nuusbrief 1/2019om musiek te neem, maak dus n groot verskil in ’n kind se lewe. ons is trots op...

24
In hierdie uitgawe Uit die kantoor 1 Graad R 3 Akademie: Grondslagfase 4 Akademie: Intersenfase Intersenfase 5 Kultuur 6 Operasionele Bestuur 8 Biblioteek 9 Fisiese Geriewe 11 Leerlingraad 12 Verrykings- program 14 Leerderonder- steuning 14 Sport 15 VANUIT DIE KANTOOR Ons het ʼn lekker besige kwartaal beleef en die kinders het ywerig aan ʼn groot verskeidenheid aktiwiteite deelgeneem. Lees gerus hierdie uitgawe van die Eikenuus om die groter prentjie van die skoolaktiwiteite te kan sien. Baie dankie aan die personeel, kinders en ouers wat met oorgawe betrokke is. Dit maak die verskil. Baie dankie ook aan die Beheerliggaam wat op ʼn dinamiese wyse baie tyd en kundigheid aan die skool wy. Sewe van ons sportspanne neem gedurende die vakansie aan toernooie deel. Mag hulle dit baie geniet en verryk terugkom. Die ondersteuning wat ek sedert Augustus in die kantoor gekry het, word baie waardeer. Dit was ʼn voorreg om aan die stuur van een van die top-laerskole in die land te wees. Ons sien met opwinding uit na die koms van ons nuwe hoof. Mag dit vir hom ook ʼn besondere ervaring wees om deel van die Eikestad-familie te word. ʼn Geseënde vakansie word almal toegewens. Geniet die gesinstyd. Dirk Coetzee Nuusbrief 1/2019

Upload: others

Post on 15-Jan-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

1

In hierdie uitgawe

Uit die

kantoor

1

Graad R

3

Akademie:

Grondslagfase

4

Akademie:

Intersenfase

Intersenfase

5

Kultuur 6

Operasionele

Bestuur

8

Biblioteek 9

Fisiese

Geriewe 11

Leerlingraad 12

Verrykings-

program

14

Leerderonder-

steuning 14

Sport 15

VANUIT DIE KANTOOR

Ons het ʼn lekker besige kwartaal beleef en die kinders het ywerig aan ʼn groot verskeidenheid aktiwiteite deelgeneem. Lees gerus hierdie uitgawe van die Eikenuus om die groter prentjie van die skoolaktiwiteite te kan sien. Baie dankie aan die personeel, kinders en ouers wat met oorgawe betrokke is. Dit maak die verskil. Baie dankie ook aan die Beheerliggaam wat op ʼn dinamiese wyse baie tyd en kundigheid aan die skool wy. Sewe van ons sportspanne neem gedurende die vakansie aan toernooie deel. Mag hulle dit baie geniet en verryk terugkom. Die ondersteuning wat ek sedert Augustus in die kantoor gekry het, word baie waardeer. Dit was ʼn voorreg om aan die stuur van een van die top-laerskole in die land te wees. Ons sien met opwinding uit na die koms van ons nuwe hoof. Mag dit vir hom ook ʼn besondere ervaring wees om deel van die Eikestad-familie te word. ʼn Geseënde vakansie word almal toegewens. Geniet die gesinstyd.

Dirk Coetzee

Nuusbrief 1/2019

2

OPELUGKONSERT

ELVIS BLUE EN BOTTOMLESS COFFEE

3

NUUS UIT GR. R - Rika du Toit

Ons kwartaal was gevul met baie opwindende aksies:

Valentynsdag: 14 Februarie

Op 14 Februarie is daar al van vroegoggend af foto’s saam met mamma en pappa geneem. Liefdesliedjies is vir meneer Dirk en sy bestuur gesing en die liefde is in oorvloed gevier!

In die klas het ons kreatief gebak en brou en liefdesbesies gemaak – waarvan die soettande baie hou. Elke maat het ook hard gewerk aan hul pragtige valentynskaartjies om mamma en pappa te huldig. Dankie aan elke ouer wat gehelp het met die versiering van ons klasse. Dit het pragtig gelyk! Die boodskap was een van liefde met God as bron – laat Sy liefde in ons harte blom!

Ouerpiekniek: 15 Februarie

Die graad R se ouerpiekniek was ʼn genotvolle aand met hope aksie. Pappas het mekaar die stryd in die toutrekkompetisie aangesê, terwyl die mammas aan ʼn aartappelresies deelgeneem het. Die sterre van die aand was egter ons dapper graad R-leerders wat laat spaander het in die sakresies. Almal het heerlik gekuier en die grondslag is gelê vir ʼn goeie gees tussen die ouers en personeel. Elke gesin se teenwoordigheid word waardeer. Ons sien met verwagting uit na ʼn jaar van goeie spanwerk.

Elsenburg-uitstappie: 12 Maart

Die uitstappie na Elsenburgplaas het vir groot opwinding gesorg. Op Dinsdag 12 Maart het ’n paar geesdriftige ouers ons leerders na Elsenburgplaas vergesel. Die proefplaas bied jaarliks ’n program aan om ons leerders vertroud te maak met plaasaktiwiteite, wat ook mooi aansluit by een van ons temas. Ons leerders is in groepe verdeel en het elke 10 min tussen verskillende plaasdierstasies gewissel. Die diere het vir groot pret die dag gesorg en het “Ou Oom Klasie” omtrent laat les opsê … Geniet die welverdiende vakansie en veilig reis!

4

GRONDSLAGFASE: Akademie

Departementshoof — Sonja Nieuwoudt

9 Januarie 2019 lê alweer bykans twee en ‘n halwe maande agter die rug. ’n Nuwe jaar met nuwe verwagtinge het ons in die oë gestaar.

Vier klasse vol nuwe graad 1’s, met kraaknuwe klere en tasse, het die grootskool met baie verwagtinge binnegegaan. Uiteindelik kon hulle ook ’n speelbeurt op die skool se nuwe Eikiepark kry. Die graad 1’s het ook maar groot aanpassings met ‘n nuwe juffrou, ‘n vol kurrikulum en nuwe aanpassings ten opsigte van hul buitemuurse programme gehad. Daarmee saam is tandwissel ‘n groot daaglikse aktiwiteit. Een van ons maatjies het verbaas opgemerk: “Juffrou, my tand sit nou agterstevoor, hoe gaan ek nou eet?”

