nuusbrief 01-2015 - savtecsavtec.co.za/wp-content/uploads/2016/03/savtek-nuusbrief... ·...

24
1 Die Suid-Afrikaanse Federasie van Veteraan- trekker-en-enjinklubs The South African Federation of Veteran Tractor and Engine Clubs www.savtec.co.za Nuusbrief 01-2015 Klub Komiteelede 2015 SAVTEC Chairman Koos Strydom 082 550 8326 Vice Chairman Les Maker 082 771 5719 Secretary Hennie Richter 073 391 8495 Treasurer Rob North 083 655 0958 Safety Officer Noël Holmes 082 847 6987 Co-ordinator: Newsletter Mark Hohls 083 709 8922 Co-ordinator: Judging Denis Usher 083 777 1180 Co-ordinator: Website Les Maker 082 771 5719 Klub Voorsitters Eastern Province Vintage Tractor and Engine Club Danie van Rensburg 076 620 2644 Hoëveld Veteraan Trekker en Enjinklub Mark Hohls 083 709 8922 Koster Veteraan Trekker en Enjinklub Louis Botha 078 445 8479 Noordwes Veteraan Trekker en Enjinklub Jaco Gouws 083 397 4277 Noord Vrystaat Antieke Klub Hannes Smit 079 507 9196 Oos Vrystaat Trekker en Enjinklub Frannie Pieterse 082 775 1675 Sentraal Vrystaat Veteraneklub Christo Pieterse 082 416 9020 The Natal Vintage Tractor and Machinery Club Les Maker 082 771 5719 Vaalharts Veteraan Klub Francis Bennie 072 150 3513 Wes-Kaap Veteraan Trekker en Enjinklub Eniel Viljoen 082 562 2650 Noord-Kaap Veteraan Klub Sarel Venter 082 593 7852

Upload: others

Post on 17-Mar-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Nuusbrief 01-2015 - SAVTECsavtec.co.za/wp-content/uploads/2016/03/SAVTEK-Nuusbrief... · 2016-03-30 · 3 Lief en Leed Ons innigste meegevoel met die heengaan van die volgende lede

1

Die Suid-Afrikaanse Federasie van Veteraan-trekker-en-enjinklubs

The South African Federation of Veteran Tractor

and Engine Clubs www.savtec.co.za

Nuusbrief 01-2015

Klub Komiteelede 2015

SAVTEC Chairman Koos Strydom 082 550 8326

Vice Chairman Les Maker 082 771 5719

Secretary Hennie Richter 073 391 8495

Treasurer Rob North 083 655 0958

Safety Officer Noël Holmes 082 847 6987

Co-ordinator: Newsletter Mark Hohls 083 709 8922

Co-ordinator: Judging Denis Usher 083 777 1180

Co-ordinator: Website Les Maker 082 771 5719

Klub Voorsitters

Eastern Province Vintage Tractor and Engine Club Danie van Rensburg 076 620 2644

Hoëveld Veteraan Trekker en Enjinklub Mark Hohls 083 709 8922

Koster Veteraan Trekker en Enjinklub Louis Botha 078 445 8479

Noordwes Veteraan Trekker en Enjinklub Jaco Gouws 083 397 4277

Noord Vrystaat Antieke Klub Hannes Smit 079 507 9196

Oos Vrystaat Trekker en Enjinklub Frannie Pieterse 082 775 1675

Sentraal Vrystaat Veteraneklub Christo Pieterse 082 416 9020

The Natal Vintage Tractor and Machinery Club Les Maker 082 771 5719

Vaalharts Veteraan Klub Francis Bennie 072 150 3513

Wes-Kaap Veteraan Trekker en Enjinklub Eniel Viljoen 082 562 2650

Noord-Kaap Veteraan Klub Sarel Venter 082 593 7852

Page 2: Nuusbrief 01-2015 - SAVTECsavtec.co.za/wp-content/uploads/2016/03/SAVTEK-Nuusbrief... · 2016-03-30 · 3 Lief en Leed Ons innigste meegevoel met die heengaan van die volgende lede

