nuusbrief - aug 2017 - veekos sa · 2019-01-08 · veekos (pty) ltd reg-no: 2000/013097/07 tin...

8
VEEKOS (Pty) Ltd Reg-no: 2000/013097/07 Tin street 15, Laboria, Upington PO Box 55, Upington, South Africa Tel (+27) 054 331 1351 Nuusbrief - Aug 2017 Su-Mare McClune Kudde kompetisie in die Overberg streek n Jong Ooi Kudde kompetisie is gedurende Augustus 2017 oor drie dae lank gehou in die Caledon distrik wat gereel is deur NWKV en Overberg Agri. By hierdie geleentheid kry die boere die geleentheid om hulle jong ooitjies te identifiseer en in te skryf vir die kompetisie. Die ooitjies kan vanaf die ouderdom van 6 maande tot voor hulle die eerste keer lam ingeskryf word. Die ooie word volgens ras ingeskryf bv: Merino en Dohne Merino. Die boere wat deelneem aan die kompetisie se ooie word op sy eie plaas geklasifiseer deur die BKB en CMW beoordeelaars. Die kompetisie word so gereel dat die beoordeelaars en deelnemende boere van plaas tot plaas beweeg om die klassifisering van hulle jong ootjies te doen. Die vereistes en verloop van die kompetisie Die volgende inligting word benodig oor die ooie: o Die hoeveelheid ooie o Was die ooie al by die ram o Hoeveel hektar wei die ooie o Ouderdom van die ooie o Hoeveel maande wol o Huidige vleis pryse o Was die ooie al geskandeer Die hoeveelheid ooie gepaar Aantal lammers gespeen Aantal gespeende jong ooie gehou

Upload: others

Post on 13-Jun-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Nuusbrief - Aug 2017 - Veekos SA · 2019-01-08 · VEEKOS (Pty) Ltd Reg-no: 2000/013097/07 Tin street 15, Laboria, Upington PO Box 55, Upington, South Africa Tel (+27) 054 331 1351

VEEKOS (Pty) Ltd Reg-no: 2000/013097/07

Tin street 15, Laboria, Upington PO Box 55, Upington, South Africa

Tel (+27) 054 331 1351

Nuusbrief - Aug 2017

Su-Mare McClune

Kudde kompetisie in die Overberg streek

‘n Jong Ooi Kudde kompetisie is gedurende Augustus 2017 oor drie dae lank gehou

in die Caledon distrik wat gereel is deur NWKV en Overberg Agri. By hierdie

geleentheid kry die boere die geleentheid om hulle jong ooitjies te identifiseer en in

te skryf vir die kompetisie. Die ooitjies kan vanaf die ouderdom van 6 maande tot

voor hulle die eerste keer lam ingeskryf word. Die ooie word volgens ras ingeskryf

bv: Merino en Dohne Merino.

Die boere wat deelneem aan die kompetisie se ooie word op sy eie plaas

geklasifiseer deur die BKB en CMW beoordeelaars. Die kompetisie word so gereel

dat die beoordeelaars en deelnemende boere van plaas tot plaas beweeg om die

klassifisering van hulle jong ootjies te doen.

Die vereistes en verloop van die kompetisie

Die volgende inligting word benodig oor die ooie:

o Die hoeveelheid ooie

o Was die ooie al by die ram

o Hoeveel hektar wei die ooie

o Ouderdom van die ooie

o Hoeveel maande wol

o Huidige vleis pryse

o Was die ooie al geskandeer

▪ Die hoeveelheid ooie gepaar

▪ Aantal lammers gespeen

▪ Aantal gespeende jong ooie gehou

Page 2: Nuusbrief - Aug 2017 - Veekos SA · 2019-01-08 · VEEKOS (Pty) Ltd Reg-no: 2000/013097/07 Tin street 15, Laboria, Upington PO Box 55, Upington, South Africa Tel (+27) 054 331 1351