Eerstens wil ek net eers saam stil word saam met ons drie huisgesinne wat vanaf Desember elk hul mamma verloor het. Ons harte treur saam met julle oor ’n té groot verlies vir ’n gesin. Wees verseker van ons liefde en ondersteuning.

Hierdie kwartaal het ons weer ons sistemiese uitslae ontvang. Die sistemiese toetse is jaarlikse toets vir grade 3 en 6, wat deur die WKOD afgeneem word om gehalte-onderrig en akademiese vaardighede te toets. Die slaagsyfer is 50%. In Graad 3 was ons wiskunde-uitslae 98,1% (teenoor die provinsie se 56,6 %) en ons taaluitslae was 96,2% (teenoor die 45,8% van die provinsie). Na ’n deeglkse analise van hierdie uitslae, het ons maar net weer besef dat lees- en skryfvaardighede steeds ’n uitdaging bly en voortdurend onderrig moet word.

Onderwysers kon die afgelope kwartaal heelwat kursusse bygewoon. Die volgende vakke het veral aandag geniet: Lewensvaardighede-slypskool; ‘n WOW geletterdheidkursus vir die grondslagfase en verskeie kontaksessies deur ons onderwyskring. Die groot en nuwe uitdaging is egter die begin van ons isiXhosa. Die onderwysers het ’n 16 uur lange opleiding ontvang. Hierdie vak word nie geassesseer nie, maar word informeel aangeleer om sosiale kontakte te verbeter. Die gevolg is egter dat ons vir vier dae die skooldag met 15 minute moet verleng vir grade 1 en 2. Ons gaan dus Maandag tot Donderdag om 13:30 verdaag en op ’n Vrydag om 13:15.

‘n Paar gedagtes rakende assessering in die grondslagfase:

Die aantal assesseringstake in die grondslagfase is verminder tot net 1 taak per vak per kwartaal. Die doel hiermee is om onderrigtyd te vermeerder.

Assesseringstoetse is verpligtend en moet gedurende die assesseringsweke geskryf word. Baie geldige redes mag aangevoer word om agterstallige assesserings in te haal.

Leerlinge berei nie voor soos vir ’n toets nie, maar deeglike opvolgwerk van uitvalle en gereelde huiswerk en vaslegging van werk moet daagliks plaasvind.

Na afloop van die assesseringsweke word analises gedoen en uitvalle word weer onderrig en vasgelê.

Indien ’n leerling ernstige uitvalle toon, word ouerafsprake gemaak en ’n plan van aksie word voorgelê.

Ek het die behoefte om elke kind, ouer, onderwyser en assistent te bedank vir baie harde werk. Dankie ouers vir u ondersteuning en positiewe ingesteldheid teenoor die akademie en ons skool. Julle mooi gesindhede is van ontskatbare waarde.

Lekker rus.

5

INTERSENFASE: AKADEMIE

Adjunkhoof: Gawie Nieuwoudt

Hierdie jaar het uit ’n akademiese oogpunt baie goed begin, met die rooster wat reeds vanaf die tweede dag in werking getree het. Handboeke en skryfboeke is vroeg deur mnr. Dunn en sy helpers uitgedeel. ‘n Intersenfase-vergadering is in die eerste week gehou om goeie kommunikasie te bewerkstellig. Akademiese vergaderings is weekliks gehou. Ons moes ook departementele vergaderings gaan bywoon. Nuwe inligting is gereeld ontvang en vir toepassing deurgegee.

Die hoogtepunt was ons Sistemiese Uitslae van 2018 wat aan ons bekend gemaak is. Ons is baie trots op die goeie punte wat behaal is, veral in ons Wiskunde.

Die graad 4-leerders het Stellenbosch te voet verken. Dit het in die tweede week in Februarie plaasgevind. Die Stellenbosch Museum en die Speelgoed Museum is besoek. ’n Geskiedenisuitstappie wat almal baie geniet het.

Formele assesserings was feitlik weekliks aan die orde van die dag. Gereelde toetse is ook volgens ’n rooster geskryf. Ons besige kinders moes goed beplan om deur alle aktiwiteite behoorlike aandag aan alle akademiese eise te kon gee.

Die graad 5 tot 7-klasgroepe het op Woensdag 6 Maart op hulle onderskeie kampe vertrek. Hulle het letterlik in die buitelug skool gegaan. Hulle het dit baie geniet.

Ek is opreg dankbaar vir ’n span toegewyde personeellede en kinders wat hulle deel doen. Ons word ondersteun deur betrokke ouers wat saam met ons die pad van die opvoedkunde loop. Ek beskou dit as die grondslag van ons akademiese voortreflikheid. Wat ʼn voorreg.

SKOOLKALENDER VIR 2019

KWARTAAL

OPEN SLUIT

TWEEDE

2 APRIL 14 JUNIE

DERDE

9 JULIE 20 SEPTEMBER

VIERDE 1 OKTOBER 4 DESEMBER (leerders)

6 DESEMBER (opvoeders)

6

KULTUUR

Departementshoof: Karin Soyez

AKKEROOR - Marli Vosloo

Die Akkerkoor word elke jaar groter namate meer van ons Akkertjies die liefde

vir musiek in hulle hart kweek.

Die Akkerkoorspan bestaan hierdie jaar uit juffrou Marli Vosloo (koorleidster),

mnr. Janu Engelbrecht (begeleier), juffrou Ammie Henson en juffrou Anke

Pretorius (koorassistente).

Ons ouers kan uitsien na talle geleenthede waar die koor hulle harde werk op

die verhoog gaan ten toon stel. Op die program in kwartaal twee is ons Akkerkoor-spogaand

waar ons maats die liedjies van kwartaal een en twee vir ons ouers gaan sing. Ons sien ook

uit na gereelde ouetehuisoptredes waar ons die geleentheid ontvang om ander te vermaak

met ons koor se suiwer kinderstemmetjies.

Die Akkerkoor dien as die grondslag van ons koorlede se liefde vir musiek en met innoverende tegnieke is ons oefensessies altyd vol pret. Ons sien uit na ’n suksesvolle jaar waar ons God eer met ons talente.

