nuusbrief 35 - 2015 · 2015-10-23 · nuusbrief 35 vrydag, 23 oktober 2015 deystraat, nieuw...

12
Nuusbrief 35 Vrydag, 23 Oktober 2015 www.wouwtjies.co.za Deystraat, Nieuw Muckleneuk Tel: 012 460 3024/6181 Faks: 012 346 4847 Jy kan ook op ons voorblad adverteer! Kontak: [email protected] LW: Produkte/Dienste hier geadverteer word nie noodwendig deur die skool gekondoneer nie.

Upload: others

Post on 06-Jul-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Nuusbrief 35 - 2015 · 2015-10-23 · Nuusbrief 35 Vrydag, 23 Oktober 2015 Deystraat, Nieuw Muckleneuk Tel: 012 460 3024/6181 Faks: 012 346 4847 pns r averteer!K t: isa@w wtjies.co.z

Nuusbrief 35 Vrydag, 23 Oktober 2015 www.wouwtjies.co.za

Deystraat, Nieuw Muckleneuk Tel: 012 460 3024/6181 Faks: 012 346 4847

Jy

kan

ook o

p o

ns

voorb

lad a

dve

rtee

r! K

on

tak:

lisa

@w

ou

wtj

ies.

co.z

a

LW

: P

rod

ukte

/Die

nst

e h

ier

gea

dver

teer

wo

rd n

ie n

ood

wen

dig

deu

r d

ie s

ko

ol

gek

on

do

nee

r n

ie.

Page 2: Nuusbrief 35 - 2015 · 2015-10-23 · Nuusbrief 35 Vrydag, 23 Oktober 2015 Deystraat, Nieuw Muckleneuk Tel: 012 460 3024/6181 Faks: 012 346 4847 pns r averteer!K t: isa@w wtjies.co.z

2

2

Vakature: Gr RR

• ‘n Vakature vir Gr RR-onderwyseres is beskikbaar vanaf 11 Januarie 2016

• Kandidate moet oor ‘n geskikte onderwyskwalifikasie beskik. • Ervaring van Pre-primêre onderrig sal as aanbeveling dien. • CV’s kan gestuur word na [email protected]

• Sluitingsdatum vir CV’s is Woensdag, 28 Oktober 2015.

BEGROTING

BEGROTING

Neem asseblief kennis van ʼn Algemene Jaarvergadering wat gehou sal word op 3 November 2015 om 18:30 in die skoolsaal. Tydens die oueraand sal die begroting vir 2016 aan die ouers voorgehou word vir goedkeuring. U word hartlik uitgenooi na bogenoemde vergadering.

Die Beheerliggaam verskaf graag aan u die skoolfonds vir 2016 soos goedgekeur tydens ʼn Beheerliggaamvergadering:

SKOOLFONDS 2016

Gr. RRR

Skoolfonds vir 2016 beloop R18 800 per jaar wat ʼn verhoging van slegs 6,25% is. Ouers wat voor einde Februarie 2016 hulle skoolfonds betaal, ontvang ʼn korting van R750, indien die skoolfonds ten volle vereffen word.

Gr. RR - 7

Die skoolfonds se bedrag word vasgestel op R17 000 per jaar. Dit is ʼn verhoging van slegs 7,25%. Ouers wat voor einde Februarie 2016 hulle skoolfonds betaal, ontvang ʼn korting van R750, indien die skoolfonds ten volle vereffen word

Naskool - Gr. RRR-7

Die naskoolgeld word verhoog na R9500 per jaar. Dit is ʼn verhoging van slegs 6%

Ouers wat voor einde Februarie 2016 betaal ontvang ʼn korting van R450, indien die naskoolgelde ten volle vereffen word

Danksy groeiende getalle en goeie finansiële bestuur is die verhoging uiters redelik en is ons oortuig dat ouers uitstekende waarde vir hulle geld ontvang.

ʼn Uittreksel van die begroting sal beskikbaar wees by ontvangs vanaf 20 Oktober.

