northwest independent - the newspaper potch depends on

8
27 Augustus 2015 | Volume 9 | Week 35 | Tel: 018 294 3924/17 | [email protected] | Potchefstroom | Gratis • Free ¢ MARISKA NEL Koos van der Leeuw: ’n ‘Pa’ vir almal “Nee, jy kan nie uitklim nie, hy lê hier agter die bakkie, hy is dood,” is woorde wat Marie - tjie van der Leeuw (68), vrou van Koos van der Leeuw (68) wat Dinsdag, 18 Augustus gedurende ‘n rooftog by die Potchefstroomse slagpale doodgeskiet is, nooit sal vergeet nie. Die tragiese oggend van dié bekende boer se dood, het hulle vroeg opgestaan. “Dit was net na vyf, en ek wou nog ‘n bietjie lê, maar Koos het ‘n oogoperasie gehad en ek moes hom rondry,” vertel Marietjie. Koos en Mari- etjie was gereed om terug te gaan huis toe, die bakkie reeds aangeskakel, toe Marietjie onraad vermoed. Sy onthou die blou motor wat stop. Die man wat met sy rewolwer aan haar venster klop. Skote wat klap. Die rowers wat op die bakkie skiet. Koos wat sy pistool vat, sy veilig- heidsgordel losmaak en uitklim. Die twee vinnige skote. En toe, die absolute doodse stilte wat gevolg het… “Ek het uitgespring, by hom gaan sit, sy hand vasgehou.” Ná ‘n huwelik van 48 jaar is haar man in ‘n oogwink weggevat. “Hy was ‘n wonderlike man. Hy was so goedhartig, hy het vir alles gesorg. As ek na iets by ‘n Aardklop- stalletjie kyk, dan het hy dit vir my gekoop, want môre is dit dalk weg…” Koos het op die myn begin werk en sy eerste kar gekoop toe hy net sewentien jaar oud was. “Ons sou so na die kar staan en kyk, onthou, hy kon dit toe nog nie bestuur nie,” vertel Marietjie. Op die jeugdige ouderdom van twintig moes dié twee spesiale toestemming kry om te trou, ‘n besluit wat hulle nooit berou het nie. In 1968 is hul oudste dogter, Mornette, gebore en vier jaar later volg Karel. Stelselmatig het die Van der Leeuws hul lewensideaal verwesenlik. (LEES VERDER OP BL. 2) Koos van der Leeuw, ‘n boer wat onlangs tydens ‘n rooftog vermoor is, het diep spore in Potchefstromers se harte getrap. Ná sy dood het huldeblyke ingestroom.

Upload: kreativmedia-hub

Post on 23-Jul-2016

246 views

Category:

Documents


0 download

DESCRIPTION

27 August 2015 | Volume 9 | Week 35 | The NorthWest Independent is an independent community newspaper in Potchefstroom.

TRANSCRIPT

Page 1: NorthWest Independent - The newspaper Potch depends on

27 Augustus 2015 | Volume 9 | Week 35 | Tel: 018 294 3924/17 | [email protected] | Potchefstroom | Gratis • Free

¢ MARISKA NEL

Koos van der Leeuw: ’n ‘Pa’ vir almal“Nee, jy kan nie uitklim nie, hy lê hier agter die bakkie, hy is dood,” is woorde wat Marie­

tjie van der Leeuw (68), vrou van Koos van der Leeuw (68) wat Dinsdag, 18 Augustus gedurende ‘n rooftog by die Potchefstroomse slagpale doodgeskiet is, nooit sal vergeet nie.

Die tragiese oggend van dié bekende boer se dood, het hulle vroeg opgestaan. “Dit was net na vyf, en ek wou nog ‘n bietjie lê, maar Koos het ‘n oogoperasie gehad en ek moes hom rondry,” vertel Marietjie. Koos en Mari­etjie was gereed om terug te gaan huis toe, die bakkie reeds aangeskakel, toe Marietjie onraad vermoed.

Sy onthou die blou motor wat stop. Die man wat met sy rewolwer aan haar venster klop. Skote wat klap. Die rowers wat op die bakkie skiet. Koos wat sy pistool vat, sy veilig­heidsgordel losmaak en uitklim. Die twee

vinnige skote. En toe, die absolute doodse stilte wat gevolg het… “Ek het uitgespring, by hom gaan sit, sy hand vasgehou.”

Ná ‘n huwelik van 48 jaar is haar man in ‘n oogwink weggevat. “Hy was ‘n wonderlike man. Hy was so goedhartig, hy het vir alles gesorg. As ek na iets by ‘n Aardklop­ stalle tjie kyk, dan het hy dit vir my gekoop, want môre is dit dalk weg…”

Koos het op die myn begin werk en sy eerste kar gekoop toe hy net sewentien jaar oud was. “Ons sou so na die kar staan en kyk, onthou, hy kon dit toe nog nie bestuur nie,” vertel Marietjie. Op die jeugdige ouderdom van twintig moes dié twee spesiale toestemming kry om te trou, ‘n besluit wat hulle nooit berou het nie.

In 1968 is hul oudste dogter, Mornette, gebore en vier jaar later volg Karel. Stelselmatig het die Van der Leeuws hul lewensideaal verwesenlik. (LEES VERDER OP BL. 2)

Koos van der Leeuw, ‘n boer wat onlangs tydens ‘n rooftog vermoor is, het diep spore in Potchefstromers se harte getrap. Ná sy dood het huldeblyke ingestroom.