EIKEKOOR — Jolise Kruger

Die Eikekoor het die jaar met ʼn opwindende werksessie by

Mountain Breeze-karavaanpark afgeskop. Die lede het

mekaar goed leer ken en nuwe lede is ook met prettige

aktiwiteite, wat almal laat skater het, verwelkom. Die dag

is gesellig afgesluit met ʼn konsert en ʼn bring-en-braai

saam met die Eikekoorouers.

Die koor het dié kwartaal ’n klomp nuwe liedere aangeleer en spog met

ʼn uitstekende repertoire waarmee hulle in die tweede kwartaal aan

kompetisies gaan deelneem.

7

MUSIEKDEPARTEMENT – Thia du Plessis

Baie ouers hou van die idee dat hul kinders ’n musiekinstrument bespeel, maar nie almal weet hoe baie dit eintlilk vir daardie kind beteken nie. Daar word al jare lank na die verband tussen intelligensie en musikaliteit gekyk. Daar is al bewys dat musiekopleiding breinontwikkeling kan bevorder, algemene intelligensie kan verhoog en motoriese vaardighede kan verbeter. Kinders wat musieklesse neem se vermoë om nuwe probleme op te los verbeter, hul gebruik van logika neem toe en hul kan patrone beter identifiseer. Om musiek te neem, maak dus n GROOT verskil in ’n kind se lewe. Ons is trots op ons musiekdepartement wat so ’n wye keuse van musiekonderrig bied en waar daar elke dag baie hard gewerk word. Die musiekleerlinge leer ook om vas te byt, deur te druk en aan te hou. Hierdie is baie belangrike vaardighede in kinders se lewe. Terselfdertyd het ons die geleentheid om ons musiektalent te gebruik om aan ander mense vreugde te gee.

REDENAARS – Karla Strydom

Op Donderdag 20 Februarie het 31 leerders aan ons interne redenaarsfees deelgeneem. Dit was geen geringe taak nie! Hulle het hul toesprake voorberei en dit noukeurig ingeoefen.

Hulle het dié beredenerende toesprake toe voor ouers, onderwysers en baie bekwame beoordelaars gelewer. Dis sekerlik ʼn vaardigheid wat hulle lewenslank sal bybly.

Die wenners van die drie afdelings is soos volg:

Graad 3: Emma Louw (goud), Jana Booysen (silwer) en Mia Pecoraro (brons).

Graad 4 en 5: Marliné Stoop (goud), Helen-Mari Stofberg (silwer), Daniël Botha (brons)

Graad 6 en 7: Steffan Thielen (goud), Minke Badenhorst (silwer) en Miné Malan (brons).

Baie geluk aan elke deelnemer.

8

OPERASIONELE BESTUUR—Dirk Coetzee

PERSONEELAANGELEENTHEDE

Baie welkom aan die volgende personeellede wat sedert die begin van die jaar by ons aangesluit het:

Nielké Matthee - Graad 5

Chantelle Williams - Leerderondersteuning

Ntobeko Tom - Terreinwerker

Anke Pretorius - Assistent Graad 1

Alné Nel - Assistent Graad 1

Anke Nel - Assistent Graad 2

Celeste Gouws - Assistent Graad 3

Anri Schoonees - Assistent Graad 4

en Grondslagfase LO

Marné Stander - Assistent Graad 4

Soos lede van ander professionele beroepe by ʼn Beroepsaad geregistreer is, moet alle opvoeders by die Suid-Afrikaanse Raad vir Opvoeders geregistreer wees. Om geregistreer te bly, word daar vereis dat ʼn sekere aantal opleidingspunte in elke ontwikkelingsiklus verwerf word. Aanvullend tot die personeel se besige akademiese en buitemuurse program, is daar hierdie kwartaal weer ywerig aan ʼn groot verskeidenheid opleidingsgeleenthede deelgeneem.

FINANSIES

Die betaling van skoolgeld verloop baie goed en ʼn groot aantal ouers het van die eenmalige betalingsopsie voor die einde van Februarie gebruik gemaak. Die skool het groot waardering vir die positiewe manier waarop die ouers hul finansiële bydrae maak.

Die Skolewet plaas ʼn statutêre verpligting op alle ouers wat dit kan bekostig om die goedgekeurde skoolgeld te betaal. Indien dit nie vir ʼn ouer moontlik is om die skoolgeld te betaal nie, is daar ʼn voorgeskrewe prosedure waarop hulle vir afslag kan aansoek doen. Die vorms daarvoor is by die sekretaresse beskikbaar.

Vermy asseblief bykomende kostes deur u betaling op datum te hou.

Baie dankie aan ons ouers wat die betaling van die skoolgeld as prioriteit hanteer. Dit maak dit vir die skool moontlik om soveel beter geleenthede aan die kinders te bied.

9

BIBLIOTEEK – Erika Lourens

Dit is met ʼn vuurwarm hart dat ek voor al die gesiggies gestaan het: “Juffrou kan ons boeke uitneem?”

Natuurlik so tussendeur die vakansie het daar sowaar ʼn paar splinternuwe boeke kom insluip – sowaar.

Die belangrikste is om eers ons biblioteekprefekte en mediahelpers goed op te lei – dit is hulle wat die wiele volspoed laat rol.

Ons biblioteekprefekte is gou tuis agter die reke-naar en hulle wys sommer dadelik hulle is staat-makers. Die mediahelpers is fluks aan die werk en dit is ʼn reusetaak om al die boeke alfabeties te pak. Ons vra die leerlinge om die rakke baie netjies te hou.

Met die nuutste en beste boeke op ons rakke, is ons slaggereed vir nog ʼn lees-tsoenamie by Eikestad

Op 5 Maart steel ons die skrywer van die Lekker Lawwe Lagboeke sommerso voor almal se neus weg. Prof. Marietha Snyman kom kuier saam in ons Akker Ateljee en kry ook haar ster aan die einde van die “Walk of Fame”. Haar kundigheid en wye ervaring tesame met ’n passie vir lees bewys sy ken haar vakgebied.

Die manier waarop ons lees “bemark”, bepaal uiteindelik jou sukses (meer volledige inligting is in die Bib beskikbaar).

