nr/no. 234 junie/june 2018 inhoudsopgawe...

16
1 van 16 NR/NO. 234 JUNIE/JUNE 2018 INHOUDSOPGAWE – CONTENT BLADSY / PAGE UIT DIE VOORSITTER SE PEN 2-3 GRADING RESULTS 4 KRY JOU DIESEL KORTING 4-5 SAPO – NUWE BESTURENDE TRUSTEE 6 FRUIT JUICE CONFERENCE 2018 7-8 CHINA IS CANNERS BIGGEST SUCCESS STORY 9-10 DIE NUWE WÊRELD VAN VERANDERING 11-14 IPV RAADSLEDE VIR 2018/2019 15 TEGNIESE INLIGTINGSDAG UITNODIGING 16 NUUSBRIEF uitgegee deur die NEWSLETTER issued by the INMAAKVRUGTE PRODUSENTE VERENIGING CANNING FRUIT PRODUCERS’ ASSOCIATION Hoofstraat 258 258 Main Street Posbus 414, PAARL 7620 P O Box 414, PAARL 7620 TELEFOON: 021-8721401 TELEPHONE: 021-8721401 FAKSIMILEE: 021-8722675 FAX: 021-8722675 E-pos: [email protected] Web page: www.canningfruit.co.za REDAKTEUR / EDITOR: WIEHAHN VICTOR Reproduction of articles from this Newsletter to acknowledge DIE KRAT and author. Herdruk van artikels in hierdie Nuusbrief moet DIE KRAT en die skrywer erken.

Upload: others

Post on 26-Jan-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: NR/NO. 234 JUNIE/JUNE 2018 INHOUDSOPGAWE ...canningfruit.co.za/wp-content/uploads/2016/07/Die-Krat...3 van 16 vrygestel kan word vir pluk Min oorskreidings vind plaas, maar produsente

1 van 16

NR/NO. 234 JUNIE/JUNE 2018

INHOUDSOPGAWE – CONTENT BLADSY / PAGE

UIT DIE VOORSITTER SE PEN

2-3

GRADING RESULTS

4

KRY JOU DIESEL KORTING

4-5

SAPO – NUWE BESTURENDE TRUSTEE

6

FRUIT JUICE CONFERENCE 2018

7-8

CHINA IS CANNERS BIGGEST SUCCESS STORY

9-10

DIE NUWE WÊRELD VAN VERANDERING

11-14

IPV RAADSLEDE VIR 2018/2019

15

TEGNIESE INLIGTINGSDAG UITNODIGING

16

NUUSBRIEF uitgegee deur die NEWSLETTER issued by the INMAAKVRUGTE PRODUSENTE VERENIGING CANNING FRUIT PRODUCERS’ ASSOCIATION Hoofstraat 258 258 Main Street Posbus 414, PAARL 7620 P O Box 414, PAARL 7620 TELEFOON: 021-8721401 TELEPHONE: 021-8721401 FAKSIMILEE: 021-8722675 FAX: 021-8722675 E-pos: [email protected] Web page: www.canningfruit.co.za REDAKTEUR / EDITOR: WIEHAHN VICTOR Reproduction of articles from this Newsletter to acknowledge DIE KRAT and author. Herdruk van artikels in hierdie Nuusbrief moet DIE KRAT en die skrywer erken.

Page 2: NR/NO. 234 JUNIE/JUNE 2018 INHOUDSOPGAWE ...canningfruit.co.za/wp-content/uploads/2016/07/Die-Krat...3 van 16 vrygestel kan word vir pluk Min oorskreidings vind plaas, maar produsente

2 van 16

UIT DIE VOORSITTER SE PEN Dit is weereens my voorreg om die verslag te doen oor die aktiwiteite van die Inmaakvrugte Produsente

Vereniging (IPV) van die afgelope 12 maande eindigend Februarie 2018. Die jaar was beslis een wat nie gou

vergeet sal word nie, ongelukkig as gevolg van uiters moeilike omstandighede. Die Inmaakbedryf was in die

“Perfect Storm” met die droogte, grootte en verspreiding van die oes, die grootte van vrugte, die wisselkoers,

pulp en puree pryse en swak bemarkingstoestande wat alles bygedra het tot ‘n afname in die

winsgewendheid van die bedryf. Die aktiwiteite van die vereniging bly egter onveranderd, of dit nou ‘n goeie

of ‘n swak jaar is. Dat ‘n swak jaar meer uitdagend is, is egter ‘n feit. Die feit dat ons as ‘n vereniging ons

sake kan bedryf, met vrywillige lidmaatskap van 100% van inmaakprodusente is uniek in die landboubedryf

en ek glo werklik tot voordeel van die bedryf in sy geheel gesien.