Page 2: NorthWest Independent - The newspaper Potch depends on

2

“Affie Plaas”Trimpark, Potchefstroom

LENTEFEES / Buil ��

Saterdag 5 September 2015Saterdag 5 September 2015

Trimpark, Potchefstroom

Tema:

“Affie Plaas”Inskrywing: R100 per span

POTJIEKOSKompetisie

POTCHEFSTROOM

25 Ross Straat, Industria018 297 6608 (T) | 018 297 0007 (F) | 083 775 7953

“Potjie”

gees

pret

Kontak Yolandi van Dyk of Herman [email protected]

familie dag

spanbouPLAAS

Hulle het hul eerste plot in Potchefstroom gekoop en die voerkraal begin, want boer was maar altyd in Koos se bloed.

“Die Here se hand was oor ons, Hy het ons behoed en bewaar, en Koos het ‘n oop hand gehad,” vertel Marietjie.

Ulrich Botha (4) onthou hoe “oom Koos” elke Sondag in die kerk vir hom “pienk pil­letjies” gegee het.

Wanneer sy kleinkinders, JB (25), Renaldo (23), Karlo (17) en Karli (16) met vakansie gegaan het, het hulle altyd ‘n koevertjie van hulle oupa gekry.

Jong boere van die omgewing het gereeld

aan sy deur kom klop en raad gevra. “As ons net sy kennis kon oordra,” mymer Marietjie.

Sy sê Koos het vrede gehad vandat JB (vanaf Junie) saam met hom geboer het. Hy het altyd gesê “Kom JB, die job moet loop.” In hierdie woorde lê die lewenswysheid wat die dry­fkrag agter Koos se sukses was opgesluit, “Moenie gaan lê nie, werk! Verdien jou brood en jy sal gelukkig wees.”

Koos, die groot boer met die sagte hart, die man met tyd en raad vir almal wie se werk­nemers die dag na sy dood gehuil het omdat “hulle pa weg is,” se skoene in Potchefstroom gaan moeilik gevul word.

Die Super 12 Algemene kennis-kompetisie het verlede Saterdag in Pretoria plaas-gevind. Sewentien skole het aan die kompetisie deelgeneem. Francois Wiid en Sunette Verhoef (met Robert Scott as reserwe - heel links) het Laerskool Mooiri vier verteenwoordig by dié naelbyt-intelligensie-stryd. Aan die einde van ‘n senuter-gende, breinkrag-tappende dag het die span van Laerskool Mooirivier as algehele wenners uit die stryd getree. Mnr. Pieter du Plessis het die slimkoppe afgerig.

Mooirivier slimmes skitter

Voel jy sterk oor kinderregte? Maak dit jou woedend as jy hoor van kindermolestering? Kan jy toor met woorde?

Die Sit Jou Voet Neer­veldtog teen kinder­molestering wat begin is deur Kara van der Merwe van Potchefstroom, het jou hulp nodig. Dié organisasie is op soek na lirieke vir ‘n liedjie wat die Noordwes Kinderkoor saam met ‘n bekende kunstenaar kan sing by die Aardklopkunstefees in Potchefstroom.

Die liedjie moet iets sê oor die erns van seksuele geweld teen kinders, maar ook ‘n boodskap van hoop en oorwinning oordra.

Skryf ’n liedjie om kinders te helpDie liedjie sal getoonset word deur die di­

rigent van die Noordwes Kinderkoor Anton Pottas en dit hoef nie lank te wees nie – 150

woorde is meer as genoeg. Die sluitingsdatum vir die kompetisie is 31 Augustus, so spring gou as jy inspirasie kry vir aangrypende woorde. Die wenner van die liedjieskryfkom­petisie sal genooi word na die eerste uitvoer­ing van die liedjie by die Aardklop­kunstefees in Oktober.

Stuur jou inskrywing na [email protected] of kontak Mariza vir meer be­sonderhede – 0846033717.Koos en Marietjie van der Leeuw (regs agter) saam met vriende en familie in gelukkiger tye.

Vervolg van bladsy 1

Page 3: NorthWest Independent - The newspaper Potch depends on

3

NORTHWEST INDEPENDENT SE

UITLEG EN INHOUD WORD

BEHARTIG DEUR KREATIVMEDIA

HUB

Potch’s Warrior princess soldiers onTrudging through muddy trenches in the sweltering heat, 2 000 soldiers got down and dirty to participate in the Jeep Warrior Race #6 Hero Adventure this past weekend.

Potchefstroom’s own action hero, Hanneke Dannhauser, was prepared for war but despite her best efforts only came second. It was a battle of nerves and she and her opponent were neck and neck as they crossed the finish line.

“It was an immensely close race between the two front runners,” said a spectator. Hanneke came in only seconds behind the winner, Trish Bahlmann. Although this battle was lost, the war isn’t over.

Hanneke has been selected as one of the six­soldier team to represent South Africa at the Hero Adventure World Championships. This will be taking place in Cincinnati, Ohio, USA in mid­October.

Many grueling hours of training lay ahead for her and we salute her.

