nuusbrief 1 - outeniqua · sonnekus, claude van der schyf, shané van rooyen en melt van der...

23
BLADSY 1 KWAGGAS VIR KWALITEIT HOËRSKOOL OUTENIQUA POSBUS 181, GEORGE 6530 Tel: 044-874 4156 Faks: 086 635 7336 • Web: http://www.outeniqua.co.za/ 31 Januarie 2020 Geagte Ouers/ Voogde Baie welkom terug en mag 2020 vir elkeen van julle n geseënde jaar wees. In die eerste plek baie dankie aan al die ouers wat in die eerste tien skooldae die verskillende ouer- aande bygewoon het. Baie belangrike inligting is tydens die oueraande aan die ouers en leerders gegee. Indien ouers nie die vergadering kon bywoon nie, moet u asseblief met die graadhoof van die betrokke graad skakel. Baie sterkte aan elke ouer met die uitdagings van 2020. Graag wil ek die volgende met elke ouer en leerder deel: Die voorreg wat elkeen van die leerders het om by die Hoërskool Outeniqua skool te gaan, moet gekoester word. Die Hoërskool Outeniqua herdenk in 2020 sy 97ste bestaansjaar. Met die aanvang van n nuwe dekade is ek opgewonde oor die nuwe geleenthede wat vir ons voorlê. Die wêreld om ons verander teen n tempo en ek weet dat slegs deur opregte waardes en harde werk, sal die Hoërskool Outeniqua n bron van lig in ons dorp, provinsie, land en die wêreld wees. In die afgelope 97 jaar het baie onderwysers en leerders hulle lewe vir die skool afgelê. Harde werk, die beste bemarkers van die skool, deelname aan die aktiwiteite wat die skool aanbied en vele ander mooi tradisies is oor die afgelope 96 jaar gevestig. Die geslag wat nou hier skoolgaan en werk moet jaloers waak oor die mooi karakter van die Hoërskool Outeniqua. Ons moenie dat ons persoonlike belang en pret hierdie mooi tradisies vernietig nie. Doelwitte vir 2020: Dit moet ons doelwit wees dat elke leerder op akademiese gebied sy optimale potensiaal bereik. Dus elke kind, elke punt tel. Die optimale benutting van akademiese tyd. Leerders behoort dus gedurende akademiese tyd in die klas te wees en hard werk. Die beginsel van klok tot klok werk, moet vir elke onderwyser en leerder n hoë prioriteit wees. Die verandering in die gr. 8- tot 11-sillabus moet so goed as moontlik beplan en bestuur word en leerders moet weet dit gaan nuwe uitdagings bring. Ons doelwit met die matrieks is om geen vakdruipelinge en dus geen druipelinge in gr.12 te hê nie. n Skoolgemiddeld van 65% en n gemiddeld van 67% vir die matrieks. Alles wat ons aanbied, moet op die kind gefokus wees en daarom moet ons almal die ekstra myl vir die kinders van die Hoërskool Outeniqua aflê. NUUSBRIEF 1

Upload: others

Post on 20-Jul-2020

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: NUUSBRIEF 1 - Outeniqua · Sonnekus, Claude van der Schyf, Shané van Rooyen en Melt van der Westhuizen 8 kandidate het ses onderskeidings behaal. Hulle is Francois Campher, Ruan

BLADSY 1 KWAGGAS VIR KWALITEIT

HOËRSKOOL OUTENIQUA

POSBUS 181, GEORGE 6530 • Tel: 044-874 4156 • Faks: 086 635 7336 • Web: http://www.outeniqua.co.za/

31 Januarie 2020

Geagte Ouers/ Voogde Baie welkom terug en mag 2020 vir elkeen van julle ’n geseënde jaar wees. In die eerste plek baie dankie aan al die ouers wat in die eerste tien skooldae die verskillende ouer-aande bygewoon het. Baie belangrike inligting is tydens die oueraande aan die ouers en leerders gegee. Indien ouers nie die vergadering kon bywoon nie, moet u asseblief met die graadhoof van die betrokke graad skakel. Baie sterkte aan elke ouer met die uitdagings van 2020. Graag wil ek die volgende met elke ouer en leerder deel: Die voorreg wat elkeen van die leerders het om by die Hoërskool Outeniqua skool te gaan, moet gekoester word. Die Hoërskool Outeniqua herdenk in 2020 sy 97ste bestaansjaar. Met die aanvang van ‘n nuwe dekade is ek opgewonde oor die nuwe geleenthede wat vir ons voorlê. Die wêreld om ons verander teen ‘n tempo en ek weet dat slegs deur opregte waardes en harde werk, sal die Hoërskool Outeniqua ‘n bron van lig in ons dorp, provinsie, land en die wêreld wees. In die afgelope 97 jaar het baie onderwysers en leerders hulle lewe vir die skool afgelê. Harde werk, die beste bemarkers van die skool, deelname aan die aktiwiteite wat die skool aanbied en vele ander mooi tradisies is oor die afgelope 96 jaar gevestig. Die geslag wat nou hier skoolgaan en werk moet jaloers waak oor die mooi karakter van die Hoërskool Outeniqua. Ons moenie dat ons persoonlike belang en pret hierdie mooi tradisies vernietig nie. Doelwitte vir 2020: Dit moet ons doelwit wees dat elke leerder op akademiese gebied sy optimale

potensiaal bereik. Dus elke kind, elke punt tel.

