nuusbrief 9 van 2012 - showmebybel. daar is natuurrekords, rekords rondom ons, liggaamsrekord en...
TRANSCRIPT
UIT UIT UIT DIE HOOFDIE HOOFDIE HOOF SE PEN SE PEN SE PEN
BEHEERLIGGAAMVERKIESING 14 MAART 2012 OM 18:30
Ons wil ons wenner-ouers aanmoedig om in massas op te daag vir die
verkiesing. Dit is van uiterste belang om ‘n kworum te hê ten einde te
verseker dat ‘n verkiesing wel plaasvind. Indien ons nie ‘n kworum is
nie, moet die verkiesing uitgestel word en mors dit kosbare tyd.
Alhoewel daar nie per portefeulje gestem word nie, is die samestelling
van kundigheid van kardinale belang. Hier word veral gedink aan persone
met regskennis, mense wat in menslike hulpbronne werk en finansiële
kundiges.
Dit is belangrik om daarop te let dat die professionele bestuur van die
skool gesetel is in die skoolhoof en skoolbestuur. Finansiële bestuur,
ondersteuning van die onderwyspersoneel en beleide val op die terrein
van die Beheerliggaam.
Lochnerhof het 175 stemgeregtigde ouers nodig vir ‘n kworum.
Die beheerliggaam bestaan uit 5 ouerlede, 2 onderwyspersoneel,
1 administrasie verteenwoordiger en die skoolhoof (ex-officio)
Program:
18:30 - 19:10 Registrasie van kiesers
Optrede van kore en juf. Jean-Marie du Plessis
19:20 - 19:45 Verkiesing
Ons weet ons kan op ons Lochieland-ouers staatmaak!
LAERSKOOL LOCHNERHOF
Sarel Cilliersstraat, Strand / Posbus 124, Strand
Tel: 021-854 7316 / Faks: 021-853 4711
E-pos: [email protected]
Webtuiste: www.lochnerhof.co.za
SMS: LH (gevolg deur boodskap) na 34050
NUUSBRIEF 9 VAN 2012NUUSBRIEF 9 VAN 2012NUUSBRIEF 9 VAN 2012
MAANDAG, 12 MAART REDENAARSAAND GR.1-3 (19:00 IN DIE SKOOLSAAL)
WOENSDAG, 14 MAART BEHEERLIGGAAMVERKIESING
MUSIEKAAND
GRONDSLAGFASEGRONDSLAGFASE
Sjoe! Wat ‘n ongelooflike Wiskundeweek. Ons kon nie soggens wag om te sien
hoe kreatief ons kinders en ouers was nie. Ouers, aan elke een wat die moeite
gedoen het om te help – baie, baie dankie. Ons is so bly ons het sulke
positiewe en kreatiewe ouers.
Dankie ook aan elke maat wat aan die Olimpiese Spele deelgeneem het. Die
glimlagte en blink oë maak die oggend oor en oor die moeite werd.
Ons eerste inloerdag is afgehandel. Dankie ouers vir die positiewe bywoning.
Nou lê die FEES voor! Ouers, bring asseblief alle familie en vriende na ons
Ankerfees toe. Dit gaan fantasties wees. Dankie aan elke ouer wat vir ons by
die Fees help.
Ware woorde: Om bo uit te kom moet jy nie op ander trap nie, maar juis afbuk
en ander help. - John C. Maxwell -
Etiket: Moenie in ander mense se goed krap nie.
SENIOR EN INTERMEDIêRE FASE SENIOR EN INTERMEDIêRE FASE
Die assesserings van die eerste kwartaal is byna afgehandel. Na ‘n vol en
bedrywige assesseringsprogram kan elke Lochie (en ouer) wat hard gewerk het
hierdie kwartaal, nou uitsien na ‘n lekker Ankerfees en van al die akademiese
spanning ontslae raak! Die rapporte word Donderdagaand 22 Maart aan ouers
uitgedeel.
Gedagte vir die week: Genius is 1% inspiration and 99% perspiration.
