Vertel ons ge-rus. Jy kan dit anoniem viaSMS na die nommer 45533doen. Dit is belangrik om dieSMS met die letters “NK” tebegin.

Laat weet

‘Wat dit vir my veral bitter onaange­naam maak, is dat ek ook ’n R500­boetegekry het, omdat ek nagelaat het om by’n stopteken stil te hou. Dit is regtig niedat ek nalatig was en doelbewus diestopteken geïgnoreer het nie.’

Page 3: NoordKaap 17-04-13.pdf

NOORDKAAP, WOENSDAG 17 APRIL 2013 3

Ruan Bruwer

DIT is net mooi 50 jaar sederthulle mekaar laas op skool gesienhet dat twee oud-Krugersdorpersmekaar heel toevallig weer inKimberley opgespoor het.

Johanna Fick en Louisa de Beerhet amper 500 km van waar hulle’n straat van mekaar af opKrugersdorp gebly het, mekaarweer raakgeloop.

Albei vroue het in die vroeë1960’s saam aan die HoërskoolJan de Klerk skoolgegaan. Hulleverskil ’n jaar in ouderdom.

Johanna is by haar kerk hier seKleipotklub wat voorbidding doen,betrokke en het op die spoor vanene Louisa de Beer gekom.

“Ek het gebel en gehoor sy isnie tuis nie, sy kuier in Krugers-dorp. Dadelik was ek nuuskierig,want ek kom mos ook van daar.

“Toe sy terug is, het ek weergebel en dadelik begin uitvra watsy daar gaan maak het en wat

haar verbintenis met Krugersdorpis,” het Johanna vertel.

Baie van Louisa se familieledewoon steeds daar.

Sy en haar man woon dieafgelope 31 jaar in die Diamant-stad en Johanna sedert 2011.

“Daardie gesprek oor dietelefoon het seker ’n uur en ’nhalf geduur. Hoe langer ons geselshet, hoe meer het ons tot diebesef gekom ons ken mekaareintlik, hoewel ons nie enigekontak sedert skooldae gehad hetnie.”

Louisa sê sy het Johanna nieeintlik op skool geken nie, maarhet net van haar geweet.

“Ons het later vasgestel ons hetmekaar geken, nie persoonlik nie,maar wel van mekaar geweet. Ditwas nou regtig lekker om opdaardie onthouroete te gaan vanons kinderdae op Krugersdorp-Wes wat ’n lekker gebied was omin groot te word,” sê Louisa.

Hulle het vinnig ná die telefoon-

gesprek seker gemaak hulle komby mekaar uit en sien mekaarsedertdien gereeld.

Hulle het nie een meer ouskoolfoto’s om te kan kyk hoe dieander een op skool gelyk het nie.Die herinneringe is slegs in diegeheue.

“Natuurlik lyk ons nie meersoos toe ons mekaar laas gesienhet nie en dit was moeilik omvoor te stel hoe sy nou sou lyk,”het Johanna gesê.

Hulle stem saam Kimberley isbeter as Krugersdorp. Hier isminder verkeer, dit is skoner enveiliger, maar het nou wel niedieselfde aantal inkopiesentrumsen dieselfde koopkrag nie, rekenhulle.

Die twee meen verder mensebehoort deesdae met die tegnolo-gie beskikbaar en met iets soosFacebook glad nie meer soos hullein die war te wees waar die andereen hom of haar sedert hulskooldae bevind nie.

Vroue se paaiekruis ná 50 jaar

PAAIE kruis weer ná vyf dekades. Johanna Fick (links) en Louisa de Beer wat in die 1950’s en 1960’s ’n straat vanmekaar af op Krugersdorp gewoon het, het mekaar onlangs weer in Kimberley raakgeloop. Foto: Ruan Bruwer

TWEE mense wat passievol oor kankervoorkoming en die be­vegting daarvan is, is dr. Eileen Snyders (streekbestuurder:Kansa Kimberley/Karoo) en dr. Clive Holroyd (ondervoorsittervan Kansa se streekkomitee). Hulle het albei Maandag dubbelerede gehad om fees te vier. Behalwe dat dit hul albei se verjaar­dag was, was die vreugde eintlik groter oor die opening vanKansa se sorgsentrum. Dit was ’n lang droom wat eindelik ver­wesenlik is. Die sentrum op die grondvlak van die gebou in Cha­pelstraat waar die huidige Kansa­kantoor (op die boonste vlak)geleë is, sal vir verskeie dienste gebruik word. Foto: Ruan Bruwer

AT the next Wessapublic meeting onTuesday, 23 April,Wes and EthnePapenfus willtalk about theirrecent trip toAntarctica.

All welcome.Cost: R10 fornon-Wessa mem-bers. Time: 18:30.Venue: LadyOppenheimer Hall,McGregor Museum.Enquiries: Suzan-ne, 082-849-7655.

Twoto talkabouttrip

DIE gewilde Afrikaanse sangerSnotkop, veral bekend om sykletsrymstyl, tree volgende

Vrydag 26 April in Kimberleyop.

Die konsert vind van 17:30 op

die Hoërskool Adamantia sehokkieveld plaas. Die kaartjieskos R80 per persoon.

Snotkop kuier byAdamantia

VIER gerekende rug-bymanne kom opDonderdag 2 Mei bydie Hoërskool Ada-mantia vir ’nmanne-steakaandbymekaar.

