nuusblad van olifantsrivierstreek lid van …...die tweede hoofstuk van spreuke beklemtoon dat...
TRANSCRIPT
Trompetter /Uitgawe 2/ 2018 Bladsy
NUUSBLAD VAN OLIFANTSRIVIERSTREEK
Lid van die Suid-Afrikaanse Woonwa-Assosiasie
Uitgawe 2 / 2018
Trompetter /Uitgawe 2/ 2018 Bladsy 2
SEKRETARIS
Susan Wilsenach Posbus 225 Rivercrescent 1042
Tel: 076 963 7205
VOORSITTER
Jan De Wet Posbus 12355 Leraatsfontein 1038
Tel: 082 822 2428
ONDERVOORSITTER
Pierre Wilsenach Posbus 225 Rivercrescent 1042
Tel: 079 994 8171
SKAKELBEAMPTE
Elize van der Merwe Posbus 504 Rivercrescent 1042
Tel: 071 977 9930
PENNINGMEESTER
Johnny Botha Kiepersol str 16 Leraatsfontein 1038
Tel: 083 666 1355
REDAKTEUR
Vossie Vosloo Posbus 3165 Middelburg 1050
Tel: 083 462 3225
VOORRAADBEAMPTE
Elize van der Merwe Posbus 504 Rivercrescent 1042
Tel: 071 977 9930
SENIOR BURGERS
Pine Pienaar Posbus 13796 Leraatsfontein 1028
Tel: 013 6970 118
WYSHEID VIR DIE WEG
KONSEP JAARPROGRAM
REDAKSIONEEL
ONSE KAPTEIN AAN DIE WOORD …..
NUUS UIT ONS KONTREI VERJAARSDAGWENSE, HUWELIKSHERDENKINGS EN KRUKKELYS KOM ONS LAG ‘N SLAG SAAMTREKFOKUS
ADANTE TIENERS PRETBLAD VIR OUD EN JONK
SENIOR BURGERS
KUIERKOS EN WENKE
SAWA ERERKODE, MISSIE & WAARDES
SLOTGEDAGTE
Inhoudsopgawe
Bestuur 2017/2018
Trompetter /Uitgawe 2/ 2018 Bladsy 3
27/30 APRIL 2018
Stable Inn
Streekkamp
25/26 MEI 2018
Ruby River Lodge
Streekkamp
JUNIE / JULIE 2018
Geen Kamp
Konsep Jaarprogram
Wysheid vir die weg Spreuke 2:1-22 – Soek wysheid met gespitse ore
Die tweede hoofstuk van Spreuke beklemtoon dat wysheid met totale oorgawe gesoek moet word, as’t
ware met gespitste ore (2:1-4). Dit is die tweede lewensles wat die pa aan sy seun gee.
Dit is dán wat ‘n mens die waarde van ontsag vir die Here sal begryp, want dit is IN die soektog wat HY
wysheid gee (2:5-8)!
Die eerste gevolg van die soektog na wysheid is dat jy Hom só sal ken dat jy met vreugde en oordeel sal
kan lewe (2:9-11).
Die tweede gevolg is dat dit jou sal beskerm van die dwaasheid van slegte mense (2:12-15).
Die derde gevolg is dat jy ook die versoeking van die slegte vrou sal kan afweer (2:16-19). Die om-
gekeerde geld natuurlik ook, dat die versoeking van die slegte man afgeweer kan word, hoewel Spreuke dit
hier eensydig sê.
Maar – en dit is baie belangrik om dit te begryp – dit is jou eie verantwoordelikheid om dié pad, die pad
van die goeie mense, te kies (2:20-22). Die Here gee die wysheid vir dié wat daarvoor soek, dié wat daar-
voor vra en Hom daarvoor vertrou.
2:5-8 – God gee wysheid vir dié wat daarna soek
Dit is dan wat hy sal agterkom, wysheid is ’n gawe van God, saam met sukses, beskerming, en regver-
digheid. Dan sal hy op die regte pad kan bly.
Dit is iets wat Jesus ook later sterk sou beklemtoon in sy bediening en onderrig, soos pragtig geïllustreer in
die bekende uitspraak in die Bergrede: “Vra, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal kry; klop, en vir
julle sal oopgemaak word, want elkeen wat vra, ontvang; en elkeen wat soek, kry; en vir elkeen wat klop,
sal oopgemaak word.” (Matt 7:7-8).