Die vakansie lê voor, hope tyd vir lees, en ja Eikies, daar wag nog ʼn hele aantal super, super interessante boeke.

10

MySchool-KAARTE – Hanlie Smit

U wou nog altyd ‘n MySchool-kaart gehad het? U het gewonder hoe om een in die hande te

kry? Moet nie langer wag nie, dit is nou u kans! Registrasievorms is by ons sekretaresse

beskikbaar. Die skool se inkomste uit die gebruik van MySchool-kaarte deur die ouers het in

2018 ’n bedrag van R89 076 bereik en is dus gewis die moeite werd. Indien u ’n MySchool-

kaart het, kan dit by die volgende deelnemende besighede in Stellenbosch en omgewing

gebruik word:

Woolworths Eikestad Mall & Stellenbosch Square, JT One Eikestad Mall, en alle ander Woolworths-takke landwyd, asook Woolworths Online www.woolworths.co.za en Woolworths Versekering

Paradyskloof Engen, Engen Valsbaai 1-Stop, en Engen Quickshops landwyd

Wimpy by Engen Valsbaai 1-Stop op die N2

Waltons-winkels landwyd en Waltons Online

Loot www.loot.co.za

Tafelberg Meubels (Somerset-Wes en Paarl) asook alle ander takke landwyd

Power24 vir koopkrag www.power24.co.za

Altech Netstar

Flight Centre “The Captain’s Red Label Holidays” – daar is takke in Eikestad Mall en Stellenbosch Square

Arizona Spur in Eikestad Mall

Viljoen Juweliers (Kerkstraat, ingang na De Wet-sentrum)

WorksheetCloud www.worksheetcloud.com

Jack’s Paint Stellenbosch

Dassiesfontein (op die N2 tussen Botrivier en Caledon)

Registrasie kan ook aanlyn by http://www.myschool.co.za gedoen word. Die kaarte word

kosteloos aan u beskikbaar gestel. Indien u reeds ’n kaart gebruik, kan u familie en vriende

daarvoor registreer sodat hulle aankope ook vir die skool voordeel kan inhou. Daar

is oorgenoeg registrasievorms sodat oupa en ouma, oom en tannie en selfs u bure een kan

invul.

Ondersteun asseblief die skool. U deelname aan hierdie projek is maklik en gratis.

11

FISIESE GERIEWE – Handré Victor (Terreinbestuurder)

Bouwerk: Bouwerk aan die nuwe toegangshekke en geplaveide paadjie langs die tennisbane is voltooi. Toegang tot die skoolterrein deur hierdie hekke kan slegs d.m.v. ’n elektroniese skyfie verkry word. Hierdie skyfies kan aangekoop word by Ontvangs en sal slegs aan gemagtigde persone (ouers,

personeel en leerders) uitgereik word. Ter wille van die veiligheid van die skool se leerders en personeel versoek ons u om geen voorwerpe (klippe ens.) voor die hekke te pak om dit sodoende oop te hou nie. Die daaglikse toegangstye d.m.v. die skyfies is soos volg: Maandag tot Vrydag: 06:00 tot 08:00 en dan weer 12:30 tot 20:00 asook naweke en openbare vakansiedae: 06:00 tot 20:00. Indien u die skoolterrein wil betree buite hierdie tye, moet u by Ontvangs aanmeld.

Skooltoilette: Die toilette van die personeel asook dié van grondslagfase is ongeveer ’n jaar gelede opgradeer. Ons beoog en beplan om gedurende hierdie jaar nog toilette in ’n beter toestand te kry. Dit behels ’n nuwe verflaag op die mure, plafonne, deure en vensterrame. Verskeie deurknippe moet vervang en/of herstel word en houers vir handdoekrolle gaan teen die mure aangebring word. Ons is tans in die proses om kwotasies te verkry. Preprimêr: Goedkeuring is verkry vir die verf van ons preprimêre afdeling se heining asook die buitekant van die gebou. Kontrakteurs sal binnekort hiermee begin.

CSV—Elizna Joubert

Die kwartaal het afgeskop met ʼn Gebedsweek. Die Gebedsweek was op die

Skrifgedeelte uit Spreuke 28 vers 1: “Die goddelose hardloop weg al jaag

niemand hulle nie; Regverdiges is so dapper soos leeus”, gegrond.

Die Aktiwiteitsentrum is in ʼn gebedsruimte omskep, met verskillende stasies

wat verskillende aspekte van Gebed uitgebeeld het. Die kinders het hierdeur

die geleentheid gekry om deur praktiese aktiwiteite of eksperimente tot die

gevolgtrekking te kom dat Jesus, die Leeu van Juda, reeds die dood, sonde en vrees oorwin

het. Daarom kan ons met harte vol moed en oë gerig op Jesus stap in al die goeie dinge wat

Vader vir ons beplan.

12

LEERLINGRAAD 2019 – Anja Nänny

Hoofleiers

Op 8 Februarie is Monet van der Merwe

(hoofmeisie), Christiaan Cronjé (hoofseun),

Kara Bestbier (onderhoofmeisie) en Nicolaas

van der Westhuizen (onderhoofseun) as

Laerskool Eikestad se hoofleiers vir 2019

aangewys. Ons wens hierdie leerders sterkte toe

met die groot taak wat vir hulle hierdie jaar

voorlê.

Leerlingraadprojekte:

C4-projek

Die leerlingraad het hierdie kwartaal die C4-projek van stapel gestuur. Die projek C4, staan

vir Cancer Care Colour Challenge en die doel is om geld vir KANSA in te samel. Die projek

het kinders en onderwysers uitgedaag om hulle hare in die kleure van die skool se spanne te

laat spuit.

Paul Roos het vanjaar vir Boishaai, Paarl Girls High, La Rochelle, Paarl Gim, Hoërskole

Strand, Parel Vallei, Rhenish, Bloemhof en Stellenbosch, en Laerskole Eikestad, Rhenish en

Stellenbosch asook Calling Education uitgedaag om aan die projek deel te neem.

Ons is baie dankbaar vir elke Eikie wat die projek ondersteun het. Ons kan met trots sê dat

Laerskool Eikestad R8 268.30 ingesamel het – die meeste van al die skole. Baie dankie vir

julle omgeeharte!