VEEKOS (Pty) Ltd Reg-no: 2000/013097/07

Tin street 15, Laboria, Upington PO Box 55, Upington, South Africa

Tel (+27) 054 331 1351

Slegs 25 ooitjies word uit die jong ooi groep geidentifiseer en geklassifiseer. Elke

ooitjie word geweeg en die gewig word aangeteken. Om deurlopend regverdig te

wees word die helfte van die ootjies deur ‘n BKB beampte en die res deur ‘n CMW

beampte geklassifiseer. Die punte toekenning word op ‘n punte stelsel van 1-9

toegeken volgens die ooie se wol, bouvorm en ras standaarde.

o Wol

▪ Wol kwaliteit

▪ Pens en punte

▪ Wol voortreflikheid

o Bouvorm

Enige afwykings van die ras standaarde, variasies van wol kwaliteit, wol hantering,

“creeping belly”, hakkies en tekort aan bou vorm word aangeteken tydens die

beoordeeling.

Na die beoordeeling van die 25 ooie word die gemiddelde daaglikse toename (GDT)

en die gemiddelde 12 maande gewig aangetoon.

Die wol en vleis inkomste word ook bepaal volgens Rand waarde per ooi. Hierdie

data kan die boer gebruik om ‘n vergelyking te maak hoe sy kudde vorder van jaar

tot jaar.

Die wol en vleis inkomste word as ‘n persentasie van omset vir beide uitgewerk vir ‘n

jaar. Hierdie persentasies verskil tenopsige van die verskillende rasse.

Page 3: Nuusbrief - Aug 2017 - Veekos SA · 2019-01-08 · VEEKOS (Pty) Ltd Reg-no: 2000/013097/07 Tin street 15, Laboria, Upington PO Box 55, Upington, South Africa Tel (+27) 054 331 1351

VEEKOS (Pty) Ltd Reg-no: 2000/013097/07

Tin street 15, Laboria, Upington PO Box 55, Upington, South Africa

Tel (+27) 054 331 1351

Voordele vir die Boer van so ‘n kompetisie

Dit bied ‘n geleentheid vir boere wat nie stoet diere het nie, om ‘n data basis op te

bou van hulle kudde en dit te kan vergelyk om vordering te sien. Hierdie

beoordeeling word deur onafhanklike partye geklassifiseer. Dit bied ook ‘n

geleentheid vir die boere en motiveer hulle om hulle kudde se standaard te verbeter

as hy elke jaar hieraan deelneem.

Boere kry ook die geleentheid om by ander Boere te leer en te sien wat hulle anders

gedoen het in moeilike omstandighede, soos byvoorbeeld droogtes.

Dis ook ‘n goeie leerskool vir die plaaswerkers om te sien hoe die klasseering

gedoen word en hoe die hantering van skaap deur die CMW en BKB personeel

gedoen word.

Na afloop van so ‘n kudde kompetisie, het die boer ‘n volledige verslag van sy ooie

se evalueering wat hy kan analiseer en beplanning doen om toekomstige besluite te

neem en om sy kudde se rasstandaarde te verbeter.

Na die drie dae kompetisie, word die inligting deur ‘n paneel beoordeel, om drie

finaliste te kies van elke ras wat deelgeneem het. Hierdie drie finaliste is versoek om

drie van hulle beste ooitjies wat deelgeneem het na die finale rondte te bring.

Hierdie drie Boere se ooitjies is weer beoordeel om die beste ooi uit die drie te

bepaal. Die beste drie ootjies word dan weer beoordeel om die finale wenner te

bepaal.

Page 4: Nuusbrief - Aug 2017 - Veekos SA · 2019-01-08 · VEEKOS (Pty) Ltd Reg-no: 2000/013097/07 Tin street 15, Laboria, Upington PO Box 55, Upington, South Africa Tel (+27) 054 331 1351

VEEKOS (Pty) Ltd Reg-no: 2000/013097/07

Tin street 15, Laboria, Upington PO Box 55, Upington, South Africa

Tel (+27) 054 331 1351

Klassering by die Caledon Skaap Inligtings Funksie – 23 Augustus 2017

Page 5: Nuusbrief - Aug 2017 - Veekos SA · 2019-01-08 · VEEKOS (Pty) Ltd Reg-no: 2000/013097/07 Tin street 15, Laboria, Upington PO Box 55, Upington, South Africa Tel (+27) 054 331 1351

VEEKOS (Pty) Ltd Reg-no: 2000/013097/07

Tin street 15, Laboria, Upington PO Box 55, Upington, South Africa

Tel (+27) 054 331 1351

Beoordeling en Prysuitdeling

Die beoordeeling en prysuitdeling van hierdie kompetisie vind jaarliks op die

Roodebloem Proefplaas naby Caledon plaas gedurende die Caledon Skaap

Inligtingsfunksie.

