ns gee om - moreletapark assosiasie · 2 wat doen die mpa? die mpa fokus daarop om leraars en...

16
ONS GEE OM mpa JAARVERSLAG 2016-17 MORELETA PARK ASSOSIASIE VENNOOTSKAP VIR GROEI

Upload: others

Post on 08-Feb-2020

13 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: NS GEE OM - Moreletapark Assosiasie · 2 Wat doen die mpa? Die mpa fokus daarop om leraars en gemeenteleiers te ondersteun, te begelei en op te bou vir die eise en uitdagings van

ONS GEE OM

mpa JAAR VERSLAG2016-17

MORELETA PARK ASSOSIASIEV E N N O O T S K A P V I R G R O E I

Page 2: NS GEE OM - Moreletapark Assosiasie · 2 Wat doen die mpa? Die mpa fokus daarop om leraars en gemeenteleiers te ondersteun, te begelei en op te bou vir die eise en uitdagings van

1. Boodskap van die Voorsitter 1

2. Moreletapark Assosiasie 2

3. mpa Byeenkomste 3

4. Dinamiese Jongleraars 5

5. Weg konferensies 6

6. mpa Na Buite 7

7. mpa Span en Medewerkers 10

8. mpa Gebed 12

9. mpa Finansies 12

10. Ons groet 13

INDEKS

Page 3: NS GEE OM - Moreletapark Assosiasie · 2 Wat doen die mpa? Die mpa fokus daarop om leraars en gemeenteleiers te ondersteun, te begelei en op te bou vir die eise en uitdagings van

In Ps 16:6 praat Dawid van “’n Pragtige deel is vir my afgemeet, ja, wat ek ontvang

het, is vir my mooi.” Die jaar se mpa aktiwiteite was baie soortgelyk as dié van

die vorige jaar, maar tog het God in sy groot genade vrug op die arbeid gebring.

Ons merk dat die kerk met teologiese kwessies besig is en dat die leiers steeds

swaar kry en op baie plekke meestal op oorlewing (veral finansieel) fokus. Die mpa

is hierdie jaar vyf jaar oud en dit is uiters bemoedigend om te sien dat van die

leiers en gemeentes waarmee ons oor die afgelope jare geskakel het, besig is om

ʼn nuwe werking van die Gees te beleef. Ons staan steeds op Eseg 34:15 waar God

aandui dat Hyself die leraars en gemeentes se Herder is. Tog gebruik Hy die mpa

in Sy diens met die saak.

Ons kan egter ook nie anders as om te rapporteer dat die mpa self hierdie jaar

ernstig getoets was wat ons finansies betref nie. God het egter ons geroep gehoor

en daarop ag geslaan. Die jaar kon positief afsluit ten spyte van ʼn tekort begroting.

Dit is ook opmerklik dat die lede van die mpa span en hulle gesinne die afgelope

jaar swaar gehad het – veral op gesondheidsvlak. Die omvang van die werk en die

beskikbaarheid van werkers plaas druk op almal. Die span-uitreik na Namibië in

2016 was ʼn besonderse hoogtepunt vir al ons werkkomitee lede.

Met so baie inligting in ons leefwêreld wat negatief is, is daar een ding wat die

mpa ten spyte daarvan gesien het: God kan, Hy wil en Hy het. Hy sal Sy kerk nooit

in die steek laat nie.

Die detail oor al die werksaamhede van die mpa is in die bladsye hieronder

uiteengesit. Dankie aan almal wat daaraan meegewerk het.

Jannie de VilliersVoorsitter

BOODSKAP VAN DIE VOORSITTER1

1

Direksie: Jannie De Villiers (Voorsitter), Richard Chinner (Onder Voorsitter), Dirkie van der Spuy, Waldo Stumpf (tot en met Junie 2016), Willem Badenhorst, Buks Moolman, Lynette Bergh.

Lede: Jannie De Villiers, Richard Chinner, Dirkie van der Spuy, Willem Badenhorst, Waldo Stumpf (tot en met Junie 2016), Johan Smook, Pieter Breytenbach, Susan Foord.

GROOT WAARDERNIG AAN AL ONS DIREKSIELEDE:

Page 4: NS GEE OM - Moreletapark Assosiasie · 2 Wat doen die mpa? Die mpa fokus daarop om leraars en gemeenteleiers te ondersteun, te begelei en op te bou vir die eise en uitdagings van

2

Wat doen die mpa?Die mpa fokus daarop om leraars en gemeenteleiers te ondersteun, te begelei en op te bou vir die eise en uitdagings van die bediening. Ons grootste begeerte is om te sien hoe geestelike leiers in gemeentes met nuwe visie, passie en toerusting na ‘n besoek aan ons, terugkeer na hulle gemeentes om ‘n verskil te maak.