Interessant is dat Jesus hierdie gawe van wysheid ook met die gawe van die Heilige Gees verbind, die
goeie gawe van God (Luk 11:13), net soos wat dit hier in Spreuke 2 gedoen word. En Jakobus sê dat ’n
mens wysheid van God kan afbid (Jak 1:5). Watter belofte!
Chris van Wyk.
12/13 OKTOBER 2018
Kongres
24/25 AUGUSTUS 2018
Seekoeigat (AJV)
Streekkamp
21/23 SEPTEMBER 2018
Nasionaal
26/27 OKTOBER 2018
Diamante
Streekkamp
23/24 NOVEMBER 2018
35ste Verjaarsdag
Streekkamp
Trompetter /Uitgawe 2/ 2018 Bladsy 4
Gegroet is die Olifante
Eerstens moet ek groot om verskoning vra dat “Die Trompet” nou eers verskyn ek gaan ook nie
redes gee dat dit so laat is nie want dan skiet ek myself in die voet al rede wat ek kan aanvoer is,
ek is tegnologies gestremd of “BC”.
Ek wil ‘n beroep op elkeen doen om waar so moontlik vir my inligting, brokkiesnuus, grappies(ons moet net onthou kinders lees ook “Die Trompet”) en foto’s te stuur om die blad meer opwindend
te maak.
Met hierdie uitgawe gaan ons probeer dat foto’s herinneringe sal oproep vir die aangename tye wan-neer ons saam gekamp, gebraai, gekuier en saam pret gehad het.
Die Oop NUB en die Presidente is op hande asook die jaar se saamtrekke
Kom ons maak 2018 ‘n jaar om te onthou.
Voorspoed vir die jaar en lekker kamp.
Olifantgroete
Redaksioneel
Ons borge vir hierdie uitgawe
CYCAD PLACE, SHOP NO: 5
LILIAN NGOYI STREET
MIDDELBURG 1050
TEL:013;282 1273
Trompetter /Uitgawe 2/ 2018 Bladsy 5
Jan aan die woord
So is die jaar 2018 al half pad. Die reelings vir ons 35ste verjaarsdag vorder baie goed, ek begin al opge-
wonde raak want ek weet die Olifante gaan weer n groot sukses daarvan maak.
Die streek het nie ‘n baie suksesvolle kwartaal beleef nie: Die president is by gewoon deur vier lede en
Hennie en Judith het Vrydag en Saterdag by ons gekuier. Ons verkope by die presidente was nie suksesvol
nie maar ons het darem die tyd geniet. Einde April se naweek by stable inn was n lekker naweek en ons
het lekker gekamp , die gebiedsvoorsitter het ook saam gekamp. Einde Mei se kamp is geskuif na die 10de
Junie maar dit het ook nie gehelp nie. Daar was slegs een gesin wat gekamp het.
Die Snr Burgers is nie baie aktief in die streek nie want die meeste van hulle werk nog, die wat nie meer
werk nie is oud en kamp nie meer so gereeld nie.
Die Olifante sal die kamp kommandante wees by die Januarie 2019 gebiedskamp. Dink solank aan geskikte
oord en die naweek program.
Daar was van ons lede wat siek was maar dit gaan nou weer goed met almal. Die Here was baie goed vir
die Olifante en deur Sy genade kon ons die beproewinge te bowe kom.
Ek wil graag van die geleentheid gebruik maak om almal te bedank vir julle harde werk en ondersteuning
sover die jaar en die gedeelte wat nog voorle. As dit nie vir julle was nie sou die Olifante nie van krag tot
krag gegaan het nie en was ons nie so lekker groep mense nie.
Daar was n paar gelukkige gesinne wat n wegbreek gehad het na Botswana en Namibie. Dit was n baie lek-
ker tydjie en ons het almal met nuwe moed terug gekom.
Daar is van die Olifante wat nie wel is nie en ander beproewinge het. Mag die Heer met jul almal wees,
julle gesond maak en Sy hand oor ons almal hou.
Olifant groete
Jan & Helen.