Die rol van die IPV, wat ‘n produsente organisasie is, en sy waarde vir produsente word na my mening soms

te gering geskat. ‘n Strategiese sessie is in Junie 2017 gehou waar die rol van die IPV, sy funksies,

opvolgbeplanning en die struktuur van die vereniging bespreek is. Vergaderings is met Hortgro gehou om

moontlike samewerking te bespreek, veral waar daar oorvleueling voorkom soos byvoorbeeld met

kernmaatskappye soos die LNR, SAPO, Culdevco en PROVAR. Die aksieplanne wat gemaak is word tans nog

verder ondersoek of reeds in werking gestel. Die behoefte aan goeie kommunikasie aan die produsent is ook

as ‘n tekort geïdentifiseer, en daadwerklike pogings is aangewend om dit te verbeter. ‘n Inligtingsdag vir

L&AF produsente is in September gehou waar die opskorting van die leweringskontrak bespreek is.

Individuele en groepe produsente het ook met die bestuurder en myself vergader, en het waardevolle

argumente of besware onder ons aandag gebring. Hierdie insette word waardeer aangesien dit ‘n ander

perspektief bring tot die bedryf. Die vraag by produsente moet altyd wees: “Wat doen die vereniging vir

my?” en “Kry ek waarde vir die heffing wat ek betaal?”. Ek glo regtig dat ons in ‘n baie swakker posisie sou

gewees het as dit nie was vir die rol wat die IPV in die bedryf speel nie. Die vereniging, met jare se

ondervinding en begrip moet beheer hou oor byvoorbeeld graderingsregulasies en MRL lyste eerder as dat

die Inmakers die rigting gee.

Die opskorting van die langtermyn leweringskontrak by L&AF het groot rimpelings in die bedryf veroorsaak

en dit is kommerwekkend dat geen finaliteit tot op hede vir die toekoms aangaande ‘n nuwe kontrak beding

is nie. Ek kan die versekering gee dat met meer as 15 vergaderings gehou oor die afgelope twee jaar met

L&AF bestuur, asook met Tiger Brands Uitvoerende bestuur dat ons baie voorstelle wat baie negatief vir ons

as produsente is van die tafel kon kry. Die situasie bly egter benard. ‘n Regsmening is verkry om die

eensydige verandering aan die “ou” kontrak te toets. Die Hoofbestuurder sal in sy verslag meer aandag

hieraan gee. Goeie verhoudings tussen alle rolspelers is belangrik in ons bedryf, en veral nou dat ons in

hierdie” Perfect Storm” is.

Finansieël is die vereniging en die IPV Navorsingstrust in ‘n gesonde toestand. Die invorderings uit die heffing

van 1% sal agv kleiner oeste en laer pryse beslis in die volgende jaar afneem. Die beleggings gemaak het

egter bevredigend presteer. My dank aan die 100% van produsente wat so getrou hulle vrywillige heffing

betaal.

Page 3: NR/NO. 234 JUNIE/JUNE 2018 INHOUDSOPGAWE ...canningfruit.co.za/wp-content/uploads/2016/07/Die-Krat...3 van 16 vrygestel kan word vir pluk Min oorskreidings vind plaas, maar produsente

3 van 16

Min oorskreidings vind plaas, maar produsente word tog gemaan om streng volgens spuitaanbevelings te

hou aangesien ons nie ‘n listeriosis situasie of ‘n pynappel Cadmium situasie kan bekostig nie. Dit help nie jy

spog by die buurman om die braaivleisvuur oor hoe jy die stelsel omseil het nie – voedselveiligheid gaan al

hoe strenger raak.

Die vereniging handhaaf steeds sy noue verbintenis met AGRI-SA en AGRI-WesKaap, met Mnr.Victor wat

gereeld vergaderings van die Algemene Raad in Pretoria bywoon. Fanie van der Merwe is die

sagtevrugtebedryf se verteenwoordiger vir Georganiseerde landbou. Die Hortforum vergaderings tesame

met ons susterbedrywe aan die vars en droog kant vind ook gereeld plaas.

Die inligtingsdag gehou tesame met DTD op Robertson is weer goed bygewoon met sprekers wat interessante

onderwerpe dek wat direk op plase toegepas kan word. In Oktober is ‘n lede inligtingsdag gehou op vier

plekke naamlik Montagu, Robertson, Ceres en Rawsonville. Die kleiner vergaderings is goed bygewoon en

produsente kon ‘n voorskou kry oor wat in die seisoen te wagte is nadat die Hoofbestuurder die Anuga

voedselskou bygewoon het. Die Krat het 5 keer verskyn en is regtig ‘n goeie bron van informasie vir

produsente met ‘n wye reeks onderwerpe wat gedek word.

Die vereniging is steeds betrokke by die boompie projek. Sekretariële dienste word aan die Koejawel

Produsente vereniging gebied.

Die gebou word goed onderhou met verfwerk wat plaasgevind het. Die leë kantore word uitverhuur.

Om Koningin Elizabeth uit 1992 aan te haal, kan ek sê:”2018 is not a year on which I shall look back with

undiluted pleasure, it has turned out to be an annus horribilis.”