Hoe help ons?Die mpa reël ‘n driedag konferensie hier by Moreletapark om leiers van alle denominasies vir ʼn tyd van rus en toerusting bymekaar te bring. Ons fokus is om ‘n proses te fasiliteer sodat hierdie leiers kan groei in hulle verhouding met God en met ‘n nuwe bekragtiging kan terugkeer om hulle roeping uit te lewe. Ons praat oor roeping, gemeentegroei, die woestynpad, vergifnis en vryspraak, vervulling met die Heilige Gees en selfsorg en tydsbesteding.

Ons fasiliteer ook vir drie dae ‘n toerustingsgesprek vir Jongleraars op ‘n boer se wildsplaas oor die spesifieke probleme wat ‘n leraar in sy beginjare ervaar.

Verder bied ons ‘n eendagkonferensie aan vir kerkraadslede en gemeenteleiers om vir hulle toe te rus hoe om hulle leraars by te staan en die gemeente te help om geestelik ‘n groter impak te maak.Tydens die driedag konferensies bied ons ook ‘n eggenote program aan wat gefokus is op die ondersteuning van jou eggenoot in die bediening.

mpa reik uit na ander gemeentesIn opvolg van ons konferensies ondersteun ons ook gemeentes wat ‘n behoefte het aan verdere toerusting, motivering of strategiese beplanning. Hierdie ondersteuning het al plaasgevind dwarsoor Suid Afrika en ook in die buiteland.Ons verskaf ook literatuur, media en ander materiaal om ondersteuning te bied.

Gratis diensDie mpa bied alle konferensies en toerusting gratis aan en sorg vir etes en as dit nodig is ook vir slaapplek. Daarom is die mpa ook totaal afhanklik van donasies om hierdie diens te kan lewer. Ons dank die Here wat tot op hede getrou gesorg het vir die nodige finansies.

God doen wondersOns staan elke keer verstom om te sien hoe die Here werk en wonders doen. Daar is niks so wonderlik as om te hoor dat ‘n leraar met nuwe passie en vuur sy gemeente gelei het om te groei en ‘n groter impak in die wêreld te maak nie! Ons het gesien dat as leraars ‘n nuwe ontmoeting met die Here het en die Heilige Gees hulle harte vul, dan verander gemeentes, gemeenskappe en dorpe. Ons glo dit is God se plan vir herlewing in ons land.

StruktuurDie mpa is ‘n nie winsgewende organisasie (NPO) met ‘n eie direksie onder voorsitterskap van mnr. Jannie de Villiers en die uitvoerende direkteur is ds. Dirkie van der Spuy.

Web: www.moreletapark.org

DIE MORELETAPARK ASSOSIASIE2

herder My skape ...

Page 5: NS GEE OM - Moreletapark Assosiasie · 2 Wat doen die mpa? Die mpa fokus daarop om leraars en gemeenteleiers te ondersteun, te begelei en op te bou vir die eise en uitdagings van

mpa BYEENKOMSTE3

3

Byeenkomste aangebied deur die mpa die afgelope jaar

Hoeveelheid konferensiegangers

TOTAAL: 365

Leierfokus 1

Gemeenteleiers Opvolg Jongleraars

RetraiteNG Sinodale

mpa

mpa Weg-konferensie(Upington en Namibië)

Limpopo

NoordwesNamibië

Botswana

Noord Kaap

Wes Kaap

Oos Kaap

VrystaatKwaZulu

Natal

MpumalangaGauteng

116

4

2519

274

4

6

7

4

2

11TOTAAL

2 1

3

23

Een van hierdie retraites was ‘n gesamentlike geleentheid vir die eerste twee groepe. Gevolglik is daar in Maart 2017, 11 nuwe

jongleraars gekies vir die mentorskap pad saam met die mpa.

Geografiese Verspreiding van Konferensiegangers: 218 in totaal uit 88 Gemeentes

AGS 40 18%

NG 159 73%

EGK 6 3%

GEREF 1 0%

ANDER 12 6%

Leraars

87Eggenote

17

Jongleraars

42Namibië

77

Gemeenteleiers

72Upington

70Let wel: die statistiek wat betref die geografiese verspreiding en denominasie % is slegs van toepassing op die plaaslike byeenkomste.

218 plaaslik en 147 weg

Page 6: NS GEE OM - Moreletapark Assosiasie · 2 Wat doen die mpa? Die mpa fokus daarop om leraars en gemeenteleiers te ondersteun, te begelei en op te bou vir die eise en uitdagings van

4

Ons loof die Here vir kosbare getuienisse en terugvoer

“God seën julle vir dit wat julle doen – dis werklik uniek in die kerke-wêreld!”

“Bemoediging om na jou gemeente terug te neem.”“My opdrag is opnuut bevestig.”