13

Graad 7 Valentynspiekniek

Graad 7 Valentynspiekniek gehou op 14 Februarie 2019.

Leerlingraadkamp deur Anja Durand

Op 30 Januarie het die leerlingraad na High Africa in Worcester vertrek. Die opwinding was

groot.

Dit was ‘n besige drie dae waar spanbou eerste gestel is. Al die wateraktiwiteite was vreeslik

lekker en snaaks. Ons moes in spanverband ‘n vlot bou en daarmee roei – ons het gou

agtergekom dat dit beter gaan as ons vir mekaar luister en saamwerk. Een van die aande

het ons potjiekos gemaak en ons moes ons tafels versier met goed uit ons tasse. Ons moes

vinnig op ons voete dink. In die aande het almal gesellig om die vuur gesit en spookstories

vertel. Ons individuele deursettingsvermoë is ook getoets met ‘n 13 m hoë klimraam met

hindernisse. Almal het mekaar van die kant aangemoedig en almal wat dit voltooi het, was

trots en baie verlig.

Die drie dae het verbygevlieg en ongelukkig moes die kamp tot ‘n einde kom. Almal het met

seer harte weggegaan, maar met baie hegter vriendskapsbande.

14

VERRYKINGSPROGRAM - Anja Nänny

Die verrykingsprogram is ’n vrywillige program waaraan Gr. 6-leerders kan

deelneem. Dit is nie prestasiegedrewe nie, maar eerder daarop gemik om

kinders lewensvaardighede wat blywende waarde het, aan te leer. Dit bestaan

uit drie afdelings, naamlik:

Selfontwikkeling – om iets nuuts te leer;

Diens in die skool en gemeenskap; en

Ontwikkeling van organisatoriese vaardighede deur ’n geleentheid van hulle keuse te

reël.

Christian Cornellissen het Kara Bestbier se “Bread tags for Wheels”-projek van 2018

oorgeneem. Hy versamel die bread tags waarmee broodsakkies toegemaak word. Ouers kan

hierdie projek ondersteun deur bread tags na me. Karien Joubert se klas toe te stuur.

Ons sal ouers op hoogte hou oor hoe hulle die projekte gedurende die jaar kan ondersteun.

LEERDERONDERSTEUNING - Michelle van Rooyen

Die eerste kwartaal van 2019 het verby gevlieg en ons sien uit na wat voorlê vir die res van die jaar. Hierdie kwartaal het weereens bewys dat geleenthede vir groei, leer en ontwikkeling in oorvloed beskikbaar is by Laerskool Eikestad. Die ondersteuningsplanne wat ons reeds in 2018 opgestel het, word met

oorgawe in verskeie klasse geïmplementeer. Ons leerders vorder goed en word op alle vlakke ondersteun. Die didaktiese klasse is vanjaar aangepas om ook op luistervaardighede te fokus aangesien leerders hierdie vaardighede benodig om skolastiese vordering te toon. Die didaktiese span, onder leiding van juffrou Annamarie Swart, is ook uitgebrei sodat ons leerders meer doeltreffend kan ondersteun. Alida Potgieter het ’n insiggewende studieleidingpraatjie vir die graad 4-ouers aangebied en met `n reeks studiekursusse afgeskop. Leerders wat die kursusse bygewoon het, is toegerus met die nodige kennis en vaardighede oor hoe die leerproses werk, hoe hul moet opsom en hoe om vraestelle te beantwoord. Chantelle Williams het vanjaar by die leerondersteuningspan aangesluit. Sy bied leerondersteuning aan leerders gedurende skoolure en gaan ’n groot verskil in hierdie leerders se skolastiese vordering maak. LEGGS het ook die jaar volstoom afgeskop met twee praatjies wat hierdie kwartaal by Eikestad aangebied is. Dr. Panos Lazanas het ’n interaktiewe praatjie aangebied oor hoe om stres beter te hanteer. Elzanne Frank se praatjie was getiteld “Essential skills to help children thrive and not just survive”. Ons is bevoorreg om hierdie kennis so geredelik tot ons beskikking te hê. Hou gerus die kommunikeerder dop vir die volgende praatjies. Laastens, moet ek weer elke komiteelid van die Eikiehart bedank vir die tyd wat hul insit om hierdie projek aan die gang te hou. Eikiehart lewer ’n waardevolle diens aan die leerders en ouergemeenskap van ons skool. Die graad 6’e het ons beindruk met die hoeveelheid leerders wat aangebied het om vanjaar broodjies te smeer vir ons kospakkieprojek. Dankie vir jul dienslewering en spanwerk.

15

SPORT

Sportbestuurder: Albert Fullard

ATLETIEK – Nevin Edas

Interhuis Atletiekbyeenkoms 2019 Een van Eikestad se hoogtepunte in die somersportseisoen is die Interhuis Atletiekbyeenkoms. Atlete en toeskouers het Paul Roos se Markötter-atletiekstadium gevul met entoesiasme en gees. Tydens Laerskool Eikestad se Interhuis Atletiekbyeenkoms het Doornbosch, Libertas en Coetzenburg se atlete teen mekaar gekompeteer. Laerskool Eikestad is trots op elke atleet wat uitgeblink het in hul afdeling, of selfs net deelgeneem het vir die pret. Baie geluk aan die volgende prestasies: 1. Beste prestasie seun: Nathan van den Berg

2. Beste prestasie dogter: Zahni Smit

3. Victor Ludorum (Junior seun) : Nathan van den Berg

4. Victor Ludorum (Senior seun): Ruan de Weerdt

5. Victrix Ludorum (Junior meisie): Anja Smit

6. Victrix Ludorum (Senior meisie): Millie Hurter

Doornbosch het die dag skoonskip gemaak en die atletiekbeker gewen. Baie geluk!