¢ LYNDLE HAAGNER

Local hero Hanneke Dannhauser (middle) celebrating her second place at the Jeep Warrior Race #6 Hero Adventure beside winner Trish Bahlmann (right). On the left is Warrior Rick.

Hanneke came in just seconds behind the winner at the Jeep Warrior Race #6 Hero Adventure this past weekend.

TO ADVERTISE IN NORTHWEST

INDEPENDENT, CONTACT

ISABELLE AT 072 997 8646

OR NIENIE AT 082 740 3860

Page 4: NorthWest Independent - The newspaper Potch depends on
Page 5: NorthWest Independent - The newspaper Potch depends on

5

Daar is ‘n bekende aanhaling van Mahatma Gandhi wat dikwels opduik: “Die grootheid van ’n nasie en sy morele vooruitgang kan gemeet word aan die manier waarop sy diere behandel word.” As jy sosiale media platforms dophou, lyk dit of Potchef­stromers baie omgee vir diere. Die Potch Pets Facebookblad het meer as 2 000 lede en op die Potchefstroom­groep is daar byna daagliks inskrywings oor troeteldiere. Ongelukkig is al die inskrywings nie positief nie.

Wat veral opvallend is, is hoe dikwels vermiste diere aange­gee word en hoe baie diere op straat gevind word ver weg van hulle huise. Omdat Potchefstromer groothartig is, deel mense inligting en so word ‘n hond of kat soms weer met hul eienaars herenig. Maar baie inwoners vra ook deesdae met reg waarom soveel diere­eienaars nie beter voorsorg tref om hul diere te beveilig en in te kamp nie.

Dit blyk ook dat daar gewoonte­oortreders is – mense wie se honde by herhaling wegloop en wat dan verwag die hele dorp moet inspring en saam help soek. Dis gewoonlik ook hierdie mense wat dan wilde bewerings maak van honde wat kwansuis gesteel word om in hondegevegte te gebruik en selfs geslag en geëet word. Vra jy vir bewyse van hierdie praktyke, is daar skielik ‘n dawerende stilte. En as Wagter dae later veilig terug by die huis is, is die idee van ‘n gewetenlose hondedief skoon vergete.

Feit is, teen die vyfde keer wat ‘n hond soek is, kan jy met reg vra of die eienaar bevoeg is om na ‘n dier om te sien. Onthou, dit gaan nie net oor die dier se veiligheid nie. ‘n Dier wat los rondloop is ook ‘n gevaar vir motoriste en daar het al grusame ongelukke gebeur wanneer iemand vir ‘n hond of kat uitswaai.

Om ‘n dier te versorg verg toewyding en ‘n verantwoorde­likheidsin. Dis nie net ‘n onreg teenoor ‘n dier as jy hom of haar nie goed kan versorg nie, jy mors ook ander mense se kosbare tyd en welwillendheid. Dit is dalk tyd dat daar op Potchefstroom ‘n swartlys saamgestel word van mense wat oor­en­oor laat blyk dat hulle nie bevoeg is om na hulle diere kan kyk nie. Want ons dierevriende verdien beter.

Diere verdien meerREDAKSIONEEL

Guest of honour Tlokwe Executive Mayor Cllr Kgotso Khumalo enjoying the military parade and motorcycle demonstrations at the SAASIC event.

In a change from the usual kind of drill they were accustomed to, the army got their hands dirty with another kind of drilling.

In celebration of Nelson Mandela Day, The South African Army Spe­cialist Infantry Capability (SAASIC) served as guardian angels for The Hospice Emmanuel Living Angels.

“We have officially adopted the hospice as our social responsibility and are dedicated to helping them in the future,” says Oscar Keretetse (SAASIC).

They recruited sponsors and their volunteers spent the day doing crit­ical maintenance to the Hospice building. Walls were repainted, damaged ceilings and roofing re­placed, as well as repairs made to the gates and fencing.

During their hard day of work they also found time to spend their 67 minutes treating the children to a boerewors­braai along with fun activities. FNB, one of their spon­sors, arrived with gift boxes and were welcomed with smiles and songs of gratitude. They have also pledged to make monthly donations to aid the hospice.

To thank the sponsors SAASIC and Oscar organised an eventful function to express their gratitude. The guests were welcomed by an array of informational displays, a hearty cup of soup and live music. Much effort was put into entertain­ing the sponsors through the morning and guests enjoyed a mil­itary parade, horse riding, dog and motorcycle demonstrations before sitting down to a scrumptious breakfast.

Army thanks Mandela Day heroes ¢ LYNDLE HAAGNER

Engineering students at the North­West University are taking a big bull by the horns and in October this year they will rub shoulders with the big names in solar energy when they take part in the Bridgestone World Solar Challenge in Australia.

Following the NWU’s successes with their participation in the local Sasol Solar challenges in 2012 and 2014, the team decided to build a better and faster vehicle propelled

Students’ solar car takes on the world’s bestby solar energy. The first competi­tion in which the NWU competed, covered more than 5 000 km and this team and that of the Tokai Uni­versity in Japan shared the laurels.

The competition takes place from 18 to 26 October and starts in Darwin in the north of Australia from where 45 vehicles from 25 countries will be racing more than 3 000 km across the country to Ade­laide.

This amazing solar energy vehicle is propelled by the amount of energy used by a hair dryer. The NWU team is one of only two teams in South Africa and Africa that will be competing in this so-called Dakar of solar rallies.