Die oud-Bokke Ko-bus Wiese, BreytonPaulse en Vlok Cil-liers, sowel as dieBok-losskakel Mor-né Steyn, sal dieaand rugbysake ge-sels.

Die publiek kan ’ntafel vir agt mensebespreek vir R2 000of ’n enkelkaartjiekoop teen R250 stuk.Daar sal ’n kontant-kroeg beskikbaarwees. Verskeie me-morabilia soos gete-kende truie, balle,wyn en jagpakkettegaan opgeveil word.

Slegs 300 mensekan die geleentheidbywoon.

Dit begin om 18:30.Vir besprekings beldie skool by 053-833-3557.

Kuiersaamopaand

Page 4: NoordKaap 17-04-13.pdf

4 NOORDKAAP, WOENSDAG 17 APRIL 2013

Tel. 053 831 2331Faks 053 831 2330

Johan Rossouw

Ruan Bruwer

Verkoopsbestuurder

Redakteur

Posbus 1583Kimberley 8300

Die Diamantstad se koerant

Kykers wilnie betaal nieBETAAL of nie betaal nie?

“Betaal jou televisielisensie, disdie regte ding om te doen”, sê/vradie SAUK.

Of is dit?Die betaal van ’n televisielisen-

sie is iets wat verskillende reak-sies uitlok. Baie mense skop egtervas en met rede.

So is daar Afrikaanssprekendesse argument dat hulle algaandedeur die SAUK misken word in dieinhoud van programme wat op dieopenbare uitsaaier se drie televi-siekanale uitgesaai word.

Daar word al baie jare geen Afri-kaans op SABC1 en SABC3 uitge-saai nie.

Programme met Afrikaanse in-houd is uitsluitlik tot SABC2 be-perk.

In hierdie stadium is die Afri-kaanse nuus, Noot vir Noot (mu-siekprogram), 7de Laan (sepie),Pasella (joernaal), Fokus (aktuali-teit), Voetspore (reis), Op pad

(godsdienstig) en Jakkals Jol(jeug) basies die enigste plaaslikvervaardigde programme op dieSABC. Die meeste hiervan is boon-op net weekliks op die kassie.

Kinderprogramme in Afri-kaans, waarvan daar twee en driedekades gelede hordes was, be-staan nie meer nie.

Nuwe dramareekse in Afri-kaans het klaarblyklik ook ’n stilledood gesterf.

Die uitsaaier paai sy kykers noual vir jare deur ou dramareekseweer uit te saai, die meeste daar-van is nou al ’n paar keer herhaal.So is Die vierde kabinet, Onderdraai die duiwel rond, Een Skoen-lapper en nou weer Konings, watalmal die afgelope jaar Dinsdaeuitgesaai is, almal ou programme.

’n Ander argument is hoekomvir ’n televisielisensie betaal as jybasies nooit enige van die SAUKse kanale kyk nie en reeds tenduurste vir DStv betaal. . .

GEBEURTENISSE op 17 April in diegeskiedenis:1852 – Die goewerneur van die Kaap,sir Harry Smith, wat in 1847 in diépos aangestel is, keer terug naEngeland.1902 – In die vredesonderhandelingein die Anglo-Boereoorlog wordooreengekom dat 30 afgevaardigdesvan elke republiek by Vereeniging ’nnasionale konvensie sal vorm om tebesluit of die stryd voortgesit salword.Van 11 Mei 1902 af sal ’n voorwaar-delike skietstilstand heers.1970 – Die Apollo 13-ruimtetuig keerveilig terug.1990 – Pres. F.W. de Klerk sê in dieparlement dat magsdeling met ’ngelykwaardige stem vir alle Suid-Afrikaners en grondwetlike besker-ming vir minderhede die enigstelewensvatbare oplossing is.1993 – Die ANC en die polisie teken’n ooreenkoms om geweld te voor-kom tydens optogte in Johannesburgom die vermoorde SAKP-leier ChrisHani te vereer.2006 – Die lyke van die ontluikendeakteur Brett Goldin en sy ontwerper-vriend Richard Bloom word in die

Kaapse woonbuurt Mowbray ontdek.Dit het later bekend geword dat hulmoorde deel van ’n bende-inisiasiewas.2006 – Ernst van Dyk, Suid-Afrikaan-se rolstoel-atleet, wen vir die onge-ewenaarde sesde agtereenvolgendekeer met sy driewieltuig die rolstoelafdeling van die Boston Marathon.Geboortes op hierdie dag:1972 – Jennifer Garner, Amerikaanseaktrise.1972 – Muttiah Muralitharan,voormalige draaibalbouler van SriLanka wat die wêreldrekord hou virdie meeste (800) toetspaaljies.1974 – Victoria Beckham, voormaligelid van die groep Spice Girls waarinsy as Posh Spice bekend was.1978 – Hanyani Shimange, oud-hakervan die Springbokke en deesdaerugbyomroeper.

‘Hoe gaan ditmet jou?’Ds. Hannes Noëth

DIE uitdrukkings waarmee onsmekaar antwoord as ons vra hoedit gaan, is altyd vir my sokosbaar. Sommige sal doodge-woon net antwoord: “Dit gaangoed dankie.”

En dan gaan dit goed en isdaar nie iets om oor te kla nie.

Soms gaan dit nie eintlik goednie, maar uit gewoonte antwoordons tog dat dit goed gaan.Partykeer het mense nie lus omte praat oor hoe dit nou rêriggaan nie. Meestal antwoord onsnet: “Goed dankie.”