Ongelukkig lyk die vooruitsigte ook nie rooskleurig nie. As ‘n Produsente Organisasie sal ons die uitdagings

saam moet aanpak om ‘n volhoubare bedryf te kan hê. In ons Hoofbestuurder het ons ‘n man wat nie sy

gelyke in die wêreld inmaakbedryf het nie. Dankie aan jou en jou personeel vir die werk wat jy namens ons

as produsente doen Wiehahn. Raadslede, dankie vir die insette wat julle namens julle streke lewer en

laastens aan die produsente, dankie vir die ondersteuning, raad en goeie wense wat dikwels aan die

vereniging gerig word.

ANTHONY DICEY

Gereelde vergaderings is op Uitvoerende- en Raadsvlak gehou, met

raadslede wat getrou vergaderings bywoon en vanuit hulle areas verslag

doen met ons omgewingsverkenning. Die droogte het beslis baie aandag

gekry. Die komitees waarop raadslede dien en waar die meeste werk

gedoen word het ook vergader. Hierdie komitees sluit in die

Oesskattingskomitee, Navorsing en Ontwikkelings komitee en die

Chemiese Spuitstof komitee. Die vereniging het sitting op die rade van

Culdevco wat vir die kommersialisering van LNR cultivars verantwoordelik

is, SAPO en SPV/ Plant SA wat plantverbetering hanteer en Fruitfly Africa

wat vir die monitering en loslaat van steriele vlieë en lugspatte

verantwoordelik is. Die hantering van spuitstofmonsters word deur die IPV

gedoen en danksy die goeie verhouding wat ons het met die laboratorium

van Hearshaw en Kinnes kan ons vinnig resultate terugkry sodat boorde

vrygestel kan word vir pluk ANTHONY DICEY

Page 4: NR/NO. 234 JUNIE/JUNE 2018 INHOUDSOPGAWE ...canningfruit.co.za/wp-content/uploads/2016/07/Die-Krat...3 van 16 vrygestel kan word vir pluk Min oorskreidings vind plaas, maar produsente

4 van 16

GRADING RESULTS The industry average grading results for the past season in comparison with the previous season are given

below:

Fruit delivered for

canning purposes

Canning Grade 1

%

Canning Grade 2

%

Under Grade

%

2016/2017 2017/2018 2016/2017 2017/2018 2016/2017 2017/2018 Apricots 98,2 94,7 1,3 3,1 0,5 2,2

Clingstone Peaches

95,6 95,0 2,1 2,6 2,3 2,4

BC Pears 96,2 95,7 1,9 1,7 1,8 2,6

KRY JOU DIESEL KORTING Diesel is ‘n belangrike insetkoste vir menige boer. Wat die landbou se totale uitgawes aan

intermediêre goedere en dienste betref, verteenwoordig brandstof ongeveer 9% (R12 Miljard)

vir die 2016/2017 finansiële jaar.

Die uitbetaling van dieselkortings is gekoppel aan ander departemente in die Suid-Afrikaanse

Inkomstediens (SAID),byvoorbeeld BTW en Debieture. Belastingbetalers moet vertroud wees

met hul netto posisies ten opsigte van dieselkortings en BTW, want dit beïnvloed die

verwerking van terugbetalings.

Source: CANNING FRUIT PRODUCERS’ ASSOCIATION

Terwyl dieselkortings as ‘n noodsaaklike

ondersteuningsmaatreël dien, is daar spesifieke

uitdagings waarmee die stelsel te kampe het.

Byvoorbeeld, die dieselkortingstelsel word

tesame met die stelsel vir belasting op

toegevoegede waarde (BTW) geadministreer, dus

moet boere geregistreer wees vir BTW ten einde

toegang tot die dieselkortingstelsel te verkry.

Page 5: NR/NO. 234 JUNIE/JUNE 2018 INHOUDSOPGAWE ...canningfruit.co.za/wp-content/uploads/2016/07/Die-Krat...3 van 16 vrygestel kan word vir pluk Min oorskreidings vind plaas, maar produsente

5 van 16

Nakoming van logboek vereistes is ook ‘n probleem. Daar

is onsekerheid oor die spesifieke logboekvereistes wat

deur ouditeure gebruik word en dit kan aanleiding gee tot

vertragings in die ouditproses en terugbetaling van

dieselkortings. Let daarop dat dieselkortings

“Voorwaardelik/voorlopig” is in die sin dat tot dat tyd en

wyl ‘n eis geouditeer is, die SAID ‘n dieselkorting wat in

die verlede toegestaan is, kan omkeer.

TEGNOLOGIE KAN HELP

Daar is ‘n verskeie tegnologie-gedrewe opsies wat kan

help om rekord te hou van diesel wat uitgereik word en

om boek te hou van die beweging van spesifieke voertuie

ten einde verslag te kan doen oor waar die voertuie

gebruik is. Dit kan ook gekoppel word aan ‘n spesifieke

operateur en ‘n spesifieke boerdery-aktiwiteit.

Sodanige tegnologieë kan van groot hulp wees om die

administratiewe las van rekordhouding vir elk van

hierdie items te verminder. Die tegnologieë moet egter

deel uitmaak van die totale administratiewe meganisme

(toolkit) wat boere gebruik om te verseker dat al die

nodige inligting versamel word en dan volledig

aangeteken en behou word in die formaat soos vereis

deur die SAID.