Page 6: NorthWest Independent - The newspaper Potch depends on

6

Slaghuise / Butcheries Lugversorging / Airconditioning

Geklassifiseerd • ClassifiedsTel: 018 294 3924/17 • Faks: 018 294 8081 • E-pos: [email protected]

Swembaddens / Swimming pools

Karwas / Car Wash

Haarkappers / Hair dressers

Algemeen / General

Algemeen / General

Verlede Saterdag het CTU Potchefstroom ‘n Potjiekoskompetisie gehou en die weer het mooi saamgespeel om dit ‘n feestelike gebeur­tenis te maak.

Volgens een van die studente­organiseer­ders, Herman Gauche, het die potjiekosdag nie net oor kos gegaan nie. “Ons het wel lekker mini­doughnuts gehad vars uit tannie Marra se kombuis hier in Potchefstroom en dan was daar CX Fitness wat besoekers laat oefen het met spankompetisies. Dié wat wou lekker sit en kuier kon heerlike kaasborde bestel of koffie en muffins geniet het.” Met die begin van lente was die biertent ‘n treffer danksy Impala wat ook gashere was vir die “afterparty”.

Die Sit Jou Voet Neer­stalletjie, ‘n veldtog teen kindermolestering wat deur ‘n Potchef­stroomse meisie Kara van der Merwe, begin is, het ook groot belangstelling uitgelok.

Met die Sit Jou Voet Neer­veldtog kan oud en jonk allerlei kreatiewe foto’s van hul voete neem en deur dit op sosiale media te plaas met die beskrywing #sitjouvoetneer ander aanmoedig om ook deel te neem.

Dié veldtog is bedoel om vir kinders wat vasgevang is in ‘n siklus van seksuele geweld ‘n belangrike boodskap te stuur dat hulle nie alleen is nie en dat daar baie mense is wat omgee.

Die Sit Jou Voet Neer­veldtog samel ook geld in vir organisasies wat jong slagoffers van seksuele geweld help en deur die stalle­tjie by die Potjiekoskompetisie kon Potchef­stromers ‘n bydrae maak.

Agt spanne het aan die kompetisie deelge­neem en uiteindelik het die Nerds On Site­span koning gekraai met hul heerlike skaap­nek en skenkel­potjie. Hulle het ook smulpape beloon met ‘n vars potbrood met lekker plaas­botter en tuisgemaakte konfyt.

Potjies prut vir ’n goeie saak ¢ CARMÉ COMBRINK

BO: Die wenspan vier hul oorwinning in die Potjiekoskompetisie. LINKS: CTU Potchef-stroom se potjiekos-kompetisie is gehou ten bate van die Sit Jou Voet Neer-veldtog teen kindermolestering. Besoekers kon foto’s van hul voete laat neem by ‘n stalletjie en dan ‘n skenking maak vir die goeie saak. Deur jou voetfoto’s op ons Facebookbladsy te plaas en ‘n SMS te stuur na 33445 met die woord “putyourfoot-down” skenk jy R1.50 wat gebruik word om slagoffers van kinder-molestering te help.

Page 7: NorthWest Independent - The newspaper Potch depends on

7

Kennisgewings • NoticesTel: 018 294 3924/17 • Faks: 018 294 8081 • E-pos: [email protected]

Kennisgewings • NoticesTel: 018 294 3924/17 • Faks: 018 294 8081 • E-pos: [email protected]

VAN AANSOEK OM WYSIGING VAN POTCHEFSTROOM DORPSBEPLANNINGSKEMA 1980 INGEVOLGE ARTIKEL 56(1)(b)(i) VAN DIE ORDONNANSIE OP DORPSBEPLANNING EN DORPE, 1986 ( ORDONNANSIE 15 VAN 1986), SAAMGELEES MET SPLUMA, WET 16 VAN 2013

POTCHEFSTROOM WYSIGINGSKEMA 2130Ek, J.J. Botha van H & W Town Planners BK [Reg No.

2006/148547/23], synde die gemagtigde agent van die eienaar van die Resterende Gedeelte van Erf 892, Potchef­stroom, Registrasie Afdeling I.Q., Noordwes Provinsie, gee hiermee ingevolge Artikel 56(1)(b)(i) van die Ordon­nansie op Dorpsbeplanning en Dorpe, 1986, saamgelees met SPLUMA, Wet 16 van 2013, kennis dat ons by die Tlokwe Stadsraad aansoek gedoen het om die wysiging van die dorpsbeplanningskema bekend as Potchefstroom Dorpsbeplanningskema, 1980, soos gewysig, deur die hersonering van bogenoemde eiendom geleë te Steve Bikolaan 4, vanaf “Residensieel 3” met Bylaae 899 na “Residensieel 4” met Bylae 1681 om voorsiening te maak vir ‘n Hotel, Plek vir Openbare Godsdiens, Onderrigplek, Geselligheidsaal, Verversingsplek en ‘n hoogte van 3 ver­diepings.

Besonderhede van die aansoek lê ter insae gedurende gewone kantoorure by die kantoor van die Munisipale Bestuurder, Tlokwe Stadsraad Kantore, Wolmaransstraat, Potchefstroom, vir ‘n tydperk van 28 dae vanaf 1 Septem­ber 2015.

