nuusbrief julie 2013 - tafklub 201307.pdf · daar is ook heelwat wenfotos wat ons nie kon gebruik...

14
Nuusbrief Julie 2013

Upload: others

Post on 12-Jul-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Nuusbrief Julie 2013 - Tafklub 201307.pdf · Daar is ook heelwat wenfotos wat ons nie kon gebruik nie agv n beperkte aantal (3) per lid wat gebruik mag word. Die Tafklub Salon se

Nuusbrief Julie 2013

Page 2: Nuusbrief Julie 2013 - Tafklub 201307.pdf · Daar is ook heelwat wenfotos wat ons nie kon gebruik nie agv n beperkte aantal (3) per lid wat gebruik mag word. Die Tafklub Salon se

Voorsitters inset

Die jaar is al weer verby sy halfpadmerk. Voor ons dit besef is ons weer besig om vir kerstyd voor te berei.

So gepraat daarvan: Indien kersvader hierdie nuusbrief lees – ek soek ‘n volgrotesensor kamera asseblief, ‘n

merk drie sal goed wees. By voorbaat dankie... O ja, en ‘n paar L lense ook asseblief...

So droom ons mos maar almal.

Vir ‘n paar van ons klublede het hul drome toe waar geword. Reisfotografie is aan die groei en ‘n paar het

die geleentheid gehad om oorsee te gaan foto’s neem. Johan Beyers het vir ons van sy ongelooflike foto’s

gewys wat hy in Japan geneem het by die sneeu-ape, die swane, die kraanvoëls asook die arende. Dit moes

‘n ongelooflike ervaring gewees het. ‘n Paar van die lede was in Praag en het baie mooi foto’s geneem.

Sommige daarvan het al in kompetisies verskyn. Ander se Afrika avonture lewer weer ongelooflike

natuurtonele. Christo Gilliomee het sommer ‘n paar wenners saamgebring, en voor ons mooi kon uitvra is

hy weer landuit op ‘n volgende avontuur.

Vir die van ons wat tuisbly het Pearson Cleghorn ‘n paar lekker uitstappies gereël. Die laaste een was by die

Bergkelder. Behalwe vir die lekker wynproe was daar lekker geleenthede vir pragfoto’s. So gepraat van

wynproe – ons het toe ook ‘n lekker ‘soetes en sop’ aand gehad tydens een van ons Winterbyeenkomste.

Te oordeel aan die terugvoer was dit ‘n wenresep en een wat weer herhaal moet word.

Ons inskrywings vir die PSSA Interklub is ook onlangs gefinaliseer. Baie geluk aan die lede wie se foto’s

gekeur is. Ek het ook die keuringsaand by gewoon en selfs met vier beoordelaars was dit ‘n moeilike keuse

om van die foto’s nie in te sluit nie. Ongelukkig is die aantal inskrywings beperk. Baie van die reisfoto’s van

ons lede is ingesluit in ons inskrywing. Daar is ook heelwat wenfoto’s wat ons nie kon gebruik nie agv ‘n

beperkte aantal (3) per lid wat gebruik mag word.

Die Tafklub Salon se voorbereiding is ook reeds aangeskakel vir die November salon. Die beoordelaars is

bevestig en die reëlings met die PSSA is in proses. Ek kry weer nuwe respek vir die vorige salonkomitee as

ek sien hoeveel reëlings in plek gesit moet word vir so ‘n geleentheid.

Genoeg vir eers. Met ‘n goeie geloof in kersvader sal ek solank begin lees aan ‘n handleiding vir die merk

drie. Ek sal self begin spaar vir ‘n geleentheid om reisfotografie te beoefen – daarvoor hoef kersvader nie

voorsiening te maak nie. Ek wil net nie onverhoeds betrap word met ‘n nuwe kamera wat ek nie ken nie en

baie foto geleenthede nie.

Groete

Niël Goslett

Page 3: Nuusbrief Julie 2013 - Tafklub 201307.pdf · Daar is ook heelwat wenfotos wat ons nie kon gebruik nie agv n beperkte aantal (3) per lid wat gebruik mag word. Die Tafklub Salon se
Page 4: Nuusbrief Julie 2013 - Tafklub 201307.pdf · Daar is ook heelwat wenfotos wat ons nie kon gebruik nie agv n beperkte aantal (3) per lid wat gebruik mag word. Die Tafklub Salon se

Full Moon Theewaterskloof dam

Alicia het saam met Helderbergklub gaan fotos neem en hierdie beriggie vir ons saamgestel.

Baie dankie dat jy met ons deel. BAIE nice fotos Alicia!