Die optimale benutting van akademiese tyd. Leerders behoort dus gedurende

akademiese tyd in die klas te wees en hard werk. Die beginsel van klok tot klok werk,

moet vir elke onderwyser en leerder ‘n hoë prioriteit wees.

Die verandering in die gr. 8- tot 11-sillabus moet so goed as moontlik beplan en

bestuur word en leerders moet weet dit gaan nuwe uitdagings bring.

Ons doelwit met die matrieks is om geen vakdruipelinge en dus geen druipelinge in

gr.12 te hê nie.

‘n Skoolgemiddeld van 65% en ’n gemiddeld van 67% vir die matrieks.

Alles wat ons aanbied, moet op die kind gefokus wees en daarom moet ons almal die

ekstra myl vir die kinders van die Hoërskool Outeniqua aflê.

NUUSBRIEF 1

Page 2: NUUSBRIEF 1 - Outeniqua · Sonnekus, Claude van der Schyf, Shané van Rooyen en Melt van der Westhuizen 8 kandidate het ses onderskeidings behaal. Hulle is Francois Campher, Ruan

BLADSY 2 KWAGGAS VIR KWALITEIT

Die aanbieding van aktiwiteite moet getuig van uitnemendheid!

Indien jy as ouer of leerder vermoed dat daar een of ander maatskaplike probleem by

‘n leerder is, is dit jou plig om dit onder die aandag van een van die onderwysers te

bring.

Die VRL moet met die uitbreiding van die portefeuljes help met die ontwikkeling

van leierskap. Elke leerder in die skool moet ’n geleentheid kry om in ’n portefeulje te

dien. Dit bly ‘n belangrike doelwit om pro-aktief in ons dissipline te wees. Daarom

hoop ek dat die VRL in 2020 ‘n erkenningstelsel ten opsigte van leerders se positiewe

gedrag, sal ontwikkel. Hulle is reeds ver gevorder met dit en sal in die volgende week

dit met julle kommunikeer.

Graag wil ek sien dat elke ko-kurrikulêre aktiwiteit goed beplan word en ook die tyd

wat aan die aktiwiteit toegeken word, produktief sal gebruik. Dit sal dan ook die

nodige resultate oplewer.

Dissipline: Die gedragskode is in sy derde jaar. Die twee belangrikste konsepte van die hersiene gedragskode, is goeie verhoudings en proaktiewe optrede. Die vestiging van ons waardes is van kardinale belang en leerders moet besef dat daar nie tyd is om met klein jakkalsies te sukkel nie. Onthou ons gedragskode is gegrond op die liefdesgebod. Die selfoonbeleid van leerders en personeel word weer beklemtoon. Geen selfone

tydens klasse nie, tensy jou onderwyser dit versoek.

Persoonlike besonderhede: Ek en jy weet nie watter situasies in die jaar gaan

opduik nie. Indien die skool ouers oor enige situasie moet kontak, moet ons die regte

nommer hê. Sorg dus dat die skool die regte nommer van albei ouers het.

Afwesighede: Ouers word op ‘n daaglikse basis per sms ingelig indien leerder(s)

afwesig is. Ons vra mooi dat u sal sorg dat leerders elke dag by die skool is. Dit is

een aspek waar ons nog baie kan verbeter.

Graad 8’s: Suksesvolle bekendstellingsprogram vir gr. 8’s en nuwe leerders. Daar is 380 nuwe

leerders in die skool en dit bly elkeen se verantwoordelikheid om die leerders welkom

te laat voel en om aan hulle gedragsekerheid te gee.

Sport: Gereelde bywoning van oefeninge en my verbintenis om deel te neem en nie my span

in die steek te laat, deur swak gedrag in die skool nie.

Kultuur:

Ons bied in 2020 die musiekblyspel Distrik Ses aan. Die oefening en uiteindelik die

vertoning bied aan opvoeders en leerders die geleentheid om te groei en mag dit vir

almal ‘n besondere geleentheid wees!