Besware teen of vertoë ten opsigte van die aansoek moet binne ‘n tydperk van 28 dae vanaf 1 September 2015 skrifte­lik tot die Munisipale Bestuurder by bovermelde adres of by Posbus 113, Potchefstroom, 2520, ingedien of gerig word.Adres van gemagtige agent:H & W TOWN P LANNERS, Posbus 1635, Potchefstroom, 2520, Tel : 018 297 7077 [JJ Botha], Verw: HB 201536

OF APPLICATION FOR AMENDMENT OF THE POTCHEFSTROOM TOWN PLANNING SCHEME 1980 IN TERMS OF SECTION 56 (1)(b)(i) OF THE TOWN PLANNING AND TOWNSHIPS ORDINANCE, 1986 (ORDINANCE 15 OF 1986), READ TOGETHER WITH SPLUMA, ACT 16 OF 2013

POTCHEFSTROOM AMENDMENT SCHEME 2130I, J.J. Botha of H & W Town Planners CC [Reg Nr.

2006/148547/23], being the authorized agent of the owner of the Remaining Extent of Erf 892, Potchefstroom, Regis­tration Division I.Q., North West Province, hereby give notice in terms of Section 56(1)(b)(i) of the Town Planning and Townships Ordinance, 1986, read together with SPLUMA, Act 16 of 2013, that we have applied to the Tlokwe City Council for the amendment of the town plan­ning scheme known as the the Potchefstroom Town Plan­ning Scheme, 1980, as amended, by the rezoning of the above mentioned property situated at 4 Steve Biko Avenue, from “Residential 3” with Annexure 899 to “Residential 4” with Annexure 1681 to make provision for a Hotel, Place of Public Worship, Place of Instruction, Social Hall, Re­freshment Room and a height of 3 storeys.

Particulars of the application will lie for inspection during normal office hours at the office of the Municipal Manager, Tlokwe City Council Offices, Wolmarans Street, Potchefstroom, for a period of 28 days from 1 September 2015.

Objection to or representations in respect of the appli­cation must be lodged with or made in writing to the Municipal Manager at the above address or posted to him at P.O. Box 113, Potchefstroom, 2520, within a period of 28 days from 1 September 2015.Address of authorised agent: H & W TOWN PLANNERS, PO Box 1635, Potchefstroom, 2520, Tel: 018 297 7077 [JJ Botha], Ref: HB 201536

VAN AANSOEK OM WYSIGING VAN POTCHEFSTROOM DORPSBEPLANNINGSKEMA 1980 INGEVOLGE ARTIKEL 56(1)(b)(i) VAN DIE ORDONNANSIE OP DORPSBEPLANNING EN DORPE, 1986 (ORDONNANSIE 15 VAN 1986), SAAMGELEES MET SPLUMA, WET 16 VAN 2013

POTCHEFSTROOM WYSIGINGSKEMA 2129Ek, J.J. Botha van H & W Town Planners BK [Reg No.

2006/148547/23], synde die gemagtigde agent van die eienaar van Gedeelte 10 van Erf 244, Potchefstroom, Reg­istrasie Afdeling I.Q., Noordwes Provinsie, gee hiermee ingevolge Artikel 56(1)(b)(i) van die Ordonnansie op Dorps­beplanning en Dorpe, 1986, saamgelees met SPLUMA, Wet 16 van 2013, kennis dat ons by die Tlokwe Stadsraad aansoek gedoen het om die wysiging van die dorpsbep­lanningskema bekend as Potchefstroom Dorpsbeplanning­skema, 1980, soos gewysig, deur die hersonering van bogenoemde eiendom geleë te Smitstraat 54, vanaf “Res­idensieel 1” met Bylae 506 na “Residensieel 3” met Bylae 1680 om voorsiening te maak vir ‘n VOV van 0.3 en ‘n dekking van 50%.

Besonderhede van die aansoek lê ter insae gedurende gewone kantoorure by die kantoor van die Munisipale Bestuurder, Tlokwe Stadsraad Kantore, Wolmaransstraat, Potchefstroom, vir ‘n tydperk van 28 dae vanaf 1 Septem­ber 2015.

Besware teen of vertoë ten opsigte van die aansoek moet binne ‘n tydperk van 28 dae vanaf 1 September 2015 skrifte­lik tot die Munisipale Bestuurder by bovermelde adres of by Posbus 113, Potchefstroom, 2520, ingedien of gerig word.Adres van gemagtige agent:H & W TOWN PLANNERS, Posbus 1635, Potchefstroom, 2520, Tel : 018 297 7077 [JJ Botha], Verw: HB 201535

OF APPLICATION FOR AMENDMENT OF THE POTCHEFSTROOM TOWN PLANNING SCHEME 1980 IN TERMS OF SECTION 56 (1)(b)(i) OF THE TOWN PLANNING AND TOWNSHIPS ORDINANCE, 1986 (ORDINANCE 15 OF 1986), READ TOGETHER WITH SPLUMA, ACT 16 OF 2013

POTCHEFSTROOM AMENDMENT SCHEME 2129I, J.J. Botha of H & W Town Planners CC [Reg Nr.