Accordingly a genius is often merely a talented person who has done all of his
or her homework. (Thomas Edison)
SHOWME HELDERBERG. Dit bevat inligting oor leefstyl, nuus, gebeure,
besigheid en tegnologie, toerisme, wat om te doen, ens. in die Helderberg-
area. Lochies ondersteun hierdie gemeenskapsdiens. Besoek gerus hul
webtuiste by http://showme.co.za/helderberg/
MUSIEKAAND MUSIEKAAND MUSIEKAAND --- 14 MAART14 MAART14 MAART
Ons kore tree op saam met die verkiesing van die nuwe Beheerliggaam om
18:30. Alle ouers word uitgenooi na hierdie geleentheid van koorsang, musiek,
blokfluit en natuurlik tree ons eie juf. Jean-Marie du Plessis ook die aand op.
TOELATING 2013TOELATING 2013
U kan nou reeds begin aansoek doen om toelating vir gr.RR, gr.R en gr.1-leerders
vir 2013. Vorms is by die skool beskikbaar of op ons webtuiste. Slegs aansoeke met
die vereiste dokumentasie sal ingeneem word. Die sluitingsdatum vir gr.1-
aansoeke is Vrydag, 23 Maart 2012 - onthou om boeties en sussies ook in te skryf
wat nog nie in Lochie-land is nie. Kontak mev. Natasha Van Nelson vir enige
navrae by 021-8547316 of [email protected].
GR.1 ROSA LOUW
GR.2 SIMONé STEYN
GR.3 MARLé KOTZE
GR.4 JOANé BRAND
GR.5 CORNEL FOURIE
GR.6 HANCO STRYDOM
GR.7 ANGELIQUE DU TOIT
PERSONALIAPERSONALIA
Baie geluk aan juf. Gerda Swanepoel (biblioteek) en juf. Janie Brink
(leerderondersteuning) wat verlede week hul verjaarsdag gevier het.
SKOOLBEHEERLIGGAAMVERKIESING 2012
Die driejaarlikse verkiesing van die beheerliggaam vind op
14 Maart 2012 om 18:30 in die skoolsaal plaas.
Stemgeregtigdes kan nominasievorms 7 dae en nie minder nie as 24 uur voor
die aanvang van die nominasievergadering voltooi en inhandig. Die nominasie-
vorms is beskikbaar tot Dinsdag, 13 Maart by die skoolhoof.
PREPRIMêR GHOLFDAGPREPRIMêR GHOLFDAG
Preprimêr het hulle jaarlikse Gholfdag op Vrydag, 23 Maart te
Strand Gholfbaan. Kontak gerus vir Maritha Human by 021-854 8592
of [email protected] vir meer inligting of indien u belang-
stel om te speel of ‘n skenking te maak. Kom ons ondersteun
Klein-Lochieland!
SPORTSPORT
Alle somersport oefeninge staak Donderdag 15 Maart 2012.
Vanaf Maandag sal afrigters van wintersporte proewe vir onderskeie spanne
reël om sodoende spanne te kies en hulle reg te kry vir ons Wintersportdag
die 21 ste April.
Die swemgala word geskuif na Dinsdag 20 Maart. Die gala sal vanaf 11:00 –
15:00 by die Strand Pawiljoen-swembad plaasvind - kinders word aan-
gemoedig om in te skryf hiervoor. By die gala gaan ons, nes die atletiek,
in Kleurgroepe deelneem. Ons hoop regtig dat almal sal inskryf sodat ons die
swemspan vir die vierde kwartaal kan kies.
Die afgelope naweek het ons ook die eerste Aandtoernooi aangebied wat ‘n
groot sukses was. Baie dankie aan al die personeel, ouers en SOKKE-lede vir al
die harde werk.
DINSDAG, 13 MAART KRIEKET O/11C VS RAITHBY (WEG)
WOENSDAG, 14 MAART KRIEKET O/11A VS BEAUMONT (TUIS)
KRIEKET O/13A VS BEAUMONT (WEG)
BAIE GELUK AAN ONS WENNERS BAIE GELUK AAN ONS WENNERS -- ONS DROOM GROOT MET AKSIE!ONS DROOM GROOT MET AKSIE!