Indien ‘n boer vertragings ervaar, is dit belangrik om met

die SAID se kontraksentrum te praat en die verwysingsnommer vir die oproep aan te teken.

Indien daar nie aandag gegee word aan die saak nie, kan die verwysingsnommer(s) gebruik

word om die saak by ‘n hoër gesag aan te meld.

DR REQUIER WAIT, AGRI SA

Uit: MPO Dairy Mail

WENKE

Boere word aangemoedig om

duidelike en gedetaileerde rekords

by te hou, met inbegrip van

stawende dokumentasie. Intussen

kan boere die volgende wenke in

verband met dieselkortings

oorweeg:

➢ Eis die dieselkorting op grond

van verbruik en nie aankope nie.

➢ SAID-ouditeure kan ‘n logboek

versoek van produsente wat van

dieselvoertuie gebruik maak;

maak dus seker hierdie rekords

is op datum.

➢ Hou noukeurig rekord van

dieselverbruik op die plaas

(vanaf hoofverspreidingspunte):

o Datum waaop diesel

uitgereik/geresepteer is;

o Hoeveelheid diesel

uitgereik;

o Beskrywing van voertuig;

o En doel waarvoor diesel

aangewend word.

LET WEL: Ervaring met oudits het

bewys dat die SAID ‘n produsent

ook kan versoek om aan te dui waar

op die plaas die aktiwiteit plaasvind.

Page 6: NR/NO. 234 JUNIE/JUNE 2018 INHOUDSOPGAWE ...canningfruit.co.za/wp-content/uploads/2016/07/Die-Krat...3 van 16 vrygestel kan word vir pluk Min oorskreidings vind plaas, maar produsente

6 van 16

Voorts was hy ook die Hoof van PPECB se Inspeksie Afdeling, die grootste enkele

besigheidsdepartement in die organisasie met ‘n personeelkorps van meer as 300,

nasionaal gesetel. Shawn het ook voorheen gedien as Internasionale Voorsitter van

die “Organization for Economic Cooperation and Development (OECD)”se komitee

vir Vars Vrugte en Groente en het SA se belange ook verteenwoordig by die

Verenigde Nasies, spesifiek met betrekking tot Vars Produkte.

Verder het hy in 2015 sy Meestersgraad in Besigheidsbestuur en Adminstrasie (MBA)

by die Universiteit van Stellenbosch suksesvol voltooi en is passievol oor strategiese

bestuur, leierskap in die 21ste eeu en die daarstel van ‘n trots Suid-Afrikaanse

identiteit. In sy vrye tyd lees hy graag, hou van braai en spandeer grootliks tyd met

sy vrou Verushca en 2 kinders, Corin en Zion.

Shawn is baie opgewonde oor die toekoms van SAPO Trust en sien uit daarna om

met die inmaakbedryf te skakel in die nabye toekoms. As Bestuurshoof van dié

organisasie is dit sy wens dat SAPO konstant in voeling sal bly met die dinamika van

die veranderende markomgewing in die inmaakbedryf en sodoende dié bedryf

bedien met top kwaliteit plantmateriaal, ‘n uitstekende waardeproposisie en ‘n

besigheidsmodel in lyn met internasionale beste praktyke.

SHAWN COETZEE

Die Suid-Afrikaanse Plantverbeterings Organisasie (SAPO)

Trust het ‘n nuwe Besturende Trustee, Shawn Coetzee

aangestel vanaf Mei 2018.

Shawn is ‘n bekende in die landboubedryf en was tot

onlangs werksaam by die Raad van Toesig oor die Uitvoer

van Bederfbare Produkte, beter bekend as die PPECB. By

hierdie instansie het hy verskeie baanbrekerswerk verrig met

die daarstelling van ‘n reeks strategiese programme en

departmente ten doel om die mededingendheid van

verskeie Suid-Afrikaanse (SA) industrieë te bevorder.

SAPO TRUST STEL

NUWE BESTURENDE TRUSTEE AAN

Page 7: NR/NO. 234 JUNIE/JUNE 2018 INHOUDSOPGAWE ...canningfruit.co.za/wp-content/uploads/2016/07/Die-Krat...3 van 16 vrygestel kan word vir pluk Min oorskreidings vind plaas, maar produsente

7 van 16

130 delegates attend SAFJA’s first fruit juice conference in May

In May this year, SAFJA held their first fruit juice conference at SPIER, Stellenbosch in

collaboration with international partners the IFU and SGF. The conference was organized “for

the industry, by the industry” with the key theme of “sharing and learning” from one another

both nationally and internationally.

The IFU is the international fruit & vegetable juice association representing the interests of the

worldwide juice community in the fields of legislation; science & technology; methods of

analysis; and promoting the benefits of fruit juice. The SGF is an independent industrial

association focussing on all matters concerning quality, safety, authenticity and sustainability

especially in terms of self- control platforms. They brought important and current insights into

the global and emerging trends, as well as support and services that are available to the

industry.