2006/148547/23], being the authorized agent of the owner of Portion 10 of Erf 244, Potchefstroom, Registration Di­vision I.Q., North West Province, hereby give notice in terms of Section 56(1)(b)(i) of the Town Planning and Townships Ordinance, 1986, read together with SPLUMA, Act 16 of 2013, that we have applied to the Tlokwe City Council for the amendment of the town planning scheme known as the the Potchefstroom Town Planning Scheme, 1980, as amended, by the rezoning of the above mentioned property situated at 54 Smit Street, from “Residential 1” with Annexure 506 to “Residential 3” with Annexure 1680 to make provision for a FAR of 0.3 and a coverage of 50%.

Particulars of the application will lie for inspection during normal office hours at the office of the Municipal Manager, Tlokwe City Council Offices, Wolmarans Street, Potchefstroom, for a period of 28 days from 1 September 2015.

Objection to or representations in respect of the appli­cation must be lodged with or made in writing to the Municipal Manager at the above address or posted to him at P.O. Box 113, Potchefstroom, 2520, within a period of 28 days from 1 September 2015.Address of authorised agent:H & W TOWN PLANNERS, PO Box 1635, Potchefstroom, 2520, Tel: 018 297 7077 [JJ Botha], Ref: HB 201535

Kennisgewing Notice Kennisgewing Notice

Kennisgewings • NoticesTel: 018 294 3924/17 • Faks: 018 294 8081 • E-pos: [email protected]

Kennisgewings • NoticesTel: 018 294 3924/17 • Faks: 018 294 8081 • E-pos: [email protected]

AANSOEK OM WYSIGING VAN DORPS­ BEPLANNING­SKEMA 1980 INGEVOLGE ARTIKEL 56(1)(b)(i) VAN DIE ORDONNANSIE OP DORPSBEPLANNING EN DORPE, 1986 (ORDONNANSIE 15 VAN 1986), SAAMGELEES MET SPLUMA, WET 16 VAN 2013

POTCHEFSTROOM WYSIGINGSKEMA 2128Ek, J.J. Botha van H & W Town Planners BK [Reg No.

2006/148547/23], synde die gemagtigde agent van die eienaar van die Resterende Gedeelte van Gedeelte 3 van Erf 376, Potchefstroom, Registrasie Afdeling I.Q., Noord­wes Provinsie, gee hiermee ingevolge Artikel 56(1)(b)(i) van die Ordonnansie op Dorpsbeplanning en Dorpe, 1986, saamgelees met SPLUMA, Wet 16 van 2013, kennis dat ons by die Tlokwe Stadsraad aansoek gedoen het om die wysiging van die dorpsbeplanningskema bekend as Potchefstroom Dorpsbeplanningskema, 1980, soos gewysig, deur die hersonering van bogenoemde eiendom geleë te Palmietstraat 3, vanaf “Residensieel 1” na “Besighei 4” met Bylae 1678 om voorsiening te maak vir ‘n Verversing­splek (Beperk tot 50m²) en ‘n VOV van 0.5.

Besonderhede van die aansoek lê ter insae gedurende gewone kantoorure by die kantoor van die Munisipale Bestuurder, Tlokwe Stadsraad Kantore, Wolmaransstraat, Potchefstroom, vir ‘n tydperk van 28 dae vanaf 25 Augus­tus 2015.

Besware teen of vertoë ten opsigte van die aansoek moet binne ‘n tydperk van 28 dae vanaf 25 Augustus 2015 skrifte­lik tot die Munisipale Bestuurder by bovermelde adres of by Posbus 113, Potchefstroom, 2520, ingedien of gerig word.Adres van gemagtige agent:H & W TOWN PLANNERS, Posbus 1635, Potchefstroom, 2520,Tel : 018 297 7077 [JJ Botha], Verw: HB 201534

NOTICE OF APPLICATION FOR AMENDMENT OF THE TOWN PLANNING SCHEME 1980 IN TERMS OF SECTION 56 (1)(b)(i) OF THE TOWN PLANNING AND TOWNSHIPS ORDINANCE, 1986 (ORDINANCE 15 OF 1986), READ TOGETHER WITH SPLUMA, ACT 16 OF 2013

POTCHEFSTROOM AMENDMENT SCHEME 2128I, J.J. Botha of H & W Town Planners CC [Reg Nr.

2006/148547/23], being the authorized agent of the owner of the Remaining Extent of Portion 3 of Erf 376, Potchef­stroom, Registration Division I.Q., North West Province, hereby give notice in terms of Section 56(1)(b)(i) of the Town Planning and Townships Ordinance, 1986, read together with SPLUMA, Act 16 of 2013, that we have applied to the Tlokwe City Council for the amendment of the town planning scheme known as the the Potchefstroom Town Planning Scheme, 1980, as amended, by the rezoning of the above mentioned property situated at 3 Palmiet Street, from “Residential 1” to “Business 4” with Annex­ure 1678 to make provision for a Refreshment Room (Limited to 50m²) and a maximum FAR of 0.5.

Particulars of the application will lie for inspection during normal office hours at the office of the Municipal Manager, Tlokwe City Council Offices, Wolmarans Street, Potchefstroom, for a period of 28 days from 25 August 2015.

