nuusblad van olifantsrivierstreek lid van die suid afrikaanse woonwa assosiasie · 2018. 3. 11. ·...
TRANSCRIPT
Trompetter /Uitgawe 1/ 2017 Bladsy
NUUSBLAD VAN OLIFANTSRIVIERSTREEK
Lid van die Suid-Afrikaanse Woonwa-Assosiasie
Uitgawe 1 / 2017
Trompetter /Uitgawe 1/ 2017 Bladsy 2
SEKRETARIS
Susan Wilsenach Posbus 225 Rivercrescent 1042
Tel: 076 963 7205
VOORSITTER
Jan De Wet Posbus 13294 Leraatsfontein 1038
Tel: 082 570 7681
ONDERVOORSITTER
Pierre Wilsenach Posbus 225 Rivercrescent 1042
Tel: 079 994 8171
SKAKELBEAMPTE
Elize van der Merwe Posbus 504 Rivercrescent 1042
Tel: 071 977 9930
PENNINGMEESTER
Johnny Botha Kiepersol str 16 Leraatsfontein 1038
Tel: 083 666 1355
REDAKTEUR
Vossie Vosloo Posbus 3165 Middelburg 1050
Tel: 083 462 3225
VOORRAADBEAMPTE
Elize van der Merwe Posbus 504 Rivercrescent 1042
Tel: 071 977 9930
SENIOR BURGERS
Pine Pienaar Posbus 13796 Leraatsfontein 1028
Tel: 013 6970 118
WYSHEID VIR DIE WEG KONSEP JAARPROGRAM REDAKSIONEEL ONSE KAPTEIN AAN DIE WOORD ….. NUUS UIT ONS KONTREI VERJAARSDAGWENSE, HUWELIKSHERDENKINGS EN KRUKKELYS KOM ONS LAG ‘N SLAG SAAMTREKFOKUS ADANTE TIENERS PRETBLAD VIR OUD EN JONK SENIOR BURGERS KUIERKOS EN WENKE SAWA ERERKODE, MISSIE & WAARDES SLOTGEDAGTE
Inhoudsopgawe
Bestuur 2017/2018
Trompetter /Uitgawe 1/ 2017 Bladsy 3
26/28 JANUARIE 2018
Secunda
Gebiedskamp
30/3– 02 APRIL 2018
Presidente
Nasionalekamp
02/04 MAART 2018
Tambotie Vreugde
Streekkamp
27/30 APRIL 2018
Stable Inn
Streekkamp
Konsep Jaarprogram
Wysheid vir die weg
25/27 MEI 2018
Rubyriver Lodge
Streekkamp
DIE WOORD VIR VANDAG
Spreuke 3:13 NLV
Gebruik jou gesonde verstand
Die sleutel tot sukses is om die regte ding op die regte tyd te doen. As jy moeg is daar-voor om met konstante stres te lewe, kyk na hierdie vier bronne van stres wat dr Howard Hendricks, 'n professor in teologie, uitgewys het: 1) Ons sê vir te veel dinge ja. Dr Lewis Sperry Chafer het een maal gesê, 'Baie van ons geestelike aktiwiteite is selde meer as 'n goedkoop verdowingsmiddel om die pyn van 'n leë lewe te verdoof.' Al ons besige take spreek nie die leegheid in ons kern aan nie. 2) Ons stop nie om ons batterye te herlaai nie. Ons haal pligsgetrou ons dagbeplanners uit en vul die spasies met aktiwiteite. Laat ons egter nie onsself mislei nie; dis nie beplanning wanneer ons net seker maak dat aktwiteite nie oorvleuel nie. Gevolglik is ons 'n gestresde, humeurige skare wat tussen aktiwiteite wat sleg beplan is en min tot ons geestelike gesondheid voeg, rondbeweeg. 3) Ons geniet nie dit wat ons bereik nie. 'Begeertes wat vervul word, bring vreugde...' (Spreuke 13:19 NLV). Omdat ons altyd te veel het om te doen en na die volgende verpligting moet jaag, maak ons dikwels nie die vorige een klaar of neem tyd om terug te staan en ons goeie werk te geniet nie. G'n wonder dat ons bestaan onbenullig voel nie. 4) Ons skuld meer as wat ons kan betaal. Volgende keer wat jy voor 'n kredietaankope te staan kom - wag! Jy hoef nie noodwendig nee te sê nie.