Page 3: NUUSBRIEF 1 - Outeniqua · Sonnekus, Claude van der Schyf, Shané van Rooyen en Melt van der Westhuizen 8 kandidate het ses onderskeidings behaal. Hulle is Francois Campher, Ruan

BLADSY 3 KWAGGAS VIR KWALITEIT

Kwaggas vir kwaliteit en die skool vir elke kind! Die belangrikste is dat ons deur die genade van God met die kroon van die skepping kan werk. Dit was God se bedoeling dat ons die werk wat ons op aarde doen moet geniet, en Sy beeld aan ander mense moet uitdra.

Personeel Baie welkom aan die volgende nuwe personeel en baie sterkte met die werk aan die Hoër-skool Outeniqua: Mnr. WP Bosch (IGO en Tegnologie), me. Carina Vorster (Wiskunde), me. Ilse Nel (Afrikaans) , mnr. Rian Smit (Musiek), me. Amanda van der Merwe ( Ontwerp) en me. Ruth Crause (Engels). Mnr. Henry Grimes is aangesel vir die ondersteuning vir rekenaars en rekenaarstelsel by die skool. Matriekuitslae Graag wil ek eers bedankings doen voordat die uitslae gegee word. Baie dankie aan die ouers en leerders vir hulle ondersteuning in 2019. Die meeste leerders en ouers het ingekoop om by die doelwitte uit te kom. Natuurlik sal leerders matriek nie goed slaag as ons voederskole nie die nodige grondslag lê nie. Baie dankie aan die preprimêr, laerskool en hoërskole se opvoeders vir hulle harde werk. Baie dankie aan die vakadviseurs wat help met opleiding van die personeel en die nodige ondersteuning gee. Baie dankie aan Mnr. Chris Hattingh wat die hoof van akademie is. Dankie, vir deeglike beplanning en analises wat gedoen word. Baie dankie aan die graadhoofde, registeronderwyser, elke vakonderwyser asook die koshuispersoneel. In die 96ste bestaansjaar van die Hoërskool Outeniqua het die matrieks van 2019 baie goed presteer. Baie geluk aan die Kwaggas se matrieks van 2019. 92,8% van die kandidate het vir graadstudies gekwalifiseer en 100% van die matrieks van 2019 het geslaag. A-kandidate 54 kandidate (16,07%) het in 2019 A-gemiddeldes behaal. 21 kandidate het ‘n gemiddeld bo 85% gehad. 7 kandidate het ’n gemiddeld van bo 90%. Die Hoërskool Outeniqua is die enigste skool in die Wes-Kaap wat meer as 300 matrikulante vir die eksamen ingeskryf het en al 334 het geslaag. 336 kandidate het begin skryf en twee het tydens die eksamen siek geword. Name van leerders wat A-gemiddeldes gekry het:

54. Nolene van Rensburg 80,4 53. Nadene Maritz 80,4 52. Lunel Botha 80,6 51 .Danya Coetzee 80,6 50. Liz-Marie Koen 80,7 49. Danielle Geldenhuys 80,7 48. Larra Vellema 80,7 47. Karla Viljoen 80,9 46. Pelser Maloney 80,9

Page 4: NUUSBRIEF 1 - Outeniqua · Sonnekus, Claude van der Schyf, Shané van Rooyen en Melt van der Westhuizen 8 kandidate het ses onderskeidings behaal. Hulle is Francois Campher, Ruan

BLADSY 4 KWAGGAS VIR KWALITEIT

45. Kirsten Sonnekus 81 44. Altin Scholtz 81,1 43. Janke Nortje 81,1 42. Shané van Rooyen 81,3 41. Nicole Lourens 81,7 40. Calen le Roux 81,7 39. Danielle Notnagel 81,7 38. Kerwin Albertus 81,7 37. Christo Lamprecht 82 36. Claude van der Schyf 82,4 35. Hendré Stander 82,6 34. Chané Gricius 82,6 33. Lisa Kleyn 82,9 32. Vian Gericke 83 31. Dewahl Rossouw 83.1 30. Francois Campher 83.1 29. Melt van der Westhuizen 83,1 28. Loyd Landsberg 83,6 27. Lisha Collins 83,7 26. Leané Nell 84 25. Alex Labuschagne 84,1 24.Jay-Lee Willemse 84,4 23. Ruan Fourie 84.9 22. Ruben van Eck 84.9 21. Zoë Gilomee 85 20. Jani Gerber 85,1 19. Nikita Vallejco 85,1 18. Michael Schoombee 86,4 17. Wilmarie Erasmus 86,7 16. Ulrich Bezuidenhout 86,9 15. Christel Smook 87,1 14. Lu-marie Groenewald 87,1 13. Denise Laubscher 87,3 12. Lea Loock 87,7 11. Chantelle Saayman 88 10. Craig Bredenkamp 88,1 9. Mariné Kruger 88,6 8. Anja Strobos 89,1 7. Willem Wannenberg 90,1 6. Ruach Roux 90,9 5. Estie Louw 91,9 4. Alouise Campher 92,1 3. Ester Jansen 92,7 2. Ivan Badenhorst 94,1 1. Tycho van Camp 95,1 (Dux-leerder)