2

Woord van die voorsitter/ Chairman’s chat Dagsê vriende! My termyn staan nou noodgedwonge einde se kant toe met die hoogtepunt van die jaar wat nog voorlê, die Nasionale byeenkoms in Natal gedurende September. Voldoende inligting en nuus gaan in hierdie uitgawe aan julle deurgegee word. Aan die begin van die jaar gedurende die jaarvergadering het ons ernstig oor ʼn aantal sake gepraat EN besin! Ek hoop dat al hierdie aspekte ʼn spesiale vlaggie in jou beplanning gekry het en dan nou ook daardie besondere aandag sal geniet. Ek het gedurende die laaste paar maande die voorreg gehad om by die moderne ploeg wat deur Tubestone aangebied word betrokke te raak. Dit was regtig ʼn baie leersame ervaring beide met die beoordeling, beoordelaars en al die spesiale mense, deelnemers en toeskouers wat ek ontmoed het. Daar was ongekende belangstelling in ons stokperdjie asook die beweging! Baie gesprekke is met Tubestone, Rudi en Susan du Toit en van die deelnemers gevoer almal met ʼn gemeenskaplike versoek. En dit is om hierdie baie sinvolle stokperdjie maksimaal muit te bou. Op die versamel en restoureer front gaan dit lyk vir my nog klopdisselboom. Ek kry amper daagliks oproepe en E-posse van mense wat meer wil weet van sekere toerusting, onderdele en verkoop van items. Almal van hulle kry inligting omtrent SAVTEK en die elektroniese media af so ons sal dit maar ʼn “Go” moet gee. Daar kom ook al hoe meer navrae oor ou plaasimplemente wat nou al hoe meer versamel word. Hoofsaaklik dink ek vanuit ʼn koste oogpunt asook verkrygbaarheid. ʼn Baie interessante afdeling is die hooimaak masjiene. Dit is nie alleen baie sinvol om te versamel nie, maar was baie gewild en essensieel in sy era en ook maklik om te vervoer en ook maklik om ʼn aanskoulike uitstalling saam te slaan. Moet ook nie die Delo-restoureer kompetisie uit die oog laat nie, dit het baie sweet en nagte van almal betrokke geverg. Die finale beoordeling en prys uitdeling vind plaas gedurende die Nasionale skou. Nou-ja vriende, kom ons sit skouer aan die wiel of trekker of iets vir die Nasionale skou in September en ondersteun al die fasette met oorgawe. Sterkte ook aan al die samestellers van hierdie nuusbrief en by voorbaat dankie daarvoor. Voorsitter Koos Strydom

Page 3: Nuusbrief 01-2015 - SAVTECsavtec.co.za/wp-content/uploads/2016/03/SAVTEK-Nuusbrief... · 2016-03-30 · 3 Lief en Leed Ons innigste meegevoel met die heengaan van die volgende lede

3

Lief en Leed Ons innigste meegevoel met die heengaan van die volgende lede of familie van lede: Oom Hentie Slabbert van Ermelo is in Junie na ʼn kort siekbed oorlede. HVTEK lede het die voorreg gehad om in Maart ʼn ploegdag by die Slabberts te hou.

Sedert ons laaste nuusbrief verskyn het, is drie van ons lede oorlede, een se vader, en een gewese lid. Op Villiersdorp is Dennis Viljoen oorlede. Hy was lank siek. Dis Voorsitter Eniel se pa, en het sy seun sowel as ons klub op so baie terreine ondersteun. Dieter Sederer van Swellendam (Suid-Kaap) is na ’n kort siekbed oorlede. Hy was ons Duitse “Deutz-man”, ook ’n restoureerder en klub-man van formaat. Deon Joubert, ons “Lanz-man” van Riebeek-Wes is ook oorlede. Hy was lankal nie meer die gesondste nie, maar hy het hom deur niks laat onderkry nie. Derick Kleynhans se pa is oorlede. Hy het op Heidelberg geboer en was ook ’n groot steun vir die baie besige Derick. Voormalige lid De Vos Rabie is op Worcester oorlede. Hierdie vier mense het baie van ons klublede se lewens aangeraak en verryk. Hul gesinne se verlies is vir baie van ons ook ’n persoonlike verlies. Ons klub wil met die naasbestaandes simpatiseer.

Deon Joubert se begrafnisdiens was as’t ware ’n reünie van die groep manne wat in 1998 die lang rit padlangs van Kaapstad na Clocolan aangepak en geld vir die Hartstigting ingesamel het. Drie van die “ekspedisielede” het hul laaste eer aan Deon kom betoon, hier by die einste Lanz waarmee Deon die lang pad aangedurf het. Van links: Thys Swart, Christie Maree, Stiaan Hanekom en Gideon Joubert (Deon se seun). Gideon, wat ook al baie betrokke was, gaan voort-aan die lid wees wat die familie by die veteraan-gemeenskap gaan verteenwoordig.