Stel net eers jou sogenaamde 'behoefte' aan God voor en sien wat Hy daaroor sê. As jy ernstig daaroor is om jou geestelike lewe te ontwikkel, moet jy jou gesonde verstand ge-bruik en hierdie vier beginsels aan die werk sit.
Geskryf deur Bob en Debby Gass
Skakels na Bybelverse:You Version
25/27 JUNIE 2018
Seekoeigat
Streekkamp
Trompetter /Uitgawe 1/ 2017 Bladsy 4
Gegroet is die Olifante
Eerstens moet ek groot om verskoning vra dat “Die Trompet nou eers verskyn ek gaan ook nie
redes gee dat dit so laat is nie want dan skiet myself in die voet.
Ek wil ‘n beroep op elkeen doen om waar so moontlik vir my inligting, brokkiesnuus, grappies(ons moet net onthou kinders lees ook “Die Trompet”) en foto’s te stuur om die blad meer opwindend
te maak.
Met hierdie uitgawe gaan ons probeer dat foto’s herinneringe sal oproep vir die aangename tye wan-neer ons saam gekamp, gebraai, gekuier en saam prêt gehad het.
Sjoe die jaar snel verby en dit is hoe genaamd weer feestyd en ‘n Nuwe Jaar 2018 wat aanstons gaan aanbreek.
Kom ons maak volgende jaar ‘n jaar om te onthou.
Geseende feestyd vir elkeen van ons.
Olifantgroete
Vossie
Redaksioneel
Ons borge vir hierdie uitgawe
GC CARAVANS (WITBANK)
Trompetter /Uitgawe 1/ 2017 Bladsy 5
Jan aan die woord So is die jaar 2017 ook amper iets van die verlede. Dit was n baie onstiumige jaar die land, politiek en ekonomie is ‘n gemors, en so het die Olifant trop ook die jaar ervaar met gemengde gevoelens. Pierre het in Januarie die voorsitter stoel oor geneem en die leisels vir ons vas gehou. Baie dankie Pierre vir jou en die res van die bestuur vir julle bereidwilligheid en liefde vir ons organisasie. Van ons lede het geliefdes aan die dood afgestaan en daar was van julle in die hospitaal. Die Here was baie goed vir die Olifan-te en deur Sy genade kon ons die beproewinge te bowe kom. Met van die ander lede het dit baie goed gegaan. Sommiges het klein kinders en skoon kinders by gekry. Met die kampe het dit ook goed gegaan. Elke kamp is baie lekker en ons het ‘n paar nuwe dinge gedoen.
Die ekonomie druk dit kan gesien word in die kamp persentasie wat laer is. Die wat wel die kampe by gewoon het sal kan getuig dat ons baie lekker gekuier het.
Die AJV het baie goed afgeloop, die nuwe bestuur is gekies en baie geluk aan julle almal en dankie dat julle bereid is om voor te loop. Die lede wat uitgetree het baie dankie vir die harde werk en toegewydheid waarmee julle die taak verrig het. Baie ge-luk aan almal wat toekennings gekry het. Julle het dit werklik verdien. Baie dankie ook aan ons Gebiedsvoorsitters paar wat saam gekamp het. Om by die veranderde tye aan te pas is daar ‘n paar nuwe idees wat ek dink kan werk. Met die 100% bywoning kan gesien word hoe lekker ons kamp.
Die Kerskamp was goed bygewoon en met die reen het ons weer gesien dat niks die trop van stryk bring nie. Planne is gemaak en ons het dit baie geniet. Baie dankie aan almal wat die naweek gekamp het en gehelp het om dit n sukses te maak.
Ek wil graag van die geleentheid gebruik maak om almal te bedank vir julle harde werk en ondersteuning die jaar. As dit nie vir julle was nie sou die Olifante nie van krag tot krag gegaan het nie en was ons nie so lekker groep mense nie. Die jaar wat voorle sal ons almal moet hard werk om dit n sukses te maak. Die einde van die jaar is dit ons 35ste verjaarsdag. Dis n groot mylpaal maar ons moet nou al begin beplan en harde werk le voor vir elke lid. Ons gaan op elkeen se knoppie moet druk om dit n sukses te maak. Ek weet die Olifante KAN.