Page 5: NUUSBRIEF 1 - Outeniqua · Sonnekus, Claude van der Schyf, Shané van Rooyen en Melt van der Westhuizen 8 kandidate het ses onderskeidings behaal. Hulle is Francois Campher, Ruan

BLADSY 5 KWAGGAS VIR KWALITEIT

Onderskeidings 567 vakonderskeidings is behaal. Dit is 24% van al die vakke wat geskryf is. 561 B’s in die vakke wat geskryf is. 547 C’s in al die vakke wat geskryf is. Dus het 1675 van die 2369 vakke wat geskryf is, bo 60% gekry. Dit is amper 71% van alle vakke.

26 Kandidate het 3 onderskeidings. Hulle is Kerwin Albertus, Mornay Booysen, Alizavia Botha, Grizan Botha, Michaela Breytenbach, Carla Campher, Amoré Conradie, Kayla de Lange, Franco Engelbrecht, Marinda Folkers, Nicole Frazer, danielle Geldenhuys, Elona Kleyn, Carla Lategan, Carla le Roux, Megan Mennie, Dehan Nagel, Danielle Notnagel, Luka Rossouw, Altin Scholtz, Janie Senekal, Anika Stenvert, Melissa Stofberg, Ané Swart, Liam van der Berg, Nolene van Rensburg en Anamie Werner 17 kandidate het 4 onderskeidings behaal. Hulle is Rianli Badenhorst, Mia Bester, Lunel Botha, Marochelle Cloete, Stephan Gerber, Reynhard Jansen van Rensburg, Jurgen Koeglenberg, Lizmarie Koen, Chané Kruger, Sonique Matthee, Carisne Prins, Hendré Stander, Lara Vellema, Carla Viljoen, Mia Wessels en Nika Wolmarans. 16 kandidate het vyf onderskeidings gehad. Hulle is Mia Clark, Danya Coetzee, Heillete Combrink, Vian Gericke, Chané Gricius, Loyd Landsberg, Kaylin le Roux, Nicole Lourens, Pelser Maloney, Nadine Maritz, Michelle Moller, Jancke Nortje, Kristen Sonnekus, Claude van der Schyf, Shané van Rooyen en Melt van der Westhuizen 8 kandidate het ses onderskeidings behaal. Hulle is Francois Campher, Ruan Fourie, Lisa Kleyn, Leane Nell, Dewahl Rossouw, Michael Schoombee, Nikita Vallejo en Jay-lee Willemse. 19 kandidate het sewe onderskeidings behaal. Hulle is Ulrich Bezuidenhout, Graig Bredenkamp, Lisha Collins, Wilmari Erasmus, Jani Gerber, Zoë Gillomee, Lumarie Groenewald, Ester Jansen, Mariné Kruger, Alexander Labuschagne, Christo Lamprecht, Denise Laubscher, Lea Loock, Estie Louw, Ruach Roux, Chantel Saayman, Christel Smook, Anje Strobos, en Ruben van Eck. 3 kandidate het 8 onderskeidings behaal. Hulle is Ivan Badenhorst, Allouise Campher en Tycho van Camp 1 kandidaat het 9 onderskeidings behaal: Willem Wannenburg Vakgemiddeldes: Die volgende vakke het uitsonderlik presteer: Vak Gemid Afrikaans Huistaal 69,9% Dramatiese Kunste 76,8% Engels Huistaal 74,80%

Engels Eerste Add 73,4% Fisiese Wet 70,6% Gasvryheidstudie 63,8% Geskiedenis 61,3% Ingenieursgrafika 69,5%

Page 6: NUUSBRIEF 1 - Outeniqua · Sonnekus, Claude van der Schyf, Shané van Rooyen en Melt van der Westhuizen 8 kandidate het ses onderskeidings behaal. Hulle is Francois Campher, Ruan

BLADSY 6 KWAGGAS VIR KWALITEIT

IT 72.1% LO 70,6% Lewenswetenskappe 62,8% Musiek 89,0% Ontwerp 76,2% Rekeningkunde 65,5% RTT 69,5% Toerisme 68,7% Visuele Kunste 71,9% Wiskunde 60,5% Wiskundige Geletterdheid 67,5%

Graadgemiddeld Die gemiddeld vir die graadgroep is 67,2%. Eden en Sentraal Karoo se toekennings: Tyco van Camp dux-leerder WKOD-toekennings: Ivan Badenhorst tweede in die Wes-Kaap in Wiskunde (100%) Esti Louw gesamentlik eerste in Wes-Kaap in Visuele Kunste. Sy het 100% gekry. Ivan Badenhorst en Tycho van Camp is op die merietelys van die Wes-Kaap Nasionale toekennings: Ivan Badenhorst in Wiskunde en hy is tweede in SA