TAF A full moon outing.pdf

Page 5: Nuusbrief Julie 2013 - Tafklub 201307.pdf · Daar is ook heelwat wenfotos wat ons nie kon gebruik nie agv n beperkte aantal (3) per lid wat gebruik mag word. Die Tafklub Salon se

Julie Uitstappie na Babylonstoren

Ons sou aanvanklik 27 Julie 2013 na Babylonstoren ( http://www.babylonstoren.com/ ) toe gaan vir ons

Julie uitstappie maar die eerste datum wat hulle ons kan akkomodeer vir 'n groep besprekking vir

middagete is die daaropvolgende naweek. Die "Julie" uistappie sal dus plaasvind op Saterdag 3 Augustus

2013. Babylonstoren is bekend vir hulle pragtige tuine en daar sal genoeg wees om af te neem.

Die bestuur het ons egter net gevra om nie die huisies waar mense oornag af te neem om nie inbreek te

maak op hulle privaatheid nie. Daar is egter heelwat ander geleenthede om van die ou plaashuise en buite

geboue af te neem.

Ek stel voor ons ontmoet mekaar so 10:00 daar en dan reël ek met hulle dat ons so rondom 12:00 'n ligte

middagete sal geniet in die "glashuis" restaurant. Die restaurant kan ons egter slegs vir 'n groep van 25

persone akkomodeer. Ek het reeds die bespreking gemaak en ek sal die 25 graag wil volmaak. As ek kyk

hoe die belangstelling was vir die Bergkelder uitstappie behoort dit egter nie 'n probleem te wees nie.

Ek moet ook net noem dat daar 'n ingangsfooi tot die plaas is van R10 per persoon wat weer aangewend

word vir gemeenskap ontwikkeling projekte.

Dit is werklik 'n pragtige plaas met baie om af te neem so moenie hierdie uitstappie mis nie.

Laat weet asb wie van julle sal wil saamgaan.

Hoop om spoedig van julle te hoor.

Page 6: Nuusbrief Julie 2013 - Tafklub 201307.pdf · Daar is ook heelwat wenfotos wat ons nie kon gebruik nie agv n beperkte aantal (3) per lid wat gebruik mag word. Die Tafklub Salon se

Verjaarsdae

n Baie hartlike geluk aan die volgende persone met hulle verjaarsdae in Julie en Aug.

Johan Benade 1 Julie

Johan Bester 6 Julie

Charmaine Buckle 8 Julie

Melinda Els 12 Julie

Isabel le Grange 16 Julie

Charlene Vernooy 20 Julie

Lee Tarlton 24 Julie

Tom Roos 25 Julie

Fransonette Swart 13 Augustus

Nilo Kriek 14 Augustus

Johan Nieman 18 Augustus

Ek hoop julle jaar sal vol wonderlike ervarings en uitstekende foto geleenthede wees!

Page 7: Nuusbrief Julie 2013 - Tafklub 201307.pdf · Daar is ook heelwat wenfotos wat ons nie kon gebruik nie agv n beperkte aantal (3) per lid wat gebruik mag word. Die Tafklub Salon se

Nuwelinge

Ek stel graag n paar van ons nuwe lede aan julle bekend, net sodat julle hulle ordentlik tuis kan

laat voel.

a. Naam en Van, besigheid waarin jy is b. Watter kamera gebruik jy of sou jy graag wou hê? c. Wat is jou geskiedenis in fotografie? d. Wat is vir jou die lekkerste om af te neem? e. Wat wil jy graag leer by die klub?

Eerste is Juan Venter. Julle het al van sy fotos in kompetisies gesien en hier is sy storie.

a. Juan Venter……ek bou “optic fibre” netwerke vir Transnet & Metro Rail b. Ek gebruik tans n CANON 5d mark III en sal nie omgee om n CANON 1d X

te wil he nie. c. Ek het in die 80 met film begin om Skydiving af te neem. Daarna het ek

lank niks fotografie gedoen nie en die gogga het weer onlanks gebyt met beter digitale kameras

d. Landscape, onderwater en sport. e. Ek hou van die kompetisie….dit forseer my om beter fotos te neem

Dan het ons vir Johan Bester.

a. Johan Bester : Geoktrooieerde Rekenmeester en afgetrede Sanlam Hoofbestuurder. Nog steeds by die Sanlam groep en verwante organisasies betrokke as direkteur en / of lid van komitees en / of op spesiale projekte.

b. Ek gebruik tans ‘n Sony Alpha 77 met ‘n verskeidenheid lense en is heel tevrede daarmee. Ek het destyds met Minolta begin maar al hulle patente is sedertdien deur Sony oorgeneem.

c. Was nog maar altyd ( sedert die middel 1960’s ) ‘n ywerige vakansie, familie en geleentheids fotograaf.

d. Landskappe, mense en diere. e. Ek wil graag leer om my toerusting beter te benut in ‘n vriendelike en ondersteunende

omgewing. Ook om nuwe kennis op te doen en dit suksesvol toe te pas. f. Is getroud met Cecile en het twee dogters wat beide alreeds die nes verlaat het. Speel gholf en

hou van vinnige motors.