Trompetter /Uitgawe 2/ 2018 Bladsy 6
VOOG - Johnny & Esme Botha
A Bronkhorst C Fisher G Vosloo
VOOG - Jan & Helen de Wet
C Venter F van der Merwe
G Roos P van Rooyen
VOOG - Manie en Elixe van der Merwe
Jde Wet B Korff
K Prinsloo H Cilliers
VOOG - Pierre & Susan Wilsenach
JD de Buin H van Tonder L de Jager
VOOG - Vossie & Hannetjie Vosloo
S Wilsenach
T Venter
M van der Merwe
[1] Aarbei Basiese inligting
Strawberry sogenaamde bosbessies, frambose oseaan,
grond bessies, ens, is 'n rooi vrug. Aarbeie is aarbei
Rosaceae genus bekend staan, is 'n meerjarige plante.
Strawberry hartvormige voorkoms, heerlike rooi tender,
sappige vlees bevat 'n spesiale ryk vrugte aroma. Straw-
berry hoë voedingswaarde, ryk in vitamien C, help
vertering effek, op dieselfde tyd, aarbeie kan ook ver-
sterk tandvleis, vars asem, keel klam.
[2] (Wetenskaplike naam: Frag × ananassa), ook bekend
as pynappel aarbei, framboos, grond perske, aarbei hawe
vertaling, die Engelse naam
Strawberry transliterasie. Is 'n rooi vrug.
Voogdelys 2016
Nuus uit ons kontrei Feite en geite ...
Trompetter /Uitgawe 2/ 2018 Bladsy 7
Huweliksherdenkings JANUARIE
FEBRUARIE
MAART
APRIL
11 JOHNNY & ESME BOTHA
MEI
JUNIE
JULIE
AUGUSTUS
SEPTEMBER
OKTOBER 8 MANIE & ELIZE VAN DER MERWE 14 JAN & TESSA DE BRUIN 23 JAN & HELEN DE WET
NOVEMBER 14 JOHAN & ANNEMARIE BRONKHORST
DESEMBER 2 NICO & LEONIE 13 VOSSIE & HANNETJIE VOSLOO
Op die krukkelys …
Sien Jan aan die woord
Verjaarsdae en herdenkings
NB! Indien jou naam nie hier verskyn nie of dit is foutief, skakel my asseblief onmiddelik.
VERJAARSDAE JANUARIE 27 Vossie Vosloo
FEBRUARIE 15 PINE PIENAAR 18 SUSAN WILSENACH
MAART 3 PIENAAR 12 JOHAN BRONKHORST
APRIL 3 LEONIE DE JAGER 11 MANIE VAN DER MERWE 19 KOOS PRINSLOO
MEI 6 JAN DE BRUIN 9 PIERRE WILSENACH 12 HANNETJIE VOSLOO 25 ANALYNN KORFF
JUNIE 7 MARIE FISCHER 18 JUDITH CILLIERS 24 NICO HATTINGH
JULIE 2 SUSAN VAN ROOYEN 4 JOHNNY BOTHA 20 PETRUS VAN ROOYEN 27 KEVIN OPPERMAN
AUGUSTUS 23 ESME BOTHA
SEPTEMBER 4 ANNEMARIE BRONKHORST 6 HENNIE CILLIERS 27 OPPERMAN ANTONIE VENTER 29 CARL FISCHER
OKTOBER 2 HELEN DE WET 3 BOBBY KORFF 22 FRIK VAN DER MERWE
NOVEMBER 1 CHARLOTTE VENTER 2 JAN DE WET 22 ELIZE VAN DER MERWE 25 RIET PRINSLOO
DESEMBER 1 TESSA DE BRUIN
Trompetter /Uitgawe 2/ 2018 Bladsy 8
Definisie van guts:
Man wat laatnag dronk deur sy vrou met die besem inge-
wag word en haar vra: “Maak jy nog huis skoon of vlieg
jy iewers heen?”
Kom lag ‘n slag!
.Jip-jip vir wilde afrikaanse woordeskat
KAIÏNGS
Minder bekende uitdrukkings met die woord kaiings in:
Hy is 'n harde kaiing. - Hy is parmantig
Dit sal kaiings kos. - Dit sal moeilik gaan.
Dit was koue kaiings. - Dit was onbeduidend.
Hy/sy is 'n regte ou vuil kaiing. - Slordig, morsig.
Jou kaiings teëkom. - Jou vasloop; met jou meerdere te doen kry; jou druiwe, moses teëkom.
Hy kom uit die kaingbulte. - Hy is 'n gomtor, 'n ghwar.
