nuusbrief meijun 2013

9
Kontak / Contact Judy Bovey 083 325 2102 Dienssentrum vir Pretoria-Oos Maandae/Mondays 10:00 12:00 by Valleisig The Service Cen- tre for Pretoria East Woensdae/ Wednesdays 10:00 11:00 @ Garsfontein Welkom aan diegene bo 60! We welcome those over 60! Kobus du Toit is ‘n Direkteur van El -pidá Dienssentrum. Hy het in die omgewing van Vivo in Limpopo, op ‘n plaas groot geword. Hy verwerf in 1980 sy BA graad aan die Universiteit van Pretoria, waar- tydens hy ook werk by die Dept van Antropologie. In 1999 verlaat Kobus die staatsdiens om in die privaatsektor betrokke te raak, by die lewering van vars produkte, waar hy tans besturende direkteur is. Hoewel Kobus se stokperdjie jag is, beskik hy oor die besondere ga- we om gou probleem in die sakewêreld te identifiseer en op te los. Hy is getroud met Ilze, wie in Vereeniging grootgeword het. Ilze het ‘n voorliefde vir syfers en fotografie. Hulle het twee dogters, Simo- ne (19) wie medies studeer aan Tukkies en Liezl (16) wie ʼn Graad 10 leerling is aan Menlopark Hoërskool. PASGAMAAL (PESACH) Aangebied deur Lihai Bercovich Die verhaal ……………… Die Donderdag voor Pesach, ry die 33ja- rige Jood, Rabbi Yeshua ben Josef op ‘n jong donkievul, Jerusalem binne. Hy het sy gebedsmantel (bokleed in een stuk geweef) van gebleikte wol aan. Aan die punte van die mantel is vier lang tossels wat die vier hoeke van die aarde ver- teenwoordig. Tussen die lang tossels is daar korter tossels wat op hulle beurt, elk ‘n Joodse wet voorstel. Die skare skreeu “hosanna!”, en gooi palmtakke en klere voor die esel neer. Vandag is lam-uitsoek-dag in Jerusalem. Net ongeskonde lammers mag na die tempel gebring word vir slagting as brandoffer. Die skare is onbewus daarvan dat die vlekkelose “Lam van God” voor hulle verby ry, of dat Hy die ‘sondebok’ is waaroor die hele wêreld se sonde later uitgestort sou word. Soortgelyk aan die bok waarop Joodse priesters die sonde van die Jode dikwels geplaas het. Laasgenoemde sondebok is na die sondeop- legging die woestyn ingejaag om te vergaan en sodoende is die Jode dan hul sonde kwytgeskeld. Yeshua se dissipels het ‘n bokamer voorberei waar Pesach op diè Donderdagaand ge- vier sou word. ....................►►►► Bl 2 Kobus du Toit

Upload: zander-van-der-westhuizen

Post on 28-Mar-2016

246 views

Category:

Documents


7 download

DESCRIPTION

 

TRANSCRIPT

Kontak / Contact Judy Bovey 083 325 2102

Dienssentrum

vir

Pretoria-Oos

Maandae/Mondays 10:00 – 12:00 by Valleisig

The Service Cen-

tre for

Pretoria East

Woensdae/ Wednesdays 10:00 – 11:00 @ Garsfontein

Welkom aan diegene bo 60!

We welcome those over 60!

Kobus du Toit is ‘n Direkteur van El-pidá Dienssentrum. Hy het in

die omgewing van Vivo in Limpopo, op ‘n plaas groot geword. Hy

verwerf in 1980 sy BA graad aan die Universiteit van Pretoria, waar-

tydens hy ook werk by die Dept van Antropologie. In 1999 verlaat

Kobus die staatsdiens om in die privaatsektor betrokke te raak, by die

lewering van vars produkte, waar hy tans besturende direkteur is.

Hoewel Kobus se stokperdjie jag is, beskik hy oor die besondere ga-

we om gou probleem in die sakewêreld te identifiseer en op te los.