Van my, Helen en die bestuur wil ons graag vir u almal ‘n baie geseënde feesseisoen toewens en ‘n baie voorspoedige 2018. Mag almal die vreugde van God ervaar en die feesseisoen herdenk vir die doel wat die Bybel ons leer.
Die wat ‘n bietjie gaan rus of weg gaan, geniet dit en kom veilig en uitgerus terug. Daar is van die Olifante wat nie wel is nie en ander beproewinge het. Mag die Heer met jul almal wees, julle gesond maak en Sy hand oor ons almal hou. Laat Heer U wil geskied.
Olifant groete
Jan & Helen.
Eendag by 'n wynmakery
Trompetter /Uitgawe 1/ 2017 Bladsy 6
VOOG - Johnny & Esme Botha
J Bronkhorst C Fisher
G Vosloo
VOOG - Jan & Helen de Wet
C Venter F van der Merwe
G Roos P van Rooyen
VOOG - Manie en Elixe van der Merwe
Jde Wet B Korff
K Prinsloo H Cilliers
VOOG - Pierre & Susan Wilsenach
JD de Buin H van Tonder
L de Jager
VOOG - Vossie & Hannetjie Vosloo
S Wilsenach T Venter
M van der Merwe
KENNISGEWINGS
Op 'n loodgieter se bakkie:
"Ons maak reg wat jou man herstel het"
Op nog 'n loodgieter se bakkie:
"Moenie met 'n drup slaap nie − bel ons"
By 'n knaldemperhandelaar:
"Geen afspraak nodig. Ons het jou hoor aankom"
In 'n veearts se spreekkamer:
"Terug oor vyf minute. Sit! Bly!"
In 'n nierook-area:
"As ons rook sien, sal ons aanvaar jy is aan die brand en optree"
By 'n motorhandelaar:
"Die beste manier om weer op jou voete te kom, is om 'n paaiement te mis"
Voogdelys 2016
Nuus uit ons kontrei Feite en geite ...
Trompetter /Uitgawe 1/ 2017 Bladsy 7
Huweliksherdenkings JANUARIE
FEBRUARIE
MAART
APRIL
MEI
JUNIE
JULIE
AUGUSTUS
SEPTEMBER
OKTOBER 8 MANIE & ELIZE VAN DER MERWE 14 JAN & TESSA DE BRUIN 23 JAN & HELEN DE WET NOVEMBER 14 JOHAN & ANNEMARIE BRONKHORST DESEMBER 2 NICO & LEONIE 13 VOSSIE & HANNETJIE VOSLOO
Op die krukkelys …
Sien Jan aan die woord
Verjaarsdae en herdenkings
NB! Indien jou naam nie hier verskyn nie of dit is foutief, skakel my asseblief onmiddelik.
VERJAARSDAE JANUARIE 27 Vossie Vosloo FEBRUARIE 15 PINE PIENAAR 18 SUSAN WILSENACH MAART 3 PIENAAR 12 JOHAN BRONKHORST APRIL 3 LEONIE DE JAGER 11 MANIE VAN DER MERWE 19 KOOS PRINSLOO MEI 6 JAN DE BRUIN 9 PIERRE WILSENACH 12 HANNETJIE VOSLOO 25 ANALYNN KORFF JUNIE 7 MARIE FISCHER 18 JUDITH CILLIERS 24 NICO HATTINGH JULIE 2 SUSAN VAN ROOYEN 4 JOHNNY BOTHA 20 PETRUS VAN ROOYEN 27 KEVIN OPPERMAN AUGUSTUS SEPTEMBER 4 ANNEMARIE BRONKHORST 6 HENNIE CILLIERS 27 OPPERMAN ANTONIE VENTER 29 CARL FISCHER OKTOBER 2 HELEN DE WET 3 BOBBY KORFF 22 FRIK VAN HEERDEN NOVEMBER 1 CHARLOTTE VENTER 2 JAN DE WET 22 ELIZE VAN DER MERWE 25 RIET PRINSLOO
Trompetter /Uitgawe 1/ 2017 Bladsy 8
Die proeer by 'n wynmakery is oorlede en hulle adverteer die vakante pos. 'n Dronk, vuil en verflenterde
man doen aansoek. Die direkteur wonder hoe om van die man ontslae te raak en gee hom toe 'n glas
wyn.