Page 8: Nuusbrief Julie 2013 - Tafklub 201307.pdf · Daar is ook heelwat wenfotos wat ons nie kon gebruik nie agv n beperkte aantal (3) per lid wat gebruik mag word. Die Tafklub Salon se

Mary-Ann Sim introduces herself as such:

a) My name is Mary-Ann Sim. I'm working for the National Religious

Association for Social Development (NRASD) as a counsellor HIV/ AIDS and

crisis pregnancies . I also do HIV training for any group who wish to become

peer educators.

b) I use canon EOS 60D to shoot basically anything, hoping to get some good

pics...lol

c) I always liked taking photos of animals, landscapes and interesting things.

Went on a basic photography course at Martin Osner's. I must admit I've

learnt so many things. The thing I like most about photography is shooting in

Manual.

d) Not into filming

e) I joined the club so I wont be the judge of my photos but others. Also the lectures on different topics of

photography.

Page 9: Nuusbrief Julie 2013 - Tafklub 201307.pdf · Daar is ook heelwat wenfotos wat ons nie kon gebruik nie agv n beperkte aantal (3) per lid wat gebruik mag word. Die Tafklub Salon se

Tips en truuks

Derick Nel deel n paar interessante artikels om te help:

12 TIPS for photographing stunning sunsets.pdf

Basic Photo Editing Techniques.pdf

Getting the Backgrounds right.pdf

Practical 4 - Basic Layers.pdf

Indien jy enige vrae het sê Derick hy help graag. Sy email adres is [email protected].

Page 10: Nuusbrief Julie 2013 - Tafklub 201307.pdf · Daar is ook heelwat wenfotos wat ons nie kon gebruik nie agv n beperkte aantal (3) per lid wat gebruik mag word. Die Tafklub Salon se

Junie se kompetisie uitslae lyk soos volg:

Print vas – Fred Fourie met Herfsblare

Print oop – Juan Venter met Trees in the mist

Digitaal Vas – Coreen Bester met View from the top - ook algehele wenner

Digitaal oop - Coreen Bester met Early morning glow

Page 11: Nuusbrief Julie 2013 - Tafklub 201307.pdf · Daar is ook heelwat wenfotos wat ons nie kon gebruik nie agv n beperkte aantal (3) per lid wat gebruik mag word. Die Tafklub Salon se

Julie se kompetisie wenners is:

Prints Vas : Boorman, Christo la Grange

Prints Ope : No 3573, Juan Venter

Digitaal Vas : These hands, Melinda Els

Digitaal Ope : Kubu Milky Way, Johan Beyers

Wat dan ook die algehele wenner is.

Page 12: Nuusbrief Julie 2013 - Tafklub 201307.pdf · Daar is ook heelwat wenfotos wat ons nie kon gebruik nie agv n beperkte aantal (3) per lid wat gebruik mag word. Die Tafklub Salon se

Die salon uitslae vir die afgelope 2 maande is soos volg:

Nasionale salonne

Naam Aanvaardings Meriete Medalje

Celia Fouché 36 9 1

Charmaine Buckle 2

Christo Giliomee 4 2 1

Christo la Grange 1

Hannelore Seifart 1

Heiner Seifart 1

Heinrich Sauer 4

Izelda du Toit 1

Juan Venter 8

Manie Wessels 21 3 1

Melinda Els 5 1

Neels Beyers 28 5

Riaan Victor 2

Internasionale salonne

Naam Aanvaardings Meriete Medalje

Manie Wessels 15

Page 13: Nuusbrief Julie 2013 - Tafklub 201307.pdf · Daar is ook heelwat wenfotos wat ons nie kon gebruik nie agv n beperkte aantal (3) per lid wat gebruik mag word. Die Tafklub Salon se

Sterstatus vorderings

Die volgende persone het bevordering gekry ten opsigte van ster status.

In Junie word Hennie Brand, Christo le Grange en Marleen le Grange almal 2 sterre en Francis

Marais word n 3 ster.

In Julie word Mary-Ann Sim en Robert Sim altwee 2 sterre en Dorian Newby, Juan Venter en

Charmaine Buckle word almal 3 sterre.

n Groot handdruk aan elkeen van julle met hierdie prestasies.

En onthou al die fotos en uitslae is ook op ons webblad beskikbaar.

Page 14: Nuusbrief Julie 2013 - Tafklub 201307.pdf · Daar is ook heelwat wenfotos wat ons nie kon gebruik nie agv n beperkte aantal (3) per lid wat gebruik mag word. Die Tafklub Salon se

En daarmee kom ons by

DIE EINDE