'n Regte man bel nie die AA of BMW-On-Call voordat hy nie ten minste sy kar se kap opgemaak het, aan 'n paar goed gepeuter het en kopskuddend gefluit het nie.
Trompetter /Uitgawe 2/ 2018 Bladsy 9
NUTTIGE WENKE
Hier is 'n kleur kode vir die elektriese koppelstuk vir jou
sleepvoertuig en woonwa
Trompetter /Uitgawe 2/ 2018 Bladsy 10
Ruby River Lodge
Begin Maart en dit is ons eerste streekskampvir 2018. Nee dit is nie die eerste kamp nie. Ons het Januarie
n baie lekker gebiedskamp gehad by Secunda (Lake Oasis) en begin Februarie die oop NUB by Bloekom-
poort.
Vrydagaand kom die De Wets heel laaste daaraan, van die ander is al moeg gekamp. Na boeke vat is daar-
heerlike “stir-fry” (Ek wonder of al die oord se hoenders dit oorleef het.) Dit was net die begin van ‘n
lekker kuier en bederf naweek deur die kampkommandante. Sewe Olifantgesinne en een gas het die
naweek gekamp.
Saterdagoggend is dit pap en lewer vir ontbyt, en verder kuier al om die boom vir n bietjie koelte. Sater-
dagaand is braai en slaai, soos gewoonlik weer hopeloos te veel kos, en die kuier gaan verder aan.
Sondagoggend neem Manie vir ons die ere-diens waar.
Die afsluiting was weereens n hoogte punt, waar die skandes en komplimente bespreek word. Ek dink
hulle gebruik “Big Brother” se loerkamera. Want iemand weet /sien alles. Maak nie saak hoe goed jy
probeer doen nie, as daar iewers n “boo-boo” is kom dit uit.
Met die afsluiting agter die rug is dit weer tyd vir ontbyt maak. Dit was ook weer n lekker kuier so voor
die oppak. Dit was weer lekker om by Ruby te kamp, dit is nie ver nie en ‘n lekker oord. So kom die
naweek ook tot n einde en ons begin uitsien na die volgende naweek. Die Presidente is die volgende
kamp, dit is oor die Paasnaweek by Klipdraai.
Tot die volgende kamp.
Olifant groete
Kampverslag ….
So word daar om ‘n kampvuur gekuier deur die Olifante
Trompetter /Uitgawe 2/ 2018 Bladsy 11
Saamtrek fokus…...
Die “Trompettertjies” word nie oo gesien nie en is trots o[ hulle toekennings
Trompetter /Uitgawe 2/ 2018 Bladsy 12
Die Bateleur-arend is deel van die slangarende in ons land. Die naam Bateleur is afkomstig van 'n Franse woord vir heen-en-weer sweef soos n sweefstokloper op 'n draad. Die Bateleur is die maklikste eienbare arend van ons streek. Die swart, wit en kastaiing verekleed saam met diagnostiese vlerkvorm en baie kort stert maak die voël onmiskenbaar. Vliegaksie is ook diag-nosties: lang vlerke word teen effense hoek gehou en selde geklap in 'n direkte vlug terwyl die voël heen en weer kantel. Mannetjies het 'n breë swart agterrand aan vlerk terwyl die wyfies 'n smal rand het. Jong voëls is bruin. Habitat. Savanna. Status: Standvoël. Roep: 'n Harde kow-wah-blaf.
BATELEUR—BERGHAAN
Terathopuis ecaudatus
Trompetter /Uitgawe 2/ 2018 Bladsy 13
Die “BOLLIE” beker verduur geen onreg nie en almal loop deur as
dit moet, selfs ons “Voorsitter” word nie gespaar nie.
Trompetter /Uitgawe 2/ 2018 Bladsy 14
Fotoblad
Tannie Charlotte Venter saam met Lance Batts en Jan de Wet
met haar toekening
Kyk hoe lekker kamp die “Olifante” langs die Olifantsrivier
Trompetter /Uitgawe 2/ 2018 Bladsy 15
“OLIFANT” van die naweek en albei langs die “Olifantsrivier”
Leonie en gesin by Olifantsrivier Lodge Wtbank en
Annemarie Bronkhorst by Rubyriver Lodge.
Trompetter /Uitgawe 2/ 2018 Bladsy 16
Tieners Tieners en tegnologie: Hoekom dit eintlik goed is!