Objection to or representations in respect of the appli­cation must be lodged with or made in writing to the Municipal Manager at the above address or posted to him at P.O. Box 113, Potchefstroom, 2520, within a period of 28 days from 25 August 2015.Address of authorised agent: H & W TOWN PLANNERS, PO Box 1635, Potchefstroom, 2520,Tel: 018 297 7077 [JJ Botha]Ref: HB 201534

KENNIS VAN AANSOEK OM GROND TE VERDEEL

Die Tlokwe Stadsraad gee hiermee, ingevolge Artikel 6(8)(a) van die Ordonnansie op die Verdeling van Grond, 1986 (Ordonnansie 20 van 1986) saamgelees met SPLUMA, Wet 16 van 2013, kennis dat ‘n aansoek ontvang is om die grond hieronder beskryf, te verdeel:

Verdere besonderhede van die aansoek lê ter insae by die Kantoor van die Munisipale Bestuurder, Kamer 210 op die tweede vloer van die Dan Tloome kompleks, hoek van Sol Plaatjielaan en Wolmaransstraat, Potchefstroom gedurende gewone kantoorure.

Enige persoon wat teen die toestaan van die aansoek beswaar wil maak of vertoë in verband daarmee wil rig, moet sy besware of vertoë skriftelik en in tweevoud by die Munisipale Bestuurder by bogenoemde adres indien of aan haar rig te Posbus 113, Potchefstroom, 2520 te enige tyd binne 28 dae vanaf die datum van eerste publikasie van hierdie kennisgewing.Datum van eerste publikasie: 18 Augustus 2015Beskrywing van grond: Resterende Gedeelte van Gedeelte 43 van die plaas Vyfhoek 428, Registrasie Afdeling I.Q., Noordwes ProvinsieOnderverdeling en grootte: In 3 gedeeltes [Restant van Gedeelte 43 (5.33 Ha), Gedeelte 1487 (1 Ha) en Gedeelte 1488 (1.6 Ha)]Ligging van grond : Wynnestraat, Potchefstroom [Suid­oos van Potchefstroom]Naam van eienaar: Quattro Properties Trust [IT nr.11050/2006]Adres van gemagtige agent: J.J. Botha van H & W Town Planners, Posbus 1635, Potchef­stroom, 2520, Tel: (018) 297­7077 (HB 201318)Munisipale Bestuurder : Dr. B. MokgethiKennisgewingnommer : 118/2015

NOTICE OF APPLICATION TO DIVIDE LAND

The Tlokwe City Council hereby gives notice in terms of Section 6(8)(a) of the Division of Land Ordninance, 1986 (Ordinance 20 of 1986) read together with SPLUMA, Act 16 of 2013, that an application to divide the land describe hereunder has been received:

Further particulars of the application are open for in­spection at the Office of the Municipal Manager, room 210 on the second floor of the Dan Tloome Complex, corner of Sol Plaatjie Avenue and Wolmarans Street, Potchefstroom during normal office hours.

Any person who wishes to object to the granting of the application or who wishes to make representations in regard thereto, shall submit his objections or representa­tions in writing and in duplicate to the Municipal Manager at the above address or address it to her at PO Box 113, Potchefstroom, 2520 at any time within the period of 28 days from the date of the first publication of this notice.Date of first publication: 18 August 2015Description of land: Remaining Extent of Portion 43 of the farm Vyfhoek 428, Registration Division I.Q., North West ProvinceSubdivision and Size: Into 3 portions [Remainder of Portion 43 (5.33 Ha), Portion 1487 (1 Ha) and Portion 1488 (1.6 Ha)]Location of the land: Wynne Street Potchefstroom. [South East of Potchefstroom]Name of owner: Quattro Properties Trust [IT nr.11050/2006]Address of authorised agent: J.J. Botha of H & W Town Planners, PO Box 1635, Potchef­stroom, 2520, Tel : (018) 297­7077 (HB 201318)Municipal Manager: Dr. B. MokgethiNotice number: 118/2015

Kennisgewing Notice Kennisgewing Notice

Landlopers van Laerskool Mooirivier het op Saterdag 15 Augustus aan die Super 12-kompetisie by Konka naby Rustenburg deelgeneem en die skool het ‘n algehele sesde plek verower. Jhanco de Beer en Stefan Bezuidenhout (albei o.9) spog met onderskeidelik ‘n tweede en derde plek uit die moontlike 76 plekke. Die o.9-span het ook die spankompetisie gewen. Voor is Stefan Bezuidenhout en Jhanco de Beer. Agter is Ettiene Bezuidenhout en Chistoff Retief.

Kontak die NorthWest Independent met nuuswenke op (018) 294 3924/17

Page 8: NorthWest Independent - The newspaper Potch depends on

27 Augustus 2015 | Volume 9 | Week 35 | Tel: 018 294 3924/17 | [email protected] | Potchefstroom | Gratis • Free

My vriend Peet van Schalkwyk sê altoos dat belangstelling in sport bepaal word deur die onvoorspelbaarheid

van die uitslag. As die uitslag ‘n voldonge feit is voordat jy begin speel, stel min mense belang. Of die belangstelling taan as die een span die ander oorrompel.

Wat beteken die belangstelling in Sondag se wedstryd op Senwespark was na ‘n uur of twee drasties minder. Die Proteas was reeds lank voor etenstyd verwelk en die uitslag ‘n amper onvermydelikheid.