Ander hou van kla en sal ’nlang verduideliking gee en ashulle klaar is, weet jy nog niehoe dit gaan nie. Party salkomies antwoord: “Jy wil tog nierêrig weet nie.”

Ander sal opmerk: “Kla jymaar eerste.” Nog een sal vir jouvra “wat raak dit jou?” En somsis daar iemand wat sal sê: “Ag,kom ons praat maar nie daaroornie.” Party mense sal dieantwoord dadelik vergeestelik eniets sê soos “die genade is baie”of “die seëninge is groot”.

’n Kosbare oom wat erggesukkel het met gesondheid hetgraag opgemerk: “Ek gaangebukkend.” ’n Mens gaan mossoms rêrig gebukkend.

Tog dink ek belangriker as dieantwoord wat ons gee, is om tekyk hoe opreg ons die vraag vra.Wil jy rêrig weet as jy vra “hoe

gaan dit?” en stel jy intensbelang, of is dit maar ’n gebruikvan groet wat ons oor die jareaangeleer het en wat in onskultuur ingewortel is? Miskienmoet ons mooi dink voordat onssommer net die vraag vra.Miskien moet ons werklikwonder hoe dit met iemand gaanvoordat ons dit vra. Dit is ’nwonderlike voorreg om tewonder hoe dit met die menseom ons gaan, om na hul wel-stand te vra en om opreg tewonder of jy kan help en kandeel in die vreugde as dit goedgaan.

Ons hoef nie alleen te sukkelen te worstel nie, ons vreugdesis nie vir ons alleen bedoel nie.Ons kan maar sê: “Dit gaanvandag goed, dankie” of “ditgaan regtig nie goed nie”.

BERIGTE oor Kimberley wat die afgelopeweek nuus gemaak het:) Gerda Moolman, wat die DA sedert 2009 indie wetgewer verteenwoordig, het uit albei be-danknadat die party seFederaleRegskommis-sie aangedui het hy gaan nie die klagte oor be-weerde onreëlmatighede oor reis-eise deur dieparty se provinsiale voorsitter ondersoek nie.Sy het die klagte by die regskommissie inge-dien. Sy het gesê sy kan nie op ’n verhoog sêdie DA beveg korrupsie as dit nie waar is nie.) ’n Kuberkraker het by Pakes Dikgetsi,Noord-Kaapse Cope-wetgewerlid, se e-posre-kening ingebreek en vals e-posse is van syadres gestuur waarin beweer is hy en sy gesinis in Londen beroof. Daar word gevra dat gelddringend aan hom gestuur moet word.) Geskiedenis is in die Noord-Kaapse en Vry-staatse wildbedryf gemaak toe twee grootwild-en jagreservate ’n nuwe multimiljoenrandsevennootskap gestig het om skaars en bedreig-de wildsoorte vir kommersiële doeleindes teteel. Wiaan van der Linde en Hennie Gous vanWintershoek-Wild, sowat 70 km suid van Kim-berley, het ’n samewerkingsooreenkoms metJaco Troskie van die Unyati-wildreservaat ge-sluit. Die nuwe ooreenkoms wil ’n volhoubarewildbedryf ondersteun.) Die R31 (die pad na Barkly-Wes) het Sondag-oggend ’n derde lewe binne enkele dae geëis.

’n Man van 69 jaar en sy 65-jarige vroulike pas-sasier is in ’nbotsing regvanvoormet ’nToyo-ta Tazz dood. Vroeër is ’n man doodgery toehy glo die pad wou oorsteek.) Altesaam 13 mense is die naweek op klagtewat wissel van aanranding tot die besit vandagga in hegtenis geneem en 3 654 mense is in’n optrede deur senior polisie-offisiere deur-soek. Altesaam 122 offisiere het saam met 14verkeersbeamptes en agt amptenare van diedepartement van binnelandse sake aan Opera-sie Naledi deelgeneem.) ’n Verslag van die Burgerlugvaartowerheidhet bevind André van Wyk, ’n voormaligeGriekwa-rugbykaptein, het ongemagtigde al-leenvlugte onderneem, sy vliegure verkeerdaangedui, die vlieginstrukteur gevra om syvliegure onwettig aan te pas en die voorwaar-des van sy Noord-Kaapse wildvangpermit oor-tree. Hy het in 2010 in ’n helikopterongeluk na-by Kenhardt gesterf.

SKETS: Danie Cronjé

Page 5: NoordKaap 17-04-13.pdf

NOORDKAAP, WOENSDAG 17 APRIL 2013 5

Alwaysthereforyou

WEEKLYWINNERS

Pick n Pay endeavours to meet the demand for these promotional items, but stocks are limited. Somestoresmaynotstocksomeoftheseproducts. Please check availability: 0800 11 22 88 (toll free landline only. Cellphone rates apply). We strive to ensure all printed information is correct, but will not be liable for any print errors thatmay occur. Advertised prices are inclusive of VAT where applicable. We reserve the right to limit quantities. smartshoppertermsandconditionsapply. Certain products are excluded from the smart shopper programme, please see in store or go online for more details.

