nuusbrief #14 2 mei 2019...2 mei 2019 1 toekomsgesprekke ... verkiesing: op sê peter storey sy...

9
Nuusbrief #14 2 Mei 2019 Toekomsgesprekke Die taakspan wat in opdrag van die sinode deur die SDK aangewys is om te besin oor die beste wyse waarop gemeentes begelei kan word om ‘n betekenisvolle rol in die toekoms te speel, het besluit om ‘n reeks geleent- hede te reël waar die perspektiewe van ‘n verskeidenheid van belangegroepe verkry kan word. Die volgende is die eerste van hierdie geleenthede wat in die pyplyn is: ‘n gespreksgeleentheid met die ringskommissies van al 14 ringe in ons sinodale gebied wat op 20 Mei van 9:30-16:00 by Jubilaté-gemeente in Benoni gehou word; ‘n soortgelyke geleentheid met verteenwoordigers van die jeug (14-24) wat vir vroeg in Augustus beplan word, en ‘n geleentheid vir vrouepredikante wat ook vroeg in die tweede helfte van die jaar in die vooruitsig gestel word. Ander belangegroepe sal deurlopend geïdentifiseer en by die gesprek betrek word. Ons is opgewonde oor die uitkoms van hierdie gesprekke en hoe dit ons kan help om die beste pad vorentoe te onderskei, en vra dus vir voorbidding vir hierdie belangrike proses. André Bartlett Voorsitter: Taakspan/SDK Inligtingswet Volgens die Wet op Inligting (Wet 2 van 2000) moet elke privaatliggaam (en dus ook elke gemeente, ring en sinode) by die Menseregtekommissie registreer en ‘n inventaris op datum hou van alle inligtingsdo- kumente in besit van die instansie. Die Kerkargief is namens die gemeentes, ringe en sinodes van die NG Kerk geregistreer as verantwoordelike instansie om almal se in- ventarisse op datum te hou. Gemeentes, ringe en sinodes moet hulle inventarisse jaarliks op datum bring en vir die Kerkargief stuur. Kliek hier vir meer oor die Inligtingswet en vereistes.

Upload: others

Post on 12-Oct-2020

3 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Nuusbrief #14 2 Mei 2019...2 Mei 2019 1 Toekomsgesprekke ... Verkiesing: Op sê Peter Storey sy kommer is nie by waar jy ... Dag 5: God stel Homself bekend … en Moses trek sy skoene

Nuusbrief #142 Mei 2019

1

Toekomsgesprekke

Die taakspan wat in opdrag van die sinode deur die SDK aangewys is om te besin oor die beste wyse waarop gemeentes begelei kan word om ‘n betekenisvolle rol in die toekoms te speel, het besluit om ‘n reeks geleent- hede te reël waar die perspektiewe van ‘n verskeidenheid van belangegroepe verkry kan word.

Die volgende is die eerste van hierdie geleenthede wat in die pyplyn is:

• ‘n gespreksgeleentheid met die ringskommissies van al 14 ringe in ons sinodale gebied wat op 20 Mei van 9:30-16:00 by Jubilaté-gemeente in Benoni gehou word;

• ‘n soortgelyke geleentheid met verteenwoordigers van die jeug (14-24) wat vir vroeg in Augustus beplan word, en

• ‘n geleentheid vir vrouepredikante wat ook vroeg in die tweede helfte van die jaar in die vooruitsig gestel word.

Anderbelangegroepesaldeurlopendgeïdentifiseerenbydiegesprekbetrekword.

Ons is opgewonde oor die uitkoms van hierdie gesprekke en hoe dit ons kan help om die beste pad vorentoe te onderskei, en vra dus vir voorbidding vir hierdie belangrike proses.

André BartlettVoorsitter: Taakspan/SDK

Inligtingswet

Volgens die Wet op Inligting (Wet 2 van 2000) moet elke privaatliggaam (en dus ook elke gemeente, ring en sinode) by die Menseregtekommissie registreer en ‘n inventaris op datum hou van alle inligtingsdo-kumente in besit van die instansie. Die Kerkargief is namens die gemeentes, ringe en sinodes van die NG Kerk geregistreer as verantwoordelike instansie om almal se in-ventarisse op datum te hou.