Page 3: Nuusbrief 35 - 2015 · 2015-10-23 · Nuusbrief 35 Vrydag, 23 Oktober 2015 Deystraat, Nieuw Muckleneuk Tel: 012 460 3024/6181 Faks: 012 346 4847 pns r averteer!K t: isa@w wtjies.co.z

3

3

TE KOOP – EIE STUKKIE WILDTUIN IN DRAKENSBERG PARADYS – 10 km BUITE WINTERTON

BOOMHUIS-SENSASIE TUSSEN DORINGBOME

Selde doen ‘n geleentheid hom voor om ‘n losstaande huis te koop op een volle hektaar grond as deel van die wild/natuur

reservaat. (460 hektaar)

Eksklusief, geen heinings om huise (geniet verskeidenheid skadelose wild soos waterbokke, impala, kameelperde ens. (tussen die huise). Enkelverdieping, drie slaapkamers, twee

badkamers, dubbel motorhuis en volle vooraansig-stoep. Tradisioneel van buite en modern binne met optimale spasie

benutting. Uitstekende bestuurde ontwikkeling. Een van slegs 17 huise.

Vra prys : R 2,2 miljoen ona. Sindikate welkom.

Navrae : Hannes : 0833034829 of [email protected]

vir meer inligting, foto’s ens.

Page 4: Nuusbrief 35 - 2015 · 2015-10-23 · Nuusbrief 35 Vrydag, 23 Oktober 2015 Deystraat, Nieuw Muckleneuk Tel: 012 460 3024/6181 Faks: 012 346 4847 pns r averteer!K t: isa@w wtjies.co.z

4

4

EKSAMEN: NOVEMBER 2015

Die vakafbakening vir Gr. 4 tot 7 volg eersdaags. Maak asb. seker dat u kind vroegtydig begin leer!

Die eksamentye vanaf Woensdag, 18 Nov. tot Maandag, 30 Nov. is soos volg: 07:25 - 07:40 Amfi 07:40 - 08:30 Leersessie

08:30 - 08:45 Pouse

08:45 - 11:00 Eksamensessie

11:00 - 11:20 Pouse

11:20 - 12:00 Leersessie

• Vanaf Dinsdag, 1 Desember, sal daar ‘n spesiale rooster gevolg word, waartydens alle vraestelle uitgedeel, behandel en gekontroleer sal word. Dit is baie opvoedkundig om nasorg te doen... en ons finale kontrole dat alle punte reg is. Ons versoek u dus vriendelik, dog dringend, dat u kind wél teenwoordig sal wees.

• Alle vraestelle sal tydens die eksamensessie geskryf word. • Leerders skryf in geallokeerde eksamenlokale - Gr. 4 en 6 en Gr. 5 en 7-

leerders tesame. • Géén storieboeke, rekenaarspeletjies of ipods word toegelaat nie! • Leerders moet konstruktief besig wees met eksamenvoorbereiding. • Sien asseblief toe dat leerders die nodige skoolboeke saambring sodat hulle in

die eerste sessie vir die dag se vraestel kan voorberei. • ‘n Wagklas is vanaf 12:00 tot 13:40 beskikbaar vir leerders wat nié vroeër

afgehaal kan word nie.

DAG DATUM VAK GRAAD

Woensdag 18 Nov. EBW

Donderdag 19 Nov. Tegnologie Gr. 7

Vrydag 20 Nov. Sosiale Wetenskap Gr. 4-7

Maandag 23 Nov. Afrikaans Gr. 4-7

Dinsdag 24 Nov. LV/LO Gr. 4-7

Woensdag 25 Nov. NW & Teg Gr. 4-6

Natuurwetenskap Gr. 7

Donderdag 26 Nov. Kuns & Kultuur Gr. 4-7

Vrydag 27 Nov. Wiskunde Gr. 4-7

Maandag 30 Nov. Engels Gr. 4-7

Gr. 7

Page 5: Nuusbrief 35 - 2015 · 2015-10-23 · Nuusbrief 35 Vrydag, 23 Oktober 2015 Deystraat, Nieuw Muckleneuk Tel: 012 460 3024/6181 Faks: 012 346 4847 pns r averteer!K t: isa@w wtjies.co.z

5

5

SKOOLTYE:

18 NOVEMBER TOT 9 DESEMBER

• Die skool sal vanaf Woensdag, 18 November tot Dinsdag, 8 Desember om

12:00 vir alle leerders (Gr. 1 tot 7) sluit.

• Die skool sal op Woensdag, 9 Desember om 09:45 vir alle leerders sluit. Die

Naskool sluit op Dinsdag, 8 Desember om 17:30 vir die duur van die

Desembervakansie en heropen weer op Maandag, 11 Januarie 2016 om

07:15.

• Die Naskool is vanaf 18 Nov. tot 9 Des. oop vanaf 12:00 tot 17:30.

• Naskoolouers sal ʼn direkte skrywe vanaf die Naskool ontvang met

studie-reëlings tydens die eksamen.