1177064B_E

Please Recyclewww.picknpay.co.za

TOLL FREE: 08001122 88(LANDLINE ONLY. CELLPHONE RATES APPLY)

CUSTOMER CARE

PLUSEARNPOINTS

PEP

PRICES VALID 16 - 21 APRIL 2013 AT ALL PICK N PAYSUPERMARKETS, FAMILY STORES, MINIMARKETS AND HYPERSIN GAUTENG, FREE STATE, NORTHWEST, MPUMALANGA, LIMPOPO, UPINGTON, KIMBERLEY, KURUMAN AND VRYBURG.EXCLUDING BOTSWANA, NAMIBIA, SWAZILAND, LESOTHO AND EXPRESS STORES.smart shopper points will still apply in Express and Daily Stores.

Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.A f 18 D

1895Brookes Oros OrangeSquash 2 litre

Each 1049Glenryck PilchardsAssorted400g/425g

Each1679Nola Lite Dressing780g or Mayonnaise750g

Each

7599WellingtonVO Brandy 750ml

Each13999Johnnie WalkerRed Label Whisky750ml

Each

Product has been styled for photography

12499Pampers Active BabyValue Pack DisposableNappies Mini 72s,Midi 62s, Maxi 54s,Maxi Plus 48s,Junior 44s orExtra Large 40s

per pack

Product has been styled for photography

1799PnP no nameTM

Large Eggs 18s

1399PnP no nameTM

Viennas (Chicken,Red or Smoked)500g

Each4499Bulk StewingBeef (Bone in)

per kg

ON YOUR WHOLE SHOP ONBOTH 20TH & 21ST APRIL.

GET DOUBLEPOINTS

Print your voucher at the kiosk

ON

2NDBIRTHDAYDAYAA

Page 6: NoordKaap 17-04-13.pdf

6 NOORDKAAP, WOENSDAG 17 APRIL 2013

Ruan Bruwer

EINDELIKhetNoordkaapvanvandagaf ook ’n voorste plek in die kuber-ruim.Die koerant sal van vandag af nie

meer net in gedrukte formaat beskik-baar wees nie, maar is ook elektroniesop sy splinternuwe webtuiste,www.noordkaap.co.za, beskikbaar so-dat Kimberliete steeds kan lees wat inhul tuisstad aandie gebeur iswanneerhulle elders in die land of selfs in diebuiteland reis.Die webtuiste is spesifiek vir die

koerant geskep en is gebruikersvrien-delik en ook maklik om te gebruikwanneer jy graag ’n berig vir iemandwil aanstuur.Die hele koerant is maklik leesbaar

en jy kan vorige uitgawes gaan lees.

Die koerant sal elke Woensdagog-gend op die webtuiste verskyn.Ons het reeds heelwat foto’s gaan

oplaai en daar sal vandeesweek metdie groot Kimberley-interskolebyeen-koms heelwat bykomende foto’s en vi-deogrepe opgelaai word.Waar daar gereeld beperkte ruimte

in die koerant is, is daar nou geenmeer verskoning oor gebrek aanruimte nie.Die publiek kan ook self foto’s op die

webtuiste laai.Die idee agter die webtuiste is nie

net om die koerant ook digitaal be-skikbaar te stel nie, maar ook om sto-ries soos dit gebeur op die webtuistete publiseer, al is dit net ’n kort lusma-ker.Met die vinnige interaktiewe ska-

kels kan lesers nou ook hul mening

oor verskeie stories lug.Verder kan enige groep, hetsy dit ’n

sport-, kultuur- of welsynsorganisasieis, ook self sy inligting bywww.noord-kaap.co.za oplaai om sodoende sy tei-kengehore vinniger te bereik.Gaan besoek gerus die webtuiste.

) Daar is besluit om Noordkaap seFacebook-blad te sluit en eerder ’nprofiel te skep.Gaan bevriend (add friend) die koe-rant dus gerus. ’n R100-geskenkbewysvan die Diamond Pavilion ShoppingMall moet elke week gewenword deuriemand wat ons bevriend het.Soek net Noordkaap Koerant op of

tik die volgende adres by Internet Ex-plorer in om vinnig daarby uit te kom– www.facebook.com/noordkaap.koe-rant.1. Die koerant sal jou dadelik as’n vriend aanvaar.

Koerant nou in kuberruim

’n SKERMGREEP van Noordkaap se webtuiste wat gevind kanword op www.noordkaap.co.za.

Page 7: NoordKaap 17-04-13.pdf

NOORDKAAP, WOENSDAG 17 APRIL 2013 7

Redaksie

DIE bankowerhede het Suid-Afrikaners ge-waarsku teen ’n nuwe skelmstreek om hullete oorreed om hul persoonlike inligting be-kend te maak.Die jongste swendelary is op rekenaarge-

bruikers gemik, volgens die Suid-Afrikaan-se Inligtingsentrum oor Bankrisiko (Sa-bric).Die slagoffers verkeer onder die indruk

verteenwoordigers van groot rekenaarsag-tewarehandelaars bel hulle. Tydens die op-roepwordhulle ingelig dat hul rekenaarstel-sels stukkend is of in gevaar is en dringendaandag nodig het.Hulle word dan gevra om hul persoonlike

inligting bekend te maak en word oortuigom onwetend kwaadwillige programma-tuur op hul rekenaars te installeer of teaanvaar.Die programmatuurmaak dit virmisdadi-

gersmoontlik omhul slagoffers se persoonli-ke inligting te bekom en dit te gebruik omgeld uit hul rekenings te steel.Enige ongevraagde toenadering moet al-

tyd versigtig benader word – ongeag hoeaanvaarbaar dit klink, waarsku Sabric.