In line with our theme of sharing and learning we had a full agenda of 14 speakers from

Germany, France, Switzerland, Austria, Italy, UK, Kenya and South Africa. Even more

encouraging was that our speakers presented to a full house of 130 delegates from 60

companies across South Africa including industry leaders, purchasing and sales managers,

technical and research specialists. Delegates were from all sectors of the fruit juice industry

FRUIT JUICE CONFERENCE

2018

Page 8: NR/NO. 234 JUNIE/JUNE 2018 INHOUDSOPGAWE ...canningfruit.co.za/wp-content/uploads/2016/07/Die-Krat...3 van 16 vrygestel kan word vir pluk Min oorskreidings vind plaas, maar produsente

8 van 16

including fruit juice processors and suppliers of fresh fruit and vegetables, packaging materials

ingredients, equipment, services and customers.

Of course an App can’t replace face to face networking and there were ample opportunities for

networking during the day and into the evening and social interaction was aided by good food

and good wine from the surrounding vineyards.

The feedback was overwhelmingly positive with 98% rating the event good to excellent.

Participants left with a deeper understanding of the fruit juice industry, new connections and

contacts and eagerly looking forward to the next event.

We would like to thank our sponsors Citrusco, Bucher Unipektin, JBT, Tetra Pak, Eurofins,

Cibustec and Anuga Foodtec for their participation and support.

RUDI RICHARDS, SAFJA

www.safja.co.za

The diversity of speakers and attendees ensured that the agenda

and discussions covered a wide range of topics of interest

including industry and market trends and issues; processing

technologies; analytical methods, instruments and controls;

value chain audits, analysis and certification; as well as

sustainability and environmental issues. Delegates were also

encouraged to pose questions and we had an interactive

questions and answers session after each presentation.

There was a genuine willingness to share knowledge and

collaborate. This is not an easy thing in South Africa when

competitors are brought together.’(Attendee feedback)

Participants were able to use the Fruit Juice Events Mobile App to

read up about the programme, see speakers and attendee’s

profiles, pose questions to the speakers and continue networking

after the event.

Page 9: NR/NO. 234 JUNIE/JUNE 2018 INHOUDSOPGAWE ...canningfruit.co.za/wp-content/uploads/2016/07/Die-Krat...3 van 16 vrygestel kan word vir pluk Min oorskreidings vind plaas, maar produsente

9 van 16

CHINA IS SA CANNERS’ BIGGEST SUCCESS STORY IN TERMS OF EXPORT MARKET GROWTH

Atwood-Palm is part of the twenty-three companies that are assisted by the Department of Trade

and Industry (the dti) to showcase local agro-processing products and services at the South African

Pavilion that is hosted at the 19th SIAL China International Trade Fair for Food that is currently

underway in Shanghai, China. the dti offers financial and non-financial support to emerging and

established exporters to access global markets, through the Export Marketing and Investment

Scheme (EMIA).

The General-Manager of the South African Fruit and

Vegetable Canners Export Council (SAFVEC), Ms Jill

Atwood-Palm says that Chinese market has

continuously been her organisation’s export success

story in terms of market growth. She reckons that the

decision to showcase their services at this year’s SIAL

China International Trade Fair for Food was a direct

response to harnessing this growth and

consolidating their presence.

SIAL China is a leading platform where

international producers and manufacturers of

food products, wines, spirits and food service

equipment compete for China’s lucrative food

and beverage market valued at an estimated one

trillion Euros.

Mpho Hlahla (Consul-General – SA Consulate Shanghai);

Jill Atwood-Palm (GM SAFVCEC)

Page 10: NR/NO. 234 JUNIE/JUNE 2018 INHOUDSOPGAWE ...canningfruit.co.za/wp-content/uploads/2016/07/Die-Krat...3 van 16 vrygestel kan word vir pluk Min oorskreidings vind plaas, maar produsente

10 van 16

“Our focus is more is centred around the Chinese hospitality sector where we supply approximately

40% of our processed fruit to the Asian market. More than 15% of that represents exports to both

China and Hong Kong. It is this demand that drives into our continuous efforts to cement a solid

base,” said Atwood-Palm.

She said that SAFVEC’s role is aligned to that of the Department of Trade and Industry (the dti)

whereby they assist the industry with market access and to grow the market.

Atwood-Palm did caution that success within the Chinese market will require creative methods

seeing that there are countless competitors that are also looking to stamp their authority within the

same market.

“From the top of my head I can single out both Chile and Greece as being in direct competition with

us. What sets us apart is that we have focussed our efforts in the confectionary industry. Our

products are renowned for their high standards and are manufactured in production facilities that

have adopted world-class manufacturing practices in full-compliance with both product quality and

food safe certifications. Coupled with this, the natural attributes of the South African raw materials,

namely colour, texture and taste, rank these our products as some of the best in the world,” she

said.

Caption: Ms Jill Atwood-Palm at the 19th SIAL China International Trade Fair for Food in Shanghai,

China.