• ‘n Aparte wagklas sal vir alle nie-naskoolleerders in die Grondslag- en

Intersenfase vir die tydperk van 18 November tot 8 Desember vanaf 12:00 tot

13:40 beskikbaar wees. Voltooi asb. onderstaande skeurbriefie in dié verband.

• Maak asseblief seker dat u kind vanaf skoolsluitingstye, tuis onder toesig is.

..........................................................SKEURBRIEFIE..............................................

Ek, ouer van

Gr.

Gee toestemming en bevestig dat my kind(ers) vanaf Woensdag, 18 Nov.

2015 tot Dinsdag, 8 Desember om 12:00 by die skool afgehaal sal word en

tuis onder behoorlike toesig sal wees.

Reël asb. dat my kind(ers) die wagklas bywoon vanaf 18 November tot

8 Desember.

My kind(ers) gaan die Naskool bywoon.

Ouerhandtekening Kontaknommer

Page 6: Nuusbrief 35 - 2015 · 2015-10-23 · Nuusbrief 35 Vrydag, 23 Oktober 2015 Deystraat, Nieuw Muckleneuk Tel: 012 460 3024/6181 Faks: 012 346 4847 pns r averteer!K t: isa@w wtjies.co.z

6

6

KULTUURUITSLAE

Alle kultuuruitslae MOET op die laatste teen Do. 29 Oktober 2015 by

juf. Marián Bakkes (K. 30) ingehandig wees. Inhandiging is noodsaaklik om in aanmerking vir die Kultuurmeriete-aand op 12

Oktober te kom.

Akademiese meriete-trofees

Die trofees wat aan die einde van verlede jaar aan die leerders toegeken is, moet so gou as moontlik terugbesorg word aan die skool. Plaas die trofee(s) in ʼn sakkie, duidelik gemerk met leerder se naam. Gee asb. persoonlik aan me. Anne-Marie Lubbe in die Mediasentrum. Die laaste datum van inhandiging is Vrydag, 6 November 2015.

Die Voortrekkers : Dirkie Uys Kommando

Op Maandag, 26 Oktober om 17:00 vind die Voortrekkers se Jaarafsluiting plaas. Ons nooi al die ouers vriendelik uit om hierdie geleentheid saam met ons te geniet.

Maandag word die jaar se graadwiele, -skeie en -kentekens wat die kinders in spanverband gedoen het, uitgedeel. Die maats moet asseblief hulle Voortrekkerdrag (aktief of formeel) aantrek. Tydens dié geleentheid neem ons ook afskeid van ons Gr. 7 PD’s wat ‘n lang pad saam met ons gestap het. Ons groet hulle met die woorde van ‘n bekende Voortrekkerlied : “Ons sê totsiens waar ons nou groet, tot ons eendag weer mekaar ontmoet. Hou Koers ou vriend, Hou Koers.”

Indien daar enige ouer is wat daarin belangstel om volgende jaar meer betrokke te raak , hetsy met hulp aan die spanoffisier; hulp met administratiewe sake of enige ander manier, kontak gerus vir Susan de Bruin. Enige hulp word opreg waardeer.

Navrae: Susan de Bruin (082 786 4602)

Page 7: Nuusbrief 35 - 2015 · 2015-10-23 · Nuusbrief 35 Vrydag, 23 Oktober 2015 Deystraat, Nieuw Muckleneuk Tel: 012 460 3024/6181 Faks: 012 346 4847 pns r averteer!K t: isa@w wtjies.co.z

7

7

KRIEKET

Baie geluk aan Dirk Herbst wat gekies is om aan die Standard Bank Titans provinsiale toernooi deel te neem. Ons hou styf duim vas!

Ons is ook baie trots op ons o.13A-krieketspan wat volgende week in die finaal van die Titans-liga teen Midstream deelneem. Baie sterkte!

Ma’s wat omgee

“Maar dié wat op die Here vertrou, kry nuwe krag. Hulle vlieg met ar-endsvlerke, hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle loop en raak nie afgemat nie.” (Jes. 40:31)

“But they that wait upon the LEFG shall renew their strength; they shall mount up with wings as eagles; they shall run, and not be weary; and they shall walk, and not faint.” (Is. 40:31)

Page 8: Nuusbrief 35 - 2015 · 2015-10-23 · Nuusbrief 35 Vrydag, 23 Oktober 2015 Deystraat, Nieuw Muckleneuk Tel: 012 460 3024/6181 Faks: 012 346 4847 pns r averteer!K t: isa@w wtjies.co.z

8

8

Herwinning

Ons rig asb. weereens ʼn vriendelike, dringende versoek dat daar nie meer kaartjies

geneem word as wat herwin is nie. Baie dankie dat ons op elke leerder en ouer kan

staatmaak. Ons hou streng kontrole van die aantal herwinning en kaartjies - 1 sak

herwinning is gelykstaande aan een kaartjie.