Gemeentes, ringe en sinodes moet hulle inventarisse jaarliks op datum bring en vir die Kerkargief stuur.

Kliek hier vir meer oor die Inligtingswet en vereistes.

Page 2: Nuusbrief #14 2 Mei 2019...2 Mei 2019 1 Toekomsgesprekke ... Verkiesing: Op sê Peter Storey sy kommer is nie by waar jy ... Dag 5: God stel Homself bekend … en Moses trek sy skoene

2

Leraars verjaarsdae

• 3 Mei - Dr. Schalk Basson | Kempton-Kruin

• 4 Mei - Ds. Wihahn de Beer | Standerton

• 8 Mei - Ds. Robert Geyser | Brakpan-Wes

• 8 Mei - Ds. Werner Smal | Kemptonpark-Oos

Hartlik geluk met julle verjaarsdae! Mag jou dag gevul wees met ontelbare seëninge, vreugde en liefde.

Page 3: Nuusbrief #14 2 Mei 2019...2 Mei 2019 1 Toekomsgesprekke ... Verkiesing: Op sê Peter Storey sy kommer is nie by waar jy ... Dag 5: God stel Homself bekend … en Moses trek sy skoene

3

Page 4: Nuusbrief #14 2 Mei 2019...2 Mei 2019 1 Toekomsgesprekke ... Verkiesing: Op sê Peter Storey sy kommer is nie by waar jy ... Dag 5: God stel Homself bekend … en Moses trek sy skoene

In die jongste Kerkbode (omslag-datum 3 Mei) lees ons oor die volgende ... Verkiesing: Op www.kerkbode.com sê Peter Storey sy kommer is nie by waar jy jou kruisie trek nie, maar eerder by hoe die kerk korrupte politici en korrupsie in eie midde duld.

Via Dolorosa: In die jongste ge- drukte Kerkbode (omslagdatum 3 Mei) deel Isabel Ballot stories en foto’s uit Pretoria, waar NG gemeente Meyerspark Paasfees met ‘n uitbeelding van Jesus se Lydensweg gevier het.

Andrew Murray-wenner: Jaap Durand sê geloof dra altyd ‘n “moment van twyfel”. Lees die onderhoud met hom en ander pryswenners op ons Boekeblad.

Middelblad: Nico Simpson deel sy skets-boek met ons ná ‘n opwindende studietoer in Amerika.

Bly op hoogte van kerknuus by: www.kerkbode.co.za

GEKIES! 1 & 2 TIMOTEUS EN TITUSUit die tronk skryf Paulus vir Timoteus en Titus. PRYS: R130.00

Paulus is in die tronk wanneer hy hierdie briewe skryf. Timoteus skaam hom vir Petrus. Titus probeer die evangelietussenʼnklompbarbareverkondig.Rondreisendepredikerskomkrapallesdeurmekaarindiege-meenteinEfese.BoonopiskeiserNeroʼnfaktorommeerekeningtehou.HyskroomnieomdieChristenein teer te doop en aan die brand te steek nie.

PaulusskriknievirNeroofdiedoodnie.Hyverknieshomniedaar indie tronknie.Hysitdiepraatjiesmakersophulleplek.Hygooinie touopmetTimoteusnie.Hysiennieneeropdieongekunstelde inwoners van Kreta nie. Wat sou Paulus ge- motiveer het om ten spyte van sy omstandighede te volhard? En watter boodskap hou die antwoord op hierdie vraag vir ons in?

Mag hierdie interpretasie van Paulus se briewe aan Timoteus en Titus jou help om ’n vreemde wêreld te ontdek wat vir jou al hoe meer bekend sal word terwyl jy verder lees. En mag hierdie briewe wat aan ander gerig is ook uniek jou briewe word.

SKRYWERS

Kobus Myburgh het hierdie Bybelstudie oorspronklik in die NG gemeenteWierdaparkinCenturionaangebiedenAnneneMul-linshetditverwerkenverwoordinʼnBybelstudieboek.