“Rol van die HG – dit het my aan die hart gegryp.”“Fantasties. Het vrymaking, vergifnis en die kragtige werking van die Gees beleef!”“... gebede het soos die balsem van Gilead aan my siel kom kleef. Net wat ek nodig gehad het!”

“Dit was inderdaad ‘n baie geseënde geleentheid. Ons is met nuwe krag deur die Here toegerus.”“Ek is werklik bedien na liggaam, siel en gees! Baie baie dankie dat ek kruppel daar kon aankom en met ‘n huppel kon terugkom! Ons dank die Here vir hierdie wonderlike inisiatief van julle.”

ONS GEE OM

“Ek gaan huis toe met wind onder my vlerke! Baie dankie, Here!”

mpa isanders

“Dit was ‘n kombinasie van ‘n kursus en ‘n retreat, met bemoediging en bediening.” Opregtheid, eerlikheid, eensgesindheid. Hier voel Jesus REAL!”

“Die mpa werk nie net met kennis nie, maar ook met jou hart.”

“Hier word baie meer klem geplaas op die geestelike toerusting as net akademiese insette. Laat jou opnuut nadink oor roeping en bediening. Klem op gebed en die Heilige Gees.”

Waardering vir die SPAN! DANKIE dat Moreletapark Assosiasie vrygewig uitdeel, Almal deel alles en is reg met advies! Die volle spektrum was waardevol – by almal het ek iets geleer – nuwe idees gekry; nuwe inspirasie.Die opregte liefde van elke persoon, selfs die dame by die kombuiswasbak.

“Dit is gerig op kerkgroei en julle kan uit ondervinding praat.”

“Die praktiese deelname en werklike omgee van mpa lede en die uitstekende organisasie van die geleentheid.”

“Verlang my lewe lank daarna dat die kerk nie net jou kop aanraak nie, maar ook jou hart. mpa doen dit.” “Hierdie is die eerste kursus van sy soort wat ek bywoon. Ek dink dis werklik besonders en definitief ‘n moet vir leraar, gade en gemeenteleiers.”

“Dit is gefokus op die welwese van die leraar en nie net om sy /haar kennis uit te brei nie”“Meer persoonlik, minder akademies, meer gebedsgeoriënteerd.”

Page 7: NS GEE OM - Moreletapark Assosiasie · 2 Wat doen die mpa? Die mpa fokus daarop om leraars en gemeenteleiers te ondersteun, te begelei en op te bou vir die eise en uitdagings van

5

Ek het hier opgedaag om weg te kom van die geraas – die geraas wat so dikwels God se stem oordonder. Om net weer by God se voete te kom sit en luister wat Hy vir my wil sê. 'n Verwagting dat Hy my opnuut sal aanraak en vervul met sy Gees.

Hy het dit kom doen en ook nog soveel meer. Hy het my kom vul met nuwe krag, nuwe idees, nuwe drome, nuwe verwagtings, maar veral met nuwe hoop. Die Gees gee my die krag en moed om op te staan vir wat ek glo God in ons gemeente, gemeenskap en land wil doen. Om sterk te staan teen aanvalle, aanklagtes en ander dinge wat my aandag wil steel en laat opgee op drome.

Daarom streef ek: Om meer gereeld stil te raak en die geraas uit te doof om sy wil te hoor. Om tyd in my kollega te investeer, sodat ons saam kan staan en ons gemeente so sal toerus dat die "stompkant" doeltreffend die "skerpkant" kant bemagtig om God se wil op aarde te laat geskied. Om baie meer tyd in my gesin te investeer, want ons staan saam in die bediening en ek is eerstens daar vir hulle. Om hoop te bring en liefde uit te straal na 'n wêreld wat smag daarna. Om vir ons predikante en hul gesinne 'n gebedskild op die been te bring. Om in God se genade te leef en attent daarop te fokus, dat ek ander makliker kan vergeef. Om my vorige kollega te bel vir raad oor gemeentebemagtiging. Om 'n visie daar te stel vir ons jong werkende bediening. Om die kleingroepbediening meer doeltreffend te maak. “

JONGLERAARS MENTORSKAP PROGRAM

Tydens die Jongleraars wegbreek word geleentheid gebied aan elkeen om na afloop van die tyd te bid en besin oor waarmee die Here in hul lewens besig is en dan skryf hulle ‘n “pledge” waarvoor hulle

verantwoording doen teenoor mekaar maar ook teenoor God en hulself.

Wanneer ons die pledge hieronder lees besef ons opnuut…daar is hoop vir die kerk in die toekoms!