HANDBOEKE Elke leerder ontvangs elke jaar ‘n stel handboeke met ‘n vervang-ingswaarde van ongeveer R2000. Om tred te hou van die handboeke, gebruik ons ‘n strepieskodesisteem om ‘n stel handboeke aan elke leerder toe te ken. Wanneer die handboeke ingegee word, word die strepieskodes gemonitor. Indien die leerders boeke met ander leerders omruil, kan dit gebeur dat ‘n leerder iemand anders se boek inhandig, maar die leerders word verantwoordelik gehou vir die pakkie boeke wat aan hulle uitgereik is. Indien al die handboeke nie ingegee word nie, sal die leerder die volgende jaar nie nuwe handboeke ontvang voor die uitstaande boeke ingegee, betaal, of ‘n reëling vir die betaling van die handboeke getref is nie.

Page 7: NUUSBRIEF 1 - Outeniqua · Sonnekus, Claude van der Schyf, Shané van Rooyen en Melt van der Westhuizen 8 kandidate het ses onderskeidings behaal. Hulle is Francois Campher, Ruan

BLADSY 7 KWAGGAS VIR KWALITEIT

.

Page 8: NUUSBRIEF 1 - Outeniqua · Sonnekus, Claude van der Schyf, Shané van Rooyen en Melt van der Westhuizen 8 kandidate het ses onderskeidings behaal. Hulle is Francois Campher, Ruan

BLADSY 8 KWAGGAS VIR KWALITEIT

Binnetuinkonsert 2020

Die Binnetuinkonsert word op die 6de Februarie gehou. Die kaartjies kos R30 en sluit ‘n wonderlike vertoning op ons buitelugverhoog en ‘n sokkie in. Daar is ook kos-stalletjies met heerlike hamburgers, boereworsrolle, koeldrank, kof-fie, cupcakes, pannekoek en roomys. Die fondse wat ons insamel met die konsert gaan vir die Binnetuin aangewend word.

Sien jou daar.

Belangrike datums: 1ste kwartaal 2020 11 Februarie Atletiek—hartloop byeenkoms Oudtshoorn 13 Februarie Valentynsbal 13 Februarie Atletiek George Streek begin 20 Februarie Graad 7 Inligtingsaand 26 Februarie Kwalentaand 28 Februarie Kwagga Lang Tafel 09 Maart Eksamen begin 06 Maart Afletiek—Wes Kaap 18 Maart Atletiek—SA skole begin 20 Maart Skole sluit 31 Maart Skole begin

Page 9: NUUSBRIEF 1 - Outeniqua · Sonnekus, Claude van der Schyf, Shané van Rooyen en Melt van der Westhuizen 8 kandidate het ses onderskeidings behaal. Hulle is Francois Campher, Ruan

BLADSY 9 KWAGGAS VIR KWALITEIT

Publieke vakansiedae 2020

1 Januarie 2020 - Nuwejaarsdag 21 Maart 2020 - Menseregtedag 10 April 2020 - Goeie Vrydag 13 April 2020 - Familiedag 27 April 2020 - Vryheidsdag 01 Mei 2020 - Werkersdag 16 Junie 2020 - Jeugdag 09 Augustus 2020 - Nasionale Vrouedag 10 Augustus 2020 - Publieke vakansiedag 24 September 2020 - Erfenisdag 16 Desember 2020 - Versoeningsdag 25 Desember 2020 - Kersdag 26 Desember 2020 - Welwillendheidsdag

Voorgestelde skoolkwartale vir 2021

Kwartaal Open Sluit

Eerste 11 Januarie (opvoeders) 13 Januarie (leerders)

26 Maart

Tweede 06 April 11 Junie Derde 06 Julie 17 September Vierde 28 September 01 Desember (leerders)

03 Desember (personeel)

Skoolkwartale vir 2020

Kwartaal Open Sluit

Eerste 13 Januarie (opvoeders) 15 Januarie (leerders)

20 Maart

Tweede 31 Maart 12 Junie Derde 07 Julie 18 September Vierde 29 September 02 Desember (leerders)

04 Desember (personeel)

Page 10: NUUSBRIEF 1 - Outeniqua · Sonnekus, Claude van der Schyf, Shané van Rooyen en Melt van der Westhuizen 8 kandidate het ses onderskeidings behaal. Hulle is Francois Campher, Ruan

BLADSY 10 KWAGGAS VIR KWALITEIT

Page 11: NUUSBRIEF 1 - Outeniqua · Sonnekus, Claude van der Schyf, Shané van Rooyen en Melt van der Westhuizen 8 kandidate het ses onderskeidings behaal. Hulle is Francois Campher, Ruan