Johannes Mouton (wat die gespreksvrae vir Bybel-studiegroepe en kleingroepe opgestel het) is leraar van die NG Kerk Table View, Kaapstad. 4

Page 5: Nuusbrief #14 2 Mei 2019...2 Mei 2019 1 Toekomsgesprekke ... Verkiesing: Op sê Peter Storey sy kommer is nie by waar jy ... Dag 5: God stel Homself bekend … en Moses trek sy skoene

5

Bemarkingsidee vir jou byeenkomste:

Ekurhuleni FM 939 (die voor-malige Oos Rand Stereo) bied weeksdae tussen 18:20-18:25 ‘n “What’s Happening” slot aan. Kerke en Nie-wins-gewende organisasies - in die Ekurhuleni area - se funksies en/of fondsinsameling ge-leenthede word dan GRATIS geadverteer (natuurlik met goedkeuring, termes en voor-waardes vanaf EFM Bestuur-span).

Gemeentes en/of organisasies kan die nodige inligting per epos stuur na [email protected]

Page 6: Nuusbrief #14 2 Mei 2019...2 Mei 2019 1 Toekomsgesprekke ... Verkiesing: Op sê Peter Storey sy kommer is nie by waar jy ... Dag 5: God stel Homself bekend … en Moses trek sy skoene

Excelsus bring graag die volgende werkswinkels onder u aandag:

1. Werkswinkel: Bybel en Missionaliteit (2de werkswinkel) | 21-22 Mei 2019

In hierdie werkswinkel word daar gefokus op die eerste vyf boeke van die Ou Testament en nagedink oor die vraag: Wat beteken dit as mens die Ou Testament deur die lens van missionaliteit lees?

Vir meer inligting oor hierdie werkswinkel, kliek hier.

2. Kursus in Brugbediening 2019 | 29 Julie - 2 Augustus & 4-7 November

Verandering van predikant in ‘n gemeente laat so ‘n gemeente in ‘n tyd van onsekerheid. Die pad vor-entoe isonseker totdat ‘nnuwepermanentebedieningweer inplek is. Hierdiekursuspoogombrugpredikante op te lei vir die fasilitering tydens hierdie oorgang periode, en tot voordeel van die gemeente.

Vir meer inligting oor hierdie werkswinkel, kliek hier.

Pinksterpreke

DieprekevirPinkster(30Mei–9Junie2019)isgereedomafgelaaitewordvanafCLFsewebtuiste,onder‘Resources’se“Weekofprayer/Pentecost”.

Hiermeemeerinligtingoordietemaenonderwerpe:

Pinkster 2019: God beweeg na en saam met sy skeppingDag 1: God skep die mens na sy beeld (Genesis 3:9; 4:9)Dag 2: God maak ons weer heel (Genesis 3:9; 4:9)Dag3:GodverbindHomaanons…(Genesis11:4–9,11:30–32en12:1–9)Dag4:GodverbindHomaanons…juisookterwillevanander(Genesis11:4–9,30–32;12:1–9)Dag5:GodstelHomselfbekend…enMosestreksyskoeneuit(Eksodus3:1–18;6:1–6)Dag6:Godkomwoontussenons…asʼnmens!(Johannes1:1–8,Filippense2:5–11)Dag 7: Simeon en Anna by die tempel (Lukas 2:25–39)Dag8:Godkomwoonbinne-inons–deurdieHeiligeGees(Johannes14:15–17,16:7–15enHandelinge2:1–4, 12–21)Dag 9: Die Vader omhels ons en nooi ons uit vir die fees (Lukas 15:1–3, 11–32)Dag10:Godneemonssaaminsybewegingnadiewêreld(Handelinge1:8,2:1–21,32–42)