Maar omdat die Proteas en Black Caps krieket van ‘n soort gespeel het, was daar altyd die hoop dat iets kon gebeur. Dalk ‘n paar vinnige Nieu­Seelandse paaltjies. Dalk.

Teen vieruur het sommige wat gewoonlik kerkgangers is gewonder of hulle nie liewers kerk toe moes gegaan het en die prosessie later met een oog op die TV gevolg het nie.

Maar dit was mos krieket. En soos jy nie kerk toe gaan omdat die dominee altyd so mooi preek nie, gaan jy nie krieket toe net vir opwinding en wen nie.

Dit gaan oor die daarwees. Die sien in lewende lywe van die spelers wat jy so goed ken danksy TV se eindelose kykwere.

Dis ook goed om te sien hoe vinnig die bal regtig trek. Hoe blitsig die spelers beweeg om ‘n bal of te sny en die deelneem aan wat eintlik ‘n mediageleentheid was.

Daarom het 7 000 mense met hoop en koel­sakke opgedaag op ‘n pragtige dag. En toe die krieket effe verflou, was daar steeds die eet en drink, gesels en daar­wees.

Sesse was skaarser as hoendertande en AB het na die wedstryd erken sy grootste teleurstelling was hul vrot vertoning voor so ‘n lekker vol Senwenpark.

Maar dis hoe krieket werk. Dis onvoor­spelbaar.

Soos die kolfblad, wat toe die belangrikste “speler” blyk te wees. Stadig en sonder veel wip. Of wat ook al. Punt is die Proteakolwers kon dit nie uitwerk nie. En toe raak die blad (so wou dit lyk) net makliker. Was dit die koue oggende? Of te veel water? Daaroor sal die baanopsigter sy mening kan gee.

En ons kan ‘n paar “asse” uitdink: as die Proteas net vyftig meer lopies kon kry. As hulle die vangkanse benut het. As die Nieu­Seelanders nie so ‘n deksels goeie span was nie...

Omdat al hierdie vrae en “asse” uiteindelik nutteloos is, sal ons volgende keer weer daar wees.

¢ JANS WAARZEGGER SENIOR

Ai, die onvoorspelbaarheid van krieket!

Ja, vroue sal nie gewoonlik van so ‘n beskry­wing hou nie, maar in die geval van die ontwikkeling van die sport onder vroue, gaan dit goed hier in Noordwes.

Die Luiperds se vroue het reeds vir die eindstryd van die B-afdeling gekwalifiseer nadat hulle al drie hul wedstryde tot dusver gewen het. Die wedstryd teen die Valke Sater­dag op Olënpark is dus bloot van akademiese belang. Hulle plek vir die eindstryd op 12 September in Oos­Londen is reeds bespreek.

Onder die afrigting van Franklin Jackson floreer vrouerugby in die provinsie en het hulle reeds met die Leeus op Ellispark (22­5), die Limpopo Blou Bulle (47­10) en die Pumas in Witrivier (32­5) afgereken.

Die koeterwaals, of jargon, van rugby be­nadruk die rowwe beeld wat bestaan oor dié sport. Daar is ``losgemale’’ en ``losskrums’’ en spelers genaamd ``loskopstutte’’.

Min van ons dink aan vroue wanneer ons aan hierdie rofste van rowwe sportsoorte dink. Rugby word sedert sy ontstaan in 1823 oor­heers deur mans.

Voorheen was vroue se enigste werklike teenwoordigheid by rugby gewoonlik by die after­party waar een van hulle gekroon is as

die Rugby Koningin wat die voorreg het om deur dronk manne geserenade te word.

Die meeste vroue wat in Suid­Afrika wil rugby speel, kry veel meer uit dié sport as wat hulle tot dusver in die sogenaamde vrou­like sportsoorte kon kry.

Dit is gewoonlik vroue wat ‘n besige leef­wyse het en iets soek waarin hulle van hul frustrasies ontslae kan raak. Hulle meen hulle word baie fikser deur rugby te speel, terwyl die fisieke aard van die sport hulle help om van die stres van die daaglikse lewe ontslae te raak.

In Engeland speel vroue al meer as 40 jaar lank rugby. Nieu­Seeland is die suksesvolste span wat die Wêreldbeker vir vroue al vier keer gewen het. Vrouerugby groei wêreldwyd met rasse skrede met ‘n nuwe toernooi, die Vroue Wêreldbeker Sewes wat ook nou ont­staan het.

Die eerste Wêreldbeker vir vroue is in 1991 gehou toe Amerika hom gewen het. En vandag is vrouerugby die snel­groeiendste sport in Amerika.

In Suid­Afrika glo die meeste mans nog steeds dit is nie ‘n sport vir vroue nie. Maar hulle word naweek na naweek verkeerd bewys deur toegewyde mense wat help om die sport te laat groei.

Vrouerugby in Luiperdkontrei is spekvet en gesond ¢ ANNEMIE BESTER

‘n Dag vol rugby vind Saterdag op Olénpark plaas met die vroue wat om 12:45 op Potch­Dorp se veld teen die Valke afsklop. Die Luiperds se Juniors speel teen die Blou Bulle met die Onder 19’s 11:00 en die Onder 21’s 12:45 afskop. Die senior span begin hul aanslag in vanjaar se Eersteliga om 14:30 teen die SWD Arende. Kaartjies kos R10 vir volwassenes en kinders kry gratis toegang.