Sabricwaarsku

NOORDKAAPhet die laastepaar weke ’npaar pryseweggegee.Hier is diewenners daar-van.

Hulle iswenners

CARMELITA MUL­LER en Anna Krieghet elk ’nR500­koop­bewys van die Dia­mond Pavilion Shop­ping Mall gewen.

VYF lesers, Gloudine van Zyl, Christa Robin­son, Frieda Roux, Percival Oliphant en AnnSmith, het elk ’n DVD van Afrikaans is Groot2012 – die konsert gewen.

JACO MINNS walked away with an executivework folio, toiletry bag, pen en pencil set andcredit card shapedUSB flash drive as thewin­ner of the sports quiz. He correctly answeredthat the Springboks have won the rugbychampionships three times.

Skouspel in Kimberley se hemelruimDIE donderweer het lanklaas so hard in Kimberley geslaan en geblits soos Saterdagaand. Jaco Powell het die indrukwekkendefoto geneem en aan ons verskaf. Foto: Jaco Powell

Page 8: NoordKaap 17-04-13.pdf

8 NOORDKAAP, WOENSDAG 17 APRIL 2013

THE Kimberley Horticultural Society was for­tunate to haveKeithKirsten for a talk onSatur­day. He is a household nameacrossSouthernAfrica and owner andMDofKeithKirstenHor­ticulture International which specialises inpromoting gardening and garden plants sour­ced both locally and abroad. He had everyonehanging on his lips with his broad knowledge.

Photos: Ruan Bruwer

KEITH KIRSTEN had to sign quite a few books which indicated how popular he is.

THEgathering took place at Dr JohanMeyer’s house andKeith Kirstenused his garden as reference for his talks. Kirsten and a well­knownflower designer, Ray Hudson (who has represented South Africa anumber of times at the Chelsea Flower Show in London where hewon gold), were responsible for a total turnaround in Meyer’s garden.“I knew Keith personally and approached him to come up with a newlook to the garden in front, where previously there was absolutely no­thing. They worked here for about six weeks,” Meyer said. He acknow­ledged that the garden had since provoked a lof of interest from thepublic.

TWO attendees Saturday showed appreciation for the impressive gar­den of Dr Johan Meyer which was designed by Keith Kirsten and RayHudson.

Page 9: NoordKaap 17-04-13.pdf

NOORDKAAP, WOENSDAG 17 APRIL 2013 9

DIE klas van 1983 wat aandie Hoërskool Adamantiagematrikuleer het, beplan omop 14 en 15 September ’nreünie by die skool te hou.

Kontak Marelize dringendby 082-888-8228, 011-475-7547,011-282-4394 of stuur e-pos [email protected].

Klas van ’83 byeen

Redaksie

VOLKSBLAD, Noordkaap semoederkoerant, en Kumba Iron Orese kompetisie vir die Noord-Kape-naar van die Jaar en die Noord-Kaapse Instansie van die Jaar isgoed op dreef. Kumba Iron Ore isvanjaar weer die hoofborg van diéprestige-kompetisie. Benoemings omuitblinker-inwoners van dieNoord-Kaap te vereer word nouontvang. Dié projek, ook in same-werking met GWK as een van dieborge, bereik op 28 Mei ’n hoogte-punt op ’n glansgeselligheid in dieHorseshoe-motel in Kimberley.

Die doel van die kompetisie is omindividue en instansies wat ’nverskil maak te vereer. Danksy diegroot belangstelling word diebasiese reëls en kriteria weerverskaf. Wat betref benoemdes asNoord-Kapenaar van die Jaar gelddie volgende riglyne:

Die benoemde moet ’n Noord-Ka-penaar of iemand met besondersterk bande met die Noord-Kaapwees. Die benoemde word vereervir besondere diens aan die menseof natuurlike omgewing van dieNoord-Kaap. Die diens wat verrigword, mag deel wees van diebenoemde se werk, maar moet danverband hou met besonderetoewyding en prestasie waarby dieprovinsie gebaat het.

Politici mag nie benoem word nieen benoemings wat gaan oor diewerk wat mense uit die hoofde van’n politieke amp verrig het, sal nieaanvaar word nie. Mense watvoorheen benoem is, mag weerbenoem word. Niemand maghom-/haarself benoem nie. Werkne-mers van die borge mag nie

benoem word nie.In die beoordeling sal die

beoordelaars, wat deur die borgesaamgestel word, aan die volgende

kriteria aandag gee:Interne impak: Die verskil wat

die mens maak wat betref diebelange en/of omstandighede vanmense of die natuurlike omgewingin die Noord-Kaap.

Persoonlike opoffering/prestasie:Die mate waarin die mens sy ofhaar private tyd afstaan om diediens te lewer. Sou dit deel van diemens se werk wees, die matewaarin die mens buitengewoonpresteer of buitengewone kreatiwi-teit en/of energie, talent endryfkrag inspan om die uitsette telewer waarvoor die mens benoemword.

Eksterne impak: Die bydrae watdie mens lewer om die Noord-Kaapse aansien en/of beeld na buite dieprovinsie en selfs nasionaal te bouen te bevorder. Die volgenderiglyne geld die kategorie Instansievan die Jaar:

Enige verdienstelike Noord-Kaap-se instansie wat nie ’n winsmotiefhet nie, mag benoem word.