Page 4: Nuusbrief 01-2015 - SAVTECsavtec.co.za/wp-content/uploads/2016/03/SAVTEK-Nuusbrief... · 2016-03-30 · 3 Lief en Leed Ons innigste meegevoel met die heengaan van die volgende lede

4

Club activities and events

Page 5: Nuusbrief 01-2015 - SAVTECsavtec.co.za/wp-content/uploads/2016/03/SAVTEK-Nuusbrief... · 2016-03-30 · 3 Lief en Leed Ons innigste meegevoel met die heengaan van die volgende lede

5

Highveld: The annual “Plaasfees” wil take place on 5 September 2015 at the Willem Prinsloo Agricultural museum (WPLM).

National Show 2015 For those members who are not sure where Baynesfield is, see below map as guide. GPS Co-ordinates: -29.764191, 30.341677

Page 6: Nuusbrief 01-2015 - SAVTECsavtec.co.za/wp-content/uploads/2016/03/SAVTEK-Nuusbrief... · 2016-03-30 · 3 Lief en Leed Ons innigste meegevoel met die heengaan van die volgende lede

6

Page 7: Nuusbrief 01-2015 - SAVTECsavtec.co.za/wp-content/uploads/2016/03/SAVTEK-Nuusbrief... · 2016-03-30 · 3 Lief en Leed Ons innigste meegevoel met die heengaan van die volgende lede

7

Page 8: Nuusbrief 01-2015 - SAVTECsavtec.co.za/wp-content/uploads/2016/03/SAVTEK-Nuusbrief... · 2016-03-30 · 3 Lief en Leed Ons innigste meegevoel met die heengaan van die volgende lede

8

Page 9: Nuusbrief 01-2015 - SAVTECsavtec.co.za/wp-content/uploads/2016/03/SAVTEK-Nuusbrief... · 2016-03-30 · 3 Lief en Leed Ons innigste meegevoel met die heengaan van die volgende lede

9

Page 10: Nuusbrief 01-2015 - SAVTECsavtec.co.za/wp-content/uploads/2016/03/SAVTEK-Nuusbrief... · 2016-03-30 · 3 Lief en Leed Ons innigste meegevoel met die heengaan van die volgende lede

10

Streeksnuus/ Club news Noord Vrystaat Antieke Klub:

Koot Potgieter ploeg 'n netjiese akker op Palm tydens 'n ploegkompetisie.

Jan Joubert se Allis Chalmers WD en omslagploeg van dieselfde fabrikaat. Ploegkompetisie op Palm.

Brandon Fourie, een van ons junior lede. Noord Vrystaat is Landini Wereld!

'n Voorspoed (Ransomes) mieliedorsmasjien tydens 'n opedag op Palm. Eienaar Herman van Schalkwyk.

Page 11: Nuusbrief 01-2015 - SAVTECsavtec.co.za/wp-content/uploads/2016/03/SAVTEK-Nuusbrief... · 2016-03-30 · 3 Lief en Leed Ons innigste meegevoel met die heengaan van die volgende lede

11

'n Albion lorrie van Willem Colloty. Die foto is geneem net voor die skrootysterman dit kon kry.

Die Albion lorrie aan die einde van 2014. Dit word gerestoureer by 'n spesiale skool en die graad 7's geniet dit baie.