Die dronkie proe. "Dis muskaat, drie jaar oud en van 'n noordelike hang. In staalhouers verouder. Lae
graad, maar drinkbaar." "Dis korrek," se die direkteur, en gee nog 'n glas wyn aan. "Cabernet, agt jaar
oud, suidelike hang. Teen 50 oC in eikehout verouder. Sal oor drie jaar nog beter smaak." "Korrek." Toe
nog 'n glas. "Pinot blanc sjampanje, hoe graad, eksklusief."
Die direkteur was verstom oor die man se kennis. Hy wink vir sy sekretaresse en fluister in haar oor. Sy
verlaat die lokaal en kom terug met 'n glas vol urine. Die dronklap proe. "Dis 'n blondine, 26 jaar oud, drie
maande swanger.
En as ek nie aangestel word nie, verklap ek wie die vader is."
Kom lag ‘n slag!
.Jip-jip vir wilde afrikaanse woordeskat
Sy het so baie plooie, sy skroef haar hoed op!
Hy is so maer, hy lyk soos ‘n potlood met ‘n handbriek.
Ek is nou so opgewonde soos n budgie op steroids !
Jy’s so skeel jy kyk jouself diep in die oë!
Hy is so kort hy weet nie of dit keelseer of aambeie is nie.
Hy is so kort hy slaan tot sy onderbroek se pype om.
Hy is so maer, as hy langs ‘n wit muur loop lyk dit soos n kraak wat beweeg!
Ek gaan jou klap dat jy lus kry vir niks
Ek sit nou so lekker ek staan sommer op en sit weer.
‘Lang gesig soos ‘n bok wat afdraand vreet.’
‘Drank los nie probleme op nie, maar so ook nie melk of water nie.’
Trompetter /Uitgawe 1/ 2017 Bladsy 9
Trompetter /Uitgawe 1/ 2017 Bladsy 10
Ka Manzi Kamp 29 April tot 1 Mei 2016 Tannie, hier is so stukkie oor die nasionale saamtrek:
Vrydag, laatmiddag staan ons voor die hek en word vriendelik gegroet deur die oop venster: Hello Sir. “Sir”nogal? Ek weet nie mooi hoe om die een te hanteer nie; daar is ‘n groot bord op wat lees: No exit without a valid entry permit. “I’m camping with SAWA this weekend” hakkel ek in Engels. Nadat hy my details gevat het, druk hy sy knoppie en die hek lig op. Dis nou hier waar die moeilike gedeelte begin. Ons ken niemand van die mense nie en hulle ken ons ook nie. Waar moet ons staan? Ons ry deur die kamp en sien ‘n groep karavane wat lyk of hulle saam kamp, maar die staanplekke is reeds vol. Ons ry verby en kry gelukkig nog kampers wat spog met hul SAWA embleem. Nou weet ek ons is op die regte plek. Ons het ons staanplek uitgekies naby aan die speelpark sodat die pop-pies hulself kan geniet en ons nie te veel bekommer nie.
Nesskrop was ‘n moelike gedoente. Ek kon net sowel my tentpenne in ‘n sementblok probeer in slaan het. Die grond is hard!
Na afloop van die gedoente, sit ons en geniet ‘n koue een terwyl ons die ander mense bestudeer. Hoe gaan ons nou tussen die klomp vreemde mense in vaar en vir hulle vertel dat ons eintlik deel van hulle is? Ons besluit om te wag vir boekevat, dan kan ons vir hulle met ons SAWA sangbundel “wys” dat ons deel van hulle moet wees…
Elkeen vat sy stoel en Janie het die sangbundel onder die arm. Nou gaan ons boekevat. My stoel het skaars grond geraak, toe staan die oom voor my met sy hand uitgestrek om my blad te skud. Ons word aan almal in die onmiddelike omgewing voorgestel en welkom geheet.