Hy is getroud met Ilze, wie in Vereeniging grootgeword het. Ilze het

‘n voorliefde vir syfers en fotografie. Hulle het twee dogters, Simo-

ne (19) wie medies studeer aan Tukkies en Liezl (16) wie ʼn Graad 10

leerling is aan Menlopark Hoërskool.

PASGAMAAL (PESACH) Aangebied deur Lihai Bercovich

Die verhaal ……………… Die Donderdag voor Pesach, ry die 33ja-rige Jood, Rabbi Yeshua ben Josef op ‘n jong donkievul, Jerusalem binne. Hy het sy gebedsmantel (bokleed in een stuk geweef) van gebleikte wol aan. Aan die punte van die mantel is vier lang tossels wat die vier hoeke van die aarde ver-teenwoordig. Tussen die lang tossels is daar korter tossels wat op hulle beurt, elk ‘n Joodse wet voorstel.

Die skare skreeu “hosanna!”, en gooi palmtakke en klere voor die esel neer. Vandag is lam-uitsoek-dag in Jerusalem. Net ongeskonde lammers mag na die tempel gebring word vir slagting as brandoffer. Die skare is onbewus daarvan dat die vlekkelose “Lam van God” voor hulle verby ry, of dat Hy die ‘sondebok’ is waaroor die hele wêreld se sonde later uitgestort sou word. Soortgelyk aan die bok waarop Joodse priesters die sonde van die Jode dikwels geplaas het. Laasgenoemde sondebok is na die sondeop-legging die woestyn ingejaag om te vergaan en sodoende is die Jode dan hul sonde kwytgeskeld.

Yeshua se dissipels het ‘n bokamer voorberei waar Pesach op diè Donderdagaand ge-vier sou word. ....................►►►► Bl 2

Kobus du Toit

D A G B O E K ! ! !

Doen ASB alle besprekings by Judy 083 325 2102

13 MEI – 09H00 Besoek Orion Olyfplaas, Randfontein. R100 p.p Bus vertrek van Valleisig Kerk om 09h00. Bring 250ml

bottel saam vir GRATIS vars olyfolie. Trek gemaklike skoene aan vir stap.

23 MEI - 10h00 Jakaranda Koor sing by Tygerpoort NG Kerk. GRATIS sop en broodjies. Bespreek asb om spyse-niering te vergemaklik. Eie vervoer.

01 JUN - 09h00 Mampoerfees by Landbou Museum in Ray-ton. R120 p.p. Bus vertrek om 9h00 vanaf Valleisig Kerk. Trek gemaklike skoene aan vir stap, en bring ‘n hoed saam. Boeresport, kompetisies en kunsmark.

26 JUN – 09h00 Gautrein rit na Rosebank. R120 p.p. Ry met Gautrein bus van Menlyn om 09h00. Bespreek vroeg-tydig asb. Trek gemaklike skoene aan vir stap.

►►►►................PASGAMAAL (PESACH)

Daar was ongesuurde brood op die tafel. Die afwesigheid van suurdeeg stel na-tuurlik vir die Jode die afwesigheid van sonde voor.

Daar was ook vier bekers wyn op die tafel: Die eerste beker is die beker van Heiliging. Die tweede beker is die beker van Verlossing. Die derde beker is die beker van Kwytskelding. Die vierde beker is die beker van Lofprysing. Inderwaarheid vorm die apostels

sodoende ʼn “Joodse gesin”.

Dis die gewoonte dat mense hul hande moet was voor hulle aansit aan tafel om Pesach te nuttig. Die dag was die Rabbi egter almal se voete. Inderwaarheid word die Koning dus die dienaar. Dis ’n belangrike voorbeeld aan elke Christen, dat hy eerstens ʼn dienaar moet word, na die voorbeeld van Yeshua.

Yeshua breek die brood in tipiese Joodse tradisie en gee dit vir sy apostels. Hulle drink uit die bekers van heiliging, verlossing, kwytskelding en lofprysing soos dit tradisie is.

....................►►►► Bl 3

►►►►................PASGAMAAL (PESACH)

Tydens hierdie seremonie wyk Yeshua af van die tradisie, en doen ʼn verstommende ding deur gebruik te maak van huwelikstaal. Dit hoort nie by Pesach nie.