Iets oor die skrywer:Dankie aan Gideon van der Watt wat die reeks saamgestel het. Ons het groot waardering dat hy die vrug van sy nadenke beskikbaar stel aan gemeentes om in Pinkster saam te beweeg met God deur sy skepping. Die redaksie van Pinkster 2019 het in gesprek met Gideon besluit om vanjaar van die patroon af te wyk en een skrywer te gebruik, nadat daar die afgelope jare meerdere skrywers uit die meewerkende kerke gebruik is. Ons hoop die samehang in tema en styl help gemeentes om die ritme van God se beweging op te vang enasPinkstergemeenskappemetdieboodskapvanversoeninginJesusChristusnadiewêreldtebeweeg.MagPinkster2019injullegemeentegeseëndweesenmagdieHeiligeGeesonshelpomdieritmiesebe-weging van God na en in ons omgewing op te tel en uit te leef. Dit alles sodat God se beweging na en met sy skepping nie by ons as sy beelddraers stol nie.

Eddie Orsmond en Donald Gantana (Namens die Verenigde Diensgroep vir Diens en Getuienis)

6

Page 7: Nuusbrief #14 2 Mei 2019...2 Mei 2019 1 Toekomsgesprekke ... Verkiesing: Op sê Peter Storey sy kommer is nie by waar jy ... Dag 5: God stel Homself bekend … en Moses trek sy skoene

7

CLF se “ongewone sendeling” bedien die straatmense van Modimolle

AnnerievanJARSboekehetonlangsvirCLFgenaderomaan’nuitreiken“Streetstore”projekdeelteneem.CLFhetdiegeleentheidaangegrypomdieboodskapvanJesusdeuronsgratispamfletteenonsBybelprojekna die Modimolle gemeenskap en mense wat op straat woon te bring.

LourinViljoen vandieModimolleChristianAcademy skryf na afloop vandieuitreikdatCLF’ngrootrolgespeelhetommensewatopstraatwoonmetdieWoordtebedien.OnsbidegtersaammethulledatdieHerediesaadwatCLFen al die ander organisasies wat betrokke was, gesaai het, vermenigvuldig sal word en mense se lewe werklik ten goede sal verander.

Ons ontvang ook hierdie getuienis van Lethlogonola Mohwasa:

“Anyone that knows me knows I enjoy helping. Now wherever I can, I do help (I just need to know what needs to be done). When asked if anyone wanted to assist in handing out Bibles I jumped to the opportunity. See the overthinker and over planner in me could take a backseat and our task was very simple and very straightforward; hand over Bibles to children. Being able to give away a Bible will be awesome.

“MariaandIrepresentedKick(KidsinChristKingdom)andModicademy(ModimilleChristianAcademy)andwe had the privilege of carrying out this task.

“The street store was a concept not known to me at this point, so I went there with the intention to give away Bibles, but it ended up in an amazing day of serving and sharing. The focus of the day was serving. The focus was the shoppers who were taken from one spot to the other picking their favourite top, the shoes that would go with that graceful dress and getting to pick a brochure on a topic of their interest and see them receive that soup and bag and just sit for a snack.

“Most shoppers came with their children or there were older children who would come through and we would then have an opportunity for a small chat with our friends and even be able to bless them with a book that can re-shape and re-in-vent their whole life.

“See I believe to be gifted to see through a soul and through “charity”. I always saw brokenness, but God gave me an opportunity to see charity for what it is. God gave me an opportunity

to see restoration instead of brokenness. God gave me hope, by just a very simple (yetsignificant)task.

“Now I may never get to see those children again, but I know a seed is planted. We might never even hear of the harvest but ohhhhhhh there will be a harvest and heaven will rejoice.

It was a blessing.”

CLF se gratis pamflette is ook vir julle gemeente, jeugpro-gramme en uitreikaksies beskikbaar. Bestel enige van ons pamflette, in ’n verskeidenheid tale aanlyn https://clf.co.za/product-category/pamphlets/ of stuur ’n e-pos aan order@clf.

co.za

GroeteCLF

Page 8: Nuusbrief #14 2 Mei 2019...2 Mei 2019 1 Toekomsgesprekke ... Verkiesing: Op sê Peter Storey sy kommer is nie by waar jy ... Dag 5: God stel Homself bekend … en Moses trek sy skoene

datumlys

aflospredikante

n Volledige datumlys, met die portefeuljeleiers se beplanning en belangrike sperdatums, is hier beskikbaar.