Coetzenburg dirigente

16

Eikestad atletiek blink soos goud

Die Boland-atletiekbyeenkoms is op 16 Februarie 2019 by Dal Josafat aangebied. Ons atlete het hierdie byeenkoms geweldig geniet en gesorg vir pragtige prestasies, insluitende verskeie eerste plekke. Ruan de Weerdt het sy diskus item gewen en Nathan van den Berg het skoonskip gemaak in die 1200m en hekkies afdeling. Eikestad se atlete het 9 keer die podium gehaal om hul medaljes te ontvang. Die dag was 'n groot sukses, altesaam 8 Eikestad leerders ontvang Boland Kleure in atletiek. Die Wes-Kaap-streeksbyeenkoms het op 2 Maart plaasgevind. Tydens die byeenkoms het die sterkste atlete van elke streek teen mekaar meegeding – met die doel om vir die Wes-Kaapse span gekies te word, wat aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe gaan deelneem. Agt atlete van Laerskool Eikestad het deelgeneem – waarvan 6 in die Wes-Kaap span opgeneem is. Die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe vind op 15 en 16 Maart, in Germiston plaas. Dan ding atlete van al die provinsies teen mekaar mee om ‘n plek in die Suid-Afrikaanse span te behaal.

Ruan de Weerdt o. 13 Diskus en spiesgooi Zahni Smit o. 13 Hekkies Anja Smit o. 11 Hoogspring Carmi Shaw o. 12 1200m Isabella Nel o. 12 Hekkies Nathan van den Berg o. 10 1200m en hekkies

V.l.n.r. Ruan de Weerdt,

Nathan van den Berg,

Zahni Smit, Tiaan Basson,

Carmi Shaw, Isabella Nel,

Nell Basson en Anja Smit

ATLEET ITEM

17

Op die foto: (heel regs) Nell Basson in aksie Op die foto: Anja Smit gedurende

voorbereiding vir SA’s

Aanskoulike atletiek by die Eikestad Prestige Atletiekbyeenkoms

Die Eikestad Prestige Atletiekbyeenkoms is 26 Februarie by die Coetzenburg Stadion in Stellenbosch aangebied. Twaalf van die beste atletiekskole uit die streek was deel van hierdie byeenkoms. Die kwaliteit van die skole én soos die naam van die byeenkoms aandui, kon dit nie anders dat daar puik prestasies op die baan én in die veld moes wees nie. Verskeie byeenkomsrekords is verbeter en verskeie atlete het besonder hoë punte op die bekende ASA-tabel verwerf. Laerskool Durbanville was die algehele wenners van die byeenkoms.

18

TENNIS – Anja Nänny

Laerskool Eikestad is bevoorreg om báie entoesiastiese tennisspelers te hê. Nie net kon ons

hierdie jaar weer 16 spanne in die Bolandliga inskryf nie, maar tennisoefeninge word

weekliks deur ywerige spelers van Gr. R tot 7 bygewoon.

Bolandliga

Daar is 16 spanne in die Bolandliga ingskryf. Ligawedstryde word op Donderdae gespeel,

maar in die eerste kwartaal moes wedstryde op twee ligadae a.g.v. baie warm weer afgestel

word. Op die orige twee Donderdae het ons tennisspanne egter die hitte trotseer en pragtige

tennis gespeel. Uit die 27 wedstryde wat gespeel is, het Eikestad 14 gewen. Die o. 13A1-

meisiespan en o. 11B2-seunspan het albei hulle onderskeie wedstryde gewen. Ons is baie

trots op ons Eikie-tennisspelers.

Eikestad Dubbelstoernooi

Op 22-23 Februarie het ons die agtste jaarlikse Dubbelstoernooi

aangebied. Die formaat van die toernooi – ’n span bestaande uit agt

spelers (4 seuns en 4 meisies) wat gewone en gemengde dubbels speel –

sorg jaarliks vir groot pret op die tennisbaan. Vanjaar het nege skole aan

die toernooi deelgeneem. Die spanne was HMS en PSS, Paarl Gimansium,

Laerskool De Hoop, Laerskool Kenridge, Laerskool Gene Louw, Rhenish

Primary School, Laerskool Durbanville en Laerskool Eikestad. Eikestad se

o. 11- en o. 13-span het albei tweede in die toernooi geëindig.

Bolandspelers

Die Bolandproewe het aan die einde van 2018 plaasgevind. Ons is baie trots op die nege

spelers wat in die provinsiale span opgeneem is. Hulle is:

Sebastian Oosthuizen (o. 11A-span), Carmi Shaw (o. 12A-span), Lara Ehlers en Minke van

Zyl (o. 13A-span), Marliné Stoop (o. 11B-span), Zander Flemix en Leentjie Kieviet (o. 12B-

span), Emma Vos en Monet van der Merwe (o. 13B-span).

Ons is baie dankbaar vir ons tennisspan – dit sluit die spelers, afrigters, ouers en terreinspan in – wat so baie tyd aan tennis afstaan en sodoende verseker dat die tennis op ’n hoë standaard bly.

19

SKAAK – Chanelle Smith Eikestad se skaakspelers het hierdie kwartaal ekstra vroeg uit die vere gespring om op Maandagoggende van 06:55 af die skaakoefening by te woon. Dit was ook lekker om ’n paar nuwe spelers welkom te heet – veral van die

Gr. R’e en Gr. 1’s! Hierdie kwartaal het vier Eikies op 23 Februarie aan die jaarlikse toernooi by Laerskool Welgemoed gaan deelneem en ons hoop om veral die beginners volgende jaar ook daar te sien. Twaalf Eikies wat André Kritzinger, Stephan de Kock, Mila Bester, Noreht Nieuwoudt, Aleza Roos, AJ de Kock, Christaan Kritzinger, Christoff Bester, Martiens Geyser, Schalk du Toit, Lilija Jamneck en Dehan Roos insluit, het op 2 Februarie aan die eersterondeproewe wat by Nederburg in die Paarl gehou is, gaan deelneem. Aleza Roos, Noreht Nieuwoudt, Christoff Bester en Martiens Geyser het met bronsmedaljes weggestap. Al die proewespelers het verder deurgedring na die Kaapse Wynlande Skoleskaakproewe wat aan die einde van die hierdie kwartaal in Worcester gehou word. Ons hou vir hulle duim vas!

Die inwyding van ons buite-skaakstel het op 13 Maart plaasgevind. Ons wil baie dankie sê aan Investec, ons hoofborg. Dit gaan verseker baie genot aan ons leerders verskaf. Dankie aan elke skaakspeler vir hul toewyding. Julle maak vir Eikestad trots!