Volgens die Joodse tradisie word daar tydens ʼn huweliksaanbod, in verbond aangegaan tussen die voornemende bruidegom se pa en dié van die voornemende bruid, wat beklink word deur ʼn glasie wyn te drink. Deur vir sy apostels te sê, “drink uit hierdie beker ter ge-dagtenis aan my sterwe’, maak Yeshua ʼn huweliksaanbod aan die kerk, as sy bruid met Hom as die bruidegom.

In hierdie moderne tye vier die Jode steeds Pesach. Die ongesuurde brood is bekend as Matzah. Daar is gaatjies en bruinerige strepies op die matzah. Die Rabbi sê dat dit so gemaak word omdat dit “Joodse tradisie” is.

Lihai Bercovich, die Messiaanse Jood, sê egter dat as mens bekeer word, val die skille van jou oë af en jy sien in die matzah strepe die geselmerke op Jesus se lyf en die gaat-jies wys die wonde aan Jesus se liggaam.

Tradisioneel by Joodse Pesach word drie matzah broodjies op mekaar geplaas en met ’n doek toegebind. Die middelste brood word dan gebreek en ʼn stukkie daarvan word ver-steek (begrawe). ʼn Kind uit die Joodse gesin moet later dié stukkie matzah gaan soek en terugbring, alvorens die maal geëet kan word. Weereens as mens vir ʼn hedendaagse Rabbi vra hoekom dit so gedoen word, sê hy dis “tradisie”.

Lihai verduidelik dat as jy ʼn Christen word, val die skille van jou oë af en sien jy in die drie matzah brode wat saam gebind is, die Drie-enigheid. Die middelste matzah brood wat gebreek word, dui op Christus wat gebreek is, begrawe is en weer opgestaan het om met die Drie-eenheid verenig te word.

Behalwe die matzah brood, word die volgende ook op die Pesach tafel geplaas: ʼn Lamskenkelbeen - simboliseer die onbevlekte lam wat deur die Israeliete geslag is, net voor hulle uit Egipte gevlug het. Dié been herinner ook aan die offer (Izak) wat Abraham bereid was om te offer, en God wat toe self die lam voorsien het. Pietersielie - stel die hisop takkie voor waarmee die bloed aan die deurkosyne ge-smeer is. Soutwater - herinner aan die water van die Rietsee en die trane van die Israeliete in Egipte. Rooi peperwortel - wys op die bittere lyding in Egipte en die trane wat dit meegebring het. Charoset (uitgespreek Ggaroset) - bestaan uit gerasperde appel, gekapte okkerneute, heuning en kaneel, en simboliseer die modder en strooi wat die Israeliete moes trap om vir Farao stene te maak terwyl hulle slawe was. Gekookte eier -dit stel die nederige offers voor wat deur die uiters verarmde Israeliete gebring was, en simboliseer nuwe lewe na vergifnis.

Tydens die hedendaagse Pesach word daar ʼn ekstra stoel vir Elia langs die tafel geplaas, aangesien die Jode glo dat hy die aankoms van die Messias vooraf sal gaan. Die versky-ning van Elia in die Joodse tradisie word iewers in die ou testament genoem as ʼn voor-waarde voor die koms van die Messias. Selfs die verskyning van Elia by Jesus se ver-heerliking op die berg is hier van groot betekenis.

Dit was ʼn belewenis om die tradisionele Joodse Pesach mee te maak met al die rituele wat daarmee gepaard gaan. Dit het egter dieper betekenis gekry as mens dit as Christen kon beleef met Yeshua wat reeds gekom het vir ons terwyl die Jode sy ‘wederkoms’ nog verwag.