Instansies met ’n sterk politiekeverbintenis mag nie benoem wordnie. Weer moet die werk watgedoen word, ’n positiewe impak hêop die mense of natuurlike omge-wing van die provinsie. Diebeoordelaars sal in dié kategorieveral kyk na die impak wat dieorganisasie in die gemeenskapmaak.) Om ’n individu of instansie tebenoem stuur ’n motivering (sowat300 woorde) vir jou kandidaat [email protected] ook jou naam en telefoon-nommer, asook die benoemde senaam en telefoonnommer.

Die sluitingsdatum is 10 Mei om17:00.

Benoemuitblinkersin Noord-Kaap

Page 10: NoordKaap 17-04-13.pdf

10 NOORDKAAP, WOENSDAG 17 APRIL 2013

BRIDGING CASHwhile waiting for

PENSION/PACKAGE

payout(lump sum only)

086 1101 388083 6700 788

Cash same day

PLAFONISOLERING:THERMGUARD LITE NKKoel in somer, warm in win-ter. SABS. Gratis kwotasies.082 388 0307 of 053 832 9194.

UTILITY RUBBERSTAMPS: SAME-DAYSERVICE. TEL./FAKS

053 832 1951

LUUKSE KAMERS METTV IN KIMBERLEY:Selfhelpontbyt ingesl.Enkelkamer: R300 p.p.p. nag.Dubbelkamer: R200 p.p.p.nag.Skakel 083 294 2637084 240 7356.

VERKOOP U 'NVOERTUIG of ruil in? Ska-kel my gerus vir 'n transak-sie. Thinus072 472 8686/053 963 1409

NOORD-KAAP: CALVI-NIA. Digte bossieveld, ge-deelte spaarbos metsonkrag. Grootte 2721 - 1708.R850 per hektaar. 7 kampevan 20 hektaar. Ploeggrond,gedeelte Botterkloof. Grootte820 - 9521. R1 000 per hek-taar. 3 kampe, 10 beeste, 100ooie. Met water. Tel.021 218 1364. Skakel tussen214:00 en 16:00.

EARN MONEY WITH ourunique copy and pastesystem. No experience. Noqualifications needed. EarnR800 per day - only 60 minu-tes needed. Join a legitimateregistered company withproven success. Incomeguaranteed with or withouta PC. SMS name,postaladdress and postal code for afull info brochure to071 900 9265.

EARN R800 IN YOURFIRSTWEEK - GUARANTEED.Data hub needs someworkers to fill out formswith or without a computer.Easy step-by-step tutorials,own hours. SMS name,postal or e-mail address to073 374 8703 [email protected]

Benoem jou sportsterreRedaksie

HOU gerus in gedagte wanneer jy vandees-maand van ’n puik sportprestasie te horekom dat daardie vertoning hom of haar ’nprys in die sak kan bring.Noordkaap en SuperSport is op soek na die

Let’s Play-sportster van die maand.Skole, klubs, afrigters of individue kan

enige Kimberley-leerling tussen 6 en 18 jaarbenoem vir ’n sportprestasie in enige sport-soort gelewer in Maart.

Leerlinge kan hulself ook benoem of ’nvriend of familielid vra om dit te doen.Noordkaap se sportredaksie sal ook spe-

lers enatlete benoem,maardit is onmoontlikom van al die puik prestasies te weet.

Daarom word die publiek se hulp gevramet die benoeming van ’n waardige wenner.

Die Let’s Play-sportster van die maand salmaandeliks ’n wenner aanwys wat ’n lekkergeskenkpak van Let’s Play sal ontvang.

Die wenner sal sowel in Noordkaap as opLet’s Play se webtuiste bekendgemaak word.

Teen die einde van die jaar sal ’n algehelewenner uit die maandelikse wenners gekiesword.

Indien jy iemand vir die maand wil be-noem, moet jy opskud en dit voor einde van-deesmaand doen.

Jou benoeming moet die volgende inlig-ting bevat:

Die sportster se naam, ouderdom, skool en’n kort paragraaf (minder as 200 woorde) metinligting oor wat die leerling op sportgebiedbereik het, asook sy of haar besonderhede.

E-pos dit [email protected] of stuur ’nfaks na 086-552-4922.

Rig navraeaan LynneLandman of Ju-anré Viviersvan Z PR by 051-430-3027.

TWEE stoeiers van Kimberley het vroeër vandeesmaand goed op die Suid­Afrikaanse Grieks­Romeinse stoeikampioenskapsbyeenkoms gevaar. Albertus Human (links, o.13) en WillemCalitz (18 tot 20) het in hul ouderdomsgroepe onderskeidelik ’n eerste en derde plek behaal.

Foto: Ruan Bruwer

ANJA LUBBE, ’n gr. 8­leerling aan die Hoërskool Diamantveld, is na afloop van die Suid­Afri­kaanse interprovinsiale tennistoernooi by die Suid­Afrikaanse o.15­span ingesluit. Sy is van­jaar nog o.14. Die span gaan in Junie na Londen en Edinburgh toer en sal ook op Wimbledongaan tennis gaan kyk. Foto: Emile Hendricks

TWEE spelers van die Hoërskool Diamantveld se eerste meisiehokkiespan, Carli Groenewalden Helene Snyders, is vir ’n All Stars­span gekies wat vroeër die maand ’n vertoonwedstrydteen Kovsies se eerste vrouespan gespeel het. Dit was na afloop van ’n hokkietoernooi waarinDiamantveld ál sewe sy wedstryde gewen het en 17 doele aangeteken het en slegs een afge­staan het. Die skool se eerste seunspan het in vyf van sy sewe wedstryde koning gekraai.Rudolf Greyling is vir die All Stars­span vir seuns gekies wat ook in ’n vertoonwedstryd teenKovsies se eerste manspan gewikkel was. Van links is Snyders, Greyling en Groenewald.