Baie geluk aan die volgende leerders wat hul WP Provinsiale Kleure verdien het by
die onlangse WP/Boland Junior Toutrek Provinsiale kampioenskappe:
Jamé Philips en Michael Philips (280kg en 320kg) asook Juan Loots (280kg) en
Zack Loots (320kg)
ATLETIEKUITSLAE: SATERDAG 3 Maart 2012
SO/10 V/S Quinn Visser 2de plek
70mH Quinn Visser kwalifiseer
DO/11 G/S Karla Prins 1ste plek
DO/13 V/S Bianka Prins 4de plek
DO/13 200mH Kayla Chatburn 2de plek
DO/13 S/G Cherise Louw 2de plek
Al die atlete het hul WP-kleure verwerf. Hulle neem deel aan die Wes-Kaap
Kampioenskappe te Oudtshoorn.
In terme van afdeling 38 van SA-Skolewet is ouers
aanspreeklik om verpligte skoolgelde te betaal. Geregtelike stappe sal
geneem word indien u versuim om u verpligtinge na te kom.
Daar is reeds 95 ouers oorhandig waarvan 13 ouers se vonnis reeds voltrek
is vanaf tydperk 2011 tot op datum.
TELEFOONONKOSTESTELEFOONONKOSTESTELEFOONONKOSTES
Ons het in Junie 2011 oorgeskakel na die VOIP-telefoonstelsel (selfoonoproepe
gaan deur ‘n “router”). Daar is tans ‘n besparing van ongeveer 40% per maand
op ons telefoononkostes.
SKOOLTYESKOOLTYE
Ons herinner ons ouers aan die nuwe skooltye wat in werking tree
vanaf volgende kwartaal. 62% van ons 624 huisgesinne het hul
menings/terugvoering gegee waarvan 86% ten gunste was vir die nuwe
skooltye.
Graad 1 Graad 2 Graad 3 Graad 4 Graad 5 Graad 6 Graad 7
Maandag 07:30 – 12:40 07:30 - 12:40 07:30 - 12:40 07:30 – 13:00 07:30 – 13:00 07:30 – 13:00 07:30 – 13:00
Dinsdag 07:30 – 12:40 07:30 - 12:40 07:30 - 13:30 07:30 - 13:30 07:30 - 13:30 07:30 - 13:30 07:30 - 13:30
Woensdag 07:30 – 12:40 07:30 - 12:40 07:30 - 12:40 07:30 - 13:30 07:30 - 13:30 07:30 - 13:30 07:30 - 13:30
Donderdag 07:30 – 12:40 07:30 - 12:40 07:30 - 13:30 07:30 - 13:30 07:30 - 13:30 07:30 - 13:30 07:30 - 13:30
Vrydag 07:30 – 12:40 07:30 - 12:40 07:30 - 12:40 07:30 - 13:30 07:30 - 13:30 07:30 - 13:30 07:30 - 13:30
HOëRSKOOL STRAND HOU KARNAVALHOëRSKOOL STRAND HOU KARNAVAL
Die Hoërskool Strand bied op Saterdag 14 April die HS Strand Karnaval
aan. Dit beloof heerlike musiek met bekende kunstenaars soos
Andriette Norman en Wynand Windpomp, wat jou voete sal laat jeuk,
asook verskeie vermaaklikhede vir oud en jonk. Heerlike eet- en drink-
goed beloof ook om die smaakkliere verder te kielie. ‘n Spesiale
pendeldiens en gewillige kinderopassers maak dit vir almal moontlik
om saam te kuier. Toegang is R30 vir volwassenes en R20 vir skoliere.
VEILIGHEID VAN KINDERSVEILIGHEID VAN KINDERSVEILIGHEID VAN KINDERS
Maak asb. seker dat u kind/ers BINNE die skoolgrense vir u wag en nie buite in
die straat nie. Die veiligheid van ons kinders is belangrik.
OORSIG: LAB4J Program
LAB4J bestaan uit 'n groep van 33 “Bybelmammas” en
“Bybelpappas” wat weekliks verskillende Bybelprogramme
gedurende Bybelperiode kom aanbied. Dit is moontlik
gemaak deur HEY! wat die program fasiliteer en huidiglik
finansier.