Enquiries:

Sidwell Medupe-Departmental Spokesperson

Tel: (012) 394 1650

Mobile: 079 492 1774

E-mail: [email protected]

Issued by: The Department of Trade and Industry

Follow us on Twitter: @the_dti

Page 11: NR/NO. 234 JUNIE/JUNE 2018 INHOUDSOPGAWE ...canningfruit.co.za/wp-content/uploads/2016/07/Die-Krat...3 van 16 vrygestel kan word vir pluk Min oorskreidings vind plaas, maar produsente

11 van 16

DIE NUWE WÊRELD VAN VERANDERING

BLOCKCHAIN EN GAME OF DRONES VIR BOERE

Die nuwe ‘nou’ is anders as waaraan ons aardbewoners gewoond is. Die nuwe ‘nou’ se tema is verandering

en dit wat gebeur op ander plekke affekteer waar jy bly, net die impak is wisselend. Die tema is ook

kompleksiteit – verby is die eenvoud van die plaas en verby is die stroom wat vloei teen ‘n voorspelbare

tempo. Die spoed is by tye angswekkend en die kompleksiteit onpeilbaar.

Om deel te wees van die wêreldwye voedselstelsel is vir die vrugteboerderye nie nuut nie. Vanaf die

Molteno’s en ander baanbrekers in die bedryf nuwe weë oopgebreek het in die vroeë 1900, is Suid-Afrika op

die voorfront van tegnologie en verandering. Suid-Afrika het baanbrekers werk gedoen in die vrugtebedryf

en was aan die voorpunt van nuwe ontwikkeling. Die groot uitdaging die afgelope twintig jaar, was om nie

daardie voorsprong te verloor nie. ‘n Uitdaging wat al groter raak omdat die wêreld spreekwoordelik wat

verandering en tegnologie aanbetref, by die tweede deel van die skaakbord is, en dit wat vir ons die volgende

twintig jaar wag, eksponensieel gaan toeneem in spoed en kompleksiteit. Die vennootskap tussen die

privaatsektor, bedrywe, instansies en regerings gaan meer belangrik word of verdwyn en is die besluit tussen

relevant bly of verdwyn.

Hoe lyk die wêreld wat vir boerderye wag die volgende twintig jaar?

Die verandering wat digitalisasie en tegnologie meebring veranderlik lewens, besighede en stelsels

onherroeplik. Die nuwe boerdery is waarskynlik ‘The Game of Drones’, Smartfood wat die digitale

voedselwaarde indeks vir kossoorte, Pink Lady appel-plakkers wat met jou kommunikeer en ‘n selfoon gerig

op ̀ n vrug, verskaf die voedselketting van plaas tot supermark, digitaal en onmiddellik. Blockchain tegnologie

gaan voedselveiligheid en -bedrog verminder, die logistieke ketting van plaas tot supermark bestuur en

vertroue verseker tussen produsent en supermark.

Blockchain het die potensiaal om die logistieke ketting van die verskaffer tot die verbruiker te verkort en

algehele, visuele deursigtigheid is hierdeur ‘n gegewe. Die tegnologie het altyd ‘n kant wat die lewe beter

maak en ‘n skadukant. Blockchain kan die druk van voedselaktiviste laat toeneem, wat die volhoubare

boerdery metodes ‘n gegewe sal maak.

Page 12: NR/NO. 234 JUNIE/JUNE 2018 INHOUDSOPGAWE ...canningfruit.co.za/wp-content/uploads/2016/07/Die-Krat...3 van 16 vrygestel kan word vir pluk Min oorskreidings vind plaas, maar produsente

12 van 16

Die produsente gaan die verhouding tussen drukgroepe, soos die GMO versus die organiese bedrywe moet

bestuur, want nodeloos om te meld, is die muti-miljoen bedrywe om geld en veld, aan die baklei, met die

boer in die middel van dié stryd. Boerdery in Suid-Afrikaanse vrugtebedrywe, is reeds hoogs tegnologies

ingesteld en is die toepassing van nuwe tegnologie in lyn met die ontwikkelde lande se boerderye. Pakstore

maak reeds gebruik van ekstensiewe AI (Artificial Intelligence) en word elementêre robotte ingespan om

herhalende roetine werk te doen.

Die Cropscout, ‘n gesofistikeerde landbouwerker robot is reeds in ‘n toetsfase, en kan die masjientjie met sy

rooi pet, die beste boordmonitor derglik wees. Die uitdaging om die massa mens in die wêreld te voed is

voor landbou se deur en tegnologie kan die knoop deurhak, maar die uitdaging is om tegnologie tot voordeel

van die mens aan te wend en ‘Intelligence Assistance’ die fokus te maak deur steeds gesonde verstand en

verbeelding in te span, steeds kritiese denke en analitiese vermoëns vir oplossings te ontwikkel. ‘n

Wegbeweeg van die tropdier mentaliteit, is wat die mensdom (klem weereens op die dom) gaan red van

Androiedes, wat die kitaar kan slaan, waarop die mens gaan met dans. Dit gesê, is die skrif aan die muur

dat landou toenemend ‘n kennis industrie gaan word en waarskynlik gaan boerdery ‘n uiters opwindende en

hoogs geskoolde beroep word.