Foto: Ruan Bruwer

Page 11: NoordKaap 17-04-13.pdf

NOORDKAAP, WOENSDAG 17 APRIL 2013 11

Gereed vir hul deelname in BfnDIENoord­Kaapsemuurbalspanwat volgendeweek aan die Country Districts in Bloem­fontein gaan deelneem, is van links, voor: Suré Botes, Stephanie Potgieter (meisieso.19), Jenny Preece (meisies o.14) en Casey Preece (meisies o.19); agter: Lourensvan Niekerk, Meyer Meintjies (seuns o.16) en Ryno Roux (seuns o.19). Afwesig: PGBrand, Monré van Soelen, Stefan Steyn (seuns o.19), Jané Lotz (meisies o.16) en Bron­wyn Brown (meisies o.19). Foto: Ruan Bruwer

Sportredaksie

REËL 10: VuilspelDefinisie van vuilspel:Vuilspel is enigiets wat ’n spe-

ler op die speelperk doenwat teendie letter engees vandie reëls vandie spel is. Dit sluit obstruksie,onregverdige spel, herhaalde oor-tredings, gevaarlike spel en wan-gedrag in wat tot nadeel van diespel strek.Obstruksie:

(a) Wanneer ’n speler en ’n teenstander na diebal toe hardloop, moet die een nie die anderstormloop of stamp nie, behalwe skouer-aan-skouer.(b) ’nSpelermagnieopsetlikvoor ’n spanmaatwat die bal dra, staan of inbeweeg en sodoendeteenstanders verhinder of die geleentheid ont-neem om die huidige baldraer of potensiëlebaldraers dood te vat wanneer hulle besit ver-kry nie.(c) ’n Speler moet nie opsetlik in ’n posisie in-beweeg of staan wat ’n teenstander verhinderom die baldraer dood te vat nie.(d) ’n Speler moet nie opsetlik in ’n posisie in-

beweeg of staan wat ’n teenstan-der verhinder om die bal te speelnie.(e) ’n Speler wat die bal dra, moetnie opsetlik teen spanmaats watvoor daardie speler is, vashard-loop nie.Onregverdige spel:

(a) Spelers mag nie enige reël op-setlik oortree of hulle aan onreg-verdige spel skuldig maak nie.

Spelers wat opsetlik oortree, moet berispeword, of gewaarsku word dat hulle afgestuursal word sou die oortreding of ’n soortgelykeoortreding weer begaan word.

’n Strafdrie moet toegeken word indien dieoortreding ’n drie verhoed wat andersinswaarskynlik aangeteken sou gewees het. ’nSpeler wat verhoed dat ’n drie aangetekenword weens vuilspel moet gewaarsku en tyde-lik afgestuur word.(b) ’n Speler mag nie opsetlik tyd verkwis nie.(c) ’n Speler mag nie opsetlik die bal met diehand of arm oor die grenslyn, doelgrenslyn ofdoodlyn klap, plaas, stoot of gooi nie.) Die reël word volgende week verder be-spreek.

Reëls oor vuilspel

Ruan Bruwer

HOE goed is jou sportkennis? Isjy die voorbok wanneer by vleis-braaivure oor sportstatistieke ge-stryword?Jykan joureputasieassportkenner ’n hupstoot inNoordkaap en SuperSport sesporttrivia-kompetisie gee.Weekliks sal met lesers ’n paarsportfeite en -statistieke gedeel word en in dielaaste uitgawe van elke maand word drie vraegevra. Antwoorde kan uit die vorige weke seinligtingkomofnie.Die lesermet die korrekteantwoorde wie se naam getrek word, sal ’n ge-skenkpak van R250 van SuperSport wen. Hieris vandeesweek se interessanthede:) Jonathan Kaplan (Suid-Afrika) het diemeeste toetseooit as rugbyskeidsregtergehan-teer. Sy 67 toetse tussen 1996 en 2011 is ’n wê-

reldrekord en hy is die enigsteskeidsregter met meer as 50 toetseop sy kerfstok. Craig Joubert(Suid-Afrika) het met 38 toetse dienaasmeeste toetse.) André Watson, wat ’n ongeëwe-naarde twee Wêreldbekerrugby-eindstryde (1999 en 2003) geblaashet, hou die rekord vir die meesteSuperrugby-eindstryde – vyf wat

drie (2002 tot 2004) agtereenvolgens insluit.) Die Suid-Afrikaner Rudi Koertzen is ook ’nwêreldrekordhouer (in krieket) vir die meesteeendagwedstryde waarin hy gestaan het.Koertzenhet in 209 internasionale eendagwed-stryd tussen 1992 en 2010 diens gedoen.) Koertzen is in die rekordboeke as skeidsreg-terwatdienaasmeeste (108) toetse gestaanhet.Dié rekord behoort aan die Wes-Indiër SteveBucknor met 128 toetse.