BLADSY 11 KWAGGAS VIR KWALITEIT

Page 12: NUUSBRIEF 1 - Outeniqua · Sonnekus, Claude van der Schyf, Shané van Rooyen en Melt van der Westhuizen 8 kandidate het ses onderskeidings behaal. Hulle is Francois Campher, Ruan

BLADSY 12 KWAGGAS VIR KWALITEIT

MUSIEK

Die Musiekdepartement van Hoërskool Outeniqua vier besonderse uitslae van hul Gr. 12 Vakmusiek-leerders. Hierdie groep kandidate het elk ‘n A-gemiddeld vir die vak verwerf gedurende die 2019 Nasionale Senior Sertifikaat eksamens. Dit gee hulle ‘n klas-gemiddeld van 89%! Ons is baie trots op hierdie Kwaggas en wens hulle alle sukses toe met hul toekomsplanne. Drie van die leerders beoog om musiek te gaan studeer.

V.l.n.r. : Franco Engelbrecht (82%), Shané van Rooyen (89%), Ben van Niekerk (88%), Lara Vellema (90%) en Kerwin Albertus (96%)

Page 13: NUUSBRIEF 1 - Outeniqua · Sonnekus, Claude van der Schyf, Shané van Rooyen en Melt van der Westhuizen 8 kandidate het ses onderskeidings behaal. Hulle is Francois Campher, Ruan

BLADSY 13 KWAGGAS VIR KWALITEIT

Musical

Page 14: NUUSBRIEF 1 - Outeniqua · Sonnekus, Claude van der Schyf, Shané van Rooyen en Melt van der Westhuizen 8 kandidate het ses onderskeidings behaal. Hulle is Francois Campher, Ruan

BLADSY 14 KWAGGAS VIR KWALITEIT

SKAAK

Nicola Putter van Hoërskool Outeniqua, was deel van die SA skaakspan wat gaan deelneem het in Turkye. Nicola het in November 2019 as deel van die Suid-Afrikaanse skaakspan deelgeneem aan die Wêreld o/16 Skaak Olimpiade in Corum, Turkye. Sy is in die span opgeneem as die huidige o/16 dogter SA Kampioen. Sy was deel van die Suid-Afrikaanse A-span en het 4 uit 7 wedstryde gewen. Nicola het ook verder gekwalifiseer om aan die SA Geslote Kampioenskappe vir seniors in Kaapstad deel te neem en het in Desember in die 0/20 dames afdeling deelgen-eem. Sy wen hierdie afdeling met ‘n voltelling van 10 uit 10. Die Kwaggas is baie trots op Nicola! Welgedaan!

Nicola in haar SA drag

Nicola in Turkye

Page 15: NUUSBRIEF 1 - Outeniqua · Sonnekus, Claude van der Schyf, Shané van Rooyen en Melt van der Westhuizen 8 kandidate het ses onderskeidings behaal. Hulle is Francois Campher, Ruan

BLADSY 15 KWAGGAS VIR KWALITEIT

Finansies Die Beheerliggaam gaan van die veronderstelling uit dat skoolgeld vooruitbetaal-baar is en volgens die SA Skolewet, is ouers wetlik verantwoordelik vir die betal-ing van verpligte onderriggeld. Vir betaalwyses besoek ons webblad by www.outeniqua.co.za Die skool het ook kaartfasiliteite. Skoolgeld is eenmalig betaalbaar aan die begin van die jaar. Die skool kom ouers tegemoet deur toe te laat om oor n periode van 10 maande te betaal (Januarie tot Oktober) of per kwartaal (31 Jan; 01 April; 01 Julie; 01 Okt.). Nege paaiemente behoort voor of op 30 September 2020 betaal te wees. Kontroleer asb. maandeliks u rekeningstate om seker te maak dat al u betalings geallokeer is. Rekeninge moet voor of op 31 Oktober ten volle betaal wees. Alle uitstaande gelde word aan die skool se invorderaars oorhandig. Vir enige korrespondensie gebruik asb. u rekening se verwysingsnommer, bv. AKA001 (ook vir epos navrae asb.) Ons het baie leerders in die skool met dieselfde naam en van. Geregistreerde posstukke wat as onopgeëis terugkom, sal via die leerder huis toe gestuur word.

Plakkers vir motors wat die skool besoek

Indien u nie elke keer by die sekuriteitswagte wil inteken nie, kan u teen

R 100,00 per jaar ‘n plakker koop wat in u voorruit geplak word. Die

plakkers is beskikbaar by die sekuriteithuise by die hek by Beyers Tehuis.

Herwinning van plastiekbottels

Ouers en leerders kry die geleentheid om hulle leë plastiekbottels by die

skool in te gee vir herwinning. Blousakke is by die skool beskikbaar by

Kamer 68. Bring gerus al die leë plastiekbottels na die skool.