Boekevat word begin met ‘n baie mooi boodskap. Ons sing heerlik saam en daarna begin die kuier. Die kiddies was lekker moeg en ons moes vroeg terug karavaan toe. Gelukkig voel ons darem tuis tussen al die vreemde mense.
Saterdag is ek vroegoggend op om die plek te verken, voor die vroumense wakker word. Dan is jou tyd mos nie meer jou eie nie… Die plek het groot grasperke en afdakkies langs die dam. ‘n Paar verdwaalde swembaddens is oor die kamp gestrooi, maar hulle is almal koud en my lyf hou nie van koue nie.
Saterdagaand is weer boekevat en saam braai. Dit was ‘n “grand affair” met tafels, stoele, tafeldoeke, musiek, dans, eet, gesels en lekker kuier. Teen die tyd het Miané en haar “beste maatjie” die saal op horings geneem.
Sondagoggend se Erediens het ook ‘n mooi boodskappie gehad en die afsluiting was kort en kragtig. Ons was 31 waens, waarvan een gaste was. Daar was 10 streke teenwoordig en 5 gebiede. Dagbestuur het almal bedank en onderneem om die nasionale saamtrek op die kalender te behou.
Van ons kant af, wil ons ook namens die Olifante vir almal wat deel was van die naweek, baie dankie sê vir ‘n baie lekker naweek. Sien julle weer iewers op ‘n kampterein.
Kamp groete,
Kevin, Janie, Miané en Melissa
Kampverslag ….
Trompetter /Uitgawe 1/ 2017 Bladsy 11
Saamtrek fokus…...
,
Trompetter /Uitgawe 1/ 2017 Bladsy 12
Lekker Man Lekker!!
Trompetter /Uitgawe 1/ 2017 Bladsy 13
Trompetter /Uitgawe 1/ 2017 Bladsy 14
Fotoblad—Kersboom
Die rustigheid van die naweek onder die bome en die vreugdevure brand hoog
Die grootste Kersgeskenk wat ons ontvang “Reen”en in alle afwagting op Kersvader wat geskenke kom uitdeel
Jan stel “Kersvader” voor en ongelukkig het hy nie sy rooi pak en baard aan nie dan sou hy verseker
die kinders die skrik op die lyf gejaag het maar hulle het mooi geposeer vir die foto’s.
Trompetter /Uitgawe 1/ 2017 Bladsy 15
Kersboom - Olifantsrivier 2017
Geskenke word uitgedeel en met groot konsternasie is die “groot mense” aan die beurt.
Gelukkig het almal ‘n geskenk gekry en is daar aangesit vir ‘n feesmaal soos net die “Olifante” heerlike ete
Baie geluk aan Nico en Leonie saam met haar moeder wat as Olifant van die naweek gekies is en aan al
die Kampkommandante wat alles vlot laat verloop met al die reelings alles in plek, Baie dankie.
Trompetter /Uitgawe 1/ 2017 Bladsy 16
Tieners
Hoe om te weet of jou kind regtig begaafd is
Drie maniere om jou HLP-kind te ondesteun 1. Gee hulle take wat hulle uitdaag; haal hulle uit hul gemaksone.
Maar benader dit reg: Die doel is om hul belangstelling te prikkel en hulle te help om selfvertroue te hê
om hul vaardighede te verbeter, nie om hulle te dwing om te misluk nie. As hulle verveeld of geïrriteerd
met die taak raak, kan hulle bang vir mislukking wees. Wees gaaf en geduldig en maak dit makliker. Net
so sal enige iets te maklik hulle vinnig verveel.
2. Help hulle om na hul portuur te neig (geesverwante kinders op dieselfde golflengte).
HLP-kinders moet saam met ander mense soos hulle wees om te keer dat hulle geïsoleerd voel en hulle
help om normaal te voel. Sommige verkies die geselskap van ouer kinders (of selfs volwassenes) om as
klankbord vir hul idees te gebruik en speletjies mee te speel omdat hulle op komplekser maniere dink as
kinders van hul eie ouderdom. “Om ’n kind egter weg van vriende na ’n klas van ouer, groter en volwas-
sener kinders te skuif is oor die algemeen nie ’n goeie idee nie,” sê prof. Freeman. “Een van die bel-
angrikste dinge om van hierdie kinders te verstaan is dat hul sosiale en emosionele ontwikkeling van hul
intellektuele ontwikkeling kan verskil.” Dit kan ’n ingewikkelde taak wees – as dit lyk of jou kind ’n natuur-
like portuurgroep het, is dit waarskynlik nie nodig om in te gryp nie. As hulle selfvertroue by die huis het,
maar sosiaal onttrek, moet jy egter dalk weer dink oor saam met wie hulle hul tyd deurbring.