Die pryse is soos volg toegeken vir elke ras:

• Die beste onderlyne- pense en punte (om boere aan te moedig om dit te

verbeter)

• Beste bouvorm

• Beste GDT (gemiddele daaglike toename)

• Beste wol

Merino Afdeling wenners:

• Beste GDT – George de Kock

• Beste Bouvorm – Johannes du Toit

• Beste Wol – Carel le Roux (Roodebloem Proef groep)

• Beste Pens en punte – Carel le Roux (Roodebloem Proef groep)

Dohne Merino afdeling wenners:

• Beste GDT – Josias le Roux

• Beste Bouvorm – Dryer van Niekerk

• Beste Wol – Peter Delport

• Beste Pens en punte – Stefan Badenhorst

Verskillende voer en medisinale maatskappye is die geleentheid gegee om pryse te

borg vir die pryswenners van die kompetisie.

Interresante inligting

Daar word elke jaar op Roodebloem proefplaas proewe gedoen om die verskillende

voer patroone se resultate te sien. Hierdie jaar was die twee groepe wat hulle

voorgesit het ‘n groep wat gevoer is volgens voorgeskrewe standaarde – (kontrole

groep) met anderwoorde gekontroleerde voer program. Die ander groep is meer

gevoer as die voorgeskrewe standaarde – (Proef groep). Albei die groepe het

deurgedring na die finaal. Die Kontrole groep het die Merino afdeling gewen en die

Proef groep het die 2de plek verower. Die gevolgtrekking van hierdie proef is dat die

Proef groep se resultaat nie die grooter voerkostes sover regverdig nie.

Page 6: Nuusbrief - Aug 2017 - Veekos SA · 2019-01-08 · VEEKOS (Pty) Ltd Reg-no: 2000/013097/07 Tin street 15, Laboria, Upington PO Box 55, Upington, South Africa Tel (+27) 054 331 1351

VEEKOS (Pty) Ltd Reg-no: 2000/013097/07

Tin street 15, Laboria, Upington PO Box 55, Upington, South Africa

Tel (+27) 054 331 1351

Pryswenners van die Dohne-Merino afdeling:

1ste Pryswenner – Peter Delport

2de Pryswenner – Lambert & Stefan Badenhorst

Page 7: Nuusbrief - Aug 2017 - Veekos SA · 2019-01-08 · VEEKOS (Pty) Ltd Reg-no: 2000/013097/07 Tin street 15, Laboria, Upington PO Box 55, Upington, South Africa Tel (+27) 054 331 1351

VEEKOS (Pty) Ltd Reg-no: 2000/013097/07

Tin street 15, Laboria, Upington PO Box 55, Upington, South Africa

Tel (+27) 054 331 1351

3de Pryswenner – Geo Muller

Pryswenners van die Merino afdeling:

1ste Pryswenner –Carel le Roux - Roodebloem – Kontrole groep

Page 8: Nuusbrief - Aug 2017 - Veekos SA · 2019-01-08 · VEEKOS (Pty) Ltd Reg-no: 2000/013097/07 Tin street 15, Laboria, Upington PO Box 55, Upington, South Africa Tel (+27) 054 331 1351

VEEKOS (Pty) Ltd Reg-no: 2000/013097/07

Tin street 15, Laboria, Upington PO Box 55, Upington, South Africa

Tel (+27) 054 331 1351

2de Pryswenner– Carel le Roux - Roodebloem – Proef groep

3de Pryswenner – Kobus Wessels