Page 16: NUUSBRIEF 1 - Outeniqua · Sonnekus, Claude van der Schyf, Shané van Rooyen en Melt van der Westhuizen 8 kandidate het ses onderskeidings behaal. Hulle is Francois Campher, Ruan

BLADSY 16 KWAGGAS VIR KWALITEIT

Kommunikasie met die skool

Kommunikasie tussen die ouers en die skool is baie belangrik. Ouers moet asseblief

nuusbriewe lees, van die kommunikeerder gebruik maak, die webtuiste

(www.outeniqua.co.za) besoek, en ons skool se Facebook- en Instagram-bladsy.

Indien daar enige probleme met u kind is, is dit baie belangrik dat dit met die

graadhoof bespreek word. Elke graadgroep word deur graadhoofde bestuur en hulle

sal die meeste sake kan oplos. Indien daar nie ’n oplossing is nie, kan u gerus met

een van die adjunkhoofde of die skoolhoof ’n afspraak maak.

SKRYFWERKSWINKEL VIR ATKV-REDENAARS 22 Februarie 2020 By Hoërskool Oudtshoorn, Oudtshoorn Hierdie Skryfwerkswinkel word vir graad 6- tot graad 12-leerders aangebied. Die werkswinkel handel grotendeels oor die voorbereiding van die voorbereide en on-voorbereide toespraak vir die ATKV-Redenaarskompetisie. Let wel, dit is nie ’n beoordelaarskursus nie. Tyd: 07:30 tot 11:00 Adres: Voortrekkerweg 77, Oudtshoorn, 6625 Kursusgeld: Leerders: R110 per leerder Sluitingsdatum: Skryf in by juf. Smith in kamer 14 Betaling: by die kassiere. Betaal in onder REDENAARSKURSUS en bring kwit-ansie vir juf. Smith PROGRAM: 7:30 Registrasie 8:00 Stiptelike aanvang van die werkswinkel 11:00 Afsluiting en uitdeel van sertifikate

BELGIESE UITRUILPROGRAM Die volgende Kwaggas is baie opgewonde oor die besoek van hulle Belgiese vriende van 16 tot 29 Februarie nadat hulle in September 2019 in Waregem gekui-er het: Juan Terblanche, Anuk Maloney, Daniëlle Earle, Zanelle Kuyler, Francois Acker-man, Franche Meyer, Daniélle Morkel, René Kemp, Carina Duvenage, Riandi Rob-erts, Sonja Schoonraad en Nic Geldenhuys. Huidige graad 9-leerders wat belangstel om deel van die uitruilprogram te wees in 2021/22, kan teen die einde van die tweede kwartaal aansoek doen. Daar sal ook ‘n inligtingsvergadering vir ouers in die tweede kwartaal wees.

Page 17: NUUSBRIEF 1 - Outeniqua · Sonnekus, Claude van der Schyf, Shané van Rooyen en Melt van der Westhuizen 8 kandidate het ses onderskeidings behaal. Hulle is Francois Campher, Ruan

BLADSY 17 KWAGGAS VIR KWALITEIT

ATKV REDENAARSKOMPETISIE: 2020 Uitdunne: Baie belangrik

Ons skool mag slegs 12 seniors (gr.10 – 12) en 12 juniors(gr.8 en 9) inskryf. Ses slegs ON-

VOORBEREID en 6 slegs VOORBEREID. Vir elke ONVOORBEREID mag ons een

VOORBEREID inskryf. As dit nodig is, sal ons skooluitdunne moet hou. Kom skryf vir een van

die afdelings in: slegs voorbereid OF slegs onvoorbereid.

Skooluitdun (VOORBEREID):

Juniors: 31 Maart 2020 om 5 nm in kamer 14.

Seniors: 1 April 2020 om 5 nm in kamer 14.

Skooluitdun: (ONVOORBEREID) indien nodig

Juniors: 2 April 2020 om 15:20 in kamer 14. (Eerste persoon begin 14:20

voorberei)

Seniors: 2 April 2020 om 17:30 in kamer 14. (Eerste persoon begin 16:00 voorberei)

Streeksuitdun: 18 April 2020 in Oudtshoorn (LW: Langenhoven Gimnasium sport

in Oudtshoorn)

Halfeindronde: 16 Mei 2020 in Port Elizabeth

Finaal: 5 Augustus 2020 by Buffelspoort

SLUITINGSDATUM VIR INSKRYWINGS by juf Smith:

VOOR 29 Januarie 2020. Jy kan vir ONVOORBEREID of VOORBEREID inskryf. Nie albei

nie. Kom skryf persoonlik in by juf Smith.