4

Page 8: NS GEE OM - Moreletapark Assosiasie · 2 Wat doen die mpa? Die mpa fokus daarop om leraars en gemeenteleiers te ondersteun, te begelei en op te bou vir die eise en uitdagings van

6

WEG KONFERENSIES5

Kerkleiers Retraite deur mpa en African Leadership Institute77 dominees, pastore en kerkleiers uit verskeie denominasies het die geleentheid bygewoon wat te Rock Lodge, Okahandja gehou is op uitnodiging van en in samewerking met ALI (African Leadership Institute).

‘n Splinternuwe gebedskamer is aangebou spesiaal vir hierdie geleentheid. Dit is tydens die mpa se besoek aan Namibië ingewy en die mpa het ‘n plaak geskenk ter herdenking aan ons besoek en die besonderse geleentheid.

‘n Ander baie besonderse geleentheid, was die besoek van Namibië se Presidentsvrou, Monica Geingos, wat ook as spreker opgetree het en ‘n Vraag en Antwoord sessie behartig het. Die mpa het as geskenk aan haar ‘n profetiese skildery oorhandig wat met dank en waardering ontvang is.

Ons is die Here dankbaar vir ‘n geseënde konferensie en die geleentheid om in Namibië te kon gaan bedien. Dit is veral besonders om te kon handevat met Dawie Fourie (wat ‘n assosiaat van die mpa is) en die African Leadership Institute. Mag hierdie vennootskap baie vrug vir die Koninkryk voortbring!

UPINGTON NG Blydeville

10 -12 Februarie 2017

NAMBIË Windhoek

16 -18 Augustus 2017

70

77

8

51+

Konferensie-gangers

Konferensie-gangers

Gemeentes

Gemeentes

Konferensiegangers het kerkrade verteenwoordig, sowel as leraars en gemeentelede uit die verskillende gemeentes wat teenwoordig was, by name NG Upington-Oos, NG Upington-Noord, NG Grootdrink, NG Kenhardt, NG Marchand, NG Louisvale, NG Upington Blydeville en Upington Congregational Church (wat ook die enigste ander denominasie verteenwoordig het, buiten NG).

“Dit was geestelike vernuwing en voedsel vir die siel.” “Baie dankie vir hierdie wonderlike ontmoeting met my Here.” “Dit was ‘n Godgegewe voorreg om die konferensie te kon meemaak.” “Ek wens meer van ons gemeentelede het dit bygewoon.” “Baie dankie dat die mpa die Noord-Kaap kom besoek het. Dit was ‘n geestelik verrykende ervaring!”

Page 9: NS GEE OM - Moreletapark Assosiasie · 2 Wat doen die mpa? Die mpa fokus daarop om leraars en gemeenteleiers te ondersteun, te begelei en op te bou vir die eise en uitdagings van

mpa NA BUITE6

7

Uitreik na en opleiding in gemeentes

GEOGRAFIESE VERSPREIDING

78 8 11 16 1

MPA na Buite bestaan uit DRIE dele; - Uitreik na en Opleiding in Gemeentes- Internasionale Leierskap Skakeling – Global Kingdom Partnership Network- Evangelisasie deur Media en Tegnologie – KEERPUNT

Preke:(sluit 2 x Pinksterreekse, Week van Gebed en Evangelisasie reeks in)

Konferensies: (9 TUIS en 2 WEG konferensies (sluit 3 x JL geleenthede in; JL I, JL II en

gekombineerde I en II )

Gemeenteskakeling/opleiding in ander gemeentes:(Strategiese beplanning, Kleingroep opleiding, Leieropleiding, Spreker/s tydens

geleenthede en konferensies)

Werkkomitee geleenthede (vergaderings):

Beplannings dae:

Leiersforum geleenthede, sluit GKPN in:(Netwerk van Tshwane Leiers, Geestelike sowel as Kerkleiers wat strategies saambid

en beplan vir transformasie van Tshwane – alle denominasies)

Sinodale bestuursbyeenkomste/vergaderings:

Nuwe oorgawes :(totale hoeveelheid belydeniskaarte wat geneem is)

Geografiese verspreiding van Bedieningsbeweging die afgelope jaar:

GautengWes Kaap

MpumalangaNoord KaapLimaLimpopo

Namibië

31

13

526

393160

9+2

Internasionale Leierskap SkakelingGKPN/MI GLOBAL KINGDOM PARTNERSHIP NETWORK, Lima Peru, 7-10 Maart 2017

MPA se betrokkenheid by die GKPN/MI bly een van die belangrikste internasionale netwerk geleenthede vir die uitvoerende direkteur, Ds. Dirkie van der Spuy. ‘n Kort uittreksel uit die openings paragraaf van ‘n 7

bladsy terugvoer verslag gee ‘n baie akkurate oorsig oor die betekenis van hierdie geleentheid.