NUTSMAN TAKIES

Vir eenvoudige herstelwerk soos:

Lekkende krane en toilette

Basiese elektriese herstelwerk

Aanbring van rakke

Ligte Sweiswerk

Restourasie van meubels

Vele andere

Skakel Jan Opperman

012-991-2177 / 073-188-5898

FOOI BETAALBAAR

DIE BEROERTE STEUNGROEP ontmoet elke Dinsdag by Coron Deo,

Oosterlig Gemeente in Constantia om persone met beroerte, hul oppassers

en hul gesinne sosiaal en moreel te ondersteun. Daar word ‘n opvoedkun-

dige-terapeutiese omgewing geskep vir volgehoue rehabilitasie sodat el-

keen sy/haar volle potensiaal kan herontwikkel om weer ‘n regmatige plek

in die samelewing te kan inneem.

Vir meer inligting, kontak Ingrid by 084 270 4570

GRATIS Pilatus Oefeninge vir EL-PIDÁ LEDE

Word fiks en bly gesond. Kom oefen elke Maandagoggend van 10h00 tot

10h45 saam met Anelenie, by Valleisig Gemeente, h/v Tipperary en

Mayostrate. Trek gemaklike klere aan en bring sokkies vir die voete.

HAARSALON - PRYSE

DAMES:

Sny . . . . . . . . . . . . . . R80 - 00

Blaas . . . . . . . . . . . . R85 - 00

Sny+Set of Blaas . . . . . . R160 - 00

KLEUR:

Kleur / Strepe / Sny / Blaas R300-00

Kleur / Sny / Blaas . . . . . . R250-00

Strepe / Sny / Blaas . . . . . R200-00

“PERM”:

Half Kop / Perm / Sny / Set R200-00

Vol Kop / Perm / Sny / Set R300-00

MANS SNY : . . . . . . . . . R 50-00

GESOND UIT DIE GROND ….Sny ‘n appel horisontaal in skyfies, smeer

grondboontjiebotter dun daarop, strooi muesli of All-bran daaroor. Heerlik!

Doop selderystokkies in grondboonbotter - knarslekker!

Smelt 100g sjokolade, roer dit in een bottle grondboonbotter in en hou in

die yskas. Dis ‘n heerlike smulhappie - en 1 teelepel hiervan bevat slegs 5g

suiker/koolhidrate.

Hart van die kookvrou

Om dankie te sê vir stukke gegee van jouself: moeiliker as om gou ‘n geskenkie toe te draai.. Hoe meet mens opoffering? Waar strek die maatband wat selfloosheid en omgee afmerk? Jy moes dikwels jou eie tyd in fyn snytjies kerf om te kon dien in ‘n warm kombuis. Jou oggende verwyl agter voorskoot en stoom: eie belange ver terug geskuif. Jou liefde betuig met baie geduld.. Getrou soos die Gees se vrug: Porsies groente en vleis in deernis verdeel Soos vissies en brood lank terug.

Michelle Meyer

GARDEN TIPS Vinegar Fungicide: Mix 3 tablespoons of natural apple cider vinegar in 3.75 ltr of water. Spray during the cool part of the day for black spot on roses and other fungal diseases. Adding molasses at 1 tablespoon per 3.75 ltr will again help.

Soft-bodied insects (mites, aphids, mealy bugs): Mix one tablespoon canola oil and a few drops of liquid soap into a 1ltr of water. Shake well and pour into a spray bottle. Spray plant from above down, and from below up to get the underside of the leaves. The oil smothers the insects.

Fungal diseases: Mix two tablespoons of baking soda into a 1ltr of water. Pour into a spray container and spray affected areas. Repeat this process every few days until problem ceases.

Powdery mildew: Mix equal parts milk and water and spray on infected plants. Three treatments given one week apart should control the disease.

Griepinspuitings beskik-baar teen slegs R55 p.p. Maak ‘n afspraak by sis-ter Cathy 012 993 5635

GEKOOKTE ETES

@R28 per bord is

Maandae vir lede van

El-Pida by Valleisig

Gemeente beskik-

baar Nie-lede betaal R35 per bord. Be-

stellings moet Donderdae by Judy

083 325 2102 geplaas word.

El111 6122

BESPREEK BY ANNEKE VAN

HELPSENIORS

VIR HIERDIE VERTONINGS

BY

086 111 6122

of epos na [email protected] .za

Vlooi, vlooi, wat soek jy in my kooi?