Klimaatsverandering is die tweede vlaag van veranderinge. In die Wes-Kaap is die versengende droogte vir

eers gebreek, maar die watervlakke is nie naastenby verby krisis vlakke nie. Gemiddelde temperature is

steeds ongekend hoog en koue eenhede, nie wat die bome nodig het. Die groot vraag is, is die tendense die

nuwe normaal of is die verskynsels slegs ‘n siklus. Wie sal weet? Die realiteit is dat klein klimaatsverandering,

gegooi in die pot met toenemende bevolkingsdruk, verstedeliking en minder reën voorspel moeilikheid. Met

die waterdruk groter, is die geveg tussen stede en plase opnuut in die publieke domein.

Die druk op natuurlike hulpbronne raak toenemend groter en die impak van die mens op die natuur enorm.

Die laat die verantwoordelikheid om volhoubaar te leef en te werk groter. Oorontginning van hulpbronne

kan uitloop op die onvolhoubaarheid, met katastrofiese gevolge. Soos die gat in die osoonlaag omgedraai is

(of die nou feit of fiksie was, is ‘n ander debat), kan klimaatsverandering deur die impak van GHG’s (Green

House Gas) omgedraai word. Skynbaar soos wat ‘n enorme olie vaartskip omgedraai moet word, maar

omdraai is moontlik en soos Annelies, my vriendin werksaam by die Verenigde Nasies se klimaatsverandering

vergaderings sê, nie deur korporasies of regerings nie, maar deur Jan Alleman en Boer Alleman. Die weer

Page 13: NR/NO. 234 JUNIE/JUNE 2018 INHOUDSOPGAWE ...canningfruit.co.za/wp-content/uploads/2016/07/Die-Krat...3 van 16 vrygestel kan word vir pluk Min oorskreidings vind plaas, maar produsente

13 van 16

het reeds vir die mensdom sy verkeerde kant gegee en gaan dit in alle waarskynlikheid nog meer gee en om

dit te bestuur, is nuwe boerdery denke krities. Die bestuur van hulpbronne, die gebruik van energie, die

aanwend van tegnologie en mense en die integrasie van mens en masjien, vir langtermyn volhoubaarheid en

-leef is essensieel vir oorleef. Verder is dit gereedskap om die veranderinge wat kom, te kan bestuur. Die

sirkulêre ekonomie aanpassings gaan nodig wees om ‘n plek in die uitvoer kosketting te behou, veral in die

uitvoer segment waar ons koste kilometers hoog is. Volhoubaar boer is die boerdery van die toekoms en die

voorkeurproduk vir die verbruiker.

Geopolitieke spanning en die vorming van internasionale handelsblokke, het die potensiaal om ontluikende

markte, soos Suid-Afrika te ontspoor. Die marginalisasie van lande soos Suid-Afrika in die groter stryd om

mag en ekonomiese posisie, maak dat allemansvriend kan opeindig as niemandsvriend. Die nuwe spel, is die

spel van kennis en is die wêreld nie meer in die “space race” nie, maar in die “bots race”. President Vladimir

Putin se opmerking dat die lande wat AI (Articificial Intelligence) beheer, beheer die wêreld, is nie net ‘n

ligsinnige opmerking nie. Waar grond die roete na rykdom was, is die nuwe roete Apps of Applikasies vir

tegnologie die plaasvervanger. President Trump se hantering van handelsooreenkomste en nuwe

handelsbeperkinge, kan die rentekoerse weer aan die laat negentigs herinner – ‘n nagmerrie vir die kontant-

vraatsug van vrugte boerderye. Inflasie en rentekoerse is bedmaats en daarmee saam, gaan insetkoste, baie

boerdery onvolhoubaar maak. Die oop ekonomie van Suid-Afrika gaan steier onder so ‘n dwarsklap en kan

die domino effek net dit wees wat populiste petrol gee.

Op ‘n ligter noot, kan mense met ‘n korrekte BMI (Body Mass Indeks) deur Jan Taks koolstofkrediete of

belastingstoegewings gegee word en kan dit weerhou word van die wat lei aan vetsug. Daar word gereken

dat meer as die helfte van die wêreld bevolking aan vetsug gaan lei en daarmee een kwart aan diabetes. Wat

gemaak met die koolstofkrediete is nog ‘n ope vraag – dalk BTW afslag? Suid-Afrika se vetsug statistiek oor

tien jaar is amper vyftig persent van die bevolking en daarmee is diabetes parallel, wat as ‘n groter pandemie

as HIV Vigs kan ontwikkel. Gesond eet as teenvoeter vir vetsug is gesonde eetgewoontes en is die

vrugtebedryf goed geposisioneer om as ‘n gesonde kossoort ‘n plek in die mark vol te staan. Die teendeel is

dat die eetpatrone van Millenials (waaruit die grootste deel van Suid-Afrikaners bestaan) anders lyk en dat

vrugte nie noodwendig hul voorkeur kossoort is nie. Die bemarking spanne sal vrugte as ‘n hip en cool produk

moet voorhou om die markaandeel te behou en te vergroot.