3. Leer hulle dat dit oukei is om te misluk.
In die woorde van Barry Teare, skrywer van Help Your Talented Child: The essential guide for parents:
“Mislukking as ’n resultaat van avontuurlike denke is een van die bestanddele van sukses op die hoogste
vlak. Die enigste mense wat nooit misluk nie, is hulle wat niks doen nie of net maklike goed doen, wat
uiteindelik nie vir hulle of enige iemand anders help nie.”
Slim kind:
Ken die antwoorde
Stel belang
Het goeie idees
Werk hard
Geniet hul portuurgroep
Absorbeer inligting maklik
Is tevrede met sy/haar eie werk
HLP-kind
Vra die vrae
Is uiters nuuskierig
Het ongewone, “lawwe” idees
Speel rond, maar toets goed
Verkies die geselskap van ouer kinders
Ken reeds die inligting is baie selfkrities
Wat is die kenmerkende tekens dat jou kind uitsonderlik skerp is – en hoe kan jy hulle die beste ondersteuning gee?
Trompetter /Uitgawe 1/ 2017 Bladsy 17
Vir die jongspan
Trompetter /Uitgawe 1/ 2017 Bladsy 18
Senior Burgers
Jy kry ´n kramp as jou spiere skielik saamtrek en die pyn kan ´n paar minute duur. Sport, swem in koue water, swak na die spiere en ´n gebrek aan sout of ander minerale veroor-saak krampe. Krampe kom gewoonlik in die bene, voete en hande voor. Swem in baie koue water, swak bloedsirkulasie na die spier, sout- en ander mineraaltekorte en wan-balanse is ook algemene oorsake. Suurstoftekort, rookgewoontes, passiwiteit, artritis, dehidrasie, hitte-aanvalle en verkalkte are kan ook faktore wees. Kinders ondervind dikwels spier- en beenpyne wat as groeipyne bekend staan. Chroniese spierkrampe dui dikwels op ´n tekort aan magnesium. Trek die betrokke ledemaat reguit deur dit op- of afwaarts te buig. Masseer die aangetaste dele asook die hele omliggende deel. Vir tekorte probeer aanvullings van kalsium, magne-sium, kalium, yster, Vitamiene B, C en D en seewiertablette. Vitamien E is goed vir krampe wat na oefening of in die aand voorkom en is baie doeltreffend vir die verbetering van die bloedsomloop, veral in die geval van verkalkte are.. Spreek jou dokter indien jy bedags krampe kry terwyl jy aktief is.
Boereraat:
Drink ’n bietjie sterk suikerwater.
KRAMPE
Trompetter /Uitgawe 1/ 2017 Bladsy 19
Suid-Afrikaanse-Woonwa-Assosiasie EREKODE
Hiermee verbind ek myself en my gesin tot die Grondwet, asook die Reëls en die Gedragskode van die S.A.W.A.
Verder verbind ek myself tot die volgende:
1. Ek sal strewe om die Christelike grondslag van SAWA te bewaar en uit te lewe;
2. Ek sal SAWA dien sovêr ek kan en alles in my vermoë doen om ons Assosiasie uit te brei;
3. Ek sal ons geliefde land se natuurskoon en sy fauna en flo-ra beskerm en bewaar;
4. Ek sal poog om alle openbare geriewe en fasiliteite tot my beskikking so te benut dat ander gaste dit sonder ongerief kan gebruik;
5. Ek sal poog om in alles opsigte hoflik te wees, beleefd op te tree en bedagsaam te handel teenoor alle padgebruikers;
6. Ek sal daarop let om nie deur my gedrag die eer van SAWA te skend nie, maar sal poog om die agting van almal met wie ek in aanraking kom af te dwing.