Wenmet jou sportkennis

Page 12: NoordKaap 17-04-13.pdf

12 NOORDKAAP, WOENSDAG 17 APRIL 2013

SportSportDie Diamantstad se koerant

Rekordsop spel

Ruan Bruwer

’n KLOMPIE rekords is die naweek op die spelvir die Griekwas wanneer hulle tuis teen dieLuiperds te staan kom.Dit is ’n móét-wen vir die tuisspan wat ná

vyf wedstryde nog net twee oorwinnings konbehaal. ’n Segemet ’n bonuspunt Saterdag oordie Luiperds en volgende naweek teen die Val-ke (weg) sal genoeg vir ’n plek in die kwart-eindronde wees. Maar enige verdere nederlaesal die einde van die Griekwas se aanspraakwees. Griekwas het in 2004 laas nie die uit-speelwedstryde vandie kompetisie gehaal nie.Die Poubloues se vertoningslys teen die Lui-

perds is ook ’n trotse een. In die 11 keer dat dietwee spanne in die Vodacombeker slaags was,het dieGriekwas nog net drie keer verloor, dielaaste daarvan in 2002.Die Noord-Kapenaars sal ook nie die reeks

wou afsluit sonder ’n enkele tuisoorwinningnie. Die wedstryd begin om 15:30.)Vyf lesers kan oudergewoonte twee kaart-jies na die wedstryd wen. ’n Fees van rugbyword opGWK-park verwagmet die interskole-rugbywedstryde tussen die Hoërskole Noord-Kaap en Diamantveld wat as voorwedstrydegespeel word.Om in aanmerking te kom stuur net ’n SMS

na 45527. Begin die SMS met die sleutelwoord“rugbykaartjies”, gevolg deur jou naam envan. Jy kan jou tot Vrydag om 12:00 vir diekompetisie inskryf.Diewennerssaldaarnage-bel word en wenners moet hul kaartjies byVolksblad se kantoor in Dalhamweg, Kimber-ley, kom afhaal. Elke SMS kos R1,50.As jy ’n SMS na 45527 stuur, gee jy Noord-

kaap ingevolge wet toestemming om jou virbemarkingsdoeleindes te kontak.

DIE Hoërskool Noord­Kaap het in vandeesweek se Kimberley­inter­skolewedstryd die eerste slag geslaan toe sy eerste krieketspan ver­spot maklik in Maandag se T20­wedstryd op die Diamant­ovaal metnege paaltjies geseëvier het. Diamantveld kon slegs 59 lopies aante­ken met Nielen van Heerden se boulsyfers van 3/14 in 4 beurte diebeste. Noord­Kaap het die teiken in die agtste boulbeurt verbygesteekmet Magiel Brits (foto) wat 31 nie uit nie gemoker het. Foto: Louis Botha

Rugby15. MarnoWillemse14. Freddie de Jager13. Jacques Nel12. Ruan Maritz11. JD Swanepoel10. Deon van Zyl9. Hanco Swart8. Jacques van Zyl7. Nardus Bosman6. Jaco Cloete5. JD Fourie4. Johan Obbes3. Francois Botha2. Daniël van Zyl1. Ruan Langeveld

NetbalJana KirstenTuané GouwsAdré BadenhorstBethenie du RaanJohané Janse vanRensburgAnnarike PienaarAnchen StraussMarmari PienaarMariska du RaanJo-Mar Venter

Rugby15. Ryan de Wee14. Henry van Zyl13. Dimitrio Tieties12. Luke Mason11. Hillford Clarke10. Guilermo Min-

nie9. GM Bruwer8. Gerhard

Holtzhausen7. Luaan Dowie6. Nico Graaff5. Lehan Muller4. Thulani Njenje3. Doctor Booysen2. Willie van Aswe-

gen1. Lux Khoza

NetbalSimuney MullerJessica du PlessisMonique Breden-

kampJomari MyburghMari-Lee VosCarmen du PlooyJoy Morkel

Program: InterskolebyeenkomsDIE program vir die res van van-deesweek se Kimberley-interskole-byeenkoms tussen Noord-Kaap enDiamantveld is:Woensdag14:30 – Swem – Karen Muir-swem-

bad17:00 – Junior debat – HNK-skool-

saal18:00 – Senior debat – HNK-skool-

saal19:00 – Junior vasvrae – HNK-

skoolsaal19:30 – Senior vasvrae – HNK-

skoolsaalDonderdag11:00 – Gholf – Kimberley-gholf-

klub14:00 – Tennis – Tuine-tennisklub14:30 – Saak – HNK-skoolsaal19:00 – Musiekaand – HNK-skool-

saalVrydagNetbal (HNK-netbalbane)14:30 – o.14A – A-baan14:30 – o.16B – B-baan15:05 – o.19B – A-baan15:05 – HNK o.16A t. DHS o.19C –

B-baan15:40 – o.15A16:15 – Voorstelling van eerste

spanne – A-baan16:30 – o.19A – A-baanRugby (GWK-park B-veld)17:15 – Old Boys teen mekaarSaterdag08:45 – o.14A – GWK-park (A-veld)09:45 – o.15A – GWK-park (A-veld)10:00 – o.19C – GWK-park (B-veld)10:45 – o.16A – GWK-park (A-veld)11:55 – o.19B – GWK-park (A-veld)13:45 – o.19A – GWK-park (A-veld)

Meal

THE

QUALITY, VALUE, VARIETY

express

2 x Quarter Legs3 x Drum Sticks

3 x Wings1 x Medium Chips

choose any 2of the selected 6 sides*

+

R99.90

58 Bultfontein Road, CBD, Kimberley