“Ons het die samekoms van meer as 200 leiers en hul gades begin met die lied "This is Amazing Grace". Dit het my hart vasgegryp omdat ek besef dis vir my en Esther die geestelike hoogtepunt van die jaar waarna ons so uitgesien het. Na ongeveer 15 uur se vlieg voel ek net skielik so tuis tussen hierdie wêreldleiers en besef dit is so ʼn genade, “amazing grace”. Uit 85

Page 10: NS GEE OM - Moreletapark Assosiasie · 2 Wat doen die mpa? Die mpa fokus daarop om leraars en gemeenteleiers te ondersteun, te begelei en op te bou vir die eise en uitdagings van

8

lande is leiers saam uit verskillende kulture en tale en skielik besef elkeen ons is so naby aan mekaar omdat ons Geesvervuld is en dieselfde passie vir evangelisasie van die wêreld en dissipelmaking het.

By hierdie geestelike leiers wat God op so ʼn kragtige wyse gebruik in hulle onderskeie lande, is die openingsonderwerp dat ons soos Paulus moet kan sê ons is met Christus gekruisig en ons leef nie meer nie, maar Christus leef in ons. Gal.2:20.”

Vir die afgelope twee jaar word die GKPN en die Marketplace Initiative (MI) as ‘n gesamentlike geleentheid aangebied. Dit is ‘n voorreg om met die sakeleiers te kan skakel en deel te wees van ‘n inisiatief om hulp aan die vlugtelinge te kan verleen. Dirkie is die Suid-Afrikaanse skakel en daardeur kry hy geleentheid om geestelik in te ploeg in die lewe van die sakeleiers terwyl dit terselfdertyd selfverrykend is deur die invloed en visie in die Koninkryk.

Hierdie konsep is steeds binne die visie van die mpa deurdat dit ondersteuning bied aan Christelike leiers wat onder mekaar ‘n netwerk vorm en mekaar ondersteun in terme van invloed en visie vir die Koninkryk van God.

Suid-Afrika is een van 85 verteenwoordigende lande by die GKPN, waar 200 leiers teenwoordig was.

Indiê sien groot getalle Boeddhiste en Moslems wat tot bekering kom en meer as 'n miljoen mense word per jaar gedoop.Hierdie dopeling sweer tot 3 miljoen afgode af!Gedragspatrone is ook besig om te verander soos wat bekeerde mans ophou om vrouens te mishandel.

Die gasheer gemeente in Lima het 35 jaar gelede begin as 'n kleingroep van 6 gesinne. Die gemeente het gegroei tot 8000 selgroepe, 40 000 lede, 10 000 leiers in opleiding en 60 000 ledemate! Die gemeente het uitgebrei na 7 kampusse en bedien 'n stand van 10 miljoen inwoners!

SUID-AFRIKA

INDIË GETUIENIS

Gebed en intersessie vorm die kern van die GKPN

Intersessie vir die volgende: • Oekraïne: Die oorlog en die vlugtelingkrisis van 1,2miljoen mense• Nigerië: Voordurende geweld• Suid-Afrika: leierskapkrisis• China: herlewing• Asië: herlewing• Brasilië: korrupsie

Page 11: NS GEE OM - Moreletapark Assosiasie · 2 Wat doen die mpa? Die mpa fokus daarop om leraars en gemeenteleiers te ondersteun, te begelei en op te bou vir die eise en uitdagings van

9

"Baie dankie vir julle gebede, hou asb aan, dit werk."

Evangelisasie deur Media en Tegnologie - KEERPUNT

Hy het vir hulle gesê: “Gaan uit, die hele wêreld in, en verkondig die evangelie aan die hele mensdom.” - Markus 16:15

Ons borge en donateurs maak dit vir ons moontlik om voort te gaan om die evangelie uit te dra deur middel van die televisie. Dit gee vir ons die geleentheid om ʼn groter impak in die Koninkryk te maak en meer mense te bereik en harte te transformeer en toerusting te doen

deur die Woord van God.

Keerpunt word tans op TBN

in Africa uitgesaai, DSTV kanaal 343 op

Sondae oggende om 7h00.

Wat ‘n voorreg om ‘n media vennoot te hê wat die visie vir die koninkryk

met mpa deel.

PROUDLY ASSOCIATED “TBN is the worldwide leader in faith

& family television, broadcasting the life-transforming message of the

Gospel to millions of viewers every day.

We value your partnership with TBN in Africa, to see the unadulterated

pure Word of God preached to every heart of our great continent. Through

the mixture of excellent local and international programmes we are

impacting countless lives for Christ and believe that having a common

standard enables us to deliver an excellent platform with quality

content. By continuing to offer your programme on this channel you are agreeing to operate by this required

standard, and you partner with TBN in Africa to deliver a broadcast platform

of the highest possible standard.”

"Baie dankie vir die boodskap oor die vervulling met die Heilige Gees . Ek is ‘ n gelowige van die NG kerk en wil so graag vervul word met die Heilige Gees."