Soos enige SuperMa met tieners of voortieners wonder jy seker soms wat met jou geliefde kinders se ontwikkeling gebeur wan-
neer hulle voor ’n rekenaar- of TV-skerm vasgenael is. Ontspan ’n bietjie, ma; dit is dalk goed vir hulle.
Dis hoekom tegnologie goed kan wees:
1. Dit is opvoedkundig en gee jou kind toegang tot nuttige inligting – Die internet is vol legitieme en nuttige inlig ting wat jou
tiener met huiswerk of toetsvoorbereiding kan help. En hulle kan blitsvinnig daartoe toegang kry. Dit
ontwikkel ook hul politieke en sosiale bewustheid as hulle op die hoogte bly van nuus, aktuele sake en
dokumentêre.
2. Dit maak die lewe geriefliker – Gevorderde tegnologie het sekere take vir tieners ook geriefliker gemaak. As jou kind by-
voorbeeld ’n projek vir visuele kuns moet maak, kan hulle rekenaarprogramme soos PowerPoint, Photoshop en Adobe Illustra-
tor daarvoor gebruik.
3. Sosiale netwerke maak tieners meer geheg aan hul portuurgroep – Onderwysers en ander volwassenes is nie meer die enigste
bronne van kennis nie; jongmense is gemotiveer om aanlyn by ander van hul portuurgroep te leer. Hulle ontvang terugvoer van
mekaar.
4. Hulle kan hul lees- en skryfvaardighede en kritiese denke ontwikkel – Dit gebeur met blogs, geselskamers en deelname aan
aanlyn besprekings, soos op opvoedkundige of nuuswebtuistes.
5. Dit verbreed hu siening van kultuur en diversiteit – Musiek, flieks en sosiale media gee jou tiener die kans om plekke, mense,
idees, sake en kulture te verken wat hulle andersins nie sou kon sien nie. Dit is ook ’n goeie manier om jou kind aan diversiteit
bloot te stel en hulle te inspireer om nuwe aktiwiteite en nuwe idees te verken.
6. Dit stimuleer hul kreatiwiteit – Tegnologie laat tieners toe om hul eie video’s, foto’s en ander inhoud op ’n kreatiewe, in-
noverende en inspirerende manier te deel.
7. Videospeletjies kan eintlik ingewikkelde, nodige vaardighede help ontwikkel – In ’n paar eksperimente wat
spelers met nie-spelers vergelyk, het navorsers bevind mense wat gereeld videospeletjies speel, het skerper visie en vinniger
reaksietye. Hulle kan ook meer as een ding gelyk doen en hul aandag word nie so gou afgetrek nie.
8. Sosiale verbindings maak jongmense meer verhouding-georiënteerd, bedagsaam en empaties – Navorsers het bevind dat
tieners wat aktiewer op sosiale netwerke soos Facebook is meer virtuele empatie toon – hulle is meer geneig ondersteunend en
aanmoedigend te wees. Hulle skep ook langtermynvriendskappe aanlyn, al is hul vriende fisiek vêr verwyderd.
9. Dit verwyd hul belangstellings – Daar is mense wat deur tegnologie gemotiveer word – dit gee hulle die
geleentheid om nuwe belangstellings te ontwikkel wat hulle gewoonweg nie sou nie, soos fotografie, videografie, skryf of selfs
sing.
Maar wees bekommerd wanneer jou tiener dit doen:
1. Hulle mis uit op slaap om speletjies te speel of sosiale media te besoek – Tiener het tussen agt en ’n half en nege en ’n half
uur se slaap nodig om optimaal te funksioneer. As jou tiener minder as dit kry en jou tiener verloor kosbare ure as hulle slaap
opoffer om tyd aanlyn deur te bring.
2. Hulle bring meer as drie uur per dag voor die skerm deur – Hulle moet tyd voor die skerm deurbring vir huiswerk; dis hoe
dit deesdae werk. Maar dit is tydrowend en kan verslawend wees om te veel tyd aanlyn deur te bring.
3. Hulle het meer aanlyn vriendskappe as aflyn – Dit is veral waar wanneer jou tiener gedurig teksboodskappe stuur en aanlyn
sosialiseer, maar jy sien nooit enige vriende in lewende lywe nie.