Ink-kassette herwinning:

Baie dankie vir al die Wouwtjies wat so gereeld leë ink-kassette bring. Onthou asb.

GEEN “TONER” bottels nie, Green Office herwin glad nie dié bottels nie - slegs

ink-kasette.

Interessante feite: Herwinning

• Lughawens en lugrederye herwin minder as 20% van die 425000 ton vullis wat

jaarliks van hulle afkomstig is.

• Die 2,6 biljoen vakansiekaarte wat jaarliks verkoop word in Amerika kan ‘n

voetbalveld wat 10 verdiepings hoog is.

• 38,000 myl lint word jaarliks weggegooi - genoeg om ‘n strik rondom die aarde te

maak.

• Alaska het 300 land vullis-areas teenoor Noord-oostelike Amerika wat slegs 134

het.

• 55% van gebottelde water se oorsprong is munisipale water.

Envirouw-groete

Juf. Anè Friedrich Riana

0825619389 0828823366

[email protected]

Page 9: Nuusbrief 35 - 2015 · 2015-10-23 · Nuusbrief 35 Vrydag, 23 Oktober 2015 Deystraat, Nieuw Muckleneuk Tel: 012 460 3024/6181 Faks: 012 346 4847 pns r averteer!K t: isa@w wtjies.co.z

9

9

FOTODAG: 4 November 2015

Die fotodag vir hierdie kwartaal vind op Woensdag, 4 November 2015 plaas. Die volgende foto’s word geneem. Let asseblief op die korrekte kleredrag wat leerders moet saambring skool toe.

Na afloop van die fotodag sal u geleentheid kry om die foto’s te bestel. Hou asseblief die nuusbrief dop vir meer inligting. Die provinsiale en SA kleure foto’s sal op ‘n ander geleentheid geneem word,

aangesien ons nog wag vir van die uitslae om bekend gemaak te word.

Foto’s Kleredrag

Muurbal: Seuns Muurbaldrag, kouse en tekkies

Muurbal: Dogters Muurbaldrag, kouse en tekkies

Swem: Juniors Netjiese skooldrag (somer)

Swem: Senior A-span Netjiese skooldrag (somer)

Swem: Senior B-span Netjiese skooldrag (somer)

Noord-Gauteng Perdry Netjiese skooldrag (somer)

Gholf: A-span Gholfdrag

Gholf: B-span Gholfdrag

Graad 7-groep Netjiese skooldrag (somer)

Radikale redenaars Netjiese skooldrag (somer)

Leerderraad Netjiese skooldrag (somer)

Musieksentrum Seniors en Juniors Netjiese skooldrag (somer)

Wouwtjie-kunstefees Gala-aand Junior en

Senior

Netjiese skooldrag (somer)

Alle nuwe leerders in die skool of leerders

wat met die vorige individuele fotodag

afwesig was

Netjiese skooldrag (somer)

Provinsiale en SA Kleure Netjiese skooldrag (somer)

Page 10: Nuusbrief 35 - 2015 · 2015-10-23 · Nuusbrief 35 Vrydag, 23 Oktober 2015 Deystraat, Nieuw Muckleneuk Tel: 012 460 3024/6181 Faks: 012 346 4847 pns r averteer!K t: isa@w wtjies.co.z

10

10

Ons is ongelooflik trots op ons Wouwtjies wat so fluks gelees het in die derde kwartaal. Die kinders het altesaam 12 523 boeke gelees in 9 weke!!!! Welgedaan, Wouwtjies!

Die storieboekkarakterdag was ‘n reuse sukses en graag bedank ons al die leerders en ouers wat soveel moeite gedoen het….die uitrustings was pragtig.

Ek wil graag my waardering uitspreek teenoor die personeel wat die waardevolle projek ondersteun het en vir al hul moeite met die administrasie daarvan. Ouers – dankie vir julle ondersteuning en aanmoediging.

Hiermee dan die wenners van die boekklub vir 2015…..maar soos ek aan die kinders gesê het - almal wat lees is wenners want die waarde van lees is onskatbaar!

Baie geluk aan almal wat deelgeneem het.