Koos klim op die trein met sy hond en gaan sit naby 'n welgeklede dame. Toe die basterbrak verveeld begin raak, begin hy krap dat dit 'n naarheid is, en die dame sê vererg: "Vat jou hond weg, ek kan al voel hoe die vlooie op

my ronddans!" "Haai Boesman, kom lê hier, die antie het vlooie."

Liza van Wyk

Besprekings

e-pos: [email protected]

of 086 111 6122.

DIE LAASTE DAG VIR

BESPREKING VIR ‘N BETROKKE VERTONING WORD AANGEDUI – HOU ASSEBLIEF BY DIE SPERDATUM

Anneke bespreek die sitplekke by die Atterbury teater, en bevestig dat u plek bespreek is. U betaal en neem die kaart-jies in ontvangs by die teater. LW: Gaste moet ouer as 50

jaar wees.

Adres: 13de Straat 8, Menlopark Tel: 012 346 0511

Vir GEHOORTOETSE EN

GEHOOR TOESTELLE kontak Liza

El-pidá kwalifiseer vir tussen 40% en 50%

afslag op konsultasies

PROGRAM 20h00 Vrydag 3 Mei "Alien Sky" is die multi-dissiplinêre, veel-

bekroonde kunstenaar Karin Hougaard. Sperdatum 30 April 20h00 Vrydag 10 Mei Amanda Stydom "State of the Heart" vertel die

liefdesverhaal van Maxie de Meyer, 'n boeremeisie uit die tyd toe mans nog Springboktwak gerook en kruisbande gedra het. Sperdatum 7 Mei

20h00 Dinsdag 21 Mei Jannie du Toit en Renette Bouwer Grys Areas Sperdatum 17 Mei 20h00 Donderdag 22 Mei Anton Goosen is nie iemand wat jy moet

onderskat nie. Met liedjies soos Jantjie, Waterblommetjies, Harlekyn, Hanoverstraat, Trein na Matjiesfontein, Ta' Mossie se sakkie-sakkie boeredans, Oberammergau, Antjie Somers, Hoeka toeka, Straattroeba-doere, Vergeet om te vergeet, Neanderthalman en Atlantis . Sperdatum 20 Mei

EXTRACTS FROM A RESIDENTIAL ROBBERY RESEARCH

Dr. Zinn’s findings from his research are as follows: • Eight out of 10 residential robberies are committed with the help of infor-

mation from maids, gardeners and former employees. • Robbers will monitor the home for as long as two weeks. • Gangs research armed response firms' response times. • Most attacks occur between 7pm and midnight as people are relaxed,

cooking or watching TV. • 97% of robbers are armed. • On average an armed robbery gang has four members. • 50% of residential robberies in SA take place in Gauteng • It is a complete myth that only white people are victims of robberies – any-

one displaying any form of wealth (double story homes, expensive jewel-lery and fancy cars) is a target.

• The age of a house robber is between 19 and 26 years. • An average of 30% of all house robbers have either committed murder, or

won't hesitate to commit murder. • Only 17% of house robbers are foreigners. • Of all arrested robbers, 90% had no matric or were unemployed. The 10%

who had been employed, gave up their jobs when confirming how much they could "earn" from a robbery.

• Most victims or targets are affluent persons who openly display their wealth, e.g. expensive cars, jewellery, up market homes.

• Most attacks occur between 19:00 and midnight as people are relaxed, busy cooking or watching TV, and the security systems and beams are not activated. But robberies continue until 04:00 in the morning.

• The average robber commits 103 robberies over seven years before being caught. • Most attackers' homes or bases are a 10 to 30 minute drive from the target address.

• Women are more often tortured or hurt during house robberies. • The conviction rate for house robberies in South Africa is only 7.67%. In

the USA it is 53%. Robbers are NOT deterred by the following: • Alarms and armed reaction services. Security measures that robbers DO consider to be deterrents: • Electric fences • Detection beams • CCTV • Small dogs that sleep inside the house – robbers consider this to be the

biggest deterrent of all.