Natal Vintage Tractor and Machinery Club

A MEMORABLE DEMONSTRATION In the fifties wool prices were good and to the farmers of the Karoo, lucern was king. But to preserve the wonderful nutrient value it was necessary to cure the hay and store it safely for the inevitable drought. It was hard, unremitting labour so when we introduced the first pick-up baler with automatic tying mechanism it created tremendous interest tempered with the usual scepticism. The high country around the town of Fraserburg is the source of the Sak river which has created deep alluvial deposits along its course. Farmers had devised a way of storing the sporadic flood waters deep under the surface by building earth dams - ‘saaidamme' - which would hold water long enough to soak away into the depth of the alluvial soil. This was the lucern paradise. Even if the floods stayed away for three to four years the plant remained alive and waiting. When the water came, the crop would respond dramatically and produce phenomenal tonnage's of splendid lucern hay. It was here that we launched the McCormick International model 5OAW baler. The main players in this event were: the dealer Fanie, the farmer Willie, the expert Dave and Kieviet the tractor driver. And, of course, the spectators. The party-lines had been spreading the news and they came from far and wide. By sunrise the fires were smoking and with aroma of the ‘braai’. There stood the great red monster- big, as only the Americans could build them. In order to give the mighty plunger its brute force a four cylinder "Continental" petrol engine drove a huge flywheel which was mounted on the plunger crank. The effect of this heavy reciprocating action was to cause a rocking motion, which was transmitted to the towing tractor making Kieviet look as if he was riding a horse. The tractor, a Fordson Major paraffin model, looked frail and nervous. Local belief was that the headlights (eyes) should be removed otherwise the tractor would see the hard work coming and "break". In order to understand the events which followed it is necessary to describe the build of the baler. The main weight was carried by two large wheels but to counter the weight of the bales forming in the chamber a considerable amount was borne by a small caster wheel on the front under the drawbar. The ground clearance was enough to allow the crank to sweep through its arc under the belly of the baler. And so came the moment they were all waiting for. This could be the answer to all the sweat and toil and save a fortune in crop losses. Fanie, in his splendid red dust coat with IHC on the pocket, started the engine and ran it up to a sweet note, raised a hand to Kieviet to stand ready and slowly engaged the flywheel drive.

Page 12: Nuusbrief 01-2015 - SAVTECsavtec.co.za/wp-content/uploads/2016/03/SAVTEK-Nuusbrief... · 2016-03-30 · 3 Lief en Leed Ons innigste meegevoel met die heengaan van die volgende lede

12

Things really started happening; belts squealed into grip, the crank drove downward then forward in its rocking arc, starting Kieviet on his ride. Off he went following the bulky windrow which the baler swallowed and fed into the bale chamber to be compressed and formed. And the crowd followed with excitement growing. When would the first bale fall? Suddenly there was a loud crash and clatter but Dave calmed fears by explaining that the noise was only the tying process. Next the bale emerged beautifully formed and securely tied. They were thrilled, prodded, heaved, smelled and then scampered after the rocking monster dropping bale after bale in front of the delighted crowd. And then it happened - the front caster wheel failed. This had the effect of dropping the front of the baler so that the plunger crank now struck the ground and caused the baler to leap into the air with every crank stroke. What followed was pandemonium. You could see that most of the main players were used to dealing with livestock - they darted in and out of range of the leaping monster waving their arms and shouting. Kieviet had abandoned the tractor and was dutifully waving and shouting. Fanie, Dave and Willie had a hurried consultation and their technical training indicated that there was only one way to stop this madly leaping monster - stop the engine. But how, without being crushed by tons of leaping steel? There was only one hope; break the spark distributor on the engine. And so they called for stones, tried to anticipate a safe point of attack and try to hit the vulnerable part. It was miss after miss. Suddenly Willie was seen leaping into his pick-up and disappeared in a cloud of dust. The stoning and the shouting continued ineffectually. The dust cloud returned and Willie dashed out wielding a shotgun! There was a roar of “Gee pad voor"! Willie raised the 12 bore like an expert, followed the flight of the quarry and let off both barrels. The baler made a last convulsive leap and crashed to a hissing standstill. There followed a deep silence. Then Willies voice, Bliksem! Fanie loss hierdie F..... ding. Kom ons gaan drink! The party that followed and the stories which grew out of this great demonstration became legend all up and down the Sakrivier. Most of the folk have departed, many farms are deserted but if you dig in the old scrapyards you will find the remains of many 50AW balers. It too became a legend. As recalled

Page 13: Nuusbrief 01-2015 - SAVTECsavtec.co.za/wp-content/uploads/2016/03/SAVTEK-Nuusbrief... · 2016-03-30 · 3 Lief en Leed Ons innigste meegevoel met die heengaan van die volgende lede

13

Wes-Kaap Veteraan Trekker en Enjinklub:

Andy Selfe – “an outstanding soldier with much initiative and personal pride.” (September 1975) Wanneer mens iets oor Andy moet skryf, weet jy nie waar om te begin nie, daarom begin jy maar by die begin... Hy is die seun van ’n diplomaat, wat tot gevolg gehad het dat hy nege jaar op kosskool was – Bishops in Kaapstad – terwyl sy ouers Suid-Afrika amptelik in die buiteland verteenwoordig het. Ná matriek en diensplig in die Pantser het hy aan die College of Aero & Auto Engineering in Brittanje in Automotive Engineering & Administration gekwalifiseer. Tydens sy verblyf in Brittanje was hy van 1972 tot ’76 op deeltydse basis ’n valskermsoldaat. Die aanhaling wat as opskrif vir hierdie artikel gebruik is, was kommentaar toe hy in daardie tyd ’n vinnige draai by die VSA se Special Forces gaan maak het. In 1976 het hy na Suid-Afrika teruggekeer en eers as dieselpomptegnikus gewerk, daarná in Land Rovers gespesialiseer. Sedert 1985 bedryf hy ‘n werkswinkel in die Elginvallei terwyl hy ook met appels boer. Op dié manier maak hy homself op baie plase in die distrik onmisbaar. Omdat hy boer, verstaan hy ook ’n boer, sy masjinerie en sy probleme. Daarom is hy nog méér in aanvraag. Ten opsigte van SAVTEK se soort bewaring – enjins, trekkers en voertuie – is hy amptelik die Wes-Kaapse Veteraan-trekker-en-enjinklub se “enjinman”. Hy verteenwoordig die ganse groep versamelaars en restoureerders van stilstaande enjins as komiteelid. Sy mening word oral gerespekteer. By die Wes-Kaap se ekspo’s en die Engine Society se jaarlikse Winter Warm-up slaan hy die spreekwoordelike kitaar waar dit by sy portefeulje kom: hy spoor op, restoureer, gee raad, help ander mense en vertoon. En gesels heerlik onderhoudend in Afrikaans en Engels, sy huistaal. Maar in die Wes-Kaap en elders in Suid-Afrika is daar talle mense in bewaringskringe wat Andy ken en sy vaardighede gebruik en geniet, maar wat nie eens weet van die “Trekkerklub” nie. Hy het só baie interessante belangstellings dat dit natuurlik is om te wonder waar hy vir alles tyd kry. Toe Villiersdorp die dapper stap geneem het om die Alwyn Vintcent te koop en te restoureer, was hy een van die belangsrikste besluitnemers oor die aangeleentheid, en getrou aan sy lewensfoilosofie – “Never Say No” – het hy hard gewerk om die sleepboot op Villiersdorp te kry. Omdat hy ook kennis en insig van die benutting van die internet het, en omdat hy regtig kan lees en skryf, was hy betrokke by die skep en bedryf van ’n spesiale webblad vir die AV. Andy is ook al lank ’n gesaghebbende op die gebied van antieke koringmeule. Met die hulp van ’n paar medewerkers het hy ’n watermeul volledig op ’n wynlandgoed by Botrivier gerestoureer en is hy gereeld by die bedryf daarvan betrokke. Hy is tans ook betrokke by die versorging van die bekende, historiese Mostert se Meul in Mowbray, Kaapstad. Hy is naastenby ook lid van Sandstone se personeel. Op die oomblik restoureer hy ’n pantsermotor uit die Tweede Wêreldoorlog. En hoekom? Omdat wyle sy vader, die ambassadeur, in sy jeug so een in die Saharawoestyn beman het toe die geallieerdes met Rommel slaags geraak het. Hy is getroud met Pippa. Saam met hierdie geduldige vrou bestudeer hy veldblomme en woon hy kunsgeleenthede by. Hy is ook voorsitter van ‘n belastingbetalersvereniging en president van die Elgin-Grabouw Buitelkub. En nou het ons maar ’n deel van Andy se leefwêreld leer ken… Van hom kan mens amper sê dat hy so baie vir een mens weet en doen, dat dit moeilik is vir een mens om alles te weet en te verstaan wat hy weet en doen. Dit wat die Amerikaner 40 jaar gelede van hom gesê het, kan elke Wes-Kaapse lid vandag van hom sê: “An outstanding club leader with much initiative and personal pride”.

Page 14: Nuusbrief 01-2015 - SAVTECsavtec.co.za/wp-content/uploads/2016/03/SAVTEK-Nuusbrief... · 2016-03-30 · 3 Lief en Leed Ons innigste meegevoel met die heengaan van die volgende lede

14

Andy by ’n International Bakkie wat hy ook onder sy vlerk geneem het.