MINIKRIEKET - Carin Brand

Die Mini Krieketseisoen het eers 5 Februarie begin. Rede vir die laat begin is omdat ons vir die opening van die universiteit moes wag, want ons is afhanklik van die studente om ons met die afrigting van die seuns te help.

As gevolg van die hittegolf is twee Donderdae se wedstryde gekanselleer. Op 21 Februarie het die eerste wedstryde by Laerskool Stellenbosch se sportgrond plaasge-vind. 28 Februarie en 7 Maart was ons ander wedstryddae.

Op 1 Maart het die o. 8-seuns aan ’n toernooi deelgeneem wat deur Laerskool Bastion gereël word. Op 9 Maart het die o. 9-seuns die geleentheid gehad om na Bridge House te reis vir 'n toernooi.

Dankie aan al die seuns wat die oefeninge getrou bygewoon het, ook aan al die studente en juffroue Marli, Carin en Charmara vir hul harde werk.

20

KRIEKET – Jannie Terblanche

Ons kyk met dankbaarheid terug na ’n heerlike krieketseisoen.

Een van ons doelwitte is massadeelname. Ons het twee o. 13-spanne en vier o. 11-spanne gehad wat aan krieket deelgeneem het dié kwartaal. Alle spelers het ’n geleentheid gehad om aan ’n wedstryd deel te neem.

Ons wil graag die vierde kwartaal nog ’n span in die C-liga inskryf om sodoende meer seuns wedstrydgeleentheid te gee. Ons kan dit egter net doen as ons nog ’n veld vir wedstryde tot ons beskikking het. Ek sal dit waardeer indien daar van die ouers is wat ons kan help om nog krieketvelde te bekom waar ons kan speel. Kontak asseblief die sportkantoor indien u ons met hierdie probleem kan help.

Die volgende seuns het met die kolf uitgeblink vir Laerskool Eikestad.

Hanno Basson – 65*

Ruan De Weerd – 41

Luca Swanepoel – 52*

Willem Kemp – 65*

Sebastian Oosthuizen – 52* en 53*

Nathan vd Berg – 60

Die volgende seuns het ook met hulle boulwerk uitgeblink vir Laerskool Eikestad

Lukas Basson – 3/6 lopies teen Bridge House en ook 2/8 teen Laerskool Stellenbosch.

Daniel Brand en Hanno Basson het in twee wedstryde twee paaltjies elk geneem.

Baie geluk aan die o. 11A span wat vier van sy ses wedstryde gewen het! Baie geluk seuns. Eikestad is trots op julle!

Baie dankie aan my afrigtingspan wat letterlik ure in die son gestaan het en entoesiasties afgerig het en as skeidsregters opgetree het. Dankie ook aan al die ouers wat ons bygestaan het met vervoer. Dit word opreg waardeer.

Geniet die vakansie!

21

SWEM – Ineke Allan

Laerskool Eikestad se jaarlikse swemgala, Vrydag 25 Januarie 2019

Laerskool Eikestad het Vrydag 25 Januarie sy jaarlikse swemgala gehou. Dit

was ‘n heerlike somersdag met baie opwinding.

Dit was ook die eerste geleentheid vir die Gr. 1-swemmers om hul staal te wys in die

swembad. In die Grondslagfase-gala het Leila Venter (o. 9) gesorg vir groot

opgewondenheid met haar rekord in die 25m-borsslag.

Die dirigente het tydens die Interhuisliga hul onderskeie spanne met entoesiasme

aangemoedig. Alle swemmers van Gr. 4-7 het deelgeneem en punte vir hul spanne

aangeteken. Doornbosch was die algehele wenners van die dag met 416 punte, Coetzenburg

kort op hul hakke met 352 punte en Libertas het 187 punte behaal. Baie dankie aan elke

swemmer wat net sy/haar beste gegee het.

Rosseau Burger (o. 10) het twee rekords laat spat – in onderskeidelik die 25m-vlinderslag en

die 50m-individuele wisselslag. Rosseau het ook ’n tweede plek behaal in die 50m-vryslag en

ook hier die bestaande rekord verbeter saam met Nathan van den Berg wat in die eerste

plek was.

Baie dankie aan al die ouers en personeel wat as beamptes opgetree het en vir elkeen wat

gehelp het om hierdie geleentheid ‘n groot sukses te maak. Dit word opreg waardeer.

Baie geluk aan die volgende swemmers met hul uitsonderlike prestasies: Senior Swembeker Seuns: Rosseau Burger (o. 10) met 3 rekords, 4 eerste plekke en 1 tweede plek) Senior Swembeker Meisies: Hannah Oelofse (o. 12) met 3 eerste plekke, 1 tweede plek en 1 derde plek) Junior Swembeker Seuns: Stéphane Maree (o. 9) met 2 eerste plekke en 2 tweede plekke Junior Swembeker Meisies: Leila Venter (o. 9) met 1 rekord en 2 eerste plekke en 1 derde plek.

Swemkliniek Vrydag 8 Februarie 2019 vir die

spanswemmers

35 Swemmers van Eikestad het Vrydag 8 Februarie aan

die swemkliniek deelgeneem. Ons sê baie dankie aan

me Elzette Reyneke wat die leiding geneem het en elke

Eikestad afrigter wat hul Vrydagmiddag opgeoffer het

vir die aanbied van die kliniek. Die swemmers van o. 7

tot o. 13 is in verskillende groepe ingedeel en het elke

half-uur geruil om sodoende verskillende vaardighede

aan te leer.

22

Die tyd het vinnig verby gevlieg en die swemmers het elke oomblik geniet en sommer baie

geleer! Baie dankie ook aan me Phelia Burger vir die borg van verversings vir die swemmers.