"Goeiedag Pastoor – ek het gister my TV aangeskakel, toe ek omdraai hoor ek u sê hoe belangrik kommunikasie in die huwelik is. Die trane het net begin loop, want ek en my man kommunikeer nie meer nie………., dankie baie vir die wonderlike boodskappe wat u by onse liewe Vader kry."

"Dankie vir die uitsending Sondag oggende. Keerpunt dis 'n groot seën, dra dit asb so oor. Ons is lede van Choose life gemeeente en is lief vir die Here."

"Ek wil begin om te se dat ons Keerpunt om Sondae op TBN vreeslik geniet. Die boodskappe is regtig vir ons familie, ons as christene. En ek moet dit met ander familie ook deel."

"Jammer as ek U so baie pla, maar ek het gesien hoe gebed dinge verander in my lewe , want dit gaan nou baie beter as wat dit was."

"Dankie ds Dirkie dat u elke Sondag die woord van die Lewende God stukkie vir stukkie vir my oopbreek."

"Dit was 'n fantastiese boodskap oor die huwelik vanoggend. Ek ken baie mense dat dit baie nodig het."

Page 12: NS GEE OM - Moreletapark Assosiasie · 2 Wat doen die mpa? Die mpa fokus daarop om leraars en gemeenteleiers te ondersteun, te begelei en op te bou vir die eise en uitdagings van

Lofprysingsaand 6 OktoberDie lofprysingsaand is al ‘n tradisie by die mpa en die oogmerk gewoonlik tweeledig... Eerstens, om die mpa se vrywilligers, donateurs en ondersteuners te bedank en te “bederf”. Tweedens, om terugvoer te gee oor die mpa se doen en late die afgelope maande sedert die laaste terugvoergeleentheid en spesifiek ook oor die mpa se internasionale betrokkenheid.MAAR die afgelope jaar het die komitee dit egter goedgedink om saam met die vrywilligers die Here te loof en prys en aan Hom die eer en dank te gee vir die water wat steeds dieper en wyer vloei in die mpa!

10

WerkkomiteeDie werkkomitee is die ‘dinkskrum’ vir die organisasie en die lede dien op vrywilligersbasis as sprekers, grafiese ontwerpers, finansiële kundiges, strategiese beplanners, bidders, donateure en wat ook al anders nodig is om die boot op die water en op koers te hou. Gedurende die jaar het die span formeel by mekaar gekom vir 5 vergaderings en 2 beplannigsdae.

Lede: Jannie de Villiers, Retha de Villiers, Richard Chinner , Esther van der Spuy, Lizelle Steenkamp, Ida Stols, Jeanne Jordaan, Dirkie van der Spuy, Susan Foord, Letitia Purchase (Personeel), Marietha van Zyl (Personeel), Antoinette Louw (Personeel)

Vrywilligers

mpa SPAN EN MEDEWERKERS7

“Net soos die liggaam 'n eenheid is en baie lede het, en soos al die lede saam, al is hulle baie, een liggaam vorm, so is dit ook met die liggaam van Christus.” - 1 Kor 12:12

06 Oktober '16Ligte verversings en koffie sal bedien wordRSVP voor 26 September by Susan: Tel: 082 903 0095 of [email protected]

Mini-ouditorium om 18:30

mpa Feesaand!Liewe ondersteuner, ons nooi jou graag uit na 'n

spesiale feesgeleentheid waartydens ons gesellig

wil verkeer en met lofsang, gebed en

spontane getuienisse aan die Here 'n offer van lof en dank wil bring vir Sy genade en seën die

afgelope jaar in en deur die mpa.

ons sêDANKIE!

Bestuur en personeel kuier informeel saam met die vrywilligers, spreek waardering en betuig dank teenoor hulle en seën mekaar met gebed. Die vrywilligers help met huisvesting, vervoer, verversings tydens konferensies, berading, gebed, dekor en simboliek, gebedstasies en omgeegroepe wat die leraars as gaste ontvang tydens hul byeenkomste.

Page 13: NS GEE OM - Moreletapark Assosiasie · 2 Wat doen die mpa? Die mpa fokus daarop om leraars en gemeenteleiers te ondersteun, te begelei en op te bou vir die eise en uitdagings van

Ons donateursAl hierdie werk en seën sou nie moontlik gewees het sonder die getroue finansiële bydraes van ons donateurs nie. al die uitreike, konferensies, byeenkomste en salarisse van die personeel is gedra deur die liefdevolle finansiële offers van ons donateurs.