4. Ander gebiede in hul lewe word afgeskeep vir tyd aanlyn – As jou kind nie sorg vir hul spirituele, emosionele, akademiese,
gesins-, sosiale en fisieke gesondheid nie, is dit omdat dit tyd en moeite verg. Daar is dikwels nie genoeg energie oor nie wan-
neer jou kind te veel tyd aanlyn deurbring.
5. Hulle skeep hul persoonlike higiëne af – Jou tiener moet regtig meer stort as wat hulle doen. Maar hulle stel dit uit omdat
hulle video’s kyk, speletjies speel of eenvoudig nie die foon kan neersit. Soms raak dit so laat dat hulle dae lank nie hulself ver-
sorg nie.
Janine Nel: Bronne: goodhousekeeping.com, geniusinchildren.org, huffingtonpost.com, teenink.com, nytimes.com
Trompetter /Uitgawe 2/ 2018 Bladsy 18
Senior Burgers
Boereraat: Gebruik op eie risiko
GOUT/JIG
• Koop onverdunde Swartkersiesap – verdun 50% met water in 1 of 2 liter bottel en drink 3-4 x per dag – genees amper heeltemal • Eet baie komkommers of drink baie komkommersap en drink ook baie water • Uriensuur hoop op in die liggaam dus moet jy dit suiwer – koop Dr Auer’s se Base powder • VERMY: vleis- bees en skaap, orgaanvleis-brein, lewer, niertjies en soetvleis, Vis-sardientjies, haring, makriel, mossels, kreef, kaviaar, sitrusvrugte, piesangs, tamaties, spinasie, sampioene, peule, blomkool, ryk vetterige kos, kragsop, vleis-drupsels, souse en vleisaftreksels, bier en brood asook soetgoed wat gis bevat • 1 Suurlemoen in louwarmwater op nugter maag elke dag • Sit ½ tl Engelse sout op tong en sluk af met water as jy pyn verduur • 1 x 2liter water met 1 eetl Gemmer en ½ tl Rooipeper, skud goed, sit in yskas en drink 3 x per dag • Eet Pietersielie • Koop Horse Liniment by die apteek en vryf aangetaste gedeelte gereeld • Sit koolblare op, vervang twee x per dag vir omtrent ‘n week lank. • Ander raad: Koop original Schweden bitter en drink gereeld met water
Trompetter /Uitgawe 2/ 2018 Bladsy 19
Suid-Afrikaanse-Woonwa-Assosiasie
EREKODE
Hiermee verbind ek myself en my gesin tot die Grondwet, asook die Reëls en die Gedragskode van die S.A.W.A.
Verder verbind ek myself tot die volgende:
1. Ek sal strewe om die Christelike grondslag van SAWA te bewaar en uit te lewe;
2. Ek sal SAWA dien sovêr ek kan en alles in my vermoë doen om ons Assosiasie uit te brei;
3. Ek sal ons geliefde land se natuurskoon en sy fauna en flora beskerm en bewaar;
4. Ek sal poog om alle openbare geriewe en fasiliteite tot my beskikking so te benut dat ander gaste dit sonder ongerief kan gebruik;
5. Ek sal poog om in alles opsigte hoflik te wees, beleefd op te tree en bedagsaam te handel teenoor alle padgebruikers;
6. Ek sal daarop let om nie deur my gedrag die eer van SAWA te skend nie, maar sal poog om die agting van almal met wie ek in aanraking kom af te dwing.
SAWA is die leier in woonwa-kampering
MISSIE
• Vir Afrikaans-georiënteerde kampeerders ‘n tuiste te bied waar hulle binne ‘n Christelike konteks hul beginsels en kultuur kan uitleef;
• Vir kampeerders die geleentheid te bied om saam met geesgenote so bekostigbaar as moontlik te kampeer;
• Die belange van SAWA-lede te bevorder deur onderhan-deling en samewerking met ander instansies;
• Die balans tussen die belange van die mens en die natuur te handhaaf;
• In alles die hand van die Skepper te sien en Hom daarvoor te huldig.