’n Jong Andy, as valskermsoldaat in Brittanje. Andy en Derick Kleynhans aan die beoordeel

Hoëveld Veteraan Trekker en enjinklub:

Ploegdag by die Slabbert gesin Op 14 Maart het die ploegdag op Ermelo plaasgevind. Die lede wat die dag bygewoon het hulself gate uit geniet. Behalwe dat ‘n paar lede draaie gery het om by die plaas uit te kom kon die manne genoeg tyd in die land spandeer. Terloops- ons het later uitgevind dat hulle die mooi landskap wou bekyk voordat hulle plaas toe is. Na die ploeg is almal uitgenooi na ‘n smul lekker en gesellige ete. ‘n hartlike dank aan die Slabbert gesin vir die aangename dag!

Page 15: Nuusbrief 01-2015 - SAVTECsavtec.co.za/wp-content/uploads/2016/03/SAVTEK-Nuusbrief... · 2016-03-30 · 3 Lief en Leed Ons innigste meegevoel met die heengaan van die volgende lede

15

Hentie Snr en Jnr by hul MH 744 Die 744 voel dat met min reen is die Hoëveld grond

maar hard.

Sagrys Celliers laat Hentie Slabbert (snr) se JD 70 ‘n bietjie sweet

So word daar op die Hoëveld lekker gesels!

Die 2 Slabbert broers, Hentie jnr (links) en Kobus (regs) wys ons hoe maklik dit is om die 44K aan die gang te kry

Frans Pretorius op die mooi gerestoureerde MF135

Page 16: Nuusbrief 01-2015 - SAVTECsavtec.co.za/wp-content/uploads/2016/03/SAVTEK-Nuusbrief... · 2016-03-30 · 3 Lief en Leed Ons innigste meegevoel met die heengaan van die volgende lede

16

Neels Booyens vertel van sy Sterling Warm lug enjin Net ʼn bietjie geskiedenis oor die Sterling enjin: Robert Sterling is ʼn Scot,hy ontwerp die enjin 1817. Die Ericsson Hot air Pumping engine is gepatenteer en gebou in 1880. Dit was ontwerp deur John Ericsson gebore in Swede 1803 Net so bietjie inligting oor my enjins wat ek gebou het.. Boor: 8“; Slag : 3 ⅞“, Die werk spoed is 100 tot 120 o/min. Die volume is 500 galon per uur. My enjin wat ek gebou het was ʼn kwart skaal. Ek het die casting kit ingevoer van Amerika. Geen onderdele is gemasjineer nie. Alles moet volgens die tekening gemaak word. Al die nie gietstuk onderdele moet self vervaardig word. Ek sluit foto’s in van die projek. Indien iemand belang stel, kan julle op die internet baie inligting kry

Page 17: Nuusbrief 01-2015 - SAVTECsavtec.co.za/wp-content/uploads/2016/03/SAVTEK-Nuusbrief... · 2016-03-30 · 3 Lief en Leed Ons innigste meegevoel met die heengaan van die volgende lede

17

Page 18: Nuusbrief 01-2015 - SAVTECsavtec.co.za/wp-content/uploads/2016/03/SAVTEK-Nuusbrief... · 2016-03-30 · 3 Lief en Leed Ons innigste meegevoel met die heengaan van die volgende lede

18

Page 19: Nuusbrief 01-2015 - SAVTECsavtec.co.za/wp-content/uploads/2016/03/SAVTEK-Nuusbrief... · 2016-03-30 · 3 Lief en Leed Ons innigste meegevoel met die heengaan van die volgende lede

19

Page 20: Nuusbrief 01-2015 - SAVTECsavtec.co.za/wp-content/uploads/2016/03/SAVTEK-Nuusbrief... · 2016-03-30 · 3 Lief en Leed Ons innigste meegevoel met die heengaan van die volgende lede

20

Noordwes Veteraan Trekker en enjinklub: Die Noordwes Veteraan Trekker en Engin Klub het op Saterdag 31 Januarie 2015 die jaar afgeskop met n vergadering by Klub Louico, n privaat woonwa park naby Stilfontein. Van die lede het sommer die geleentheid gebruik om die naweek daar uit te kamp. Tydens die vergadering het drie nuwe lede by die klub aangesluit. Die 21 ste bestaansjaar van die klub is ook behoorlik gevier met n lekker braaivleis ete die middag. Daar is ook aan elke lid wat die vergadering bygewoon het n aandenking oorhandig. Ondanks die gure weer en reen, wat natuurlik baie verwelkom was deur die plaasboere, het almal die dag en naweek baie geniet Weens n baie besige en bedrywige eerste kwartaal was daar nie regtig tyd vir nog vergaderings of byeenkomste nie.