Lavender CateringOns word oorval met terugvoer oor die wonderlike etes tydens die byeenkomste! Hiervoor bedank ons vir Maud Human wat met hart en siel die etes voorberei en voor sit. Wat met ‘n glimlag bedien en met ‘n lied in hart die liefde van Jesus uitleef. "Maud jy maak ‘n verskil!!" “Dit gaan goed met elkeen wat die Here dien en sy wil doen. Die vrug van jou arbeid sal jy geniet, gelukkig

en voorspoedig sal jy wees.”- Psalm 128:1-2

Ellel Ministries “...offering personal prayer ministry to those in need and by training and equipping people so that they can help others more effectively.”Tydens mpa byeenkomste help diegene van Ellel Ministries as beraders en gespreksgenote tydens konferensies en ons dank ons uit ons harte vir die deel van hierdie besondere gawe en die seën wat die

konferensiegangers deur hulle bediening beleef.

'n Spesiale woord van dank aanMoreletapark Gemeente

Pieter Breytenbach, Hoof Uitvoerende Beampte van die Moreletapark Gemeente (MPG) skryf die volgende oor die vennootskap met mpa;

“Etlike jare gelede het die Here ‘n visie in Moreletapark Gemeente kom plaas dat Moreletapark ‘n baie groter rol onder leraars en leiers in die land moet speel. Uit dit uit is die mpa gebore en is dit deel van die Moreletapark familie. Sodoende word die visie wat die Here in ons harte geplaas het, dan ook vervul aangesien die mpa primêr verantwoordelik is om leraars op ‘n geestelike vlak te bedien en seker te maak hulle verhouding met God-Drie-Enig herstel word. Met hierdie fokus help die mpa soveel leraars en leiers om met nuwe energie en krag hulle werk aan te pak en dan ook hulle visie te verbreed rondom dit wat die Here van leraars en leiers verwag.

Aangesien die mpa binne die stal van Moreletapark Gemeente is word dit moontlik gemaak om dienste te lewer wat feitlik kosteloos kan geskied. Dit sluit alle koste in soos reiskoste, verblyfkoste, toegangsfooie ens. Die groter familie van Moreletapark en die samewerking wat daar tussen die verskillende afdelings in Moreletapark geskied veroorsaak ook dat leraars en leiers op verskillende vlakke geïmpakteer word, vanaf bedieningsvlak tot hoe Moreletapark sekere bedienings in hulle eie geledere hanteer sowel as kursusmateriaal en geestelike inbou wat deur verskillende individue gedoen word.

In 1 Kor. 12 word die liggaamsmodel van Christus beskryf. Geen groter getuienis van die model kan gelewer word as deur die handevat van al die afdelings binne Moreletapark Gemeente, om die visie wat die Here vir die mpa gegee het, te laat waar word. Vanaf dienswerkers wat die leraars se gades versorg tot kleingroepe, beraders, personeel en ons eie leraars wat in baie gevalle in die voorste linie van die geveg staan.

Bill Hybels het gesê as jy ‘n leier impakteer, impakteer jy sy gemeente en uiteindelik die dit ‘n omgewing en is die vermenigvuldigingseffek soveel groter. Daarom dan ook my opregte dank aan alle personeel en dienswerkers wat handevat, aangesien die vermenigvuldigingseffek soveel meer is as wat ons kan verreken of van bewus is. Ja, dankie aan die Here vir al sy genade en krag, maar ook dankie aan julle almal vir tyd, opoffering en veral gehoorsaamheid aan die Here. Mag God julle ryklik seën.”

11

Ons opregte dank ...

Page 14: NS GEE OM - Moreletapark Assosiasie · 2 Wat doen die mpa? Die mpa fokus daarop om leraars en gemeenteleiers te ondersteun, te begelei en op te bou vir die eise en uitdagings van

12

mpa GEBED

IN RAND EN SENT

8

9

Skenkingsinkomste (Trust bydrae, Sinodale betaling, Individuele bydraes)

Skenking t.o.v. speifieke projek - Media

Rente

2 367 805

179 066

96 462

2 643 333

1 742 359

153 000

90 629

1 958 988

2016

2016

2017

2017

Inkomste

Uitgawes

Uitgawes Totaal

Inkomste Totaal

644 601

872 471

686

29 136

262 218

36%

48%

0%

2%

14%

33%

48%

1%

3%

13%

1 809 112

692 515

1 043 404

17 310

58 758

272 249

2 084 236

Bedryfskoste: Administratief en Operasioneel

Bediening van Leraars & Gemeentes itv Konferensies en Uitreike

mpa Fees en blyke van Dank

Opleiding en Internasionale Skakeling (GKPN)

mpa Media Produksie en Lugtyd (Keerpunt)

% %

Elke keer wanneer ons die krag van gebed sien, bemoedig dit ons opnuut. Die mpa het ‘n gevestigde gebedskultuur wat in absolute afhanklikheid van die Here funksioneer. Die essensie hiervan word deurgaans in die byeenkomste beklemtoon en tydens lofprysingsaande is gebed die fokuspunt.