BOEKKLUBWENNERS 2015

KLASSE WAT MEESTE BOEKE GELEES HET: • Grondslagfase : 2Z met 1345 boeke

• Intersenfase : 4Y met 769 boeke

KINDERS IN GRONDSLAGFASE WAT MEESTE BOEKE GELEES HET: • Rudolph Roets 3Z 231 boeke

• Zander van Niekerk 2Z en Mia vd Walt 3W 225 boeke

• Tina Viljoen 2Z 188 boeke

Spesiale vermelding aan die volgende kinders wat meer as 100 boeke gelees het: • Philip Dreyer 130

• Lucia Casillo 115

• Mené Naude 142

KINDERS IN INTERSENFASE WAT MEESTE BOEKE GELEES HET: • Ané Roos 6Y 197 boeke

• Mikal Venter 4Y 100 boeke

• Yvonne Lord 6W 54 boeke

Page 11: Nuusbrief 35 - 2015 · 2015-10-23 · Nuusbrief 35 Vrydag, 23 Oktober 2015 Deystraat, Nieuw Muckleneuk Tel: 012 460 3024/6181 Faks: 012 346 4847 pns r averteer!K t: isa@w wtjies.co.z

11

11

Wenners van leesgroepe in Grondslagfase: GRAAD 1

GEEL: Denieke Wolmarans 1X

GROEN: Ana-Cari Kruger 1Z

ORANJE: Stephan Jonker 1Y

GRAAD 2

GEEL: Leticia McGovern 2Z

GROEN: Zander van Niekerk 2Z

ORANJE: Tina Viljoen 2Z

GRAAD 3

GEEL: Zandro Dalgety 3U

GROEN: Philip Dreyer 3Y

ORANJE: Rudolph Roets 3Z

Wenners van leesgroepe in Intersenfase: GRAAD 4

GEEL: Amoné Muller 4V

GROEN: Heinrich Bouwer 4Y

ORANJE: Mikal Venter 4Y

GRAAD 5

GEEL: Donovan Richards 5Y

GROEN: Erin Wallace 5X

ORANJE: Waldo Brewis 5Y

GRAAD 6

GEEL: Brandon Vorster 6W

GROEN: Yvonne Lord 6W

ORANJE: Ané Roos 6Y

GRAAD 7

(Nie leesgroepe gehad nie) Celia Coetzee 7W

Dandelion Valkenburg 7V

Johnlouis Landskron 7X

WENNERS VAN OULIKSTE UITRUSTINGS MET STORIEBOEKKARAKTERDAG: • Lise van der Wath 3U as Captain Jack Sparrow

• Arno de Bruin 6X as Sherlock Holmes

• Adriaan Venter 4V as Orc van Lord of the Rings

Page 12: Nuusbrief 35 - 2015 · 2015-10-23 · Nuusbrief 35 Vrydag, 23 Oktober 2015 Deystraat, Nieuw Muckleneuk Tel: 012 460 3024/6181 Faks: 012 346 4847 pns r averteer!K t: isa@w wtjies.co.z

12

12

Ultimate upholstery Herstoffering van meubels

Maak van kussings

Ottomans en headboards

‘Pelmits’

Gordyne & Blindings

Binnehuisversiering

Christa : 082 376 7605

Bel ons vir jou Kommersiële &

Industriële Eiendomsbehoeftes!

Areas: Route 21 Corporate Park, Centurion & Louwlardia

T 012 345 55 55

[email protected]

www.abacusdivisions.co.za

Jy kan ook in ons Wouwtjienuus adverteer! Kontak: [email protected]

[email protected] Tel: (012) 460 6181

Ultimate Kitchens Kombuise & ingeboude kaste

Studeerkamers

‘Dry walling’ & Plafonne

Teelwerk & verfwerk

3D program. GRATIS KWOTASIES

Glen Lord : 082 788 2772

Vacation Club @ Sun City!

Luxury 2 bedroom unit sleeping 6

available from 16Nov-23 Nov

2015 - 7 nights R8000 Fully ser-

viced and FREE Valley of Waves!

Contact Helena 0823099111

Ek is 'n onderwysstudent wat beskikbaar is as eksamen-tutor

in enige vak. My hoofvak is Wiskunde.

Kontak: 0845113824.

Is jy opsoek na iemand betroubaar om jou kind met eksamen te help?

Ons bied privaat- en groep tutor- dienste. Skakel ons gerus:

081 551 1558

[email protected]

www.thetutorproject.co.za