Verskillende programme word in die verskillende grade
aangebied. Elke program is gefokus op die spesifieke
geestelike ontwikkelingsvlak van die spesifieke graad.
Graad 1
Die graad 1's volg die “Groei Gogga” program wat handel oor geestelike groei. Die
evangelie word deur middel van verskillende kleure met die leerders bekend gestel.
Vra gerus jou kind wat stel die kleur GOUD voor.
Graad 2
Die graad 2's volg weekliks die Jollie Jakker Tjorrie op reis deur die Bybel. Jollie Jakker
Tjorrie bring aan die leerders waardes soos nederigheid (en nie hoogmoed), tevrede
(en nie jaloers) dink aan ander (en nie net aan jouself). Jesus se gelykenisse word veral
bekemtoon en die vraag is altyd: WSJD?(Vra jou kind waarvoor die letters staan)
Graad 3
Die wonder van God se Woord word ontdek aan die hand van al die WOW! Dinge in die
Bybel. Daar is Natuurrekords, Rekords rondom ons, Liggaamsrekord en Geestelike
rekords. Hier is 'n proeseltjie uit die program: Watter wêreldrekord is in 2 Samuel
21:20 opgeteken?
Graad 4 en 5
Die Goeie Nuus word met die leerders gedeel aan die hand van die “Hoop vir Kinders”
progam. Hulle word ook toegerus om die evangelie te verstaan en dit entoesiasties
met ander te kan deel. Die program is suiwer op die Woord van God gebaseer en
kinders leer elke week 'n Bybelvers aan die hand van beweging. Vra jou kind om die
volgende te voltooi: “Vertrou volkome op …....... (Spr 3:5-6)
Graad 6
Graad 6 leerders is ons leiers van volgende jaar, daarom fokus ons op leierskap volgens
die Bybel. Die “Sout van die Aarde” program word gebruik waar leiers aangemoedig
word om LIG en SOUT te wees. Temas uit die reeks: Jy kan 'n leier wees. As jy
volgelinge het, is jy 'n leier. Jesus as omgee leier. Vra jou kind om vir jou die storie van
Trevor Ferell te vertel.
Graad 7
Die program “Kids Games” met die tema “Champions Change Their World” word
gebruik by die graad 7's. Dit is belangrik dat leerders die laerskool verlaat met een
ding: 'n sterk karakter. Die program fokus op verskillende mense uit die Bybel wat
sterk waardes oordra, bv.: Ek behoort, Waagmoed, Doel, Korrekte Keuses, Spanwerk.
Vra gerus u kind wat kan ons uit die lewe van Matteus leer.
Kom kuier en geniet die dag saam met Waldo Lotz en ander kunstenaars en
kuier lekker om die pot. Daar is ook geskenkpakke vir elke deelnemer en groot
pryse, vir die beste pot, beste stalletjie, beste gees en ondersteunerspot. Vir
enige navrae, kontak Koos Eksteen by die skool of by [email protected]
Inskrywingsvorms is by die skool se ontvangs beskikbaar.
Indien u belangstel om u produkte/stalletjie te bemark tydens ons Ankerfees,
kan u die skool kontak by 021-8547316 of [email protected]. Die koste is
R200 per stalletjie. Dit is vir 17 Maart van 09:00 tot 18:00.
FEESPROGRAM
Donderdag, 15 Maart
17:30 Pretloop
18:00 - 22:00 Sokkie gr.4-7 in die skoolsaal
Vrydag, 16 Maart
08:30 - 14:00 Speletjiesdag
Kosverkope
18:00 Biertent
19:30 - 23:00 Nic Stevens en 3D-Band
Saterdag, 17 Maart
08:00 - 18:00 Vlooimark
08:00 - 21:00 Kosverkope
09:00 Pikkiebraai en “cup cake” versiering
10:00 - 17:00 Speletjies
10:00 Vermaak Le-Lue , 3D-Band en Bianca Lombard
10:00 Potjiekoskompetisie - Aanbieder: Waldo Lotz
10:00 - 21:00 Biertent
10:00 Rugby op die “big screen”
21:00 FEES EINDIG
Sondag, 18 Maart
09:00 Kerkdiens op A-veld