SAWA is die leier in woonwa-kampering
MISSIE
Vir Afrikaans-georiënteerde kampeerders ‘n tuiste te bied waar hulle binne ‘n Christelike konteks hul beginsels en kultuur kan uitleef;
Vir kampeerders die geleentheid te bied om saam met geesgenote so bekostigbaar as moontlik te kampeer;
Die belange van SAWA-lede te bevorder deur onderhan-deling en samewerking met ander instansies;
Die balans tussen die belange van die mens en die natuur te handhaaf;
In alles die hand van die Skepper te sien en Hom daarvoor te huldig.
WAARDES
* Christenskap * Lojaliteit * Verantwoordelikheid * Integriteit * Eerlikheid
* Diensbaarheid * Verdraagsaamheid * Respek
Kuierkos & Wenke
FUDGE KOEK
1 ½ koppies suiker
½ koppie kakao
1 ½ teelepels koeksoda
2 koppies meel
¾ teelepel sout
1 ½ teelepels vanielje
¾ koppie olie
1 ½ koppies water
1 ½ teelepels wit asyn
Oond 180 C
Pan grootte 9×3 (ongeveer 23cm) (Pan moet ongespuit
wees))
Meng die nat bestandele. Meng die droe bestandele.
Meng alles tot gladde mengsel
Bak vir 25 minute
Versier met jou keuse van versiersel bv karamel kon-
densmelk en klapper, geklopte room, ganache ens. Wees
versigtig, die koek is baie klam so moenie te stywe ver-
siersel probeer oorsmeer nie.
Mate en gewigte
Algemeen
1 koppie = 250 g
1 eetlepel = 12,5 g
1 teelepel = 5 g
1 wynglas = 106 mℓ
1 sjerrieglas = 71 mℓ
Afkortings
g, gram
kg, kilogram
mℓ, milliliter
l, liter
cm, centimeter
Trompetter /Uitgawe 1/ 2017 Bladsy 20
Slotgedagte 1. Die Kelkiewyn
Tema: Verbondsonderrig - Katkisasie - Sondagskool "Sommige van ons no-
em dit Sondagskool ander katkisasie, en nog ander verbondsonderrig.
Wat jy dit ookal noem, dit is duidelik, gemeentes behoort ʼn poging aan
te wend om hulle dooplidmate te onderrig om op alle gebiede in hulle
lewens die Here te dien. In hierdie uitgawe staan ons spesifiek stil
by die amptelike onderrig wat kerke aan hulle dooplidmate gee, om
hulle so op te voed dat hulle uiteindelik volwasse in die geloof raak
en dan in die openbaar belydenis van hulle geloof aflê."
2. Woordoordenking
Hag.1:8,9 : "Wat het hier gebeur ? Die volk het mense meer begin vrees
as vir God, hulle het meer ag gegee op mense (die valse kerk en valse
staat) se wette en bedreiginge, as God se bevel en beloftes, hulle het
hul eie belange en behoeftes voor God en sy Woord gestel. Ook in ons
tye kry ons dit: in die Beeld verlede week, op die voorblad, word daar
berig dat sodra Malema ‘iets kwyt raak’, die mense vlug na die em-
igrasie kantoor, oppad buiteland toe (Ps.78:8-11). Mense, selfs ge-
lowiges, vrees nietige mense en woorde meer as vir God en sy gebod.
Dink net hoe sou ons land gelyk het, as die mense, veral kerkmense,
die Here en sy Woord so gevrees en gehoorsaam het ?"
Groete Slabbert Le Cornu "“Antwoord my, Here, antwoord my, sodat hierdie volk kan erken dat U, HERE, God is, en dat U hulle hart tot U laat
terugkeer. Daarop het die vuur van die HERE neergeval en die
brandoffer en die hout en die klippe en die stof verteer,
ja, die water wat in die sloot was, opgelek"- 1 Konings
18:37-38 Amen"
“Ons vir jou Suid-Afrika”
Trompetter /Uitgawe 1/ 2017 Bladsy 21
Bronne Hiermee gee ek as redaktriese van die Trompetter erkenning aan die volgende:
Sarie
Internet
Deo Gloria Gemeente
Sanlam
Rooi Rose