Page 14: NR/NO. 234 JUNIE/JUNE 2018 INHOUDSOPGAWE ...canningfruit.co.za/wp-content/uploads/2016/07/Die-Krat...3 van 16 vrygestel kan word vir pluk Min oorskreidings vind plaas, maar produsente

14 van 16

Die R&D (Research and Development) van die kennis industrie is noodsaaklik vir oorlewing as internasionale

kosprodusente. Die agterstand in die ontwikkeling van tegnologie, die swak bestuur van klimaatsverandering

en die swak posisionering binne geopolitieke blokke, met Suid-Afrika se eie interne “oorloë” en breindrein

daarmee saam, het ‘n negatiewe impak op die vrugtebedryf se eie navorsing en ontwikkeling van kundigheid

en tegnologie. Waar die Suid-Afrikaanse vrugtebedrywe gerespekteer op die voorpunt was van ontwikkeling

en navorsing was, raak die bedrywe toenemend minder relevant en word Sub-Sahara Afrika net so terloops

genoem as dit kom by belegging in ‘Green Bonds’, gerekende internasionale rolspeler en tegnologie

ontwikkelaar. Suid-Afrika word as divers en uitdagend gemeld. Die gaan hakke inskop kos, om die aansien

te herwin en met die nasionale uitdagings en interne korrupsie in die regering, gaan die oplossings

waarskynlik tussen korporasies en privaat instansies wees.

Hopelik sal die nuwe fokus en groei in kapasiteit en minder korrupte instansies, die weg baan om die

geleentheid te ontsluit.

Hierdie is maar sigbare veranderinge, die onderstrominge en veranderinge op die horison is nog velerlei. Die

toekoms is kompleks, opwindend en angswekkend, besluit self watter woord eerste in die gemoed val. Wat

ek wel weet ‘n boer maak ‘n plan en in die nuwe wêreld van verandering en kompleksiteit, is daar geen

plaasvervanger vir intelligensie nie...solank die regering net die omgewing en institusionele raamwerk kan

skep, om sodoende die nuwe toekoms te bou.

DEIDRE EIGELAAR, ACHTERVLEI PIKETBERG

Die laaste positiewe aspek van verandering, is

Afrika as ‘n ontwikkelde mark met ‘n snel groeiende

middelklas en verstedeliking wat toeneem, hou

geleenthede in vir die vrugtebedryf. “Africa on the

rise” is goeie nuus vir vrugte uitvoere na Afrika, al is

die proses meer ingewikkeld as uitvoer na Europa en

Amerika.

Page 15: NR/NO. 234 JUNIE/JUNE 2018 INHOUDSOPGAWE ...canningfruit.co.za/wp-content/uploads/2016/07/Die-Krat...3 van 16 vrygestel kan word vir pluk Min oorskreidings vind plaas, maar produsente

15 van 16

IPV RAADSLEDE VIR 2018/2019

Tydens die Algemene Jaarvergadering, wat gehou is op 14 Junie 2018, is die volgende Raadslede

eenparig verkies om in die onderskeie areas as verteenwoordigers op die IPV Raad te dien vir die

2018/2019 termyn.

Tydens die eerskomende Raadsvergadering van 16 Augustus 2018 sal die Voorsitter, Vise-

Voorsitters en die onderskeie komitees van die Vereniging verkies word.

VOORSITTER: A G DICEY

VISE VOORSITTERS: J J ESTERHUYSE EN F J VAN DER MERWE

ERE PRESIDENTE: A V VAN DER MERWE EN J P THERON

AREA VERTEENWOORDIGER

Citrusdal / Porterville / Piketberg D J Eigelaar

Tulbagh J H Theron

Wolseley A G Dicey

Worcester / Breërivier F R Botha

Ceres: Swaarmoed A F Smith

Ceres: Koue Bokkeveld F J van der Merwe

Ceres: Witzenberg Vallei I S Hanekom

Ceres B J van Rensburg

Prince Alfred Hamlet P du Plessis

Ladismith / Calitzdorp / Oudthsoorn W M Nel

Swellendam / Barrydale J Kriel

Ashton G Smuts

Bonnievale H L F van der Merwe

Montagu / Koo D van Deventer

Montagu / Koo J J Esterhuyse

Robertson K de Wet

Grabouw / Paarl / Caledon / Villiersdorp A G le Roux

Joubertina / Uniondale J C Strydom

Page 16: NR/NO. 234 JUNIE/JUNE 2018 INHOUDSOPGAWE ...canningfruit.co.za/wp-content/uploads/2016/07/Die-Krat...3 van 16 vrygestel kan word vir pluk Min oorskreidings vind plaas, maar produsente

16 van 16

TEGNIESE INLIGTINGSDAG

Neem asseblief kennis dat die Inmaakvrugte Produsente Vereniging

weer soos in die verlede ‘n Tegniese Inligtingsdag gaan aanbied.

WOENSDAG 29 AUGUSTUS 2018

OM 09:00

TE GRAHAM & RHONA BECK

OPLEIDINGSENTRUM,

ROBERTSON