Gemeentes begin met gebedsgroepe en lering word in verskeie gemeentes gegee oor gebed. Susan Foord is die gebedskoördineerder by mpa en ons loof die Here vir haar toewyding en diens! Ons het groot waardering vir Susan en die gebedspan wat die voorbidding en intersessie so getrou behartig vir elke leraar en konferensieganger, elke gemeente en elke byeenkoms. Dit is hierdie span wat ook elke gebedsversoek wat inkom vanaf die Keerpunt uitsendings een vir een hanteer en bid en bel soos die Here hulle lei.

...dit is ons getuienis “Die heel eerste keer waar gebed, gebed, gebed en nog gebed by die kerk die eerste prioriteit is wat ek nog ooit ervaar het.”“Die gebedsgroepe in Moreletapark is uitstekend en werklik ‘n voorbeeld vir almal.”

Geouditeerde Finansiële State beskikbaar op versoek vanaf die mpa kantoor.

“More work is done by prayer, than by work itself.” - Martin Luther

Page 15: NS GEE OM - Moreletapark Assosiasie · 2 Wat doen die mpa? Die mpa fokus daarop om leraars en gemeenteleiers te ondersteun, te begelei en op te bou vir die eise en uitdagings van

13

ONS GROET ...10

As mens hierdie jaarverslag lees, raak jy so bewus dat die mpa die Here se saak is en dat Hy sy hand van seën en voorsiening oor ons gehou het.

Dis die Here wat die vlam in harte aan die brand gesteek het sodat gemeenteleiers, leraars en pastore gekom het en oop was om te ontvang. Dit was die Here wat die organiseerders, die aanbieders, die bidders, die vrywilligers en al die helpers toegewyd en getrou gemaak het om uit te reik na die konferensiegangers.

Ons weet as ons die getuienisse, waarvan enkeles in hierdie Jaarverslag opgeneem is, gehoor het dat mense werklik ‘n ontmoeting met die lewende Here gehad het. Dis net Hy wat lewens kan nuut maak en verlos van sonde en bagasie. Dis net die Here wat die lam knieë weer kan sterk maak en moedelose leiers weer oprig. Dis alleen die Heilige Gees wat nuwe visie kan bring en krag en motivering kan gee om met nuwe ywer voort te gaan.

Dis net die Here wat mense se harte oor die TV en in kerke aangeraak het sodat hulle nuwe oorgawes aan God gemaak het. Met elke uitnodiging in gemeentes was daar so ‘n ervaring van die Here se teenwoordigheid. Leraars het gesê dat hulle gemeente nie openlik sou reageer nie, en dan was hulle verstom as lidmate vorentoe gekom het om ‘n beslissingskaartjie te kom haal. Ons eer slegs die Here vir die 3160 kaartjies wat geneem is en wat ‘n aanduiding is van ‘n keuse vir Christus.

Dis ook net ‘n genade van die Here dat die deure na die Oostelike en die Algemene sinode oopgegaan het sodat die mpa se invloed ook in hierdie leierskapskringe ‘n effek en invloed kon hê. Die mpa het deur die Here se genade ‘n gewaardeerde staanplek en erkenning in die kerk gekry.

Dit bly steeds ‘n genade om deel te kan wees van die Global Kingdom Partnership Network waar leiers van die grootste groeiende kerke in die wêreld bymekaar kom eenmaal ‘n jaar. Die voorreg om met hierdie geestelike leiers te kan verkeer vir ‘n week, bly steeds ‘n vormende en inspirerende geleentheid wat ‘n hoogtepunt bly. Die forum van die Tshwane Leaders en ook van Love Pretoria East skep geleenthede om oor kerkgrense ‘n invloed onder leiers in ons stad te kan hê.

Daarom wil hierdie Jaarverslag eintlik net lof en eer aan die Here bring want al die seën waarvan ons in hierdie Jaarverslag kon lees is uit Hom en deur Hom. Mag die Here steeds die mpa gebruik om herlewing in gemeentes en in ons land te bring.

Loof en dank die Here!

Dirkie van der Spuy

Page 16: NS GEE OM - Moreletapark Assosiasie · 2 Wat doen die mpa? Die mpa fokus daarop om leraars en gemeenteleiers te ondersteun, te begelei en op te bou vir die eise en uitdagings van

Tel: 012 997 8002 | 8066PO Box 39541, Moreleta Park, 0044

1353 De Villabois Mareuil DriveMoreletapark, Pretoria

Email: [email protected]

Tel: 012 997 8002 | 8066Posbus 39541, Moreletapark, 00441353 De Villabois MareuilMoreletapark, PretoriaE-pos: [email protected]

www.moreletapark.org