Kliek hier vir ʼn lys van aflospredikante.

pastorale beraders

Ons kry navrae vir Pastorale Beraders.

Indien u wel ‘n Pastorale Berader is, kan u asseblief vir my u kontakbesonderhede stuur. As u nie is nie, maar weet van iemand, stuur dan vir my die kontakbesonderhede en ek sal direk met hul kontak maak.

Ons wil graag ‘n databasis skep om sodoende ‘n addisionele diens te verskaf.

Stuur u besonderhede aan Natassja Marais [[email protected]].

Kliek hier vir ‘n lys van Pastorale Beraders.

vakaturesKlik hier vir Kerkbode se lys van vakatures vir predikante, ander kerklike amptenare en verwante kerklike instansies.

Organisasie / Instansie Vakante pos SluitingsdatumNG Impalapark Musiekbegeleier 31 Mei 2019

Kerkkantoor pos beskikbaar by NG Witfield-Wes: As jy Word, Excell en Presentations kan doen, op die internet kan soek, die gemeenteblad kan opstel, ‘n databasis ken en met ‘n boekhouprogram gewerk het tot by jaarafsluiting, ‘n begroting kan opstel, agendas kan opstel en notules neem en algemene kantoor-werk kan doen is jy net die persoon wat ons soek. 4 Oggende per week van 08:00 tot 13:30. R6500 p.m. Navrae: Amanda Grobler | [email protected] | 011 826 4139 | 0833113531

Vir meer inligting oor die bogenoemde vakatures, kliek hier.

8

brugpredikante

Kliek hier vir ʼn lys van brugpredikante.

Page 9: Nuusbrief #14 2 Mei 2019...2 Mei 2019 1 Toekomsgesprekke ... Verkiesing: Op sê Peter Storey sy kommer is nie by waar jy ... Dag 5: God stel Homself bekend … en Moses trek sy skoene

VRYWARING

Die inligting wat voorsien word en standpunte wat gehuldig word in die NUUS VANAF HOËVELD SINODE, het geen verifiëring van bevindinge, gevolgtrekkings en opinies deur die NG Kerk van Suid-Transvaal [NG Sinode Hoëveld] nie. Dus weerspieël die inligting en standpunte wat in die NUUS VANAF HOËVELD SINODE gehuldig word nie noodwendig die van die NG Sinode Hoëveld of sy personeel en lede nie. Menings, afleidings en ander inligting in hierdie boodskap wat nie verband hou met die amptelike werksaamhede van die NG Sinode Hoëveld nie, verteenwoordig nie die amptelike standpunt(e) van die NG Sinode Hoëveld nie.

NUUS VANAF HOËVELD SINODE plaas slegs nuus en inligting vanaf die sinodale, rings- of gemeentelike verband.

Die NG Sinode Hoëveld aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige benadeling en/of skade aan persone of eiendom as gevolg van pro-duk-aanspreeklikheid, oortreding van die Outeursreg Wet 98 van 1978 soos gewysig, waninligting verskaf, nalatigheid of die gebruik van enige metodes, produkte, instruksies of idees wat vervat is in die materiaal soos opgeneem in die NUUS VANAF HOËVELD SINODE nie. Die inligting en advies is beskikbaar gestel in goeder trou en is afgelei van die inligting verskaf deur die betrokke organisasie/persoon en word voorgehou as betroubaar en akkuraat ten tye van die bekendstelling daarvan. Dit is die verantwoordelikheid van die gebruiker om sy of haar eie besluite te neem oor die akkuraatheid, geldigheid, betroubaarheid en korrektheid van die inligting. Dit beteken dat die instansie en/of die betrokke persoon wat die plasing in die NUUS VANAF HOËVELD SINODE versoek, dan volle verantwoordelikheid vir die gebeure of inligting aanvaar.

Vir enige navrae in verband met hierdie Nuusbrief skakel gerus me N Marais by 011- 975 8220.

9