TOESPRAKE VIR GOEDKEURING INGEE Jy mag nie ‘n toespraak lewer wat nie aan ATKV-voorskrifte voldoen nie; daarom moet jy jou toespraak indien vir goedkeuring(inskrywings vir VOORBEREID). Jou toespraak moet voor of op 2 Maart 2020 ingehandig word: mej. Smith (kamer 14) of kantoor(langs kamer 12)

TEMAS: As jy ’n VOORBEREIDE TOESPRAAK gaan lewer, moet jy uit die volgende temas

‘n beredeneerbare onderwerp formuleer.

GRAAD 8 & 9 Huistaal

lees instinktief seine

GRAAD 10 TOT 12 Huistaal

murg alternatief erodeer

INSKRYWINGSGELD: R 100 per leerder wat die skool in die eerste rondte

verteenwoordig. Betaalbaar voor 17 April 2020. Bring kwitansie vir juf . Smith asb.

Page 18: NUUSBRIEF 1 - Outeniqua · Sonnekus, Claude van der Schyf, Shané van Rooyen en Melt van der Westhuizen 8 kandidate het ses onderskeidings behaal. Hulle is Francois Campher, Ruan

BLADSY 18 KWAGGAS VIR KWALITEIT

Page 19: NUUSBRIEF 1 - Outeniqua · Sonnekus, Claude van der Schyf, Shané van Rooyen en Melt van der Westhuizen 8 kandidate het ses onderskeidings behaal. Hulle is Francois Campher, Ruan

BLADSY 19 KWAGGAS VIR KWALITEIT

Kwagga Nuus en hoogtepunte word ook hier gepubliseer – ouers kan gerus die webtuiste en facebook blad besoek. Facebook https://www.facebook.com/SchoolsThatRockSA/

Page 20: NUUSBRIEF 1 - Outeniqua · Sonnekus, Claude van der Schyf, Shané van Rooyen en Melt van der Westhuizen 8 kandidate het ses onderskeidings behaal. Hulle is Francois Campher, Ruan

BLADSY 20 KWAGGAS VIR KWALITEIT

OHS GIMNASIUM TYE: Publiek Leerders Aansluitingsfooi en oefenprogram: R200 Jaarliks vooruit : R500 Jaarliks vooruit : R1400 6-maandeliks vooruit : R300 6- maandeliks vooruit : R800 3-maandeliks vooruit : R200 3 - maandeliks vooruit : R500 1 maand vooruit : R100 Maandeliks vooruit : R200 1 week vooruit : R50 1 week vooruit : R50 1 dag vooruit : R20 1 dag vooruit : R30 Oefentye Volwassenes Leerders Maandae, Woensdae, Vrydae Maandae – Donderdae 08:00 – 12:00 14:30 – 18:30 Maandae – Donderdae

17:00 – 18:30 Vakansies Leerders en Volwassenes Maandag, Woensdag, Vrydag 08:00 tot 12:00

Fit Klasse aangebied by OHS Gimnasium: Maandae: 05:15 Dinsdae: 07:45 & 18:00

Donderdae: 05:15; 07:45 & 18:00

Vrydae: 07:45

Kontak Walter Lutsch by 082 561 8669 of besoek die webblad,

www.FitKwagga.co.za vir alle verdere inligting.

OHS-Leerders & Personeel Fooie: 2x p/week: R270 p/maand

Publiek Fooie: 2x p/week: R510 p/maand 3x p/week: R727 p/maand

KOMMUNIKEERDER Bly op hoogte van die gebeure in en om die skool. U kan die kommunikeerder direk van die webtuiste aflaai. Tik bloot “D6” in die google soekboksie en kies dan “D6 School Communicator”. Kies dan net Hoërskool Outeniqua uit die lys van skole. Die skoolkommunikeerder is ook mobiel! Elke persoon wat ‘n selfoon het, wat op die internet kan gaan, kan nou die kommu-nikeerder op hul selfoon gebruik. Tik bloot “D6” in die google soekboksie en kies dan “D6 School Communicator”. Soek Hoërskool Outeniqua in die lys.

Page 21: NUUSBRIEF 1 - Outeniqua · Sonnekus, Claude van der Schyf, Shané van Rooyen en Melt van der Westhuizen 8 kandidate het ses onderskeidings behaal. Hulle is Francois Campher, Ruan

BLADSY 21 KWAGGAS VIR KWALITEIT

Page 22: NUUSBRIEF 1 - Outeniqua · Sonnekus, Claude van der Schyf, Shané van Rooyen en Melt van der Westhuizen 8 kandidate het ses onderskeidings behaal. Hulle is Francois Campher, Ruan

BLADSY 22 KWAGGAS VIR KWALITEIT

Page 23: NUUSBRIEF 1 - Outeniqua · Sonnekus, Claude van der Schyf, Shané van Rooyen en Melt van der Westhuizen 8 kandidate het ses onderskeidings behaal. Hulle is Francois Campher, Ruan

BLADSY 23 KWAGGAS VIR KWALITEIT