Curro Hermanus Swemgala Saterdag 16 Februarie 2019 ʼn Paar van Eikestad se swemmers het aan bogenoemde gala deelgeneem. Baie dankie aan Me Phelia Burger wat as beampte opgetree het en Eikestad verteenwoordig het. Dit was ʼn heerlike ervaring vir die swemmers om in super geriewe te kon deelneem. Baie geluk aan die volgende swemmers met hul pragtige prestasies:

Rosseau Burger (o. 10) 3 x 1 ste plekke (25m en 50 m Vryslag, 100 m IM) en 3 x 2 de plekke (50 m vlinder, bors en rug)

Martin Slabbert (o. 10) 3 x 3 de plekke (50 m vry, bors en rug)

Marielle Greyling (o. 9) 2 x 1ste plekke (25m vry- en vlinderslag) en 2 x 3de plekke (25m rug- en borsslag)

Ilde Pijl (o. 9) 1 x 1 ste plek 25m borsslag

Hugorust Silwer-bronsgala Dinsdag 19 Februarie in Wellington

Ons het baie uitgesien na hierdie gala aangesien soveel van ons swemmers ‘n geleentheid

sou kry om deel te neem. Ongelukkig is hierdie gala toe gekanselleer agv

swembadprobleme. Daar word beplan om hierdie gala in die 4de kwartaal weer te probeer

hou.

Bridge House Sprint gala Vrydag 22 Februarie 2019

Eikestad se swemmers het Vrydag 22 Februarie by Bridge House

aan hul Sprint gala deelgeneem. Dit was weereens ‘n puik

georganiseerde gala en elke swemmer het net hul beste gegee.

Daar was 8 skole wat deelgeneem het en baie geluk aan die

volgende swemmers wat medaljes verower het:

Marielle Greyling (o. 9) 1x brons vir 25m vryslag

Leila Venter (o. 9) 1x brons vir 25m borsslag

Rosseau Bruger (o. 10) 2 x brons 25m rugslag en vryslag

Christopher Nelson (o. 12) 1x Silwer vir 50m borsslag

Milan vd Westhuizen (o. 13) 2x brons vir 50m en 25m vryslag

Bridge House Aflosgala Vrydag 1 Maart 2019

Al die onder 8 tot 13 swemmers het deelgeneem aan die aflosgala

by Bridge House. Dit was ‘n heerlike somersmiddag van pragtige

swem. Baie dankie aan elke swemmer wat net hul beste gegee

het.

Daar was 5 skole wat deelgeneem het en elke ouderdom het 3

aflosse geswem naamlik borsslag, vryslag en wisselslagaflosse. Uit

die 30 items het Eikestad 11 derde plekke, 13 tweede plekke en 6

eerste plekke behaal. Baie geluk aan die onder 10 en onder 8

seuns wat gesorg het vir die eerste plekke en die onder 10 seuns

moes ook instaan vir die onder 11 groep waar ons net 1 swemmer

gehad het wat beskikbaar was agv ‘n rugbywedstryd en kamp

waarby al ons ander swemmers in die groep betrokke was.

Dolfyntjie gala by De Hoop Dinsdag 5 Maart 2019

Hierdie gala was weereens ‘n puik georganiseerde gala wat die o. 7 tot o. 10 swemmers baie

geniet het. Dit was ook die eerste gala vir die onder 7 swemmers. Daar was 6 spanne/skole

wat deelgeneem het.

23

Eikestad het 6 derde plekke, 6 tweede plekke en 2 eerste plekke behaal.

Rosseau Burger (o. 10-vryslag) en Cecelia

Bekker (o. 7-borsslag) het elk ʼn goue medalje

los geswem en Rosseau Burger het ook 2 ander

silwer medaljes verower vir rugslag en

vlinderslag. Die ander silwer medaljes het

gegaan aan: Henk Basson (o. 7), Christiaan

Bekker(o. 9), Nika Pijl (o. 7), Rosseau Burger

(o. 10).

Die bronsmedaljes is toegeken aan: Carli Marx

(o. 7), Ian du Toit (o. 8), Sarah-May van der

Westhuizen (o. 8),Leila Venter (o. 9), Mariella

Johnson(o. 8), Francois Viljoen(o. 8)

Die laaste item, die leer aflos 0/7 tot onder 10 seuns en dogters, het vir groot opwinding

gesorg deurdat Eikestad ʼn tweede plek behaal het en elke swemmer het ʼn silwer medalje

verower.

Die swemseisoen is op ʼn hoogtepunt afgesluit. Baie dankie aan al die ouers en swemmers vir

jul ondersteuning.

Graad R en Graad 1 Leer-my-swem

Ons het in die 4 de kwartaal van 2018 begin om ʼn Leer-my-swem-kursus vir die Gr R

swemmers van Eikestad aan te bied en het hierdie jaar daarop voortgebou deur die Graad 1

groep ook in te sluit. Die aanvraag was geweldig en ons het gesukkel om almal te

akkommodeer. Op Dinsdae- en Donderdae middae het ongeveer 40 swemmers in elke

sessie die water aangedurf. Na afloop van die eerste sessie waar hul vaardighede getoets is,

het ons hul in kleiner groepe ingedeel met ʼn afrigter wat dan saam met hul in die swembad

was vir afrigting. Ons het ook gebruik gemaak van Graad 6 en 7 leerders as assistente om

die afrigters te help. Hierdie ondersteuning was van groot waarde. Vir die graad 6 en 7

leerders was dit ʼn goeie leerskool om hul dienste terug te gee aan die skool en ook aan die

swemmertjies. Nogmaals baie dankie! Ons gaan beslis hiermee voortgaan in die 4 de

kwartaal.

Belangrike reëls tov Rhenish Primary se swembad en geriewe

Aangesien ons nie ons eie swembad het nie en afhanklik is van die geriewe van ons

buurskool wat hul swembad goedgunstig vir ons gee om te gebruik, rig ons 'n dringende

versoek aan alle swemmers en ouers om die volgende reëls na te kom:

Slegs toegang na die swembad deur die klein hekkie tussen Eikestad en Rhenish wat deur

die Eikestad personeel oopgesluit sal word. Geen ander toegang deur Rhenish Primary se

terrein word toegelaat nie!

Swemmers, ouers en afrigters mag slegs binne die swembad area bly gedurende die

oefentyd. Niemand mag oor hul heinings of hekkies klim om toegang tot hul skoolterrein

te kry nie.

Indien iemand toiletgeriewe benodig moet hul van Eikestad se geriewe gebruik maak.

(Vra Eikestad afrigters vir toegang).

Respek is een van Eikestad se waardes. Kom ons behandel die geriewe en versoeke met

respek!

Ons vertrou op almal se samewerking!

24

GR. 7 FOTOBLAD

Valentynspiekniek

Leerlingraadkamp