Die Nampo oesdag het vanjaar vanaf 12 tot 15 Mei plaasgevind. Dit is jaarliks n groot hoogtepunt waartydens die klub asook naburige klubs n groot bydrae lewer met hulle uitstalling. Die Engen Museum waar die uitstalling plaasvind lok jaarliks baie besoekers en gee hulle die geleentheid om weer landbou toerusting van die vroeer jare te kan besigtig en geniet.

Page 21: Nuusbrief 01-2015 - SAVTECsavtec.co.za/wp-content/uploads/2016/03/SAVTEK-Nuusbrief... · 2016-03-30 · 3 Lief en Leed Ons innigste meegevoel met die heengaan van die volgende lede

21

Die stilstaande engines en skaal model trekkers is elke jaar n groot aantrekkingskrag en was vanjaar weer geen uitsondering nie. Lede van die klub wat engines uitgestal het was Gawie Rouwenhorst met sy groot Ruston Hornsby wat ook baie aandag verleen asook Andries Roux , Tak Botma en Cas Badenhorst. Skaal model lokomotiewe wat deur lugdruk aangedryf word is ook deur Meisie van Bothaville uitgestal.

Oom Chris Smit van Bothaville het besoekers vermaak met sy klein trekkertjies.

Oom Hendrik Massyn van die Noord Vrystaat Klub met sy unike versameling engines is ook weereens baie deur die besoekers geniet.

Ben en Gert Malan met hulle mielie toerusting het ook die besoekers se aandag getrek om weereens te sien hoe mielies met die hand gereedskap afgemaak word

Besoekers het daagliks behoorlik gestaan en wag vir Casper Badenhors van Klerksdorp om hulle te vermaak met die aanskakeling van sy Lanz Buldog en John Deere Lanz. Die gesogte dreuning bly maar n groot aantrekkingskrag by enige trekker liefhebber

Jaco en Johann Gouws van Klerksdorp se Massey Ferguson en Ferguson trekkers. Die diesel Ferguson TEF Model het besoekers se aandag geprikkel omdat baie mense nie bewus is van die model se bestaan nie.

Johann Gouws se International R150 en Johann (jnr) se Chevrolet Loadmaster wat hy onlangs aangeskaf het was ook vir die besoekers iets om te geniet.

Page 22: Nuusbrief 01-2015 - SAVTECsavtec.co.za/wp-content/uploads/2016/03/SAVTEK-Nuusbrief... · 2016-03-30 · 3 Lief en Leed Ons innigste meegevoel met die heengaan van die volgende lede

22

Tydens die skou is Christo Pieterse Voorsitter van die Sentraal Vrystaat klub deur SAVTEK afgevaardig om aan Engen n voorlegging aan te bied oor n engine restourasie kompetisie wat moontlik volgende jaar aangebied gaan word. Hy word ondersteun deur Johann Gouws, Sekretaris van die Noordwes Veteraan en Engine Klub.

Gerestoureerde Lister D met battery herlaai stelsel en identiese ongerestoureerde model was deel van die voorlegging aan Engen Te Koop Indien iemand belangstel in die volle reeks (139) skaalmodel trekkertjies 1:43 skaal soortgelyk aan fotos skakel Jaco Henning in Klerksdorp 0829254361 R15000 onderhandelbaar

Page 23: Nuusbrief 01-2015 - SAVTECsavtec.co.za/wp-content/uploads/2016/03/SAVTEK-Nuusbrief... · 2016-03-30 · 3 Lief en Leed Ons innigste meegevoel met die heengaan van die volgende lede

23

Riglyne vir beoordeling

Trekker beoordelingsvorm

Page 24: Nuusbrief 01-2015 - SAVTECsavtec.co.za/wp-content/uploads/2016/03/SAVTEK-Nuusbrief... · 2016-03-30 · 3 Lief en Leed Ons innigste meegevoel met die heengaan van die volgende lede

24

Engine judging form