WAARDES
* Christenskap * Lojaliteit * Verantwoordelikheid * Integriteit * Eerlikheid
* Diensbaarheid * Verdraagsaamheid * Respek
Kuierkos & Wenke
Braai Paai
2 Rolle Skilferkorsdeeg
300 g Boerewors gaargemaak, in skyfies gesny
2 Gaar Hoenderborsies – skyfies gesny
(Gerookte Hoenderborsies kan ook gebruik word)
1 Pakkie Gesnipperde Spek, 1 Ui
1 Rooi Rissie, 1 Geel Rissie
1 Pak Sampioene,(Opisoneel)
Feta Kaas; Mozzarellakaas; Cheddarkaas
So gemaak:
Spuit braairooster baie goed met spay&cook
Laat ontdooi die deeg en rol uit op snyplank.
Braai ui, rissie en spek saam – laat afkoel
Voeg Rosemary and Olive en peper by.
Sit helfte van boerewors skyfies op deeg een uitgerolde deeg
Sit hoenderborsies stukkies op
Sit uie en spek mengsel op
Pak sampioene op
Gooi die kaas oor.
Eindig met ander helfte boerewors skyfies
Plaas 2 de deeg bo-op.
Rol punte om en seel met ‘n vurk
Verf met eier/melk.
Gebruik rooster met randjies.
Braai hoog oor vuur.
Braai 15 minute,draai gedurig om.
Braai tot mooi goudbruin en gaar
Mate en gewigte
Algemeen 1 koppie = 250 g 1 eetlepel = 12,5 g 1 teelepel = 5 g 1 wynglas = 106 mℓ 1 sjerrieglas = 71 mℓ Afkortings g, gram kg, kilogram mℓ, milliliter l, liter cm, centimeter “Ons vir jou Suid-Afrika”
Trompetter /Uitgawe 2/ 2018 Bladsy 20
Slotgedagte “Dit is Wysheid self wat roep, dit is Insig wat haar stem laat hoor.” Spreuke 8:1
“Wie my vind, vind die lewe self en geniet die guns van die Here.” Spreuke 8:35
Ek moes net weer gaan kyk wat die betekenis van outentiek alles insluit. Hierdie is maar net ‘n paar van
hulle; opreg of eg, oorspronklik, realisties, waar, deeglik geposisioneer, gebalanseerd en belyn met die
waarheid, ingestel en in kontak met “self”.
Dit is maklik om outentieke “self” te verwar met outentiek leef. Dit beteken gewoon dat ek die taal van
outentiekheid ken, maar dit nie praat nie. Ek kan derhalwe met groot vernuf, wegkom met ‘n preten-
sieuse leefstyl, omdat ek die skyn van outentiekheid so goed bemeester het.
As mens meer outentiek leef en jou eerlike self omarm, is daar gewoon nie meer ‘n kompetisie gees wat
jou eintlik beroof van ‘n gesonde gebalanseerde lewe nie. Om jou outentieke self te leef beteken om vry
te wees van ‘n voortdurende kompetisie-gees.
Wees jouself en hou op om iemand anders te probeer wees. Dit lê nie in hoe jy aantrek of watter soort
kuns of musiek jy van hou wat jou uniek maak nie. Dan word andersheid die enigste ding wat jou de-
finieer. “Authentic self is the soul made visible” - Sarah Bon Breathnach. Eerlikheid is om jou bloot te
stel, waarde toe te voeg tot ‘n pretensieuse samelewing en daarmee ook ander toe te laat om vreesloos
hulleself te wees. Outentiekheid vereis kwesbaarheid, deursigtigheid en integriteit. Wees jy dus vreesloos
outentiek. Jy word bevry van vrees en kom in noue kontak met die realiteit van liefde. Hê volledig lief en
wees jou eerlike self. Fokus daarop om in waarheid te leef. Asem dit in, en straal dit uit.
Vind die dapperheid en moed om outentiek te wees – nie almal sal van jou hou nie, maar niemand kan
tog van jou hou as jy hulle nie die kans gee om jou ware self te leer ken nie.
Visualiseer die betekenis van outentiekheid met twee sirkels. Dit is wanneer die sirkel van "wie jy is" en
die sirkel van "wat jy doen" netjies oor mekaar skuif dat jy outentieke gedrag in jouself vestig. Die een
kan nie sonder die ander nie en die een getuig oor die integriteit van die ander.
Gebed: Here deurgrond my hart, as daar valsheid in my is, sal U my
deur u Gees lei tot selfinsig. Maak my nuut sodat ek myself sonder
vrees sal uitleef en myself sal sien, soos U my sien. Amen
Oordenking deur: Wanda Bam
“Ons vir jou Suid-Afrika”